# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept2017-afrikaans/1b5aafdc-47a4-42fc-8fc8-c3bebe767ae8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept2017-afrikaans/1b5aafdc-47a4-42fc-8fc8-c3bebe767ae8)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Addendum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — QP · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE
     SENIOR SERTIFIKAAT

             GRAAD 12

      SEPTEMBER 2017

       GESKIEDENIS V1
         ADDENDUM

               *HISTA3*

     Hierdie addendum bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                       (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 VRAAG 1:      HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS TOT KOUE OORLOG -
               SPANNING TUSSEN DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE
               STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960’s BYDRA?

 BRON 1A

 Die volgende bron is die standpunt van N. Khrushchev, president van die Sowjet-
 unie, oor die Kubaanse missiekrisis.

 Ons verwelkom Castro se oorwinning, natuurlik, maar teen daardie tyd was ons
 oortuig dat die inval net die begin was en dat die Amerikaners nie Kuba alleen sou
 laat nie ... een gedagte het herhaaldelik op my brein gehamer. Wat sou gebeur as
 ons Kuba verloor? Ek het geweet dat dit ŉ verskriklike terugslag vir Marxistiese-
 Leninisme sou wees. Dit sou ons statuur aansienlik verminder het regoor die wêreld,
 maar veral in Latyns-Amerika. Indien Kuba sou val sou ander Latyns-Amerikaanse
 lande ons verwerp het en aanvoer dat vir al ons mag, die Sowjetunie nie in staat was
 om enigiets vir Kuba te doen nie, behalwe om leë protes aan te teken by die
 Verenigde Nasies. Ons moes aan een of ander manier dink om Amerika te
 konfronteer met meer as woorde ...

 Die logiese antwoord was missiele. Ek het die idee gehad om kernmissiele in Kuba
 op te rig sonder dat die Verenigde State van Amerika daarvan weet totdat dit te laat
 was vir hulle om enigiets daaroor te doen. Ons het geen begeerte gehad om 'n oorlog
 te begin nie. Ons het aan die Amerikaners ŉ nota gestuur wat sê dat ons ingestem
 het om ons missiele te verwyder op voorwaarde dat die president ons sy versekering
 gee dat daar geen inval van Kuba sou wees deur die magte van die Verenigde State
 van Amerika nie ... hy het ingestem ... Dit was ŉ groot oorwinning vir ons ... ŉ sukses
 sonder om ŉ enkele skoot vuur.

                                                   [Vanuit Khrusjchev onthou deur S Talbott.]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                       3

 BRON 1B

 Hierdie bron is deel van ŉ toespraak wat JF Kennedy, president van die Verenigde
 State van Amerika, gelewer het op 16 Oktober 1962. In hierdie toespraak praat hy
 oor die Sowjetunie se ontplooiing van missiele na Kuba en hoe die Amerikaanse
 regering die krisis sou hanteer.

 ... Hierdie regering, het soos belowe, met fyn waarneming die Sowjet militêre opbou
 op die eiland van Kuba, volgehou. Binne die afgelope week, het onmiskenbare
 bewyse die feit bekragtig dat ŉ reeks aanvallende missielterreine nou op daardie
 ingeslote eiland voorbereid was. Die doel van hierdie basisse kan niks anders wees
 as ŉ kern aanvalsvermoë teen die Westerse halfrond nie ... Hierdie lang-afstand
 wapens van skielike massa vernietiging konstitueer (vorm) ŉ uitdruklike bedreiging
 vir ons vrede en sekuriteit ... Ek doen ŉ beroep op die Sowjet-regering om hierdie
 offensiewe opbou te stop.

 Ek het opdrag gegee vir ŉ streng kwarantyn (blokkade) op alle offensiewe militêre
 toerusting onder verskeping na Kuba. Alle skepe op pad na Kuba ..., indien dit bevind
 dat dit offensiewe vragte vervoer, moet omdraai. Ons is egter nie op hierdie tydstip
 besig om die noodsaaklikhede van die lewe te ontneem soos wat die Russe dit
 gepoog het tydens die Berlynse Blokkade van 1948 nie. Ek doen ŉ beroep op
 voorsitter Khrushchev om sy handelwyse van wêreldoorheersing prys te gee, en om
 aan te sluit in ŉ historiese poging om die gevaarlike bewapeningswedloop te beëindig
 en om die geskiedenis van die mensdom te verander.

     [Vanuit http://www.famousquotes.me.uk/speeches/John_F_Kennedy/2.htm. Toegang op 3 Junie
                                                                               2017 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2017)

    BRON 1C

    Die volgende bron is ŉ telegram (geskrewe boodskap) wat deur Anatoly Dobrynin
    van die Sowjetunie na die USSR se Buitelandse Ministerie op 27 Oktober 1962
    gestuur was.

    Dobrynin se kabelgram (telegram) aan die USSR se Buitelandse Ministerie,
    27 Oktober 1962.
                                                             HOOGS VERTROULIK
                                                             Die maak van fotostatiese
                                                             afdrukke is verbode
                                                             Kopie nr. 1
    CIPHERED (GEHEIME) TELEGRAM

    Laat vanaand het R Kennedy my uitgenooi om hom te kom sien. Ons het alleen
    gepraat.

    Die Kubaanse krisis, het R Kennedy begin, is besig om vinnig te vererger. Ons het
    so pas ŉ verslag ontvang dat ŉ ongewapende Amerikaanse vliegtuig neergeskiet
    was tydens die uitvoering van ŉ verkennings(ondersoek)-vlug oor Kuba. Die
    weermag eis nou dat die president sodanige vliegtuie moet bewapen en om vuur
    met vuur te beveg. Die VSA regering sal dit moet doen.

    ‘Ek wil’ het R Kennedy beklemtoon, ‘die huidige onrusbarende situasie voorlê soos
    wat die president dit sien ...’ Hy wil hê dat NS Khrushchev dit moet weet. Dit is die
    kernboodskap (fokus) van die situasie nou.’

    ‘... want dit is die enigste manier waarop ons vinnig inligting kan kry oor die vordering
    van die konstruksie van die missielbasisse in Kuba, wat ons glo ŉ baie ernstige
    bedreiging vir ons nasionale veiligheid inhou. Maar as ons in reaksie daarop begin
    om te vuur/aan te val – sal ŉ kettingreaksie vinnig begin wat baie moeilik gestop sal
    word. Dieselfde geld ten opsigte van die kern (hart) van die missielbasisse in
    Kuba. Die VSA regering is vasbeslote om ontslae te raak van daardie basisse, in die
    uiterste geval, om dit met bomme te bestook aangesien, ek herhaal, hulle ŉ groot
    bedreiging vir die veiligheid van die VSA inhou. Maar in reaksie op die
    bombardement van hierdie basisse, waar Sowjet-spesialiste dalk kan ly, sal die
    Sowjet-regering ongetwyfeld dieselfde teen ons, iewers in Europa, reageer. ŉ
    Werklike oorlog sal begin, waarin miljoene Amerikaners en Russe sal sterf.'

    ‘En wat van Turkye?’, het ek vir R Kennedy gevra.

    ‘As dit die enigste struikelblok is tot die bereiking van die regulasie (Wet) wat ek
    vroeër genoem het, dan sien die president nie enige onoorkomelike (moeilike)
    probleme om hierdie kwessie op te los nie’, het R Kennedy geantwoord. Die grootste
    moeilikheid vir die president is die openbare bespreking van die kwessie van Turkye
    ... President Kennedy is egter ook gereed om tot ŉ ooreenkoms te kom met
    NS Khrushchev op daardie vraag. Ek dink dat dit vir ons 4–5 maande sal neem om
    daardie basisse vanaf Turkye te onttrek,’ het R Kennedy gesê.

                         [Vanuit: Ons almal het die Koue Oorlog verloor deur RN Lebow en JG Stein]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                          5

 BRON 1D

 Hierdie spotprent deur E Valtman het in Die Hartford Times verskyn, op 30 Oktober
 1962. Die byskrif lees soos volg: ‘HIERDIE MAAK MY MEER AS WAT DIT JOU
 SEER MAAK!’.

     'THIS HURTS ME MORE THAN IT HURTS YOU!'

                  Castro            Missiele                         Khrushchev
      [Uit: die redaksionele strokiesprente van Edmund, 1961 – 1991 deur S Valtman en E Valtman]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2017)

    VRAAG 2: HOE HET DIE BUITELANDSE MOONDHEDE BETROKKE BY DIE
             ANGOLESE BURGEROORLOG NA 1975 GERAAK?

    BRON 2A

    Hierdie bron toon die betrokkenheid van buitelandse moondhede in Angola ná 1975.

    Die krisis in Angola het in ŉ Koue Oorlog slagveld ontwikkel namate die
    supermoondhede en hul bondgenote militêre bystand aan hul voorkeurkliënte
    gelewer het. Die Verenigde State het hulp en opleiding vir beide die FNLA en UNITA
    verskaf terwyl troepe uit Zaïre vir Holden Roberto en sy vegters gehelp het. China
    het ook militêre instrukteurs gestuur om die FNLA op te lei. Die Sowjetunie het
    militêre opleiding en toerusting aan die MPLA voorsien. Gedurende die somer van
    1975, het die Sowjet-ondersteunde MPLA daarin geslaag om hul mag in Luanda te
    konsolideer en om die Amerikaans ondersteunde FNLA vanuit die hoofstad te
    verban (weg te jaag), maar die FNLA het voortgegaan met hul aanval ...
    Die MPLA het ook lank-gevestigde verhoudings met Fidel Castro se Kuba gehad.
    Voor November 11, het die MPLA onderhandel met Castro vir Kubaanse bystand.
    Op dieselfde tyd, het UNITA, wat die ondersteuning van die VSA geniet het, die
    apartheidsregering in Suid-Afrika vir militêre versterkings genader. Pretoria, met die
    doel om die gebruik van Angola as ŉ basis vir rebelle wat geveg het vir die
    onafhanklikheid van Suid-Afrikaans beheerde Namibië te beëindig, het magte
    verleen wat suidelike Angola in Oktober binnegeval het en vinnige het na die
    hoofstad opgedruk het. Die Amerikaanse regering het die Suid-Afrikaanse ingryping
    aangemoedig, maar verkies om sy verbinding met die apartheidsregering as
    niksgewend voor te hou.
    [Uit: https.//history.state.gov/milestones/1969-1976/angola. Toegang op 22 September 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                           7

 BRON 2B

 Hierdie bron gee ŉ uiteensetting van die rol wat die Verenigde State van Amerika in
 die ondersteuning van UNITA gespeel het.

 Teen 1986, het Angola ŉ meer sentrale rol begin speel in die Koue Oorlog, met die
 Sowjetunie, Kuba en ander Oosterse blok nasies wat hul ondersteuning vir die MPLA
 regering versterk het en die Amerikaanse konserwatiewes wat hul ondersteuning vir
 Savimbi se UNITA begin verhoog het ... Savimbi het noue betrekkinge met die
 invloedryke Amerikaanse konserwatiewes ontwikkel, wat Savimbi gesien as ŉ
 belangrike bondgenoot in die Amerikaanse poging om Sowjet-gesteunde, nie-
 demokratiese regerings regoor die wêreld teen te staan en om te keer. Die konflik het
 vinnig verskerp (toename in intensiteit), met Washington en Moskou wat dit as ŉ kritieke
 strategiese konflik in die Koue Oorlog beskou het.
 Die Sowjetunie het ŉ bykomende $1 miljard in hulp aan die MPLA-regering gegee en
 Kuba het ŉ addisionele 2,000 troepe na die 35,000-sterk mag in Angola gestuur om die
 Chevron olieplatforms te beskerm in 1986 ...
 ... Bykomend tot die vermeerdering van militêre ondersteuning vir UNITA, het die Ronald
 Reagan (gewese President van die VSA) Administrasie en sy konserwatiewe
 bondgenote ook daaraan gewerk om die erkenning van Savimbi as ŉ sleutel
 Amerikaanse bondgenoot in ŉ belangrike Koue Oorlogstryd uit te brei. In Januarie 1986,
 het Reagan vir Savimbi genooi om hom by die Wit Huis te ontmoet. Na afloop van die
 vergadering het Reagan by die Wit Huis in Januarie 1986 na Unita se oorwinning verwys
 as iets wat “die wêreld geëlektriseer het.’’ Twee maande later, het Reagan die lewering
 van Stinger grond-tot-lugmissiele aangekondig as deel van die $25 miljoen hulp wat
 UNITA vanaf die VSA regering ontvang het. Jeremias Chitunda, UNITA se
 verteenwoordiger na die VSA, het die Vise-President van UNITA geword in Augustus
 1986 by die sesde party kongres. Fidel Castro het Chester Crocker (gewese
 Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake) se voorstel, die onttrekking van
 buitelandse troepe uit Angola en Namibië, ŉ voorvereiste (toestand waaraan voldoen
 moet word eers) gemaak vir die Kubaanse onttrekking uit Angola ...
      [Vanuit: https.//en.wikipedia.org/wiki/Angolan_Civil_War#War_intensifies. Toegang op 24 September
                                                                                          2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2017)

    BRON 2C

    Hierdie foto beeld twee Kubaanse militêre vlieëniers (sittend tweede en derde van
    links) wat in 1988 deur UNITA gevange geneem was.

                               [Uit: gwww.pinterest.com/pin. Toegang op 24 September 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                           9

 BRON 2D

 Hierdie bron beskryf die impak wat die Slag van Cuito Cuanavale op die Suider-
 Afrikaanse streek gehad het.

 Die Slag van Cuito Cuanavale en die Kubaanse ingryping in Angola is een van die
 keerpunte in die Suider-Afrikaanse geskiedenis. Dit het gelei tot die verskuiwing van die
 magtige Kubaanse gewapende mag na die weste, na die Namibiese grens. Die stryd in
 die suidwestelike deel van Angola het gelei tot die onttrekking van die Suid-Afrikaanse,
 ANC en Kubaanse teenwoordigheid in Angola en die onafhanklikheid van Namibië.

 Die Stryd van Cuito Cuanavale is egter ŉ omstrede (oop vir debat) kwessie, wyd bespreek
 en gedebatteer deur gewone mense, deelnemers en historici. Afhangende van waar jy
 staan, word Cuito Cuanavale beskryf as ŉ neerlaag van die Suid-Afrikaanse Weermag
 (SAW), ŉ taktiese onttrekking deur die SAW of, ŉ dooiepunt.

 Die stryd, of meer korrek genoem die beleëring (besetting) van Cuito Cuanavale was
 geveg op die banke van die Lombarivier in die omgewing van Cuito Cuanavale, in suid-
 oostelike Angola, tussen UNITA (met behulp van die SAW) en die Angolese weermag
 (FAPLA) wat ondersteun was deur Kuba, die Sowjetunie en tot ŉ mindere mate Oos-
 Duitsland. Daar was baie op die spel vir beide kante en die stryd het die grootste
 konvensionele operasies van Suid-Afrikaanse magte sedert die Tweede Wêreldoorlog
 behels.

     [Vanuit: www.sahistory.org.za/topic/battle-cuito-cuanavale-1988. Toegang op12 Oktober 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                       (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 3:      HOEKOM WAS DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE VERENIGDE
               STATE VAN AMERIKA GEDURENDE DIE 1960's GESTIG?

 BRON 3A

 Hierdie bron is ŉ uittreksel vanuit Stokely Carmichael en George Hamilton se
 boek, Swart Mag. Dit fokus op die behoefte vir gelykheid onder Afro-Amerikaners.

 Ons moet begin met die basiese feit dat swart Amerikaners twee probleme het:
 hulle is arm en hulle is swart. Alle ander probleme ontstaan as gevolg van hierdie
 dubbele werklikheid: gebrek aan onderwys, die sogenaamde apatie (gebrek aan
 belangstelling) van swart mans. Enige program wat rassisme wil beëindig moet
 opsigself daardie dubbele werklikheid aanspreek ...

 Die behoefte aan sielkundige gelykheid is die rede waarom die SNCC (Student
 Non-violent Co-ordinating Committee) vandag glo dat swartes hulself in die swart
 gemeenskap moet organiseer. Slegs swartmense kan die revolusionêre idee dat
 swart mense in staat is om dinge self te doen oordra. Slegs hulle kan in die
 gemeenskap, ŉ opwekking en voortsetting van swart bewussyn aanspoor wat die
 basis vir politieke mag sal voorsien. In die verlede, dink ek, het blanke bondgenote
 wit oppergesag bevorder sonder die blankes wat daarmee betrokke was dit besef
 of dit geweet het. Swartmense moet dinge vir hulself doen ... Dit is een rede waarom
 Afrika van sodanige belang is: die realiteit dat swart mans hulle eie nasies moet
 regeer gee swartes elders ŉ gevoel van die moontlikheid, van mag, wat hulle nou
 nie het nie.

 [Vanuit: Vir die rekord: ŉ Dokumentêre geskiedenis van Amerika, Volume twee deur DE Shi en HA
                                                                                  Mayer, 1999]

 BRON 3B

 Die volgende is ŉ uittreksel vanuit ŉ toespraak wat Malcolm X op 3 April 1964
 gelewer het in Cleveland, Ohio. Die toespraak was na verwys as, 'Die Stembrief of
 die Koeël'.

 Swart mense is keelvol met die gesloer ... tegemoetkomende benadering wat ons
 gebruik het om ons vryheid te verkry. Ons soek vryheid nou, maar ons gaan dit nie
 kry deur te sê: ‘Ons sal oorkom’ nie. Ons sal moet veg totdat ons oorkom.

 Die ekonomiese filosofie van swart nasionalisme is suiwer en eenvoudig. Dit
 beteken slegs dat ons die ekonomie van ons gemeenskap moet beheer. Waarom
 moet wit mense al die winkels in ons gemeenskap beheer? Waarom moet wit
 mense die banke in ons gemeenskap beheer? Waarom moet die ekonomie van ons
 gemeenskap in die hande van die wit man wees? ... Die filosofie van swart
 nasionalisme behels ŉ hernieude onderwysprogram in die swart gemeenskap ten
 opsigte van die ekonomie. Ons mense moet kan insien dat wanneer jy jou dollar uit
 jou gemeenskap neem en dit spandeer in ŉ gemeenskap waar jy nie woon nie, die
 gemeenskap waar jy woon armer en armer sal raak, en die gemeenskap waar jy
 jou geld bestee sal ryker en ryker raak.
                      [Uit: www.malcolm-x.org/quotes.ttm. Toegang op 10 November 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                         11

  BRON 3C

  Hierdie bron verduidelik die filosofie, doelwitte en prestasies van die Swartmag-
  beweging.

  Die Swartmagbeweging het ŉ gevoel van rasse trots en selfbeeld in swartes
  aangewakker. Swart Mag voorstaanders het Swartes aangemoedig om slegs-swart
  politieke partye te vorm of om daarby aan te sluit wat ŉ gedugte magsbasis sal
  voorsien en ŉ basis sal vorm vir ware sosio-ekonomiese vooruitgang. Die leiers van
  die beweging sê vir jare lank, dat die swartes probeer het om wit ideale na oor wat
  hulle behoort te wees. Nou was dit tyd vir swartes om hul eie agenda op te stel, om
  hul behoeftes en aspirasies eerste te stel. Die eerste stap, in werklikheid, was die
  vervanging van die woord ‘Negro’ ('n woord wat geassosieer word met jare lange
  slawerny) met ‘swart.’

  ... Dieselfde gees van rasse-eenheid en trots wat die Swartmagbeweging so
  dinamies gemaak het, het dit ook problematies gemaak – en gevaarlik vir
  sommige. Baie blankes, en ŉ aantal swartes, het die beweging as ŉ swart
  separatistiese organisasie beskou wat daarop ingestel was om swart en wit te
  segregeer en om die belangrike werk van die burgerregte beweging ongedaan te
  maak. Dit is nie te betwis dat Swartmag voorstaanders geldige en dringende
  bekommernisse gehad het nie. Swartes was steeds slagoffers van rassisme, of
  hulle nou 'n hoër rentekoers vir ŉ verband moes betaal, of minder betaal was as ŉ
  wit medewerker wat dieselfde werk doen, of geweld ervaar het aan die hande van
  wit rassiste. Maar die oplossings wat sommige Swartmag leiers bepleit het, het
  blykbaar net nuwe probleme geskep ...

     [Vanuit:http://law.jrank.org/pages/4776/Black-Power-Movement.html. Toegang op 10 November
                                                                                   2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2017)

 BRON 3D

 Hierdie foto toon die stigterslede van die Black Panther Party. Bobby Searle is op die
 linkerkant van die foto en Huey Newton is op die regterkant.

                               [Vanuit die Hutton Getty fotoversameling van die 1960’s deur N. Yapp]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)           GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                               13

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

 Lebow, RN en Stein, JG, 1994, ons almal het die koue oorlog verloor, Princeton
 University Press, Princeton, NJ

 Shi, DE en Mayer HA, Vir die rekord: 'n Dokumentêre geskiedenis van Amerika, Volume
 twee,1999

 Talbott, S, 1974, Khrusjchev onthou, Boston, bietjie bruin

 Valtman, S en amp; Valtman, E, Die redaksionele Spotprente van Edmund, 1961 – 1991

 Yapp, N, die Hutton Getty fotoversameling van die 1960’s

 https://hidtory.state.gove/milestones/1969-1976/Angola

 www.digitalarchive.wilsoncenter.org/Collection/31/cuba-missile-Crisis

 http://www.famousquotes.Me.UK/speeches/John_F_Kennedy/2.htm

 http://Law.jrank.org/pages/4776/Black-Power-Movement.HTML

 www.malcolm-x.org/Quotes.ttm

 www.Pinterest.com/PIN

 www.sahistory.org.za/topic/Battle-cuito-cuanavale-1988

 https.//en.wikipedia.org/wiki/Angolan_Civil_War#War_intensifies

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c) — History · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-preparatory-2017-addendum/7da8bbb8-c55d-4436-ba09-b666876b6115) — History · Addendum · 2017
- [History P1 May June 2017 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-addendum-afr/df51a47c-26d5-42fd-8593-592de0e87a21) — History · Addendum · 2017 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
