# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-addendum-sept2018-afrikaans/a70df694-733e-498c-9788-6f5ac00321cd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-addendum-sept2018-afrikaans/a70df694-733e-498c-9788-6f5ac00321cd)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE
     SENIOR SERTIFIKAAT

             GRAAD 12

     SEPTEMBER 2018

      GESKIEDENIS V1
        ADDENDUM

     Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 VRAAG 1:       HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS DIE KOUE OORLOG
                SPANNING TUSSEN DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE STATE
                VAN AMERIKA IN DIE 1960’s VERHOOG?

 BRON 1A

 Die onderstaande uittreksel verduidelik Kuba se betrokkenheid met die Sowjetunie en
 die Verenigde State van Amerika se poging om Fidel Castro se regering omver te
 werp.

 Dit was ná die Kubaanse Revolusie van 1959 dat Fidel Castro sterk ekonomiese bande
 met die Sowjetunie gesmee het, met wie die Verenigde State destyds in die Koue Oorlog
 betrokke was. Die Amerikaanse president Dwight D. Eisenhower was baie bekommerd
 oor die rigting wat Castro se regering ingeslaan het en in Maart 1960 het hy $13,1 miljoen
 aan die Sentrale Intelligensiediens (CIA) toegeken om Castro se omverwerping te beplan
 (alhoewel die plan om Castro omver te werp, afgelas was sodat Kennedy daaroor kon
 besluit). Die Sentrale Intelligensiediens het voortgegaan om die veldtog te organiseer
 met behulp van verskeie Kubaanse teen-revolusionêre magte, deur die 2506-Brigade in
 Guatemala op te lei. Eisenhower se opvolger, John F. Kennedy, het die finale invalsplan
 in April 1961 goedgekeur.

 Meer as 1 400 paramilitêres wat onderverdeel was in vyf infanterie-bataljonne en een
 valskerm-bataljon, het in Guatemala byeengekom voordat hulle per boot op 13 April
 1961 na Kuba gevaar het. Twee dae later, op 15 April, het agt sentrale B-26-
 bombardeerders wat deur die Sentrale Intelligensiediens (CIA) voorsien is, Kubaanse
 vliegvelde aangeval en na die VSA teruggekeer. Op die nag van 16 April het die
 hoofinvalsgroep op ŉ strand met die naam Playa Giron in die Bay of Pigs geland. Dit het
 aanvanklik ŉ plaaslike revolusionêre burgermag oorweldig (oorwin). Die Kubaanse
 weermag se teenaanval is deur Jose Ramon Fernandez gelei, voordat Castro besluit het
 om die veldtog persoonlik oor te neem. Soos die Amerikaanse betrokkenheid vir die
 wêreld duidelik geword het, het Kennedy daarteen besluit om verdere lugbeskerming vir
 die inval te verskaf. As gevolg hiervan, het die veldtog slegs die helfte van die magte
 gehad wat hulle aanvanklik benodig het. Die oorspronklike plan wat tydens Eisenhower
 se presidentskap beplan is, het beide lug- en vlootondersteuning vereis. Op 20 April het
 die invallers na slegs drie dae oorgegee, met die meerderheid wat in die openbaar
 ondervra en in Kubaanse tronke geplaas is.

       [Vanuit https://thisdayinusmilhist.wordpress.com/category/uncategorized/page/23/. Toegang op 30
                                                                                 Januarie 2017 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                            3

 BRON 1B

 Hierdie bron fokus op die ontplooiing van missiele na Kuba deur die Sowjetunie en hoe
 die Verenigde State van Amerika hierdie missielbasisse ontdek het.

 Na die mislukte poging om Castro se regime in Kuba met die inval van die Bay of Pigs
 in Kuba omver te werp en terwyl die Kennedy-administrasie Operasie Mongoose beplan
 het, het die Sowjet-premier Nikita Khrushchev in Julie 1962 ŉ geheime ooreenkoms met
 die Kubaanse premier Fidel Castro bereik om Sowjetmissiele in Kuba te plaas om enige
 toekomstige invalspogings te stop. Konstruksie van verskeie missielbasisse het in die
 laat somer begin, maar Amerikaanse intelligensie het bewyse van ŉ algemene Sowjet-
 wapenopbou, insluitende Sowjet-IL-28-bomwerpers, in Kuba gevind tydens roetine-
 waarnemingsvlugte (‘surveillance’) en op 4 September 1962 het president Kennedy ŉ
 openbare waarskuwing teen die konstruksie van offensiewe wapens in Kuba uitgereik.
 Ten spyte van die waarskuwing, het ŉ Amerikaanse U2-vliegtuig op 14 Oktober verskeie
 foto’s geneem wat duidelik terreine vir die konstruksie van medium-afstand en
 intermediêre ballistiese kernmissiele (MRBMs en IRBMs) in Kuba getoon het. Hierdie
 foto’s is ontleed en die volgende dag aan die Wit Huis voorgelê wat sodoende die begin
 van die Kubaanse missielkrisis veroorsaak het.

 Kennedy het sy naaste raadgewers byeengeroep om die opsies te oorweeg en 'n direkte
 aksieplan vir die Verenigde State wat die krisis sou oplos, voor te lê. Sommige
 raadgewers – insluitend al die gesamentlike personeelhoofde (‘Joint Chiefs of Staff’) -
 het op ŉ lugaanval aangedring om die missiele te vernietig, gevolg deur 'n Amerikaanse
 inval in Kuba; ander het streng waarskuwings teen Kuba en die Sowjetunie aangeraai.
 Die President het op 'n middeweg besluit. Op 22 Oktober het hy Kuba onder vloot-
 kwarantyn geplaas.

     [Vanuit https://history.state.gov/milestones/1961-1968/cuban-missile-crisis. Toegang op 30 Januarie
                                                                                           2017 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 BRON 1C

 Die bron hieronder toon die Verenigde State van Amerika se blokkade van Kuba
 gedurende die Kubaanse Missielkrisis. Op 22 Oktober 1962 het President Kennedy ŉ
 kwarantyn-sone rondom Kuba aangekondig.

             [Vanuit www.bbc.co.uk/education/guides/zygjq6f/revision/6. Toegang op 3 Junie 2017 verkry.]

Missiele met ŉ trefafstand van 4 000km

Russiese skepe onderweg na Kuba

Die Amerikaanse Kwarantyn

Onsuksesvolle inval van die Kubaanse bannelinge in 1965

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                               5

 BRON 1D

 Die volgende bron is ŉ brief wat president Khrushchev aan president Kennedy op 26
 Oktober 1962 geskryf het. Hy verklaar die Sowjetunie se verbintenis tot wêreldvrede.

 Ek dink jy sal my reg verstaan as jy regtig bekommerd is oor die welsyn van die wêreld.
 Almal benodig vrede: beide kapitaliste, indien hulle nie hul rede verloor het nie, en selfs
 meer die kommuniste, mense wat weet hoe om nie net hul eie lewens nie, maar meer as
 enigiets anders ook die lewens van alle mense te waardeer. Ons as kommuniste is in die
 algemeen gekant teen oorloë tussen state en ons het die verkryging van vrede verdedig
 sedert ons die wêreld betree het. Ons het oorlog nog altyd as ŉ ramp beskou en nie as ŉ
 kompetisie, of ŉ manier waarop spesifieke doelstellings verkry word nie, en nog minder
 as ŉ doel op sigself. Ons doelwitte is duidelik en die metode om dit te verkry is arbeid.
 Oorlog is ons vyand en ŉ ramp vir alle mense.

 Dit is dus daarom dat ons, die Sowjetmense, en saam met die VSA, en ook saam met
 ander mense, die vrae rondom oorlog en vrede verstaan. Dit kan ek in elk geval duidelik
 sê vir die mense van die sosialistiese lande, sowel as progressiewe mense wat vrede,
 gelukkigheid en vriendskap tussen almal nastreef.

 Ek sien, mnr die President, dat jy ook nie gebrek ly aan angstigheid vir die lot van die
 wêreld se begrip vir die situasie nie, en van wat oorlog behels nie. Wat sal ŉ oorlog jou
 gee? Jy dreig ons met oorlog. Maar jy weet al te goed dat die minste wat jy in antwoord
 hierop sal ontvang, sal wees dat jy dieselfde gevolge sal ervaar as dié wat jy vir ons
 gestuur het.

             [Vanuit http://microsites.jfklibrary.org/cmc/oct26/doc4.html. Toegang op 27 Julie 2018 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 2:        HOE HET DIE POGINGS VAN DIE ANGOLESE BEVRYDINGSBEWEGINGS
                 MISLUK OM VREDE IN ANGOLA IN 1975 TEWEEG TE BRING?

 BRON 2A

 Hierdie uittreksel is geneem uit die boek The State of Africa, deur M Meredith. Dit
 verduidelik die toestand van Angola se bevrydingsbewegings toe die Portugese Angola in
 1975 verlaat het.

    In Angola het die oordrag vanaf Portugese bewind in ŉ groot ramp verander. Soos wat
    die Portugese ŉ administrasie daar gedisintegreer het, het drie mededingende
    nasionalistiese faksies gekompeteer vir mag, en sodoende ŉ koloniale oorlog in ŉ
    burgeroorlog laat verander ...

    Al drie nasionalistiese faksies was swak en ongeorganiseer. Hulle het geen ernstige
    poging aangewend om ŉ onderhandelende skikking te bereik nie, maar het in plaas
    daarvan geprobeer om die oorhand te kry deur vir ondersteuning van buitelandse
    moondhede te pleit. Dit was as gevolg van hul aanhoudende mededinging dat buitelandse
    betrokkenheid in Angola sulke kritieke belangrikheid verwerf het.

    … die sterkste faksie in militêre terme was Holden Roberto se FNLA. Die probleem van
    die FNLA wat hulle in die gesig gestaar het was dat hul bedrywighede beperk was tot
    noordelike Angola en dat hul ondersteuners uit die Bakongo gekom het.

    Die posisie van Agostino Neto se MPLA in April 1974 was haglik/gevaarlik (‘risky’). Dit
    het in drie mededingende groepe verdeel; guerrilla-aktiwiteite het tot stilstand gekom ...
    Die party was stewig gevestig ... in die Kimbundu gebiede wat oos van Luanda geleë was.
    Nietemin het die MPLA in wese ŉ streeksparty gebly. Dit het nie veel ondersteuning geniet
    nie, nog in die noorde onder die Bakongo, nog in die suide onder die Ovimbundu.

    Die derde faksie, UNITA – is in 1966 deur Jonas Savimbi geloods, een van Holden
    Roberto se voormalige bondgenote. Hulle het ondersteuning onder die Ovimbundu
    verkry; Angola se grootste stam wat in die sentrale hooglanddistrikte van Huambo en Bie
    gekonsentreer was. Unita het bestaan uit ŉ mag van nie meer as ongeveer 1 000 swak
    bewapende mans wat in ŉ klein area in die sentrale hoogland bedrywig was.

                     [Vanuit The State of Africa: A History of Fifty Years of Independence by M. Meredith]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                          7

 BRON 2B

 Hierdie uittreksel uit die boek The Silent War deur P Stiff verduidelik waarom die Alvor-
 ooreenkoms, wat op 15 Januarie 1975 onderteken is, nie daarin geslaag het om vrede in
 Angola teweeg te bring nie.

 Na maande van onderhandelinge en druk deur die OAE (Organisasie van Afrika-
 eenheid), het die Portugese en die drie bewegings die ‘Alvor Accord’ (Alvor-ooreenkoms)
 in Alvor in Portugal op 15 Januarie 1975 onderteken. Dit het toegelaat dat verkiesings vir
 ŉ grondwetlike vergadering in Oktober 1975 gehou word, en tot en met dié datum, sou
 die mag in ŉ oorgangsregering onder leiding van ŉ Portugese hoë kommissaris gevestig
 wees. Die Portugese en die drie partye sou elk drie ministeriële poste beklee, terwyl die
 premierskap onder die partye sou afwissel (‘rotate’). Onafhanklikheid sou op 11
 November 1975 volg.

 Dit het voorsiening gemaak vir die skepping van ŉ Angolese weermag, waartoe elke
 beweging 8 000 troepe en die Portugese 24 000 sou bydra. Oortollige Portugese soldate
 sou teen 30 April 1975 na Portugal terug gestuur word.

 Die oorgangsregering was tereg ingehuldig op 31 Januarie 1975, maar dit was gedoem
 tot mislukking. Die hoofbestanddele wat nodig was om dit te laat werk, was Roberto,
 Savimbi en Neto, maar hulle was te besig om hul onderskeie politieke posisies vir die
 verkiesings in Oktober te konsolideer as om daaroor bekommerd te wees. Die drie
 bevrydingsbewegings het in Alvor gebluf (gelieg). Nie Neto óf Savimbi het die vermoë
 gehad om hul verbintenis tot die 8 000 troepe aan die nuwe Angolese weermag te
 eerbiedig nie. Om dit eenvoudig te stel; hulle het die mannekrag ontbreek. Roberto het
 die mans gehad, maar hy was te besig in die noordweste om hom daaroor te pla.

 … Só die nuwe Angolese weermag is dus nooit gestig nie en die chaos het vererger.

                        [Vanuit The Silent War, South African RECCE Operations 1969–1994 by P Stiff]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                       (EC/SEPTEMBER 2018)

 BRON 2C

 Die foto hieronder toon die leiers van die Angolese vryheidsbewegings wat tydens die
 Nakuru Ooreenkoms op 21 June 1975 in Kenia ontmoet het. Dit was ŉ poging om die
 Alvor Ooreenkoms te beredder.

                [Vanuit https://www.google.co.za/search?hl=en-ZA&source=android-browser-alamy.com.
                                                                   Toegang op 11 April 2017 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                           9

 BRON 2D

 In die uittreksel hieronder verduidelik Piero Gleijeses, ŉ professor in buitelandse beleid,
 hoe gewapende konflik in 1975 in Luanda begin het.

 Trouens, die oorlog kon nie uitgestel word nie. Die eerste botsings was in Luanda, net
 weke nadat die oorgangsregering die mag oorgeneem het. Luanda, met meer as 550 000
 inwoners, was die prys: die ekonomiese, politieke en demografiese hoofstad van die land.
 – Groot meerderheid swartes en mulatte (mense van gemengde ras) – wat saam sowat
 75% van die stad se bevolking gevorm het – het die MPLA ondersteun, maar in die eerste
 maande van 1975 was die FNLA militêr gesproke, die dominante bevrydingsbeweging in
 die stad. ‘Sy goed gewapende troepe in hul onberispelike (perfekte) uniforms’ het in
 Oktober 1974 in Luanda aan boord van Zaïrese lugmagvliegtuie begin aankom.

 Die FNLA het gehoop om te vergoed vir sy gebrek aan politieke aantrekkingskrag met
 militêre mag, maar die wreedheid en arrogansie van sy soldate het die bevolking se
 vyandigheid verhoog. Afgelei deur sy interne rusies, het die MPLA later troepe na Luanda
 gestuur en in baie kleiner getalle, en UNITA, wat amper geen troepe gehad het nie, het
 slegs ŉ simboliese militêre teenwoordigheid in die hoofstad gehad.

 Chipenda, Neto se verslane mededinger vir die MPLA-leierskap, het ŉ groep gewapende
 mans na Luanda gestuur om ŉ militêre teenwoordigheid daar te vestig, alhoewel die
 Alvor-ooreenkoms die FNLA, UNITA en die MPLA ‘as die enigste wettige
 verteenwoordigers van die mense van Angola’ erken het. Nadat hy die stryd om beheer
 van die MPLA verloor het, het hy hom by Mobutu en Roberto gevoeg.

             [Vanuit: Conflicting Missions: Havana, Washington, and Africa, 1959–1976 deur P. Gleijeses]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 3:      HOE HET SWART AMERIKAANSE LEIERS TOT DIE SWARTMAG-
               BEWEGING IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960’s,
               BYGEDRA?

 BRON 3A

 Hierdie bron verduidelik die redes wat gelei het tot die opkoms van die Swartmag-
 beweging in die Verenigde State van Amerika in die 1960’s.

 Uiteindelik, in 1964, het die Amerikaanse Kongres ŉ Burgerregte Wet en in 1965 ŉ
 Stemreg Wet goedgekeur. Die Burgerregtebeweging, en die nuwe wette wat as gevolg
 hiervan aangeneem is, het gelei tot die bevordering van gelykheid vir swart Amerikaners.
 Maar nie alle Afro-Amerikaners was beïndruk met die Burgerregtebeweging nie. In
 werklikheid het vooroordeel nog steeds bestaan. Afro-Amerikaners het nog steeds
 rassediskriminasie, laer lone as blankes en hoër misdaadsyfers in hul middestad-
 woongebiede beleef.

 Veral jong Afro-Amerikaners wou werklike sosiale verandering bespoedig. Hulle het die
 Burgerregtebeweging gesien as ŉ organisasie wat te ‘hoofstroom’ was en wat die
 swartmense nie dieselfde geleenthede (sosiaal, ekonomies en polities) kon bied as
 blankes nie ... Teen die middel van die 1960’s het ontevredenheid oor die tempo van
 verandering gegroei en die Swartmagbeweging het uit hierdie ontevredenheid ontstaan.
 Die Swartmagbeweging het aangevoer dat indien swartes ware eenheid wou verkry, hulle
 eers in solidariteit moes verenig en sodoende selfstandig word.

 ... Die Swartmagbeweging was baie breed (en moet dalk meer akkuraat beskryf word as
 die Swartmagbewegings) en daarop gemik om ŉ nuwe rassebewussyn onder swart
 mense in die Verenigde State uit te druk. Die Beweging het verskillende betekenisse en
 interpretasies gehad. Belangrike aspekte het die volgende ingesluit: rassewaardigheid en
 selfstandigheid. Dit het beteken vryheid van wit gesag in beide ekonomie en politiek

 Stokely Carmichael het die Swartmagfilosofie met hierdie woorde opgesom:
 ‘Ek gaan nie die witman smeek vir enigiets wat ek verdien nie – ek gaan dit vat. Ons wil
 swart mag hê.’

     [Vanuit https://v1.sahistory.org.za>classroom/grade12/3_1_3.htm. Toegang op 12 April 2017 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                             11

 BRON 3B

 Die uittreksel hieronder is geneem uit ŉ toespraak getiteld 'The Ballot of the Bullet’ wat
 deur Malcolm X, op 12 April 1964 in Detroit Michigan gelewer is. Dit verduidelik die
 Swartmagfilosofie.

 Die politieke filosofie van swart nasionalisme beteken net dat die swartman die politiek
 en die politici in sy eie gemeenskap moet beheer ... om voort te gaan met ŉ politieke
 program van heropvoeding om ons mense se oë oop te maak, om ons meer polities
 bewus, polities volwasse te maak, en dan wanneer ons gereed is om ons stembriewe uit
 te bring, sal daardie stembrief uitgebring word vir ŉ man van die gemeenskap wat die
 welsyn van die gemeenskap op die hart dra. Die ekonomiese filosofie van swart
 nasionalisme beteken slegs dat ons die ekonomie van ons gemeenskap moet besit,
 bedryf en beheer ...

 Hierdie regering het ons misluk; ... die blanke liberale wat hul as ons vriende voorgedoen
 het, het ons gefaal ... Ons benodig ŉ selfhelp-program, ŉ selfdoen-filosofie, ŉ doen-dit-
 nou-filosofie, ŉ dit-is-alreeds-te-laat filosofie ... Swart Nasionalisme is ŉ selfhelp-filosofie
 ... Dit is ŉ filosofie wat die noodsaaklikheid vir verdeling en argumentasie (redenering)
 elimineer ...

 So lank as wat jy ŉ sit-stil filosofie het, sal jy ŉ sit-stil gedagtegang hê, en solank jy aan
 die ou sit-stil dink, sal jy in ŉ soort van sit-stil-aksie wees. Dit is nie te goed om te verwys
 na wat jy gaan doen as jy ŉ sit-in is nie ... ŉ Ou vrou kan sit. ŉ Ou man kan sit ... ŉ Lafaard
 kan sit. Enigiets kan sit. Wel, ek en jy het lank genoeg gesit en dit is vandag tyd vir ons
 om te begin staan, en te veg om dit te ondersteun.

 ... Sluit aan by enige soort organisasie, burgerlik, godsdienstig, broederlik, politiek of
 andersins wat gebaseer is op die opheffing van die swartman wat hom in staat sal stel
 om die meester van sy eie gemeenskap te word.

 Dit sal die stembrief of dit sal die koeël wees. Dit sal vryheid of dood wees. En as jy nie
 gereed is om daardie prys te betaal nie, moet nie die woord vryheid in jou woordeskat
 gebruik nie.
           [Vanuit: http://malcolmxfiles.blogspot.co.za/2013/06/the-ballot-or-bullet-april-12-1964.html/m=1.
                                                                         Toegang op 23 April 2017 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           (EC/SEPTEMBER 2018)

 BRON 3C

 Hierdie foto beeld gewapende lede van die Black Panther Party, Robert Williams en sy
 vrou, uit.

  [Vanuit http://writingcities.com/2017/06/29/negroes-with-guns-robert-f-williams-and-the-freedom-struggle/.
                                                                     Toegang op 18 Januarie 2018 verkry.]

     Negers: ŉ Neerhalende/Vernederende term wat gebruik word om na Afro-
             Amerikaners te verwys.

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                          13

 BRON 3D

 Die volgende uittreksel beskryf die Swartmagbeweging en die transformasie daarvan. Dit
 is deur Lakisha Odlum van New York City se Departement van Onderwys geskryf.

 Die Swartmagbeweging van die 1960's en 1970's was ŉ politieke en sosiale beweging wie
 se voorstanders geglo het in rassetrots, selfversorging en gelykheid vir alle swart mense
 en mense afkomstig vanuit Afrika. Stokely Carmichael, die leier van die Studente Nie-
 Geweldadige Koördineringskomitee, wat gekrediteer is met die eerste artikulering van
 ’Swartmag’ in 1966, het ŉ generasie swart aktiviste verteenwoordig wat aan beide die
 Burgerregte en die Swartmagbewegings deelgeneem het. Teen die middel van die 1960’s,
 het baie van hulle nie meer nie-gewelddadige protes gesien as 'n lewensvatbare manier
 om rassisme te bekamp nie.

 Nuwe organisasies, soos die Black Panther Party, die Black Women United Front en die
 Nation van Islam, het nuwe kulturele, politieke en ekonomiese programme ontwikkel en
 lidmaatskap laat groei wat hierdie verskuiwing weerspieël het. Desegregasie was
 onvoldoende – slegs deur die dekonstruksie (afbreek) van wit magstrukture kon daar
 ruimte geskep word vir ŉ swart politieke stem wat sou aanleiding gee tot kollektiewe
 swartmag. As gevolg van hierdie oortuigings, is die beweging dikwels uitgebeeld as
 gewelddadig, anti-wit en as ŉ organisasie wat teen wetstoepassing gekant was. Hierdie
 primêre bron wil hierdie voorstellings deur middel van artefakte uit die era, soos preke,
 foto's, tekeninge, FBI-ondersoeke en politieke manifeste (openbaarmaking) aanspreek.

    [Vanuit https://dp.la/primary-source-sets/the-black-power-movement. Toegang op 04 April 2018 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                  (EC/SEPTEMBER 2018)

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

 Gleijeses, P. 2002. Conflicting Missions: Havana, Washington, and Africa, 1959–1976
 (North Carolina University Press)

 http://malcolmxfiles.blogspot.co.za/2013/06/the-ballot-or-bullet-april-12-1964.html/m=1

 http://microsites.jfklibrary.org/cmc/oct26/doc4.html

 http://writingcities.com/2017/06/29/negroes-with-guns-robert-f-williams-and-the-freedom-
 struggle/

 https://dp.la/primary-source-sets/the-black-power-movement

 https://history.state.gov/milestones/1961-1968/cuban-missile-crisis

 https://thisdayinusmilhist.wordpress.com/category/uncategorized/page/23

 https://v1.sahistory.org.za>classroom/grade12/3_1_3.htm

 https://www.google.co.za/search?hl=en-ZA&source=android-browser-alamy.com

 https://www.google.co.za/search?q=BLACK+POWER+MOVEMENT+SOURCES+IN+US
 A

 Meredith, M. 2005. The State of Africa: A History of Fifty Years of Independence (Simon
 & Schuster, UK)

 Stiff, P. 1999. The Silent War, South African RECCE Operations 1969 – 1994 (Galagos,
 South Africa)

 www.bbc.co.uk/education/guides/zygjq6f/revision/6

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c) — History · Memo · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [HISTORY P2 ADDENDUM SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-sept-2018-eng-d/812c8729-7ad5-4b83-a4e4-b51692a55c08) — History · Addendum · 2018 · Eng
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
