# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2021

                     GESKIEDENIS V1
                      NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                    Hierdie nasienriglyn bestaan uit 24 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     GESKIEDENIS V1                     (EC/SEPTEMBER 2021)

 1. BRONGEBASEERDE VRAE

     1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae
         te ontwikkel:

                                                                        GEWIGS-
     KOGNITIEWE
                             HISTORIESE VAARDIGHEDE                   TOEKENNING
       VLAKKE
                                                                       VAN VRAE
                       •   Onttrek inligting uit bronne.
                       •   Selektering en organisasie van                30%
        VLAK 1
                           relevante inligting uit bronne.               (15)
                       •   Definieer historiese begrippe/terme.
                       •   Interpretasie van bewyse uit bronne.
                                                                         40%
        VLAK 2         •   Verduidelik inligting verkry uit bronne.
                                                                         (20)
                       •   Analiseer bewyse uit bronne.
                       •   Interpreteer en evalueer bewyse uit
                           bronne.
                       •   Skakel met bronne om bruikbaarheid,
                           betroubaarheid, eensydigheid en               30%
        VLAK 3
                           beperkings vas te stel.                       (15)
                       •   Vergelyk en kontrasteer interpretasies
                           en perspektiewe in die bronne en kom
                           tot onafhanklike gevolgtrekkings.

     1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae
         geassesseer word:

          • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
            enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
            voorbeelde.
          • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
            aan die vereistes van die vraag voldoen is.
          • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
            waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
            kursiefgedrukte skrif aangedui.
          • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
            krediet kry vir enige relevante antwoord.
          • Daar word van leerlinge verwag om ‘n standpunt in te neem in die
            beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.

     1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae

          •     Gebruik ŉ regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord
          •     Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op
                twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat
                neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓)
          •     Indien ŉ vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2021)               GESKIEDENIS V1                                         3

          Paragraafvraag
          Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
          inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring
          word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik
          word wanneer ŉ antwoord op ŉ paragraafvraag geassesseer word:
           • Lees die paragraaf en plaas ŉ kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die
             teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
             beantwoord.
           • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
             in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
             beantwoord.
           • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
             paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3)
             soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ŉ kort kommentaar bv.

          ___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
          _________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
                                                              √√√√ Vlak 2

          Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
          • Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
            punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
                                                                 32
                                                                 50

          • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
            antwoordeboek oorgedra word.

 2. OPSTELVRAE

     2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
         • In staat sal wees om hul argument op ŉ logiese en samehangende wyse
            te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
            bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ŉ redelike reeks
            feite of ŉ effektiewe argument te kan weergee om sodoende die
            gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ŉ opstel ŉ
            inleiding, ŉ samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en
            ŉ slot het.

     2.2 Nasien van opstelvrae
         • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
           word deur die handboeke wat by ŉ spesifieke sentrum gebruik is.
         • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
           as dit wat ingesluit is by ŉ riglyn vir nasien van ŉ spesifieke opstel.
         • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
           krediet kry vir enige ander relevante antwoord.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     GESKIEDENIS V1                        (EC/SEPTEMBER 2021)

    2.3 Globale assessering van die opstel
        Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
        benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ŉ geheel sal bepunt
        sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
        moedig die leerder aan om ŉ individuele mening aan te bied deur gebruik te
        maak van geselekteerde feitelike bewyse om ŉ argument te ondersteun. Daar
        sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ŉ beter
        punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-
        antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
        van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
        leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
        inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
        ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die
        volgende val:
        • Die konstruksie/daarstelling van ŉ argument.
        • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
           ondersteun.
        • Die leerder se interpretasie van die vraag.

    2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel

         2.4.1   Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.

         2.4.2   Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
                 word vir ŉ relevante inleiding (aangedui met ŉ kolpunt (‘bullet’) in die
                 nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
                 gekontekstualiseer is en ŉ relevante slotopmerking (aangedui met ŉ
                 kolpunt in die nasienriglyn) bv. ŉ antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
                 sal daar dus 7 regmerkies wees.

         2.4.3   Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ŉ opstel.

                         Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ŉ argument/ŉ
                         duidelike hoofpunt.
                     P
                         Elke paragraaf moet ŉ punt bevat wat die hoofpunt (argument)
                         wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
                         Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
                     E   waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
                         met die vraag wat gevra is.
                         Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
                     E   inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant
                         voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
                         Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
                     L   deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
                         geskryf is.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2021)                 GESKIEDENIS V1                                          5

         2.4.4   Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik
                 word:

                 • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
                   gekontekstualiseer nie
                                                                     ^
                 • Verkeerde stelling             _________________

                 • Irrelevante stelling              |
                                                     |
                                                     |

                 • Herhaling                         R

                 • Analise                           A√

                 • Interpretasie                     I√
                 • Argument                         LOA

 2.5     Die matriks

         2.5.1   Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.

                 By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
                 matriks voorsien word. Tydens die assessering van ŉ opstel moet
                 beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ŉ Punt word
                 toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
                 die sewe vaardigheidsvlakke.

                 (a)    Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
                        watter mate die hoofmomente gedek is om en die
                        inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.

                                                          I       VLAK 4

                 (b)    Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
                        van die aanbieding bepaal.
                                                          I       VLAK 4
                                                          A       VLAK 3

                 (c)    Ken ŉ algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                          I      VLAK 4
                                                          A      VLAK 3       }26–27
 KOMMENTAAR

 Vraag herkenbaar in antwoord.
 Toon soms bewys van ŉ gestruktureerde en beplande argument.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
     6                                                              GESKIEDENIS V1                                               (EC/SEPTEMBER 2021)

     NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50

                            VLAK 7               VLAK 6                VLAK 5               VLAK 4              VLAK 3               VLAK 2               VLAK 1

                        Baie goed
                        beplande en          Baie goed             Goed beplande en     Argument beplan     Toon soms bewys      Poging aangewend     Weinig of geen
AANBIEDING                                   beplande en           gestruktureerde      en gestruktureer.   van ŉ                                     poging om die
                        gestruktureerde                                                                                          om antwoord te
                        opstel. Goeie        gestruktureerde       opstel.              Bewyse tot ŉ        gestruktureerde en   struktureer.         opstel te
                        sintese van          opstel. ŉ Relevante   Poog om ŉ            sekere mate         beplande                                  struktureer nie.
                                                                                        gebruik om          argument. Poog       Grootliks
                        inligting. Het ŉ     argument is           duidelike argument
                                             gevolg. Bewyse                             argument te         om ŉ argument vol    beskrywend of
                        goed                                       te ontwikkel.
                                             gebruik om die                             ondersteun.         te hou.              poog om argument
                        gebalanseerde,                             Gevolgtrekking
                                             argument te                                Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie   te ontwikkel. Geen
                        oorspronklike                              gemaak uit bewyse
                                             verdedig. Poog om                          grond van bewyse.   duidelik             poging om ŉ
                        argument ontwikkel
                        met bewyse.          ŉ onafhanklike        om die argument te                       ondersteun deur      gevolgtrekking te
                        Argument             gevolgtrekking uit    ondersteun.
                                             die bewyse te                                                  bewyse nie.          maak nie.
                        deurgaans
                                             maak om die
                        volgehou en
INHOUD                                       argument te
                        verdedig.
                                             ondersteun.
                        Onafhanklike
                        gevolgtrekking
                        gemaak uit bewyse
                        om die argument te
                        ondersteun.

VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten            47–50                 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie              43–46                 40–42                38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud          38–39                 36–37                34–35                30–33                28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
                                                                       30–33                28–29                26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit                                                                         26–27                24–25               20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend                                                                                               20–23               18–19                 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                                   14–17                  0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

*Riglyne vir die toekenning van ŉ punt in Vlak 1:

 •       Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
 •       Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
 •       Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer                 = 7–13

     Kopiereg voorbehou                                                                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2021)                GESKIEDENIS V1                                         7

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 VRAAG 1 HOE HET DIE BERLYNSE BLOKKADE TOT KOUE OORLOG-
         SPANNING TUSSEN DIE WESTERSE MAGTE EN DIE
         SOWJETUNIE BYGEDRA?

 1.1   1.1.1    Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
                • Duitsland                                                  (1 x 1)     (1)

       1.1.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
                • Duitsland is in vier besetting sones verdeel
                • Berlyn is ook verdeel, met die Westelike deel van die stad
                   onder Geallieerde beheer en die ooste onder Sowjet-beheer.
                                                                          (2 x 1)        (2)

       1.1.3    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
                • ‘dwing die land om oorlogreparasies te betaal’
                • ‘om sy industriële tegnologie te oorhandig om die na-oorlogse
                  Sowjet-herstel te bevorder’                       (Enige 1 x 1)        (1)

        1.1.4   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V1]
                • Dit is omdat daar geen ooreenkoms by Yalta of Potsdam bereik
                    is op 'n eenvormige geldeenheid vir die verskillende sones nie.
                • Die Geallieerdes het Rusland nie ingelig oor die bekendstelling
                    van die nuwe geldeenheid nie, alhoewel hulle Berlyn
                    gesamentlik beheer het.
                • Enige ander relevante antwoord                       (Enige 1 x 2)     (2)

       1.1.5    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V2]
                • Die Sowjetunie het dadelik hul eie geldeenheid, die Ostmark, in
                  Berlyn en Oos-Duitsland uitgereik.
                • ‘Op dieselfde dag – 24 Junie 1948 – het hulle alle pad-,
                  spoorlyn- en kanaal toegang tot die Geallieerde besette sones
                  van Berlyn geblokkeer en aangekondig dat die gesamentlike
                  administrasie van die stad tot ŉ einde gekom het.’       (2 x 1)       (2)

 1.2   1.2.1    [Definisie van historiese konsep uit Bron 1B – V1]
                • Koue oorlog is ŉ ideologiese stryd tussen kapitalisme en
                  kommunisme sonder om by fisiese gevegte betrokke te raak.
                • Enige ander relevante antwoord                      (Enige 1 x 2)      (2)

       1.2.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
                • Hulle wou ŉ vurige oorlog vermy.
                • Hulle wou nie as die aggressor beskou word nie.
                • Duitsland het pas uit ŉ 6-jarige oorlog gekom, en nog ŉ oorlog
                   sou verwoesting veroorsaak het.
                • ŉ Gewapende konflik in Berlyn sou tot die dood van duisende
                   Duitsers gelei het.
                • Enige ander relevante antwoord                     (Enige 2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   GESKIEDENIS V1                       (EC/SEPTEMBER 2021)

       1.2.3    [Definisie van historiese konsep uit Bron 1B – V2]
                • Ekonomiese stelsel op privaat besit gebaseer
                • Enige ander relevante antwoord                       (Enige 1 x 2)     (2)

       1.2.4    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
                • Hulle was nie bereid om gewapende konflik met die Sowjetunie
                  te waag nie.                                           (1 x 1)         (1)

       1.2.5    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
                • VSA
                • Brittanje
                • Frankryk                                             (Enige 2 x 1)     (2)

       1.2.6    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
                • Om die ekonomiese herstel van Wes-Berlyn te bespoedig.
                • Om aan die wêreld te wys dat kapitalisme beter as
                    kommunisme is.
                • Om die sukses van kapitalisme te demonstreer.
                • Om moontlike onluste onder die inwoners van Wes-Berlyn te
                    verhoed.
                • Om verdeeldheid in Oos-Duitsland en Oos-Berlyn teweeg te
                    bring.
                • Om verdeeldheid onder kommunistiese denke teweeg te bring.
                • Enige ander relevante antwoord                   (Enige 1 x 2)         (2)

 1.3    1.3.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
                • Kos
                • Steenkool
                • Klere
                • Ander noodsaaklikhede                               (Enige 2 x 1)      (2)

        1.3.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
                • Hulle was afgesny van noodsaaklike benodighede
                • Inwoners was afgesny van familie wat in ander sones gewoon
                    het.
                • Inwoners van Wes Berlyn was nou blootgestel aan
                    kragonderbrekings, voedseltekorte en voedselrantsoenering
                • Inwoners van Wes Berlyn was nadelig deur die blokkade getref
                • Enige ander relevante antwoord                     (Enige 1 x 2)       (2)

        1.3.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
                • Hulle wou hul weerstand teen die blokkade ten toon stel
                • Hulle wou nie ingee vir kommunistiese druk nie
                • Hulle wil Rusland wys dat hulle nie van hulle afhanklik was nie
                • Om hul vasberadenheid om onder ŉ kapitalistiese bestel te leef,
                    te demonstreer.
                • Hulle sou hul onafhanklikheid verloor indien hulle hulp vanaf
                    Rusland sou aanvaar.
                • Enige ander relevante antwoord                       (Enige 2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2021)                   GESKIEDENIS V1                                        9

         1.3.4       [Evalueer die bruikbaarheid van bewyse uit Bron 1C – V3]
                     Die bron is BRUIKBAAR omdat:
                     • Dit wys dat die Geallieerdes nie vir Russiese druk ingegee het
                        nie
                     • Dit gee die fyner besonderhede van die lugbrug wat die
                        Geallieerdes gebruik het om Wes Berlyn van voorrade te
                        voorsien
                     • Dit demonstreer die Geallieerdes se vasberadenheid om
                        kommunisme in te perk
                     • Dit demonstreer die Geallieerdes se vasberadenheid om
                        kapitalistiese en demokratiese lande te beskerm en
                        ondersteun.
                     • Enige ander relevante antwoord                     (Enige 2 x 2)     (4)

  1.4    1.4.1       [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
                     • Dit wys Westerse magte wat noodsaaklikhede in Wes-Berlyn
                         aflewer
                     • Hulle het vliegtuie gebruik om kos gedurende die Berlynse-
                         Blokkade af te lewer
                     • Enige ander relevante antwoord                    (Enige 2 x 2)      (4)

  1.4    1.4.2       [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
                     • Vliegtuie                                                (1 x 1)     (1)

  1.5    [Vergelyking van bewyse uit Bron 1C en 1D – V3]

         • Bron 1C verklaar dat Britse en Amerikaanse soldate sowat 400 000
           vlugte na Wes-Berlyn gemaak het terwyl Bron 1D die vliegtuie wat die
           vlugte gemaak het duidelik uitbeeld
         • Bron 1C verklaar dat Britse en Amerikaanse soldate byna twee miljoen
           ton kos, steenkool, klere en ander noodsaaklikhede afgelewer het
           terwyl Bron 1D die kratte waarin die kos, steenkool, klere en
           noodsaaklikhede vervoer was duidelik uitbeeld.
         • Beide bronne wys dat voedsel deur middel van vlugte afgelewer is
         • Enige ander relevante antwoord                             (Enige 2 x 2)         (4)

  1.6    [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

         Kandidate kan die volgende as punte gebruik om die vraag te
         beantwoord:
         • Die Verenigde State, Frankryk en die Sowjetunie het Duitsland en
           Berlyn in vier sones verdeel (Bron 1A)
         • Die Westerse magte het besluit om hul sones te kombineer om Wes-
           Berlyn te vorm, terwyl Rusland hul sone Oos-Berlyn genoem het (Eie
           kennis)
         • Geen ooreenkoms is bereik oor ŉ eenvormige regeringstelsel in
           verskillende sones nie (Eie kennis)
         • Westerse magte het ŉ nuwe geldeenheid ingestel en dit het tot
           voorspoed in Wes Berlyn gelei in vergelyking met armoede in Oos-
           Berlyn

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   GESKIEDENIS V1                     (EC/SEPTEMBER 2021)

         • Stalin het die bekendstelling van die nuwe geldeenheid as ŉ skending
           van die na-oorlogse ooreenkomste beskou (Bron 1A)
         • Stalin het al die toegangsroetes en kanale geblokkeer om totale beheer
           oor Berlyn te neem (Bron 1A)
         • Westerse bondgenote was nie bereid om gewapende konflik met die
           Sowjet-unie te waag om toegangsroetes na Wes-Berlyn oop te maak
           nie (Bron 1B)
         • Hulle het besluit om hul sektore te voorsien van al die noodsaaklikhede
           deur vliegtuie (Bron 1B, 1C en 1D)
         • Vlugte het elke 45 sekondes by een van die drie lughawens in Wes-
           Berlyn geland (Bron 1C en Bron 1D)
         • Stalin aan ander kant was nie bereid om ŉ oorlog te waag deur daardie
           vliegtuie te skiet nie (Bron 1B)
         • In Mei 1949 het Stalin die Blokkade beëindig/opgehef (Bron 1B)
         • Enige ander relevante antwoord

         Gebruik die volgende rubriek om ŉ punt toe te ken:

                      • Gebruik bewyse op ŉ elementêre wyse bv. toon
                        min of geen begrip oor hoe die Berlynse
                        Blokkade bygedra het tot Koue Oorlog-
                                                                        PUNTE
         VLAK 1         spanning tussen die VSA en die Sowjetunie.
                                                                         0–2
                      • Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp
                        verslag te doen of kan nie oor onderwerp
                        verslag doen nie.
                      • Bewyse is meestal relevant en hou tot ŉ groot
                        mate verband met die onderwerp, bv. toon
                        begrip oor hoe die Berlynse Blokkade tot        PUNTE
         VLAK 2
                        Koue Oorlog-spanning tussen die VSA en           3–5
                        die Sowjetunie bygedra het.
                      • Gebruik bewyse op ŉ baie basiese wyse.
                      • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n
                        deeglike begrip oor hoe die Berlynse
                        Blokkade tot Koue Oorlog-spanning tussen
                                                                        PUNTE
         VLAK 3         die VSA en die Sowjetunie bygedra het.
                                                                         6–8
                      • Gebruik bewyse baie effektief in ŉ
                        georganiseerde paragraaf wat ŉ begrip van die
                        onderwerp toon.                                                 (8)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2021)               GESKIEDENIS V1                                       11

 VRAAG 2:       WAAROM HET ANGOLA DIE FOKUSPUNT VAN DIE KOUE
                OORLOG GEDURENDE DIE 1970’s EN 1980’s GEWORD?

 2.1    2.1.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
                • Diamante
                • Olie                                                    (2 x 1)       (2)

        2.1.2   [Definisie van historiese begrip uit Bron 2A – V1]
                • ŉ Vredesooreenkoms tussen vegtende partye om ŉ einde te
                   maak aan ŉ gewapende konflik
                • Enige relevante antwoord                         (Enige 1 x 2)        (2)

        2.1.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
                • Portugal                                                 (1 x 1)      (1)

        2.1.4   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
                • MPLA
                • FNLA
                • UNITA                                                   (3 x 1)       (3)

        2.1.5   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
                • Rusland wou kommunisme in Afrika versprei.
                • Rusland wou vlootbase in Afrika bekom
                • Rusland wou handelsooreenkomste met Afrika-lande
                    onderteken
                • Enige relevante antwoord                     (Enige 2 x 2)            (4)

 2.2    2.2.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
                • ‘... die supermoondhede en hul bondgenote militêre hulp aan
                  hul voorkeurkliënte gelewer het’                      (1 x 2)         (2)

        2.2.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
                • Die VSA wou verhoed dat die kommunistiese MPLA Angola
                    oorneem
                • Die VSA wou haar petroleum-belange in Angola beveilig
                • Die VSA wou nie troepe na Angola stuur nie aangesien sy
                    reeds in Vietnam verslaan was; dus het hulle hierdie
                    bewegings ondersteun om die MPLA omver te werp
                • Enige ander relevante antwoord                    (Enige 1 x 2)       (2)

        2.2.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
                • MPLA en Castro was kommunistiese bondgenote
                • Baie Kubane was van Angolese afkoms
                • Enige ander relevante antwoord            (Enige 1 x 2)               (2)

        2.2.4   [Definisie van historiese begrip uit Bron 2B – V2]
                • Die reg van Angolese burgers om hulself te regeer, vry van
                   koloniale beheer/gesag.
                • Enige ander relevante antwoord                   (Enige 1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   GESKIEDENIS V1                       (EC/SEPTEMBER 2021)

 2.3    2.3.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
                • Russe
                • Kubane                                                     (2 x 1)    (2)

        2.3.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
                • Ruacana’
                • ‘Calueque’                                                  (2 x 1) (2)

        2.3.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
                • Die MPLA was ŉ kommunistiese organisasie.
                • Die MPLA was teen SA se apartheidsbeleid gekant
                • Die MPLA het SWAPO en ANC toegelaat om militêre basisse in
                    Angola te vestig.
                • SA wou nie deur kommunistiese buurstate omring word nie.
                • Enige ander relevante antwoord                  (Enige 2 x 2)           (4)

        2.3.4   [Evalueer die bruikbaarheid van bewyse uit Bron 2C – V3]
                Die bron is BRUIKBAAR omdat:
                • Dit gee ŉ objektiewe beeld van SA se betrokkenheid by die
                   Angolese Burgeroorlog van 1975
                • Die doel van die bron is om die leser in te lig oor SA se redes vir
                   ingryping in Angola.
                • Dit beklemtoon die vrees van die SA regering vir kommunisme.
                • Dit wys dat SA ekonomiese en politieke belangstelling in SWA
                   gehad het wat hulle wou beskerm.
                • Enige ander relevante antwoord                        (Enige 2 x 2)     (4)

 2.4    2.4.1   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
                • SA en UNITA het ŉ baie goeie verhouding gehad.
                • SA en UNITA was bondgenote.
                • SA en UNITA het mekaar se doelwitte tydens die Angolese
                    burgeroorlog ondersteun
                • SA het UNITA as die regerende party in Angola verkies.
                • Enige ander relevante antwoord                   (Enige 2 x 2)          (4)

        2.4.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
                • UNITA is die vyand van die MPLA en SA; daarom is die twee
                    bondgenote.
                • UNITA is die vyand van die MPLA en daarom is UNITA die
                    vriend van SA.
                • Enige ander relevante antwoord                  (Enige 1 x 2)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2021)               GESKIEDENIS V1                                       13

 2.5    [Vergelyking van inligting uit Bron 2A en Bron 2D – V3]
        • Bron 2C meld dat SA vir UNITA ondersteun het, terwyl hierdie
           ondersteuning duidelik in Bron 2D uitgebeeld word.
        • Bron 2C meld dat SA begin het met die opleiding van UNITA-soldate,
           terwyl hierdie ondersteuning duidelik uitgebeeld word op die foto waar
           Magnus Malan langs PW Botha en Jonas Savimbi gesien word.
        • Albei bronne beeld SA en UNITA as bondgenote uit.
        • Enige ander relevante antwoord                            (Enige 2 x 2)        (4)

 2.6    [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
        Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit.

        • Na onafhanklikheid het die drie bewegings in Angola meegeding om mag
          in Angola oor te neem (Eie kennis)
        • Angola was ryk aan diamante en olie en het dus buitelandse inmenging
          aangewakker (Bron 2A)
        • Die supermoondhede en hul bondgenote het militêre hulp aan hul
          voorkeur kliënte gelewer (Bron 2B)
        • Die VSA het hulp en opleiding aan FNLA en UNITA verskaf (Bron 2B)
        • Die Sowjetunie het ook militêre opleiding en toerusting aan die MPLA
          (Bron 2B) verskaf
        • SA het UNITA ondersteun omdat hulle die verspreiding van kommunisme
          in Suidelike-Afrika wou verhoed (Bron 2B)
        • SA wou sy eie isolasie verbreek en het daarom die VSA se versoek om
          UNITA te ondersteun, verwelkom (eie kennis)
        • MPLA onderhandel met Castro vir Kubaanse hulp (Bron 2B)
        • SA was teen die kommunistiese MPLA gekant (Bron 2C)
        • Suid-Afrika het UNITA ondersteun (Bron 2B)
        • Suid-Afrika het ekonomiese belange in SWA – Ruacana- en Calueque-
          damme gehad (Bron 2C)
        • SA het UNITA ondersteun as die amptelike regering van Angola (Bron 2C
          en 2D)
        • SA en UNITA verenig in hul poging om die MPLA as amptelike regering
          van Angola omver te werp. (Bron 2C en 2D)
        • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                   GESKIEDENIS V1                     (EC/SEPTEMBER 2021)

        Gebruik die volgende rubriek om ŉ punt toe te ken:

                      • Gebruik bewyse op ŉ elementêre wyse bv. toon
                        min of geen begrip oor waarom Angola die
                        fokuspunt van die Koue Oorlog in Afrika
                                                                        PUNTE
        VLAK 1          gedurende die 1970’s geword het.
                                                                         0–2
                      • Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die
                        onderwerp verslag te doen of kan nie oor
                        onderwerp verslag doen nie.
                      • Bewyse is meestal relevant en hou verband met
                        die onderwerp bv. toon ŉ paar begrip oor
                        waarom Angola die fokuspunt van die Koue        PUNTE
        VLAK 2
                        Oorlog in Afrika gedurende die 1970’s            3–5
                        geword het. Gebruik bewyse op ŉ baie
                        basiese wyse.
                      • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n
                        insig oor waarom Angola die fokuspunt van
                        die Koue Oorlog in Afrika gedurende die
                                                                        PUNTE
        VLAK 3          1970’s geword het.
                                                                         6–8
                      • Gebruik bewyse baie effektief in ŉ
                        georganiseerde paragraaf wat ŉ begrip van die
                        onderwerp toon.                                                 (8)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2021)               GESKIEDENIS V1                                      15

 VRAAG 3:       WATTER UITDAGINGS HET DIE LITTLE ROCK NEGE TYDENS
                DIE INTEGRASIE VAN SENTRAAL HOËRSKOOL IN 1957 IN DIE
                GESIG GESTAAR?

 3.1    3.1.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
                 • ‘dat rasse-segregasie in opvoedkundige fasiliteite
                   ongrondwetlik was’                                     (1 x 2)       (2)

        3.1.2   [Definisie van historiese konsep uit Bron 3A – V1]
                 • Die beëindiging van segregasie en die oopstelling van
                   fasiliteite vir alle rasse.
                 • Enige ander relevante antwoord                   (Enige 1 x 2)       (2)

        3.1.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
                 • Dit het beteken dat gesegregeerde skole en universiteite die
                    wet oortree het.
                 • Dit het beteken dat gesegregeerde onderwysgeriewe nie in die
                    grondwet aanvaar en beskerm word nie.
                 • Enige ander relevante antwoord                 (Enige 1 x 2)         (2)

        3.1.4   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
                • ‘Tagtig studente’                                       (1 x 1)       (1)

        3.1.5   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A –V2]
                • Hulle was meer gemaklik tussen hul eie mense
                • Hulle wou rassisme teenoor hulle by Little Rock vermy.
                • Hulle wou nie verneder word nie.
                • Hulle het geweet dat hul veiligheid nie gewaarborg sou wees
                    nie.
                • Hulle het vervolging aan die hande van die KKK vermy.
                • Enige ander relevante antwoord                   (Enige 1 x 2)        (2)

 3.2    3.2.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
                • ‘Alleen, en met knieë wat bewe, ...’                    (1 x 2)       (2)

        3.2.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
                • ‘... ŉ bespottende oproerige skare het haar pad geblokkeer.’
                • ‘Weereens het die oproerige skare haar omsingel.’
                • ‘Kry ŉ tou’
                • ‘Sleep haar oor na hierdie boom!’
                • ‘Kom ons maak ŉ plan met die neger’.             (Enige 3 x 1)        (3)

        3.2.3   [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
                • Die wit oproerige skare was teen integrasie by Hoërskool
                    Sentraal gekant
                • Die wit oproerige skare was steeds rassisties
                • Die wit oproerige skare het geglo dat blankes meerderwaardig
                    en swartes minderwaardig was.
                • Enige ander relevante antwoord.                  (Enige 2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 16                                  GESKIEDENIS V1                      (EC/SEPTEMBER 2021)

      3.2.4   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
              • Grace Lorch was nie rassisties nie
              • Grace Lorch het nie swartes as ŉ minderwaardig ras beskou nie
              • Grace Lorch was ten gunste van integrasie
              • Grace Lorch het alle rasse as gelyk beskou
              • Grace Lorch was simpatiek teenoor die lot van swartes gesind
              • Sy was simpatiek teenoor Eckford
              • Enige ander relevante antwoord                         (Enige 2 x 2)           (4)

3.3   3.3.1   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
              • Rasse-integrasie was nie deur die blanke gemeenskap in Arkansas
                  geduld nie
              • Rasse-integrasie sou moeilik toegepas word
              • Rasse-integrasie was selfs deur die staatspolisie verhoed
              • Enige ander relevante antwoord                          (Enige 2 x 2)          (4)

      3.3.2   [Evaluering van die betroubaarheid van bewyse in Bron 3C – V3]
              Die bron is BETROUBAAR tot ŉ groot mate omdat dit:
              • ŉ Primêre bron is wat eerstehandse inligting oor die gebeurtenis
                 verskaf
              • Die inligting deur ander historiese bronne bevestig kan word
              • Die fotograaf teenwoordig tydens die gebeurtenis was – ooggetuie
              • Enige ander relevante antwoord                          (Enige 2 x 2)          (4)

3.4   [Vergelyking van bewyse in Bronne 3B en 3C – V3]
      • Bron 3B verklaar dat Elizabeth op pad skool toe deur ŉ woedende blanke skare
         begroet was, terwyl Bron 3C die woedende skare uitbeeld
      • Bron 3B verklaar dat die Nasionale Wagte niks gedoen het om Elizabeth te
         beskerm nie terwyl Bron 3C die Nasionale Wagte uitbeeld as passiewe soldate
         wat die gebeurtenis net aanskou in plaas daarvan om Elizabeth te beskerm
      • Enige ander relevante antwoord.                                (Enige 2 x 2)           (4)

3.5   3.5.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
              • ‘... hy die aksie geneem het om die oppergesag van die reg te
                 verdedig ...’
              • ‘en eie reg deur oproerige skares en anargie te voorkom.’    (2 x 1)           (2)

      3.5.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
              • ‘Swart studente was nog steeds aan verbale en fisieke aanrandings
                 aan die hand van ŉ faksie wit studente onderwerp’
              • ‘Melba Patillo, een van die nege, was met suur in haar oë gegooi’
              • ‘Elizabeth Eckford was van die trappe afgestoot’
              • ‘Die drie manlike studente in die groep was aan meer konvensionele
                 aanrandings onderwerp’
              • ‘Minnijean Brown was geskors nadat sy ŉ bak kerriekos oor die kop
                 van ŉ tergende wit student gestort het’                (Enige 2 x 1)          (2)

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2021)                   GESKIEDENIS V1                                        17

         3.5.3       [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
                      • Hy was teen rasse-integrasie van skole gekant.
                      • Faubus was ŉ rassis.
                      • Faubus wou voorkom dat die swart leerders die skool
                         binnegaan.
                      • Enige ander relevante antwoord.                (Enige 1 x 2)          (2)

         3.5.4       [Definisie van historiese konsep in Bron 3D – V2]
                      • Verwys na die situasie waar Afro-Amerikaners en blankes
                        dieselfde fasiliteite sou deel sonder rassediskriminasie.
                      • Enige ander relevante antwoord.                    (Enige 1 x 2)      (2)

  3.6    [Interpretasie, analise en sintese uit relevante bronne – V3]
         Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:

         •   Die rassediskriminasie was baie algemeen in die suidelike state en
             Arkansas is ook geraak (Bron 3A)
         •   Brown versus Raad van Onderwys van Topeka beslis dat rasse-
             segregasie in opvoedkundige fasiliteite ongrondwetlik was (Bron 3A)
         •   Integrasie by Little Rock was goedgekeur maar omdat dit in die suide
             geleë was, was baie uitdagings verwag (Bron 3A)
         •   Elizabeth Eckford, een van die Little Rock nege is toegang by die
             Sentraal hoërskool geweier (Bron 3B)
         •   ŉ Woedende wit oproerige skare het haar omring, op haar geskree
             en haar geteister (Bron 3B)
         •   Die wagte het niks gedoen om Elizabeth Eckford te beskerm nie
             (Bron 3B en 3C)
         •   Die president het besluit om integrasie met geweld af te dwing
             (Bron 3D)
         •   Swart studente is aan verbale en fisiese aanrandings onderwerp
             (Bron 3D)
         •   Goewerneur Faubus het die skoolintegrasieplan beveg deur Little
             Rock se hoërskool te sluit eerder as om integrasie toe te laat
             (Bron 3D)
         •   Ten spyte van die uitdagings het die meerderheid swart studente
             gegradueer (Bron 3D)
         •   Enige ander relevante reaksie

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                   GESKIEDENIS V1                        (EC/SEPTEMBER 2021)

         Gebruik die volgende rubriek om ŉ punt toe te ken:

                      • Kan nie bewyse onttrek of bewyse uit die bronne
                        op ŉ baie elementêre wyse onttrek nie, bv. toon
                        min of geen begrip van die uitdagings wat die
                        Little Rock Nege in 1957 tydens die
                                                                            PUNTE
         VLAK 1         integrasie van Sentraal hoërskool in die
                                                                             0–2
                        gesig gestaar het.
                      • Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp
                        verslag te doen of kan nie oor onderwerp verslag
                        doen nie.
                      • Onttrek bewyse uit die bronne wat meestal
                        relevant is en in ŉ groot mate verband hou met
                        die onderwerp, bv. toon begrip van die
                        uitdagings wat die Little Rock Nege in 1957         PUNTE
         VLAK 2
                        tydens die integrasie van Sentraal hoërskool         3–5
                        in die gesig gestaar het.
                      • Gebruik bewyse uit bronne op ŉ baie basiese
                        wyse.
                      • Gebruik bewyse uit bronne baie effektief in ŉ
                        georganiseerde paragraaf wat 'n deeglike
                        begrip van die onderwerp toon bv.
                        demonstreer ŉ deeglike begrip van die
                        uitdagings wat die Little Rock Nege in 1957         PUNTE
         VLAK 3
                        tydens die integrasie van Sentraal hoërskool         6–8
                        in die gesig gestaar het.
                      • Gebruik bewyse baie effektief in ŉ
                        georganiseerde paragraaf wat ŉ begrip van die
                        onderwerp toon.                                                     (8)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2021)               GESKIEDENIS V1                                      19

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG – VIËTNAM

 [Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse
 deur analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.]

 SINOPSIS
 Kandidate moet saamstem of nie saamstem met die stelling nie en hul argument
 met relevante historiese bewyse ondersteun. As hulle nie met die stelling
 saamstem nie, moet die kandidate die ander militêre strategieë wat gebruik is om
 kommunisme te beperk, identifiseer en bespreek.

 Hoofaspekte
 Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
 Inleiding: Kandidate moet met die stelling saamstem of nie saamstem nie en
            hul redes kortliks verduidelik.

 UITBREIDING
 • Na die Franse Viëtnamese oorlog was Viëtnam verdeel langs die 17de
     Parallel, in Noord- en Suid-Viëtnam
 • Noord-Viëtnam was onder die bewind van ŉ kommunistiese regime, terwyl
     Suid-Viëtnam onder ŉ kapitalistiese regime was
 • Die VSA het onvoorwaardelike ondersteuning aan Suid-Viëtnam gegee
 • Suid-Viëtnam is geregeer deur die korrupte en ongewilde Ngo Dinh Diem
 • Die Nasionale Bevrydingsfront is gestig en het 'n guerrilla-leër, die Viëtcong
     gevorm
 • Ngo Dihn Diem is omver gewerp – onstabiliteit in Suid-Viëtnam
 • Vietcong het ŉ uitgerekte veldtog begin om Viëtnam te verenig
 • China en Noord-Viëtnam het die Viëtcong ondersteun
 • Die VSA het betrokke geraak – om die verspreiding van kommunisme in
     Suid-Oos-Asië te voorkom – die ‘Domino-Effek’
 • Die Viëtcong ontvang voorrade van die kommunistiese Noord-Viëtnam deur
     die Ho Chi Minh Roete
 • VSA se operasie/veldtog Rolling Thunder: Bomaanval-veldtogte gerig teen
    Noord-Viëtnam. Duisende burgerlikes is deur die bomme doodgemaak.
    Bomaanvalle was intensief en dit het vir agt jaar geduur. Die operasie/veldtog
    het misluk, deels omdat Noord-Viëtnam hoofsaaklik ŉ boerderygemeenskap-
    land was en daar geen militêre of industriële teikens was nie. Rusland en
    Chinese was in staat om alle militêre voorrade wat die Amerikaners vernietig
    het, te vervang
 • Tet-offensief-: Op 30 Januarie 1968 het die Viëtcong en Noord-Viëtnamese
    Weermag wydverspreide aanvalle op ongeveer 100 stede en dorpe geloods.
    Hierdie aanvalle was beplan om saam te val met die eerste dag van die Tet
    vakansie, hoewel daar ŉ ooreenkoms was om ŉ skietstilstand gedurende die
    vakansie te onderneem. Die aanval het as ŉ verrassing vir die Suide en sy
    Amerikaanse bondgenote gekom.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                   GESKIEDENIS V1                        (EC/SEPTEMBER 2021)

 •   Die VSA se gebruik van tegnologiese wapens: Amerikaners het ŉ paar
     metodes gebruik wat staatgemaak het op die toepassing van die wetenskap
     tot oorlogvoering. Helikopters is gebruik om troepe te vervoer. ŉ Groot
     probleem vir die Amerikaners was om die VC in die dik, tropiese oerwoud te
     vind. Hulle het dus Agent Oranje ontwikkel om die oerwoud te vernietig waar
     die VC-soldate kon wegkruip. Agent Blue is deur Amerikaners gebruik en dit
     het die land besoedel, wat vir baie jare onvrugbaar gebly het. Amerika het
     ook chemiese wapens gebruik wat aan die brand slaan. Napalm produseer ŉ
     dik jellie stof wat homself heg aan die vel en deur na die spiere en bene brand.
 •   Soek-en-vernietig beleid: Die doel van die beleid was om die vyand te vind
     en te vernietig. Een probleem was om die vyand te identifiseer. Onskuldige
     burgerlikes was die slagoffers van die bomme. Dit was dus baie ŉ tref-en-
     mis-beleid.
 •   Die VSA se openbare teenkanting teen die oorlog
 •   Die VSA se swaar verliese
 •   Die VSA-onttrekking
 •   Val van Saigon: Die hoofstad van Suid-Viëtnam was Saigon en die
     Amerikaanse ambassade self is na ses en ŉ half uur deur guerrillas beset.
     Amerikaners het hierdie geleentheid op TV gekyk. Die simbool van
     Amerikaanse mag en prestige wat die sentrum van Saigon oorheers het, is
     met koeëlgate van ontslae geraak.
 •   Amerikaanse perspektief van die oorlog
 •   Viëtnamese perspektief van die oorlog

 •   Enige ander relevante antwoord

 •   Slot: Kandidate moet hul argument met ŉ relevante slot saamvat.                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2021)               GESKIEDENIS V1                                       21

 VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

 [Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse
 deur analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.]

 SINOPSIS
 Kandidate moet fokus op die politieke en ekonomiese uitdagings wat die Kongo
 in die gesig gestaar het nadat hulle onafhanklikheid bereik het. Hulle moet ook al
 die suksesse wat behaal is ten spyte van die omstandighede beklemtoon.

 HOOFASPEKTE
 Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
 Inleiding: Kandidate moet die suksesse en uitdagings wat die Kongo in die
            gesig staar krities bespreek met spesifieke verwysing na die
            ekonomiese en politieke aspekte na die verkryging van
            onafhanklikheid van koloniale heerskappy.

 UITBREIDING

 POLITIEKE ASPEKTE

 Kongo:
 • Die bereiking van onafhanklikheid deur demokratiese verkiesings (die Kongo
   1960) – J. Kasavubu het president geword en P. Lumumba het die eerste
   minister geword
 • Nadat hy veelpartyverkiesings tydens onafhanklikheid gehou het, het die
   Kongo binne die eerste vyf jaar na onafhanklikheid ŉ eenpartystaat geword
 • Mobuto Sese Seko het lewenslank as president aangebly tot sy dood in 2007
 • Mobuto het ŉ gevoel van nasionale eenheid en trots in Zaïrese identiteit en
   kultuur probeer bevorder
 • Hy het die naam van die Kongo na Zaïre verander
 • Die nuwe naam het ŉ program van ‘Zaireanisasie’ ingelei
 • Mobuto het die faksie/groep ondersteun in die Angolese burgeroorlog wat
   besig was om te verloor
 • Mobuto Sese Seko het ŉ kleptokrasie geskep waar ŉ groep aangestelde
   publieke amptenare hul posisies vir finansiële gewin misbruik het
 • Het Afrika-waardes teruggebring
 • Sterk gesentraliseerde regering
 • Politieke stabiliteit (alhoewel gebaseer op outoritarisme)
 • Enige ander relevante respons

 EKONOMIESE ASPEKTE
 • Die Kongo het ŉ eenproduk-ekonomie van haar koloniseerder geërf
 • Die Kongo het ŉ kapitalistiese model gevolg
 • Die Kongo het gesukkel om sy ekonomie te ontwikkel
 • Mobuto het aanvanklik nywerhede genasionaliseer met behulp van die
   Zairianisasie-beleid – plase en besighede van die buitelandse eienaars is
   afgeneem en met Kongolese burgers vervang.
 • Die Kongolese burgers was ontevrede omdat die land se ekonomie in duie
   gestort het.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                 GESKIEDENIS V1                     (EC/SEPTEMBER 2021)

 •   Die Kongolese was sonder kos en etniese groepe het onder mekaar baklei om
     waardevolle hulpbronne te beheer
 •   Toe dit misluk het weens ŉ gebrek aan vaardighede en swak bestuur het hy ŉ
     kapitalistiese model aangeneem en besighede aan buitelandse eienaars terug
     gegee
 •   Hy het die idee van vrye onderneming ondersteun en buitelandse
     maatskappye aangemoedig om hulself by die ekonomiese ontwikkeling van
     Zaïre te betrek
 •   Kongo moes buitelandse hulp aanvaar en beleggings toelaat wat aanvanklik
     as neo-kolonialiste beskou is

 •   Enige ander relevante antwoord.

 • Slot: Kandidate moet hul argument met ŉ relevante slot saamvat.                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2021)            GESKIEDENIS V1                                     23

  VRAAG 6:      BURGERLIKE SAMELEWING BETOGINGS VAN DIE 1950’s
                TOT DIE 1970’s – DIE SWARTMAGBEWEGING

  [Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse
  deur analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.]

  SINOPSIS
  Kandidate moet aandui in hoeverre die Swartmagbeweging daarin geslaag het
  om die lewens van Afro-Amerikaners in die 1960's te verander.

  HOOFASPEKTE
  Kandidate moet die volgende aspekte in hul reaksie insluit:
  Inleiding: Kandidate moet aandui in watter mate die Swartmagbeweging
             daarin geslaag het om die lewens van Afro-Amerikaners in die
             1960's te verander. Hulle moet ook aandui hoe hulle hul argument
             wil ondersteun.

  UITBREIDING
  Oorsake
  • Swartes in die noorde is steeds teen gediskrimineer en steeds ekonomies
     ontmagtig
  • Swartes was ontnugter oor die stadige tempo van verandering en vreedsame
     protesaksies van die CRM
  • Polisie-brutaliteit was ŉ bydraende faktor
  • Het nasionalistiese gevoelens aangewakker –- die reg om hulself te regeer

  Swartmag
  • Hierdie filosofie het selfstandigheid en selfbeskikking voorgestaan
  • Swartes aangemoedig om trots op hulself te wees
  • Swartes aangemoedig om hul eie politiek in hul gemeenskappe te beheer
  • Swartes aangemoedig om hulself teen polisie-wreedhede te beskerm

  Die Black Panther Party
  • Newton en Searle het die BPP vir selfverdediging gevorm
  • Hulle het die stede gepatrolleer om Swartes teen polisiewreedheid te
     beskerm
  • Die Tienpuntprogram was geïmplementeer
  • Het beter huisvesting en werksgeleenthede vir Swartes geëis
  • Die oorlewingsprogramme (‘Survival Programmes’) was geïmplementeer
  • Gratis ontbyt vir kinders, geletterdheidsklasse, voedingskemas en gratis
     mediese klinieke
  • Het geëis dat swart geskiedenis in swart skole onderrig word
  • Verwerpte wit idees van mode
  • Was teen rasse-integrasie gekant

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Gr12 History P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT2021 XHOSA D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept2021-xhosa-d/4bbeb586-4f86-452f-89fb-d02e54f4905d) — History · Addendum · 2021
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT2021 XHOSA ENG D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept2021-xhosa-eng-d/cefc0a5a-5d17-4d03-8a93-a5a577816361) — History · Addendum · 2021 · Eng
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
