# History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/a5949219-19cd-4c38-a136-ba54dd25fb55
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/a5949219-19cd-4c38-a136-ba54dd25fb55)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — Addendum · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                           JUNIE 2023

                     GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V1                            (EC/JUNIE 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
       voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

       AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

       VRAAG 1:       DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                      OORLOG

      VRAAG 2:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

      VRAAG 3:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s:
                      DIE BURGERREGTEBEWEGING

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4:        UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                      VIËTNAM

      VRAAG 5:        ONAFHANKLIKE AFRIKA – UITDAGING WAT KONGO NA
                      AFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET

      VRAAG 6:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s:
                      DIE SWARTMAGBEWEGING

2.    AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
      benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
      word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.    Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1    Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
             moet ŉ opstelvraag wees.

      4.2    Die DERDE vraag kan όf ŉ brongebaseerde vraag όf ŉ opstelvraag wees.

5.    Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.    In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
      gebruik.

7.    Jy sal deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde benadeel word.

8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                          GESKIEDENIS V1                                          3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Die bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:          WAT WAS DIE REDES VIR DIE BOU VAN DIE BERLYNSE MUUR IN
                  AUGUSTUS 1961?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1     Verwys na Bron 1A.

        1.1.1      Waar, volgens die bron, was Wes-Berlyn geleë?                    (1 x 2)     (2)

        1.1.2      Watter bewyse in die bron dui daarop dat die ekonomie van Oos-
                   Duitsland teen 1961 gesukkel het?                           (3 x 1)          (3)

        1.1.3      Lys DRIE redes uit die bron waarom Khrushchev Westerse
                   moondhede beveel het om Wes-Berlyn te ontruim.                  (3 x 1)      (3)

        1.1.4      Verduidelik wat word deur die stelling geïmpliseer: ‘Hierdie massiewe
                   breindrein het die DDR in ŉ stryd om oorlewing gedwing’.        (1 x 2)      (2)

        1.1.5      Lewer kommentaar oor waarom Khrushchev Wes-Berlyn as ŉ
                   ‘swerende wond’ in Oos-Duitsland beskou het.           (2 x 2)               (4)

1.2     Lees Bron 1B.

        1.2.1      Gee TWEE redes uit die bron waarom president Kennedy besluit het
                   om Wes-Berlyn nie te ontruim nie.                         (2 x 1)            (2)

        1.2.2      Definieer die konsep vrye mense in die konteks van die Berlynse krisis
                   van 1961.                                                     (1 x 2)        (2)

        1.2.3      Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit president Kennedy se
                   stelling: “Terwyl ons gereed is om ons belange te verdedig, sal ons
                   ook gereed wees om vrede na te streef”?                         (1 x 2)      (2)

        1.2.4      Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
                   wat President Kennedy se reaksie op die Berlynse krisis van 1961
                   navors.                                                        (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GESKIEDENIS V1                               (EC/JUNIE 2023)

1.3     Bestudeer Bron 1C.

        1.3.1   Wat, volgens die bron, was die hoofrede waarom Khrushchev
                besluit het om die grens op 13 Augustus 1961 toe te maak? (1 x 2)           (2)

        1.3.2   Waarom dink jy het die Westerse amptenare nie probeer om die
                doringdraad te verwyder nie?                             (1 x 2)            (2)

        1.3.3   Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                verduidelik die impak van die Berlynse Muur op die burgers van
                Berlyn.                                                        (1 x 2)      (2)

        1.3.4   Definieer die konsep spioene in jou eie woorde.                (1 x 2)      (2)

1.4     Raadpleeg Bron 1D.

        1.4.1   Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word. Gebruik
                die leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.    (2 x 2)          (4)

        1.4.2   Lewer kommentaar op die teenwoordigheid van die polisie tydens
                die bou van die muur soos op die foto uitgebeeld.         (1 x 2)           (2)

1.5     Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in Bron 1D ondersteun
        rakende die Berlynse krisis van 1961.                             (2 x 2)           (4)

1.6     Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die redes
        vir die bou van die Berlynse Muur in 1961 verduidelik.                             (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                         GESKIEDENIS V1                                          5

VRAAG 2:          WAAROM HET DIE ANGOLESE BURGEROORLOG VAN 1975 DIE
                  SLAGVELD VAN DIE KOUE OORLOG IN AFRIKA GEWORD?

2.1     Verwys na Bron 2A.

        2.1.1     Waarom, volgens die bron, het die drie bevrydingsbewegings op
                  15 Januarie 1975 by Alvor in Portugal bymekaar gekom?       (2 x 1)          (2)

        2.1.2     Noem die TWEE vereistes van die Alvor-ooreenkoms soos in die bron
                  aangedui.                                                  (2 x 1)           (2)

        2.1.3     Waarom dink jy was dit onmoontlik vir die drie bevrydingsbewegings
                  om Angola gesamentlik te regeer?                             (2 x 2)         (4)

        2.1.4     Definieer die konsep anti-koloniale oorlog in die konteks van die
                  onafhanklikheid van Angola.                                      (1 x 2)     (2)

        2.1.5     Lewer kommentaar op die stelling: ‘Die bewegings het nou uitsluitlik
                  hulp gesoek om hul posisies, soos teen mekaar bereken, te versterk’.
                                                                                (1 x 2)        (2)

2.2     Lees Bron 2B.

        2.2.1     Identifiseer die TWEE lande in die bron wat die MPLA in staat gestel
                  het om die FNLA en UNITA uit Luanda te verdryf.                (2 x 1)       (2)

        2.2.2     Lys DRIE redes uit die bron waarom die VSA en Suid-Afrika by die
                  Angolese Burgeroorlog van 1975 betrokke geraak het.         (3 x 1)          (3)

        2.2.3     Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                  verduidelik waarom Suid-Afrika daarteen gekant was dat die MPLA
                  Angola regeer.                                                 (2 x 2)       (4)

        2.2.4     Verduidelik waarom jy dink die VSA sy betrokkenheid by die Angolese
                  Burgeroorlog ŉ geheim wou hou.                               (1 x 2)         (2)

2.3     Bestudeer Bron 2C.

        2.3.1     Watter bewyse in die bron dui daarop dat Rusland militêre steun aan
                  die MPLA verleen het?                                         (3 x 1)        (3)

        2.3.2     Gee TWEE redes uit die bron waarom Kuba Operasie Carlota van
                  stapel gestuur het.                                       (2 x 1)            (2)

        2.3.3     Wat dink jy was die impak van die aankoms van die 36 000 Kubaanse
                  soldate op die MPLA tydens die Angolese Burgeroorlog van 1975?
                                                                              (1 x 2)          (2)

        2.3.4     Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron aan geskiedkundiges
                  wat die redes vir buitelandse betrokkenheid by die Angolese
                  Burgeroorlog van 1975 navors.                                (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V1                               (EC/JUNIE 2023)

2.4    Raadpleeg Bron 2D.

       2.4.1   Watter boodskap dra die bron oor met betrekking tot buitelandse
               betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog van 1975?         (1 x 2)         (2)

       2.4.2   Verduidelik hoe jy dink hierdie foto die uitkoms van die Angolese
               Burgeroorlog van 1975 kon beïnvloed het.                       (1 x 2)       (2)

2.5    Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2D die inligting in Bron 2A ondersteun
       met betrekking tot die betrokkenheid van buitelandse moondhede in die
       Angolese Burgeroorlog van 1975.                                      (2 x 2)         (4)

2.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
       verduidelik waarom die Angolese Burgeroorlog van 1975 die slagveld van die
       Koue Oorlog geword het.                                                              (8)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                        GESKIEDENIS V1                                          7

VRAAG 3:          HOE HET DIE VRYHEID SOMER-VELDTOG VAN 1964 BYGEDRA
                  TOT DIE TOEKENNING VAN STEMREG AAN SWART
                  AMERIKANERS WAT IN DIE 1960’s IN DIE VSA GEWOON HET?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1    Lys TWEE redes uit die bron waarom Mississippi teen 1964 die
                  laagste persentasie van geregistreerde swart kiesers gehad het.
                                                                               (2 x 1)        (2)

         3.1.2    Noem TWEE organisasies uit die bron wat tydens die Vryheid
                  Somer-veldtog van 1964 saamgewerk het.                     (2 x 1)          (2)

         3.1.3    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                  verduidelik waarom COFO-lede Noordelike blanke studente versoek
                  het om by hulle tydens hul kiesersregistrasieveldtog aan te sluit.
                                                                                  (2 x 2)     (4)

         3.1.4    Lewer kommentaar op die siening van blankes in Mississippi se
                  mening dat die aktiviste met kommunistiese leerstellings gebreinspoel
                  was.                                                           (1 x 2)      (2)

3.2      Lees Bron 3B.

         3.2.1    Definieer die konsep aktivis in die konteks van die
                  Burgerregtebeweging in die VSA.                                 (1 x 2)     (2)

         3.2.2    Waarom, volgens die bron, was die drie aktiviste in hegtenis geneem?
                                                                                 (1 x 2)      (2)

         3.2.3    Verduidelik wat geïmpliseer word met die verklaring, ‘Mississippi se
                  wetstoepassers het ŉ verrassende gebrek aan kommer oor die nuus
                  getoon’.                                                       (1 x 2)      (2)

         3.2.4    Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
                  wat die dood van die drie aktiviste tydens die Vryheid Somer-veldtog
                  in Mississippi navors.                                        (2 x 2)       (4)

3.3      Raadpleeg Bron 3C.

         3.3.1    Wat dink jy was die doelwit van die FBI met die uitreiking van hierdie
                  plakkaat?                                                      (2 x 2)      (4)

         3.3.2    Wat vertel die plakkaat jou oor die ondersteuning van die Vryheid
                  Somer-veldtog binne die konteks van die Burgerregtebeweging?
                                                                                (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   GESKIEDENIS V1                               (EC/JUNIE 2023)

3.4    Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die inligting in Bron 3B rakende die
       verdwyning van die drie aktiviste in Mississippi ondersteun.          (2 x 2)        (4)

3.5    Bestudeer Bron 3D.

       3.5.1   Wat, volgens die bron, was die impak van die moord en brutaliteit
               van die Vryheid Somer-veldtog op Amerikaners?                 (2 x 1)        (2)

       3.5.2   Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat daarop aandui dat die
               Vryheid Somer-veldtog die politieke posisie van Swart Amerikaners
               drasties verbeter het.                                       (2 x 1)         (2)

       3.5.3   Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
               verduidelik waarom sekere aktiviste nie oortuig was dat tradisionele
               politiek basiese burgerregte sou verseker nie.                  (2 x 2)      (4)

       3.5.4   Definieer die konsep burgerregte in jou eie woorde.             (1 x 2)      (2)

       3.5.5   Noem TWEE nasionale leiers uit die bron wat Swart Amerikaners
               aangespoor het om hul regte ‘op enige manier wat nodig is’ aan te
               gryp.                                                        (2 x 1)         (2)

3.6    Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer agt reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
       hoe die Vryheid Somer-veldtog van 1964 bygedra het tot die toekenning van
       stemreg aan Swart Amerikaners wat in die 1960s in die VSA gewoon het.                (8)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                     GESKIEDENIS V1                                         9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae
nie.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:          UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                  VIËTNAM

Die Vietkong se vasberadenheid om Viëtnam onder ŉ kommunistiese bewind te
verenig, het daartoe gelei dat hulle die Amerikaanse betrokkenheid by die Viëtnamese
oorlog vanaf 1965 tot 1975 gewelddadig teengestaan het.

Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou antwoord met relevante historiese
bewyse.                                                                                 [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

Mobutu Sese Seko se pogings om Kongo se ekonomiese en politieke uitdagings aan
te spreek na die verkryging van onafhanklikheid vanaf België in 1960 het klaaglik
misluk.

Bespreek hierdie stelling krities deur te verwys na die suksesse en mislukkings van
die beleide wat Mobutu na onafhanklikheid ingestel het.                                 [50]

VRAAG 6:          PROTESOPTOGTE IN DIE BURGERLIKE SAMELEWING VANAF
                  DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING.

Verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging se doelwitte van rassetrots en
selfversorgsaamheid tot die verbetering van die lewens van Swart Amerikaners in die
VSA in die 1960’s bygedra het.                                                          [50]

                                                                          TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — History · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — Addendum · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
