# History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/98fd4a5d-47ee-4e66-8409-2db261444901
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/98fd4a5d-47ee-4e66-8409-2db261444901)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                               JUNIE 2022

                          GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GESKIEDENIS V1                         (EC/JUNIE 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
   voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

    AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

    VRAAG 1:         DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                     OORLOG

    VRAAG 2:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

    VRAAG 3:         BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s:
                     DIE BURGERREGTEBEWEGING

    AFDELING B: OPSTELVRAE

    VRAAG 4:         UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                     VIËTNAM

    VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: UITDAGINGINGS WAT KONGO
                     NA AFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET

    VRAAG 6:         BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s:
                     DIE SWARTMAGBEWEGING

2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
   benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
   word.

3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:

    4.1    Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste
           EEN moet ŉ opstelvraag wees.

    4.2    Die DERDE vraag kan όf ŉ brongebaseerde vraag όf ŉ opstelvraag
           wees.

5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
   gebruik.

7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
   vraestel gebruik word.

9. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                         GESKIEDENIS V1                                         3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling nie. Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:          HOE HET RUSSIESE EKSPANSIONISME IN GRIEKELAND EN
                  TURKYE TOT DIE IMPLEMENTERING VAN DIE TRUMAN-LEER IN
                  1947 BYGEDRA?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1     Wat, volgens die bron, was die doel van die Britse troepe in
                   Griekeland?                                                  (1 x 1)       (1)

         1.1.2     Noem DRIE lande wat die kommunisties-geleide Nasionale
                   Bevryding ondersteun het.                              (3 x 1)             (3)

         1.1.3     Verduidelik waarom jy dink Rusland kommunisme in Oos-Europa
                   wou uitbrei.                                            (1 x 2)            (2)

         1.1.4     Haal TWEE redes uit die bron aan, wat aandui waarom Brittanje nie
                   hul steun aan beide Griekeland en Turkye na die Tweede
                   Wêreldoorlog kon voortsit nie.                            (2 x 1)          (2)

         1.1.5     Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                   verduidelik waarom dit vir die VSA belangrik was om kommunisme
                   in Griekeland en Turkeye in te perk?                           (2 x 2)     (4)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1     Hoe, volgens die bron, het ambassadeur MacVeagh die situasie in
                   Griekeland beskryf?                                      (1 x 1)           (1)

         1.2.2     Wat het ambassadeur MacVeagh geïmpliseer met die stelling: ‘wat
                   die land in die satelliet wentelbaan van die Russiese Ryk sal
                   bring’?                                                       (1 x 2)      (2)

         1.2.3     Hoe ondersteun ambassadeur Wilson se toespraak ambassadeur
                   MacVeagh se pleidooi aan die Senaat van die Amerikaanse
                   Buitelandse Betrekkinge Komitee?                        (1 x 2)            (2)

         1.2.4     Verduidelik die beperkings van hierdie bron vir geskiedkundiges
                   wat die na-oorlogse politieke situasie in beide Griekeland en
                   Turkye navors.                                                (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GESKIEDENIS V1                             (EC/JUNIE 2022)

1.3     Bestudeer Bron 1C.

        1.3.1   Noem enige DRIE lande wat tussen 1945 en 1948 kommunisties
                geword het.                                           (3 x 1)              (3)

        1.3.2   Lys enige TWEE lande wat na 1945 deur die USSR geannekseer
                is.                                                   (2 x 1)              (2)

        1.3.3   Definieer die konsep Ystergordyn in die konteks van die Koue
                Oorlog.                                                    (1 x 2)         (2)

1.4     Raadpleeg Bron 1D.

        1.4.1   Noem TWEE aspekte van kommunistiese uitbreiding waarteen die
                VSA dikwels betoog het tydens die Russiese oorname van Pole,
                Roemenië en Bulgarye.                                   (2 x 1)            (2)

        1.4.2   Wat het Truman bedoel met die stelling: ‘Dat dit die beleid van die
                Verenigde State moet wees om vrye mense te ondersteun wat
                pogings van onderdrukking deur gewapende minderhede en druk
                van buite teenstaan’?                                         (2 x 2)      (4)

        1.4.3   Waarom dink jy was die VSA die enigste land wat in staat was om
                kommunistiese uitbreiding in Griekeland en Turkye te stop? (1 x 2)         (2)

        1.4.4   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                betekenis van die Truman-leer op Griekeland en Turkye in die
                konteks van die Koue Oorlog.                                   (1 x 2)     (2)

1.5     Verwys na Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
        bewyse in Bron 1C met betrekking tot Rusland se uitbreidingsbeleid in
        Europa na die Tweede Wêreldoorlog ondersteun.                  (2 x 2)             (4)

1.6     Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer AGT lyne (ongeveer 80 woorde) waarin jy
        verduidelik hoe die Sowjet-ekspansionisme in Griekeland en Turkye tot die
        implementering van die Truman-leer in 1947 bygedra het.                            (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                        GESKIEDENIS V1                                           5

VRAAG 2:          WAAROM WAS DIE MPLA IN STAAT OM DIE BEWIND IN
                  ANGOLA IN NOVEMBER 1975 OOR TE NEEM?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1    Lys TWEE effekte wat die staatsgreep in Portugal op die proses van
                  dekolonisasie in Angola gehad het.                          (2 x 1)          (2)

         2.1.2    Definieer die konsep ‘dekolonisasie’ in die konteks van die
                  Angolese Burgeroorlog van 1975.                                  (1 x 2)     (2)

         2.1.3    Watter bevrydingsbeweging, volgens die bron, het die Portugese
                  regering verkies om Angola oor te neem?                    (1 x 2)           (2)

         2.1.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                  waarom die Alvor-ooreenkoms van 1975 misluk het.              (2 x 2)        (4)

         2.1.5    Verduidelik waarom jy dink buitelandse magte by die Angolese
                  Burgeroorlog van 1975 betrokke geraak het.                 (1 x 2)           (2)

2.2      Lees Bron 2B.

         2.2.1    Haal EEN rede uit die bron aan waarom Suid-Afrika besluit het om
                  Angola binne te val.                                        (1 x 2)          (2)

         2.2.2    Hoe, volgens die bron, het die MPLA op die Suid-Afrikaanse inval
                  gereageer?                                                  (1 x 2)          (2)

         2.2.3    Lewer kommentaar op die impak van Operasie Carlotta op die MPLA.
                                                                             (2 x 2)           (4)

         2.2.4    Wat word met die stelling: ‘Die Slag van Ebo op 23 November was ŉ
                  “keerpunt” in die oorlog vir Angola geïmpliseer’?          (1 x 2)           (2)

         2.2.5    Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
                  wat die Angolese Burgeroorlog van 1975 navors.              (2 x 2)          (4)

2.3      Raadpleeg Bron 2C.

         2.3.1    Verduidelik die boodskap wat die fotograaf oor die militêre mag van
                  die MPLA wil oordra.                                          (1 x 2)        (2)

         2.3.2    Wat dink jy was die impak van hierdie wapens op die uitkoms van
                  die Burgeroorlog in Angola vir die MPLA?                   (1 x 2)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V1                            (EC/JUNIE 2022)

2.4    Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die
       bewyse in Bron 2C rakende buitelandse betrokkenheid by die Angolese
       Burgeroorlog van 1975 ondersteun.                                    (2 x 2)      (4)

2.5    2.5.1   Lys VIER redes waarom Hultslander gevoel het dat die MPLA die
               beste gekwalifiseerde beweging was om Angola te regeer.   (4 x 1)         (4)

       2.5.2   Definieer die konsep Marxisme in jou eie woorde.              (1 x 2)     (2)

       2.5.3   Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die stelling: ‘Die MPLA
               het baie verskillende stamme verwelkom’, in die konteks van die
               Angolese Burgeroorlog van 1975?                               (1 x 2)     (2)

2.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer AGT lyne (ongeveer 80 woorde) waarin jy
       verduidelik waarom die MPLA in staat was om mag in Angola in November
       1975 oor te neem.                                                                 (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                        GESKIEDENIS V1                                         7

 VRAAG 3:         HOE HET DIE VRYHEIDSRITTE INTERSTAAT BUSREISE IN DIE
                  VSA IN DIE 1960’s GEDESEGREGEER?

 Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.

 3.1     Verwys na Bron 3A.

         3.1.1    Noem die name van die twee mans wat besluit het om die
                  Vryheidsritte in 1961 te laat herleef.                        (2 x 1)     (2)

         3.1.2    Haal TWEE redes uit die bron aan waarom die vroeëre protes-op-
                  wiele misluk het.                                        (2 x 1)          (2)

         3.1.3    Definieer die konsep segregasie in jou eie woorde.            (1 x 2)     (2)

         3.1.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                  hoe die Vryheidsritte die rassewette met betrekking tot interstaat
                  busreise in die VSA sou oortree.                              (2 x 2)     (4)

         3.1.5    Wat word met die stelling geïmpliseer: ‘Daar is vir ons gesê dat die
                  rassiste en voorstanders van segregasie enige iets sou doen om
                  segregasie in interstaat busreise te handhaaf’?              (2 x 2)      (4)

 3.2     Gebruik Bron 3B.

         3.2.1    Watter bewyse in die bron dui daarop dat die Ku Klux Klan van die
                  Vryheidsritte geweet het?                                  (2 x 1)        (2)

         3.2.2    Haal TWEE neerhalende woorde uit die bron aan wat gebruik word
                  om te verwys na:

                  (a)   Die swart Vryheidsryers
                  (b)   Die blanke Vryheidsryers                                (2 x 1)     (2)

         3.2.3    Lewer kommentaar op die houding van die FBI en die Birmingham
                  polisie teenoor die Vryheidsritte.                      (2 x 2)           (4)

         3.2.4    Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
                  wat rasseverhoudinge in die VSA in die 1960’s navors.       (2 x 2)       (4)

 3.3     Raadpleeg Bron 3C.

         3.3.1    Watter boodskap dra die foto oor rakende rasse-integrasie op
                  interstaat busreise in die VSA in die 1960’s? Gebruik visuele
                  leidrade in die bron om jou antwoorde te ondersteun.   (2 x 2)            (4)

         3.3.2    Verduidelik hoe hierdie foto die VSA se openbare beeld regoor die
                  wêreld kon beïnvloed het.                                  (1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    GESKIEDENIS V1                            (EC/JUNIE 2022)

 3.4   Bestudeer Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die
       inligting in Bron 3B, rakende die behandeling van die Vryheidsryers in
       Alabama in 1961 ondersteun.                                     (2 x 2)           (4)

 3.5   Lees Bron 3D.

       3.5.1    Hoe, volgens die bron, het die Amerikaanse president op die krisis
                van die Vryheidsritte in Montgomery, Alabama gereageer? (1 x 2)          (2)

       3.5.2    Watter gevolgtrekking kan uit die stelling gemaak word: ‘Die
                Vryheidsryers was verheug om Mississippi Nasionale Wagte op die
                snelweg te sien met hul gewere wat na die veld aan beide kante
                van die pad gerig was’?                                      (1 x 2)     (2)

       3.5.3    Kies EEN bewys uit die bron wat aandui dat die Vryheidsritte
                openbare vervoer in die VSA in die 1960’s gedesegregeer het.
                                                                            (1 x 2)      (2)

 3.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer agt lyne (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
       hoe die Vryheidsritte interstaat busreise in die VSA in die 1960’s
       gedesegregeer het.                                                                (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                     GESKIEDENIS V1                                        9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae, in hierdie afdeling
nie.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:          UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                  VIËTNAM

Die val van Saigon in April 1975 het die mislukking van die Amerikaanse
inperkingsbeleid in Viëtnam bevestig.

Bespreek hierdie stelling krities deur te verwys na die taktieke wat die VSA gebruik
het om kommunisme tydens die oorlog in Viëtnam in te perk.                              [50]

VRAAG 5:          ONAFHANKLIKE AFRIKA: UITDAGINGINGS WAT DIE KONGO NA
                  AFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET

Verduidelik tot watter mate Josef Mobuto in staat was om die Kongo se politieke en
ekonomiese uitdagings te oorkom nadat dit onafhanklikheid vanaf België in 1961
verkry het.

Gebruik relevante voorbeelde om jou antwoord te ondersteun.                             [50]

VRAAG 6:          BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
                  SWARTMAGBEWEGING

Die Swartmagbeweging se klem op swart ras-trotsheid en selfbeskikking, het
segregasie en diskriminasie in die VSA suksesvol in die 1960’s uitgedaag.

Stem jy saam met die verklaring? Ondersteun jou antwoorde met relevante historiese
bewyse.                                                                                 [50]

                                                                          TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — History · Addendum · 2023 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
