# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sep2018-afr-d/86f2e397-c035-4bf7-a82d-f6ea0c106198
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sep2018-afr-d/86f2e397-c035-4bf7-a82d-f6ea0c106198)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                 SEPTEMBER 2018

                  GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                            *HISTA1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     GESKIEDENIS V1                     (EC/SEPTEMBER 2018)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:         DIE KOUE OORLOG: INSLUITING EN WAAGMANSKAP –
                          DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS

         VRAAG 2:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

         VRAAG 3:         BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE
                          1970’s – SWARTMAGBEWEGING IN DIE VSA

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:         GEVALLESTUDIE – CHINA

         VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE
                          GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË

         VRAAG 6:         BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE
                          1970’s: DIE BURGERREGTEBEWEGING

    2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om brongebaseerde vrae te beantwoord kan in die
         ADDENDUM gevind word.

    3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

    4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees, en ten minste
               EEN moet ŉ opstelvraag wees.

         4.2   Die DERDE vraag kan ŉ brongebaseerde vraag of ŉ opstelvraag
               wees.

    5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

    6.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         toepas.

    7.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

    8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

    9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorgehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   GESKIEDENIS V1                                            3

  AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

  Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
  afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in
  die ADDENDUM gevind word.

  VRAAG 1:        HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS DIE KOUE OORLOG-
                  SPANNING TUSSEN DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE
                  STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960’s VERHOOG?

  Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

  1.1    Gebruik Bron 1A.

         1.1.1    Noem die TWEE supermoondhede in die bron wat by die
                  Kubaanse Missielkrisis betrokke was.                            (2 x 1)      (2)

         1.1.2    Waarom, volgens die inligting in die bron, was president Dwight D.
                  Eisenhower bekommerd oor die koers wat Castro se regering
                  geneem het?                                                 (1 x 2)          (2)

         1.1.3    Volgens die bewyse in die bron, watter land het die VSA gebruik
                  om sy 2506-Brigade op te lei?                              (1 x 1)           (1)

         1.1.4    Verduidelik waarom jy dink Castro beheer van die Kubaanse
                  weermag se teenaanval oorgeneem het.                      (2 x 2)            (4)

  1.2    Lees Bron 1B.

         1.2.1    Identifiseer die veldtog, in die bron, wat deur die Kennedy-
                  administrasie in Julie 1962 beplan was.                         (1 x 1)      (1)

         1.2.2    Haal TWEE tipes missiele aan wat geïdentifiseer was deur die U2-
                  vliegtuig soos in die bron vertoon.                       (2 x 1)            (2)

         1.2.3    Verduidelik hoe President Kennedy gereageer het op die
                  ontdekking van die Sowjetmissiele in Kuba.                      (2 x 2)      (4)

         1.2.4    Noem enige TWEE opsies wat die VSA oorweeg het aangaande
                  die Sowjet-missielbasis in Kuba.                     (2 x 1)                 (2)

Kopiereg voorgehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     GESKIEDENIS V1                         (EC/SEPTEMBER 2018)

          1.2.5   Verduidelik die term kwarantyn in die konteks van die Kubaanse
                  Missielkrisis.                                             (1 x 2)          (2)

    1.3   Raadpleeg Bron 1C.

          1.3.1   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik
                  waarom die VSA ŉ KWARANTYN ingestel het teen Russiese
                  skepe wat Kuba in 1962 binnegevaar het.                         (2 x 2)     (4)

          1.3.2   Lewer kommentaar op hoe Khrushchev op die vlootblokkade van
                  Sowjet-skepe gereageer het.                            (2 x 2)              (4)

    1.4   Verwys na Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1B die
          inligting in Bron 1C ondersteun aangaande die betrokkenheid van die VSA
          in die Kubaanse Missielkrisis.                                    (2 x 2)           (4)

    1.5   Bestudeer Bron 1D.

          1.5.1   Haal TWEE redes uit die bron aan wat daarop aandui dat
                  Khrushchev twyfelagtig was oor die VSA se verbintenis tot vrede in
                  Kuba.                                                       (2 x 1)         (2)

          1.5.2   Verduidelik waarom jy dink was dit nodig vir Khrushchev om ŉ brief
                  aan Kennedy te skryf.                                     (2 x 2)           (4)

          1.5.3   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                  bruikbaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus wat die Kubaanse
                  Missielkrisis bestudeer.                                      (2 x 2)       (4)

    1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
          paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
          verduidelik hoe die Kubaanse Missielkrisis die Koue Oorlog-spanning
          tussen Rusland en Amerika in die 1960’s verhoog het.                               (8)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorgehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    GESKIEDENIS V1                                         5

  VRAAG 2:       HOE HET DIE POGINGS VAN DIE ANGOLESE BEVRYDINGS-
                 BEWEGINGS MISLUK OM VREDE IN ANGOLA IN 1975 TEWEEG TE
                 BRING?

  Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

  2.1 Verwys na Bron 2A.

        2.1.1    Waarom, volgens die bron, was Angola se oorname vanaf Portugese
                 beheer ŉ groot ramp? Haal TWEE redes aan.                (2 x 1)            (2)

        2.1.2    Gebruik die inligting in die bron en jou kennis om die uitdagings wat
                 die MPLA in die gesig gestaar het in 1974, te verduidelik.       (2 x 2)    (4)

        2.1.3    Noem die DRIE Angolese bevrydingsbewegings in die bron.         (3 x 1)     (3)

        2.1.4    Verduidelik waarom dink jy kon UNITA as die swakste bevrydings-
                 beweging in 1975 beskou word.                               (1 x 2)         (2)

        2.1.5    Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir ŉ
                 historikus wat navorsing oor die Angolese konflik in die 1970’s doen.
                                                                                 (2 x 2)     (4)

  2.2 Lees Bron 2B.

        2.2.1    Haal die streeksliggaam aan in die bron wat die ondertekening van
                 die Alvor-ooreenkoms op 15 Januarie 1975 gefasiliteer het. (1 x 1)          (1)

        2.2.2    Noem enige TWEE voorwaardes waarop die Angolese partye by die
                 Alvor-ooreenkoms van 15 Januarie 1975 ooreengekom het. (2 x 1)              (2)

        2.2.3    Definieer die konsep oorgangsregering in die konteks van die
                 onderhandelinge vir ŉ nuwe regering in Angola in 1975.       (1 x 2)        (2)

        2.2.4    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                 verduidelik waarom die Alvor-ooreenkoms misluk het om vrede in
                 Angola in 1975 teweeg te bring.                                 (2 x 2)     (4)

  2.3 Raadpleeg Bron 2C.

        2.3.1    Verduidelik waarom jy dink hierdie foto geneem was. Gebruik die
                 visuele leidrade in die foto om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2)         (4)

        2.3.2    Noem enige DRIE leiers wat die vergadering waar die Nakuru-
                 ooreenkoms onderteken was, bygewoon het.                  (3 x 1)           (3)

Kopiereg voorgehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                      GESKIEDENIS V1                        (EC/SEPTEMBER 2018)

    2.4 Gebruik Bron 2D.

         2.4.1   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik wat
                 geïmpliseer word deur die stelling ‘die oorlog kon nie uitgestel word
                 nie’ aangaande die toestande in Angola in 1975.                 (2 x 2)      (4)

         2.4.2   Verduidelik waarom jy dink al die bevrydingsbewegings meegeding
                 het vir die beheer van Luanda.                            (1 x 2 )           (2)

         2.4.3   Watter bevrydingsbeweging, volgens die bron, was in Luanda vroeg
                 in 1975 militêr dominant?                                 (1 x 1)            (1)

    2.5 Bestudeer Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe Bron 2D verskil van Bron 2C
        aangaande die vredespogings in Angola in 1975.                    (2 x 2)             (4)

    2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
        verduidelik hoe die pogings van die Angolese bevrydingsbewegings om
        vrede in Angola te bewerkstellig in 1975 misluk het.                                 (8)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorgehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   GESKIEDENIS V1                                          7

  VRAAG 3:       WAT WAS DIE BYDRAE VAN DIE SWART AMERIKAANSE LEIERS
                 TOT DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE VERENIGDE STATE VAN
                 AMERIKA IN DIE 1960’s?

  Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

  3.1 Bestudeer Bron 3A.

        3.1.1    Noem die wetgewing wat die Amerikaanse Kongres in 1964
                 deurgevoer het.                                                 (1 x 1)     (1)

        3.1.2    Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui dat nie alle Afro-
                 Amerikaners met die Burgerregtebeweging se strategieë beïndruk
                 was nie.                                                   (2 x 1)          (2)

        3.1.3    Definieer die konsep Swartmagbeweging in jou eie woorde.        (1 x 2)     (2)

        3.1.4    Identifiseer die TWEE belangrikste aspekte waarna die Swartmag-
                 beweging gemik is, soos in die bron vervat.                (2 x 1)          (2)

        3.1.5    Verduidelik wat jy dink Stokely Carmichael geïmpliseer het met die
                 stelling: ‘Ek gaan nie die witman smeek vir enigiets wat ek verdien
                 nie – ek gaan dit vat’ in die konteks van die Swartmagbeweging in
                 die 1960’s.                                                    (2 x 2)      (4)

  3.2 Raadpleeg Bron 3B.

        3.2.1    Lys enige TWEE eienskappe van die filosofie van Swart
                 Nasionalisme wat Malcolm X in sy toespraak beklemtoon het. (2 x 1)          (2)

        3.2.2    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis
                 en verduidelik waarom Malcolm X geglo het dat die Amerikaanse
                 regering die Afro-Amerikaners gefaal (misluk) het.              (2 x 2)     (4)

        3.2.3    Lewer kommentaar op waarom jy dink Malcolm X die ‘sit-staking’-
                 strategie van die Burgerregtebeweging gekritiseer het.     (2 x 2)          (4)

        3.2.4    Noem enige TWEE aksies wat Malcolm X voorgestel het dat Afro-
                 Amerikaners moes doen om weg van ŉ sitstaking mentaliteit te
                 beweeg.                                                    (2 x 1)          (2)

  3.3 Verwys na Bron 3C.

        3.3.1    Verduidelik waarom jy dink hierdie foto geneem was. Gebruik die
                 visuele leidrade in die foto om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2)         (4)

        3.3.2    Gebruik die bron en jou eie kennis om die frase ‘NEGERS MET
                 GEWERE’ te verduidelik.                                   (1 x 2)           (2)

Kopiereg voorgehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    GESKIEDENIS V1                     (EC/SEPTEMBER 2018)

    3.4 Lees Bron 3D.

         3.4.1   Waarin, volgens Lakisha Odlum, het die Swartmagbeweging geglo?
                 Noem DRIE aspekte.                                       (3 x 1)        (3)

         3.4.2   Waarom dink jy was dit nodig vir die Swartmagbeweging om die wit
                 magstrukture af te breek?                                 (1 x 2)       (2)

         3.4.3   Verduidelik waarom jy hierdie bron as bruikbaar sal oorweeg vir ŉ
                 historikus wat navorsing oor die Swartmagbeweging doen. (2 x 2)         (4)

    3.5 Verwys na Bron 3B en 3D. Verduidelik hoe die bewyse in hierdie bronne
        mekaar ten opsigte van die filosofie van die Swartmagbeweging in die
        Verenigde State van Amerika ondersteun.                             (2 x 2)      (4)

    3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde), waarin jy die
        bydrae van die Swart Amerikaanse leiers tot die Swartmagbeweging in die
        Verenigde State van Amerika in die 1960’s verduidelik.                          (8)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorgehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  GESKIEDENIS V1                                         9

  AFDELING B: OPSTELVRAE

  Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
  afdeling.

  Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

  VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – CHINA

  ‘Die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Revolusie was Mao Zedong se
  poging om sy gesag op die mense van China af te stempel gedurende die 1950’s
  en 1960’s.’

  Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou argument met relevante
  historiese bewyse.                                                                     [50]

  VRAAG 5:       ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE STUDIES – DIE
                 KONGO EN TANZANIË

  Mobuto Sese Seko en Julius Nyerere se politieke, ekonomiese, sosiale en
  kulturele beleid het verseker dat die Kongo en Tanzanië suksesvol na hul
  verwerwing van onafhanklikheid in die 1960’s was.

  Verduidelik tot watter mate jy saamstem met die bogenoemde stelling. Gebruik
  toepaslike bewyse om jou argument te ondersteun.                                       [50]

  VRAAG 6:       BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s – DIE
                 AMERIKAANSE BURGERREGTEBEWEGING

  ‘Moet nie vandag ŉ bus ry nie. Moet dit nie ry nie vir vryheid.’ Die plakkaat het
  gelei tot die begin van ŉ suksesvolle nie-gewelddadige Montgomery Busboikot
  deur die Burgerregtebeweging in 1955.

  Bespreek hierdie stelling krities en verduidelik of die verskillende vorme van
  burgerlike verset verandering vir Swart Amerikaners in die 1960’s teweeggebring
  het.                                                                                   [50]

                                                                            TOTAAL: 150

Kopiereg voorgehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 QP SEP2018 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sep2018-english/47dd3041-ad8c-49c9-92a3-636ad391ba9f) — History · QP · 2018 · Eng
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept-2022-english/7d70aa79-8b7f-4051-9c8d-9f24785f3b0d) — History · QP · 2022 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2021-english/622702f7-c33f-4046-ba6c-1effad7e7f25) — History · QP · 2021 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2020 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2020-sesotho/47f0302e-0c89-4c6c-8c7d-bd87ae8dd529) — History · QP · 2020 · Sesotho
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept-2019-english/f1c8a44b-2e00-4fd5-9561-e7cf83b1389c) — History · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
