# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/b2b4aa79-600e-4516-b22b-1da21b477702
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/b2b4aa79-600e-4516-b22b-1da21b477702)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2022

                      GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V1                      (EC/SEPTEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG

      VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

      VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
               BURGERREGTEBEWEGING

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
               VIËTNAM

      VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA – UITDAGING WAT KONGO NA
               AFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET

      VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
               SWARTMAGBEWEGING

2.    AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
      word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.    Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
            moet ŉ opstelvraag wees.

      4.2   Die DERDE vraag kan όf ŉ brongebaseerde vraag όf ŉ opstelvraag wees.

5.    Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.    In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
      gebruik.

7.    Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   GESKIEDENIS V1                                         3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
 afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in
 die ADDENDUM gevind word.

 VRAAG 1:       HOE HET DIE GEALLIEERDE MAGTE OP DIE SOWJET-
                BLOKKADE VAN BERLYN IN 1948 GEREAGEER?

 Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1    Verwys na Bron 1A.

        1.1.1    Haal enige VIER bewysstukke uit die bron aan wat daarop dui dat
                 Berlyn enorme skade tydens die Tweede Wêreldoorlog gely het.
                                                                           (4 x 1)          (4)

        1.1.2    Wat, volgens die bron, het hongersnood in Berlyn verhoed? (1 x 1)          (1)

        1.1.3    Identifiseer die belangrikste detail uit die bron wat die Geallieerde
                 Magte tydens die onderhandelinge oor die hoof gesien het. (1 x 1)          (1)

        1.1.4    Wat word geïmpliseer met die stelling: ‘Die Geallieerdes was slegs
                 in Berlyn met die spesiale toestemming van die Sowjetunie ... en dat
                 hierdie spesiale toestemming teruggetrek kon word’, in die konteks
                 van die Berlynse Blokkade van 1948?                          (1 x 2)       (2)

 1.2    Lees Bron 1B.

        1.2.1    Noem die TWEE lande uit die bron wat Bizonia gevorm het. (2 x 1)           (2)

        1.2.2    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                 hoe die Westerse Bondgenote en Rusland oor die ekonomiese
                 herstel van Duitsland verskil het.                             (2 x 2)     (4)

        1.2.3    Verskaf TWEE redes, uit die bron, waarom Rusland besluit het om
                 Wes-Berlyn in 1948 te blokkeer.                           (2 x 1)          (2)

        1.2.4    Definieer die konsep kommunisme in jou eie woorde.             (1 x 2)     (2)

        1.2.5    Wat dink jy het Stalin gehoop om met die blokkade van Berlyn te
                 bereik?                                                    (2 x 2)         (4)

        1.2.6    Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
                 wat die oorsake van die Berlynse Blokkade van 1948 navors.
                                                                              (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GESKIEDENIS V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

1.3     Bestudeer Bron 1C.

        1.3.1   Noem die TWEE opsies uit die bron wat die Geallieerde Magte oor
                die Berlynse Blokkade moes konfronteer.                  (2 x 1)         (2)

        1.3.2   Verduidelik die historiese term blokkade in die konteks van Koue
                Oorlogspanning.                                              (1 x 2)     (2)

        1.3.3   Waarom dink jy het die Geallieerde Magte geweier om uit Wes-
                Berlyn te onttrek?                                        (1 x 2)        (2)

        1.3.4   Lewer kommentaar op die redes waarom Stalin geweier het om die
                vliegtuie neer te skiet.                                (1 x 2)          (2)

1.4     Raadpleeg Bron 1D.

        1.4.1   Waarom dink jy, was hierdie foto geneem?                     (1 x 2)     (2)

        1.4.2   Verduidelik waarom hierdie foto tydens die Koue Oorlog-era as
                ikonies beskou is.                                         (1 x 2)       (2)

1.5     Verwys na Bronne 1C en 1D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1D die
        inligting in Bron 1C rakende die Berlynse Lugbrug ondersteun. (2 x 2)            (4)

1.6     Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer AGT lyne (ongeveer 80 woorde) waarin jy
        verduidelik hoe die Geallieerde Magte op die Russiese blokkade van Berlyn
        in 1948 gereageer het.                                                           (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                    GESKIEDENIS V1                                         5

VRAAG 2:        WAAROM IS DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE AS ’N
                KEERPUNT IN DIE GESKIEDENIS VAN SUIDER-AFRIKA
                BESKOU?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.

2.1     Verwys na Bron 2A.

        2.1.1    Noem die TWEE lande uit die bron wat in 1987 ŉ grootskaalse
                 aanval op UNITA geloods het.                              (2 x 1)           (2)

        2.1.2    Verskaf VIER redes uit die bron waarom die SAW besluit het om
                 Cuito Cuanavale in Angolese besit te laat.                 (4 x 1)          (4)

        2.1.3    Verduidelik die term dooiepunt in die konteks van die uitkoms van
                 die Slag van Cuito Cuanavale.                                 (1 x 2)       (2)

        2.1.4    Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die verklaring: ‘Angola
                 wou vrede hê sodat haar oorlogbeskadigde ekonomie, infrastruktuur
                 en menslike verhoudings herstel kan word’, in die konteks van die
                 Slag van Cuito Cuanavale?                                    (2 x 2)        (4)

2.2     Lees Bron 2B.

        2.2.1    Haal EEN bewys uit die bron aan wat daarop dui dat die Suid-
                 Afrikaanse weermag tydens die Slag van Cuito Cuanavale verslaan
                 was.                                                        (1 x 2)         (2)

        2.2.2    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                 verduidelik waarom die VSA ŉ vreedsame oplossing vir die
                 Angolese Burgeroorlog wou hê.                                   (2 x 2)     (4)

        2.2.3    Wat word geïmpliseer met Castro se woorde: ‘Ek glo dat ons optrede
                 beslissend die vooruitsigte vir vrede wat nou in die streek
                 teenwoordig is, ŉ hupstoot gegee het’ in die konteks van Kuba se
                 betrokkenheid by die Slag van Cuito Cuanavale’?             (1 x 2)         (2)

        2.2.4    Verduidelik die beperkings van hierdie bron vir geskiedkundiges wat
                 die uitkoms van die Slag van Cuito Cuanavale navors.         (2 x 2)        (4)

2.3     Raadpleeg Bron 2C.

        2.3.1    Wat, volgens die bron, was die doel van die VN-resolusie 435 van
                 1978?                                                       (1 x 2)         (2)

        2.3.2    Verduidelik hoe Pik Botha se interpretasie van Resolusie 435 van
                 1978 van Ronnie Kasrils se siening/interpretasie verskil het. (1 x 2)       (2)

        2.3.3    Watter bewyse in die bron dui daarop dat die nederlaag van die
                 SAW tydens Cuito Cuanavale ŉ groot impak op Suid-Afrika gehad
                 het?                                                        (2 x 1)         (2)

        2.3.4    Definieer die konsep demokrasie in jou eie woorde.              (1 x 2)     (2)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V1                      (EC/SEPTEMBER 2022)

2.4    Bestudeer Bron 2D.

       2.4.1   Watter boodskappe dra die foto oor met betrekking tot die impak
               van die Slag van Cuito Cuanavale op SA en SWA?               (2 x 2)     (4)

       2.4.2   Lewer kommentaar op hoe die onafhanklikheid van Namibië tot
               vrede in Suider-Afrika bygedra het.                       (1 x 2)        (2)

2.5    Verwys na Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2D die
       inligting in Bron 2C ondersteun rakende die impak van die Slag van Cuito
       Cuanavale op die politieke geskiedenis van Suider-Afrika na 1988. (2 x 2)        (4)

2.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer AGT lyne (ongeveer 80 woorde) waarin jy
       verduidelik waarom die Slag van Cuito Cuanavale as ŉ keerpunt in die
       geskiedenis van Suider-Afrika beskou is.                                         (8)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                    GESKIEDENIS V1                                         7

VRAAG 3:        WATTER ROL HET MARTIN LUTHER KING JNR. GESPEEL IN
                DIE BEËINDIGING VAN RASSESEGREGASIE EN
                DISKRIMINASIE IN DIE VSA GEDURENDE DIE 1960’s?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.

3.1     Verwys na Bron 3A.

        3.1.1    Definieer die konsep burgerregte in jou eie woorde.           (1 x 2)     (2)

        3.1.2    Waarom, volgens die bron, was Rosa Parks beveel om te
                 beweeg?                                                       (1 x 2)     (2)

        3.1.3    Haal EEN bewys uit die bron, wat daarop aandui dat Martin Luther
                 King Jnr. ŉ leidende rol in die stryd om burgerregte van Swart
                 Amerikaners in die VSA in 1955 gespeel het.                  (1 x 2)      (2)

        3.1.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe
                 die busboikotte daarin geslaag het om segregasie op busse in
                 Montgomery te beëindig.                                        (1 x 2)    (2)

3.2     Gebruik Bron 3B.

        3.2.1    Verskaf VIER redes uit die bron wat daarop dui dat Martin Luther
                 King Jnr. bekommerd oor die situasie in Birmingham was. (4 x 1)           (4)

        3.2.2    Wat dink jy het Martin Luther King Jnr. geïmpliseer met die
                 woorde: ‘Ons was die slagoffers van ŉ gebroke belofte’, in die
                 konteks van die optog na Birmingham?                         (1 x 2)      (2)

        3.2.3    Watter gevolgtrekking kan gemaak word oor die houding van
                 blanke politieke leiers teenoor rasse-integrasie in Birmingham?
                                                                              (1 x 2)      (2)

        3.2.4    Verduidelik wat Martin Luther King Jnr. bedoel het met die stelling:
                 ‘Onderdrukte mense kan nie vir ewig onderdruk bly nie.’      (1 x 2)      (2)

        3.2.5    Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
                 wat Martin Luther King Jnr. se rol in die Burgerregtebeweging in die
                 VSA gedurende die 1960’s navors.                             (2 x 2)      (4)

3.3     Raadpleeg Bron 3C.

        3.3.1    Watter boodskappe dra die foto oor met betrekking tot die optog na
                 Washington op 28 Augustus 1963? Gebruik visuele leidrade uit die
                 bron om jou antwoorde te ondersteun.                        (2 x 2)       (4)

        3.3.2    Verduidelik waarom jy dink Martin Luther King Jnr. se, ‘Ek het ŉ
                 droom toespraak’, as een van die beste toesprake wat gelewer
                 was, beskou word.                                           (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    GESKIEDENIS V1                         (EC/SEPTEMBER 2022)

 3.4   Bestudeer Bronne 3B en 3C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die
       inligting in Bron 3B rakende die doelwitte van die Burgerregtebeweging
       ondersteun.                                                     (2 x 2)              (4)

 3.5   Lees Bron 3D.

       3.5.1    Waarom, volgens die bron, het Martin Luther King Jnr. die optog
                van Selma na Montgomery georganiseer?                       (1 x 2)         (2)

       3.5.2    Definieer die konsep segregasionis in die konteks van die
                Burgerregtebeweging in die VSA.                                (1 x 2)      (2)

       3.5.3    Verduidelik waarom Swart Amerikaners aan polisie-brutaliteit in
                Selma onderwerp was.                                       (1 x 2)          (2)

       3.5.4    Kies EEN bewys uit die bron wat daarop dui dat die optog van
                Selma na Montgomery suksesvol was.                         (1 x 2)          (2)

       3.5.5    Lewer kommentaar op die betekenis van die Stemregwet van 1965
                op Swart Amerikaners wat in die 1960’s in die VSA gewoon het.
                                                                         (1 x 2)            (2)

 3.6   Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer agt lyne (ongeveer 80 woorde) waarin jy die rol wat
       Martin Luther King Jnr. gespeel het in die beëindiging van rassesegregasie
       en diskriminasie in die VSA in die 1960’s verduidelik.                               (8)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                GESKIEDENIS V1                                       9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:      UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
              VIËTNAM

Die VSA het in 1975 uit Viëtnam onttrek omdat die oorlog moeiliker geword het en
die publiek tuis teen die VSA se deelname gedraai het.

Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou antwoorde met relevante historiese
bewyse.                                                                              [50]

VRAAG 5:      ONAFHANKLIKE AFRIKA – UITDAGINGS WAT KONGO IN DIE
              GESIG NA ONAFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET

Bespreek krities hoe Mobutu Sese Seko die Kongo se politieke en ekonomiese
uitdagings aangespreek het na die verkryging van onafhanklikheid vanaf België in
1961.

Gebruik relevante voorbeelde om jou antwoord te ondersteun.                          [50]

VRAAG 6:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
              SWARTMAGBEWEGING

Verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging suksesvol was in die verkryging
van selfstandigheid, selfverdediging en rassetrots vir Swart Amerikaners in die VSA
gedurende die 1960’s.                                                               [50]

                                                                        TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c) — History · Memo · 2021 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [HIST P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/3296a2b9-b5f3-4845-9366-f96f2839b363) — History · QP · 2014 · Afr
- [GESKIED P1 QP AFR SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/geskied-p1-qp-afr-sep-2012/cda30303-ff83-479b-b90c-5f6fbf9d5125) — History · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
