# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/3cac2829-e36e-41dc-a997-0e52b0c97d44
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/3cac2829-e36e-41dc-a997-0e52b0c97d44)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIORSERTIFIKAAT

                        GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2023

                    GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

2                                  GESKIEDENIS V1                        (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die
     voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument.

     ARTIKEL A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:        DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                     OORLOG

     VRAAG 2:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

     VRAAG 3:        PROTESOPTOGTE IN DIE BURGERLIKE SAMELEWING VAN
                     DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE BURGERREGTEBEWEGING

     ARTIKEL B: OPSTEL VRAE

     VRAAG 4:        UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE -
                     VIËTNAM

     VRAAG 5:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: UITDAGINGS WAT KONGO NA
                     ONAFHANKLIKHEID IN DIE GESIG STAAR

     VRAAG 6:        PROTESOPTOGTE IN DIE BURGERLIKE SAMELEWING VANAF
                     DIE 1950’S TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
     word om hierdie vrae te beantwoord, kan gevind word in die ADDENDUM.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1    Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
            moet ŉ opstelvraag wees.

     4.2    Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag wees.

5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.   Wanneer jy die vrae beantwoord, moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas.

7.   Jy sal benadeel word deur bloot die bronne as antwoorde te herskryf.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                     GESKIEDENIS V1                                        3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:       HOE HET DIE BERLYNSE MUUR BYGEDRA TOT KOUE OORLOG-
               SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)
               EN DIE SOWJETUNIE (USSR)?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1    Verwys na Bron 1A.

       1.1.1    Waarom, volgens die bron, het mense die Duitse Demokratiese
                Republiek verlaat?                                         (2 x 1)           (2)

       1.1.2    Noem die DRIE lande uit die bron wat die westelike sektor van Berlyn
                beheer het.                                                   (3 x 1)        (3)

       1.1.3    Definieer die konsep kommuniste in jou eie woorde.              (1 x 2)      (2)

       1.1.4    Verduidelik wat geïmpliseer word deur die woorde: “Die DDR het dus
                teen 1961 nie meer ‘territoriale’ opsies gehad om die breindrein te stop
                nie’, in die konteks van die Berlynse krisis.                   (2 x 2)      (4)

1.2    Lees Bron 1B.

       1.2.1    Haal DRIE bewysstukke uit die bron aan wat daarop dui dat President
                Kennedy bereid was om die Berlynse Muur krisis met geweld teen te
                staan.                                                       (3 x 1)         (3)

       1.2.2    Waarom dink jy was die VSA nie bereid was om Wes-Berlyn te verlaat
                nie?                                                       (2 x 2)           (4)

       1.2.3    Lewer kommentaar op die stelling: ‘Clay se teenwoordigheid het
                gehelp om die moraal te herstel en Wes-Berlyners gerus te stel dat
                hulle nie oorgegee (verlate) is nie.                           (1 x 2)       (2)

       1.2.4    Verduidelik die konsep blokkade in die konteks van Koue Oorlog
                spanning tussen die VSA en die USSR.                          (1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

4                                    GESKIEDENIS V1                         (EC/SEPTEMBER 2023)

1.3   Bestudeer Bron 1C.

      1.3.1    Noem TWEE gevolge wat die bou van die Berlynse Muur in Berlyn
               veroorsaak het, soos in die bron genoem.                 (2 x 1)              (2)

      1.3.2    Waarom, volgens die bron, het die Sowjetunie en die Amerikaanse
               tenks mekaar by die grens-oorgang van Friedrichstrasse
               gekonfronteer?                                              (1 x 2)           (2)

      1.3.3    Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die stelling: “Vir sestien
               uur het die twee kern moondhede mekaar op ŉ afstand van net ŉ
               paar meter gekonfronteer”?                                     (1 x 2)        (2)

      1.3.4    Verduidelik wat geïmpliseer word met die stelling: “Khruschev het
               die vier-mag status van die hele Berlyn bevestig, ten minste vir
               nou”?                                                           (1 x 2)       (2)

1.4   Raadpleeg Bron 1D.

      1.4.1    Waarom dink jy was hierdie foto gepubliseer?                   (2 x 2)        (4)

      1.4.2    Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
               wat die gevolge van die bou van die Berlynse Muur navors. (2 x 2)             (4)

1.5   Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in Bron 1D ondersteun
      met betrekking tot die gevolge van die bou van die Berlynse Muur.  (2 x 2)             (4)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
      verduidelik hoe die Berlynse Muur bygedra het tot Koue Oorlog spanning
      tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie.                             (8)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                      GESKIEDENIS V1                                        5

VRAAG 2:       WAT WAS DIE REDES VIR SUID-AFRIKA SE BETROKKENHEID IN
               DIE ANGOLESE BURGEROORLOG VAN 1975?

2.1    Verwys na Bron 2A.

       2.1.1    Definieer die konsep burgeroorlog in jou eie woorde.              (1 x 2)     (2)

       2.1.2    Wat, volgens die bron, was die doelwitte van die Suid-Afrikaanse
                militêre invalle in Angolese gebied?                           (2 x 1)        (2)

       2.1.3    Noem die TWEE lande uit die bron wat UNITA in ŉ sterk mag omskep
                het wat die MPLA-regering kon omverwerp.                  (2 x 1)             (2)

       2.1.4    Lys die TWEE lande volgens die bron wat die MPLA in staat gestel
                het om Angola te regeer.                                    (2 x 1)           (2)

       2.1.5    Waarom dink jy was die Suid-Afrikaanse regering daarteen gekant dat
                die MPLA Angola regeer?                                     (2 x 2)           (4)

2.2    Lees Bron 2B.

       2.2.1    Gee TWEE redes uit die bron waarom Kubaanse troepe na Angola
                gekom het.                                               (2 x 1)              (2)

       2.2.2    Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die stelling: ‘Die Kubane
                was die welpies van die luiperd’, in die konteks van buitelandse
                betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog van 1975?             (1 x 2)      (2)

       2.2.3    Lewer kommentaar op die redes waarom die VSA Suid-Afrika se
                ingryping in Angola ondersteun het.                       (1 x 2)             (2)

2.3    Bestudeer Bron 2C.

       2.3.1    Definieer die konsep onafhanklikheid in die konteks van die
                bevrydingstryd van Angola.                                        (1 x 2)     (2)

       2.3.2    Noem die TWEE doelwitte van die Suid-Afrikaanse Weermag se
                operasies in Angola.                                     (2 x 1)              (2)

       2.3.3    Wat, volgens die bron, was Suid-Afrika se doelwitte nadat hulle misluk
                het om te verhoed dat die MPLA in Angola aan bewind kom? (1 x 2)              (2)

       2.3.4    Lewer kommentaar op die stelling: “Die Suid-Afrikaanse regering was
                vasbeslote om SWAPO se militêre kapasiteit te verswak of lam te lê
                ter voorbereiding vir die tyd wanneer SWAPO die verkiesingsbelange
                in Suidwes-Afrika sou betree.”                                (1 x 2)         (2)

       2.3.5    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                verduidelik waarom die Suid Afrikaanse kabinet nie Operasie
                Savannah in 1975 goedgekeur het nie.                             (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

6                                    GESKIEDENIS V1                        (EC/SEPTEMBER 2023)

2.4   Raadpleeg Bron 2D.

      2.4.1    Watter boodskap dra die bron oor met betrekking tot die verhouding
               tussen die SADF en UNITA tydens die Angolese burgeroorlog?
                                                                            (1 x 2)      (2)

      2.4.2    Waarom dink jy het die Suid Afrikaanse troepe militêre opleiding,
               advies en logistieke bystand aan UNITA gegee?                 (1 x 2)     (2)

      2.4.3    Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir geskiedkundiges wat
               die redes vir Suid Afrika se betrokkenheid by die Angolese
               Burgeroorlog van 1975 navors.                                 (2 x 2)     (4)

2.5   Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2D die inligting in Bron 2A ondersteun
      met betrekking tot die betrokkenheid van Suid-Afrika by die Angolese
      Burgeroorlog van 1975.                                                (2 x 2)      (4)

2.6   Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die redes
      vir Suid-Afrika se betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog van 1975
      verduidelik.                                                                       (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                     GESKIEDENIS V1                                     7

VRAAG 3:       HOE HET DIE OPTOG NA WASHINGTON OP 28 AUGUSTUS 1963
               TOT DIE BEËINDIGING VAN DISKRIMINASIE EN SEGREGASIE TEEN
               SWART AMERIKANERS IN DIE VSA IN DIE 1960’s BYGEDRA?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.

3.1    Verwys na Bron 3A.

       3.1.1    Definieer die konsep burgerregte in jou eie woorde.           (1 x 2)     (2)

       3.1.2    Watter DRIE gebeurtenisse het, volgens die bron, die weg gebaan vir
                die grootste burgerregte optog van alle tye?                  (3 x 1)     (3)

       3.1.3    Lys enige TWEE name van die Groot Ses burgerregte-organisasies
                wat die optog na Washington beplan het.                    (2 x 1)        (2)

       3.1.4    Wat stel Kennedy voor oor die houding van sommige senatore wat die
                optog na Washington as ŉ moontlike verskoning kon gebruik het om teen
                die konsep Burgerregte Wet van 1963 te stem?                  (1 x 2)     (2)

3.2    Lees Bron 3B.

       3.2.1    Hoeveel mense het die optog na Washington op 28 Augustus 1963
                bygewoon?                                                  (1 x 1)        (1)

       3.2.2    Noem VIER areas uit die bron wat die Kennedy-administrasie op
                gefokus het om deur die kongres deur te voer.                (4 x 1)      (4)

       3.2.3    Lewer kommentaar tot watter mate Philip Randolph se idee oor
                grootskaalse optogte om segregasie en diskriminasie in die VSA teen
                te staan, suksesvol was.                                      (1 x 2)     (2)

       3.2.4    Verduidelik die konsep segregasie in die konteks van die
                Burgerregtebeweging.                                           (1 x 2)    (2)

3.3    Raadpleeg Bron 3C.

       3.3.1    Verduidelik die boodskappe wat die fotograaf oor die optog na
                Washington op 28 Augustus 1963 wil oordra.              (2 x 2)           (4)

       3.3.2    Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir
                geskiedkundiges wat die Optog na Washington op 28 Augustus 1963
                navors.                                                    (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

8                                    GESKIEDENIS V1                         (EC/SEPTEMBER 2023)

3.4    Bestudeer Bron 3D.

       3.4.1    Waarom, volgens die bron, was die Neger, na 100 jaar, steeds nie
                vry nie?                                                   (2 x 1)         (2)

       3.4.2    Verduidelik wat Martin Luther King Jnr. bedoel het toe hy verklaar
                het dat ‘Amerika die Neger volk ŉ slegte tjek gegee het, ŉ tjek wat
                teruggekom het as onvoldoende fondse' binne die konteks van die
                Burgerregtebeweging.                                          (2 x 2)      (4)

       3.4.3    Lewer kommentaar op Martin Luther King se verklaring: ‘Daar sal
                geen rus of vrede in Amerika wees indien die Neger nie sy
                burgerregte verkry nie.’                                  (1 x 2)          (2)

       3.4.4    Waarom dink jy word Martin Luther King se, ‘Ek het ŉ droom
                toespraak’ as ikonies beskou.                              (2 x 2)         (4)

3.5    Vergelyk Bron 3C en Bron 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3D die
       inligting in Bron 3C met betrekking tot die Optog na Washington in 1963
       ondersteun.                                                         (2 x 2)         (4)

3.6    Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
       verduidelik hoe die optog na Washington op 28 Augustus 1963 tot die
       beëindiging van diskriminasie en segregasie teen swart Amerikaners in die
       VSA in die 1960’s bygedra het.                                                      (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                  GESKIEDENIS V1                                    9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:      UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
              VIËTNAM

Verduidelik tot watter mate die Verenigde State van Amerika suksesvol was om die
verspreiding van kommunisme in te perk (verhoed) in die Viëtnam -oorlog van 1955–
1975.

Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun.                    [50]

VRAAG 5:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

Bespreek krities hoe die Kongo hul politieke en ekonomiese uitdagings aangespreek
het na die verkryging van onafhanklikheid vanaf België in die 1960s.

Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun.                    [50]

VRAAG 6:      PROTESOPTOGTE IN DIE BURGERLIKE SAMELEWING VANAF
              DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING

Die militante en konfronterende benadering van die Swartmagbeweging was effektief
om diskriminasie teen Swart Amerikaners in die 1960’s te beëindig.

Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument met relevante historiese
bewyse.                                                                               [50]

                                                                       TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — History · Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c) — History · Memo · 2021 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HIST P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/3296a2b9-b5f3-4845-9366-f96f2839b363) — History · QP · 2014 · Afr
- [GESKIED P1 QP AFR SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/geskied-p1-qp-afr-sep-2012/cda30303-ff83-479b-b90c-5f6fbf9d5125) — History · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
