# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans/43960b72-e0bc-4d60-8022-b173b568906c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans/43960b72-e0bc-4d60-8022-b173b568906c)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2020

                     GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GESKIEDENIS V1                      (EC/SEPTEMBER 2020)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: DIE KUBAANSE
               MISSIELKRISIS

      VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

      VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
               SWARTMAGBEWEGING

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – CHINA

      VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIES –
               DIE KONGO EN TANZANIË

      VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
               BURGERREGTEBEWEGING

2.    AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
      benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
      word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.    Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
            moet ŉ opstelvraag wees.

      4.2   Die DERDE vraag kan όf ŉ brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees.

5.    Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.    In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
      gebruik.

7.    Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

9.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy en onderstreep aan die einde van elke
      vraag.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorgehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                      GESKIEDENIS V1                                       3

  AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

  Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
  afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in
  die ADDENDUM gevind word.

  VRAAG 1:        HOE HET DIE ONTPLOOING VAN MISSIELE NA KUBA TOT
                  KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE SOWJETUNIE EN DIE
                  VERENIGDE STATE IN DIE 1960’s BYGEDRA?

  Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

  1.1     Bestudeer Bron 1A.

          1.1.1   Watter land, volgens die Sowjetunie, sou die wêreld in ŉ kernoorlog
                  dompel?                                                     (1 x 1)        (1)

          1.1.2   Noem DRIE optredes van die VSA wat deur die USSR as
                  oorlogsprovokasies beskou was.                                (3 x 1)      (3)

          1.1.3   Waarom dink jy het die USSR Kuba van industriële toerusting en
                  goedere voorsien?                                          (1 x 2)         (2)

          1.1.4   Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir studente wat die
                  redes vir die Russiese ontplooiing van kernmissiele na Kuba
                  navors.                                                     (2 x 2)        (4)

  1.2     Lees Bron 1B.

          1.2.1   Verduidelik die boodskappe wat deur die kaart oorgedra word.
                  Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te staaf.
                                                                               (2 x 2)       (4)

          1.2.2   Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie
                  kennis, verduidelik hoe president Kennedy en sy ExComm
                  (‘uitvoerende bestuur’) op die installering van missiele in Kuba
                  gereageer het.                                                 (1 x 2)     (2)

  1.3     Oorweeg Bron 1C.

          1.3.1       Wat het die VSA aangespoor om die noukeurige waarneming van
                      Kuba vol te hou?                                      (1 x 2)          (2)

          1.3.2       Wat, volgens die bron, was die doel van die basisse in Kuba?
                                                                                (1 x 2)      (2)

          1.3.3       Definieer die begrip kwarantyn in die konteks van die Kubaanse
                      Missielkrisis.                                            (1 x 2)      (2)

          1.3.4       Lewer kommentaar op die rede waarom jy dink Kennedy besluit
                      het om die Amerikaanse volk toe te spreek.            (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorgehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                       GESKIEDENIS V1                        (EC/SEPTEMBER 2020)

    1.4   Vergelyk Bronne 1C en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C
          die bewyse in Bron 1B rakende die Amerikaanse reaksie op die
          ontplooiing van missiele na Kuba ondersteun.                       (2 x 2)          (4)

    1.5   Verwys na Bron 1D.

          1.5.1      Noem TWEE voorstelle wat Khrushchev aan die VSA gemaak het
                     om die Kubaanse Missielkrisis op te los.           (2 x 1)               (2)

          1.5.2      Hoe, volgens die bron, het Khrushchev die Amerikaanse
                     vlootblokkade beskou?                                        (1 x 2)     (2)

          1.5.3      Verduidelik wat Khrushchev geïmpliseer het met die stelling: “En
                     ŉ oomblik mag kom wanneer daardie knoop so styf vasgemaak
                     is, dat selfs hy wat dit vasgemaak het nie die krag sal het om dit
                     los te maak nie, en dit sal dan nodig wees om daardie knoop te
                     sny’ in die konteks van die Kubaanse Missielkrisis.          (2 x 2)     (4)

          1.5.4      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te
                     verduidelik hoe die Kubaanse missielkrisis opgelos was.      (2 x 2)     (4)

    1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
          paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
          verduidelik hoe die ontplooiing van kernmissiele na Kuba tot die Koue
          Oorlog-spanning tussen die VSA en die USSR bygedra het.                             (8)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorgehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    GESKIEDENIS V1                                         5

 VRAAG 2:       WAAROM HET BUITELANDSE MOONDHEDE BY DIE ANGOLESE
                ONAFHANKLIKHEIDSOORLOG BETROKKE GERAAK?

 Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.

 2.1    Gebruik Bron 2A.

        2.1.1    Definieer die begrip ‘onafhanklikheid’ in jou eie woorde.       (1 x 2)     (2)

        2.1.2    Noem die DRIE bevrydingsbewegings wat vir die onafhanklikheid
                 van Angola geveg het.                                    (3 x 1)            (3)

        2.1.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                 waarom die drie bevrydingsbewegings nie met die magsdelings-
                 ooreenkoms soos bepaal deur die Alvor-akkoorde kon saamstem
                 nie.                                                           (1 x 2)      (2)

        2.1.4    Lewer kommentaar oor waarom die Suid-Afrikaanse regering
                 daarteen gekant was dat die MPLA Angola regeer het.      (2 x 2)            (4)

        2.1.5    Waarom dink jy het die Angolese krisis in ŉ Koue Oorlog slagveld
                 ontwikkel?                                                  (1 x 2)         (2)

 2.2    Verwys na Bron 2B.

        2.2.1    Wat, volgens die bron, was die basis van Suid-Afrika se buitelandse
                 beleid?                                                       (1 x 2)       (2)

        2.2.2    Noem DRIE redes uit die bron vir Suid-Afrika se ingryping in
                 Angola.                                                      (3 x 1)        (3)

        2.2.3    Watter gevolgtrekkings kan uit die stelling gemaak word: ‘Beide die
                 MPLA en SWAPO is tydens die Koue Oorlog as Sowjet-
                 gevolmagtigdes beskou.’?                                     (1 x 2)        (2)

        2.2.4    Waarom dink jy het die VSA Suid-Afrika onder druk geplaas om by
                 die Angolese burgeroorlog betrokke te raak?                (2 x 2)          (4)

 2.3    Raadpleeg Bron 2C.

        2.3.1    Haal VIER bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die VSA
                 direk by die Angolese burgeroorlog betrokke was.           (4 x 1)          (4)

        2.3.2    Waarom dink jy het die CIA vals inligting oor die Russiese en
                 Kubaanse betrokkenheid in Angola gepubliseer en gerapporteer?
                                                                               (1 x 2)       (2)

        2.3.3    Verduidelik die bruikbaarheid van die bron vir historici wat die redes
                 vir Amerika se betrokkenheid by die Angolese burgeroorlog navors.
                                                                                 (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorgehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V1                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 2.4   Gebruik Bron 2D.

       2.4.1   Verduidelik die boodskap wat die fotograaf probeer oordra met
               betrekking tot die verhouding tussen die MPLA en Kuba. Gebruik
               die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te staaf.  (2 x 2)        (4)

       2.4.2   Wat is die beperkinge van hierdie bron vir historici wat Angola se
               onafhanklikheid in 1975 navors?                                (2 x 2)     (4)

 2.5   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die redes
       vir die buitelandse moondhede se betrokkenheid by die Angolese
       onafhanklikheidsoorlog verduidelik.                                                (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorgehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   GESKIEDENIS V1                                          7

  VRAAG 3:       WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE SWARTMAGBEWEGING OP
                 AFRO-AMERIKANERS IN DIE 1960’s?

  Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.

  3.1 Bestudeer Bron 3A.

        3.1.1    Definieer die begrip burgerregte in jou eie woorde.           (1 x 2)     (2)

        3.1.2    Wat dink jy het Carmichael geïmpliseer met die stelling: ‘Die
                 Swartmagbeweging was ŉ keerpunt vir swart-wit-betrekkinge in die
                 Verenigde State.’                                             (2 x 2)     (4)

        3.1.3    Noem DRIE redes uit die bron waarom swart Amerikaners besluit
                 het om by die Swartmagbeweging aan te sluit.           (3 x 1)            (3)

        3.1.4    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie
                 kennis, verduidelik waarom swartmense in die VSA ontnugter
                 met die Burgerregtebeweging geraak het.                       (2 x 2)     (4)

  3.2 Oorweeg Bron 3B.

        3.2.1    Wie het, volgens die bron, die gratis ontbytmaaltye aan die kinders
                 voorsien?                                                     (1 x 2)     (2)

        3.2.2    Haal DRIE bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die
                 Amerikaanse regering nie van die Black Panther-party gehou het
                 nie.                                                      (3 x 1)         (3)

        3.2.3    Waarom dink jy het die Black Panther-party besluit om swart
                 kinders te voed voordat hulle skool toe gaan?               (1 x 2)       (2)

        3.2.4    Lewer kommentaar op die stelling: ‘Maar vir studente wat ontbyt
                 eet, was die politiek van die Black Panther minder interessant as
                 die maaltye wat hulle voorsien het’.                         (1 x 2)      (2)

        3.2.5    Sal jy saamstem met die stelling dat die Black Panther-party se
                 Gratis Ontbyt-programme suksesvol was? Ondersteun jou
                 antwoord met TWEE aanhalings uit die bron.                   (2 x 2)      (4)

  3.3 Raadpleeg Bron 3C.

        3.3.1    Wat dink jy was die bedoeling van die fotograaf met die publikasie
                 van hierdie foto? Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou
                 antwoord te staaf.                                            (2 x 2)     (4)

        3.3.2    Vergelyk Bron 3B en 3C. Hoe ondersteun die inligting in Bron 3B
                 die bewyse in Bron 3C rakende die gemeenskapsprogramme van
                 die Black Panther-party?                                    (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorgehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     GESKIEDENIS V1                        (EC/SEPTEMBER 2020)

    3.4 Verwys na Bron 3D.

         3.4.1   Hoe, volgens die bron, het Ericka Huggins by die Swartmag-
                 beweging betrokke geraak?                                 (1 x 2)         (2)

         3.4.2   Watter gebeurtenis, volgens die bron, het Ericka oortuig om by die
                 Black Panther-party aan te sluit?                           (1 x 2)       (2)

         3.4.3   Verduidelik hoe die rol van Ericka Huggins die tradisionele siening
                 van die Black Panther-party as ŉ mans-gedomineerde organisasie
                 weerspreek het.                                               (2 x 2)     (4)

    3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
        impak van die Swartmagbeweging op Afro-Amerikaners in die VSA in die
        1960’s, verduidelik.                                                               (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorgehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                GESKIEDENIS V1                                       9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:        UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                CHINA

Verduidelik tot watter mate Mao Zedong se beleide van die Groot Sprong Vorentoe
en die Kulturele Rewolusie daarin geslaag het om China vanaf ŉ agterlike landelike
staat tot ŉ industriële staat te omskep.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                         [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE

Bespreek krities hoe Mobutu Sese Seko (Kongo) en Julius Nyerere (Tanzanië) die
ekonomiese en politieke uitdagings aangespreek het wat hul onderskeie lande ná
die verkryging van hul onafhanklikheid gekonfronteer het.                             [50]

VRAAG 6:        BURGERLIKE SAMELEWING VERSET VANAF DIE 1950’s TOT
                DIE 1970’s: DIE BURGERREGTEBEWEGING

‘Die verskillende vorme van protesaksies van die Burgerregtebeweging het die
lewens van swart Amerikaners in die VSA in die 1960's suksesvol verbeter.’

Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou antwoord met relevante historiese
bewyse.                                                                               [50]

                                                                        TOTAAL:        150

Kopiereg voorgehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c) — History · Memo · 2021 · Afr
- [History P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-eng/ee3ae3b0-c354-45e6-b3c7-332627f487ef) — History · QP · 2020 · Eng
- [HIST P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/3296a2b9-b5f3-4845-9366-f96f2839b363) — History · QP · 2014 · Afr
- [GESKIED P1 QP AFR SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/geskied-p1-qp-afr-sep-2012/cda30303-ff83-479b-b90c-5f6fbf9d5125) — History · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
