# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2021-afrikaans/4b86eff8-e14e-407c-b206-570bb11785e2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2021-afrikaans/4b86eff8-e14e-407c-b206-570bb11785e2)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c) — Memo · 2021 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2021

                     GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V1                      (EC/SEPTEMBER 2021)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
               OORLOG

      VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

      VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
               BURGERREGTEBEWEGING

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
               VIËTNAM

      VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: UITDAGING WAT DIE KONGO EN
               TANZANIË NA AFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET

      VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
               SWARTMAGBEWEGING

2.    AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
      word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.    Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
            moet ŉ opstelvraag wees.

      4.2   Die DERDE vraag kan όf ŉ brongebaseerde vraag όf ŉ opstelvraag wees.

5.    Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.    In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
      gebruik.

7.    Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorgehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   GESKIEDENIS V1                                        3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
 afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in
 die ADDENDUM gevind word.

 VRAAG 1:         HOE HET DIE BERLYNSE BLOKKADE TOT KOUE OORLOG
                  SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA
                  (VSA) EN DIE SOWJETUNIE BYGEDRA?

 Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1      Verwys na Bron 1A.

          1.1.1   Watter land, volgens die bron, was na die Tweede Wêreldoorlog
                  opverdeel?                                              (1 x 1)          (1)

          1.1.2   Noem die TWEE besluite uit die bron, wat by die Potsdam-
                  konferensie geneem was.                                  (2 x 1)         (2)

          1.1.3   Hoe, volgens die bron, wou Stalin vir Duitsland ekonomies straf?
                                                                             (1 x 1)       (1)

          1.1.4   Verduidelik waarom jy dink Stalin die bekendstelling van ŉ nuwe
                  geldeenheid deur Westerse magte as ŉ skending van hul na-
                  oorlogse ooreenkomste beskou het.                           (1 x 2)      (2)

          1.1.5   Hoe, volgens die bron, het Stalin op die bekendstelling van ŉ
                  nuwe geldeenheid in Wes-Berlyn gereageer?                   (2 x 1)      (2)

 1.2      Lees Bron 1B.

          1.2.1   Definieer die konsep Koue Oorlog in jou eie woorde.         (1 x 2)      (2)

          1.2.2   Waarom dink jy was die Geallieerdes nie bereid om ŉ gewapende
                  konflik met die Sowjets te waag nie?                    (2 x 2)          (4)

          1.2.3   Definieer die konsep kapitalisme in die konteks van die Koue
                  Oorlog.                                                    (1 x 2)       (2)

          1.2.4   Waarom, volgens die bron, was Stalin nie bereid om geweld teen
                  die Westerse Geallieerdes te gebruik nie?                (1 x 1)         (1)

          1.2.5   Noem enige TWEE lande uit die bron wat die Duitse Federale
                  Republiek gevorm het.                                   (2 x 1)          (2)

          1.2.6   Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word deur die stelling: ‘Die
                  geallieerdes was nou vasbeslote om Wes-Berlyn as ŉ toonbeeld
                  vir kapitalisme op te bou’.                              (1 x 2)         (2)

Kopiereg voorgehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                        GESKIEDENIS V1                        (EC/SEPTEMBER 2021)

 1.3     Raadpleeg Bron 1C.

         1.3.1       Noem enige TWEE items uit die bron wat die Geallieerde Magte
                     aan Wes-Berlyn verskaf het.
                                                                            (2 x 1)            (2)

         1.3.2       Lewer kommentaar oor die impak wat die Berlynse Blokkade op
                     gewone Berlyners gehad het.                            (1 x 2)            (2)

         1.3.3       Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie
                     kennis om te verduidelik waarom Wes-Berlyners nie voedsel
                     vanaf Rusland wou aanvaar nie.                               (2 x 2)      (4)

         1.3.4       Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir historici wat die
                     impak van die Berlynse Blokkade op die Geallieerde Magte en
                     burgers van Wes-Berlyn navors.                                (2 x 2)     (4)

 1.4     Bestudeer Bron 1D.

         1.4.1       Verduidelik die boodskappe wat deur die foto oorgedra word.
                                                                              (2 x 2)          (4)

         1.4.2       Watter tipe vervoer is deur Westerse magte gebruik om kos na
                     Wes-Berlyn te vervoer?                                   (1 x 1)          (1)

 1.5     Verwys na Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die
         bewyse in Bron 1D ondersteun met betrekking tot die hulp wat in 1948
         aan Wes-Berlyn gegee is.                                          (2 x 2)             (4)

 1.6     Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe die Berlynse Blokkade tot Koue Oorlogspanning tussen die
         Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie bygedra het.                            (8)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorgehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                    GESKIEDENIS V1                                         5

 VRAAG 2:       WAAROM HET ANGOLA DIE FOKUSPUNT VAN DIE KOUE
                OORLOG IN AFRIKA GEDURENDE DIE 1970's GEWORD?

 Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.

 2.1    Verwys na Bron 2A.

        2.1.1    Noem TWEE natuurlike hulpbronne in die bron wat Angola vatbaar
                 (kwesbaar) vir buitelandse ingryping gemaak het.          (2 x 1)           (2)

        2.1.2    Definieer die begrip ‘skietstilstand’ in jou eie woorde.       (1 X 2)      (2)

        2.1.3    Watter land, volgens die bron, het Angola voor 1975 gekoloniseer?
                                                                             (1 x 1)         (1)

        2.1.4    Noem die DRIE bevrydingsbewegings in die bron wat in 1974 ŉ
                 oorgangsregering geskep het om Angola te regeer.          (3 x 1)           (3)

        2.1.5    Verduidelik waarom jy dink Rusland besluit het om die MPLA tydens
                 die Angolese Burgeroorlog van 1975 te ondersteun.          (2 x 2)          (4)

 2.2    Lees Bron 2B.

        2.2.1    Waarom, volgens die bron, het die krisis in Angola tot ŉ Koue
                 Oorlog slagveld na onafhanklikheid ontwikkel?                 (1 x 2)       (2)

        2.2.2    Verduidelik waarom jy dink die Verenigde State van Amerika besluit
                 het om die FNLA en UNITA tydens die Angolese Burgeroorlog van
                 1975 te ondersteun.                                        (1 x 2)          (2)

        2.2.3    Wat word geïmpliseer met die stelling: ‘Die MPLA het ook lang
                 gevestigde verhoudings met Fidel Castro se Kuba gehad’? (1 x 2)             (2)

        2.2.4    Verduidelik die begrip onafhanklikheid in die konteks van die
                 Angolese Burgeroorlog van 1975.                               (1 x 2)       (2)

 2.3    Raadpleeg Bron 2C.

        2.3.1    Wie, volgens die bron, het Vorster vir Suid-Afrika se ingryping in
                 Angola geblameer?                                              (2 x 1)      (2)

        2.3.2    Noem die TWEE damme in die bron wat Suid-Afrika teen die MPLA
                 en die Kubaanse ingryping beskerm het.                   (2 x 1)            (2)

        2.3.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                 waarom Suid-Afrika wou keer dat ŉ vyandige MPLA-regering
                 beheer in Angola oorneem.                                       (2 x 2)     (4)

        2.3.4    Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
                 wat die redes vir Suid-Afrika se betrokkenheid by die Angolese
                 Burgeroorlog van 1975 navors.                                 (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorgehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    GESKIEDENIS V1                        (EC/SEPTEMBER 2021)

 2.4   Bestudeer Bron 2D.

       2.4.1   Verduidelik die boodskappe wat die fotograaf oor die verhouding
               tussen Suid-Afrika en UNITA wil oordra.                      (2 x 2)        (4)

       2.4.2   Verduidelik wat jy dink geïmpliseer word deur die stelling: ‘Die
               vyand van my vyand is my vriend’.                               (1 x 2)     (2)

 2.5   Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die bewyse
       in Bron 2D ten opsigte van Suid-Afrika se betrokkenheid by die Angolese
       Burgeroorlog van 1975 ondersteun.                                     (2 x 2)       (4)

 2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
       verduidelik waarom Angola die fokuspunt van die Koue Oorlog in Afrika
       gedurende die 1970’s geword het.                                                    (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorgehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   GESKIEDENIS V1                                            7

  VRAAG 3:       WATTER UITDAGINGS HET DIE LITTLE ROCK NEGE TYDENS
                 DIE INTEGRASIE VAN SENTRAAL HOËRSKOOL IN 1957 IN DIE
                 GESIG GESTAAR?

  Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.

  3.1 Verwys na Bron 3A.

        3.1.1    Wat, volgens die bron, was die uitspraak van die Amerikaanse
                 hooggeregshof in Brown versus die Raad van Onderwys van
                 Topeka saak?                                              (1 x 2)         (2)

        3.1.2    Definieer die begrip desegregasie in jou eie woorde.         (1 x 2)      (2)

        3.1.3    Wat word geïmpliseer deur die stelling, ‘rasseskeiding in
                 opvoedkundige fasiliteite was ongrondwetlik’?                 (1 x 2)     (2)

        3.1.4    Hoeveel studente het, volgens die bron, belangstelling getoon om
                 in 1957 Sentraal hoërskool by te woon?                      (1 x 1)       (1)

        3.1.5    Verduidelik waarom jy dink die agt swart studente besluit het om by
                 die slegs-swart Horace Mann hoërskool te bly.                (1 x 2)      (2)

  3.2 Gebruik Bron 3B.

        3.2.1    Watter bewyse in die bron dui daarop dat Elizabeth Eckford
                 senuweeagtig met haar aankoms by Sentraal hoërskool op haar
                 eerste skooldag was?                                       (1 x 2)       (2)

        3.2.2    Haal DRIE bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat Elizabeth
                 Eckford se lewe in gevaar was.                             (3 x 1)        (3)

        3.2.3    Lewer kommentaar op die houding van die blanke oproerige skare
                 teenoor die integrasie van onderwys by Little Rock hoërskool.
                                                                             (2 x 2)       (4)

        3.2.4    Watter gevolgtrekking kan oor Grace Lorch se houding teenoor
                 Elizabeth Eckford gemaak word?                            (2 x 2)         (4)

  3.3 Raadpleeg Bron 3C.

        3.3.1    Watter boodskappe word deur die foto met betrekking tot rasse-
                 integrasie by Little Rock hoërskool oorgedra? Gebruik visuele
                 leidrade in die bron om jou antwoorde te ondersteun.        (2 x 2)       (4)

        3.3.2    Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir
                 geskiedkundiges wat die Little Rock Nege-voorval in 1957 navors.
                                                                            (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorgehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     GESKIEDENIS V1                        (EC/SEPTEMBER 2021)

    3.4 Bestudeer Bronne 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die
        bewyse in Bron 3C ondersteun rakende die behandeling van Elizabeth
        Eckford by Sentraal hoërskool.                                      (2 x 2)        (4)

    3.5 Lees Bron 3D.

         3.5.1   Gee TWEE redes uit die bron wat die president gedwing het om
                 tydens die Little Rock-voorval op te tree.                (2 x 1)         (2)

         3.5.2   Verskaf TWEE voorbeelde uit die bron wat bewys dat die nege
                 studente nie ŉ aangename ervaring gedurende hul eerste jaar by
                 Sentraal hoërskool in 1957 gehad het nie.                (2 x 1)          (2)

         3.5.3   Waarom dink jy het goewerneur Faubus beveel dat die drie
                 hoërskole in Little Rock moet sluit?                     (1 x 2)          (2)

         3.5.4   Verduidelik die konsep integrasie in die konteks van die
                 Burgerregtebeweging in die VSA.                               (1 x 2)     (2)

    3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
        uitdagings wat die Little Rock Nege in 1957 tydens die integrasie van
        Sentraal hoërskool in die gesig gestaar het, verduidelik.                          (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorgehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                GESKIEDENIS V1                                       9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE
vrae uit hierdie afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:        UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                VIËTNAM

‘Operasie Rolling Thunder’ was die enigste strategie wat deur die Verenigde State
van Amerika in die Viëtnam-oorlog gebruik was om die verspreiding van
kommunisme te beheer.

Stem jy saam met hierdie stelling? Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun.                                                                           [50]

VRAAG 5:        ONAFHANKLIKE AFRIKA – UITDAGINGS WAT DIE KONGO NA
                ONAFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET

Bespreek krities die politieke en ekonomiese uitdagings wat die Kongo in die gesig
gestaar het nadat hulle in 1961 onafhanklikheid van België verkry het.

Gebruik relevante voorbeelde om jou antwoord te ondersteun.                           [50]

VRAAG 6:        BURGERLIKE SAMELEWING VERSET VANAF DIE 1950’s TOT
                DIE 1960’s: DIE SWARTMAGBEWEGING

Verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging suksesvol was om die lewens
van Afro-Amerikaners in die VSA in die 1960’s te verander.                            [50]

                                                                        TOTAAL:        150

Kopiereg voorgehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT2021 XHOSA D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept2021-xhosa-d/4bbeb586-4f86-452f-89fb-d02e54f4905d) — History · Addendum · 2021
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT2021 XHOSA ENG D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept2021-xhosa-eng-d/cefc0a5a-5d17-4d03-8a93-a5a577816361) — History · Addendum · 2021 · Eng
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HIST P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/3296a2b9-b5f3-4845-9366-f96f2839b363) — History · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
