# History Grade 12 Paper 1 NSC June 2014 Question Paper

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC June 2014, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-hg-june-2014-qp/e198bf50-d732-4536-aa5b-536e246b65ec
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 NSC June 2014 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-hg-june-2014-qp/e198bf50-d732-4536-aa5b-536e246b65ec)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June · 2014. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 GESKIEDENIS V1

                                   HOЁR GRAAD

                                         2014

                                                                       PUNTE: 200

                                                                         TYD: 3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en 'n 11 bladsy-addendum.

            12

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/HG/V1                           2                                 DBE/2014
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat jy besluit watter vrae jy gaan
beantwoord.

1.        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
          AFDELING B.

2.        AFDELING A bestaan uit SES opstelvrae.

3.        AFDELING B bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
          gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM
          vervat.

4.        Jy mag EEN opstelvraag en EEN brongebaseerde vraag oor dieselfde tema
          beantwoord.

5.        MOENIE TWEE opstelvrae oor dieselfde tema beantwoord NIE.

6.        Beantwoord VIER vrae:

           6.1       Minstens EEN moet 'n opstelvraag wees en minstens EEN moet 'n
                     brongebaseerde vraag wees.

           6.2       JY MOET MINSTENS EEN VRAAG OOR DIE VERPLIGTE TEMA,
                     SUID-AFRIKA – DIE PERIODE 1948 TOT 1976, BEANTWOORD
                     (ÓF 'N OPSTELVRAAG ÓF 'N BRONGEBASEERDE VRAAG).

7.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

8.        Tyd toegelaat vir hierdie vraestel moet oordeelkundig in die beantwoording
          van vrae benut word, verkieslik ongeveer 45 minute per vraag.

9.        Die blote oorskryf van bronne in die beantwoording van vrae sal kandidate
          benadeel.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/HG/V1                          3                                    DBE/2014
                                          SSE

AFDELING A: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag en nie meer nie as DRIE vrae uit hierdie afdeling.

VRAAG 1: DIE PERIODE 1924 TOT 1948

Beantwoord óf VRAAG 1A óf VRAAG 1B. MOENIE albei vrae beantwoord NIE.

VRAAG 1A

Bespreek hoe Generaal JBM Hertzog sy termyn as Eerste Minister gebruik het om
Suid-Afrika se soewereine onafhanklikheid te behaal.                                          [50]

                                          OF

VRAAG 1B

Die Verenigde Party was na sy oorwinning in die 1943-verkiesing oorweldig deur
na-oorlogse uitdagings wat tot sy ondergang in die 1948-verkiesing gelei het.

Stem jy met hierdie stelling saam? Motiveer jou antwoord deur na relevante gebeure
tussen 1943 en 1948 te verwys.                                                                [50]

VRAAG 2: DIE PERIODE 1948 TOT 1976

Beantwoord óf VRAAG 2A óf VRAAG 2B. MOENIE albei vrae beantwoord NIE.

VRAAG 2A

Die stigting van die Republiek van Suid-Afrika in 1961 was die verwesenliking van die
Nasionale Party se droom.

Evalueer hierdie stelling deur te fokus op die rolle wat die Nasionale Party se leiers
tussen 1948 en 1961 gespeel het om hul droom te verwesenlik.                                  [50]

                                          OF

VRAAG 2B

Bespreek hoe die weerstand van buite-parlementêre organisasies teen die apartheids-
regering van 1960 tot 1976 verskerp het.
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/HG/V1                           4                                    DBE/2014
                                           SSE

VRAAG 3: DIE PERIODE 1976 TOT 1994

Beantwoord óf VRAAG 3A óf VRAAG 3B. MOENIE albei vrae beantwoord NIE.

VRAAG 3A

Bespreek die rol wat die verskillende werkersunies in die stryd om bevryding in
Suid-Afrika in die 1980's gespeel het.                                                         [50]

                                           OF

VRAAG 3B

Nelson Mandela se vrylating uit die tronk in 1990 het die weg gebaan vir 'n nuwe era in
Suid-Afrika se geskiedenis.

Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die periode 1990 tot 1994.                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/HG/V1                            5                                    DBE/2014
                                            SSE

AFDELING B: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet
word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat.

VRAAG 4: DIE PERIODE 1924 TOT 1948

4.1      WATTER ROLLE HET GENERAAL JBM HERTZOG EN GENERAAL
         JC SMUTS IN DIE PROSES VAN KOALISIE, SAMESMELTING EN
         SKEURING IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLITIEK IN DIE 1930's
         GESPEEL?

         Gebruik Bron 4A, 4B, 4C en 4D om die volgende vrae te beantwoord.

         4.1.1       Bestudeer Bron 4A.

                     (a) Watter redes het generaal JBM Hertzog volgens die bron
                         gegee vir die stigting van 'n koalisieregering met generaal
                         JC Smuts?                                           (3 x 1)            (3)

                     (b) Verduidelik die volgende in jou eie woorde:

                         (i)    Algemene verkiesing                               (1 x 2)       (2)
                         (ii)   Koalisie                                          (1 x 2)       (2)

                     (c) Wat vertel generaal JBM Hertzog se verduideliking in die bron
                         ons oor die doel van die koalisie tussen die Nasionale Party en
                         die Suid-Afrikaanse Party? Ondersteun jou antwoord met
                         geldige redes.                                          (2 x 2)        (4)

         4.1.2       Verwys na Bron 4B.

                     (a) Hoe word die verwantskap tussen die Suid-Afrikaanse Party
                         en die Nasionale Party voorgestel in:

                         (i) Raam 1 van die spotprent                             (1 x 1)       (1)
                         (ii) Raam 2 van die spotprent                            (1 x 1)       (1)
                         (iii) Raam 3 van die spotprent                           (1 x 1)       (1)

                     (b) Wat impliseer die spotprenttekenaar deur na die nuutgestigte
                         Verenigde Party (raam 3) as die Suid-Afrikaanse Party en nie
                         as die Suid-Afrikaanse Nasionale Party te verwys nie? (2 x 2)          (4)

         4.1.3       Gebruik Bron 4C.

                     (a) Verduidelik die boodskappe wat deur hierdie spotprent
                         oorgedra word.                                (2 x 2)                  (4)

                     (b) Waarom dink jy het die spotprenttekenaar F Stallard met 'n
                         Union Jack in sy hand geteken?                      (1 x 2)            (2)

                     (c) Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
                         geskiedkundige wat die politieke verwantskap tussen die
                         Suid-Afrikaanse Party en die Nasionale Party in 1934
                         bestudeer.                                       (2 x 2)               (4)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/HG/V1                            6                                   DBE/2014
                                            SSE

         4.1.4       Bestudeer Bron 4D.

                     (a) Waarom was generaal JBM Hertzog ten gunste van 'n beleid
                         van neutraliteit ten opsigte van Suid-Afrika se deelname aan
                         die Tweede Wêreldoorlog? Ondersteun jou antwoord met
                         redes.                                                 (2 x 2)        (4)

                     (b) Verduidelik waarom generaal JC Smuts wou hê dat Suid-
                         Afrika aan Brittanje se kant aan die Tweede Wêreldoorlog
                         moes deelneem.                                    (2 x 2)             (4)

                     (c) Watter kritieke fout het generaal JBM Hertzog begaan in sy
                         argument dat Suid-Afrika neutraal moes bly in die Tweede
                         Wêreldoorlog?                                       (1 x 2)           (2)

         4.1.5       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en
                     skryf 'n paragraaf van ongeveer 12 reëls (ongeveer 120 woorde)
                     oor die rolle wat generaal JBM Hertzog en generaal JC Smuts in
                     die proses van koalisie, samesmelting en skeuring in Suid-
                     Afrikaanse politiek in die 1930's gespeel het.                            (12)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/HG/V1                             7                                     DBE/2014
                                             SSE

VRAAG 5: DIE PERIODE 1948 TOT 1976

5.1      HOE HET DIE VERSETVELDTOG VAN DIE 1950's DIE APARTHEIDS-
         REGERING UITGEDAAG?

         Gebruik Bron 5A, 5B en 5C om die volgende vrae te beantwoord.

         5.1.1       Gebruik Bron 5A.

                     (a) Waarom het Nelson Mandela besluit om 'n nasionale veldtog
                         van verset te loods?                              (1 x 2)                (2)

                     (b) Verduidelik waarom die organiseerders van die versetveldtog
                         besluit het om vreedsame strategieë eerder as 'n
                         gewelddadige veldtog te volg.                       (3 x 2)              (6)

                     (c) Watter vorme van protes is tydens die versetveldtog teen die
                         apartheidsregering gebruik?                           (4 x 1)            (4)

                     (d) Definieer die term versetveldtog in jou eie woorde.        (1 x 2)       (2)

         5.1.2       Verwys na Bron 5B.

                     (a) Watter boodskap dra die foto oor?                          (1 x 2)       (2)

                     (b) Verduidelik die pasboekstelsel in jou eie woorde.          (1 x 2)       (2)

                     (c) Verduidelik die akkuraatheid van die stellings op die plakkate
                         as 'n aanduiding van hoe die vroue oor die dra van passe
                         gevoel het.                                             (2 x 2)          (4)

         5.1.3       Vergelyk Bron 5A en 5B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 5B
                     die bewyse in Bron 5A ten opsigte van die versetveldtog versterk.
                                                                                 (2 x 2)          (4)

         5.1.4       Raadpleeg na Bron 5C.

                     (a) Waarom, dink jy, het die versetveldtog soveel ondersteuning
                         gekry?                                               (1 x 2)             (2)

                     (b) Hoe is mense beïnvloed nadat hulle aan die versetveldtog
                         deelgeneem het?                                  (2 x 2)                 (4)

                     (c) Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te
                         verduidelik of die versetveldtog suksesvol was.     (3 x 2)              (6)

         5.1.5       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en
                     skryf 'n paragraaf van ongeveer 12 reëls (ongeveer 120 woorde)
                     om te verduidelik hoe die versetveldtog in die 1950's die
                     apartheidsregering uitgedaag het.                                            (12)
                                                                                                  [50]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/HG/V1                             8                                    DBE/2014
                                             SSE

VRAAG 6: DIE PERIODE 1976 TOT 1994

6.1      WAAROM WAS DIE BEWIND VAN DIE NASIONALE PARTY IN SUID-
         AFRIKA VAN 1976 TOT 1994 GEKENMERK DEUR ONDERDRUKKING EN
         ONSUKSESVOLLE HERVORMINGS?

         Gebruik Bron 6A, 6B en 6C om die volgende vrae te beantwoord.

         6.1.1       Gebruik Bron 6A.

                     (a) Hoe, volgens die bron, het die Nasionale Party-regering
                         teenoor sy teenstanders opgetree?                (5 x 1)             (5)

                     (b) Waarom, dink jy, het die Minister van Justisie se houding oor
                         Steve Biko se dood die wêreld geskok?                  (2 x 2)       (4)

                     (c) Verduidelik waarom Suid-Afrika as 'n 'polisiestaat' beskou is.
                                                                                  (2 x 2)     (4)

         6.1.2       Verwys na Bron 6B.

                     (a) Noem die DRIE kamers waaruit die driekamerparlement
                         bestaan het.                                 (3 x 1)                 (3)

                     (b) Watter strukture het die apartheidsregering geskep om
                         voorsiening te maak vir die belange van die groep wat nie in
                         die driekamerparlement verteenwoordig is nie?        (1 x 2)         (2)

                     (c) Waarom, dink jy, het PW Botha die swart meerderheid van die
                         driekamerparlement uitgesluit?                       (2 x 2)         (4)

         6.1.3       Raadpleeg Bron 6C.

                     (a) Waarom, dink jy, is die woord 'hervorming' in vetgedrukte
                         letters in die spotprent geskryf?                  (1 x 2)           (2)

                     (b) Hoe, dink jy, sou die swart Suid-Afrikaner aan die linkerkant
                         oor die 'hervorming' gevoel het?                       (2 x 2)       (4)

                     (c) Verduidelik tot watter mate hierdie spotprent 'n akkurate voor-
                         stelling van gebeure aangaande PW Botha se driekamer-
                         parlement verskaf.                                      (3 x 2)      (6)

                     (d) Vergelyk Bron 6B en 6C. Verduidelik hoe hierdie bronne
                         mekaar ondersteun ten opsigte van PW Botha se
                         hervormingsmaatreëls teenoor Afrikane.          (2 x 2)              (4)

         6.1.4       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en
                     skryf 'n paragraaf van ongeveer 12 reëls (ongeveer 120 woorde)
                     om te verduidelik waarom die bewind van die Nasionale Party in
                     Suid-Afrika van 1976 tot 1994 deur onderdrukking en
                     onsuksesvolle hervorming gekenmerk is.                                   (12)
                                                                                              [50]
                                                                               TOTAAL:        200
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 (SG) (English) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-sg-english-june-2014-qp/4cee2274-271e-4435-91c3-0840a3727422) — History · QP · 2014 · Eng
- [History P1 (SG) (English) June 2014 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-sg-english-june-2014-addendum/4aa7434a-8815-410f-a2dd-92249bec2c0a) — History · Addendum · 2014 · Eng
- [History P1 (HG) (English) June 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-hg-english-june-2014-memo/af99a7de-7cff-42ba-8fe1-10db347d9bd2) — History · Memo · 2014 · Eng
- [History P2 (HG) (English) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-hg-english-june-2014-qp/50718c3c-2599-4d0c-91fe-dbc300d11e58) — History · QP · 2014 · Eng
- [HIST P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/3296a2b9-b5f3-4845-9366-f96f2839b363) — History · QP · 2014 · Afr
- [History P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-eng/89668a5f-bd22-4e52-9e37-55411cf74229) — History · QP · 2014 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
