# History Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Addendum

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC June Exam 2015, 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-addendum-afr/1e9611b0-eaa0-4767-9ed2-232afc4f632d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-addendum-afr/1e9611b0-eaa0-4767-9ed2-232afc4f632d)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 GESKIEDENIS V1

                                        2015

                                    ADDENDUM

                         Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              2                                          DBE/2015
                                     SSE – Addendum

VRAAG 1:         HOE HET DIE WESTERSE MOONDHEDE EN DIE SOWJETUNIE
                 NA 1945 OP DIE POLITIEKE ONTWIKKELINGE IN EUROPA
                 GEREAGEER?

BRON 1A

Hierdie is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat Winston Churchill, Eerste Minister van
Brittanje, op 5 Maart 1946 in Fulton, Missouri, in Amerika gelewer het. Dit was 'n
oproep tot 'n sterker vennootskap tussen Brittanje en die Verenigde State van Amerika
om Sowjet-uitbreiding in Oos-Europa te voorkom.

Van Stettin aan die Oossee tot Triëst aan die Adriatiese See het 'n ystergordyn oor die
vasteland neergedaal. Agter die lyn lê al die hoofstede van die antieke state van
Sentraal- en Oos-Europa. Warskou, Berlyn, Praag, Wene, Boedapest, Belgrado,
Boekarest en Sofia: al hierdie beroemde stede en die bevolkings daar rondom lê in die
Sowjet-sfeer en, in een of ander vorm, word almal nie net aan Sowjet-invloed
onderwerp nie, maar ook aan 'n baie hoë en toenemende mate van beheer uit
Moskou. Slegs Athene, met hulle onsterflike roem, is vry om oor hulle eie toekoms te
besluit in 'n verkiesing waargeneem deur Brittanje, Amerika en Frankryk …

Ek verwerp die idee dat 'n nuwe oorlog onafwendbaar is nog meer as dat dit dreig om
plaas te vind. Dis omdat ek so seker is dat ons ons lot in eie hande het en dat ons die
mag het om die toekoms te red, dat ek verplig voel om dit te sê terwyl ek die
geleentheid het. Ek glo nie Sowjet-Rusland wil 'n oorlog hê nie. Wat hulle begeer, is
die vrugte van oorlog en die onbepaalde uitbreiding van hulle mag en leerstellings …

Uit wat ek van ons Russiese vriende en hulle bondgenote tydens die oorlog gesien het,
is ek oortuig dat hulle niks meer as mag bewonder nie, en dat daar niks is waarvoor
hulle minder respek het as militêre swakheid nie … Indien die Westerse demokrasieë
saamstaan en by die beginsels van die Handves van die Verenigde Nasies bly, sal
hulle enorme invloed hê om hierdie beginsels te bevorder en na alle waarskynlikheid
sal niemand hulle hinder nie. As hulle egter verdeeld sou raak of hulle plig sou
versuim, en indien hierdie allerbelangrike jare toegelaat sou word om net weg te glip,
dan sal 'n katastrofe (ramp) hulle inderdaad oorweldig.

                                            [Uit The Origins of the Cold War deur M McCauley]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               3                                          DBE/2015
                                      SSE – Addendum

BRON 1B

Die uittreksel hieronder is uit 'n 'onderhoud' met die Sowjet-leier, Joseph Stalin,
geneem waarin hy op Churchill se 'Ystergordyn'-toespraak (' "Iron Curtain" speech')
reageer. Hierdie onderhoud is op 14 Maart 1946 in die staatsbeheerde koerant,
Pravda, gepubliseer. Die Kremlin-(hoofkwartier van die Sowjet-regering)rekords toon
dat Stalin die hele onderhoud self geskryf het (insluitend die vrae wat gevra is).

Vraag: Kan mnr. Churchill se toespraak as nadelig vir die saak van vrede en sekuriteit
beskou word?

Stalin: Ja, ongetwyfeld. Om die waarheid te sê, mnr. Churchill neem nou die
standpunt van die oorlogsoekers (mense wat oorlog skep) in. Mnr. Churchill is nie
alleen nie. Hy het nie net vriende in Brittanje nie, maar ook in die Verenigde State van
Amerika …

Die volgende omstandighede moet nie vergeet word nie. Die Duitsers het die USSR
deur Finland, Pole, Roemenië, Bulgarye en Hongarye ingeval. Die Duitsers kon die
USSR inval omdat regerings wat op daardie tydstip in die lande bestaan het, die
Sowjetunie vyandiggesind was.

As gevolg van die Duitse inval het die Sowjetunie 'n totaal van ongeveer sewe miljoen
mense onherroeplik (vir altyd) verloor in die gevegte teen Duitsland en ook as gevolg
van die Duitse besetting en die deportasie (verbanning) van Sowjet-burgers na Duitse
slawerny (knegskap). Met ander woorde, die Sowjetunie se lewensverlies was verskeie
kere groter as dié van Brittanje en die Verenigde State van Amerika saam. In sekere
kringe is daar moontlik 'n geneigdheid om van hierdie kolossale (groot) opofferinge van
die Sowjet-volk, wat Europa se vryheid van die Hitleriaanse juk (onderdrukking)
verseker het, te vergeet. Maar die Sowjetunie kan nie van hulle vergeet nie. So wat
verrassend kan wees oor die feit dat die Sowjetunie, angstig om hulle toekomstige
veiligheid te verseker, probeer om toe te sien dat regerings wat lojaal in hulle houding
teenoor die Sowjetunie is, in hierdie lande moet bestaan? Hoe kan enigiemand, wat
nie van sy verstand af is nie, hierdie vreedsame strewe van die Sowjetunie as
ekspansionistiese (uitbreidings-) neigings aan die kant van ons staat beskryf?

                                             [Uit The Origins of the Cold War deur M McCauley]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                   4                                               DBE/2015
                                          SSE – Addendum

BRON 1C

Die visuele bron hieronder is deur die Britse spotprenttekenaar, Illingworth, geteken.
Dit is op 16 Junie 1947 in die Daily Mail gepubliseer en toon Stalin se beleid van
ekspansionisme in Oos-Europa.

                  SWEDE                             FINLAND
                                                                      SOWJET-RUSLAND

                                                                      LANDE IN SOWJET POLITIEKE,
                                                                      EKONOMIESE EN STRATEGIESE BLOK

                                                                      LANDE MET KOMMUNISTIESE REGERINGS
                                                                      OF REGERINGS WAT DEUR
                                                                      KOMMUNISME BEÏNVLOED IS

                                                                      LANDE ONDER STERK SOWJET
                                                                      POLITIEKE DRUK

                                                                      LANDE WAT NOG NIE BESLUIT HET NIE   ?

                                                                                                   STALIN

      [Uit http://www.cartoons.ac.uk/browse/cartoon_item/anytext=illingworth%20-%20stalin?page=104.
                                                              Toegang op 23 September 2014 verkry.]

                     POLE                                              ROEMENIË

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                     5                                             DBE/2015
                                            SSE – Addendum

BRON 1D

Dit is deel van 'n toespraak wat op 12 Maart 1947 deur Harry S Truman voor die
Amerikaanse Kongres gelewer is. Dit fokus op die Verenigde State van Amerika se
voorneme om ekonomiese en finansiële hulp te verleen aan Europese lande wat dit
nodig gehad het.

Een van die primêre doelwitte van die buitelandse beleid van die Verenigde State is
die skep van toestande waarin ons en ander nasies 'n lewenswyse sonder dwang
(baasspelery) sal kan uitwerk. Dit was 'n fundamentele (basiese) kwessie in die oorlog
met Duitsland en Japan. Ons oorwinning was oor lande wat hulle wil, en hulle
lewenswyse, op ander nasies wou afdwing.

… Ons sal egter nie ons doelwitte bereik as ons nie bereid is om mense wat vry is te
help om hulle vrye instellings en hulle nasionale integriteit teen aggressiewe
bewegings, wat totalitêre regimes (regeringstelsels) op hulle wil afdwing, te verdedig
nie …

Totalitêre regimes is onlangs teen hulle sin op die mense van etlike lande van die
wêreld afgedwing. Die regering van Amerika protesteer gereeld teen die dwang en
intimidasie (druk), in stryd met die Jalta-ooreenkoms, in Pole, Roemenië en Bulgarye.
Ek moet ook noem dat daar in etlike ander lande soortgelyke gebeurtenisse
plaasgevind het …

Ek glo dat ons mense wat vry is, moet help om hulle eie lot op hulle eie manier uit
te werk.

Ek glo dat ons hulp hoofsaaklik ekonomies en finansieel moet wees wat noodsaaklik
vir ekonomiese stabiliteit en ordelike politieke prosesse is …

Ek sou dit nie aanbeveel het behalwe dat die alternatief baie ernstiger is nie. Amerika
het $341 000 000 000 tot die oorwinning van die Tweede Wêreldoorlog bygedra. Dit is
'n belegging in wêreldvryheid en wêreldvrede …

Die vry mense van die wêreld maak op ons staat om hulle te help om hulle vryheid
te behou. Indien ons leierskap sou wankel, kan ons wêreldvrede in gevaar stel – en
ons sal sekerlik die welsyn van die nasie in gevaar stel.

 [Uit Debating the Origins of the Cold War. American and Russian Perspectives deur R Levering (et al.)]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                   6                                               DBE/2015
                                          SSE – Addendum

VRAAG 2: HOE HET BUITELANDSE INGRYPING TUSSEN 1974 EN 1976 KOUE
         OORLOG-SPANNING IN ANGOLA VERERGER?

BRON 2A

Hierdie bron verduidelik die redes vir buitelandse betrokkenheid by Angola gedurende
die 1970's.

Die nasionalistiese bewegings in Angola is van die begin af deur die supermoondhede
ondersteun en hierdie stand van sake het voortgeduur nadat die land onafhanklik
geword het. Die Sowjet-blok, Kuba ingesluit, het altyd die MPLA gesteun, terwyl die
Westerse blok, veral Amerika, hulle steun aan die FNLA en UNITA gegee het. Die
wedywering tussen die twee blokke in Angola was duidelik op ideologiese en
strategiese belange gebaseer.

Die voormalige Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Henry Kissinger, het die
Sowjet-blok se ingryping in Angola in die konteks van VSA-USSR-wedywering
(mededinging) oor die wêreld heen geplaas en die Kremlin blameer dat hulle die krisis
daar beide begin en geëskaleer het. Hy het Amerikaanse inmenging geregverdig op
grond daarvan dat die doel daarvan was om die situasie te normaliseer. Gevolglik het
die Westerse moondhede onderneem om net soveel hulp aan die FNLA- en UNITA-
guerillas te verskaf as dit wat die MPLA by die USSR ontvang het. Die Sowjette en
Kubane het weer hulle ondersteuning van Angola en hulle teenwoordigheid in die land
geregverdig op grond van die Angolese versoek om beskerming teen imperialistiese
aggressie. Sedertdien het ander lande hulleself toegelaat om by die Angolese krisis
betrokke te raak, soos China, tot 'n sekere mate, en Suid-Afrika, wat direk by die
burgeroorlog aan die kant van UNITA betrokke geraak het onder die voorwendsel dat
Namibië teen SWAPO-guerillas, wat vanaf Angolese grondgebied militêre aksies
onderneem het, verdedig moes word en om te voorkom dat Marxisme die streek
indring …

… Maar behalwe hierdie ideologiese motiverings hou die uraan- en olieafsettings in
Angola verband met die belangstelling wat buitelandse moondhede in daardie land
toon. Amerika, wat groot ekonomiese belange in Zaïre, Namibië en Suid-Afrika gehad
het, het die USSR se poging om 'n rol in Angola te speel as 'n bedreiging van sy
ekonomiese belange in die streek beskou. Laastens, op strategiese vlak, is Angola in
baie opsigte in 'n baie voordelige posisie. Sy kuslyn en hawens aan die Atlantiese
Oseaan is van groot belang vir maritieme (see-)moondhede in beide die NAVO en die
Warskou-verdrag groep lande.

                       [Uit General History of Africa, Vol. VIII: Africa Since 1935 deur A Mazrui (ed.)]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               7                                             DBE/2015
                                      SSE – Addendum

BRON 2B

Hierdie uittreksel is geneem uit die webtuiste van die Verenigde State van Amerika se
Departement van Buitelandse Sake. Dit gee in breë trekke die redes vir die VSA en
ander lande se betrokkenheid by Angola in die 1970's.

Die MPLA het ook langgevestigde betrekkinge met Fidel Castro se Kuba gehad.
Die MPLA het voor 11 November 1975 met Castro vir Kubaanse hulp onderhandel.
Terselfdertyd het UNITA, wat Amerikaanse steun geniet het, die apartheidsregering in
Suid-Afrika vir militêre versterking genader. Om rebelle wat vir die onafhanklikheid van
die Suid-Afrikaans-besette Namibië geveg het se gebruik van Angola as 'n basis te
beëindig, het die regering in Pretoria magte (troepe) gestuur wat suidelike Angola in
Oktober binnegegaan het en vinnig na die hoofstad gevorder het. As antwoord hierop
het Castro Kubaanse Spesiale Magte gestuur om die Suid-Afrikaanse aanslag te stuit
en daarin geslaag om aandag te vestig op die feit dat Amerika 'n groep ondersteun het
wat nou hulp van 'n apartheidsregering aanvaar het.

Die Amerikaanse regering het die Suid-Afrikaanse ingryping aangemoedig, maar
verkies om hulle betrekkinge met die apartheidsregering as onbelangrik af te maak.
Toe die regering in Pretoria se betrokkenheid egter algemeen bekend geword het, het
die Chinese hulle raadgewers uit die streek onttrek en die Ford-administrasie het voor
binnelandse (interne) weerstand teen die Amerikaanse rol in die Angolese konflik te
staan gekom. President Gerald Ford het Kongresgoedkeuring gevra vir meer geld om
die operasie in Angola te befonds. Baie lede van die Kongres was egter versigtig om
oorsee betrokke te raak na die stryd in Viëtnam; ander wou die Suid-Afrikaanse
konneksie vermy en nog ander het nie geglo dat die kwessie belangrik was nie. Op die
ou end het die Kongres die President se versoek vir bykomende fondse verwerp. Suid-
Afrika het sy magte in die lente van 1976 onttrek en die MPLA was steeds die
amptelike regering van Angola.

                                       [Uit http://history.state.gov/milestones/1969-1976/angola.
                                                          Toegang op 15 September 2014 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               8                                              DBE/2015
                                      SSE – Addendum

BRON 2C

Die uitspraak hieronder is deur die I Wor Kuen ('n Asiaat-Amerikaanse revolusionêre
organisasie) namens die Angolese Selfbeskikkingskoalisie ('Coalition for Angolan Self-
Determination') gemaak. Die I Wor Kuen is in 1969 in New York gestig en is deur die
Chinese rewolusie geïnspireer. Dit het op Sowjet- en Amerikaanse aggressie in Angola
gefokus, maar China se rol ondersteun.

Die Volksrepubliek van China het ook die eenheid van die drie vryheidsbewegings
ondersteun – hulle het verkondig dat die bestaande verskille tussen hulle net sonder
buitelandse inmenging opgelos kon word. China het tot en met die Nakura-
ooreenkoms in Junie 1975 dit konkreet geïmplementeer deur hulp aan al drie
vryheidsbewegings in hulle regverdige stryd teen die Portugese te verleen. Met die
ooreenkoms geteken om 'n koalisieregering te vorm, het China op daardie tydstip
Angola se sake as 'n interne aangeleentheid beskou wat deur die Angolese self bepaal
moes word. China het aangedui dat hulle in die vervolg slegs aan 'n koalisieregering
hulp sou verleen.

… die Sowjetunie het hulle ware aard ontbloot. Onder hulle sosialistiese dekmantel
funksioneer hulle as 'n imperialistiese moondheid. Hulle verraai die ware wense van
die Angolese en twis met die Amerikaners om die natuurlike hulpbronne van Angola op
te raap en te ontgin, om beheer oor die lot van die Angolese en die res van suidelike
Afrika uit te oefen en om 'n militêre teenwoordigheid in die suidelike Atlantiese Oseaan
te vestig.

… die ander supermoondheid, Amerika, het ook 'n groot rol in die ondermyning van die
Angolese se stryd om onafhanklikheid en selfbeskikking gespeel … Amerika het
probeer om 'n ander vastrapplek in die Angolese situasie te kry deur hulp te stuur,
beide openlik en in die geheim deur die Amerikaanse Intelligensiediens ('CIA') en
ander maniere, aan magte wat tot burgeroorlog opgesweep is. Deur die verskille
tussen die vryheidsbewegings verder uit te buit en die 'beveg kommunisme'-kreet aan
te hef, het Amerika probeer om Angola se stryd om selfbeskikking te ondermyn en om
neokolonialistiese beheer oor Angola te verkry. Etlike Amerikaans-gebaseerde
multinasionale korporasies, soos Gulf Oil, het groot bedrywighede in Angola en na jare
waarin natuurlike hulpbronne ontgin is, soos olie in die noordelike Cabinda-streek, sal
hulle dit nie sonder 'n geveg opgee nie.

                                    [Uit http://www.marxist.org/history/erol/ncm-3/iwk-angola.htm.
                                                         Toegang op 20 September 2014 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  9                                             DBE/2015
                                         SSE – Addendum

BRON 2D

Hierdie spotprent deur Bob Connolly is op 27 November 1975 in die Rand Daily Mail
gepubliseer. Die titel is 'Op die vingers tik' ('Knuckle-rapping') en beeld Henry Kissinger
(die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake) uit wat die Russiese hand met 'n
'olyftakkie' slaan.

                                                                                             KISSINGER

                       [Uit Conflicting Missions – Havana, Washington, Pretoria deur Piero Gleijeses]

      RUSSIESE GREEP
         IN AFRIKA

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 10                                              DBE/2015
                                         SSE – Addendum

VRAAG 3: WATTER UITWERKING HET DIE DESEGREGASIE VAN CENTRAL
         HIGH SCHOOL IN DIE 1950'S OP RASSEVERHOUDINGE IN DIE
         VERENIGDE STATE VAN AMERIKA GEHAD?

BRON 3A

Hierdie bron fokus op die uitspraak wat die federale hooggeregshof van die Verenigde
State van Amerika in 1954 oor skooldesegregasie gemaak het. Dit lewer kommentaar
oor die reaksie van die Suidelike State op hierdie uitspraak.

Die federale hooggeregshof het in 1954 'n deurslaggewende (betekenisvolle) tree
gegee: in Brown v. Board of Education (Onderwysraad) van Topeka, Kansas. Die hof
het 'n wetsbepaling (statuut) van Kansas wat stede met meer as 15 000 mense
toegelaat het om aparte skole vir wit en swart mense te hê, ter syde gestel. In plaas
daarvan het die hof beslis dat alle segregasie in openbare skole 'inherent ongelyk' is
en dat alle swart leerders wat verbied word om openbare skole saam met wit leerders
by te woon, gelyke beskerming deur die wet, soos deur die Veertiende Amendement
gewaarborg, ontsê word. Die leerstuk is in 1956 na staatsondersteunde kolleges en
universiteite uitgebrei (verleng). Die hof het intussen in 1955 sy 1954-opinie ten uitvoer
gebring deur te verklaar dat die federale distrikshowe jurisdiksie (gesag) oor hofsake
sou hê om die desegregasiebesluit toe te pas en versoek dat desegregasie 'met die
grootste spoed' voortgaan.

Ten tyde van die 1954-besluit het wette in 17 Suidelike en randstate en Distrik
Columbia vereis dat laerskole gesegregeer moes wees.

Die stryd oor desegregasie was nou op die skole-vraag toegespits. Teen die einde van
1957 het nege van die 17 state en Distrik Columbia begin om hulle skoolstelsels te
integreer. Nog vyf ander state het teen 1961 'n paar geïntegreerde skole gehad. Die
state het meesal hulle toevlug tot tussentydse (tydelike) maatreëls of
leerderplasingwette geneem, wat oënskynlik leerders op nierassige grondslag aan
skole toegewys het. Geforseerde integrasie het tot baie geweld gelei. Die
merkwaardigste geval was Goewerneur Orval Faubus van Arkansas se minagting van
federale bevele (lasgewings) in 1957 wat die Arkansas Nasionale Burgermag ingeroep
het om integrasie in Little Rock te voorkom. President Eisenhower het gereageer deur
federale troepe te stuur om die hofbevel vir integrasie af te dwing.

                        [Uit http://www.infoplease.com/encyclopedia/history/integration-to-1963.html.
                                                           Toegang op 17 September 2014 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 Geskiedenis/V1                                 11                                           DBE/2015
                                          SSE – Addendum

 BRON 3B

 Hierdie foto toon 'n groep segregasioniste wat buite die Staatswetgewer in die
 hoofstad van Arkansas byeengekom het. Hulle was teen die toelating van swart
 Amerikaanse studente by Central High School in 1957 gekant.

 Die Konfederasie-vlag
 wat die Suidelike State
tydens die Amerikaanse                                                                  Die vlag van die
 Burgeroorlog (1861 tot                                                                 Verenigde State
   1865) gebruik het.                                                                    van Amerika

                                                                                        Orval Faubus
                                                                                      (Die Goewerneur
                                                                                       van Arkansas)

            [Uit http://www.encyclopediaofarkansas.net/encyclopedia/media-detail.aspx?mediaID=7188.
                                                              Toegang op 17 September 2014 verkry.]

 Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                   12                                             DBE/2015
                                           SSE – Addendum

BRON 3C

Die toespraak hieronder is op 24 September 1957 deur President Dwight Eisenhower
aan Amerikaanse burgers gelewer. Dit beskryf in hooftrekke die situasie wat vroeër die
dag by die Central High School in Little Rock plaasgevind het.

                                          DIE WITHUIS

TEKS VAN DIE PRESIDENT VAN AMERIKA SE TOESPRAAK WAT OP DINSDAG
24 SEPTEMBER 1957 OM 21:00 UIT SY KANTOOR IN DIE WITHUIS GELEWER IS.

My landgenote:

Ek wil vir 'n paar minute met julle praat oor die ernstige situasie wat in Little Rock
ontstaan het. Vir hierdie gesprek het ek na die President se kantoor in die Withuis
gekom. Ek kon vanaf Rhode Island gepraat het, maar ek het gevoel dat om vanuit die
huis van Lincoln, Jackson en Wilson te praat, my woorde my hartseer oor die
gedwonge ingryping vandag, asook my vasberadenheid om hierdie gedragsweg te volg
totdat die bevele van die federale hof in Little Rock sonder onwettige inmenging
uitgevoer kan word, duideliker sou oordra.

In daardie stad, onder die leierskap van demagogiese (verkrampte) ekstremiste, het
oproerige skares doelbewus die uitvoer van 'n federale hof se regverdige bevele
voorkom. Plaaslike owerhede het nie daardie gewelddadige teenstand uitgewis nie en,
volgens wet, het ek gister 'n proklamasie uitgevaardig waarin 'n beroep op die skare
gedoen is om uitmekaar te gaan.

Vanoggend het die skare weer voor die Central High School in Little Rock bymekaar
gekom, natuurlik met die doel om weer die uitvoering van die hofbevel oor die toelating
van swart Amerikaanse kinders by die skool te voorkom.

Wanneer gewone agentskappe die taak ontoereikend uitvoer en dit vir die uitvoerende
tak van die federale regering nodig word om sy mag en gesag te gebruik om federale
howe te bekragtig, is die President se verantwoordelikheid onvermydelik.

In ooreenstemming met daardie verantwoordelikheid het ek vandag 'n uitvoerende
bevel uitgevaardig wat die gebruik van troepe onder federale gesag gelas om die
uitvoer van federale wetgewing in Little Rock, Arkansas, te ondersteun. Dit het nodig
geword toe my proklamasie van gister nie nagekom is nie en die dwarsboming van die
gereg steeds voortgaan.

       [Uit http://www.eisenhower.archives.gov/research/online_documents/civil_rights_little_rock.html.
                                                             Toegang op 17 September 2014 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                    13                                             DBE/2015
                                            SSE – Addendum

BRON 3D

Die brief hieronder (met gebruik van die maatskappy se briefhoof) is deur Jackie
Robinson ('n prominente bestuursbeampte van die Chock Full o' Nuts-korporasie) aan
President Eisenhower geskryf. Hy het sy besorgdheid oor die desegregasie van skole
in die Verenigde State van Amerika oorgedra. Jackie Robinson was 'n sterk
voorstander van die erkenning van burgerregte vir alle swart Amerikaners. Die bron is
oorgetik om dit duideliker te maak.

            Chock full o' nuts
                             LEXINGTONLAAN 425
                               New York 17, NY
                                            13 Mei 1958
     Die President
     Die Withuis
     Washington, DC

     Geagte mnr. die President:

     Ek het gister in die gehoor gesit by die spitsberaad van swart Amerikaner-leiers
     toe jy gesê het ons moet geduldig wees. Toe ek jou dit hoor sê, wou ek opstaan
     en sê, 'O nee! Nie alweer nie.'

     Meneer, ek wil jou beleefd daaraan herinner dat ons die geduldigste van alle
     mense was. Toe u gesê het ons moet selfrespek hê, het ek gewonder hoe ons
     kan selfrespek hê en geduldig bly as die behandeling wat ons deur die jare
     gekry het, in ag geneem word.

     Sewentien miljoen swart Amerikaners kan nie doen wat u voorstel en wag vir
     mense se harte om te verander nie. Ons wil nou die regte geniet waarop ons
     voel ons as Amerikaners geregtig is. Ons kan dit nie doen as ons nie die
     aggressiewe doelwitte wat ander Amerikaners meer as 150 jaar gelede bereik
     het, nastreef nie.

     As die hoof uitvoerende beampte van ons nasie stel ek eerbiedig voor dat u
     onwetend (onskuldig) die gees van vryheid in swart Amerikaners vernietig deur
     aanhoudend aan te dring op verdraagsaamheid (geduld) en hoop gee aan
     daardie prosegregasieleiers (wat segregasie voorstaan) soos Goewerneur
     Faubus wat selfs die vryhede wat ons nou geniet, sou wou wegneem. U eie
     ondervinding met Goewerneur Faubus is genoeg bewys dat verdraagsaamheid
     en uiteindelike integrasie die doelwit van die prosegregasieleiers is.
     [Uit http://www.eisenhower.archives.gov/research/online_documents/civil_rights_little_rock. html.
                                                            Toegang op 17 September 2014 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             14                                    DBE/2015
                                     SSE – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Gleijeses, P. 1999. Conflicting Missions – Havana, Washington (Galago Publishing,
Alberton)
http://history.state.gov/milestones/1969-1976/angola
http://www.cartoons.ac.uk/browse/cartoon_item/anytext=illingworth%20-
%20stalin?page=104
http://www.eisenhower.archives.gov/research/online_documents/civil_rights_little_rock.
html
http://www.encyclopediaofarkansas.net/encyclopedia/media-
detail.aspx?mediaID=7188
http://www.infoplease.com/encyclopedia/history/integration-to-1963.html
http://www.marxist.org/history/erol/ncm-3/iwk-angola.htm
Levering, R (et al.). 2001. Debating the Origins of the Cold War. American and Russian
Perspectives (Rowmann and Littlefield, New York)
Mazrui, A (Ed.). 1999. General History of Africa, Vol. VIII: Africa since 1935 (New
Africa Books, South Africa)
McCauley, M. 1983. The Origins of the Cold War (Longman, Harlow)

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-eng/7d529eb9-2c0d-45a5-8a7a-c9e27cbc9665) — History · QP · 2015 · Eng
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [History P1 Nov 2015 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2015-addendum-eng/9444b833-1069-4085-92ed-1cdc967f7f1d) — History · Addendum · 2015 · Eng
- [History P1 Feb March 2015 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-addendum-afr/b38e6a73-d07b-46ef-932e-ece3ff449af6) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [History P1 May June 2022 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-addendum-eng/26551f4a-326d-4c97-be6f-e9e99fb1dd32) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [History P1 May June 2018 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2018-addendum-afr/588b2393-7412-46b2-a3d3-d563c3caddcd) — History · Addendum · 2019 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [NW 12 HISTORY P2 MG AFR JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-history-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/64a4b12b-a644-4185-88df-54e197cdc846) — QP · 2025 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
