# History Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-afr/d3bb59a8-52a2-414a-9b21-90a39807fd34
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-afr/d3bb59a8-52a2-414a-9b21-90a39807fd34)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 GESKIEDENIS V1

                                         2015

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n 14 bladsy-addendum.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              2                                   DBE/2015
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:      DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                       OORLOG

         VRAAG 2:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

         VRAAG 3:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                       BURGERREGTEBEWEGING

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:      DIE  UITBREIDING    VAN          DIE     KOUE      OORLOG:
                       GEVALLESTUDIE – VIËTNAM

         VRAAG 5:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE                 GEVALLE-
                       STUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË

         VRAAG 6:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                       SWARTMAGBEWEGING

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1     Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2     Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.       In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en
         insig gebruik.

6.       Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

7.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                3                                       DBE/2015
                                             SSE

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM.

VRAAG 1:         HOE HET DIE WESTERSE MOONDHEDE EN DIE SOWJETUNIE
                 NA 1945 OP DIE POLITIEKE ONTWIKKELINGE IN EUROPA
                 GEREAGEER?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1       Verwys na Bron 1A.

          1.1.1       Definieer die term ystergordyn in jou eie woorde.             (1 x 2)         (2)

          1.1.2       Waarom het Churchill beweer dat Oos-Europa se onafhanklikheid
                      bedreig was?                                          (1 x 2)                 (2)

          1.1.3       Verduidelik wat Churchill met die stelling 'wat hulle (Sowjetunie)
                      begeer, is die vrugte van oorlog' bedoel het.              (2 x 2)            (4)

          1.1.4       Watter stappe, volgens Churchill, moes Westerse moondhede
                      doen om die verspreiding van Sowjet-invloed in Europa te
                      voorkom?                                            (2 x 1)                   (2)

1.2       Raadpleeg Bron 1B.

          1.2.1       Waarom, volgens Stalin,       was    Churchill   'n   bedreiging vir
                      wêreldvrede en sekuriteit?                                     (1 x 2)        (2)

          1.2.2       Gebruik die bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom Stalin Sowjet-vriendelike regerings in Oos-Europa
                      gevestig het.                                           (2 x 2)               (4)

          1.2.3       Verduidelik tot watter mate jy die inligting in hierdie bron as
                      bruikbaar sou beskou vir 'n geskiedkundige wat die vestiging van
                      Sowjet-vriendelike regerings in naoorlogse Europa navors. (2 x 2)             (4)

1.3       Bestudeer Bron 1C.

          1.3.1       Watter boodskappe dra die visuele bron oor met betrekking tot
                      Stalin se optrede in naoorlogse Europa? Gebruik die visuele
                      leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.   (2 x 2)                 (4)

          1.3.2       Noem enige VIER lande wat onder Sowjet politieke en ekonomiese
                      beheer gekom het.                                        (4 x 1)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                4                                   DBE/2015
                                             SSE

1.4       Raadpleeg Bron 1A en 1C. Verduidelik hoe die spotprenttekenaar se
          uitbeelding van Stalin in Bron 1C Churchill se mening oor die Sowjetunie in
          Bron 1A ondersteun. Motiveer jou antwoord deur die bewyse in albei bronne
          te gebruik.                                                         (2 x 2)           (4)

1.5       Gebruik Bron 1D.

          1.5.1       Identifiseer enige TWEE doelwitte van die Verenigde State van
                      Amerika se buitelandse beleid wat Truman in 1947 in sy toespraak
                      voor die Kongres genoem het.                              (2 x 1)         (2)

          1.5.2       Wat verstaan jy onder die term totalitarisme?             (1 x 2)         (2)

          1.5.3       Verduidelik hoe Truman die vestiging van Sowjet-vriendelike
                      regerings in Oos-Europa beskou het. Gebruik bewyse in die bron
                      om jou antwoord te ondersteun.                          (2 x 2)           (4)

          1.5.4       Gee TWEE maniere, volgens Truman, waarop die Verenigde State
                      van Amerika die 'vry mense' van Europa kon ondersteun. (2 x 1)            (2)

1.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
          paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
          verduidelik hoe die Westerse moondhede en die Sowjetunie na 1945 op die
          politieke ontwikkelinge in Europa gereageer het.                                      (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 5                                      DBE/2015
                                              SSE

VRAAG 2: HOE HET BUITELANDSE INGRYPING TUSSEN 1974 EN 1976 KOUE
         OORLOG-SPANNING IN ANGOLA VERERGER?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Identifiseer die VIER lande (buite Afrika) wat voor en na
                      onafhanklikheid in Angola betrokke was.             (4 x 1)                   (4)

         2.1.2        Definieer die term supermoondhede in die konteks van die Koue
                      Oorlog in Angola.                                       (1 x 2)               (2)

         2.1.3        Verduidelik waarom die volgende lande na 1975 in Angola
                      betrokke geraak het:

                      (a) Verenigde State van Amerika                               (1 x 2)         (2)
                      (b) Suid-Afrika                                               (1 x 2)         (2)

2.2       Lees Bron 2B.

         2.2.1        Waarom, volgens die bron, het Fidel Castro besluit om troepe na
                      Angola te stuur?                                         (2 x 1)              (2)

         2.2.2        Verduidelik waarom die Amerikaanse regering 'verkies (het) om
                      hulle betrekkinge met die apartheidsregime as onbelangrik af te
                      maak'.                                                  (1 x 2)               (2)

         2.2.3        Waarom, volgens die bron, het die Amerikaanse Kongres die
                      president se versoek vir bykomende fondse om die operasie in
                      Angola te befonds, verwerp?                          (3 x 1)                  (3)

2.3      Gebruik Bron 2C.

         2.3.1        Verduidelik waarom China bereid was om met die vorming van 'n
                      koalisieregering in Angola te help.                    (2 x 2)                (4)

         2.3.2        Waarom, volgens die I Wor Kuen, was die Sowjetunie in Angola
                      betrokke?                                             (3 x 1)                 (3)

         2.3.3        Wat was die hoofrede vir die Verenigde State van Amerika se
                      betrokkenheid by Angola?                             (1 x 2)                  (2)

         2.3.4        Verduidelik tot watter mate 'n geskiedkundige die inligting in hierdie
                      bron as bruikbaar sal beskou vir navorsing oor die motiewe van die
                      supermoondhede se ingryping in Angola.                         (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 6                                     DBE/2015
                                              SSE

2.4      Raadpleeg Bron 2D.

         2.4.1        Verduidelik die boodskappe wat die spotprent oordra oor die
                      Sowjetunie se betrokkenheid by Angola. Gebruik die visuele
                      leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.  (2 x 2)                 (4)

         2.4.2        Lewer kommentaar op die titel van die spotprent, 'Op die vingers
                      tik' ('Knuckle-rapping'), in die konteks van hoe die Verenigde State
                      van Amerika op die Sowjetunie in Angola gereageer het.       (2 x 2)         (4)

2.5      Bestudeer Bron 2C en 2D. Verduidelik op watter maniere die bewyse in
         Bron 2D die inligting in Bron 2C oor die Amerika se betrokkenheid by Angola,
         weerspreek (teenspreek).                                              (2 x 2)             (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe buitelandse ingryping tussen 1974 en 1976 Koue Oorlog-
         spanning in Angola vererger het.                                                          (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 7                                    DBE/2015
                                              SSE

VRAAG 3: WATTER UITWERKING HET DIE DESEGREGASIE VAN CENTRAL
         HIGH SCHOOL IN DIE 1950's OP RASSEVERHOUDINGE IN DIE
         VERENIGDE STATE VAN AMERIKA GEHAD?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Gee TWEE redes, in die bron genoem, waarom die 1954-hoog-
                      geregshofbeslissing 'n deurslaggewende tree vir die desegregasie
                      van skole in die Verenigde State van Amerika was.         (2 x 1)           (2)

         3.1.2        Noem die TWEE instellings, in die bron genoem, waarna die
                      hooggeregshofbeslissing van 1956 uitgebrei (verleng) is. (2 x 1)            (2)

         3.1.3        Waarom, dink jy, het die hooggeregshof beslis dat desegregasie
                      'met die grootste spoed' voortgaan?                    (1 x 2)              (2)

         3.1.4        Definieer die term desegregasie in jou eie woorde.          (1 x 2)         (2)

         3.1.5        Watter faktore, in die bron genoem, het skole gemotiveer om in
                      1957 met die desegregasieproses te begin?                (2 x 1)            (2)

         3.1.6        Verduidelik of President Eisenhower se besluit om in 1957 federale
                      troepe na Little Rock te stuur, billik was.                 (2 x 2)         (4)

3.2      Raadpleeg Bron 3B.

         3.2.1        Wat, dink jy, was die hoofdoel van hierdie foto?            (1 x 2)         (2)

         3.2.2        Waarom het wit Amerikaanse ouers besluit om hulle kinders toe te
                      laat om deel van hierdie byeenkoms te wees?              (1 x 2)            (2)

         3.2.3        Die vlae van beide die Konfederasie en die Verenigde State van
                      Amerika kan in die foto gesien word. Verduidelik waarom jy dink
                      een van die jong betogers verkies het om die Konfederasie-vlag te
                      swaai.                                                    (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                8                                     DBE/2015
                                             SSE

3.3      Gebruik Bron 3C.

         3.3.1        Wat    het  President    Eisenhower      gemotiveer     om     op
                      24 September 1957 sy toespraak vanuit die Withuis te lewer?
                                                                                 (2 x 1)          (2)

         3.3.2        Verduidelik waarom plaaslike owerhede nie in staat was om die
                      gewelddadige teenstand wat in 1957 in Little Rock plaasgevind het,
                      uit te skakel nie.                                         (2 x 2)          (4)

         3.3.3        President Eisenhower het 'n uitvoerende bevel uitgevaardig vir
                      troepe om federale wetgewing in Little Rock af te dwing. Gee
                      TWEE redes, in die bron genoem, vir hierdie besluit.   (2 x 1)              (2)

         3.3.4        Verduidelik waarom 'n geskiedkundige die inligting in hierdie bron
                      as bruikbaar sal beskou wanneer die federale regering se
                      betrokkenheid by Central High School nagevors word.         (2 x 2)         (4)

3.4      Bestudeer Bron 3D.

         3.4.1        Noem die TWEE kwessies wat Jackie Robinson verplig het om
                      hierdie brief aan President Eisenhower te skryf.    (2 x 1)                 (2)

         3.4.2        Wat vertel Jackie Robinson se bywoning van die 'spitsberaad van
                      swart Amerikaner-leiers' jou van sy houding teenoor segregasie?
                                                                                 (1 x 2)          (2)

         3.4.3        Gebruik die bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik of
                      die doelwitte van die prosegregasieleiers bereik is.      (2 x 2)           (4)

3.5      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
         gevolge wat die desegregasie van Central High School in die 1950's op
         rasseverhoudinge in die VSA gehad het, verduidelik.                                      (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               9                                     DBE/2015
                                            SSE

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
         VIËTNAM

Ten spyte van die ontplooiing van troepe (soldate), wapens en ammunisie het die
Verenigde State van Amerika nie daarin geslaag om die verspreiding van
kommunisme in Viëtnam te voorkom nie.

Bespreek krities die geldigheid van hierdie stelling met verwysing na die betrokkenheid
van die Verenigde State van Amerika by die Viëtnam-oorlog tussen 1965 en 1975.                [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE
         KONGO EN TANZANIË

Nóg die Kongo nóg Tanzanië was suksesvol om na onafhanklikheid in die 1960's hulle
ekonomieë tot volle sterkte te ontwikkel.

Stem jy met hierdie stelling saam? Motiveer jou antwoord deur relevante bewyse te
gebruik.                                                                                      [50]

VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE                       1950's TOT DIE 1970's:
         SWARTMAGBEWEGING

Verduidelik tot watter mate die Black Panther-party in die 1960's die filosofie van Swart
Mag suksesvol in die Verenigde State van Amerika bevorder het. Gebruik relevante
bewyse om jou antwoord te ondersteun.                                                         [50]

                                                                              TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-eng/7d529eb9-2c0d-45a5-8a7a-c9e27cbc9665) — History · QP · 2015 · Eng
- [History P1 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-afr/f25eb9bf-58a9-4d1b-9c73-2af2dae573a6) — History · QP · 2015 · Afr
- [History P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-afr/bb785283-0610-46de-9d8f-cc2f73dda19c) — History · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [History P1 Nov 2015 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2015-addendum-eng/9444b833-1069-4085-92ed-1cdc967f7f1d) — History · Addendum · 2015 · Eng
- [History P1 Feb March 2015 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-addendum-afr/b38e6a73-d07b-46ef-932e-ece3ff449af6) — History · Addendum · 2015 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
