# History Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2016-afr/6c8e0e3f-8e6f-4486-b196-7f413c99b730
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2016-afr/6c8e0e3f-8e6f-4486-b196-7f413c99b730)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 GESKIEDENIS V1

                                         2016

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n 14 bladsy-addendum.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              2                                  DBE/2016
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:      DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                       OORLOG

         VRAAG 2:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

         VRAAG 3:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                       BURGERREGTEBEWEGING

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:      UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                       VIËTNAM

         VRAAG 5:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE                  GEVALLE-
                       STUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË

         VRAAG 6:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                       SWARTMAGBEWEGING

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
         gevind word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1     Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2     Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en
         insig gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 3                                    DBE/2016
                                              SSE

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1: WAS DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) VANAF 1947
         SUKSESVOL MET DIE VOORKOMING VAN DIE VERSPREIDING VAN
         KOMMUNISME NA GRIEKELAND?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1        Waarom, volgens die inligting in die bron, het Brittanje besluit om
                      sy finansiële ondersteuning en hulp aan Griekeland en Turkye te
                      onttrek?                                                     (1 x 1)        (1)

         1.1.2        Noem die Britse eerste minister wat besluit het om hulp aan
                      Griekeland en Turkye te onttrek.                     (1 x 1)                (1)

         1.1.3        Identifiseer TWEE amptenare wat verseker het dat die Verenigde
                      State van Amerika bystand aan Griekeland en Turkye verleen het.
                                                                               (2 x 1)            (2)

         1.1.4        Lewer kommentaar op waarom die Adjunk-minister van
                      Buitelandse Sake van die Verenigde State van Amerika besluit het
                      om die verslag wat aan George Marshall oorhandig is, te redigeer.
                                                                                  (2 x 2)         (4)

1.2      Raadpleeg Bron 1B.

         1.2.1        Noem TWEE maniere waarop die Verenigde State van Amerika
                      Griekeland ondersteun het.                        (2 x 1)                   (2)

         1.2.2        Waarom het President Truman verklaar dat streng toesig gehou
                      moes word oor Amerikaanse fondse wat aan Griekeland gegee is?
                                                                             (2 x 2)              (4)

         1.2.3        Definieer die begrip demokrasie in die konteks van die Koue
                      Oorlog in Europa.                                     (1 x 2)               (2)

         1.2.4        Watter persentasie van die verkose lede van die Griekse parlement
                      was demokrate?                                             (1 x 1)          (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                4                                    DBE/2016
                                             SSE

1.3      Gebruik Bron 1C.

         1.3.1        Identifiseer TWEE aanduidings in die bron dat die VSA
                      reaksionêres en fasciste ondersteun het.         (2 x 1)                   (2)

         1.3.2        Noem DRIE ontwikkelings wat in Griekeland en                 Turkye
                      plaasgevind het as gevolg van Amerika se invloedsfeer.       (3 x 1)       (3)

         1.3.3        Verduidelik wat jy dink geïmpliseer word deur die stelling dat 'die
                      Marshall-plan eenvoudig 'n slinkse (slim) manier was om die hele
                      Europa aan Amerikaanse kapitaal (geld) te onderwerp'.       (2 x 2)        (4)

         1.3.4        Lewer kommentaar op of jy die inligting in hierdie bron bruikbaar
                      sou vind wanneer die stuitingsbeleid (inperkingsbeleid) van die
                      VSA nagevors sou word.                                     (2 x 2)         (4)

1.4      Bestudeer Bron 1D.

         1.4.1        Verduidelik die boodskappe wat deur die spotprent oorgedra word.
                      Gebruik die visuele leidrade in die spotprent om jou antwoord te
                      ondersteun.                                               (2 x 2)          (4)

         1.4.2        Waarom, dink jy, is die mense deur die VSA as 'kommunistiese
                      opstandelinge' beskou?                               (2 x 2)               (4)

1.5      Gebruik die inligting in beide Bron 1C en 1D en verduidelik hoe die bewyse in
         Bron 1D die inligting in Bron 1C oor die VSA se verskaffing van hulp aan
         Griekeland in 1947 ondersteun.                                        (2 x 2)           (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe suksesvol die Verenigde State van Amerika (VSA) vanaf 1947
         was met die voorkoming van die verspreiding van kommunisme na
         Griekeland.                                                                             (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                5                                  DBE/2016
                                             SSE

VRAAG 2: HOE HET VERSKILLENDE GESKIEDKUNDIGES DIE SLAG VAN
         CUITO CUANAVALE BESKOU?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Waarom, volgens die bron, is die Slag van Cuito Cuanavale as
                      kontroversieel beskou?                                (1 x 2)            (2)

         2.1.2        Identifiseer TWEE redes in die bron, waarom die Suid-Afrikaanse
                      grondmagte besluit het om voor die verowering van Cuito
                      Cuanavale te onttrek.                                     (2 x 1)        (2)

         2.1.3        Waarom, dink jy, het sommige mense geglo dat die SAW die Slag
                      van Cuito Cuanavale gewen het? Gebruik bewyse in die bron om
                      jou antwoord te ondersteun.                            (1 x 2)           (2)

         2.1.4        Lewer kommentaar op wat die skrywer bedoel het met die frase,
                      'Die SAW … het dalk baie gevegte gewen, hoewel nie die oorlog
                      nie'.                                                  (2 x 2)           (4)

         2.1.5        Verduidelik waarom 'n leerder wat die uitkoms van die Slag van
                      Cuito Cuanavale navors, die inligting in die bron bruikbaar sou
                      vind.                                                    (2 x 2)         (4)

2.2      Gebruik Bron 2B.

         2.2.1        Kies TWEE bewyse in die bron wat aandui dat die Slag van Cuito
                      Cuanavale 'n positiewe invloed op die Namibiese vryheids-
                      beweging gehad het.                                    (2 x 1)           (2)

         2.2.2        Wat, volgens die bron, was die gevolg van vredesonderhandelings
                      in Angola vir:

                      (a)   Kuba                                                 (1 x 1)       (1)

                      (b)   Die African National Congress (ANC)                  (1 x 1)       (1)

         2.2.3        Verduidelik hoe Ronnie Kasrils op die uitkoms van die Slag van
                      Cuito Cuanavale gereageer het.                           (2 x 2)         (4)

2.3      Bestudeer Bron 2A en 2B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die mening
         ondersteun wat in Bron 2A oor die Slag van Cuito Cuanavale gegee is. (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 6                                    DBE/2016
                                              SSE

2.4      Lees Bron 2C.

         2.4.1        Wat, volgens die bron, was 'die mite' met betrekking tot die uitkoms
                      van die Slag van Cuito Cuanavale?                             (1 x 2)       (2)

         2.4.2        Definieer die begrip propaganda in die konteks van die uitkoms van
                      die Slag van Cuito Cuanavale.                               (1 x 2)         (2)

         2.4.3        Identifiseer enige TWEE frases in die bron wat toon dat die skrywer
                      nie geglo het dat die Kubane die Slag van Cuito Cuanavale gewen
                      het nie.                                                     (2 x 1)        (2)

         2.4.4        Verduidelik waarom die skrywer daarop aanspraak gemaak het dat
                      Suid-Afrika die Slag van Cuito Cuanavale gewen het. Gebruik
                      bewyse in die bron om jou antwoord te ondersteun.      (2 x 2)              (4)

2.5      Raadpleeg Bron 2D.

         2.5.1        Watter boodskap oor die Slag van Cuito Cuanavale word deur die
                      foto oorgedra?                                         (1 x 2)              (2)

         2.5.2        Verduidelik of die SAW as 'WENNERS' van die Slag van Cuito
                      Cuanavale beskou kan word. Gebruik inligting in die bron asook
                      jou eie kennis om jou antwoord te ondersteun.           (2 x 2)             (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe verskillende geskiedkundiges die Slag van Cuito Cuanavale
         beskou het.                                                                              (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  7                                     DBE/2016
                                               SSE

VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET DIE LITTLE ROCK NEGE IN 1957
         GEDURENDE DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL
         ERVAAR?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Waarom, volgens die bron, het Goewerneur Faubus gevra dat
                      troepe in 1957 na Central High School ontplooi moes word? (1 x 2)             (2)

         3.1.2        Verduidelik wat Goewerneur Faubus geïmpliseer het met die
                      volgende stelling: ' "bloed sal in die strate vloei" as Neger-leerders
                      in Central High School geïntegreer word.'                       (2 x 2)       (4)

         3.1.3        Definieer die begrip integrasie in die konteks van die gebeure/
                      verwikkelings by Central High School in 1957.            (1 x 2)              (2)

         3.1.4        Hoe, volgens die bron, het swart Amerikaanse ouers gereageer op
                      die gebeure wat op 3 September 1957 by Central High School
                      ontvou het?                                              (2 x 1)              (2)

         3.1.5        Verduidelik waarom jy dink die nege swart Amerikaanse leerders
                      nie op 3 September 1957 Central High School bygewoon het nie.
                                                                              (2 x 2)               (4)

3.2      Raadpleeg Bron 3B.

         3.2.1        Gebruik die inligting in die bron en sê hoe die Little Rock Nege
                      Central High School binnegegaan het.                       (1 x 1)            (1)

         3.2.2        Beskryf hoe die skare gereageer het op die swart Amerikaanse
                      verslaggewers wat buite Central High School bymekaargekom het.
                                                                              (2 x 1)               (2)

         3.2.3        Verduidelik waarom Burgemeester Woodrow Mann genoodsaak
                      was om hulp by die Federale Regering te versoek om die krisis by
                      Central High School op te los.                           (2 x 2)              (4)

         3.2.4        Watter bewyse in die bron gee te kenne dat die Verenigde State
                      van Amerika se weermag in September 1957 'n belangrike rol by
                      Central High School gespeel het?                        (1 x 2)               (2)

3.3      Gebruik Bron 3C.

         3.3.1        Watter boodskappe, dink jy, word deur hierdie foto oorgedra?
                                                                                  (2 x 2)           (4)

         3.3.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom swaar gewapende federale troepe op 25 September 1957
                      na Central High School ontplooi is.                        (2 x 2)            (4)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               8                                   DBE/2016
                                            SSE

3.4      Verwys na Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die inligting
         in Bron 3B ondersteun met betrekking tot die ontplooiing van federale troepe
         na Central High School in 1957.                                       (2 x 2)         (4)

3.5      Lees Bron 3D.

         3.5.1        Gee EEN rede waarom mev. Huckaby die meisieleerders voor die
                      matrikulasieplegtigheid na haar kantoor laat kom het. (1 x 1)            (1)

         3.5.2        Haal TWEE bewyse in die bron aan wat te kenne gee dat Jane
                      Emery 'n antisegregasionis was.                     (2 x 1)              (2)

         3.5.3        Lewer kommentaar op waarom jy die inligting in hierdie bron as 'n
                      betroubare bewys sou beskou wanneer jy die ervarings van die
                      Little Rock Nege by Central High School navors.           (2 x 2)        (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik watter uitdagings die Little Rock Nege gedurende die integrasie
         van Central High School in 1957 ervaar het.                                           (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             9                                   DBE/2016
                                          SSE

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:         UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                 VIËTNAM

Dit was grootliks die militêre taktiek wat die Verenigde State van Amerika (VSA) se
weermag teen die Viëtkong gebruik het wat bygedra het tot sy onvermoë om in die
vroeë 1970's die oorlog in Viëtnam te wen.

Stem jy met hierdie bewering saam? Gebruik relevante geskiedkundige bewyse van
die oorlog in Viëtnam om jou argument te ondersteun.                                      [50]

VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                 DIE KONGO EN TANZANIË

Bespreek krities die politieke en ekonomiese beleid wat in die Kongo ingestel is (deur
Mobutu Sese Seko) in vergelyking met dit wat tussen die 1960's en die 1980's in
Tanzanië (deur Julius Nyerere) ingestel is.

Gebruik relevante voorbeelde uit post-koloniale Kongo en Tanzanië om jou argument
te ondersteun.                                                                            [50]

VRAAG 6:         BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                 SWARTMAGBEWEGING

Een van die fundamentele beginsels van die Swartmagbeweging was om selfstandig
te wees en dinge vir hulleself te doen.

Verduidelik tot watter mate die beginsel van selfstandigheid suksesvol in die 1960's
deur Malcolm X, Stokely Carmichael en die Black Panther-party in die Verenigde State
van Amerika geïmplementeer is.

Gebruik relevante geskiedkundige bewyse om jou argument te ondersteun.                    [50]

                                                                            TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hist P1 Qp Eng Jun2016](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-qp-eng-jun2016/5fb99958-5825-4cdd-b57e-5dbe452d63f2) — History · QP · 2016 · Eng
- [Hist P1 Adde Eng Jun2016](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-adde-eng-jun2016/f33abed9-3abf-4480-be70-88f3a0d2fcc2) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2016-eng/7ecc30b3-80b2-4d62-9b4f-c007ce026be2) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-afr/bb785283-0610-46de-9d8f-cc2f73dda19c) — History · QP · 2022 · Afr
- [History P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-eng/7d529eb9-2c0d-45a5-8a7a-c9e27cbc9665) — History · QP · 2015 · Eng
- [History P2 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2016-memo-eng/c024dbbf-42d2-40d0-9d26-7bf3628ad5d3) — History · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
