# History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-addendum-afr/df51a47c-26d5-42fd-8593-592de0e87a21
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-addendum-afr/df51a47c-26d5-42fd-8593-592de0e87a21)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                GESKIEDENIS V1

                                       2017

                                   ADDENDUM

                       Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                2                                          DBE/2017
                                       SSE – Addendum

VRAAG 1:         HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE
                 SOWJETUNIE NA 1946 OP DIE EKONOMIESE SITUASIE IN
                 EUROPA GEREAGEER?

BRON 1A

Hierdie bron verduidelik die Verenigde State van Amerika se voorneme om van 1947
af die verspreiding van kommunisme in Europa te stuit.

… Amptenare van die Verenigde State van Amerika het in 1947 en 1948 nie presiese
idees gehad oor hoe om inperking (stuiting) te implementeer nie. Moes inperking (stuiting)
orals toegepas word? Moes dit militêr toegepas word? Moes Amerika fokus op
ekonomiese hulp aan nasies wat hulle ekonomieë wou heropbou? Moes die Verenigde
State voorkeur aan besettingsbeleide gee, veral in Duitsland en Japan?

Die Verenigde State se president het aanvanklik, in wat as die Truman-leer bekend
geword het, militêre hulp aan Griekeland en Turkye voorgestel, en verklaar dat die
Verenigde State oral totalitêre uitbreiding sou betwis. Maar sy onderhoriges het egter gou
besef dat hulle prioriteite versigtig sou moes bereken. Hulle het besluit dat hulle eerder op
ekonomiese heropbou as op militêre herbewapening in Wes-Europa moes fokus; dat
hulle na die verbrokkeling van ondersteuning van kommunistiese partye in Frankryk, Italië
en Griekeland moes streef; dat hulle die hernuwing (herstel) van Wes-Duitsland en Japan
moes bestuur, en hulle toekomstige mag moes kies. Inperking (Stuiting) het beteken dat
Sowjetinvloed en kommunistiese ideologie in die gebiede wat teen die einde van die
Tweede Wêreldoorlog deur die Sowjetunie se magte beset is, ingeperk moes word.

Die Verenigde State het in Junie 1947 die Marshall-plan aangekondig om Europa te help
herbou. Die regerings van die meeste Wes-Europese nasies was bly om Amerikaanse
geld te ontvang en aan 'n heropbouprogram deel te neem. Maar hulle het ernstige vrese
oor die oplewing van Duitse mag gehad. Die Verenigde State het belowe om sy
besettingsmagte in Duitsland te hou om die Franse sover te kry om saam te werk.

                                           [Uit http://press.princeton.edu/chapters/pons/s2-9143.pdf.
                                                                 Toegang op 16 Oktober 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              3                                        DBE/2017
                                     SSE – Addendum

BRON 1B

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit George Marshall se toespraak wat op
5 Junie 1947 in Cambridge, Massachusetts in die Verenigde State van Amerika
gelewer is. Hy het sy ekonomiese plan om Europese lande te help, aangekondig.

… Die redmiddel lyk asof dit in die verbreking van die bose (wrede) kringloop en in die
herstel van Europa se mense se vertroue in die ekonomiese toekoms van hulle eie lande,
en van Europa as 'n geheel, gesoek moet word. Die vervaardiger en die boer in
wydverspreide gebiede moet hulle produkte vir geldeenhede kan en wil verruil, en die
voortgesette waarde daarvan moet nie bevraagteken word nie.

Afgesien van die demoraliserende (kommerwekkende) invloed op die wêreld in die
algemeen en die mense betrokke, moet die gevolge (koste) vir die ekonomie van die
Verenigde State vir almal duidelik wees. Dit is logies dat die Verenigde State moet doen
wat hy ook al kan om te help met die herstel van die normale ekonomiese welstand in die
wêreld, waarsonder daar geen politieke stabiliteit en geen versekerde vrede kan wees
nie. Ons beleid is nie teen enige land of doktrine gerig nie, maar teen honger, armoede en
chaos. Die doel behoort die oplewing van 'n werkende ekonomie in die wêreld te wees,
om die opkoms van politieke en maatskaplike toestande waarin vrye instansies kan
bestaan, toegelaat word …

Ek is seker dat enige regering wat bereid is om te help met die hersteltaak, die volle
samewerking van die Verenigde State se regering sal hê. Enige regering wat probeer om
die herstel van ander lande te blokkeer, kan nie hulp van ons verwag nie. Regerings,
politieke partye of groepe wat daarna streef om menslike ellende (lyding) te verleng om
polities of andersins daaruit voordeel te trek, sal boonop teenstand van die Verenigde
State ondervind.

                                                      [Uit Book of Great Speeches deur A Burnet]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                4                                         DBE/2017
                                       SSE – Addendum

BRON 1C

Die uittreksel hieronder is uit 'n artikel met die titel, 'The Turn Towards Confrontation:
The Soviet Reaction to the Marshall Plan, 1947'. Dit is deur Scott D Parrish geskryf wat
Stalin se verwerping van die Marshall-plan ontleed.

… Stalin het sy vrees dat Amerikaanse ekonomiese mag die Sowjet-invloedsfeer in Oos-
Europa effektief kon ondermyn, blootgelê. Onder die dekmantel (verskoning) van die
Marshall-plan kon nie net Wes-Europa nie, maar ook Oos-Europa, in 'n anti-Sowjet-
koalisie gemobiliseer word …

Die Sowjetreaksie op die Marshall-plan was 'n uitgebreide verskuiwing van hoofstrategie.
Voor Marshall se aankondiging het Stalin nog gehoop dat dit moontlik sou wees om ten
minste oor sommige kwessies met die Weste saam te werk in die konteks van 'n
gemengde verhouding van mededinging en samewerking; nou het hy skynbaar geglo dat
selfs beperkte samewerking onmoontlik was. Die aanvalsdreigement wat die Marshall-
plan blykbaar weergegee het, het die Sowjetleier oortuig dat die Weste, gelei deur die
Verenigde State, vasberade was om 'n vyandige sirkel om die Sowjetunie te skep.
Aangesien die Weste deur sy dade getoon het dat hy inherent (natuurlik) vyandig teenoor
die Sowjetunie was, het hy [Stalin] blykbaar geredeneer dat enige verdere pogings om 'n
kompromie-onderhandeling te bewerkstellig, nie net sou misluk om positiewe gevolge te
lewer nie, maar ook die Sowjetunie vir Westerse uitbuiting sou oopstel. Stalin het
gevolglik vinnig beweeg om 'n reeks streng maatreëls te implementeer wat nie net geskep
is om sy eie invloedsfeer in Oos-Europa te beskerm nie, maar ook om wat hy as
Amerikaanse pogings beskou het om 'n anti-Sowjetblok in Wes-Europa te konsolideer, te
ondermyn. Hierdie algemene soort beleid sou voortduur tot met sy dood in 1953 …

Voor die Marshall-plan was koalisieregerings met wisselende vlakke van nie-
kommunistiese deelname die norm in die streek. Sulke koalisieregerings was voor die
somer van 1947 van krag in Pole, Tsjeggo-Slowakye, Hongarye, Bulgarye en Roemenië.
Die besluit om volskaalse sowjetisering van hierdie state toe te pas, is klaarblyklik na die
Marshall-plan geneem. Terwyl die vroeëre Nuwe Tipe Regeringstrategie nie die afdwing
van Stalinistiese polisiestate dwarsdeur die streek vereis het nie, het die nuwe beleid dit
wel gedoen.

                                                          [Uit http://fliphtml5.com/lpnd/mdrn/basic.
                                                          Toegang op 10 November 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            5                                         DBE/2017
                                   SSE – Addendum

BRON 1D

Die spotprent hieronder, deur Joe Spier, is in November 1949 deur die regering van
Nederland in 'n boekie gedruk.

                                                  [Uit http://score.rims.k12.ca.us/7/.
                                             Toegang op 15 November 2016 verkry.]

         Afrikaanse vertaling:
              SONDER DIE MARSHALL-PLAN
             GAAN JOU BROOD KAAL WEES …
                EN SO OOK JOU KINDERS!

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              6                                        DBE/2017
                                     SSE – Addendum

VRAAG 2: HOE BETEKENISVOL WAS DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE VIR
         SUIDELIKE AFRIKA?

BRON 2A

Die uittreksel hieronder is uit 'n publikasie van die Suid-Afrikaanse regering wat die
20ste herdenking van die Slag van Cuito Cuanavale gevier het.

Die voormalige President, Nelson Mandela, het na sy vrylating in 1991 Kuba sy eerste
buitelandse bestemming vir 'n amptelike besoek gemaak. Hy het tydens hierdie besoek in
'n toespraak in Havana (Kuba) die volgende opmerking gemaak:

'Die nederlaag van die rassistiese weermag by Cuito Cuanavale het dit vir my moontlik
gemaak om vandag hier te wees! Cuito Cuanavale is 'n mylpaal in die geskiedenis van
die vryheidstryd vir Suidelike Afrika!'

Die dorp Cuito Cuanavale is teen die internasionale media beskerm en dus was daar min
beriggewing oor die feit dat dit vir meer as tien maande, vanaf 1987 tot 1988, onder
beleëring in een van die grootste, en wat blyk ook die laaste, gevegte van die Koue
Oorlog gebuk gegaan het.

Die Slag van Cuito Cuanavale het die geskiedenis en politieke landskap van die Suider-
Afrikaanse streek onherroeplik verander. By die voorheen onbelangrike dorpie, Cuito
Cuanavale, het Angolese, Namibiese en Kubaanse magte daarin geslaag om die militêre
aggressie van die apartheid militêre magte te stuit. Terselfdertyd het Suid-Afrikaanse
vryheidsvegters van Umkhonto we Sizwe, wat in Noordelike Angola geveg het, daarin
geslaag om Angolese rebellesoldate te stuit en hulle verhinder om die
apartheidsweermag in die suide te versterk. Die vredesonderhandelinge wat op hierdie
slag gevolg het, het gelei tot die onttrekking van die Suid-Afrikaanse weermag uit Angola
en Namibië, wat gelei het tot die onafhanklikheid van Namibië, en die aanspoor van Suid-
Afrika se onderhandelde skikking …
                                                  [Uit www.pmpsa.gov.za/files/pdfs/synopsis.pdf.
                                                          Toegang op 7 Februarie 2017 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  7                                        DBE/2017
                                         SSE – Addendum

BRON 2B

Die foto hieronder toon Nelson Mandela en Fidel Castro wat in 1991 'n openbare
saamtrek in Havana, Kuba, bywoon. Dit was Nelson Mandela se eerste internasionale
reis nadat hy uit die gevangenis vrygelaat is.

             [Uit https://www.democracynow.org/2013/12/10/nelson_mandela_fidel_castro_a_video.
                                                        Toegang op 7 Februarie 2017 verkry.]

                 Nelson Mandela                                        Fidel Castro

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  8                                        DBE/2017
                                         SSE – Addendum

BRON 2C

Die uittreksel hieronder is 'n gedeelte van 'n toespraak wat Ronnie Kasrils op
24 April 2008 in Havana, Kuba, gelewer het. Hy het gefokus op hoe die Slag van Cuito
Cuanavale 'n belangrike nederlaag vir die apartheidsregime was.

… Cuito Cuanavale. Eenduisend kilometer van Luanda, Windhoek en Lusaka af,
tweeduisend kilometer van Pretoria af, meer as tienduisend kilometer van Havana af,
maar tog het so 'n afgeleë plek aan die Einde van die Aarde 'n politieke aardskudding
veroorsaak en gehelp om 'n eens magtige [apartheid-]regime wat die hele Afrika bedreig
het, te begrawe. Cuito Cuanavale het gehelp om tienmiljoene Afrikane in Angola, Namibië
en Suid-Afrika te bevry, om die anti-imperialistiese magte van Afrika en verder te versterk
en om onbreekbare bande tussen Suid-Afrika en Kuba te bewerkstellig …

Hierdie week vier Suid-Afrika die 14de herdenking van vryheid. Ons het skouspelagtige
vordering gemaak met die verbetering van die lewensomstandighede van ons mense,
veral die armes … en Kuba is saam met ons op die veeleisendste punte.

Soos ons ambassadeur, kameraad Thenjiwe Mtintso, onlangs uitgewys het: Geeneen van
Suid-Afrika se nuutgevonde vriende is, soos die Kubane, bereid om hulle lewens op te
offer om in die landelike gebiede van Suid-Afrika te dien nie. Op die oomblik is daar 27
samewerkingsooreenkomste op gebiede soos gesondheid, behuising, konstruksie,
onderwys, wetenskap en tegnologie. Sedert 1994 het 150 jong [Suid-Afrikaanse] dokters
by Kubaanse universiteite gegradueer terwyl 287 steeds in Kuba studeer met 60 wat
jaarliks arriveer. Meer as 500 Kubaanse kundiges doen tans internasionale diens in Suid-
Afrika en werk as dokters, professors, spesialiste, in verskillende sfere …

Ons is baie dankbaar vir die hulp wat ons ontvang het.

          [Uit www.ssa.gov.za/portals/0/SSA%20docs/speeches/2008/minister%20kasrils%Kuba%2024%
                                            20April%202008.pdf. Toegang op 7 Februarie 2017 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 9                                       DBE/2017
                                        SSE – Addendum

BRON 2D

Die uittreksel hieronder is uit 'n artikel wat deur Gary Baines geskryf is. Dit fokus op die
belang van die Slag van Cuito Cuanavale vir sommige wit Suid-Afrikaanse Weermag-
soldate wat in Angola geveg het.

Sedert die African National Congress die regerende party in Suid-Afrika geword het, het
woordvoerders gereeld verklaar dat die triomf van die Angolese en Kubaanse magte by
Cuito Cuanavale oor die 'apartheidsweermag' die ANC se hand in die onderhandeling van
'n skietstaking in Suid-Afrika versterk het. Van Nelson Mandela tot Jacob Zuma, het ANC-
presidente die Kubane wat hulle lewens uit solidariteit met die vryheidstryd opgeoffer het,
as helde vereer …

Hierdie ontwikkelings het daartoe gelei dat afgetrede SAW apologete (ondersteuners) die
ANC se weergawe betwis. Boeke, briewe, koerante en blogs is geskryf in 'n poging om
reg te maak wat wyd beskou word as 'eensydige' en 'verkeerde' interpretasies van die
gebeure. Afriforum, die Afrikaner-drukgroep, het in Februarie 2012 sosiale media gebruik
om mense te versoek om 'n veldtog te ondersteun wat eis dat die regering sy
wanvoorstelling van [wit] Afrikaner-geskiedenis laat vaar … Hulle is ook gevra om
Generaal Jannie Geldenhuys se onlangse boek, We Were There: Winning the War for
Southern Africa, wat beweer dat die 'werklike' geskiedenis van die Slag van Cuito
Cuanavale vertel word, onderskryf …

SAW-veterane (soldate) het op verskeie geleenthede gemobiliseer om die ANC se
weergawe van die geskiedenis van die Grensoorlog oor die algemeen te betwis … Want
hierdie geskiedenis is deel van wie hulle is en gaan sover as om hulle identiteite in die
Suid-Afrika na apartheid te definieer.

                                                     [Uit Replaying Cuito Cuanavale deur G Baines]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               10                                         DBE/2017
                                       SSE – Addendum

VRAAG 3: HOE HET DIE BURGERS VAN LITTLE ROCK, ARKANSAS, IN DIE
         1950's OP DIE DESEGREGASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL
         GEREAGEER?

BRON 3A

Hierdie bron fokus op die uitspraak van die Verenigde State Federale Hooggeregshof
in 1954 oor skooldesegregasie. Dit beklemtoon hoe Central High School in Little Rock,
Arkansas, deur die uitspraak geaffekteer is.

… die Hof … het in 'n eenparige besluit, deur [Hoofregter] Earl Warren self geskryf,
gepraat. Die besluit het aangevoer dat rassesegregasie van kinders in openbare skole
die Gelykebeskerming-klousule van die Veertiende Amendement, wat bepaal dat 'geen
staat 'n wet sal maak of afdwing wat enige persoon in sy jurisdiksie die gelyke
beskerming van wette ontsê nie …'

Aan die ander kant het die Amendement nie integrasie verbied nie. In elk geval het die
Hof bevestig (verklaar) dat die Veertiende Amendement vandag gelyke onderwys
waarborg. Die Hof het gesê dat openbare onderwys in die 20ste eeu 'n noodsaaklike
komponent van 'n burger se openbare lewe geword het, wat die grondslag van
demokratiese burgerskap, normale sosialisering en professionele opleiding vorm. In
hierdie konteks sal enige kind wat goeie onderwys geweier word, waarskynlik nie in die
lewe suksesvol wees nie. Waar 'n staat dus onderneem het om universele onderwys te
voorsien, word sodanige onderwys 'n reg wat in gelyke mate aan swartes en wittes
verskaf moet word.

Was die swart en wit skole 'hoofsaaklik' gelyk soos die laer howe bevind het? Nadat
sielkundige studies bestudeer is wat getoon het dat swart meisies in gesegregeerde skole
lae rasseselfrespek het, het die Hof beslis dat om kinders op grond van ras te skei,
gevaarlike minderwaardigheidskomplekse veroorsaak wat 'n nadelige uitwerking op swart
kinders se leervermoë het. Die Hof het beslis dat selfs as die fisiese geriewe by swart en
wit skole dieselfde was, rassesegregasie in skole inherent ongelyk is en dus altyd
onkonstitusioneel is.

                              [Uit http://www.pbs.org/wnet/supremecourt/rights/landmark_brown.html.
                                                                Toegang op 16 Oktober 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  11                                          DBE/2017
                                          SSE – Addendum

BRON 3B

Die uittreksel hieronder fokus op hoe die Little Rock Skoolraad die Federale
Hooggeregshofbeslissing van 1954 oor skooldesegregasie aanvaar het. Die raad was
slegs gewillig om 'n geleidelike desegregasieproses, wat oor baie jare sou plaasvind,
te implementeer.

Die Little Rock Skoolraad het op 22 Mei 1954 het 'n verklaring uitgereik wat verklaar het
dat hulle die Hof se besluit sou nakom sodra die Hof die metode en tydsbestek vir
implementering uitgestippel het. Die raad het intussen Superintendent Virgil Blossom
opdrag gegee om 'n desegregasieplan op te stel. Die skoolraad het in Mei 1955 die
Faseprogramplan van geleidelike desegregasie aanvaar, wat as die 'Blossom Plan', na
die skrywer vernoem, bekend geword het.

Die plan is oorspronklik bedink om op elementêre skoolvlak te begin. Soos wat ouers van
leerders in elementêre skole egter van die mees uitgesproke ondersteuners teen
integrasie geword het, het distriksamptenare in die herfs van 1957 egter besluit om
nominale (klein) desegregasie by Central High School te begin, om teen 1960 na die
junior hoër vlak uit te brei en tentatief, na elementêre vlak teen 1963. Die plan het ook 'n
oorplasingsbepaling bevat wat leerders sou toegelaat om van 'n skool waar hulle ras in
die minderheid was, oorgeplaas te word. Dit het verseker dat leerders by Horace Mann
High School hoofsaaklik swart Amerikaners sou wees.

                 [Uit http://www.encyclopediaofarkansas.net/encyclopedia/entry-detail.aspx?entryID=718.
                                                                Toegang op 8 Januarie 2017 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 12                                        DBE/2017
                                         SSE – Addendum

BRON 3C

Hierdie pamflet is deur die Mothers' League ('n organisasie wit Amerikaanse vrouens
wat teen integrasie was) versprei aan al die belanghebbendes wat Central High School
bygewoon het. Dit skets in breë trekke die rigting wat die raad van Central High School
sou inslaan rakende die Hooggeregshof beslissing oor die desegregasie van skole in
die Verenigde State van Amerika. (Vertaal in Afrikaans en oorgetik)

        WIL JULLE *NEGERS IN ONS                                                                        *
               SKOLE HÊ?
AS JULLE NIE WIL NIE, MOET JULLE EERSKOMENDE MAANDAG
STEMBUSSE TOE GAAN EN

VIR VERWYDERING                  STEM                         TEEN VERWYDERING
       LAMB                                                        McKINLEY
       MATSON                                                      ROWLAND
       TUCKER                                                      LASTER

DIT IS DIE EENVOUDIGE WAARHEID. AS DIE INTEGRASIONISTE
HIERDIE SKOOLRAAD-GEVEG WEN, SAL DIE SKOLE HIERDIE HERFS
GEÏNTEGREER WORD. DAAR GAAN ABSOLUUT NIKS WEES WAT JY
OF ONS KAN DOEN OM DIT TE KEER NIE.

                     STEM ASSEBLIEF REG!!!
                          Kom ons werk saam in hierdie geveg –
                                 Stuur jou bydrae aan

    THE MOTHERS' LEAGUE
       Posbus 3321                          .       LITTLE ROCK, ARKANSAS
      Advertensie betaal deur Margaret C Jackson, President; Mary Thomason, Sekretaresse
              [Uit http://www.encyclopediaofarkansas.net/encyclopedia/media-detail.aspx?mediaID=6625.
                                                                Toegang op 17 September 2016 verkry.]

* Negers: 'n Afbrekende (neerhalende) term wat gebruik is om na swart
            Amerikaners te verwys

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  13                                            DBE/2017
                                          SSE – Addendum

BRON 3D

Hierdie foto toon soldate van die Nasionale Garde wat vir Elizabeth Eckford wys om 'n
ander ingang te vind in haar poging om Central High School binne te gaan gedurende
die integrasiekrisis wat in 1957 in Little Rock plaasgevind het.

    [Uit http://www.encyclopediaofarkansas.net/encyclopedia/media-detail.aspx?mediaID=7784.
                                                      Toegang op 17 September 2014 verkry.]

        Soldate van die                                               Elizabeth Eckford
        Nasionale Garde

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               14                              DBE/2017
                                       SSE – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Baines, G. 2012. 'Replaying Cuito Cuanavale' History Today Volume 62, Issue 9)

Burnet, A. 2013. Book of Great Speeches, UK (Chambers)

http://fliphtml5.com/lpnd/mdrn/basic

http://press.princeton.edu/chapters/pons/s2-9143.pdf

http://score.rims.k12.ca.us/7/

http://www.encyclopediaofarkansas.net/encyclopedia/entry-detail.aspx?entryID=718

http://www.encyclopediaofarkansas.net/encyclopedia/media-
detail.aspx?mediaID=7784

http://www.encyclopediaofarkansas.net/encyclopedia/media-
detail.aspx?mediaID=6625

http://www.pbs.org/wnet/supremecourt/rights/landmark_brown.html

https://www.democracynow.org/2013/12/10/nelson_mandela_fidel_castro_a_video

www.pmpsa.gov.za/files/pdfs/synopsis.pdf

www.ssa.gov.za/portals/0/SSA%20docs/speeches/2008/minister%20kasrils%Kuba%2
024%20April%202008.pdf

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-memo-eng/662ba1e6-fb78-4312-a0cd-1e0d4024f033) — History · Memo · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC History P1 Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-preparatory-2017-addendum/7da8bbb8-c55d-4436-ba09-b666876b6115) — History · Addendum · 2017
- [History P1 May June 2022 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-addendum-eng/26551f4a-326d-4c97-be6f-e9e99fb1dd32) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [History P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2017-memo-eng/85076440-4ade-42cf-9119-7e4e53348597) — History · Memo · 2017 · Eng
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — History · Memo · 2025 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
