# History Grade 12 P1 NSC June 2017 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-afr/c839c0a9-bdc5-4caa-bb7c-2fcedd0a9387
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC June 2017 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-afr/c839c0a9-bdc5-4caa-bb7c-2fcedd0a9387)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              GESKIEDENIS V1

                                      2017

                                                                    PUNTE: 150

                                                                      TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                2                                 DBE/2017
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
       voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

        AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

       VRAAG 1:          DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                         OORLOG

       VRAAG 2:          ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

       VRAAG 3:          BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                         BURGERREGTEBEWEGING

       AFDELING B: OPSTELVRAE

        VRAAG 4:       UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                       VIËTNAM

        VRAAG 5:       ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                       DIE KONGO EN TANZANIË

        VRAAG 6:       BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                       SWARTMAGBEWEGING

2.     AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
       benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
       word.

3.     AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.     Beantwoord DRIE vrae soos volg:

       4.1       Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
                 moet 'n opstelvraag wees.

       4.2       Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees.

5.      Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.      In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
        gebruik.

7.      Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 3                                     DBE/2017
                                              SSE

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:         HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE
                 SOWJETUNIE NA 1946 OP DIE EKONOMIESE SITUASIE IN
                 EUROPA GEREAGEER?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Gebruik Bron 1A.

         1.1.1        Verduidelik die term inperking (stuiting) in die konteks van die
                      Koue Oorlog.                                              (1 x 2)            (2)

         1.1.2        Noem DRIE maniere in die bron wat die Verenigde State van
                      Amerika kon gebruik het om die inperkingsbeleid (stuitingsbeleid)
                      te implementeer.                                          (3 x 1)            (3)

         1.1.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      hoe die ekonomiese heropbou van lande in Wes-Europa die
                      Verenigde State van Amerika se ekonomie in die laat 1940's kon
                      bevoordeel het.                                            (1 x 2)           (2)

1.2      Verwys na Bron 1B.

         1.2.1        Noem TWEE maniere waarop George Marshall van plan was om
                      mense in verskeie Europese lande by te staan.      (2 x 1)                   (2)

         1.2.2        Waarom, volgens die bron, was dit vir die Verenigde State van
                      Amerika nodig om die 'ekonomiese welstand in die wêreld' te
                      herstel?                                               (1 x 2)               (2)

         1.2.3        Wat, dink jy, is met die volgende stelling bedoel: 'Regerings,
                      politieke partye of groepe wat daarna streef om menslike ellende
                      (lyding) te verleng om polities of andersins daaruit voordeel te trek,
                      sal boonop teenstand van die Verenigde State ondervind'? (2 x 2)             (4)

                      Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in hierdie
         1.2.4        bron vir 'n historikus wat navorsing doen oor hoe die Marshall-plan
                      geïmplementeer is.                                         (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                4                                    DBE/2017
                                             SSE

1.3      Bestudeer Bron 1C.

         1.3.1        Waarom, volgens die bron, het Stalin die ekonomiese mag van die
                      Verenigde State van Amerika gevrees?                     (2 x 1)           (2)

         1.3.2        Verduidelik, in jou eie woorde, Stalin se houding teenoor die
                      Weste:

                      (a)   Voor die Marshall-plan geïmplementeer is               (1 x 2)       (2)

                      (b)   Na die Marshall-plan geïmplementeer is                 (1 x 2)       (2)

         1.3.3        Lewer kommentaar op waarom Stalin beweer het dat die Marshall-
                      plan 'n 'aanvalsbedreiging' vir die Sowjetunie was.    (2 x 2)             (4)

         1.3.4        Kies enige DRIE lande in die bron wat koalisieregerings voor die
                      bekendstelling van die Marshall-plan gevorm het.         (3 x 1)           (3)

1.4       Bestudeer Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1C verskil van
          die inligting in Bron 1B ten opsigte van die doel van die Marshall-plan. (2 x 2)       (4)

1.5       Raadpleeg Bron 1D.

          1.5.1       Verduidelik die boodskappe wat die spotprenttekenaar ten opsigte
                      van die Marshall-plan oordra.                             (2 x 2)          (4)

          1.5.2       Lewer kommentaar op waarom jy dink die spotprenttekenaar
                      'brood' gebruik het om die Marshall-plan te simboliseer. (1 x 2)           (2)

1.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
          'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
          verduidelik hoe die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie na 1946
          op die ekonomiese situasie in Europa gereageer het.                                    (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                5                                    DBE/2017
                                             SSE

VRAAG 2: HOE BETEKENISVOL WAS DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE VIR
         SUIDELIKE AFRIKA?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1       Volgens die bewyse in die bron, na watter buitelandse land het
                     Nelson Mandela gereis nadat hy in 1990 uit die gevangenis
                     vrygelaat is?                                           (1 x 1)             (1)

         2.1.2       Verduidelik waarom Nelson Mandela beweer het dat die Slag van
                     Cuito Cuanavale 'n 'mylpaal in die geskiedenis van die
                     vryheidstryd' was.                                     (2 x 2)              (4)

         2.1.3       Definieer die term beleëring in die konteks van die Slag van Cuito
                     Cuanavale.                                                  (1 x 2)         (2)

         2.1.4       Gebruik die bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom 'die Slag van Cuito Cuanavale … die geskiedenis en
                     politieke landskap van die Suider-Afrikaanse streek onherroeplik
                     verander' het.                                           (2 x 2)            (4)

         2.1.5       Maak 'n lys van die DRIE magte in die bron wat die apartheid
                     militêre magte verhoed het om Cuito Cuanavale binne te dring.
                                                                                (3 x 1)          (3)

         2.1.6       Watter rol, volgens die inligting in die bron, het Umkhonto we Sizwe
                     gedurende die Slag van Cuito Cuanavale gespeel?               (1 x 2)       (2)

2.2      Raadpleeg Bron 2B.

         2.2.1        Verduidelik die boodskappe wat die bron oordra ten opsigte van
                      die verhouding tussen Nelson Mandela en Fidel Castro in 1991.
                      Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te
                      ondersteun.                                             (2 x 2)            (4)

         2.2.2        Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
                      historikus wat die verhouding tussen die African National Congress
                      en Kuba navors.                                             (2 x 2)        (4)

2.3      Bestudeer Bron 2C.

         2.3.1        Kies TWEE bewysstukke uit die bron wat aandui dat Cuito
                      Cuanavale baie 'afgeleë' was, ver van Suid-Afrika en Kuba. (2 x 1)         (2)

         2.3.2        Verduidelik waarom jy dink Ronnie Kasrils 'baie dankbaar' was dat
                      Kuba Suid-Afrika ondersteun het na die verkryging van demokrasie
                      in 1994.                                                   (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                6                                   DBE/2017
                                             SSE

2.4      Lees Bron 2D.

         2.4.1        Watter TWEE lande, volgens die ANC, het die apartheidsregime se
                      weermag by Cuito Cuanavale verslaan?                     (2 x 1)          (2)

         2.4.2        Waarom, volgens die bron, het verskeie ANC-presidente die
                      'Kubane as helde' vereer?                          (1 x 2)                (2)

         2.4.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom Afriforum teen die ANC se weergawe van die uitkoms van
                      die Slag van Cuito Cuanavale gekant was.                   (2 x 2)        (4)

2.5      Bestudeer Bron 2A en 2D. Verduidelik hoe die bewyse in hierdie bronne
         verskil ten opsigte van die Slag van Cuito Cuanavale.          (2 x 2)                 (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
         belang van die Slag van Cuito Cuanavale vir Suidelike Afrika verduidelik.              (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 7                                     DBE/2017
                                              SSE

VRAAG 3: HOE HET DIE BURGERS VAN LITTLE ROCK, ARKANSAS, IN DIE
         1950's OP DIE DESEGREGASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL
         GEREAGEER?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Lees Bron 3A.

         3.1.1       Verduidelik die term segregasie in die konteks van die krisis in die
                     1950's by Central High School.                               (1 x 2)          (2)

         3.1.2       Hoe, volgens die inligting in die bron, het die Hof gereageer op die
                     rassesegregasie van kinders by skole?                        (1 x 2)          (2)

         3.1.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                     Hof se beslissing oor die uitwerking wat segregasie op swart
                     Amerikaanse kinders gehad het.                                (2 x 2)         (4)

3.2      Verwys na Bron 3B.

         3.2.1       Wie, volgens die bron, was verantwoordelik vir die opstel van
                     'n plan ten opsigte van die desegregasie van skole in Little Rock?
                                                                                   (1 x 1)         (1)

         3.2.2       Waarom is die oorspronklike plan vir skooldesegregasie nie
                     geïmplementeer nie?                                 (1 x 2)                   (2)

         3.2.3       Noem DRIE stappe wat distriksamptenare gedoen het om te
                     verseker dat desegregasie in alle skole geïmplementeer word.
                                                                               (3 x 1)             (3)

         3.2.4       Verduidelik hoe die 'oorplasingsbepaling' teenstrydig was met die
                     Federale Hooggeregshofbeslissing van 1954 ten opsigte van die
                     integrasie van skole in die VSA.                           (2 x 2)            (4)

3.3      Bestudeer Bron 3C.

         3.3.1       Identifiseer die hoofsaak wat in die pamflet aangeroer is.     (1 x 1)        (1)

         3.3.2       Haal DRIE bewyse uit die pamflet aan wat toon dat die Mothers'
                     League die segregasie van skole ondersteun het.        (3 x 1)                (3)

         3.3.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en sê wat jy dink
                     met die woorde 'STEM ASSEBLIEF REG!!!' geïmpliseer is. (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               8                                   DBE/2017
                                            SSE

3.4      Raadpleeg Bron 3D.

         3.4.1       Waarom, dink jy, is hierdie foto geneem?                   (2 x 2)        (4)

         3.4.2       Verduidelik waarom die Nasionale Garde in 1957 besluit het om te
                     voorkom dat Elizabeth Eckford Central High School, binnegaan.
                                                                               (2 x 2)         (4)

         3.4.3       Lewer kommentaar op waarom 'n historikus wat navorsing doen
                     oor die desegregasie van Central High School hierdie bron
                     bruikbaar sou vind.                                  (2 x 2)              (4)

3.5      Verwys na Bron 3C en 3D. Verduidelik op watter maniere die bewyse in
         Bron 3D die inligting in Bron 3C ondersteun ten opsigte van die integrasie
         van skole in die Verenigde State van Amerika.                       (2 x 2)           (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te
         verduidelik hoe die burgers van Little Rock, Arkansas, in die 1950's op die
         desegregasie van Central High School gereageer het.                                   (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            9                                    DBE/2017
                                         SSE

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:         UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                 VIËTNAM

Die hoofrede waarom die Verenigde State van Amerika tussen 1963 en 1975 nie
daarin geslaag het om Viëtnam te verslaan nie, was hoofsaaklik weens die uitnemende
militêre taktiek van die Viëtkong.

Verduidelik tot watter mate jy met die stelling hierbo ten opsigte van die oorlog in
Viëtnam saamstem. Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun.                 [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA:              VERGELYKENDE           GEVALLESTUDIE –
         DIE KONGO EN TANZANIË

Beide die Kongo en Tanzanië het gesukkel om sterk ekonomieë te ontwikkel nadat
hulle in die 1960's onafhanklikheid verkry het.

Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die ekonomiese beleide wat in die
Kongo en Tanzanië geïmplementeer is nadat hulle onafhanklikheid verkry het.               [50]

VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES             VANAF     DIE     1950's   TOT   DIE   1970's:
         SWARTMAGBEWEGING

Malcolm X was op sy eie in die 1960's vir die opkoms van die Swartmagbeweging in
die Verenigde State van Amerika verantwoordelik.

Stem jy met die stelling hierbo saam? Gebruike relevante voorbeelde om jou argument
te ondersteun.                                                                            [50]

                                                                          TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 May June 2017 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-addendum-afr/df51a47c-26d5-42fd-8593-592de0e87a21) — History · Addendum · 2017 · Afr
- [History P1 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-memo-eng/662ba1e6-fb78-4312-a0cd-1e0d4024f033) — History · Memo · 2017 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [History P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-afr/bb785283-0610-46de-9d8f-cc2f73dda19c) — History · QP · 2022 · Afr
- [History P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-eng/7d529eb9-2c0d-45a5-8a7a-c9e27cbc9665) — History · QP · 2015 · Eng
- [Grade 12 NSC History P1 Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-preparatory-2017-addendum/7da8bbb8-c55d-4436-ba09-b666876b6115) — History · Addendum · 2017

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
