# History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-memo-afr/7891de0f-053e-4731-8f8b-9bdf2605e536
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-memo-afr/7891de0f-053e-4731-8f8b-9bdf2605e536)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                   GESKIEDENIS V1

                                          2017

                                    MEMORANDUM

                      Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 2                               DBE/2017
                                       SCE – Nasienriglyne

1.        BRONGEBASEERDE VRAE

1.1       Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
          ontwikkel:

KOGNITIEWE                                                            GEWIGSTOEKENNING
                              HISTORIESE VAARDIGHEDE
  VLAKKE                                                                  VAN VRAE
                     •   Onttrek inligting uit bronne
                     •   Selektering en organisasie van relevante              30%
      VLAK 1
                         inligting uit bronne                                  (15)
                     •   Definieer historiese begrippe/terme
                     •   Interpretasie van bewyse uit bronne
                                                                               40%
      VLAK 2         •   Verduidelik inligting verkry uit bronne
                                                                               (20)
                     •   Analiseer bewyse uit bronne
                     •   Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
                     •   Skakel met bronne om bruikbaarheid,
                         betroubaarheid, eensydigheid en
                                                                               30%
      VLAK 3             beperkings vas te stel
                                                                               (15)
                     •   Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
                         perspektiewe in die bronne en kom tot
                         onafhanklike gevolgtrekkings

1.2     Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
        • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
            ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
        • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
            vereistes van die vraag voldoen is.
        • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
            aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
            skrif aangedui.

1.3     Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
        • Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord
        • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
           en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
           twee punte toegeken word ()
        • Indien 'n vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui

        Paragraafvraag
        Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en die
        struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
        toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
        paragraafvraag geassesseer word:
        • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt () by elke punt binne-in die teks waar
            die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
        • Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om
            relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord, te evalueer.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               3                                    DBE/2017
                                     SCE – Nasienriglyne

       •   Maak regmerkies (), wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is,
           aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die
           holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv.
           ___________________________________________________________
           _______________________________________________
           
           Vlak 2

       •   Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
           Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
           onder in die regterkantse kantlyn, bv. 32
                                                  50
       •   Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
           antwoordeboek oorgedra word.

2.     OPSTELVRAE

2.1    Die opstelvrae vereis dat kandidate:
       • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
           stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
           bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
           'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
           beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
           gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.

2.2    Nasien van opstelvrae
       • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
          die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
       • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
          ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
       • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
          kry vir enige ander relevante antwoord.

2.3    Globale assessering van 'n opstel
       Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
       die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
       samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
       aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
       feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
       verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
       benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
       reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
       Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
       deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
       holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
       aangesien die klem op die volgende val:
       • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
       • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
            ondersteun
       • Die leerder se interpretasie van die vraag.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                    4                                   DBE/2017
                                          SCE – Nasienriglyne

2.4    Assesseringsprosedures van die opstel

       2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
       2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
             vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
             nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
             gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt
             in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
             sal daar dus 7 regmerkies wees.
       2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
             • Inleiding, hoofaspekte, slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie

                                                                          ^
                 • Verkeerde stelling                           _________________

                 • Irrelevante stelling              |
                                                     |
                                                     |

                 • Herhaling                  R

                 • Analise                           A√

                 • Interpretasie                     1√

2.5.   Die matriks
       2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
       By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
       voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
       aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
       inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.

       (a)         Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
                   die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
                   stel.

                                                                   I      VLAK 4

       (b)         Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van
                   die aanbieding bepaal.

                                                                   I      VLAK 4
                                                                   A      VLAK 3

       (c)         Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                                   I
                                                                   A
                                                                          VLAK 4
                                                                          VLAK 3    }26–27
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
     Geskiedenis/V1                                                         5                                                                DBE/2017
                                                                    SCE – Nasienriglyne

     NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50

                             VLAK 7              VLAK 6               VLAK 5              VLAK 4               VLAK 3               VLAK 2               VLAK 1*
AANBIEDING               Baie goed           Baie goed            Goed beplande en     Argument beplan     Toon soms bewys      Poging               Weinig of geen
                         beplande en         beplande en          gestruktureerde      en gestruktureer.   van 'n               aangewend om         poging om die
                         gestruktureerde     gestruktureerde      opstel.              Bewyse tot 'n       gestruktureerde en   antwoord te          opstel te
                         opstel. Goeie       opstel. 'n           Poog om 'n           sekere mate         beplande             struktureer.         struktureer nie.
                         sintese van         Relevante            duidelike argument   gebruik om          argument. Poog       Grootliks
                         inligting. Het 'n   argument is          te ontwikkel.        argument te         om 'n argument vol   beskrywend of
                         goed                gevolg. Bewyse       Gevolgtrekking       ondersteun.         te hou.              poog om argument
INHOUD                   gebalanseerde,      gebruik om die       gemaak uit           Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie   te ontwikkel. Geen
                         oorspronklike       argument te          bewyse om die        grond van bewyse.   duidelik             poging om 'n
                         argument            verdedig. Poog om    argument te                              ondersteun deur      gevolgtrekking te
                         ontwikkel met       'n onafhanklike      ondersteun.                              bewyse nie.          maak nie.
                         bewyse. Argument    gevolgtrekking uit
                         deurgaans           die bewyse te
                         volgehou en         maak om die
                         verdedig.           argument te
                         Onafhanklike        ondersteun.
                         gevolgtrekking
                         gemaak uit
                         bewyse om die
                         argument te
                         ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten
volle relevante tot         47–50                43–46
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie              43–46                40–42               38–39
relevante tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud          38–39                36–37               34–35                30–33               28–29
toereikend en
relevante.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of                                                        30–33                28–29               26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit                                                                       26–27               24–25                 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud                                                                                            20–23                 18–19                14–17
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                                  14–17                 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

     *     Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:

     •     Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie =    0
     •     Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
     •     Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer =                      7–13

     Kopiereg voorbehou                                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              6                                   DBE/2017
                                    SCE – Nasienriglyne

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:         HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE
                 SOWJETUNIE NA 1946 OP DIE EKONOMIESE SITUASIE IN
                 EUROPA GEREAGEER?

1.1
1.1.1 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 1A – V1]
      • 'n Beleid wat deur die Verenigde State van Amerika ingestel is om die
         verspreiding van kommunisme in Europa te voorkom
      • Die Truman-leer en die Marshall-plan het gepoog om die verspreiding van
         totalitarisme te stuit
      • Enige ander relevante antwoord                          (enige 1 x 2) (2)

1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
      • Kon dit oral toegepas het
      • Kon dit militêr toegepas het
      • Kon op ekonomiese hulp wat aan nasies gegee is wat hulle ekonomieë wou
         herbou gefokus het
      • Kon prioriteit gegee het aan okkupasie beleide veral in Duitsland en Japan
                                                                        (enige 3 x 1) (3)

1.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
      • Die VSA se ekonomie sou groei en sterker word
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 1 x 2) (2)

1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
      • Deur die verbreking van die bose kringloop
      • Deur die herstel van selfvertroue van die mense in Europa
      • Die vervaardiger en die boer moet hulle produkte vir geldeenhede kan en wil
         verruil                                                      (enige 2 x 1) (2)

1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
      • Daar sal politieke stabiliteit in die wêreld wees
      • Vir versekerde vrede
      • Om honger, armoede en chaos te stop
      • Om die opkoms van politieke en maatskaplike toestande waarin vrye instansies
         kan bestaan, toe te laat                                   (enige 1 x 2) (2)

1.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]
      • Die VSA was bereid om die verspreiding van kommunisme te stop
      • Die VSA was bereid om hulp te verleen aan lande om kommunisme te
          verbrysel
      • Die VSA ou kapitalisme en demokrasie beveilig
      • Enige ander relevante antwoord                           (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              7                                    DBE/2017
                                    SCE – Nasienriglyne

1.2.4 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 1B – V3]
      Die bron is BRUIKBAAR omdat:
      • Dit is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat deur George Marshall gegee is
      • Die voorsien die werklike datum en plek waar die Marshall-plan aangekondig is
      • Die inligting dui aan hoe die Marshall-plan geïmplementeer is
      • Die bron verduidelik ook die rol wat die Verenigde State van Amerika sou speel
          in die implementering van die Marshall-plan
      • Enige ander relevante antwoord                                   (enige 2 x 2) (4)
1.3
1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
      • Dit kon die Sowjet invloedsfeer ondermyn het in Oos-Europa
      • Dit kon Oos-Europa in 'n anti-Sowjet-koalisie mobiliseer                (2 x 1) (2)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
      (a)
      • Stalin het gehoop op samewerking met die Weste, selfs op 'n beperkte skaal
      • Enige ander relevante antwoord                               (enige 1 x 2) (2)
       (b)
       • Stalin het geen hoop gehad op enige kompromis of samewerking met die
           Weste nie
       • Enige ander relevante antwoord                       (enige 1 x 2) (2)
1.3.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
      • Die Marshall-plan het beoog om die Sowjetunie te omring deur buurlande te
          ondersteun
      • Die Marshall-plan sou die Sowjetunie oopgelaat het vir uitbuiting deur ander
          buitelandse magte van die Weste
      • Die Marshall-plan sou 'n anti-Sowjteblok skep
      • Die Marshall-plan sou die Sowjetunie se invloed in Oos-Europa ondermyn
      • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2) (4)
1.3.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
      • Pole
      • Tsjeggo-Slowakye
      • Hongarye
      • Bulgarye
      • Roemenië                                                         (enige 3 x 1) (3)
1.4    [Vasstelling van die verskille in Bron 1C en 1B – V3]
       • Bron 1C gee die Sowjetunie se reaksie op die Marshall-plan en Bron 1B gee
          die Amerikaanse reaksie op die Marshall-plan weer
       • Bron 1C gee te kenne dat die hoofdoel van die Marshall-plan was om die
          Sowjetinvloedsfeer te ondermyn en Bron 1B dui aan dat die Marshall-plan se
          hoofdoel was om Europese lande ekonomies by te staan
       • Bron 1C gee te kenne dat die Marshall-plan 'n offensiewe bedreiging was vir
          die Sowjetunie terwyl Bron 1B beweer dat die VSA bereid was om enige land te
          help
       • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              8                                    DBE/2017
                                    SCE – Nasienriglyne

1.5
1.5.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
      • Die Marshall-plan word uitgebeeld asof hy ekonomiese en humanitêre hulp
           verleen
      • Dat indien lande nie die Marshall-plan aanvaar nie, hulle arm sou bly,
           byvoorbeeld, met geen gebotterde brood en met verslonste klere van kinders
      • Die mislukking om die Marshall-plan te aanvaar, kon lei tot ekonomiese onder
           ontwikkeling in sekere lande
      • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

1.5.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
      • Dit toon dat die Marshall-plan ekonomiese hulp sou voorsien in die vorm van
          basiese benodigdhede
      • Dit toon dat die Marshall-plan finansiële bystand om basiese benodigdhede te
          koop sal voorsien
      • Enige ander relevante antwoord                                (enige 1 x 2) (2)

1.6   [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
       Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
       •   Die VSA het met 'n Ekonomiese Plan vorendag gekom om met die
           heropbouing van die Europese ekonomie na die Tweede Wêreldoorlog te help
           (eie kennis)
       •   Die VSA het die Marshall-plan geïmplementeer as deel van hulle
           stuitingstrategie (Bron 1A)
       •   Sommige Westerse lande en die VSA beskou die Marshall-plan as 'n poging
           om Europa ekonomies te herstel (Bron 1A, 1B en 1D)
       •   Die Sowjetunie sien die Marshall-plan as 'n strategie wat gebruik kon word om
           kommunistiese invloed in Wes-Europese lande te verswak (Bron 1A)
       •   Die VSA kon die Marshall-plan gebruik om politieke stabiliteit en vrede in
           Europa te bewerkstellig (Bron 1B)
       •   Om die mense se vertroue in die toekoms van Europa te herstel (Bron 1B)
       •   Die Sowjetunie het gevoel dat die Marshall-plan Sowjetinvloed in Europa sou
           ondermyn (Bron 1C)
       •   Die Sowjetunie het gevoel dat die Marshall-plan ten doel gehad het om 'n
           vyandige omgewing vir kommunisties-beheerde lande te bewerkstellig (Bron
           1C)
       •   Die Sowjetunie het die COMECON, die Molotov-plan en satellietstate gevorm
           (eie kennis)
       •   Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                9                                  DBE/2017
                                      SCE – Nasienriglyne

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                 •   Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
                     min begrip oor hoe die Verenigde State van Amerika en
                                                                                      PUNTE
  VLAK 1             die Sowjetunie na 1946 reageer het op die ekonomiese
                                                                                       0–2
                     situasie in Europa.
                 •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                 •   Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
                     met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die Verenigde
                                                                                      PUNTE
  VLAK 2             State van Amerika en die Sowjetunie na 1946 reageer het
                                                                                       3–5
                     op die ekonomiese situasie in Europa.
                 •   Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
                 •   Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
                     begrip oor hoe die Verenigde State van Amerika en die
                     Sowjetunie na 1946 reageer het op die ekonomiese                 PUNTE
  VLAK 3             situasie in Europa.                                                6–
                 •   Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
                     en toon begrip van onderwerp.
                                                                                        (8)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             10                                       DBE/2017
                                    SCE – Nasienriglyne

VRAAG 2: HOE BETEKENISVOL WAS DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE VIR
         SUIDELIKE AFRIKA?

2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
       • Kuba                                                                      (1 x 1) (1)
2.1.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
       • Die 'rassistiese weermag' is verslaan
       • Lei tot 'vryheid in Suidelike Afrika'/           onafhanklikheid    van    Namibië/
           ooreengekome skikking in Suid-Afrika
       • Enige ander relevante antwoord                                     (enige 2 x 2) (4)

2.1.3 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 2A – V1]
      • Voorrade (voedsel, medisyne) en kommunikasies (paaie, brûe) na en uit Cuito
          Cuanavale is afgesny
      • Omsingel en onder aanval
      • Enige ander relevante antwoord                             (enige 1 x 2) (2)

2.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
      • Die slag het die militêre aggressie van die apartheidsmagte tot stilstand gebring
      • Militêre nederlaag van die apartheidsmagte het Suid-Afrika meer gewillig
          gemaak om vredesonderhandelinge te betree
      • Die onderhandelings het die onttrekking van Suid-Afrikaanse troepe uit Angola
          en Namibië tot gevolg gehad
      • Lei tot die onafhanklikheid van Namibië (New York Accords)
      • Lei tot samesprekings tussen die African National Congress en die Nasionale
          Party
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2) (4)

2.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
      • Angolese
      • Namibiese
      • Kubaanse                                                                   (3 x 1) (3)

2.1.6 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
      • Het daarin geslaag om Angolese rebelle-soldate in Noordelike Angola te stuit
      • Het rebelle-soldate verhoed om die apartheidsweermag in die Suide te versterk
                                                                     (enige 1 x 2) (2)

2.2
2.2.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
      • Nelson Mandela en Fidel Castro was kamerade/ bondgenote in die
           vryheidstryd van suidelike Afrika
      • Toon dat daar baie noue bande tussen die ANC en Kuba bestaan
      • Gee te kenne dat Suid-Afrika noue bande met Kuba onder 'n ANC-regering
           sou behou
      • Enige ander relevante antwoord                            (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              11                                   DBE/2017
                                     SCE – Nasienriglyne

2.2.2    [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 2B – V3]
            Die bron is BRUIKBAAR omdat:
        • Dit toon 'n gebalde vuis wat 'n simbool van die stryd sowel as 'n simbool van
            oorwinning was
        • Mandela is sopas vrygelaat na 27 jaar in die gevangenis en die ANC is ontban
            – daarom was Mandela in Kuba
        • Na die SAW se nederlaag by Cuito Cuanavale deur Kubaanse magte het die
            apartheidsregering tot Namibië se onafhanklikheid ingestem en samesprekings
            met die ANC begin
        • Castro en Mandela het die nederlaag van die apartheidstaat gevier
        • Die feit dat Mandela na Kuba as sy eerste besoek na sy vrylating gegaan het
            lig die belangrikheid van Kubaanse verhouding met die ANC toe/ lig Mandela
            en Castro se vriendskap toe
        • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)
2.3
2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
      • Cuito Cuanavale was tweeduisend kilometer van Pretoria
      • Cuito Cuanavale was oor die tienduisend kilometer van Havana           (2 x 1) (2)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
      • Kuba het mediese praktisyns na Suid-Afrika gestuur om die tekorte aan
          dokters en gesondheid professionele in die landelike gebiede te adresseer
      • Kuba het professioneels gestuur om in breë areas soos gesondheid, onderwys,
          wetenskap en tegnologie by te staan nadat die ANC-regering in 1994 aan
          bewind gekom het
      • Alhoewel Kuba sy troepe uit Angola onttrek het na die Slag van Cuito
          Cuanavale, het hulle nog steeds die vryheidstryd deur humanitêre hulp en
          personeel ondersteun
      • Kuba het mediese opleidingsvakleerlingskap aan Suid-Afrikaanse studente
          gebied
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2) (4)
2.4
2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
      • Angola
      • Kuba                                                                    (2 x 1) (2)
2.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
      • Kubaanse troepe het die 'apartheidsweermag' verslaan
      • Die Kubane het hulle lewens opgeoffer uit solidariteit met die vryheidstryd
                                                                         (enige 1 x 2) (2)
2.4.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
      • Hulle het geglo dat die ANC siening 'eensydig' en 'verkeerd' was
      • Hulle het geredeneer dat die SAW die Slag van Cuito Cuanavale gewen het en
          minder verliese van troepe en voorraad aangeteken het as die
          Kubaans/Angolese magte
      • Hulle glo dat die regering die verlede wanvoorstel en die militêre verslae van
          die slag (soos Geldenhuys s'n) gebruik om hulle siening te ondersteun
      • Die geloof in die oorwinning van die Slag van Cuito Cuanavale en die
          Grensoorlog het aan baie veterane hulle identiteit gegee
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             12                                    DBE/2017
                                    SCE – Nasienriglyne

2.5    [Vergelyking van Bron 2A en 2D – V3]
       • In Bron 2A het die ANC (Suid-Afrikaanse regering) Cuito Cuanavale as 'n groot
          oorwinning vir Kuba/Angola gesien terwyl in Bron 2D die SAW veterane
          beweer dat die SAW die oorlog gewen het
       • In Bron 2A die ANC (Suid-Afrikaanse regering) 'n amptelike boekie opgestel
          om die Kubaans/Angolese oorwinning by Cuito Cuanavale te herdenk terwyl in
          Bron 2D die SAW veterane en ondersteuners boeke en blogs geskryf het en
          die sosiale media gebruik het om hulle siening dat die SAW die oorlog gewen
          het te stel
       • Bron 2A staaf dat vir die ANC (Suid-Afrikaanse regering), die oorwinning by
          Cuito Cuanavale 'n belangrike deel van die geskiedenis van die vryheidstryd
          was terwyl in Bron 2D, vir die SAW veterane en ondersteuners, oorwinning by
          Cuito Cuanavale 'n belangrike gebeurtenis in Afrikaner geskiedenis was
       • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

2.6    [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

       Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

       •   Dit het gelei tot vreedsame onderhandelings vir die onttrekking van Suid-
           Afrikaanse troepe uit Angola en Namibië (Bron 2A)
       •   Dit lei tot Namibiese onafhanklikheid (Bron 2A)
       •   Dit het tot die ooreengekome skikking in Suid-Afika gelei (Bron 2A)
       •   Dit lei tot die ondertekening van die New York Accords (eie kennis)
       •   Dit lei tot Post-apartheid diplomatieke verhoudings tussen Suid-Afrika en Kuba
           en lig die vriendskap tussen Mandela en Castro toe (Bron 2B en 2C)
       •   Dit lei daartoe dat Kuba ondersteuning gee aan Suid-Afrika (Bron 2B en 2C)
       •   Dit het gehelp om 'n eens magtige (apartheid) regime tot 'n val te bring (Bron
           2C)
       •   Dit het gehelp om tienmiljoene Afrikane in Angola, Namibië en Suid-Afrika
           insluitend politieke gevangenes te bevry (Bron 2C)
       •   Dit het die anti-imperialistiese magte in Afrika versterk (Bron 2C)
       •   Dit het onverbreekbare bande tussen Suid Afrika en Kuba tot stand gebring
           (Bron 2C)
       •   Lank na die oorlog het kontroversie oor wie die oorlog gewen het voortgegaan
           (Bron 2D)
       •   Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            13                                 DBE/2017
                                   SCE – Nasienriglyne

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
             • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
                 min begrip in die verduideliking van die betekenisvolheid       PUNTE
 VLAK 1
                 van die Slag van Cuito Cuanavale vir Suidelike Afrika.           0–2
             • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
             • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met
                 die onderwerp, bv. toon begrip in die verduideliking van die
                                                                                 PUNTE
 VLAK 2          betekenisvolheid van die Slag van Cuito Cuanavale vir
                                                                                  3–5
                 Suidelike Afrika.
             • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
             • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
                 in die verduideliking van die betekenisvolheid van die Slag
                                                                                 PUNTE
 VLAK 3          van Cuito Cuanavale vir Suidelike Afrika.
                                                                                  6–8
             • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
                 toon begrip van onderwerp.
                                                                                     (8)
                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              14                                 DBE/2017
                                     SCE – Nasienriglyne

VRAAG 3: HOE HET DIE BURGERS VAN LITTLE ROCK, ARKANSAS, IN DIE
         1950's OP DIE DESEGREGASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL
         GEREAGEER?

3.1
3.1.1 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 3A – V1]
      • 'n Proses wat skeiding van skole gebaseer op ras toegelaat het
      • Toelating tot skole gebaseer op ras/ skole geskei volgens rasse
      • Enige ander relevante antwoord                                (enige 1 x 2 ) (2)

3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
      • Rassesegregasie van kinders in openbare skole het die Gelyke
         Beskermingsklousule geskend en is daarom onwettig                     (1 x 2) (2)

3.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2]
      • Swart meisies in gesegregeerde skole het 'n lae rasse selfbeeld gehad
      • Het gevaarlike minderwaardigheidskomplekse veroorsaak
      • Het swart Amerikaanse studente se vermoë om te leer negatief beïnvloed
      • Swart Amerikaners sou nie suksesvol wees in hulle lewe nie
      • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2) (4)

3.2
3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
      • Superintendent Virgil Blossom.                                        (1 x 1) (1)

3.2.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
        • Ouers van elementêre studente wou hê dat segregasie by skole moes
           aanhou                                                          (1 x 2) (2)

3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
      • Begin met nominale desegregasie in die herfs van 1957 by Central High School
      • Brei uit na Junior vlak in 1960
      • Brei tentatief uit na die elementêre vlak teen 1963                (3 x 1) (3)

3.2.4    [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
         Die oorplasingsbepaling sou:
        • Onderneem desegregasie by skole teen 'n stadige pas
        • Om die integrasie van skole te vertraag
        • Voorsiening te maak vir gesegregeerde skole/ Horace Mann sou grotendeels
             swart Amerikaans bly
        • Enige ander relevante antwoord                            (enige 2 x 2 ) (4)

3.3
3.3.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
        • Wil julle 'Negers' in julle skole hê?
        • Stem teen integrasie
        • Stem vir gesegregeerde skole                                (enige 1 x 1) (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               15                                   DBE/2017
                                      SCE – Nasienriglyne

3.3.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
        • Wil julle 'Negers' in julle skole hê?
        • As julle nie wil nie, moet julle eerskomende Maandag stembusse toe gaan
        • Stem vir verwydering Lamb, Matson, tucker; stem teen verwydering McKinley,
           Rowland, Laster
        • Indien nie moet julle eerskomende Maandag na die stembusse gaan
        • Die skole sal hierdie herfs integreer
        • Stem asseblief reg                                           (enige 3 x 1) (3)

3.3.3    [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
        • Dit het mense ontmoedig om te stem vir integrasie by skole
        • Dit sou 'n verkeerde besluit wees om vir integrasie van skole te stem
        • Dit het nie integrasie by skole ondersteun nie
        • Stem om Central High School segregeer te hou
        • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2) (4)

3.4
3.4.1    [Interpretasie van bewyse in Bron 3D – V2]
        • Om te toon hoe die Nasionale Garde nie ag geslaan het op 'n bevel van die
             Federale hof oor integrasie
        • Om te toon dat Elizabeth Eckford verhoed word om Central High School binne
             te gaan
        • Om te toon dat die Nasionale Garde Goewerneur Faubus se bevel nakom om
             swart Amerikaanse studente te keer om Central High School binne te gaan
        • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

3.4.2    [Interpretasie van bewyse in Bron 3D – V2]
        • Die Nasionale Garde het opgetree op bevele van Goewerneur Faubus
        • Die Nasionale Garde het 'n weerwraak van anti-integrasioniste gevrees
        • Die Nasionale Garde het nie die integrasie van skole ondersteun nie/ hulle was
             rassiste
        • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2) (4)

3.4.3    [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 3D – V3]
            Die bron is BRUIKBAAR want:
        • Dit toon die Nasionale Garde wat Elizabeth Eckford verhoed om Central High
            School binne te gaan
        • Dit toon bewyse dat die Nasionale Garde ontplooi is by Central High School
        • Dit toon dat Elizabeth Eckford nie op daardie dag skool kon bywoon nie (4th
            September 1957)
        • Dit toon dat die Nasionale Garde bereid was om geweld te gebruik om
            integrasie te keer (hulle was bewapen)
        • dit toon dat die Hooggeregshof se beslissing nie geïmplementeer is nie
        • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              16                                   DBE/2017
                                     SCE – Nasienriglyne

3.5    [Vergelyking van Bron 3C en 3D - V3]
       • Bron 3C is 'n pamflet van die Mothers' League wat konserwatiewe wit ouers
          aanspoor om vir 'n gesegregeerde Skoolraad te stem terwyl Bron 3D die
          Nasionale Garde toon wat keer dat Elizabeth Eckford Central High School
          binnegaan
       • Bron 3C spoor wit Amerikaanse ouers aan om Reg te Stem terwyl Bron 3D die
          Nasionale Garde toon wat Elizabeth Eckford van Central High School weg wys
       • Bron 3C noem dat wit Amerikaanse skole nie ‘Negers’ wou hê nie en Bron 3D
          toon dat swart Amerikaners nie toegelaat is in wit Amerikaanse skole nie
       • Beide Bron 3C en 3D is uit die oogpunt van anti-integrasioniste
       • Beide Bron 3C en 3D toon dat daar teen swart Amerikaners gediskrimineer is
       • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

3.6     [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

        Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

       •   Die Hooggeregshof se beslissing was dat gesegregeerde skole
           onkonstitusioneel is (Bron 3A)
       •   Die Little Rock Skoolraad het ingestem om te bly by die Hooggeregshof se
           beslissing (Bron 3A)
       •   Virgil Blossom het die opdrag ontvang om 'n desegregasieplan vir skole te
           formuleer (Bron 3A)
       •   Die Skoolraad het die Faseprogram-plan aanvaar (geleidelike desegregasie)
           (Bron 3B)
       •   Die Skoolraad het in die geheim besluit om nie skole ten volle te integreer nie
           (eie kennis)
       •   Die elementêre skool ouers het teen integrasie gepraat (Bron 3B)
       •   Die plan het oor fases versprei beginnende met Central High School (Bron 3B)
       •   Die Mothers League is gestig om integrasie tee te staan (Bron 3C en eie
           kennis)
       •   Die Nasionale Garde het Elizabeth Eckford gekeer om Central High School
           binne te gaan (Bron 3D)
       •   Die goewerneur van Arkansas, Goewerneur Faubus was teen die integrasie
           van skole gekant (eie kennis)
       •   Die Burgerregtebeweging het integrasioniste ondersteun (eie kennis)
       •   Die menseregte van swart Amerikaners in Arkansas is geskend (eie kennis)
       •   Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                17                                  DBE/2017
                                       SCE – Nasienriglyne

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                 •   Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
                     min begrip oor hoe die burgers van Little Rock, Arkansas,
                                                                                      PUNTE
  VLAK 1             in die 1950's reageer het op die desegregasie van Central
                                                                                       0–2
                     High School.
                 •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                 •   Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
                     met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die burgers van
                     Little Rock, Arkansas, in die 1950's reageer het op die          PUNTE
  VLAK 2
                     desegregasie van Central High School.                             3–5
                 •   Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te
                     skryf.
                 •   Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
                     begrip oor hoe die burgers van Little Rock, Arkansas, in
                     die 1950's reageer het op die desegregasie van Central           PUNTE
  VLAK 3
                     High School.                                                      6–8
                 •   Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
                     en toon begrip van onderwerp.
                                                                                      (8)
                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             18                                    DBE/2017
                                    SCE – Nasienriglyne

AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 4:         UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                 VIËTNAM

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate hulle met die bewering saamstem. Hulle moet
toelig of die militêre taktieke wat die Viëtkong gebruik het teen die VS weermag superieur
was. 'n Analise van hoe die Viëtkong die Amerikaanse inval in Viëtnam teëgewerk het
moet ook op uitgebrei word.

HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem deur aan te dui of die militêre taktieke
   wat die Viëtkong teen die VS weermag gebruik het superieur was.

UITBREIDING
• Redes vir die VS betrokkenheid in Viëtnam: om die verspreiding van kommunisme te
   keer/ domino teorie
• Villagisation was 'n strategiese Hamlet program (VSA en Suid Viëtnam regering het
   nuwe dorpies gestig om dorpenaars van guerrillas te skei). Dit was 'n mislukking want
   die dorpenaars self was die Viëtkong
• Die Golf van Tonkin insident het daartoe gelei dat die VS Kongres uiteindelik die Golf
   van Tonkin Resolusie onderneem het wat President Johnson wye militêre magte
   gegee het om die oorlogspoging in Viëtnam te eskaleer
• President Johnson gee die opdrag van die massa lugbombardement van die Viëtkong
   'Operasie Rolling Thunder' het nie die verwagte effek gehad nie bv. Ho Chi Minh-
   roete het die taktiek van die Viëtkong geword
• Die Ho Chi Minh Trail was een van die taktieke wat die Viëtkong gebruik het
• Die Viëtkong het voorrade uit die noorde ontvang
• Die Viëtkong het die terrain en die weer suksesvol gebruik om die Amerikaanse
   weermag te fop
• 'Operasie Ranch Hand' waarin chemikalieë gebruik is bv. Agent Orange om woude te
   vernietig, Agent Blue om oeste te vernietig en die algehele vernietigingseffek
   daarvan. VSA se militêre taktieke is oneffektief teenoor die Viëtkong bewys
• Die Tet-offensief: die Viëtkong het beheer oor stede oorgeneem (met VSA basisse)
• Die VSA het soek-en-vernietig missies gebruik wat tot die Mai Lai-slagting gelei het
   Maart 1968 en groot getalle sterftes onder burgers veroorsaak het. Beide die
   Viëtnamese burgers en die Viëtkong het hierdie aksie gekritiseer en om weerwraak
   gesoek. Dit het tot simpatie van die media vir die Viëtkong gelei en het die plaaslike
   ondersteuning vir die Viëtkong vergroot
• Die VSA het jong onervare soldate gestuur, die gemiddelde ouderdom was 19 jaar,
   teen die oorlog-geharde Viëtnamese soldate
• Die Viëtkong het uitstekende guerrillataktiek gebruik soos lokvalle
• Die VS troepe veg in 'n vreemde land teen 'n Nasionalistiese weermag wat vir die
   bevryding van hulle eie land veg

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            19                                  DBE/2017
                                   SCE – Nasienriglyne

•   Die rol van die media, studente (Kent-Universiteits-opstande), musici              en
    ontwapeningsbewegings het die VS regering gedruk om uit Viëtnam te onttrek
•   Die sukses van die Viëtkong het gelei tot die Viëtnamiseringsbeleid van Nixon
•   Die VSA het hulle troepe onttrek teen 1973 en Saigon het in 1975 geval
•   Enige ander relevante antwoord

•   Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.
                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               20                                    DBE/2017
                                      SCE – Nasienriglyne

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE    AFRIKA:               VERGELYKENDE            GEVALLESTUDIE –
         DIE KONGO EN TANZANIË

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet die ekonomiese beleide wat in die 1960's na die verkryging van onafhanklikheid in
die Kongo en Tanzanië geïmplementeer is krities bespreek in die skryf van hierdie opstel.

HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:

•   Inleiding: Kandidate moet krities bespreek of die Kongo en Tanzanië in staat was om sterk
    ekonomiese beleide te ontwikkel en aandui hoe hulle die argument gaan ondersteun.

UITBREIDING
Ooreenkomste
• Die Kongo en Tanzanië het een-produk ekonomieë oorgeërf by hulle onderskeie kolonialiste
• Teen onafhanklikheid het die Kongo en Tanzanië 'n lewendige vervaardigings bedryf gekort
• Die Kongo en Tanzanië het 'n paar gekwalifiseerde tegnici en ingenieurs gehad
• Mobutu en Nyerere het hulle lande en industrieë genasionaliseer om rykdom eweredig te
    versprei
• Nog die Kongo nog Tanzanië het olie reserwes gehad en albei het ekonomiese krisisse gely
    toe die olieprys in die 1970's gestyg het
• Beide Mobutu (1970s) en Nyerere (1980s) het besluit om sektore van die ekonomie te
    privatiseer as gevolg van 'n ekonomiese krisis
• Beide die Kongo en Tanzanië het lenings uit die buiteland en organisasies aanvaar: Vanaf die
    1960's het die Kongo finansiële hulp ontvang van die kapitalistiese weste; terwyl van die
    1980's Tanzanië geforseer is om Wêreldbank lenings te aanvaar en onderhewig was aan
    strukturele aanpassingsbeleide
• Nog die Kongo nog Tanzanië het daarin geslaag om 'n betekenisvolle vervaardigingsindustrie
    te ontwikkel
• Beide Kongo en Tanzanië het afhanklik gebly van die uitvoer van landbouprodukte en
    minerale
• Beide Kongo en Tanzanië het gesukkel om ekonomies te ontwikkel
• Enige ander relevante antwoord

Verskille
• Die Kongo het 'n kapitalistiese ekonomiese stelsel gehad; terwyl Tanzanië 'n sosialistiese
    ekonomiese stelsel aanvaar het
• Die Kongo het swaar gesteun op buitelandse hulp en kundiges vanaf die vroeë 1960's; terwyl
    Tanzanië gepoog het om selfonderhoudend te wees en neokolonialisme verwerp het
• Die Kongo se doel was om sy ekonomie te industrialiseer en 'n vervaardigingsbasis te
    ontwikkel terwyl Tanzanië op sy landboubasis, villagisation beleid en Ujaama voortgebou het
• Die Kongo se ekonomie is gekarakteriseer deur elitisme en nepotisme terwyl            Tanzanië
    pogings aangewend het om deur die 'Leierskap-kode' korrupsie van regeringsamptenare te
    verminder
• Die ekonomie van die Kongo het groot verskille in rykdom tussen rykes en armes na vore
    gebring; terwyl Tanzanië gepoog het om ekonomiese ongelykheid te verminder
• Enige ander relevante antwoord

•   Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot.                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            21                                   DBE/2017
                                   SCE – Nasienriglyne

VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES              VANAF     DIE    1950's   TOT   DIE   1970's:
         SWARTMAGBEWEGING

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet aandui of Malcolm X alleen verantwoordelik was vir die ontstaan van die
Swartmagbeweging in die VSA. Daar word van hulle verwag om ook die rol wat gespeel
is deur Stokely Carmichael en die Black Panther Party uit te lig.

HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui dat Malcolm X maar net een van die rolspelers was
  in die opkoms van Swartmag. Hulle moet aandui dat ander rolspelers Stokely
  Carmichael en die Black Panther Party was.

UITBREIDING
• Opkoms van die Swartmag-filosofie in die VSA gedurende die 1960's

Malcolm X
• Malcolm X was 'n kragtige spreker en 'n toegewyde menseregte aktivis
• Malcolm X het geglo in swart skeiding, selfbeskikking (swart nasionalisme) en hy was
  'n voorstander van selfrespek en selfdissipline
• Het geglo in die konsep van swart selftrots en selfwaarde/ selfrespek/selfhelp en
  'Swarttrots' deur swart Amerikaners aan te moedig om op te staan vir hulle
  menseregte
• Wou hê dat swart Amerikaners moet opstaan teen wit Amerikaanse owerhede om
  sodoende vryheid, geregtigheid en gelykheid deur middel van geweld te verkry indien
  nodig
• Bevorder die gebruik van geweld as 'n manier van selfverdediging teen diegene wat
  swart Amerikaners aanval
• Enige ander relevante antwoord

Stokely Carmichael
• Het die voorsitter geword van die SNCC (Student Non-violent Coordinating
   Committee) in
• 1966 en besluit om die leringe van die Swartmagbeweging te aanvaar
• Hy was 'n voorstander van die beginsels van Swartmag (doen dinge op jou eie;
   beheer politiek in hulle gemeenskappe; wees trots op jou eie kultuur en verdedig
   hulleself teen rasse onderdrukking en manipulasie)
• Hy glo in nie-geweld as 'n strategie wat nie gewerk het nie as gevolg van die
   aanhoudende geweld wat deur wit Amerikaners teenoor swart Amerikaners gebruik is
• Bevorder die uitsluiting van 'wit' liberaliste as 'n filosofie van swart Amerikaners
• Stokely Carmichael was ten gunste van Afrika drag en Afrika haarstyle as 'n simbool
   van swart trots
• Carmichael sluit aan by die Black Panther Party (vir selfverdediging) wat Swartmag tot
   aksie aangespoor het/'swart trots' filosofie

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             22                                 DBE/2017
                                    SCE – Nasienriglyne

Black Panther Party
   • Die rol van Bobby Searle en Huey Newton in die totstandkoming van die Black
      Panther Party
   • Hulle was betrokke by die ondersteunende gemeenskapsprojekte en
      voedingskemas asook anti-armoede sentrums; vir verdediging teen polisie
      brutaliteit; het op sosio-ekonomiese omstandighede van swart Amerikaners
      gefokus en het ook gemeenskap reddingsprogramme gelei
   • Die Tien (10) punt-plan het gedien as die Black Panther Party manifes wat hulle
      maatskaplike, politieke en ekonomiese doelwitte ingesluit het
   • Die Black Panther Party het betrokke geraak in straatpatrollies; het polisie
      aktiwiteite gemonitor en hulleself verdedig deur gewere (militante benadering) te
      dra om die aanhoudende polisie brutaliteit en teistering van jong stedelike swart
      mans te stop
   • Enige ander relevante antwoord

   •   Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.
                                                                                  [50]

                                                                          TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-memo-eng/662ba1e6-fb78-4312-a0cd-1e0d4024f033) — History · Memo · 2017 · Eng
- [History P1 May June 2017 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-addendum-afr/df51a47c-26d5-42fd-8593-592de0e87a21) — History · Addendum · 2017 · Afr
- [History P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2017-memo-eng/85076440-4ade-42cf-9119-7e4e53348597) — History · Memo · 2017 · Eng
- [History P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2018-memo-afr/5f49a842-d534-4c6d-909b-8e741a958622) — History · Memo · 2018 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-preparatory-2017-addendum/7da8bbb8-c55d-4436-ba09-b666876b6115) — History · Addendum · 2017

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
