# History Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2018-memo-afr/5f49a842-d534-4c6d-909b-8e741a958622
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2018-memo-afr/5f49a842-d534-4c6d-909b-8e741a958622)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 GESKIEDENIS V1

                                          2018

                                 NASIENRIGLYNE

                                                                     PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                Final Approved Copy                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 2                                 DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

1.     BRONGEBASEERDE VRAE

1.1   Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
      ontwikkel:
Kognitiewe                                                       Gewigstoekenning
                           Historiese vaardighede
  Vlakke                                                             van vrae
            • Onttrek inligting uit bronne
            • Selektering en organisasie van relevante inligting       30%
VLAK 1
                uit bronne                                             (15)
            • Definieer historiese begrippe/terme
            • Interpretasie van bewyse uit bronne
                                                                       40%
VLAK 2      • Verduidelik inligting verkry uit bronne
                                                                       (20)
            • Analiseer bewyse uit bronne
                 •   Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
                 •   Skakel     met    bronne     om     bruikbaarheid,
                     betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas
                                                                             30%
VLAK 3               te stel
                                                                             (15)
                 •   Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
                     perspektiewe in die bronne en kom tot
                     onafhanklike gevolgtrekkings

1.2    Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
       • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander
           geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
       • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
           vereistes van die vraag voldoen is.
       • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag
           gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui.
       • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir
           enige ander relevante antwoord.
       • Daar word van leerlinge verwag om ŉ standpunt in te neem in die beantwoording
           van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien
1.3    Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
       • Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.
       • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en
          word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee
          punte toegeken word ().
       • Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui.
       Paragraafvraag
       Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die
       struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken
       word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
       paragraafvraag geassesseer word:
       • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die
           kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
       • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was
           om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               3                                      DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

       •  Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die
          einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die holistiese
          rubriek en gee 'n kort kommentaar bv.
       ___________ . __________________________ . _________________________
       _____________________________________________ . _________________
                                                                         √√√√ Vlak 2
       Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf

       •   Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op die
           kantlyn regs onder, bv. 32
                                    50
       •   Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek
           oorgedra word.

2.     OPSTELVRAE

2.1    Die opstelvrae vereis dat kandidate:
       •   In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel.
           Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat
           dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te
           kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat
           'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n
           slot het.

2.2    Nasien van opstelvrae
       • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die
          handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
       • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
          ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.

2.3    Globale assessering van 'n opstel
       Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die
       onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte afsonderlik te
       bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n oorspronklike argument aan te
       bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van
       die leerder verwag word om slegs inhoud (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te
       behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te
       reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese
       nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse.
       Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie
       vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:
       • Die leerder se interpretasie van die vraag
       • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoudseleksie)
       • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en ŉ
            onafhanklike argument)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                    4                                     DBE/2018
                                          SSE – Nasienriglyne

2.4    Assesseringsprosedures van die opstel

       2.4.1     Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.

       2.4.2     Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n
                 relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne), vir elke
                 hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument ondersteun (aangedui met
                 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) en 'n relevante slotopmerking (aangedui
                 met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne)
                 Bv. In 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.

       2.4.3 Hou die PEEL struktuur in gedagte in die assessering van ŉ opstel.

                 P   Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ŉ argument/’n duidelike
                     hoofpunt.
                     Elke paragraaf moet ŉ punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in
                     die inleiding gemaak is, ondersteun.
                 E   Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
                     waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met
                     die vraag wat gevra is.
                 E   Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te
                     selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde
                     moet gegee word om argument vol te hou.
                 L   Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in
                     die opstel onderhou word en samehangend geskryf is.

       2.4.3     Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van ŉ opstel:

                 • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie

                                                     ^
                 • Verkeerde stelling                _________________

                 • Irrelevante stelling              |
                                                     |
                                                     |

                 • Herhaling                         R

                 • Analise                           A√

                 • Interpretasie                     1√

                 •   Argument                        LOA

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 5                                    DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

2.5.   Die matriks

       2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle

       By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien
       word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in
       ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding,
       gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke.

       (a)       Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
                 die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
                 stel.
                                                          I      VLAK 4

       (b)       Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
                 aanbieding bepaal.

                                                             I     VLAK 4
                                                             A     VLAK 3

       (c)       Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                             I
                                                             A
                                                                    VLAK 4
                                                                    VLAK 3      }26–27

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
     Geskiedenis/V1                                                         6                                                                   DBE/2018
                                                                    SSE – Nasienriglyne

     NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50

                             VLAK 7              VLAK 6               VLAK 5              VLAK 4               VLAK 3               VLAK 2               VLAK 1*
AANBIEDING               Baie goed           Baie goed            Goed beplande en     Argument beplan     Toon soms bewys      Poging               Weinig of geen
                         beplande en         beplande en          gestruktureerde      en gestruktureer.   van 'n               aangewend om         poging om die
                         gestruktureerde     gestruktureerde      opstel.              Bewyse tot 'n       gestruktureerde en   antwoord te          opstel te
                         opstel. Goeie       opstel. 'n           Poog om 'n           sekere mate         beplande             struktureer.         struktureer nie.
                         sintese van         Relevante            duidelike argument   gebruik om          argument. Poog       Grootliks
                         inligting. Het 'n   argument is          te ontwikkel.        argument te         om 'n argument vol   beskrywend of
                         goed                gevolg. Bewyse       Gevolgtrekking       ondersteun.         te hou.              poog om argument
INHOUD                   gebalanseerde,      gebruik om die       gemaak uit           Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie   te ontwikkel. Geen
                         oorspronklike       argument te          bewyse om die        grond van bewyse.   duidelik             poging om 'n
                         argument            verdedig. Poog om    argument te                              ondersteun deur      gevolgtrekking te
                         ontwikkel met       'n onafhanklike      ondersteun.                              bewyse nie.          maak nie.
                         bewyse. Argument    gevolgtrekking uit
                         deurgaans           die bewyse te
                         volgehou en         maak om die
                         verdedig.           argument te
                         Onafhanklike        ondersteun.
                         gevolgtrekking
                         gemaak uit
                         bewyse om die
                         argument te
                         ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten
volle relevante tot
argument wat gevolg
                            47–50               43–46
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie
relevante tot argument
                            43–46               40–42                38–39
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud
toereikend en
                            38–39               36–37                34–35               30–33                28–29
relevante.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of                                                        30–33               28–29                26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit
nie. Hou soms nie
                                                                                         26–27                24–25                20–23
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud                                                                                            20–23                18–19                14–17
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad
nie. Ontoereikend of
                                                                                                                                   14–17                 0–13
irrelevante inhoud.

 *     Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:

 • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie        =0
 • Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie
                                                                                                                =1–6
 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer                            = 7–13

     Kopiereg voorbehou                                                                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             7                                    DBE/2018
                                   SSE – Nasienriglyne

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:         WAAROM HET KUBA IN DIE 1960's DIE BRANDPUNT VAN DIE
                 KOUE OORLOG TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA
                 EN DIE SOWJETUNIE GEWORD?

1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
      • 'Om Kubaanse uitgewekenes op te lei'
      • 'Om Kuba in te val'
      • 'Castro te verwyder'                                                (enige 2 x 1) (2)

1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
      • ‘Guatemala’
      • ‘Nicaragua’                                                                 (2 x 1) (2)

1.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
      • Kennedy het die Kubaanse probleem van Eisenhower oorgeërf / Kennedy moes
          Eisenhower se werk voltooi
      • Om die VSA se mag en prestige oor Kuba te toon
      • Kennedy wou gesien word as 'n sterk leier in die VSA en die hele wêreld
      • Kennedy wou Castro verwyder en wou dit laat lyk asof die VS regering geen rol
          gespeel het in die inval nie
      • Om die verspreiding van kommunisme te keer
      • Enige ander relevante antwoord                                     (enige 2 x 2) (4)

1.1.4 [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 1A – V1]
      • Amerika se poging om Kuba polities te beheer deur Castro te verwyder en
         demokrasie te implementeer
      • Amerika het gepoog om sy kapitalistiese ideologie te versprei en te implementeer
      • Amerika het gepoog om die verspreiding van kommunisme te keer
      • Enige ander relevante antwoord                                      (enige 1 x 2) (2)

1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
      • 'Gewapende aggressie het begin teen Kuba'
      • 'Gewapende bendes wat hierdie land binnegeval het in die Verenigde State van
         Amerika opgelei, toegerus en bewapen is'
      • 'Die vliegtuie wat Kubaanse stede bombardeer, behoort aan die Verenigde State van
         Amerika'
      • 'die bomme wat hulle laat val, word deur die Amerikaanse regering verskaf'
                                                                           (enige 3 x 1) (3)

1.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]
      • Khrushchev wou hê dat die VSA en die Sowjetunie moes saamwerk (onderhandel)
          om die krisis in Kuba op te los
      • Khrushchev wou hê dat die VSA Kuba se soewereiniteit moes respekteer
      • Spoor die VSA aan om in harmonie met Kuba te werk
      • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               8                                     DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

1.2.3 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 1B – V3]
      Die bron is BRUIKBAAR omdat:

       •   Dit eerstehandse inligting (brief) gee van Nikita Khrushchev aan President Kennedy
       •   Die brief is geskryf tydens die Kubaanse inval, 18 April 1961
       •   Dit gee insig oor hoe die Sowjetunie Kuba ondersteun het onmiddellik na die inval
           van Kuba deur die VSA
       •   Dit lig toe hoe Khrushchev die VSA blameer vir aggressie teen Kuba
       •   Enige ander relevante antwoord                                      (enige 2 x 2) (4)

1.3    [Vergelyking van bewyse in Bron 1A en 1B – V3]
       • In Bron 1A wou die VSA Castro uit Kuba verwyder terwyl in Bron 1B die Sowjets
          toegewyd was om Castro as leier van Kuba te beskerm
       • Bron 1A skets die VSA se plan om Kuba in te val en sy regering te ondermyn terwyl
          Bron 1B fokus op die Sowjetunie se toegewydheid om die Kubaanse regering te
          ondersteun
       • Bron 1A dui aan hoe die VSA teen kommunisme in Kuba gekant was terwyl in Bron
          1B die Sowjetunie ondersteuning aan Kuba bied
       • In Bron 1A het Castro Kuba met Sowjettenks verdedig terwyl Bron 1B toon dat die
          Kubaanse bendes/uitgewekenes opgelei, toegerus en bewapen is met wapens wat
          deur die VS verskaf is
       • Enige ander relevante antwoord                                     (enige 2 x 2) (4)

1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
      • 'Die Verenigde State nog steeds Kuba wou inval om sodoende ontslae te raak'
         (Castro)
      • 'Regering te verander'
      • 'Kubaanse Kommunistiese Rewolusie te vernietig'                      (3 x 1) (3)

1.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
      • Deur VS spioenasievliegtuie wat foto's geneem het op hulle verkenningsvlugte
      • Uit die verslae wat die CIA verskaf het oor die bewyse van missielterreine in Kuba
      • Deur verslae van Kubaanse vlugtelinge wat aangedui het dat terreine ontwikkel word
          vir die ontplooiing van Sowjetwapens aan Kuba
      • Enige ander relevante antwoord                                      (enige 2 x 2) (4)

1.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
      • 'Verskrik/Geskok'
      • 'Kwaad'                                                                      (2 x 1) (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                9                                       DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

1.5.1    [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
        • Om die aankoms van missiele in Kuba te blokkeer
        • Om sy sterkte en mag aan die wêreld te vertoon en teen die Sowjetunie en sy
             aggressie op te staan
        • Die VSA was bekommerd omdat hierdie missielbasisse gesien kon word as
             uitbreiding van Sowjet of kommunistiese invloed in Kuba
        • Die ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba het 'n ernstige bedreiging vir die
             veiligheid van die VSA en sy burgers geword
        • Enige ander relevante antwoord                                      (enige 2 x 2) (4)

1.5.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
      • Kuba het bedreig gevoel
      • VS militêre basisse was geleë binne en buite Kubaanse grense, dit was 'n skending
           van haar soewereiniteit en onafhanklikheid
      • Kuba het geïntimideerd gevoel deur die sterkte en mag van die VSA
      • Enige ander relevante antwoord                                    (enige 2 x 2) (4)

1.6     [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

         Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

        •    Die VSA was suspisieus oor Kommunistiese oorname in Kuba (Bron 1A)
        •    Die VSA het die gebruik van geld om Kubaanse uitgewekenes op te lei vir die inval
             in Kuba goedgekeur (Bron 1A)
        •    Kennedy het die inval in Kuba toegelaat om sodoende die mag en sterkte van die
             VSA te demonstreer (Bron 1A)
        •    Kuba was gekant teen Amerikaanse imperialisme en het selfbeskikkingsreg begeer
             deur kommunisme aan te gryp (Bron 1A)
        •    Khrushchev het 'n brief aan Kennedy geskryf waarin hy hom blameer vir die inval in
             Kuba (Bron 1B)
        •    Khrushchev het die VSA blameer vir die ignorering van samesprekings oor goeie
             verhoudinge tussen die VSA en die Sowjetunie (Bron 1B)
        •    Castro vra bystand van die Sowjetunie om 'n Amerikaanse inval te voorkom (Bron
             1C)
        •    Verslae van Kubaanse vlugtelinge en CIA agente het 'n groeiende opbou van
             Sowjettroepe en gesofistikeerde wapens in Kuba aangedui (eie kennis)
        •    VS spioenasievliegtuie het 'n belangrike rol gespeel in die ontdekking van
             missielterreine wat in Kuba opgerig is (Bron 1C)
        •    Die Sowjetunie het missiele in Kuba ontplooi (Bron 1C en 1D)
        •    Die VSA het 'n vlootblokkade (kwarantyn) beveel om Sowjetskepe te keer om na
             Kuba te vaar (Bron 1D)
        •    Die VSA wou die verspreiding van kommunisme na Latyns-Amerika stop (eie
             kennis)
        •   Die Sowjetunie wou missiele naby die VSA ontplooi om sy sterkte te demonstreer
            (eie kennis)
        •   Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            10                                   DBE/2018
                                   SSE – Nasienriglyne

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
                • Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv. toon geen of
VLAK 1             min begrip oor waarom Kuba in die 1960's die brandpunt          PUNTE
                   van die Koue Oorlog tussen die Verenigde State van               0–2
                   Amerika en die Sowjetunie geword het.
                • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
VLAK 2             met die onderwerp, bv. toon begrip oor waarom Kuba in die       PUNTE
                   1960's die brandpunt van die Koue Oorlog tussen die              3–5
                   Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie geword
                   het.
                • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
                • Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike
                   begrip oor waarom Kuba in die 1960's die brandpunt van
VLAK 3             die Koue Oorlog tussen die Verenigde State van Amerika          PUNTE
                   en die Sowjetunie geword het.                                    6–8
                • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
                   en toon begrip van onderwerp.
                                                                                             (8)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             11                                     DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

VRAAG 2:         HOE HET DIE INMENGING DEUR BUITELANDSE MAGTE TUSSEN
                 1974 EN 1976 KOUE OORLOG-SPANNING IN ANGOLA
                 VERERGER?

2.1.1 [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 2A – V1]
      • Politieke selfregering / selfbeskikking deur Angola van Portugese koloniale regering
      • Dekolonisasie van Angola na die beëindiging van koloniale regering
      • Oorhandiging van beheer van die Angolese regering aan bevrydingsbewegings deur
         die Portugese regering deur middel van die Alvor Ooreenkoms
      • Angola het oor sy eie interne en eksterne beleid besluit
      • Enige ander relevante antwoord                                        (enige 1 x 2) (2)

2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
      • ‘Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA)’
      • ‘National Front for the Liberation of Angola (FNLA)’
      • ‘National Union for the Total Independence of Angola (UNITA)’                (3 x 1) (3)

2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
      • 'Angolese onafhanklikheid verleen'
      • 'Voorsiening gemaak het vir 'n drievoudige magsdelingstelsel'                 (2 x 1) (2)

2.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
      • USSR het militêre opleiding en toerusting aan die MPLA verskaf terwyl die VSA die
          FNLA en UNITA in die Angolese burgeroorlog ondersteun het
      • Beide die VSA en die USSR het oorlog aangevuur deur hulle voorkeur bondgenote
          met militêre bystand te ondersteun
      • Die supermoondhede het die burgeroorlog in Angola gebruik om sy natuurlike
          hulpbronne uit te buit
      • Beide die VSA en die USSR wou hulle ideologie promoveer
      • Enige ander relevante antwoord                                     (enige 2 x 2) (4)

2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B– V1]
      • National Front for the Liberation of Angola (FNLA)                            (1 x 1) (1)

2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B– V1]
      • 'Opleiding van Angolese vegeenhede'
      • 'Verkennings- en voorsieningsopdragte uitgevoer'
      • 'CIA het meer as 'n miljoen dollar aan 'n ambisieuse huursoldaatprogram bestee'
      • 'Amerikaanse huursoldate veg in Angola'
      • 'Die CIA het ook die bewapening van Britse huursoldate gefinansier'
                                                                            (enige 3 x 1) (3)

2.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
      • Om die kommunistiese ideologie te diskrediteer en te ondermyn / om kommunisme
          in 'n swak lig te stel
      • Om die verspreiding van kommunisme in Angola en ander Afrikalande te voorkom
      • Om die verspreiding van kapitalisme te verseker en sy sukses te demonstreer
      • Enige ander relevante antwoord                                    (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               12                                       DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

2.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
      • Die Sowjetunie het 'n stewige houvas oor Angola (die groot Russiese hand wat
          Angola gryp)
      • Die Sowjetgreep op Angola simboliseer Sowjetbeheer /Kommunistiese beheer
      • Die Sowjetunie gebruik Angola as 'n pion in die Koue Oorlog teen die VSA
      • Die Sowjetunie was fisies teenwoordig in Angola (getoon deur die hand wat in
          Angola is)
      • Enige ander relevante antwoord                                      (enige 2 x 2) (2)

2.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
      • Die VSA word uitgebeeld asof hulle oneffektiewe metodes gebruik om Sowjetbeheer
          oor Angola te voorkom (Kissinger slaan die Russiese hand liggies op die kneukels
          met 'n olyftak)
      • Die VSA is nie gewillig om ten volle betrokke te raak in Angola nie (staan buitekant
          die landsgrense)
      • Die VSA lyk magteloos in vergelyking met die Sowjetunie (relatiewe grootte van
          Kissinger in vergelyking met die hand van die Sowjetunie)
      • Kissinger dra ŉ olyftak wat ŉ simbool van vrede uitbeeld en dat hy die konflik
          vreedsaam wou oplos
      • Enige ander relevante antwoord                                      (enige 2 x 2) (4)

2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D– V1]
      • ‘MPLA’                                                                            (1 x 1) (1)

2.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D– V1]
      • 'Die versoek wat deur die MPLA gerig is'
      • 'duidelikheid verkry oor watter bystand ons moes verleen'
      • 'Neto die militante solidariteit van ons Hoofkommandant gegee'
      • 'Hom 100,000 dollar gegee'                                                 (enige 2 x 1) (2)

2.4.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
      • Om seker te maak dat die MPLA die Angolese burgeroorlog wen
      • Om te verseker dat die MPLA goed voorbereid was
      • Om dit te laat lyk asof Angola (MPLA) selfonderhoudend is
      • Om kommunisme in Angola te verskans
      • Gebrek aan ondersteuning deur die sosialistiese kamp om die MPLA te ondersteun
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2) (4)

2.4.4 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 2D – V3]
      Die Bron is BRUIKBAAR omdat:

       •   Die Bron bevat direkte woorde van Diaz Aguelles wat 'n leier was van die Kubaanse
           afvaardiging na Angola in 1975
       •   Die Bron is uit 'n boek wat historici toegang gee tot argief- en onderhoudmateriaal
       •   Die Bron gee die perspektief van die Kubaanse afvaardiging wat help om te
           verduidelik waarom hulle in die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het
       •   Die Bron verskaf inligting oor die MPLA se versoek om bystand van Kuba
       •   Enige ander relevante antwoord                                         (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              13                                       DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

2.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 2C en 2D – V3]
      • Bron 2C beeld die Sowjetunie uit asof hulle 'n stewige greep oor Angola het terwyl
         Neto in Bron 2D sê dat die Sowjetunie in 1972 opgehou het om hulle te help en dat
         hulle militêre hulp 'nietig' was
      • In Bron 2C word die VSA (Kissinger) getoon as nie volledig betrokke in Angola nie
         (staan buitekant die land) terwyl Kuba in Bron 2D bewus was dat die VSA die FNLA
         bygestaan het
      • Bron 2C (gepubliseer in November 1975) maak geen melding van enige
         betrokkenheid van Kuba in Angola nie terwyl Bron 2D dit duidelik stel dat Kuba
         sedert Augustus 1975 die MPLA in Angola bystaan
      • Enige ander relevante antwoord                                        (enige 2 x 2) (4)
2.6    [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
       Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
       •  Rusland, China en die VSA het hulp verleen aan verskillende bevrydingsbewegings
          (MPLA, FNLA en UNITA) in Angola (Bron 2A)
      • Die Supermoondhede het militêre bystand aan hulle bondgenote na onafhanklikheid
          gelewer (Bron 2A)
      • Die VSA verskaf hulp en opleiding aan die FNLA en UNITA (Bron 2B)
      • Die CIA gebruik die pers/ joernaliste om die Sowjetunie en Kuba in onguns te bring
          (Bron 2B)
      • Die VSA het die Sowjetunie gesien as 'n groot bedreiging vir Angolese stabiliteit
          (Bron 2C)
      • Die MPLA het militêre hulp van Kuba gevra (Bron 2D)
      • Kubaanse militêre personeel was verantwoordelik vir die opleiding van MPLA
          soldate (Bron 2D)
      • Kuba het militêre personeel en toerusting verskaf (Bron 2D)
      • Suid-Afrika, Frankryk het UNITA ondersteun (eie kennis)
      • Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
               • Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv. toon geen of
VLAK 1            min begrip oor hoe die inmenging deur buitelandse            PUNTE
                  magte Koue Oorlog-spanning tussen 1974 en 1976 in             0–2
                  Angola vererger het.
               • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
               • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
VLAK 2            met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die               PUNTE
                  inmenging deur buitelandse magte Koue Oorlog-                 3–5
                  spanning tussen 1974 en 1976 in Angola vererger het.
               • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te
                  skryf.
               • Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike
                  begrip oor hoe die inmenging deur buitelandse magte
VLAK 3            Koue Oorlog-spanning tussen 1974 en 1976 in Angola           PUNTE
                  vererger het.                                                 6–8
               • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
                  paragraaf en toon begrip van onderwerp.
                                                                                           (8)
                                                                                          [50]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               14                                        DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

VRAAG 3: WAT WAS DIE REAKSIES OP DIE STIGTING VAN DIE BLACK
             PANTHER-PARTY IN DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE VAN
             AMERIKA?
3.1.1 [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 3A – V1]
      • Trots in Afro-Amerikaanse kultuur en erfenis wat nie in die hoofstroom media,
           onderwys en literatuur bevorder is nie
      • Selfverdediging deur swart Amerikaners in die konteks van polisiebrutaliteit en
           wit-oorheersde geweld
      • Selfhelp in die konteks waar baie swart Amerikaners in armoede gelewe het,
          werkloos was en 'n gebrek aan toegang tot gesondheidsdienste gehad het
      • Enige ander relevante antwoord                                             (enige 1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
      • Huey Newton
      • Bobby Searle                                                                      (2 x 1) (2)
3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
      • 'Betaling van vergoeding aan swart Amerikaners deur die federale regering as
           kompensasie vir slawerny'
      • 'Kwytskelding aan swart Amerikaners van weermagdiens'
      • 'vryheid van swart Amerikaners wat in federale, staat, distrikte en stedelike
           gevangenisse aangehou word, tensy hulle verhoor is deur 'n jurie van hulle eie
           portuurs'                                                               (enige 2 x 1) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2]
      • Die Black Panthers het gepoog om die gesag van die polisie uit te daag,
           byvoorbeeld deur gewere te dra
      • Die polisie was sterk gekant teen gewapende swart mense wat hulle aksies dophou
           en opneem
      • Dit was die eerste keer dat 'n georganiseerde gemeenskapsgroep gedreig het om uit
           selfverdediging op te tree indien die polisie geweld of brutaliteit gebruik of onwettig
           optree
      • Die polisie het geweet dat die Black Panthers sou skiet om dood te maak indien
           hulle of ander lede van hulle gemeenskap aangeval word
      • Enige ander relevante antwoord                                             (enige 2 x 2) (4)
3.2.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
      • Dit gee te kenne dat die gebeurtenis beskou is as baie belangrik/nuuswaardig,
          ongewoon en skokkend en daarom was dit op die voorblad van die koerant
      • Die Sacramento Bee was teen die doelwitte en aksies van die Black Panther-party
          gekant
      • Die Sacramento Bee beeld hulle uit op 'n negatiewe wyse deur gebruik te maak van
          woorde soos 'invallers' en 'negerbende'
      • Die hoofopskrif het die Black Panthers nie as egte burgers van die VSA beskou nie,
          daarom gee die verwysing na 'inval' te kenne dat dit 'n aanval van buite was
      • Die koerant gee te kenne dat die lede van die Black Panther-party gewapen en
          gevaarlik was, hulle het gekies om 'n beeld van 'n Black Panther-lid wat 'n semi-
          outomatiese geweer dra op die voorblad te druk
      • Die koerant wou die publiek se opinie op 'n negatiewe wyse teen die Black Panther-
          party draai en dit het geen poging aangewend om te verduidelik dat die Panthers
          probeer het om hulle konstitusionele regte te verdedig nie en daarom gewere gedra
          het
      • Enige ander relevante antwoord                                             (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                15                                      DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

3.2.2    [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
        • Die koerant se hoofopskrif gee te kenne dat die Black Panther-party 'n wettelose
            organisasie/opstokers en vyande van die staat was deur woorde te gebruik soos
            'KONGRESGEBOU INGENEEM'.
        • Die Black Panther-party het getoon dat hulle manifes nie net woorde was nie maar
            dat hulle eintlik hulle beginsels geïmplementeer het
        • Die Black Panther-party het sy reg om gewere te dra om die swart Amerikaanse
            gemeenskap te beskerm, verdedig
        • Dit beeld die Black Panther Party uit as ŉ militante organisasie
        • Enige ander relevante antwoord                                       (enige 2 x 2) (4)
3.3      [Vergelyking van bewyse in Bron 3A en 3B – V3]
        • Bron 3A staaf dat die Black Panther-party 'n paramilitêre uniformstyl aangeneem het
           wat barette ingesluit het terwyl Bron 3B 'n lid van die Black Panther-party toon wat 'n
           baret dra en swaar gewapen is
        • In Bron 3A maak die Black Panther-party aanspraak op sy konstitusionele reg om
           wapens te dra terwyl 'n lid van die Black Panther-party in Bron 3B met 'n geweer
           gesien word
        • In Bron 3A word beweer dat die verhouding tussen die polisie en die Black Panther-
           party 'gespanne' was terwyl die hoofopskrif in Bron 3B dit stel dat die 'Staatspolisie
           keer Gewapende Neger Bende'
        • Enige ander relevante antwoord                                           (enige 2 x 2) (4)

3.4.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
        • 'Die Black Panther-party amper 5 000 lede in meer as 20 state gehad'
        • 'Vanaf San Diego tot New Haven was Panthers en deelnemers aktief in talle
           programme en diensprojekte'
        • 'Weekliks 20 000 kinders gevoed het'
        • ‘Oor die hele land versprei en duisende jongmense gelok’           (enige 2 x 1) (2)
3.4.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
        • 'Gratis ontbytprogramme in 19 plekke'
        • 'Het vryheidskole ontwikkel'
        • 'Gratis gesondheidsklinieke'
        • 'Gratis sekelseltoetsing'                                               (enige 3 x 1) (3)
3.4.3    [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
        • Die Panthers was aktiviste, hulle het nie net gepraat oor verandering maar het
             dinge 'gedoen' om verandering te bring (polisiepatrollies, oorlewingsprogramme)
        • Jongmense is geïnspireer deur die moed, vreesloosheid, vasberadenheid en
             militantheid van die Panthers
        • Nie soos ander organisasies was die Panthers meer vasberade om te veg en
             hulle gemeenskappe te beskerm, dit het aanklank gevind by jongmense wat
             gefrustreerd geraak het met die benadering van die Burgerregtebeweging
        • Die leerbaadjies, barette en veral die dra van gewere het baie jongmense
             aangetrek
        • Die Panthers het jongmense die hoop gegee dat hulle deur middel van hulle
             aksies 'n beter toekoms vir hulleself kon bou
        • Enige ander relevante antwoord                                          (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                16                                      DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

3.5.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
        • ‘Die FBI het die Black Panther-party veroordeel (gekritiseer) as 'n groep
           'kommunistiese voëlvryverklaardes'                                       (1 x 1) (1)

3.5.2    [Interpretasie van bewyse in Bron 3D – V2]
            Hoover:
        • Het geglo dat die Black Panther-party probeer het om die VS regering in onguns te
            bring en te vernietig
        • Het gevrees dat die Black Panther-party se taktiek kon lei tot 'n instorting van wet en
            orde
        • Beweer dat die Black Panther-party se aksies onrus en 'n moontlike burgeroorlog in
            die VSA kon veroorsaak
        • Was bekommerd dat die Black Panther-party kommunistiese ideologie sou versprei
            en die kapitalistiese sisteem in die VSA ondermyn
        • Enige ander relevante antwoord                                          (enige 2 x 2) (4)

3.5.3    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
        • ‘Die Black Panther-party is gewelddadig deur die polisie en die FBI aangeval’
        • ‘Daar was elke denkbare soort aanval op die party se maatskaplike programme’
        • ‘Vernietiging van die party se eiendom’
        • 'Het eiers van die ontbytprogramme gebreek'
        • 'Die Party se kliniekvoorrade vermorsel'
        • 'Vernietiging van bondels van die Party se koerante'                 (enige 2 x 1) (2)

3.5.4   [Evalueer die bruikbaarheid van bewyse in Bron 3D – V3]
        Die Bron is BRUIKBAAR omdat:

        •   Dit help om te verduidelik waarom daar so baie spanning tussen die Black Panther
            party (BPP) en die FBI was
        •   Die beklemtoon hoe die FBI informante en lokvinke gebruik het om die BPP te
            diskrediteer
        •   Die inligting beklemtoon dat FBI agente aktief probeer het om die BPP van binne te
            vernietig, bv. dit het die party se gratis kliniekvoorrade verpletter
        •   Dit is baie jare na die gebeure saamgestel en het die voordeel dat nakennis nuwe
            inligting oor die rol van die FBI na vore gebring het
        •   Enige ander relevante antwoord                                        (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              17                                     DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne - V3]

       Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

       •   Die BPP het gewapende patrollies tot standgebring om hulle gemeenskappe te
           verdedig teen polisiebrutaliteit wat gespanne verhoudings met wetstoepassings-
           agente tot gevolg gehad het (Bron 3A)
       •   Die media (koerante) het gereageer op die BPP se dra van wapens uit
           selfverdediging deur hulle te bestempel as 'invallers' en ''n Negerbende' (Bron 3B)
       •   Die BPP moedig jongmense aan om te verenig, terug te veg en hulle gemeenskap
           te beskerm en dit lei tot groot ondersteuning van die party (Bron 3A en 3C)
       •   Duisende jongmense is aangetrek na die Black Panther-party as gevolg van sy
           beleid (Bron 3C)
       •   'n Breë versameling van organisasies het die Black Panther-party ondersteun deur
           die oorlog in Viëtnam teen te staan (Bron 3C)
       •   Swart Amerikaners het die BPP ondersteun en is bevoordeel uit sy selfhelp
           Gemeenskapsprogramme (Bron 3C en 3D)
       •   Die FBI het die Black Panther-party veroordeel as 'n groep 'kommunistiese
           voëlvryverklaardes' (Bron 3D)
       •   Die FBI loods 'n propagandaveldtog teen die Black Panther-party (Bron 3D)
       •   Die FBI het alles in sy vermoë gedoen om eiendom en programme van die Black
           Panther-party te vernietig (Bron 3D)
       •   Enige ander relevante antwoord

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
               • Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv. toon geen of
VLAK 1            min begrip om die reaksies op die stigting van die Black         PUNTE
                  Panther-party in die Verenigde State van Amerika in die           0–2
                  1960s te verduidelik.
               • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
               • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
VLAK 2            met die onderwerp, bv. toon begrip om die reaksies op            PUNTE
                  die stigting van die Black Panther-party in die Verenigde         3–5
                  State van Amerika in die 1960s te verduidelik.
               • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te
                  skryf.
               • Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike
                  begrip om die reaksies op die stigting van die Black
VLAK 3            Panther-party in die Verenigde State van Amerika in die          PUNTE
                  1960s te verduidelik.                                             6–8
               • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
                  paragraaf en toon begrip van onderwerp.
                                                                                                  (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               18                                      DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 4:         GEVALLESTUDIE – CHINA

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet die implementering van Mao Zedong se beleid van die 'Groot Sprong
Vorentoe’ en die ‘Kulturele Rewolusie' tussen 1957 en 1969 in die Volksrepubliek van China
krities bespreek.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet krities bespreek of Mao Zedong se beleid van die Groot Sprong
   Vorentoe en die Kulturele Rewolusie suksesvol geïmplementeer is.

UITBREIDING
• Mao Zedong se implementering van die Eerste Vyfjaarplan / Honderd Blomme-veldtog
    (Agtergrond slegs kortliks)
Die Groot Sprong Vorentoe
• Implementering van die Tweede Vyfjaarplan (Groot Sprong Vorentoe) in 1958, sy doelwit
    was om industriële en landbouproduksie in China te verhoog
• Om alle vorme van private onderneming te beëindig
• Bevorder die kollektivisering van koöperatiewe (plase)
• Deel met teenkanting teen kollektivisme deur die kragdadige amalgamasie van plase
• Statistieke van produksie uitkomste is oordryf om die sukses van die beleid te 'bewys'
• Hoë belasting op plaasprodukte lei tot ontevrede kleinboere en afname in produksie
• Het staatgemaak op ongeskoolde arbeid (landbouers) vir industriële produksie eerder as
    wetenskaplikes en ingenieurs. Dit lei tot 'n afname in produktiwiteit in die industriële sektor
• Werkers moes lang ure werk om produksie te verhoog
• Mao se poging om yster- en staalproduksie te verhoog in agterplaashoogoonde, het gelei
    tot minderwaardige kwaliteit van yster en staal -
• Die Groot Sprong Vorentoe was 'n klaaglike mislukking na 3 jaar van implementering
• Mao Zedong was nie in staat om die sterfte van miljoene mense van hongersnood te stop
    nie
• Mao Zedong het weer kapitalisme slegs in sekere sektore ingestel
• Mao Zedong bedank as President van China (1959) maar bly aan as Voorsitter van die
    Kommuniste Party (handig gesag oor aan President Liu Shaoqi en Deng Xiaoping om
    ekonomiese sake te hanteer)
• Enige ander relevante antwoord

    Die Kulturele Rewolusie
•   Ingestel in 1966 om gesag te herstel wat verlore geraak het as gevolg van die mislukking
    van die Groot Sprong Vorentoe
•   Het die Kommunistiese Party gebruik om die regering se gesag te verseël
•   Het weer die nasionalisering van swaar industrieë ingestel
•   Fokus op die beginsels van die totstandkoming van 'n klaslose samelewing
•   Stig die Rooi Wagte om met opponente van die Kommunistiese Party af te reken
•   Gebruik die Rooi Wagte om ou gewoontes en houdings te verander (Vier Oues)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             19                                  DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

•   Stel die Klein Rooi Boekie bekend om die gedagterigting van kritici te verander en
    kommunisme te bevorder
•   Om kommunisme af te dwing is skole, universiteite en kolleges gesluit en met kritici
    afgereken
•   Dit laat ŉ generasie sonder formele onderrig
•   Elimineer sleutelbeamptes (Xiaoping & Liu Shaoqi) en word die alleenregeerder van China
    in 1966
•   Enige ander relevante antwoord

•   Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             20                                    DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE    AFRIKA:        VERGELYKENDE          GEVALLESTUDIE            –
                 DIE KONGO EN TANZANIË

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet aandui tot watter mate Tanzanië meer suksesvol as die Kongo was om die
politieke, ekonomiese en maatskaplike uitdagings waarmee hulle na onafhanklikheidswording
in die vroeë 1960's gekonfronteer is, te oorkom.

HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem deur aan te dui tot watter mate Tanzanië
  meer suksesvol as die Kongo was om die politieke, ekonomiese en maatskaplike uitdagings
  waarmee hulle na onafhanklikheidswording in die vroeë 1960's gekonfronteer is, te oorkom.

UITBREIDING
Kandidate moet 'n standpunt inneem en sê of Tanzanië meer suksesvol as die Kongo was in
die optrede teen verskeie uitdagings.

Politieke uitdagings:
• Beide die Kongo en Tanzanië was onder Europese koloniale regering in die vroeë 1960's
• Na veelparty-verkiesings het beide lande eenparty-state binne die eerste vyf jaar, na die
   verkryging van onafhanklikheid, geword
• Die kwaliteite van goeie leierskap: dit het die onderhou van die regsorde ingesluit, om na
   die belange van burgers om te sien, om vry en regverdige veelparty-verkiesings te hou, om
   die burger- en menseregte van alle mense te beskerm, om politieke stabiliteit en nasionale
   samehorigheid te bevorder
• Mobutu Sese Seko (Kongo) het mag oorgeneem deur middel van 'n militêre staatsgreep
   terwyl Julius Nyerere (Tanzanië) verkies is
• Beide Mobutu Sese Seko en Nyerere het eenparty-state in hulle onderskeie lande ingestel
• Nie een van die twee lande het vry en regverdige veelparty-verkiesings gehou nie. Beide
   het gevoel dat hierdie regeringsvorm meer toepaslik was vir Afrika as 'n Westerse
   demokratiese styl
• In beide lande is opposisie partye stilgemaak en daar was bewyse van inhegtenisname en
   menseregteskendings vir die wat teen die regering gepraat het
• Die tydperk na onafhanklikheidswording in die Kongo was gekenmerk deur geweld en
   politieke oproer terwyl in Tanzanië daar min konflik was na onafhanklikheid en die land het
   polities stabiel gebly
• Die Kongo was erg verdeel oor etniese grense heen met leiers wat met mekaar
   gekompeteer het; Onder Nyerere se leierskap was Tanzanië verenig as 'n enkele land, hy
   het 'n nasionale identiteit aangemoedig en daar was baie min etniese konflik
• Beide leiers het die belangrikheid van Afrikanisasie van hulle politieke stelsels
   aangemoedig (hulle het demokrasie beskou as 'on-Afrika' en 'n Westerse instelling)
• Beide Mobutu Sese Seko en Nyerere was trots om hulle nasies op te bou en het kragtig die
   trots om 'n Zaïrees of Tanzaniër te wees
• Die leiers van beide lande het 'lewenslange presidente' tussen die 1960's en 1970's gebly

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               21                                     DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

•   In beide lande is opposisieleiers stilgemaak, in hegtenis geneem en in sommige gevalle
    doodgemaak om 'stabiliteit' te behou
•   Mobutu Sese Seko het 'n kleptokrasie gevorm waar aangestelde politieke amptenare hulle
    posisie misbruik het vir finansiële gewin terwyl Nyerere 'Kode vir Leiers' ingestel het in die
    Arusha Verklaring wat hoë vlakke van integriteit van politieke amptenare vereis het
•   Mobutu Sese Seko was uitspattig en het duur klere gedra en paleise gebou terwyl Nyerere
    se leierskapstyl een was van persoonlike integriteit en nederigheid
•   Mobutu Sese Seko het hom vereenselwig met die Weste terwyl Nyerere 'n beleid van
    ongebondenheid aanvaar het met nog kapitalistiese lande nog kommunistiese lande
•   Enige ander relevante antwoord

Ekonomiese uitdagings:
• Die Kongo en Tanzanië het enkel-produkte van hulle onderskeie koloniseerder oorgeërf
• Met onafhanklikheidswording het die Kongo en Tanzanië 'n tekort gehad aan 'n lewendige
  vervaardigingsnywerheid
• Die Kongo en Tanzanië het 'n paar gekwalifiseerde tegnici en ingenieurs gehad
• Mobutu en Nyerere het die grond en nywerhede genasionaliseer om rykdom eweredig te
  versprei
• Nog die Kongo nog Tanzanië het oliereserwes gehad en het albei 'n ekonomiese krisis
  beleef toe die oliepryse in die 1970's gestyg het
• Beide Mobutu (1970s) en Nyerere (1980s) het besluit om sektore van die ekonomie te
  privatiseer as gevolg van 'n ekonomiese krisis
• Beide lande het lenings van die buiteland en buitelandse organisasies aanvaar; vanaf die
  1960's het die Kongo finansiële hulp van die kapitalistiese Weste aanvaar; terwyl Tanzanië
  vanaf die 1980's gedwing was om Wêreldbank-lenings te aanvaar en onderwerp was aan
  strukturele ontwikkelingsbeleid
• Nog die Kongo nog Tanzanië het daarin geslaag om 'n betekenisvolle
  vervaardigingsindustrie te ontwikkel
• Beide die Kongo en Tanzanië het afhanklik gebly van die uitvoer van landbouprodukte en
  minerale
• Beide die Kongo en Tanzanië het gesukkel om ekonomies te ontwikkel
• Die Kongo het 'n kapitalistiese ekonomiese stelsel aanvaar; terwyl Tanzanië 'n sosialistiese
  ekonomiese model aanvaar het
• Die Kongo het van die vroeë 1960's swaar gesteun op buitelandse hulp en kundigheid;
  terwyl Tanzanië gepoog het om selfonderhoudend te wees en neokolonialisme verwerp het
• Die Kongo het daarna gestreef om die ekonomie te industrialiseer en 'n vervaardigingsbasis
  te ontwikkel; terwyl Tanzanië sy landboubasis uitgebou het met sy villagisation beleid en
  Ujamaa
• Die Kongo se ekonomie is gekarakteriseer deur elitisme en nepotisme; terwyl Tanzanië
  korrupsie van regeringsamptenare verminder het deur 'n 'Kode vir Leiers'
• Die ekonomie van die Kongo het groot verskille in rykdom tussen rykes en armes
  geproduseer terwyl Tanzanië gepoog het om ekonomiese ongelykheid te minimaliseer
• Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [History P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2018-final-memo-afr/b599d539-b3a0-42aa-bdc9-b79f329dd8ce) — History · Memo · 2018 · Afr
- [History P1 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-memo-eng/662ba1e6-fb78-4312-a0cd-1e0d4024f033) — History · Memo · 2017 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 QP SEP2018 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sep2018-english/47dd3041-ad8c-49c9-92a3-636ad391ba9f) — History · QP · 2018 · Eng
- [History P1 Gr12 Addendum June 2018 English Flat](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-addendum-june-2018-english-flat/4c5dfc40-194e-46ad-8243-339e8e3277ff) — History · Addendum · 2018 · Eng
- [History P1 May June 2022 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-addendum-eng/26551f4a-326d-4c97-be6f-e9e99fb1dd32) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [History P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-afr/bb785283-0610-46de-9d8f-cc2f73dda19c) — History · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
