# History Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2021-afr/08989f2d-002e-4972-ae44-9a8b66eb9463
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2021-afr/08989f2d-002e-4972-ae44-9a8b66eb9463)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                               GESKIEDENIS V2

                                       2021

                                                                        PUNTE: 150

                                                                          TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                2                                 DBE/2021
                                           SS/NSS

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
        voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

        AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

        VRAAG 1:        DIE KOUE OORLOG: INSLUITING EN WAAGMANSKAP: DIE
                        KUBAANSE MISSIELKRISIS

        VRAAG 2:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

        VRAAG 3:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
                        SWARTMAGBEWEGING

        AFDELING B: OPSTELVRAE

        VRAAG 4:        GEVALLESTUDIE – CHINA

        VRAAG 5:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                        DIE KONGO EN TANZANIË

        VRAAG 6:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
                        BURGERREGTEBEWEGING

 2.     AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
        benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
        word.

 3.     AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

 4.     Beantwoord DRIE vrae soos volg:

        4.1      Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
                 moet 'n opstelvraag wees.

        4.2      Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees.

 5.     Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee.

 6.     In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
        gebruik.

 7.     Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

 8.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

 9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 3                                   DBE/2021
                                            SS/NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:         HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN 1962 OP DIE
                 ONTPLOOIING VAN SOWJETMISSIELE NA KUBA GEREAGEER?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1   Lees Bron 1A.

      1.1.1       Waarom, volgens die bron, het die Amerikaanse intelligensie-
                  gemeenskap oor die gebeure in Kuba agterdogtig geraak? (1 x 2)                 (2)

      1.1.2       Noem die TWEE stappe in die bron wat die Amerikaanse regering
                  gedoen het om te kyk wat besig was om in Kuba plaas te vind. (2 x 1)           (2)

      1.1.3       Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die Sowjetunie
                  Kuba militêr bygestaan het.                                  (2 x 1)           (2)

      1.1.4       Verduidelik wat Kennedy geïmpliseer het met die stelling, 'hierdie land
                  doen wat ook al gedoen moet word om sy eie veiligheid en dié van sy
                  bondgenote te beskerm', in die konteks van die ontplooiing van
                  Sowjet- missiele na Kuba.                                       (2 x 2)        (4)

      1.1.5       Lewer kommentaar op waarom Khrushchev voortgegaan het om
                  missiele na Kuba te ontplooi ten spyte van Kennedy se waarskuwing.
                                                                               (2 x 2)           (4)

1.2   Gebruik Bron 1B.

      1.2.1       Verduidelik die konsep kwarantyn in die konteks van die Kubaanse
                  Missielkrisis.                                            (1 x 2)              (2)

      1.2.2       Waarom, volgens die bron, het ExComm dit nodig gevind om die
                  Sowjetunie onder druk te plaas om die missiele uit Kuba te verwyder?
                                                                                 (2 x 1)         (2)

      1.2.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                  waarom Robert McNamara en President Kennedy vasbeslote was om
                  'n militêre konfrontasie met die Sowjetunie te vermy.      (2 x 2)             (4)

1.3   Bestudeer Bron 1C.

      1.3.1       Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word. Gebruik die
                  leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.           (2 x 2)          (4)

      1.3.2       Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
                  geskiedkundige wat die Kubaanse Missielkrisis navors. (2 x 2)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              4                                  DBE/2021
                                         SS/NSS

1.4   Raadpleeg Bron 1D.

      1.4.1      Hoe, volgens die bron, het Khrushchev verwys na die kwarantyn wat
                 die VSA op Sowjet-skepe ingestel het?                      (1 x 2)          (2)

      1.4.2      Kies TWEE bewyse in die bron wat aandui dat President Khrushchev
                 nie met die kwarantyn wat die VSA wou instel, saamgestem het nie.
                                                                              (2 x 1)        (2)

      1.4.3      Verduidelik wat jy dink Khrushchev geïmpliseer het met die stelling,
                 'ons (sal) nie blote waarnemers van seerowery deur Amerikaanse
                 skepe in die oop see wees nie', in die konteks van die Kubaanse
                 Missielkrisis.                                              (2 x 2)         (4)

1.5   Verwys na Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B van die
      bewyse in Bron 1D verskil met betrekking tot die VSA se besluit om 'n
      kwarantyn op Sowjet-skepe in te stel wat Kuba wou binnevaar.       (2 x 2)             (4)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
      'n paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
      hoe die Verenigde State van Amerika in 1962 op die ontplooiing van Sowjet-
      missiele na Kuba gereageer het.                                                        (8)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                5                                    DBE/2021
                                           SS/NSS

VRAAG 2:         HOE HET KUBA DIE POPULAR MOVEMENT FOR THE LIBERATION
                 OF   ANGOLA     (MPLA)  GEDURENDE   DIE    ANGOLESE
                 BURGEROORLOG VAN 1975 ONDERSTEUN?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Bestudeer Bron 2A.

      2.1.1      Waarom, volgens die bron, wou Losada Angola 'binnegaan'?         (1 x 2)        (2)

      2.1.2      Noem die TWEE versoeke wat die MPLA in Mei 1975 aan Kuba gerig
                 het, soos in die bron aangehaal.                       (2 x 1)                  (2)

      2.1.3      Verduidelik waarom dit vir die Kubane nodig was om die terrein in
                 Angola te leer ken.                                       (2 x 2)               (4)

      2.1.4      Lewer kommentaar op die mate waartoe 'n geskiedkundige hierdie
                 bron as betroubaar sou beskou wanneer die redes vir Kuba se
                 betrokkenheid in Angola nagevors word.                 (2 x 2)                  (4)

2.2   Gebruik Bron 2B.

      2.2.1       Identifiseer, in die bron, TWEE aspekte van die opleidingsprogram wat
                  Kuba vir Neto aangebied het.                                    (2 x 1)        (2)

      2.2.2       Noem die TWEE Kubaanse bevelvoerders in die bron wat vir die
                  algehele operasie in Angola verantwoordelik was.     (2 x 1)                   (2)

      2.2.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                  waarom Kuba in 1975 besluit het om nog soldate na Cabinda te
                  ontplooi.                                                  (2 x 2)             (4)

2.3   Verwys na Bron 2A en 2B. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2B die inligting in
      Bron 2A ondersteun met betrekking tot Kuba se betrokkenheid in die Angolese
      Burgeroorlog.                                                          (2 x 2)             (4)

2.4   Lees Bron 2C.

      2.4.1      Verduidelik die konsep onafhanklikheid in die konteks van Angola.
                                                                                (1 x 2)          (2)

      2.4.2      Waarom, volgens die bron, is 'Operasie Carlota' van stapel gestuur?
                                                                                 (1 x 2)         (2)

      2.4.3      Verduidelik waarom lede van die spesiale bataljon 'in somersklere
                 sonder militêre kentekens (wapens) geklee' was en 'aktetasse en
                 gewone paspoorte gedra' het.
                                                                           (2 x 2)               (4)

      2.4.4      Identifiseer TWEE militêre items in die bron wat die spesiale bataljon in
                 die vragruim van die vliegtuig gestoor het.                      (2 x 1)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               6                               DBE/2021
                                          SS/NSS

2.5   Raadpleeg Bron 2D.

      2.5.1      Verduidelik waarom hierdie foto geneem is.                  (2 x 2)       (4)

      2.5.2      Lewer kommentaar op die belangrikheid van Agostinho Neto en
                 Fidel Castro op die agtergrond van die foto.          (2 x 2)             (4)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
      'n paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
      hoe Kuba die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA) gedurende
      die Angolese Burgeroorlog van 1975 ondersteun het.                                   (8)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 7                                    DBE/2021
                                            SS/NSS

VRAAG 3:         WATTER ROL HET ELAINE BROWN GEDURENDE DIE 1960's EN
                 1970's IN DIE BLACK PANTHER-PARTY GESPEEL?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1   Lees Bron 3A.

      3.1.1      Wat, volgens die bron, het Elaine Brown se politieke opvoeding
                 beïnvloed?                                              (2 x 1)                  (2)

      3.1.2      Haal TWEE rolle uit die bron aan wat Elaine Brown in die Black
                 Panther-Party gespeel het.                              (2 x 1)                  (2)

      3.1.3      Verduidelik waarom Elaine Brown se aanstelling as die eerste vroulike
                 lid van die Black Panther se Sentrale Komitee belangrik was. (1 x 2)             (2)

      3.1.4      Waarom, volgens die bron, het Elaine Brown die leier van die Black
                 Panther-party geword?                                       (1 x 2)              (2)

3.2   Raadpleeg Bron 3B.

      3.2.1      Haal TWEE sinne uit die bron aan wat daarop dui dat Elaine Brown
                 haar plek in swart Amerikaanse geskiedenis ingeneem het.   (2 x 1)               (2)

      3.2.2      Verduidelik tot watter mate geskiedkundiges Elaine Brown se leierskap
                 van die Black Panther-party as 'rewolusionêr' sal beskou.      (2 x 2)           (4)

      3.2.3      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik wat
                 Elaine Brown met, 'ek sal nie toelaat dat my leierskap uitgedaag word
                 nie', in die konteks van die Black Panther-party, geïmpliseer het.
                                                                                    (2 x 2)       (4)

3.3   Gebruik Bron 3C.

      3.3.1      Lewer kommentaar op waarom hierdie foto geneem was.                (2 x 2)       (4)

      3.3.2      Verduidelik die belangrikheid van die gebalde vuiste in die lug in die
                 foto.                                                          (1 x 2)           (2)

3.4   Verwys na Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse in
      Bron 3C met betrekking tot Elaine Brown se leierskap van die Black Panther-
      party ondersteun.                                                       (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               8                                   DBE/2021
                                          SS/NSS

3.5   Bestudeer Bron 3D.

      3.5.1      Wat, volgens Elaine Brown, het 'dit beteken om 'n Black Panther te
                 wees'?                                                     (2 x 1)            (2)

      3.5.2      Identifiseer TWEE lede van die Black Panther-party in die bron wat in
                 1969 in Los Angeles vermoor is.                               (2 x 1)         (2)

      3.5.3      Definieer die konsep fascisme in jou eie woorde.               (1 x 2)        (2)

      3.5.4      Lewer kommentaar op wat Elaine Brown met die stelling, 'indien ons
                 die voorlopers vir die bevryding van die swart Amerikaners wou
                 wees …', geïmpliseer het.                                   (2 x 2)           (4)

      3.5.5      Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir 'n geskiedkundige wat
                 die uitdagings wat die Black Panther-party in die 1960's en 1970's in
                 die gesig gestaar het, navors.                                 (2 x 2)        (4)

3.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
      'n paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die rol wat
      Elaine Brown in die 1960's en 1970's in die Black Panther-party gespeel het,
      verduidelik.                                                                             (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              9                                  DBE/2021
                                         SS/NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
NIE.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:         GEVALLESTUDIE – CHINA

Verduidelik tot watter mate Mao Zedong se beleide van die Groot Sprong Vorentoe en
die Kulturele Rewolusie suksesvol was om tussen 1958 en 1969 die industriële en
landbouproduksie in die Volksrepubliek van China te verhoog.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                             [50]

VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                 DIE KONGO EN TANZANIË

Mobuto Sese Seko (die Kongo) en Julius Nyerere (Tanzanië) het in die 1960's die
politieke en ekonomiese uitdagings oorkom wat hulle onderskeie lande na die
verkryging van onafhanklikheid van koloniale bewind in die gesig gestaar het.

Bespreek hierdie stelling krities. Ondersteun jou argument met relevante bewyse.          [50]

VRAAG 6:         BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                 DIE BURGERREGTEBEWEGING

Amerikaanse burgerregte-aktiviste was suksesvol met die gebruik van verskillende
vorme van protesaksie om diskriminasie in die 1960's in die Verenigde State van
Amerika te beëindig.

Stem jy met die stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse.              [50]

                                                                            TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2021-english/622702f7-c33f-4046-ba6c-1effad7e7f25) — History · QP · 2021 · Eng
- [History P1 QP June 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-qp-june-2020-english/129f645d-3d44-4eee-9e79-4cf08acc19dc) — History · QP · 2021 · Eng
- [Gr12 History P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-afr/bb785283-0610-46de-9d8f-cc2f73dda19c) — History · QP · 2022 · Afr
- [History P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-eng/7d529eb9-2c0d-45a5-8a7a-c9e27cbc9665) — History · QP · 2015 · Eng
- [History P2 May June 2021 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2021-addendum-afr/cde0c40d-d0cb-41ca-8f8c-286dbd12cd25) — History · Addendum · 2021 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
