# History Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-addendum-afr/abf31990-99dc-4298-b4a5-a29ab3ce4439
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-addendum-afr/abf31990-99dc-4298-b4a5-a29ab3ce4439)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 GESKIEDENIS V1

                                        2022

                                    ADDENDUM

                       Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               2                                            DBE/2022
                                     SS/NSS – Addendum

VRAAG 1: HOE HET DIE MARSHALL-PLAN GEPOOG OM DIE EUROPESE
         EKONOMIE NA DIE VERWOESTING VAN DIE TWEEDE
         WÊRELDOORLOG TE HERSTEL?

BRON 1A

Die bron hieronder verduidelik die toestande wat in 1947 in Europa geheers het as
gevolg van die verwoesting wat deur die Tweede Wêreldoorlog veroorsaak is.

Die toestand in Europa in 1947, soos deur die destydse Minister van Buitelandse
Sake, Marshall, en ander Amerikaanse amptenare beskryf, was betreurenswaardig
(haglik). Alhoewel industriële produksie in baie gevalle tot vooroorlogse vlakke herstel
het, het dit voorgekom asof die algemene ekonomiese situasie besig was om agteruit
te gaan. Die herstel tot op daardie tydstip is deur die vermindering van plaaslike
aandele en buitelandse beleggings gefinansier. Kapitaal was toenemend onbeskikbaar
vir investering/belegging.

Handel tussen Europese nasies was stagnant (stil). Nadat die Europese publiek reeds
jarelange voedseltekorte, werkloosheid en ander teenspoed wat met die oorlog en
herstel geassosieer is, verduur het, is hulle nou met verdere swaarkry gekonfronteer.
Vir baie waarnemers was dit asof die afnemende ekonomiese toestande pessimisme
(onsekerheid) oor Europa se toekoms veroorsaak het wat klasseverdeeldheid en
politieke onstabiliteit aangevuur het. Kommunistiese partye wat alreeds groot was in
belangrike lande, soos Italië en Frankryk, het gedreig om mag oor te neem.

Die potensiële impak op Amerika was meervoudig. Byvoorbeeld, 'n einde aan
Europese groei sou die vooruitsig van enige handel met die kontinent blokkeer.
Inteendeel, een van die simptome van Europa se toestand was die massiewe dollar-
tekort wat hulle onvermoë aangedui het om vir hulle invoere vanaf Amerika te betaal.

Die hoofbekommernis vir Amerika was egter moontlik die groeiende bedreiging van
kommunisme.

                           [Uit The Marshall Plan: Origins and Implementation deur WF jr. Sanford]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             3                                            DBE/2022
                                   SS/NSS – Addendum

BRON 1B

Die bron hieronder beklemtoon die ekonomiese strategieë en hervormings wat die
Marshall-plan gepoog het om vanaf 1947 met die heropbou van die Wes-Europese
ekonomie te implementeer.

 Volgens die Economic Cooperation Act (ECA) (Wet op Ekonomiese Bystand) was die
 basiese doel van die Marshall-plan om 'individuele vryheid, vrye instansies en ware
 onafhanklikheid' te verseker deur 'goeie ekonomiese toestande' te herstel. Die
 Marshall-plan het tussen 1948 en 1951 gepoog om verskeie ekonomiese strategieë
 en hervormings te implementeer om Wes-Europa te herbou. Dit het gepoog om:
  Aan die onmiddellike behoefte aan voedsel, medisyne en behuising te voldoen
  Industriële en landbouproduksie te verhoog deur vinnig fabrieke, spoorweë, brûe,
     ens. te herbou
  Inflasie teen te staan en om finansiële stabiliteit te vestig
  'n Gemeenskaplike mark vry van nasionale handelsbeperkinge te skep

 Sommige van die hulp van die Marshall-plan het in die vorm van tegniese bystand
 gekom. Die Amerikaanse Ekonomiese Bystandsadministrasie het vir tegniese hulp en
 raadgewers van Amerikaanse besighede, banke, plaasorganisasies en werkersunies
 gereël. Raadgewende groepe het daaraan gewerk om Europese produksie,
 besigheidsorganisasie en arbeid-bestuursverhoudings te verbeter.

 Die meeste bystand het as kontantskenkings of lenings ($11,8 miljard) gekom. Die
 Europeërs het hierdie geld gebruik om noodsaaklike goedere soos koring en olie te
 koop en om fabrieke en behuising te herbou.

 Die Europeërs het besluit hoe om die Amerikaanse hulp tussen die 16 nasies te
 verdeel. Hulle het soms verskil oor hoeveel elkeen moes kry. Amerika het
 voortdurend druk op hulle (Europese nasies) geplaas om tot 'n vergelyk te kom en om
 'gesamentlik die hulp te gebruik' om Europa as 'n geheel te herbou.

                                  [Uit https://www.crf-usa.org. Toegang op 1 Junie 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               4                                          DBE/2022
                                     SS/NSS – Addendum

BRON 1C

Die spotprent hieronder, met die titel 'Die Pad Terug', is in 1947 deur Daniel Fitzpatrick
geteken en in die St Louis Post-Dispatch gepubliseer. Dit beeld die Marshall-plan uit
wat aan Europa gebied is.

                                                      [Uit St Louis Post-Dispatch, 20 Julie 1947]

                                     DIE PAD TERUG
                                                      [Uit St Louis Post-Dispatch, 20 Julie 1947]

  MARSHALL-PLAN                                        VERWOESTING IN EUROPA

                                                                              EUROPA
                           DIE PAD TERUG

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                    5                                           DBE/2022
                                          SS/NSS – Addendum

BRON 1D

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat op 18 September 1947 deur die
Sowjet Minister van Buitelandse Sake, Andrei Vyshinsky, by die Algemene
Vergadering van die Verenigde Nasies gelewer is. Die beklemtoon die Sowjetunie se
siening van die voornemens van die Marshall-plan.

Die sogenaamde Marshall-plan is 'n besonder ooglopende (duidelike) voorbeeld van
die manier waarop die beginsels van die Verenigde Nasies geskend word, van die
manier waarop die organisasie geïgnoreer word.

Amerika het beweeg na 'n direkte verwerping van die beginsels van internasionale
samewerking (vennootskap) en besorgde aksie deur die groot magte en na pogings
om hulle wil op die ander onafhanklike state af te druk, terwyl hulle terselfdertyd
ooglopend die ekonomiese hulpbronne, wat as verligting aan individuele behoeftige
lande versprei word, as 'n instrument van politieke druk gebruik … Amerika het ook
daarop gereken om al hierdie lande direk afhanklik te maak van die belange van
Amerikaanse monopolieë wat daarna streef om die komende depressie te keer deur 'n
versnelde uitvoer van kommoditeite en kapitaal na Europa.

Dit raak al hoe duideliker vir almal dat die implementering van die Marshall-plan sal
beteken dat Europese lande onder die ekonomiese en politieke beheer van Amerika
geplaas sal word en dat laasgenoemde direk in die internasionale aangeleenthede van
hierdie lande sal inmeng.

Hierdie plan is voorts 'n poging om Europa in twee kampe te verdeel en, met die hulp
van die Verenigde Koninkryk en Frankryk, 'n blok van verskeie Europese lande wat
vyandig is teenoor die belange van die demokratiese lande van Oos-Europa, meer
spesifiek teenoor die belange van die Sowjetunie, te vorm.

 [Uit http.//www.slantchev.ucsd.edu/courses/nss/documents/vyshinsky-criticism-of-truman doctrine.html.
                                                                   Toegang op 8 Junie 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              6                                          DBE/2022
                                    SS/NSS – Addendum

VRAAG 2:         HOE HET BUITELANDSE MOONDHEDE VANAF 1974 BY DIE
                 ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

BRON 2A

Die bron hieronder, deur FA Guimaraes geskryf, beskryf in breë trekke hoe die val van
'n outoritêre regering in Portugal tot die beëindiging van kolonialisme in Angola gelei
het en in 1975 tot 'n magstryd tussen drie bevrydingsbewegings gelei het.

Die omverwerping van die outoritêre regime in Portugal op 25 April 1974 was die begin
van die einde van kolonialisme in Angola. Meer as tien jaar se anti-koloniale
oorlogvoering teen die Portugese het nie vir Angola onafhanklikheid gebring nie ...
Die drie bewegings het op 15 Januarie 1975, in Alvor in suid-Portugal, 'n
onafhanklikheidsooreenkoms met Portugal onderteken wat vrede en 'n werkbare
politieke toekoms vir Angola belowe het.

Die Alvor Ooreenkoms het 'n oorgangsregering bemagtig (in staat gestel) om Angola
vanaf 31 Januarie 1975 te bestuur tot en met die verkiesings wat later daardie jaar
gehou sou word om 'n nuwe regering te bepaal. Die nuwe mag (regering) sou dan op
11 November 1975 die formele oordrag van mag vanaf die Portugese aanvaar. Die
oorgangsregering het bestaan uit 'n troika (drietal) van presidentskap van die drie
bewegings, 'n verdedigingsraad en 'n kabinet … Soos wat die jaar gevorder het, is die
kortstondige ooreenkoms tussen die mededingende bewegings deur sporadiese
gevegte beëindig. Die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA) was die
beweging wat die meeste voordeel uit hierdie chaos getrek het. Portugal was
veronderstel om gedurende die oorgangsperiode neutraal te wees ... maar die
oorweldigende indruk was egter dat die Portugese administrasie bevooroordeeld
(onregverdig) was en die MPLA ten koste van die ander bewegings gesteun het.

Toe die Portugese vlag op 10 November 1975 vir die laaste keer oor Angola gestryk is,
het die Hoë Kommissaris soewereiniteit (beheer) aan alle Angolese oorgedra en nie
net aan een spesifieke beweging nie. Die mededinging om oorheersing (dominansie)
tussen hulle het nou as 'n prioriteit te voorskyn gekom … Die bewegings het nou
uitsluitlik bystand gesoek om hulle posisies teenoor mekaar te versterk. Die April-
staatsgreep (omverwerping van die regering) in Lissabon … het die politieke magstryd
tussen die Angolese bewegings geopenbaar.

                                   [Uit The Origins of the Angolan Civil War deur FA Guimaraes]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                    7                                              DBE/2022
                                          SS/NSS – Addendum

BRON 2B

Die foto hieronder is tydens die Alvor Ooreenkoms geneem wat op 15 Januarie 1975
in Alvor, Portugal, plaasgevind het. Voor is die Portugese Minister, Almeida Santos,
links van hom is Aghostino Neto, dan 'n Portugese amptenaar gevolg deur
Holden Roberto, gevolg deur 'n Portugese amptenaar, Soares, en langs hom Jonas
Savimbi.

            [Uit Accoord verluiert tegenstellingen, Angolan Bulletin, Vol. 13, Nr. 2, deur Angola Comitè]

             [Uit Accoord verluiert tegenstellingen, Angola Bulletin, Vol. 13, No. 2, deur Angola Comité]

    AGHOSTINO NETO (MPLA)                                   JONAS SAVIMBI (UNITA)

                                                            HOLDEN ROBERTO (FNLA)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             8                                          DBE/2022
                                   SS/NSS – Addendum

BRON 2C

Die bron hieronder, deur J Marcum, verduidelik hoe Kuba en die Sowjetunie besluit het
om die MPLA gedurende die Angolese Burgeroorlog van 1975 te ondersteun.

... die MPLA het Kubaanse ekwivalente van die Chinese, wat FNLA-magte opgelei het,
gesoek. Daar is berig dat ongeveer 230 Kubaanse militêre raadgewers teen die laat
lente van 1975 vier People's Armed Forces for the Liberation of Angola (FAPLA)-
opleidingskampe opgestel en beman het. Namate gevegte in Junie en Julie verhewig
(vererger) het, het die MPLA 'n beroep om nog hulp gedoen. In Augustus … nadat
vasgestel is dat die Sowjette nie self troepe sou stuur nie uit vrees dat dit 'n
Amerikaanse reaksie sou veroorsaak, het die MPLA 'n verdere 200 Kubaanse
infanterie-instrukteurs in Luanda verwelkom.

Kubaanse skepe het teen laat September en vroeg Oktober met swaar wapens en
honderde soldate in Angolese hawens begin aankom … Deur die beeld (bedreiging) te
skep van wit rassiste wat 'n oorwinning behaal, het Kuba en die Sowjetunie straffeloos
(met gesag) beweeg om hulle voordeel uit te buit … Kuba het begin om op groot skaal
gevegstroepe per lug vanaf Havana na Luanda te vervoer. Dit het as Operasie Carlotta
bekend geword. Die Russe het groot Antonov-22-vragvliegtuie, wat wapens bevat het,
direk na Luanda gevlieg en gehelp om duisende Kubaanse gevegstroepe in te vlieg om
MPLA-rekrute in die gebruik van gesofistikeerde (moderne) Sowjet-wapentuig op te lei
en om dit uiteindelik ook te beman. Dit het T54- en T34-tenks ingesluit. Nog meer
indrukwekkend was die mobiele 122 mm-vuurpyllanseerders ('Stalin's Organs') wat
deur Kubane hanteer is. Dit het die FNLA militêre front, wat met hulle opmars na
Luanda vanaf die noorde besig was, met skreeuende geluide verskrik en gate in hulle
geblaas.

... Die MPLA het teen vroeg Januarie die FNLA as 'n gevegsmag geëlimineer. Terwyl
dit ineengestort het, het die FNLA-weermag geen hulp van die Zaïrese troepe ontvang
nie. Kuba se ingryping het 'n besliste keerpunt in die burgeroorlog aangedui.
Sowjet-waaghalsigheid (moed) het in die proses Sowjet-invloed regdeur rasverdeelde
Suider-Afrika laat styg.

                                        [Uit The Angolan Revolution, Volume II, deur J Marcum]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             9                                        DBE/2022
                                   SS/NSS – Addendum

BRON 2D

Die uittreksel hieronder, deur M Meredith, fokus op hoe Suid-Afrikaners by die
Angolese Burgeroorlog in 1975 betrokke geraak het.

 … Die Suid-Afrikaners het hul eie ingryping van stapel gestuur ... In die geval van
 Angola het hulle Sowjet- en Kubaanse betrokkenheid beskou as deel van 'n
 kommunistiese plan om suidelike Afrika te domineer. Hulle het geglo dat Angola,
 onder die beskerming van 'n pro-kommunistiese regering in Luanda en met Sowjet-
 ondersteuning, waarskynlik 'n wegspringplek vir nasionalistiese guerrillas van die
 Suidwes-Afrikaanse-Volkorganisasie (SWAPO) was om Suidwes-Afrika (Namibië),
 wat onder Suid-Afrika se beheer was, aan te val. Wat die Suid-Afrikaners gehoop het
 om te vermag, was die instelling van 'n gematigde pro-Westerse regering in Luanda
 wat ontvanklik (oop) vir Suid-Afrikaanse belange sou wees.

 Die Angolese teater het Suid-Afrika ook die geleentheid gebied om sy waarde as 'n
 betroubare (lojale) anti-kommunistiese streeksmag aan die VSA te toon en om sy
 posisie by die Amerikaanse regering te versterk. By geheime vergaderings met
 Roberto (leier van die FNLA) en Savimbi (leier van UNITA) het Suid-Afrikaanse
 amptenare ooreengekom om die National Front for the Liberation of Angola (FNLA)
 en National Union for the Total Liberation of Angola (UNITA) met wapens en opleiding
 by te staan en om 'n inval vanaf Suidwes-Afrika, verbloem (weggesteek) as 'n
 huursoldaatoperasie (geld-gerig), van stapel te stuur. Savimbi het geen
 gewetensbesware (vrese) oor sy betrokkenheid by apartheid-Suid-Afrika gehad nie.

 'n Suid-Afrikaanse afdeling (soldate), met die kodenaam 'Zulu', het op
 14 Oktober 1974 die grens vanaf Suidwes-Afrika oorgesteek en vinnig teen die kus op
 gevorder. Hulle is op pad per lug bevoorraad en deur helikopters vergesel ... 'n
 Tweede Suid-Afrikaanse afdeling, met die kodenaam 'Foxbat', het by Savimbi se
 troepe by sy hoofkwartier in Huambo in sentraal-Afrika aangesluit en noordwaarts
 beweeg. Die Suid-Afrikaners het ook 'n noordelike mag van die FNLA en Zaïrese
 troepe, wat suidwaarts in die rigting van Luanda beweeg het, ondersteun. Die Suid-
 Afrikaners het deur aansporing van die CIA (Amerikaanse Intelligensiediens),
 ingestem om aan 'n gesamentlike operasie deel te neem wat op die verowering van
 Luanda vir die FNLA voor onafhanklikheidsdag op 11 November 1974 gemik was.
                                                   [Uit The State Of Africa deur M Meredith]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                10                                              DBE/2022
                                       SS/NSS – Addendum

VRAAG 3:         WATTER UITDAGINGS HET SITSTAKINGBETOGERS TEENGEKOM
                 IN HULLE POGINGS OM OPENBARE GERIEWE GEDURENDE
                 DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) TE
                 DESEGREGEER?

BRON 3A

Die bron hieronder fokus op sitstakings wat gedurende die 1960's in Nashville,
Tennessee, plaasgevind het.

 Die Nashville-sitstakings was van die vroegste niegewelddadige direkte-aksie-
 veldtogte wat gedurende die 1960's Suidelike rassesegregasie geteiken het. Die doel
 van die sitstakings, wat vanaf 13 Februarie tot 10 Mei 1960 geduur het, was die
 desegregasie van die middestad-middagetetoonbanke in Nashville, Tennessee. Die
 betogings is deur die Nashville Student Movement (NSB) (Nasionale
 Studentebeweging) en die Nashville Christian Leaderhip Council (NCLC)
 gekoördineer en het hoofsaaklik uit studente van Fisk University, Baptist Theological
 Seminary en Tennessee State University bestaan. Diane Nash en John Lewis, wat
 albei studente by Fisk University was, het as die belangrikste leiers van die plaaslike
 beweging te voorskyn gekom.

 Op 13 Februarie 1960, twaalf dae nadat die sitstakings in Greensboro, Noord-
 Carolina, begin het, het Nashville-kollegestudente om 12:40 die Kress- (nou K-Mart),
 Woolworth- en McClellan-winkels binnegegaan. Nadat hulle inkopies gedoen is, het
 die studente by die middagetetoonbanke gaan sit. Winkeleienaars het aanvanklik
 geweier om die studente te bedien en die toonbanke toegemaak. Hulle het beweer
 dat dit hul 'morele reg' was om te bepaal wie hulle sou of nie sou bedien nie. Die
 studente het oor die volgende drie maande met die sitstakings voortgegaan en hulle
 teikens uitgebrei om middagetetoonbanke by die Greyhound- en Trailways-
 busterminusse, Grant's Variety Store, Walgreens Drugstore en groot Nashville-
 kettingwinkels, Cain-Sloan en Harvey, in te sluit.

                       [Uit https://www.blackpast.org/african-american-history/nashville-sit-ins-1960.
                                                              Toegang is op 3 Oktober 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                    11                                             DBE/2022
                                           SS/NSS – Addendum

BRON 3B

Die foto hieronder is deur J Ellis geneem en op 20 Februarie 1960 in die Tennessean
Newspaper gepubliseer. Die foto beeld swart Amerikaanse studente uit, onder andere,
van links af, John Hardy en Curtis Murphy, wat 'n sitstaking by die Walgreens-
kettingwinkel in Nashville, Tennessee, hou. Die 'gesluit'-teken is opgesit onmiddellik
nadat hulle gepoog het om bedien te word.

                 [Uit This Light of Ours: Activist Photographers of the Civil Rights Movement deur L Kelea]

             FOUNTAIN IN BELANG VAN OPENBARE VEILIGHEID
                              GESLUIT

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              12                                         DBE/2022
                                     SS/NSS – Addendum

BRON 3C

Die bron hieronder is deur J Hasday en verduidelik die reaksies van wit Amerikaners
op die sitstakings deur swart Amerikaners op 27 Februarie 1960 in Nashville,
Tennessee.

Aanvanklik was reaksies op die sitstakings nie gewelddadig nie. Winkeleienaars het in
sommige gevalle borde gehang wat aandui: 'Gesluit – In Belang van Openbare
Veiligheid' of 'Geen Oortreding Nie – Reg Voorbehou om die Publiek Na Goeddunke te
Bedien'. Die stakings het egter op 27 Februarie 1960 'n gewelddadige wending
geneem. Gedurende 'n sitstaking by die middagetetoonbank in die restaurant van 'n
kettingwinkel in Nashville, Tennessee, is dosyne swart studente deur 'n groep wit
tieners aangeval. Verskeie van die swart studente is van die toonbankstoele afgetrek
en geslaan. Toe die polisie daar aankom, is nie 'n enkele oortreder in hegtenis geneem
nie. Hulle het, inteendeel, ongeveer 81 van die swartes in die restaurant aangekeer en
tronk toe gesleep.

Een van diegene wat in hegtenis geneem is, was Fisk University-student, Diane Nash,
organiseerder van die Nashville Student Movement. Nash het met die beskrywing van
die toneel daardie dag gesê: 'Die polisie het gesê: "Goed, al julle *nigras, staan op by
die middagetetoonbanke of ons gaan julle in hegtenis neem." [Toe] sê hulle: "Almal
gaan in hegtenis geneem word." Ons het almal dus opgestaan en na die
polisievangwa gestap. Hulle het toe omgedraai en weer na die middagetetoonbank
gekyk, en 'n tweede vlaag studente het al die sitplekke ingeneem ... toe 'n derde vlaag.
Dit maak nie saak wat hulle gedoen het en hoeveel hulle in hegtenis geneem het nie,
daar was steeds 'n middagetetoonbank vol studente daar.' Z Alexander Looby, 'n swart
respekteerde advokaat in Nashville, het ingestem om diegene wat in hegtenis geneem
is, te verteenwoordig. Dit het min gebaat, want die regter in die saak het Looby
geïgnoreer terwyl hy namens sy kliënte gepraat het. Hy het die studente skuldig bevind
en hulle is elk met $150 (dollar), plus hofkoste, beboet. Die skuldigbevindings het egter
niks gedoen om die momentum van die sitstakings te stop nie.

                                             [Uit Milestones in American History deur J Hasday]

*Neerhalende woord vir swart Amerikaners

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  13                                            DBE/2022
                                         SS/NSS – Addendum

BRON 3D

Die bron hieronder is deel van die toespraak wat op 11 Junie 1963 deur JF Kennedy,
president van die VSA, gelewer is. Dit beklemtoon hoe President Kennedy alle
openbare geriewe wou desegregeer. (Die bron is vir duidelikheid oorgetik.)

11 JUNIE 1963

VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING

                  KANTOOR VAN DIE WITHUIS-MEDIASEKRETARIS

                          DIE WITHUIS
  AANMERKINGS VAN DIE PRESIDENT OP LANDSWYE RADIO EN TELEVISIE

                         GOEIENAAND, MEDE-AMERIKANERS

Ek hoop dat elke Amerikaner, ongeag waar hy woon, sal stilstaan en sy gewete
hieroor en ander verwante insidente sal ondersoek. Hierdie Nasie is deur mense uit
baie nasies en agtergronde gestig. Dit is gestig volgens die beginsel dat alle mense
gelyk geskape is, en dat die regte van elke mens ingekort word wanneer die regte van
een mens bedreig word.

Dit behoort vir Amerikaanse verbruikers van enige kleur moontlik te wees om gelyke
dienslewering by openbare plekke, soos hotelle en restaurante en teaters en
kettingwinkels, te ontvang sonder om gedwing te word om hulle toevlug tot betogings
in die straat te neem, en dit behoort vir Amerikaanse burgers van enige kleur moontlik
te wees om vir vrye verkiesings te registreer en daarin te stem sonder hindernis of
vrees vir wraak (vergelding) ...

Die kern van die vraag is of daar aan alle Amerikaners gelyke regte en gelyke
geleenthede toegestaan moet word, of ons ons mede-Amerikaners gaan behandel
soos ons behandel wil word. Indien 'n Amerikaner, omdat sy velkleur donker is, nie
middagete in 'n restaurant wat vir die publiek oop is, kan eet nie ... kortweg as hy nie
die vol en vry lewe wat ons almal wil hê, kan geniet nie, wie van ons sal dan tevrede
wees om die kleur van sy vel te verander en in sy plek te staan?

Daarom versoek ek die Kongres om wetgewing te aanvaar wat alle Amerikaners die
reg gee om in geriewe wat vir die publiek oop is – hotelle, restaurante, teaters,
kettingwinkels en soortgelyke besighede – bedien te word …

            [Uit Public Papers of the Presidents of the United States: John F Kennedy, 1963, Item 237]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             14                                   DBE/2022
                                    SS/NSS – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Angola Comitè, Februarie 1975. Accoord verluiert tegenstellingen, Angolan Bulletin,
Vol. 13, Nr. 2

Guimaraes, FA. 1998. The Origins of the Angolan Civil War (Palgrave, New York)

Hasday, J. 2007. Milestones in American History, The Civil Rights Act of 1964: An End
to Racial Segregation (New York Publishers, New York)

http.//www.slantchev.ucsd.edu/courses/nss/documents/vyshinsky-criticism-of-truman
doctrine.html

https://www.blackpast.org/african-american-history/nashville-sit-ins-1960

https://www.crf-usa.org

Kelea, L. 1965. This Light of Ours: Activist photographers of the Civil Rights Movement
(University Press, Alabama, Mississippi)

Kennedy, JF. 1963. Public Papers of the Presidents of the United States, Item 237

Marcum, JA. 1978. The Angolan Revolution, Volume 11 (The Massachusetts Institute
of Technology, Massachusetts)

Meredith, M. 2011. The State Of Africa (Jonathan Ball Publishers, Jeppestown)

Sanford, WF jr. 1982. The Marshall Plan: Origins and Implementation (Department of
State Bulletin)

St Louis Post-Dispatch, 20 Julie 1947

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 May June 2022 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-addendum-eng/26551f4a-326d-4c97-be6f-e9e99fb1dd32) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [History P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-afr/bb785283-0610-46de-9d8f-cc2f73dda19c) — History · QP · 2022 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept-2022-english/f45ccdc0-4084-4c3d-b1b8-1a30ab014473) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [History P1 May June 2017 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-addendum-afr/df51a47c-26d5-42fd-8593-592de0e87a21) — History · Addendum · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept-2022-english/7d70aa79-8b7f-4051-9c8d-9f24785f3b0d) — History · QP · 2022 · Eng
- [Gr12 History P1 (English) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-english-sep-2022-question-paper/b9febe6f-40ad-443e-83f9-8103293719b2) — History · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
