# History Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-afr/bb785283-0610-46de-9d8f-cc2f73dda19c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-afr/bb785283-0610-46de-9d8f-cc2f73dda19c)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                GESKIEDENIS V1

                                       2022

                                                                       PUNTE: 150

                                                                         TYD: 2 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              2                                  DBE/2022
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:       DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                        OORLOG

         VRAAG 2:       ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

         VRAAG 3:       BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970s:
                        DIE AMERIKAANSE BURGERREGTEBEWEGING

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:       DIE  UITBREIDING    VAN         DIE     KOUE       OORLOG:
                        GEVALLESTUDIE – VIËTNAM

         VRAAG 5:       ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

         VRAAG 6:       BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                        DIE SWARTMAGBEWEGING

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1          Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten
                      minste EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2          Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n
                      opstelvraag wees.

5.       Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 3                                   DBE/2022
                                            SS/NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1: HOE HET DIE MARSHALL-PLAN GEPOOG OM DIE EUROPESE
         EKONOMIE NA DIE VERWOESTING VAN DIE TWEEDE
         WÊRELDOORLOG TE HERSTEL?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1        Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aanvoer dat toestande in
                      Europa in 1947 haglik was.                              (2 x 1)            (2)

         1.1.2        Noem enige TWEE tipes swaarkry in die bron waarvoor die
                      Europese publiek te staan gekom het as gevolg van die
                      verwoesting wat deur die Tweede Wêreldoorlog veroorsaak is.
                                                                               (2 x 1)           (2)

         1.1.3        Definieer die konsep kommunisme in jou eie woorde.           (1 x 2)       (2)

         1.1.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      hoe die groeiende bedreiging van kommunisme die VSA sou
                      beïnvloed.                                                 (2 x 2)         (4)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1        Identifiseer TWEE basiese doelstellings van die Marshall-plan wat
                      in die bron genoem word.                                   (2 x 1)         (2)

         1.2.2        Verduidelik die term individuele vryheid in die konteks van die
                      Marshall-plan.                                           (1 x 2)           (2)

         1.2.3        Volgens die bron, noem enige TWEE doelstellings wat die
                      Marshall-plan gepoog het om te implementeer om Europa te
                      herbou.                                            (2 x 1)                 (2)

         1.2.4        Noem enige TWEE areas in die bron waaraan die raadgewende
                      groepe gewerk het om toestande in Europa te verbeter. (2 x 1)              (2)

         1.2.5        In die konteks van hulp wat deur die VSA verskaf is, lewer
                      kommentaar op die volgende stelling: 'Amerika het voortdurend
                      druk op hulle (Europese nasies) geplaas om tot 'n vergelyk te kom
                      en om "gesamentlik die hulp te gebruik" om Europa as 'n geheel te
                      herbou.'                                                    (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  4                                      DBE/2022
                                             SS/NSS

1.3      Bestudeer Bron 1C.

         1.3.1        Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word oor
                      die toestand waarin Europa homself na die Tweede Wêreldoorlog
                      bevind het.                                                (2 x 2)             (4)

         1.3.2        Wat, dink jy, is die implikasie van die byskrif, 'Die Pad Terug', in die
                      konteks van die herstel van die Europese ekonomie na die Tweede
                      Wêreldoorlog?                                                   (1 x 2)        (2)

1.4      Gebruik Bron 1D.

         1.4.1        Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aanvoer dat die Marshall-
                      plan die Verenigde Nasies ondermyn (uitgedaag) het.     (2 x 1)                (2)

         1.4.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op waarom Vyshinsky die implementering van die
                      Marshall-plan in Europa as inmenging in die internasionale sake
                      van Europese lande beskou het.                            (2 x 2)              (4)

         1.4.3        Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir 'n geskiedkundige
                      wat die doelstellings van die Marshall-plan navors.        (2 x 2)             (4)

1.5      Bestudeer Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe Bron 1D van Bron 1B verskil oor
         die bystand wat aan Europa deur die Amerikaanse regering, deur middel van
         die Marshall-plan, verleen is.                                     (2 x 2)                  (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe die Marshall-plan gepoog het om die Europese ekonomie na die
         verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog te herstel.                                         (8)
                                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  5                                    DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 2:         HOE HET BUITELANDSE MOONDHEDE VANAF 1974 BY DIE
                 ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Gebruik Bron 2A.

         2.1.1        Watter gebeurtenis, volgens die bron, het in 1974 tot die
                      beëindiging van kolonialisme in Angola gelei?       (1 x 2)                  (2)

         2.1.2        Verduidelik die konsep kolonialisme in die konteks van die beheer
                      van Angola in 1974.                                         (1 x 2)          (2)

         2.1.3        Noem enige TWEE doelstellings van die Alvor Ooreenkoms soos
                      in die bron genoem.                                   (2 x 1)                (2)

         2.1.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op waarom die drie bevrydingsbewegings nie daarin
                      geslaag het om die Alvor Ooreenkoms te eerbiedig nie.  (2 x 2)               (4)

2.2      Raadpleeg Bron 2B.

         2.2.1        Verduidelik waarom jy dink hierdie historiese foto geneem is. (2 x 2)        (4)

         2.2.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                      omstandighede wat tot die ondertekening van die Alvor
                      Ooreenkoms in 1975 in Portugal gelei het.                      (1 x 2)       (2)

2.3      Verwys na Bron 2A en 2B. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2B die inligting
         in Bron 2A oor die ondertekening van die Alvor Ooreenkoms deur die drie
         bevrydingsbewegings ondersteun.                                      (2 x 2)              (4)

2.4      Lees Bron 2C.

         2.4.1        Hoe, volgens die bron, het Kuba die MPLA ondersteun?           (2 x 1)       (2)

         2.4.2        Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat op die Sowjetunie se
                      betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog dui.     (2 x 1)                  (2)

         2.4.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op die impak van die betrokkenheid van Kuba en die
                      Sowjetunie by die Angolese Burgeroorlog.               (2 x 2)               (4)

         2.4.4        Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n student wat
                      die betrokkenheid van Kuba en die Sowjetunie by die Angolese
                      Burgeroorlog in 1975 navors.                               (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 6                                     DBE/2022
                                            SS/NSS

2.5      Bestudeer Bron 2D.

         2.5.1        Gee enige TWEE redes in die bron waarom Suid-Afrikaners by die
                      Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het.              (2 x 1)              (2)

         2.5.2        Noem TWEE bevrydingsbewegings in die bron wat Suid-Afrika
                      besluit het om gedurende die Angolese Burgeroorlog van 1975
                      te ondersteun.                                        (2 x 1)                (2)

         2.5.3        Waarom, dink jy, het Suid-Afrikaners hulle inval van Angola as 'n
                      huursoldaatoperasie probeer vermom (wegsteek)?            (2 x 2)            (4)

         2.5.4        Definieer die term onafhanklikheid in jou eie woorde.          (1 x 2)       (2)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe vreemde moondhede vanaf 1974 by die Angolese Burgeroorlog betrokke
         geraak het.                                                                               (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  7                                    DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 3:         WATTER UITDAGINGS HET SITSTAKINGBETOGERS TEENGEKOM
                 IN HULLE POGINGS OM OPENBARE GERIEWE GEDURENDE
                 DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) TE
                 DESEGREGEER?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Gebruik Bron 3A.

         3.1.1        Wat, volgens die bron, was die teiken van die Nashville-sitstaking-
                      veldtog gedurende die 1960's?                                (1 x 2)         (2)

         3.1.2        Definieer die term segregasie in jou eie woorde.               (1 x 2)       (2)

         3.1.3        Identifiseer TWEE studenteliggame in die bron wat die Nashville-
                      sitstakingbetogings in die 1960's gekoördineer het.      (2 x 1)             (2)

         3.1.4        Verduidelik of jy met die winkeleienaars se bewering (standpunt)
                      saamstem dat dit hulle 'morele reg' was om te bepaal wie hulle
                      sou, of nie sou bedien nie.                               (2 x 2)            (4)

3.2      Bestudeer Bron 3B.

         3.2.1        Waarom, dink jy, het hierdie foto op 20 Februarie 1960 hoofnuus in
                      die Tennessean Newspaper geword?                            (2 x 2)          (4)

         3.2.2        Lewer kommentaar op die belangrikheid van die woorde:
                      'FOUNTAIN IN BELANG VAN OPENBARE VEILIGHEID
                      GESLUIT', in die konteks van segregasie gedurende die 1960's in
                      die VSA.                                                (1 x 2)              (2)

3.3      Lees Bron 3C.

         3.3.1        Noem TWEE nie-gewelddadige wyses, wat in die bron genoem
                      word, waarop Nashville-eienaars op die sitstakings in hul winkels
                      gereageer het.                                             (2 x 1)           (2)

         3.3.2        Waarom, dink jy, het die polisie slegs diegene wat by die
                      middagetetoonbank-sitstakings betrokke was, en nie die wit
                      oortreders van geweld nie, in hegtenis geneem?      (2 x 2)                  (4)

         3.3.3        Identifiseer TWEE tipes straf in die bron wat die regter aan diegene
                      wat by die sitstakings by middagetetoonbanke betrokke was,
                      opgelê het.                                                    (2 x 1)       (2)

3.4      Verwys na Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe hierdie bronne mekaar ondersteun
         oor die reaksie van wittes op die sitstakings wat gedurende die 1960's deur
         swart Amerikaners in Nashville, Tennessee, gehou is.                 (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                8                                  DBE/2022
                                           SS/NSS

3.5      Raadpleeg Bron 3D.

         3.5.1        Identifiseer die beginsel, volgens President JF Kennedy, waarop
                      die Amerikaanse nasie gestig is.                          (1 x 2)        (2)

         3.5.2        Noem enige TWEE openbare geriewe (plekke) in die bron waar
                      Kennedy geglo het dat alle Amerikaners, van enige kleur, gelyke
                      behandeling moes ontvang.                                (2 x 1)         (2)

         3.5.3        Verduidelik die term gelyke regte in die konteks van President
                      Kennedy se toespraak.                                   (1 x 2)          (2)

         3.5.4        Waarom, dink jy, het President JF Kennedy daarop aangedring dat
                      alle Amerikaners, ongeag kleur, gelyke behandeling moes
                      ontvang?                                                 (2 x 2)         (4)

         3.5.5        Lewer kommentaar op die betroubaarheid van hierdie bron vir 'n
                      geskiedkundige wat die impak van sitstakingveldtogte gedurende
                      die 1960's in die Verenigde State van Amerika bestudeer. (2 x 2)         (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik die
         uitdagings wat sitstakingbetogers teengekom het in hul pogings om openbare
         geriewe gedurende die 1960's in die Verenigde State van Amerika te
         desegregeer.                                                                          (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             9                                  DBE/2022
                                        SS/NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
NIE.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
         VIËTNAM

Die militêre taktieke en strategieë wat die Verenigde State van Amerika gedurende die
Viëtnam-oorlog (1960–1970's) teen die Viëtkong gebruik het, het nie daarin geslaag
om te voorkom dat Viëtnam 'n kommunistiese staat word nie.

Stem jy met die stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun.                                                                              [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

Mobutu Sese Seko het goeie leierskapseienskappe getoon na verkryging van
onafhanklikheid van koloniale beheer gedurende die 1960's.

Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die politieke, ekonomiese,
maatskaplike en kulturele beleide van die Kongo vanaf die 1960's tot die 1970's.         [50]

VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
         SWARTMAGBEWEGING

Verduidelik tot watter mate die Swartmagfilosofie suksesvol was om swart
Amerikaners te organiseer om gedurende die 1960's diskriminasie en segregasie in
die Verenigde State van Amerika teen te staan.

Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun.                                  [50]

                                                                           TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 May June 2022 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-addendum-eng/26551f4a-326d-4c97-be6f-e9e99fb1dd32) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept-2022-english/7d70aa79-8b7f-4051-9c8d-9f24785f3b0d) — History · QP · 2022 · Eng
- [Gr12 History P1 (English) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-english-sep-2022-question-paper/b9febe6f-40ad-443e-83f9-8103293719b2) — History · QP · 2022 · Eng
- [History P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-eng/7d529eb9-2c0d-45a5-8a7a-c9e27cbc9665) — History · QP · 2015 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept-2022-english/f45ccdc0-4084-4c3d-b1b8-1a30ab014473) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — History · Memo · 2025 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
