# History Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2023-addendum-afr/2fb122f0-5733-414e-85cd-5694d021bc55
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2023-addendum-afr/2fb122f0-5733-414e-85cd-5694d021bc55)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  GESKIEDENIS V1

                                         2023

                                     ADDENDUM

                       Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  2                                           DBE/2023
                                        SS/NSS – Addendum

VRAAG 1:         HOE HET GRIEKELAND AAN DIE EINDE VAN DIE TWEEDE
                 WÊRELDOORLOG IN 1945 'N FOKUSPUNT IN KOUE OORLOG-
                 SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)
                 EN DIE SOWJETUNIE GEWORD?

BRON 1A

Die bron hieronder is geneem uit 'n artikel met die titel 'The Greek Inflation and the
Flight from the Drachma, 1940–1948' deur AJ Kondonassis en dit het in Economy and
History Volume XX (1977) verskyn.

Die fondasies vir die voortslepende prysvlakinflasie, wat Griekeland na die formele
einde van die Tweede Wêreldoorlog geteister het, is in daardie tyd (Tweede Wêreld-
oorlogsjare) gelê. Die administratiewe, monetêre en produktiewe masjinerie van die
Griekse ekonomie was nie gedurende die besettingstydperk in staat om doeltreffend te
funksioneer nie. Vrees, onsekerheid, en politieke en ekonomiese chaos het geheers.

Die besettingsmagte het op die grootste moontlike volume Griekse goedere vir eie
gebruik en ook vir uitvoer na hulle onderskeie tuislande beslag gelê (gevat).
Geallieerde bystand het grootliks nie bestaan nie, die interne vervoerstelsel het
agteruitgegaan en binnelandse produksievlakke het aansienlik (heelwat) na onder
vooroorlogse vlakke geval. Dit het algemene praktyk geword om grondstowwe op te
gaar (bymekaar te maak) en swartmarkte het vinnig ontwikkel. Die skyn (valse) Bank
van Griekeland is deur die besettingsmagte en die Griekse skynregering gedwing om
al hoe meer banknote uit te reik om die besettingsmagte en hulle regerings van die
betaalmiddele te voorsien wat vir hulle onderskeie bedrywighede nodig was. Die
interaksie van hierdie nie-monetêre (nie-finansiële) en monetêre (finansiële)
ontwikkelings het gelei tot die volgehoue agteruitgang van die koopkrag van die
dragma (Griekse geldeenheid) en na die agteruitgang van die dragma se
wisselkoerswaarde in terme van goud, wat weer op sy beurt tot verlies van vertroue in
die dragma en 'n styging in die sirkulasiespoed van geld gelei het.

Griekeland het (egter) 'n sekere vorm van ekonomiese bystand vanaf die Verenigde
Koninkryk (VK), United Nations Relief and Rehabilitation Administration (UNRRA) en
die Verenigde State van Amerika (VSA) ontvang.

           [Uit 'The Greek Inflation and the Flight from the Drachma 1940–1948' deur AJ Kondonassis]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                3                                           DBE/2023
                                      SS/NSS – Addendum

BRON 1B

Die bron hieronder verduidelik hoe die Griekse Burgeroorlog (GBO) deur die Koue
Oorlog-spanning na die Tweede Wêreldoorlog tussen die USSR en die VSA gevorm is.

Toe die Tweede Wêreldoorlog in 1945 geëindig het en die res van Europa begin het
om hulleself te herbou, het Griekeland tot 'n tweede en wreder oorlog toegetree as die
een wat teen die Spilmoondhede geveg is. Die Griekse Burgeroorlog (GBO) was nie
net 'n bitter interne stryd tussen twee ideologies onversoenbare Griekse kampe nie –
die 'monargistiese fasciste' (regeringsweermag) en die 'bandits' (kommunistiese
rebelle).

Die kommuniste was veterane in guerrilla-oorlogvoering en het goed geveg. Hulle het
beperkte bystand van die USSR en Joego-Slawië ontvang. Maarskalk Tito (van
Joego-Slawië) het duisende gewere, masjiengewere, tenkafweerwapens en landmyne
aan die rebelle verskaf. Die kommuniste het 'n tekort aan basiese voorraad soos kos,
klere en veral vervoer gehad. Hulle het egter net genoeg gehad om voort te gaan om
weerstand te bied, maar nie naastenby genoeg om beheer uit te oefen nie.

President Harry Truman het toerusting en opleiding aan die Griekse nasionale
weermag beskikbaar gestel. Onderskraag hierdeur, het die Griekse regeringsmagte
stelselmatig die rebelle dieper in die berge ingedruk. Amerikaanse toerusting en veral
vliegtuie het hierdie operasies ondersteun. As gevolg van die burgeroorlog kon
altesaam sowat 158 000 Grieke gesterf het. Die Griekse ekonomie is totaal vernietig
(…), maar die Marshall-plan sou die saadjies van herstel en genesing plant – steeds
onvolledig – uit die 20ste eeu se wreedste burgeroorloë.

                        [Uit https://nationalww2museum.org/war/artikels/greek-civil-war-1944-1949.
                                                             Toegang op 5 Oktober 2022 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                4                                          DBE/2023
                                      SS/NSS – Addendum

BRON 1C

Die bron hieronder is geneem uit 'n artikel met die titel 'Special Message to the
Congress on Greece and Turkey: The Truman Doctrine' wat in Voices of Democracy:
The US Oratory Project deur DM Bostdorff (2009) verskyn het. Dit verduidelik hoe
President Truman die Amerikaanse kongres oorreed het om Griekeland polities en
ekonomies te ondersteun.

 Eerstens moes die Amerikaanse President H Truman die Kongres en Amerikaanse
 burgers oorreed dat Griekeland in 'n krisis verkeer en $250 miljoen se hulp verdien
 het. Truman het toehoorders (luisteraars) vertel dat Griekeland 'n 'arbeidsame
 (hardwerkende), vredeliewende land' was wat ' 'n inval, vier jaar se wrede besetting
 deur die vyand, en bitter interne geskille moes verduur'. Volgens die President het die
 Duitsers, soos wat hulle teruggetrek (die aftog geblaas) het, die nasie se
 infrastruktuur vernietig en meer as 'n duisend dorpies afgebrand.

 Hy het op 'n ernstige noot voortgegaan en gesê dat teen die einde van die oorlog
 'vyf en tagtig persent van die kinders teringlyers (ly aan tuberkulose) was. Lewende
 hawe, pluimvee en huisdiere het feitlik verdwyn. Inflasie het so te sê alle spaargeld
 uitgewis'. Truman het verder gewaarsku dat 'n 'militante minderheid' gekies het om
 die situasie uit te buit en die ekonomiese herstel en politieke stabiliteit van die land te
 ondermyn (uit te daag).

 Die President (Truman) het nie die Griekse regering se eie aandadigheid
 (betrokkenheid) of die feit dat die nasie in 'n staat van burgeroorlog verkeer het,
 bespreek nie, wat tot vrae oor die gepastheid van die VSA se betrokkenheid kon gelei
 het. Hy het egter toegegee (erken) dat die Griekse regering nie altyd wys opgetree
 het nie. Volgens Truman was die Griekse regering 'nie perfek nie', maar dit het
 '85 persent van die lede van die Griekse parlement verteenwoordig wat verlede jaar in
 'n verkiesing verkies is'. Internasionale waarnemers, onder meer amper
 700 Amerikaners, het oor die verkiesing toesig gehou. Die President het ook sommige
 van die (Griekse) regering se 'foute' verskoon deur te beklemtoon dat dit 'in 'n
 atmosfeer van chaos en ekstremisme (aktivisme) werksaam was'. Hy het verder sy
 administrasie van die Griekse regering se mees aanstootlike (aaklige) dade
 gedistansieer deur te sê dat 'hulpverlening deur hierdie land nie beteken dat die VSA
 alles wat die Griekse regering gedoen het en sal doen, verskoon (ignoreer) nie'.

                              [Uit Voices of Democracy: The US Oratory Project deur DM Bostdorff]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  5                                         DBE/2023
                                        SS/NSS – Addendum

BRON 1D

Die spotprent hieronder, deur John Latrides, het in 2007 tydens die viering van die
60ste herdenking van die Truman-leer (-doktrine) (1947) in die Journal of Modern Greek
Studies verskyn. Dit toon Griekeland wat dwarsoor die spoorbaan lê waar twee treine
op die punt is om te bots.

          [Uit https://www.mgsa.org/symposia/2007/index.html. Toegang op 19 Augustus 2022 verkry.]

                                                                    GRIEKELAND OP
                                                                    DIE SPOORBAAN
    DOLLAR-VLAG

                                                                HAMER-EN-SEKEL-VLAG

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               6                                           DBE/2023
                                     SS/NSS – Addendum

VRAAG 2:         WAAROM HET BUITELANDSE MAGTE GEDURENDE DIE 1980's BY
                 DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE IN ANGOLA BETROKKE
                 GERAAK?

BRON 2A

Hieronder is 'n uittreksel uit 'n artikel met die titel 'Cuito Cuanavale, Angola's 25th
Anniversary of a Historical Battle' deur Ronnie Kasrils. Dit het in 2013 in die Monthly
Review – An Independent Socialist Magazine verskyn. Dit verduidelik waarom die
Sowjetunie, Suid-Afrika en Kuba tussen 1987 en 1988 by die Slag van Cuito
Cuanavale betrokke was.

Die aanloop (begin) tot die Slag van Cuito Cuanavale het in Julie 1987 begin toe
Angolese regeringsmagte, die People's Armed Forces of Liberation of Angola
(FAPLA), onder leiding van Sowjet-krygsoffisiere, probeer het om na Jonas Savimbi se
vesting van die National Union for the Total Independence of Angola (UNITA) by
Mavinga op te ruk. Dit was die strategiese sleutel tot sy basis by Jamba naby die
Caprivi-strook – 'n lang vingeragtige stuk grond, onder Suid-Afrikaanse militêre beheer,
wat so ver as Zambië strek. Die aanval het aanvanklik goed gevorder en FAPLA het
die oorhand gekry deur swaar verliese aan die kant van UNITA te veroorsaak en hulle
suid na Mavinga te verdryf. Toe, in Oktober, is FAPLA se 47ste Brigade, wat in aantog
was, veertig kilometer suidoos van Cuito by die Lombarivier, feitlik vernietig in 'n
aanval deur die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) wat haastig (vinnig) uit Namibië tot
UNITA se redding gekom het.

'n Katastrofe (ramp) het gevolg aangesien verskeie ander FAPLA-brigades deur die
swaar bomaanval afgemaai (vernietig) is en gehawende (besmeerde) oorlewendes na
Cuito Cuanavale teruggetrek het. Die situasie kon nie erger (droewiger) gewees het
nie. Cuito kon daar en dan deur die SAW oorrompel word wat die strategiese situasie
oornag sou verander. Die binneland sou oop wees vir oorheersing deur UNITA wat
daartoe sou lei dat Angola in die helfte verdeel sou word – iets wat die regering in
Pretoria en Savimbi al vir jare ten doel gehad het. Maar die SAW het nie daarin
geslaag om die inisiatief aan te gryp nie. Dit het 'n aanvanklike kontingent (groep) van
120 Kubaanse troepe in staat gestel om vanaf Menongue, 150 kilometer noordwes, na
die dorp te haas om te help om die verdediging te organiseer. Soos wat die hewige
(gewelddadige) beleg (hindernis) ontwikkel het, het die regering in Pretoria se
generaals en Westerse diplomate Cuito se naderende (dreigende) val voorspel.

                           [Uit Monthly Review – An Independent Socialist Magazine, 1 April 2013]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  7                                         DBE/2023
                                        SS/NSS – Addendum

BRON 2B

Die uittreksel hieronder, deur 'n historikus, Edward George, geskryf en geneem uit 'n
boek met die titel The Cuban Intervention in Angola from Che Guavara to Cuito
Cuanavale, verduidelik Kuba se strategiese ingryping in Angola gedurende die Slag
van Cuito Cuanavale in 1987.

Die besluit om Operasie Maniobra XXXI Aniversario te begin, is op 'n gesamentlike
vergadering van die Politburo, Revolutionary Armed Forces (FAR) en die Ministry of
Interior (MININT) (Binnelandse Sake) geneem, en het 'n aanvanklike versterking van
3 000 Kubaanse troepe behels om Cuito Cuanavale se verdediging te fortifiseer. Dit
het bestaan uit een gewapende brigade, verskeie selfaangedrewe lug-tot-lug-
missieleenhede ('AA missiles'), waaronder oppervlak-tot-lug-missiele (SAM-8's), een
snelreaksie-eenheid en 'n kontingent (groep) van die (MININT) Special Forces
(Spesiale Magte) wat Castro persoonlik aangebied het.

Die keuse van Cuito Cuanavale vir 'n laaste verset teen die Suid-Afrikaners was net
soveel voorkomende optrede – om die val van Menongue te voorkom – as wat dit
simbolies was. Die Beleg van Cuito Cuanavale sou egter nog 'n noodsaaklike funksie
vervul, en dit het Castro die deurslaggewende konfrontasie met die Suid-Afrikaners
gebied voordat hy sy magte uit Angola onttrek, en gedurende die volgende twee
maande sou hy herhaalde versoeke van sy offisiere in Angola om uit Cuito Cuanavale
te onttrek, verwerp (teenwerk). Net soos sy voorganger, Operasie Carlota, het
Maniobra XXXI Aniversario ook langtermyndoelwitte buiten die verdediging van Cuito
Cuanavale gehad.

Terwyl versterkings na Cuando Cubango gehaas is, het Castro in die geheim begin om
'n groot mag in Lubango op te bou ter voorbereiding van 'n skuif na suidwestelike
Angola. Die FAR se elite 50ste Divisie – Castro se persoonlike divisie wat die
Amerikaanse basis in Guantánamo (Kuba) bewaak het – is na Angola gestuur om aan
die spits te staan (lei) van hierdie maneuver, en vroeg in Januarie 1988 het die eerste
3 500 Kubaanse troepe in Cunene inbeweeg.

Maar dit was 'n groot uitlokking (moeilikheid soek) vir die SAW wat vir byna agt jaar vry
van Kubaanse inmenging in die gebied geopereer het en sou in laat Junie 'n
alternatiewe teater vir die bloedige klimaks van die oorlog aan beide kante verskaf.

          [Uit The Cuban Intervention in Angola from Che Guavara to Cuito Cuanavale deur E George]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  8                                           DBE/2023
                                        SS/NSS – Addendum

BRON 2C

Die uittreksel hieronder, wat deur Majoor Jayson N Williams van die Amerikaanse
Weermag geskryf is, is uit Contested Narratives: South African and Cuban Military
Action in Angola (1987–1988) A Monograph geneem. Dit verduidelik Suid-Afrika se
betrokkenheid by die Slag van Cuito Cuanavale deur middel van Operasie Modulêr
teen die Sowjet-gesteunde FAPLA.

Vanuit die Republiek van Suid-Afrika (RSA) se perspektief was die doel van Operasie
Modulêr hoofsaaklik defensief (verdedigend), terwyl dit voorgekom het asof dit in
praktyk offensief (aanvallend) was. UNITA se onvermoë om die Sowjet-Angolese
aanval te keer, het die RSA geforseer om in te meng om hulle bondgenoot te red. Die
SAW het twee beginseldoelwitte vir die operasie gehad. Die eerste doelwit was om
FAPLA se aanval om UNITA in Angola te oorwin, te keer. Die SAW se waarneming
was dat FAPLA se operasionele doelwit was om die stad Jamba, UNITA se
hoofkwartier, te beset met intermediêre doelwitte wat die oorsteek van die Lombarivier
en die besetting van Mavinga ingesluit het om daardie operasie moontlik te maak.

Nadat die eerste doelwit bereik is, was die SAW se tweede doelwit om FAPLA oos van
die Cuitorivier of, indien dit nie kon gebeur nie, FAPLA ten minste wes van daardie
lineêre waterstruikelblok te vernietig. Sukses sou ruimte vir UNITA skep om hulle teen
toekomstige aanvalle te verdedig en dit sou FAPLA forseer om die taktiese koste om
op omstrede wyse die rivier oor te steek, in ag te neem voordat aanvalsoperasies teen
UNITA weer voortgesit word.

Indien Operasie Modulêr kon help keer dat die Sowjet-gesteunde FAPLA-aanval weer
suidoostelike Angola beset, kon die RSA die buffersone wat UNITA vir Namibië en
Suid-Afrika verskaf het, staande hou. Operasie Modulêr het 'die langverwagte
deurbraak in die heersende politieke, diplomatieke en militêre dooie punt in die
Angolese-SWA/Namibiese konflik' beloof. Verdere militêre sukses kon gunstige
onderhandelinge met die MPLA ondersteun. Indien die SAW die neerlaag van FAPLA
sou bedreig of belangrike territoriale vordering in Angola sou maak, kon die RSA
tydens hierdie samesprekings 'n betekenisvolle voorsprong hê.

            [Uit Contested Narratives: South African and Cuban Military Action in Angola (1987–1988)
                                                        A Monograph deur Majoor Jayson N Williams]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                9                                       DBE/2023
                                      SS/NSS – Addendum

BRON 2D

Die spotprent hieronder met die titel 'THE THREE AMIGOS' is deur Alberto Mourato
geteken. Dit toon Bush, Botha en Savimbi as bondgenote gedurende die Slag van
Cuito Cuanavale tussen 1987 en 1988.

       [Uit https://images.app.goo.gl/mAaHTwABWXRZ5Mpy7. Toegang op 17 Augustus 2022 verkry.]

 *ADIOS – Tot siens
 *AMIGOS – Vriende

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                   10                                           DBE/2023
                                         SS/NSS – Addendum

VRAAG 3:         WATTER UITDAGINGS IS DEUR BURGERREGTE-AKTIVISTE
                 ERVAAR WAT IN 1965 AAN DIE EERSTE OPTOG VAN SELMA NA
                 MONTGOMERY DEELGENEEM HET?

BRON 3A

Hierdie bron, Eyes on the Prize: America's Civil Rights Years: 1954–1965 deur
J Williams, verduidelik waarom die Alabama-aktiviste die kiesersregistrasieveldtogte
aangevoer het en ook besluit het om 'n optog van Selma na Montgomery te hou.

Jare van onverdraagsaamheid (rassisme), diskriminasie en intimidasie het die swart
bevolking van hulle stemreg ontneem (mag nie stem nie) en hulle is polities
gemarginaliseerd (op die kantlyn geskuif) gelaat; in die Dallas-distrik, waar Selma
geleë is, was minder as tien persent swartes wat daarop geregtig was (dié wat
gekwalifiseer het), geregistreer om te stem.

Die Student Non-Violent Coordinating Committee (SNCC) en plaaslike aktiviste het die
kiesersregistrasieveldtog verskerp (versterk) met die hoop dat Alabama se wit
heerssugtige (rassistiese) politieke stelsel afgebreek sou word. Alabama-aktiviste
het vroeg in 1965 die Southern Christian Leadership Conference (SCLC) en
Eerwaarde dr. Martin Luther King Jr. genooi om die veldtog te ondersteun (versterk).

Alhoewel Selma as die fokuspunt gekies is, is eenderse kiesersregistrasieaktiwiteite in
nabygeleë dorpe en distrikte gehou. Spanning het in Februarie 1965 tot kookpunt
gestyg toe die polisie Jimmie Lee Jackson, 'n 26-jarige weermagveteraan, by 'n
betoging in Marion twintig myl noordwes van Selma doodgemaak het. Woedend oor die
jongste gewelddadige optrede deur die polisie, het aktiviste besluit om 'n optog van
Selma na Montgomery, die hoofstad van die staat, uit protes en ter ere van Jackson, te
hou.

Sommige SNCC-lede het egter hulle besorgdheid uitgespreek dat die optog van
40–50 myl te veel risiko vir te min voordeel ingehou het. Ten spyte van opposisie van
binne sy organisasie het SNCC-voorsitter, John Lewis, besluit om die leiding saam met
die SCLC se velddirekteur, Hosea Williams, in die optog te neem. Saam het hulle
optoggangers gelei om voor twee van die staat se gevaarlikste mans: George Wallace,
Alabama se aarts-segregasionistiese goewerneur en Jim Clark, 'n polisie-sheriff wat vir
sy vinnige humeur en ongewone wreedheid bekend was, te staan te kom.

                      [Uit Eyes on the Prize: America's Civil Rights Years: 1954–1965 deur J Williams]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                   11                                          DBE/2023
                                         SS/NSS – Addendum

BRON 3B

Die bron hieronder is 'n ooggetuieweergawe deur Eerwaarde James Bevel, 'n
Southern Christian Leadership Conference (SCLC)-strategis (-beplanner) van die
Eerste Optog van Selma na Montgomery wat op 7 Maart 1965 plaasgevind het. Dit
beklemtoon die uitdagings wat die burgerregte-aktiviste ervaar het soos wat hulle die
Edmund Pettus-brug op pad na Montgomery oorgesteek het.

Toe ons by die hoogste punt van die Edmund Pettus-brug gekom het, het ons 'n see
van blou gesien: Alabama Staatspolisiebeamptes. Ses honderd van ons het in twees
geloop. Dit was 'n baie vreedsame, ordelike betoging.

Die oomblik toe ons binne roepafstand van die Staatspolisiebeamptes was, het ons
gehoor dat een Staatspolisiebeampte homself identifiseer. Hy het gesê: 'Ek is Majoor
John Cloud, die bevelvoerder. Dit is 'n onwettige optog. Julle sal nie toegelaat word om
voort te gaan nie. Ek gee julle drie minute om uitmekaar te gaan en na julle kerk terug
te keer.' Na ongeveer 'n minuut en 'n half het hy gesê: 'Troepe, ruk op,' en ons het die
Staatspolisiebeamptes en lede van Sheriff Clark se groep op perde gesien. Die
Staatspolisiebeamptes het na ons toe beweeg met polisieknuppels, traangas, osswepe
en ons met perde vertrap.

Ek het gevoel asof dit die laaste betoging, die laaste verset van my kant was, asof ek
my laaste asemteug as gevolg van die traangas sou gee. Ek het mense gesien skree
en uitroep. Ons kon nie vorentoe beweeg nie. Indien ons sou probeer om vorentoe te
gaan, sou ons in die hitte van die stryd beland het. Ons kon nie na die kant, links of
regs gaan nie, omdat ons in die Alabama-rivier sou val; ons is dus in die strate van
Selma tot by die kerk teruggeslaan. Teen die tyd wat die aanval verby was, is amper
60 optoggangers vir beserings by 'n plaaslike hospitaal behandel. Van hulle is
17 gehospitaliseer, onder andere John Lewis, wat skedelbreuk opgedoen het.

 [Uit The Selma Campaign: Martin Luther King Jr., Jimmie Lee Jackson and the Defining Struggle of the
                                                                   Civil Rights Era deur C Swanson]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                      12                                           DBE/2023
                                            SS/NSS – Addendum

BRON 3C

Die foto hieronder toon die Burgerregtebeweging se aktiviste wat op 7 Maart 1965,
gedurende die eerste optog van Selma na Montgomery, deur die Staats-
polisiebeamptes aangeval word nadat hulle die Edmund Pettus-brug oorgesteek het.

                 [Uit The Light of Ours – Activist Photographs of the Civil Rights Movement deur L Kelea]

                                                                  EDMUND PETTUS-BRUG

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              13                                     DBE/2023
                                    SS/NSS – Addendum

BRON 3D

Die bron hieronder is geneem uit 'n koerantartikel wat op 8 Maart 1965 – die dag ná
7 Maart 1965 – in The New York Times verskyn het. Dit wys hoe die optoggangers
deur die Staatspolisiebeamptes aangeval is, met die meeste van hulle wat ernstige
beserings opgedoen en in die hospitaal beland het.

Die Staatspolisiebeamptes en 'n groep van die sheriff se manne het op 7 Maart 1965
in Selma, Alabama, 525 burgerregte-optoggangers aangeval wat aan 'n optog tussen
Selma en Montgomery, die hoofstad van die staat, deelgeneem het. Die optog is
georganiseer om swart kiesersregistrasie te bevorder en om te betoog omdat 'n
Staatspolisiebeampte op 18 Februarie, gedurende 'n kiesersregistrasie-optog in 'n
nabygeleë stad, 'n jong swart man, Jimmie Lee Jackson, doodgemaak het.

Soos wat die optoggangers die Edmund Pettus-brug in Selma oorgesteek het, is hulle
deur die polisie beveel om uitmekaar te gaan. Toe hulle op hulle plekke bly staan, het
die Staatspolisiebeamptes hulle bestorm.

'Die eerste 10 of 20 Negers is skreeuend grond toe platgetrek, met arms en bene in
die lug en pakkies en sakke wat oor die grasmiddelmannetjie en die sypaadjies aan
weerskante getrek (gevlieg) het.' 'Dié wat nog op hulle voete was, het teruggestaan.
Die Staatspolisiebeamptes het aangehou om te stoot. Hulle het die krag van hulle
liggame en ook hulle polisieknuppels gebruik om te druk en steek.'

Die polisie het ook traangas na die skare afgevuur en hulle op perde bestorm. Meer as
50 optoggangers is beseer. Daar was 'n tydelike hospitaal naby die plaaslike kerk.
'Negers het op die vloere en stoele gelê met baie wat gehuil en gekerm het. 'n Meisie
met 'n rooi langbroek is skreeuend uit die huis gedra.' Amelia Boynton het half
bewusteloos op 'n tafel gelê. 'Die hospitaal het gerapporteer dat die slagoffers breuke
van hulle ribbes, koppe, bene en arms opgedoen het bo en behalwe die snye en
kneusplekke.'

Die dag van geweld, wat as Bloedige Sondag ('Bloody Sunday') bekend geword het, is
deur koerante regoor die land gedek en op nasionale nuus uitgesaai, en het baie
Amerikaners woedend gemaak. 'n Foto van mev. Boynton wat bewusteloos op die
brug lê, het die blywendste beeld van die dag geword.

                                                     [Uit The New York Times, 8 Maart 1965]

Negers – 'n Neerhalende woord vir swart Amerikaners

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             14                                  DBE/2023
                                   SS/NSS – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander geskiedkundige bewyse is uit die volgende geneem:

Bostdorff, DM. 2009. Voices of Democracy: The US Oratory Project, College of
Wooster, VSA.

George, E. 2005. The Cuban Intervention in Angola from Che Guavara to Cuito
Cuanavale, Frank Cass Publishers, Londen.

https://images.app.goo.gl/mAaHTwABWXRZ5Mpy7

https://www.mgsa.org/symposia/2007/index.html

Kelea, L. 1965. The Light of Ours – Activist Photographs of the Civil Rights Movement,
University Press Alabama, Mississippi.

Kondonassis AJ. 1970. Economy and History Volume XX. Routledge Taylor and
Francis Group, VSA.

Monthly Review – An Independent Socialist Magazine, 1 April 2013.

The New York Times, 8 Maart 1965.

Smith, J. 1949. The USSR and World Peace: Speeches of the Soviet Foreign Minister
AY Vyshinsky, Ed Conroy Bookseller, New York.

Swanson, C. 2014. The Selma Campaign: Martin Luther King Jr., Jimmie Lee Jackson
and the Defining Struggle of the Civil Rights Era, Bloomington.

Williams, J. 1990. Eyes on the Prize: America's Civil Rights Years: 1954–1965,
Penguin Publishers, New York.

Williams, Major JN. 2016. Contested Narratives: South African and Cuban Military
Action in Angola (1987–1988) A Monograph, South Publishers, South Africa.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 May June 2022 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-addendum-eng/26551f4a-326d-4c97-be6f-e9e99fb1dd32) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [History P1 May June 2017 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-addendum-afr/df51a47c-26d5-42fd-8593-592de0e87a21) — History · Addendum · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [History P1 (English) Memo](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-english-memo/4fe0001f-11e9-414e-be30-45108ea0ae86) — History · Memo · 2023 · Eng
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — History · Memo · 2025 · Eng
- [History P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-afr/bb785283-0610-46de-9d8f-cc2f73dda19c) — History · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
