# History Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2023-afr/87c5742e-a4b3-498a-a7d5-420208076b81
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2023-afr/87c5742e-a4b3-498a-a7d5-420208076b81)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                GESKIEDENIS V1

                                        2023

                                                                       PUNTE: 150

                                                                          TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              2                                  DBE/2023
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:      DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                       OORLOG

         VRAAG 2:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

         VRAAG 3:      BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                       DIE AMERIKAANSE BURGERREGTEBEWEGING

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:      DIE  UITBREIDING    VAN          DIE     KOUE       OORLOG:
                       GEVALLESTUDIE – VIËTNAM

         VRAAG 5:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

         VRAAG 6:      BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                       DIE SWARTMAGBEWEGING

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1         Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten
                     minste EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2         Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n
                     opstelvraag wees.

5.       Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               3                                   DBE/2023
                                          SS/NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:         HOE HET GRIEKELAND AAN DIE EINDE VAN DIE TWEEDE
                 WÊRELDOORLOG IN 1945 'N FOKUSPUNT IN KOUE OORLOG-
                 SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)
                 EN DIE SOWJETUNIE GEWORD?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1       Maak 'n lys van DRIE komponente van die Griekse ekonomie wat
                     nie gedurende die besettingstydperk in staat was om doeltreffend
                     te funksioneer nie.                                      (3 x 1)          (3)

         1.1.2       Wat, dink jy, het ná die Tweede Wêreldoorlog tot 'n swak interne
                     vervoerstelsel in Griekeland gelei?                       (1 x 2)         (2)

         1.1.3       Volgens die bron, waarom is die Bank van Griekeland gedwing om
                     al hoe meer banknote uit te reik?                        (1 x 2)          (2)

         1.1.4       In die konteks van die Koue Oorlog, verduidelik waarom die VSA 'n
                     sekere vorm van ekonomiese bystand aan Griekeland gebied het.
                                                                                (2 x 2)        (4)

1.2      Bestudeer Bron 1B.

         1.2.1       Volgens die bron, wat was die tweede oorlog wat in Griekeland
                     begin het nadat die Tweede Wêreldoorlog in 1945 geëindig het?
                                                                               (1 x 2)         (2)

         1.2.2       Verduidelik die konsep kommuniste in die konteks van die Griekse
                     Burgeroorlog.                                             (1 x 2)         (2)

         1.2.3       Volgens die bron, watter bystand het President Truman tydens die
                     burgeroorlog aan die Griekse nasionale weermag gebied? Gee
                     TWEE antwoorde.                                          (1 x 2)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                   4                                    DBE/2023
                                              SS/NSS

1.3      Lees Bron 1C.

         1.3.1       Gee DRIE redes wat in die bron genoem word waarom President
                     Truman die Kongres en Amerikaanse burgers moes oorreed dat
                     Griekeland hulp verdien het.                         (3 x 1)                  (3)

         1.3.2       Verduidelik die implikasie van die stelling dat 'vyf en tagtig persent
                     van die kinders teringlyers (ly aan tuberkulose) was', in die konteks
                     van sosio-ekonomiese toestande in Griekeland teen die einde van
                     die oorlog.                                                     (1 x 2)       (2)

         1.3.3       Definieer die konsep burgeroorlog in jou eie woorde.             (1 x 2)      (2)

         1.3.4       Waarom, dink jy, was dit vir President Truman belangrik om aan te
                     dui dat Amerikaners tydens die Griekse verkiesing waarnemers
                     was?                                                      (1 x 2)             (2)

1.4      Raadpleeg Bron 1B en Bron 1C. Lewer kommentaar op hoe die twee bronne
         mekaar met betrekking tot die toestande ná die Tweede Wêreldoorlog in
         Griekeland ondersteun.                                         (2 x 2)                    (4)

1.5      Gebruik Bron 1D.

         1.5.1       Verduidelik die boodskappe wat deur die spotprenttekenaar oor
                     Griekeland in 1947 oorgedra word.                      (2 x 2)                (4)

         1.5.2       Watter lande word          deur   die   volgende    simboliese     vlae
                     verteenwoordig?

                     (a)    Die dollar-vlag                                           (1 x 2)      (2)

                     (b)    Die hamer-en-sekel-vlag                                   (1 x 2)      (2)

         1.5.3       Lewer kommentaar op die beperkings van die bron vir 'n
                     geskiedkundige wat navorsing oor die Koue Oorlog in Griekeland
                     doen.                                                   (2 x 2)               (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe Griekeland aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog 'n fokuspunt in
         Koue Oorlog-spanning tussen die Verenigde State van Amerika (VSA) en die
         Sowjetunie geword het.                                                                    (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                5                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 2:         WAAROM HET BUITELANDSE MAGTE GEDURENDE DIE 1980's BY
                 DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE IN ANGOLA BETROKKE
                 GERAAK?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Gebruik Bron 2A.

         2.1.1       Wanneer, volgens die bron, het die Slag van Cuito Cuanavale
                     begin?                                               (1 x 2)               (2)

         2.1.2       Identifiseer enige TWEE weermagte in die bron wat in die Slag van
                     Cuito Cuanavale geveg het.                                 (2 x 1)         (2)

         2.1.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom Mavinga gedurende die Slag van Cuito Cuanavale
                     geteiken is.                                               (2 x 2)         (4)

         2.1.4       Lewer kommentaar op waarom die Kubane by die Slag van Cuito
                     Cuanavale betrokke geraak het.                       (1 x 2)               (2)

2.2       Raadpleeg Bron 2B.

          2.2.1      Gee TWEE Kubaanse regeringsinstansies wat deel was van 'n
                     gesamentlike vergadering wat besluit het om Operasie Maniobra
                     XXXI Aniversario te begin.                             (2 x 1)             (2)

          2.2.2      Operasie Maniobra XXXI Aniversario het uit 'n aantal artillerie-/
                     gewapende eenhede vir doeltreffendheid bestaan. Identifiseer
                     enige TWEE wat in die bron genoem word.                 (2 x 1)            (2)

          2.2.3      Verduidelik wat dit beteken wanneer daar gesê word dat Kuba se
                     besluit om by Cuito Cuanavale betrokke te wees, 'simbolies' was.
                                                                                 (1 x 2)        (2)

          2.2.4      Verduidelik die term Beleg van         Cuito   Cuanavale    in die
                     geskiedkundige konteks daarvan.                              (1 x 2)       (2)

          2.2.5      Waarom, volgens die bron, het die stuur van die FAR se elite
                     50ste Divisie na Angola 'n groot uitdaging vir die SAW geword?
                                                                                 (1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               6                                   DBE/2023
                                          SS/NSS

2.3      Lees Bron 2C.

         2.3.1       Haal TWEE doelwitte uit die bron aan wat die SAW deur Operasie
                     Modulêr wou bereik.                                     (2 x 1)           (2)

         2.3.2       Wat is die implikasie van die stelling: 'Operasie Modulêr het "die
                     langverwagte deurbraak in die heersende politieke, diplomatieke
                     en militêre dooie punt in die Angolese-SWA/Namibiese konflik
                     beloof" '?                                                 (2 x 2)        (4)

          2.3.3      Definieer die konsep onderhandelinge in jou eie woorde.    (1 x 2)        (2)

          2.3.4      Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
                     geskiedkundige wat navorsing doen oor die Slag van Cuito
                     Cuanavale.                                        (2 x 2)                 (4)

2.4      Bestudeer Bron 2D.

         2.4.1       Verduidelik die boodskappe wat deur die spotprent oor die
                     betrokkenheid van buitelandse magte by die Slag van Cuito
                     Cuanavale oorgedra word.                           (2 x 2)                (4)

         2.4.2       Lewer kommentaar op die byskrif 'THE THREE AMIGOS' ('DIE
                     DRIE AMIGO'S') in die konteks van die Slag van Cuito Cuanavale.
                                                                              (1 x 2)          (2)

2.5       Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
          bewyse in Bron 2D ondersteun oor die betrokkenheid van buitelandse magte
          by die Slag van Cuito Cuanavale.                                   (2 x 2)           (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         waarom buitelandse magte gedurende die 1980's by die Slag van Cuito
         Cuanavale in Angola betrokke geraak het.                                              (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               7                                      DBE/2023
                                          SS/NSS

VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS IS DEUR BURGERREGTE-AKTIVISTE
         ERVAAR WAT IN 1965 AAN DIE EERSTE OPTOG VAN SELMA NA
         MONTGOMERY DEELGENEEM HET?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Gebruik Bron 3A.

         3.1.1       Gee DRIE redes in die bron waarom die swart bevolking in
                     Alabama van hulle stemreg ontneem en polities gemarginaliseerd
                     gelaat is.                                             (3 x 1)               (3)

         3.1.2       Waarom, dink jy, het die Alabama-aktiviste geglo dat indien hulle
                     Eerwaarde Martin Luther King Jr. sou nooi, dit hulle veldtog sou
                     versterk?                                                 (1 x 2)            (2)

         3.1.3       Waarom, volgens die bron, het die burgerregte-aktiviste besluit om
                     in 1965 'n optog van Selma na Montgomery te hou?           (1 x 2)           (2)

         3.1.4       Verduidelik waarom sommige van die aktiviste geglo het dat die
                     optog te veel risiko en te min voordeel ingehou het.   (1 x 2)               (2)

         3.1.5       Definieer die konsep segregasionis in jou eie woorde.          (1 x 2)       (2)

3.2      Lees Bron 3B.

         3.2.1       Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die optog wat op
                     7 Maart 1965 plaasgevind het, nie gewelddadig was nie.    (1 x 2)            (2)

         3.2.2       Verduidelik Majoor    John    Cloud   se   houding      teenoor die
                     optoggangers.                                                 (2 x 2)        (4)

         3.2.3       Lewer kommentaar op wat bedoel word met Bevel se stelling:
                     'Ek het gevoel asof dit die laaste betoging, … laaste asemteug as
                     gevolg van die traangas sou gee,' oor hoe die aktiviste op
                     7 Maart 1965 deur die Staatspolisiebeamptes behandel is. (1 x 2)             (2)

         3.2.4       Verduidelik waarom 'n geskiedkundige hierdie bron as betroubaar
                     sou beskou wanneer die gebeure van die Eerste Optog van Selma
                     na Montgomery in 1965 bestudeer word.                    (2 x 2)             (4)

3.3      Bestudeer Bron 3C.

         3.3.1       Verduidelik waarom jy dink hierdie foto in 1965 gedurende die
                     Eerste Optog van Selma na Montgomery geneem is.        (2 x 2)               (4)

         3.3.2       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                     kommentaar op waarom die Staatspolisiebeamptes in 1965
                     gedurende die Eerste Optog van Selma na Montgomery geweld
                     gebruik het.                                          (1 x 2)                (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               8                                 DBE/2023
                                          SS/NSS

3.4      Raadpleeg Bron 3D.

         3.4.1       Gee TWEE redes, wat in die bron genoem word, oor waarom die
                     optog van 7 Maart 1965 georganiseer is.              (2 x 1)            (2)

         3.4.2       Verduidelik die term optoggangers in die konteks van die Selma-
                     na-Montgomery-optog in 1965.                             (1 x 2)        (2)

         3.4.3       Haal DRIE bewyse uit die bron aan wat toon dat die
                     Staatspolisiebeamptes uitermate geweld teen die optoggangers
                     gebruik het.                                          (3 x 1)           (3)

         3.4.4       Verduidelik die impak wat Bloedige Sondag ('Bloody Sunday') op
                     die Burgerregtebeweging gehad het.                     (1 x 2)          (2)

3.5      Verwys na Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe hierdie bronne mekaar
         ondersteun ten opsigte van die reaksie van die Staatspolisiebeamptes op die
         Eerste Optog van Selma na Montgomery op 7 Maart 1965.               (2 x 2)         (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik
         die uitdagings wat deur burgerregte-aktiviste ervaar is wat in 1965 aan die
         Eerste Optog van Selma na Montgomery deelgeneem het.                                (8)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            9                                  DBE/2023
                                       SS/NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
NIE.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
         VIËTNAM

Die taktieke wat die Verenigde State van Amerika (VSA) tussen 1960 en 1975 teen die
Viëtkong gebruik het, het nie gehelp om die Viëtnamese te verslaan nie.

Stem jy met die stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun.                                                                             [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

Mobutu Sese Seko se politieke en ekonomiese beleide, wat in die vroeë 1960's deur
die pas onafhanklike Kongo ingestel is, is deur al die Kongolese verwelkom.

Bespreek hierdie stelling krities en gebruik relevante bewyse om jou antwoord te
ondersteun.                                                                             [50]

VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
         SWARTMAGBEWEGING

Verduidelik tot watter mate die Swartmag-filosofie selfversekerdheid by swart
Amerikaners gevestig het om van die 1960's tot die 1970's diskriminasie in die
Verenigde State van Amerika (VSA) uit te daag.

Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun.                                 [50]

                                                                         TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-afr/bb785283-0610-46de-9d8f-cc2f73dda19c) — History · QP · 2022 · Afr
- [History P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-eng/7d529eb9-2c0d-45a5-8a7a-c9e27cbc9665) — History · QP · 2015 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — History · Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [History P1 (English) Memo](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-english-memo/4fe0001f-11e9-414e-be30-45108ea0ae86) — History · Memo · 2023 · Eng
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — History · Memo · 2025 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
