# History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIORSERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                         JUNIE 2024

                    GESKIEDENIS V1
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye.

### Page 2

2                                   GESKIEDENIS V1                            (EC/JUNIE 2024)

1.   BRONGEBASEERDE VRAE

     1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae
         te ontwikkel:

                                                                      GEWIGS-
     KOGNITIEWE
                           HISTORIESE VAARDIGHEDE                   TOEKENNING
       VLAKKE
                                                                     VAN VRAE
                     •   Onttrek inligting uit bronne.
                     •   Selektering en organisasie van                30%
        VLAK 1
                         relevante inligting uit bronne.               (15)
                     •   Definieer historiese begrippe/terme.
                     •   Interpretasie van bewyse uit bronne.
                                                                       40%
        VLAK 2       •   Verduidelik inligting verkry uit bronne.
                                                                       (20)
                     •   Analiseer bewyse uit bronne.
                     •   Interpreteer en evalueer bewyse uit
                         bronne.
                     •   Skakel met bronne om bruikbaarheid,
                         betroubaarheid, eensydigheid en               30%
        VLAK 3
                         beperkings vas te stel.                       (15)
                     •   Vergelyk en kontrasteer interpretasies
                         en perspektiewe in die bronne en kom
                         tot onafhanklike gevolgtrekkings.

     1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
         word:

          • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
            enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of
            voorbeelde.
          • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
            aan die vereistes van die vraag voldoen is.
          • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
            waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
            kursiefgedrukte skrif aangedui.
          • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
            krediet kry vir enige relevante antwoord.
          • Daar word van leerlinge verwag om ŉ standpunt in te neem in die
            beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.

     1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae

          •     Gebruik ŉ regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord
          •     Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op
                twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat
                neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓)
          •     Indien ŉ vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/JUNIE 2024)                         GESKIEDENIS V1                                         3

             Paragraafvraag
             Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
             inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word
             wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word
             wanneer ŉ antwoord op ŉ paragraafvraag geassesseer word:
              • Lees die paragraaf en plaas ŉ kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die
                teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
                beantwoord.
              • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
                in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
                beantwoord.
              • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
                paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3)
                soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ŉ kort kommentaar bv.

             ___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
             _________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
                                                                 √√√√ Vlak 2

             Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
             • Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
               punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
                                                                    32
                                                                    50

             • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
               antwoordeboek oorgedra word.

 2. OPSTELVRAE

      2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
          • In staat sal wees om hul argument op ŉ logiese en samehangende wyse
             te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
             bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ŉ redelike reeks
             feite of ŉ effektiewe argument te kan weergee om sodoende die
             gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ŉ opstel ŉ
             inleiding, ŉ samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en
             ŉ slot het.

      2.2 Nasien van opstelvrae
          • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
            word deur die handboeke wat by ŉ spesifieke sentrum gebruik is.
          • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
            as dit wat ingesluit is by ŉ riglyn vir nasien van ŉ spesifieke opstel.
          • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
            krediet kry vir enige ander relevante antwoord.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

4                                    GESKIEDENIS V1                                (EC/JUNIE 2024)

    2.3 Globale assessering van die opstel
        Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
        benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ŉ geheel sal bepunt
        sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
        moedig die leerder aan om ŉ individuele mening aan te bied deur gebruik te
        maak van geselekteerde feitelike bewyse om ŉ argument te ondersteun. Daar
        sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ŉ beter
        punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-
        antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
        van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
        leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
        inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
        ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die
        volgende val:
            • Die konstruksie/daarstelling van ŉ argument.
            • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
               ondersteun.
            • Die leerder se interpretasie van die vraag.

    2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel

         2.4.1   Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.

         2.4.2   Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
                 word vir ŉ relevante inleiding (aangedui met ŉ kolpunt (‘bullet’) in die
                 nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
                 gekontekstualiseer is en ŉ relevante slotopmerking (aangedui met ŉ
                 kolpunt in die nasienriglyn) bv. ŉ antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
                 sal daar dus 7 regmerkies wees.

         2.4.3   Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ŉ opstel.

                       Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ŉ argument/ŉ duidelike
                       hoofpunt.
                 P
                       Elke paragraaf moet ŉ punt bevat wat die hoofpunt (argument)
                       wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
                       Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
                 E     waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
                       met die vraag wat gevra is.
                       Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
                 E     inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant
                       voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
                       Skakel:      Kandidate moet seker maak dat die argument
                 L     deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
                       geskryf is.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/JUNIE 2024)                         GESKIEDENIS V1                                        5

          2.4.4   Die volgende simbole MOET in die assessering van die opstel
                  gebruik word:

                  • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
                    gekontekstualiseer nie
                                                                      ^
                  • Verkeerde stelling             _________________

                  • Irrelevante stelling             |
                                                     |
                                                     |

                  • Herhaling                        R

                  • Analise                          A√

                  • Interpretasie                    I√
                  • Argument                        LOA

 2.5      Die matriks

          2.5.1   Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.

                  By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
                  matriks voorsien word. Tydens die assessering van ŉ opstel moet
                  beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ŉ Punt word
                  toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
                  die sewe vaardigheidsvlakke.

                  (a)   Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
                        watter mate die hoofmomente gedek is en om die
                        inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.

                                                          I       VLAK 4

                  (b)   Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
                        van die aanbieding bepaal.
                                                          I       VLAK 4
                                                          A       VLAK 3

                  (c)   Ken ŉ algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                          I      VLAK 4
                                                          A      VLAK 3       }26–27
 KOMMENTAAR

 Sommige weglatings in inhoudsdekking.
 Toon soms bewys van ŉ gestruktureerde en beplande argument.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                                                              GESKIEDENIS V1                                                         (EC/JUNIE 2024)

     NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50

                            VLAK 7               VLAK 6                VLAK 5               VLAK 4              VLAK 3               VLAK 2               VLAK 1

                        Baie goed
                        beplande en          Baie goed             Goed beplande en     Argument beplan     Toon soms bewys      Poging aangewend     Weinig of geen
AANBIEDING                                   beplande en           gestruktureerde      en gestruktureer.   van ŉ                                     poging om die
                        gestruktureerde                                                                                          om antwoord te
                                             gestruktureerde       opstel.              Bewyse tot ŉ        gestruktureerde en   struktureer.         opstel te
                        opstel. Goeie
                                             opstel. ŉ Relevante   Poog om ŉ            sekere mate         beplande                                  struktureer nie.
                        sintese van                                                                                              Grootliks
                                             argument is           duidelike argument   gebruik om          argument. Poog
                        inligting. Het ŉ                                                                                         beskrywend of
                                             gevolg. Bewyse                             argument te         om ŉ argument vol
                        goed                                       te ontwikkel.
                                             gebruik om die                             ondersteun.         te hou.              poog om argument
                        gebalanseerde,                             Gevolgtrekking
                                             argument te                                Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie   te ontwikkel. Geen
                        oorspronklike                              gemaak uit bewyse
                                             verdedig. Poog om                          grond van bewyse.   duidelik             poging om ŉ
                        argument ontwikkel
                        met bewyse.          ŉ onafhanklike        om die argument te                       ondersteun deur      gevolgtrekking te
                        Argument             gevolgtrekking uit    ondersteun.
                                             die bewyse te                                                  bewyse nie.          maak nie.
                        deurgaans
                                             maak om die
                        volgehou en
INHOUD                                       argument te
                        verdedig.
                                             ondersteun.
                        Onafhanklike
                        gevolgtrekking
                        gemaak uit bewyse
                        om die argument te
                        ondersteun.

VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten            47–50                 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie              43–46                 40–42                38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud          38–39                 36–37                34–35                30–33                28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
                                                                       30–33                28–29                26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit                                                                         26–27                24–25               20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend                                                                                               20–23               18–19                 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                                   14–17                  0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

*Riglyne vir die toekenning van ŉ punt in Vlak 1:

 •    Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
 •    Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
     Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer                = 7–13

     Kopiereg voorbehou                                                                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/JUNIE 2024)                           GESKIEDENIS V1                                        7

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:          HOE HET DIE MARSHALL-PLAN DIE EKONOMIESE EN POLITIEKE
                  ONSTABILITEIT IN EUROPA IN DIE 1940’s AANGESPREEK?

1.1      1.1.1      [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
                     • Europa
                    • Asië
                     • Afrika                                                      (3 x 1)     (3)

         1.1.2      [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
                    • Lande kon nie genoeg goedere vir hul eie mense produseer nie
                    • nog minder vir uitvoer.                                (2 x 1)           (2)

         1.1.3      [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
                     • VSA                                                        (1 x 1)      (1)

         1.1.4      [Analise van bewyse uit Bron 1A – V1]
                    • Om vir invoere te betaal
                    • en skuldbetalings te maak.                                  (2 x 1)      (2)

         1.1.5      [Analise van bewyse uit Bron 1A – V2]
                    • Hulle het nie geld gehad om goedere te koop nie.
                    • Hulle het geen surplus produkte gehad om te verkoop nie.
                    • Enige ander relevante antwoord.                   (Enige 1 x 2)          (2)

1.2      1.2.1      [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
                    • Dit noodsaaklik is vir die handhawing van die beskawing waarin
                      die Amerikaanse lewenswyse gewortel is.                   (1 x 2)        (2)

         1.2.2      [Definisie van historiese konsep uit Bron 1B – V1]
                    • Lande waar die regering volkome beheer het oor die mense en
                       die manier waarop hulle leef.
                     • Enige ander relevante antwoord.                        (1 x 2)          (2)

         1.2.3      [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
                    • Die Marshall-plan sal vryheid na Europese lande bring.
                     • Sukses van die Marshall-plan sal Europa teen kommunisme
                        beskerm.
                     • Ekonomiese herstel sal die voortsetting van kapitalisme en
                        demokrasie verseker.
                     • Enige ander relevante antwoord.                      (Enige 1 x 2)      (2)

         1.2.4      [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
                     • Europese lande sou tot totalitarisme gedwing word.
                     • Kommunisme sou in Europa gedwing word.
                     • Daar sou konflik tussen kommunisme en kapitalisme wees.
                     • Enige ander relevante antwoord.                    (Enige 2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   GESKIEDENIS V1                              (EC/JUNIE 2024)

       1.2.5    [Evaluasie van bruikbaarheid van Bron 1B – V3]
                Die bron is bruikbaar omdat:
                 • Dit is ŉ uittreksel uit ŉ toespraak wat Truman in 1949 gemaak
                   het.
                 • Truman is die VSA president wat die Marshall-plan goedgekeur
                   het.
                 • Enige ander relevante antwoord.                            (2 x 2)      (4)

1.3    1.3.1    [Verduideliking van ŉ historiese konsep uit Bron 1C – V2]
                 • Ekonomiese bystand gegee aan Europese lande wie se
                   ekonomieë deur die Tweede Wêreldoorlog vernietig is.
                 • Enige ander relevante antwoord.                            (1 x 2)      (2)

       1.3.2     [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
                 • Die Marshall-plan het broodnodige handelsdollars voorsien.
                 • Het Wes-Europa gered van om ŉ sosialistiese pad te volg.(1 x 2)         (2)

       1.3.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
                • Seker gemaak dat daar geen herhaling was van die chaos wat na
                    die Versailles-ooreenkoms van 1919 ontstaan het nie.
                • Verhoed dat verloorders in kommunisme verval.
                • Om markte vir Amerikaanse handel oop te maak.
                • Enige ander relevante antwoord.                        (2 x 2)           (4)

 1.4   1.4.1     [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
                 • Die VSA herbou Europa met die Marshall-plan.
                 • Ekonomieë van oorloggeteisterde lande sal begin groei.
                 • Enige ander relevante antwoord.                    (Enige 1 x 2)        (2)

       1.4.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
                • Die Marshall-plan sal vrede na Europa bring.
                • Lande wat voordeel trek uit die Marshall-plan sal deur die VSA
                    beskerm word.
                • Enige ander relevante antwoord.                     (Enige 1 x 2)        (2)

       1.4.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
                • Die Marshall plan was ŉ VSA plan vir Europese herstel.
                • Die fondse vir Europese herstel het uit die VSA gekom.
                • Enige ander relevante antwoord.                     (Enige 1 x 2)        (2)

 1.5   [Vergelyking van bewyse uit Bron 1C en Bron 1D ‒ V3]
       • Beide bronne dui aan dat Amerikaanse dollars gebruik is vir die Europese
          herstel.
       • Bron 1C meld dat die Marshall-plan gelei het tot vinnige ekonomiese
          herstel in Europa, en Bron 1D; die groeiende blare dui die ekonomiese
          herstel aan.
       • Enige ander relevante antwoord.                               (Enige 2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/JUNIE 2024)                        GESKIEDENIS V1                                        9

1.6     [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne ‒ V3]
        • Die ekonomie van Europa was verwoes deur die Tweede Wêreldoorlog.
            (Bron 1A)
        • Die tekorte aan verbruikersgoedere het na die oorlog vererger. (Bron 1A)
         • Talle lande in Europa kon nie hul skuld betaal nie en handel was erg geraak.
            (Bron 1A)
         • Die VSA het die Marshall-plan vir die herstel van die Europese ekonomie
            geïmplementeer.
         • Truman het geglo dat die Marshall-plan nodig was om die vryheid van
            Europese lande te beskerm (Bron 1B)
         • Die VSA het geglo dat die Marshall-plan demokrasie en kapitalisme sou
            beskerm. (Bron 1B)
         • Die Marshall-plan was gebruik om die verspreiding van kommunisme in
            Europa te beperk.
         • Die Marshall-plan het Amerikaanse dollars verskaf om Europese herstel te
            bevorder. (Bron 1C)
         • Beide die wenners en verloorders het baat by die Marshall-plan gevind.
            (Bron 1C)
         • Verloorders moes bygestaan word sodat hulle nie tot kommunisme wend
            nie. (Bron 1C)
         • Die ekonomieë van Europese lande het herleef.
         • Enige ander relevante antwoord.                                                  (8)

        Gebruik die volgende rubriek om ŉ punt toe te ken:

                     • Gebruik bewyse op ŉ baie elementêre wyse bv.
                       toon min of geen begrip van hoe die
                       Marshall-plan ekonomiese en politieke
                                                                            PUNTE
        VLAK 1         onstabiliteit in Europa in die 1940’s
                                                                             0–2
                       aangespreek het.
                     • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ŉ
                       paragraaf skryf nie.
                     • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
                       verband met die onderwerp bv., toon ŉ bietjie
                       begrip    van     hoe    die    Marshall-plan
                                                                            PUNTE
        VLAK 2         ekonomiese en politieke onstabiliteit in
                                                                             3–5
                       Europa in die 1940’s aangespreek het.
                     • Gebruik bewyse op ŉ baie basiese manier om
                       ŉ paragraaf te skryf.
                     • Gebruik relevante bewyse bv., toon ŉ deeglike
                       begrip    van     hoe    die    Marshall-plan
                       ekonomiese en politieke onstabiliteit in
                                                                            PUNTE
        VLAK 3         Europa in die 1940’s aangespreek het.
                                                                             6–8
                     • Gebruik bewyse baie effektief in ŉ
                       georganiseerde paragraaf en toon begrip van
                       die onderwerp.                                                      (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10                                   GESKIEDENIS V1                          (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 2:       WAAROM HET DIE BUITELANDSE MAGTE IN 1975 BY DIE
               ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

2.1   2.1.1    [Definisie van ŉ historiese konsep uit Bron 2A – V1]
               • Teen die heerskappy van ŉ land deur ŉ vreemde land.
               • Enige ander relevante antwoord.                           (1 x 2)      (2)

      2.1.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
               • MPLA
               • UNITA
               • FNLA                                                      (3 x 1)      (3)

      2.1.3    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
               • Vir mag                                                    (1 x 1)     (1)

      2.1.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
               • Hulle het gevoel dat die beweging die belange van die VSA in
                   Angola die beste verteenwoordig.
               • Om te keer dat die kommunisties belynde MPLA Angola regeer.
               • Om die verspreiding van kommunisme in Suidelike-Afrika te
                   voorkom.
               • Enige ander relevante antwoord.                     (Enige 2 x 2)      (4)

2.2   2.2.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
               • Zaïre
               • Suid-Afrika                                               (2 x 1)      (2)

      2.2.2    [Definisie van ŉ historiese konsep uit Bron 2B – V2]
               • Aanval op Angola deur buitelandse lande.
               • Enige ander relevante antwoord.                           (1 x 2)      (2)

      2.2.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
               • Die VSA wou nie gesien word dat hulle inmeng in die sake van
                   Angola nie.
               • Die VSA wou verseker dat ŉ VSA-vriendelike regering in Angola
                   opgerig word.
               • Enige ander relevante antwoord.                     (Enige 1 x 2)      (2)

      2.2.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
               • Die MPLA het Kuba versoek om hulle by te staan wanneer hulle
                   deur buitelandse lande aangeval word.
               • Om die kommunisties georiënteerde MPLA te help om aan bewind
                   te bly.
               • Enige ander relevante antwoord.                   (Enige 2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/JUNIE 2024)                         GESKIEDENIS V1                                     11

2.3     2.3.1     [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
                  • Om te toon hoe die Kubaanse soldate Angolese tydens die
                      Angolese Burgeroorlog gehelp het.
                  • Daar was ŉ goeie verhouding tussen Kuba en Angola.
                  • Enige ander relevante antwoord.                         (2 x 2)        (4)

        2.3.2     [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
                  • Die Angolese het die ingryping van die Kubane verwelkom.
                  • Enige ander relevante antwoord                           (1 x 2)       (2)

2.4     2.4.1     [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
                  • Russe
                  • Kubane                                                    (2 x 1)      (2)

        2.4.2     [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
                  • Toe Suid-Afrikaanse troepe vroeg in Oktober Angola begin
                     binneval het, was daar skaars Russe en baie min Kubane in die
                     land.                                                    (1 x 2)      (2)

        2.4.3     [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
                  • MPLA was deur die Kubane en die Russe bygestaan.
                  • MPLA was vriendelik teenoor SWAPO wat teen Suid-Afrika in
                      Suidwes-Afrika geveg het.
                  • Enige ander relevante antwoord.                 (Enige 1 x 2)          (2)

        2.4.4     [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
                  • Zaïre
                  • Zambië                                                    (2 x 1)      (2)

        2.4.5     [Evalueer die beperkinge van bewyse uit Bron 2D – V3]
                  Die bron is beperk omdat:
                  • Dit slegs Suid-Afrika se standpunt gee.
                  • Dit bevooroordeeld teen Kuba en Rusland is.
                  • Enige ander relevante antwoord.                           (2 x 2)      (4)

2.5     [Vergelyking van bewyse in Bron 2B en Bron 2C – V3]
        • Beide bronne toon dat Kuba by die Angolese Burgeroorlog betrokke was.
        • Bron 2B noem dat ŉ bataljon gereelde(ervare) troepe deur Kuba gestuur is
           na Angola. Bron 2C is ŉ foto van Kubaanse troepe in Angola.
        • Enige ander relevante antwoord.                              (Enige 2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

12                                  GESKIEDENIS V1                             (EC/JUNIE 2024)

2.6   [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne ‒ V3]
      • In 1975 het Portugal aan Angola sy onafhanklikheid gegee sonder
          behoorlike magsoordrag.
      • Die MPLA, UNITA en FNLA het meegeding om mag wat tot ŉ burgeroorlog
          gelei het.
      • Die burgeroorlog het tot die wapenwedloop gelei aangesien die drie
          bevrydingsbewegings deur buitelandse moondhede bygestaan is.
          (Bron 2A)
      • Die VSA het die FNLA in die geheim bygestaan met fondse om hul belange
          in Angola te beskerm. (Bron 2A)
      • Die Sowjetunie het die MPLA met wapens en oorlogstoerusting bygestaan.
          (Bron 2A)
      • Kuba het militêre raadgewers gestuur en opleidingskampe vir die MPLA
          bestuur. (Bron 2A)
      • Suid-Afrika het wapens en opleiding aan beide UNITA en FNLA verskaf.
          (Bron 2A)
      • Fidel Castro het die VSA daarvan beskuldig dat hulle Zaïre en Suid-Afrika
          teen MPLA aangehits het. (Bron 2B)
      • Kuba was op versoek vir bystand deur die MPLA in Angola betrokke.
      • Vorster het Rusland en Kuba die skuld gegee vir die ingryping van Suid-
          Afrika in Angola. (Bron 2D)
      • Suid-Afrika wou keer dat MPLA in Angola aan bewind is. (Bron 2D)
      • Zambië en Zaïre het Suid-Afrika se ondersteuning vir UNITA en FNLA
          verwelkom. (Bron 2D)
      • Die betrokkenheid van buitelandse lande het die burgeroorlog laat toeneem.
      • Die Angolese Burgeroorlog het ŉ slagveld vir die Koue Oorlog kompetisie
          geword.
      • Enige ander relevante antwoord.                                                   (8)

      Gebruik die volgende rubriek om ŉ punt toe te ken:

                     • Gebruik bewyse op ŉ baie elementêre wyse bv.
                       toon min of geen begrip van hoekom buitelandse
                       moondhede by die Angolese Burgeroorlog
                                                                           PUNTE
      VLAK 1           betrokke geraak het.
                                                                            0–2
                     • Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp
                       verslag te doen of kan nie oor onderwerp verslag
                       doen nie.
                     • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
                       verband met die onderwerp bv., toon ŉ mate van
                       begrip hoekom buitelandse moondhede by die          PUNTE
      VLAK 2
                       Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het.           3–5
                     • Gebruik bewyse op ŉ baie basiese manier om ŉ
                       paragraaf te skryf.
                     • Gebruik relevante bewyse bv., hoekom
                       buitelandse moondhede by die Angolese
                                                                           PUNTE
      VLAK 3           Burgeroorlog betrokke geraak het.
                                                                            6–8
                     • Gebruik bewyse baie effektief in ŉ georganiseerde
                       paragraaf wat ŉ begrip van die onderwerp toon.                     (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/JUNIE 2024)                          GESKIEDENIS V1                                        13

VRAAG 3:          HOE HET DIE BURGERREGTEBEWEGING IN DIE 1960’s STEMREG
                  VIR SWARTES IN DIE VSA BEREIK?

3.1     3.1.1     [Definisie van ŉ konsep uit Bron 3A – V1]
                  • Regte wat deur al die burgers geniet word.
                  • Persoonlike regte wat deur die grondwet beskerm word.
                  • Enige ander relevante antwoord.                               (1 x 2)      (2)

        3.1.2     [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
                  • Suidelike Christelike Leierskap Konferensie (SCLC)
                  • Student Nonviolent Coordinating Committee (SNCC)              (2 x 1)      (2)

        3.1.3     [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
                  • George Wallace, goewerneur van Alabama, was ŉ berugte
                      teenstander van desegregasie.
                  • Die plaaslike geregsbode (sheriff) in Dallas County het ŉ
                      standvastige opposisie teen swart kiesersregistrasie dryf gelei.
                                                                                  (2 x 1)      (2)

        3.1.4     [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
                  • Om te wys dat swart mense in teenstelling met die sienings van
                      die segregasioniste, swartmense daarin belanggestel het om te
                      stem.
                  • Toename in die aantal swart kiesers sal sommige regte wen vir
                      swart mense.
                  • Daar sal in die belange van die swart mense voorsiening gemaak
                      word.
                  • Enige ander relevante antwoord                        (Enige 1 x 2)        (2)

3.2     3.2.1     [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
                  • Om SNCC se eerste veldpersoneel te word
                  • Hulle tot voltydse bewegingswerk te verbind.                  (2 x 1)      (2)

        3.2.2     [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
                  • Swartes was aangeval toe hulle probeer het om te registreer om
                      te stem.
                  • Vroeër pogings om te registreer om te stem was nie suksesvol
                      nie.
                  • Swartes het hoop verloor om gelyke regte te verkry.
                  • Enige ander relevante antwoord.                     (Enige 2 x 2)          (4)

        3.2.3     [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
                  • Stemregtewet.
                  • Wat die kiesers uitgebrei het
                  • Die ondemokratiese wurggreep van die suidelike Dixiecrats
                     beëindig het.
                  • Het die nasionale Demokratiese Party meer eksplisiet
                     verteenwoordigend gemaak (in ras en geslag)
                  • Enige ander relevante antwoord.                      (Enige 2 x 1)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

14                                  GESKIEDENIS V1                             (EC/JUNIE 2024)

 3.3   3.3.1    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
                • Staatstroepe het die optoggangers met knuppels aangeval
                • Optoggangers hardloop weg sonder om terug te veg.
                • ŉ Vreedsame optog wat in ŉ Bloedige Sondag (“Bloody Sunday”)
                    verander het.
                • Enige ander relevante antwoord.                    (Enige 2 x 2)        (4)

       3.3.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
                • Hulle het die opdragte van die goewerneur gevolg.
                • Hulle was teen integrasie gekant/het segregasie ondersteun.
                • Hulle was rassiste.
                • Enige ander relevante antwoord.                     (Enige 1 x 2)       (2)

       3.3.3    [Bepaling van die betroubaarheid van bewyse uit Bron 3C – V3]
                Die bron is betroubaar omdat:
                • Die foto ŉ primêre bron is wat tydens die gebeurtenis geneem is.
                • Bloedige Sondag (“Bloody Sunday”) deur ander bronne gestaaf
                   kan word.
                • Enige ander relevante antwoord.                             (2 x 2)     (4)

 3.4   3.4.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
                • John Lewis
                • Hosea Williams                                               (2 x 1)    (2)

       3.4.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
                • Menige mense het van die werk van die Burgerregtebeweging
                    bewus geword.
                • Meer mense het simpatie gehad met swartmense in die VSA.
                • Lidmaatskap van die Burgerregtebeweging het toegeneem .
                • Enige ander relevante antwoord.                   (Enige 2 x 2)         (4)

       3.4.3    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
               • wie se weiering om haar sitplek op ŉ Montgomery bus prys te gee,
                   het gehelp om die moderne Burgerregtebeweging te begin.
                                                                            (1 x 2)       (2)
       3.4.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
                • Die optog het tot die aanneming van die Stemregwet. (Voting
                    Rights Act.) gelei
                • Die federale regering was gedwing om op te tree.
                • Die aantal swart kiesers in die VSA het toegeneem.
                • Enige ander relevante antwoord.                     (Enige 2 x 2)       (4)

 3.5   [Vergelyking van bewyse in Bron 3C en Bron 3D – V3]
       • Beide bronne toon dat die Burgerregtebeweging vir die stemreg van
          swartes geveg het.
       • Bron 3C wys hoe die optoggangers deur die staatstroepe aangeval word.
       • Bron 3D bevestig dat die optoggangers deur staatstroepe op Bloedige
          Sondag (“Bloody Sunday”) aangeval was.
       • Beide bronne toon dat die optoggangers vreedsaam was.
       • Enige ander relevante antwoord.                                   (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/JUNIE 2024)                         GESKIEDENIS V1                                      15

3.6      [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne ‒ V3]
         • Die Burgerregtewet wat in 1964 aangeneem is het diskriminasie,
             gebaseer op ras, tydens stemming verbied; maar Swartes was nog
             steeds stemreg in die suidelike stede van die VSA verbied. (Bron 3A)
         • Die Burgerregtebeweging het voortgegaan om swartes aan te moedig om
             te registreer om te stem. (Bron 3A)
         • In 1965 het Martin Luther King jnr. en die SCLC ŉ swart kiesers-
             registrasieveldtog in Selma, Alabama begin. (Bron 3A)
         • Beide die goewerneur van Alabama en die plaaslike geregsbode was
             teen integrasie en die swart kiesers registrasieveldtog gekant (Bron 3A)
         • Slegs 2 persent van swartes in Selma kon daarin slaag om te registreer
             om te stem as gevolg van die weerstand teen swart stemmery (Bron 3A)
         • Lede van die SNCC het deur tot deur gegaan om swartes aan te moedig
             om te registreer om te stem. (Bron 3B)
         • Sommige het met skool en werk opgehou om voltyds die werk van die
             beweging te doen. (Bron 3B)
         • Hulle werk het tot die aanneming van die Stemregwet en ŉ toename in
             die aantal geregistreerde aantal swart kiesers gelei. (Bron 3B)
         • Op Sondag 7 Maart 1965 het Lewis en Williams ŉ vreedsame optog in
             Selma gelei. (Bron 3B)
         • Staatstroepe het die optoggangers met geweld ontmoet en dit het in die
             Bloedige Sondag (“Bloody Sunday”) ontaard, wat regstreeks in die media
             gepubliseer was. (Bron 3B)
         • Die Bloedige Sondag (“Bloody Sunday”) het die federale regering
             gedwing om die Stemregtewet aan te neem.
         • Enige ander relevante antwoord.                                                  (8)

        Gebruik die volgende rubriek om ŉ punt toe te ken:

                     • Gebruik bewyse op ŉ baie elementêre wyse bv.,
                       toon min of geen begrip van hoe die
                       Burgerregtebeweging in die 1960’s stemreg vir
                                                                            PUNTE
        VLAK 1         swartes in die VSA verkry het.
                                                                             0–2
                     • Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp
                       verslag te doen of kan nie oor onderwerp verslag
                       doen nie.
                     • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
                       verband met die onderwerp bv. toon ŉ bietjie
                       begrip van hoe die Burgerregtebeweging in die        PUNTE
        VLAK 2
                       1960’s stemreg vir Swartes in die VSA verkry het.     3–5
                     • Gebruik bewyse op ŉ baie basiese manier om ŉ
                       paragraaf te skryf.
                     • Gebruik relevante bewyse bv., toon ŉ deeglike
                       begrip van hoe die Burgerregtebeweging in die
                                                                            PUNTE
        VLAK 3         1960’s stemreg vir swartes in die VSA verkry het.
                                                                             6–8
                     • Gebruik bewyse baie effektief in ŉ georganiseerde
                       paragraaf wat begrip van die onderwerp toon.                        (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

16                                  GESKIEDENIS V1                              (EC/JUNIE 2024)

AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG – VIËTNAM
[Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is
deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]
Kandidate moet ŉ gebalanseerde reaksie verskaf wat die militêre strategieë van
beide die VSA en die Viëtkong in Viëtnam tussen 1963 en 1973 krities bespreek.

SINOPSIS
Kandidate moet krities kan bespreek waarom die VSA nie in staat was om ŉ klein nasie
Viëtnamese kleinboere tydens die Viëtnam-oorlog tussen 1963 en 1973 te verslaan
nie. ŉ Oorsig van die taktiek en strategieë wat deur die VSA se weermag en die
Viëtminh/Viëtkong (Nasionale Vryheidsfront) aangewend is tydens die oorlog moet ook
uitgelig word. ŉ Ontleding van hoe die Viëtkong die Amerikaanse weermag kon oorskry,
moet oor uitgebrei word.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet die stelling krities bespreek en ŉ relevante argument
           ontwikkel.
UITBREIDING
• Die Geneefse-ooreenkoms het verkiesing belowe om die land teen 1956 te verenig.
• Die VSA wou die verspreiding van kommunisme in Suidoos-Asië verhoed – die
  ‘Domino Effek’
• Die VSA stuur wapens en adviseurs – misluk.
• Veilige dorpie-stelsel (Villagisation) / Kleinboeredorpie-strategie (strategic hamlet
  programme) (VSA en die Suid-Viëtnamese regering skep nuwe dorpies en het
  gepoog om dorpenaars (kleinboere) van die guerrillas te skei) wat ŉ mislukking was.
• Viëtnamese kleinboere was ook guerrillas (Viëtkong) en was nie maklik
  identifiseerbaar deur die VSA soldate nie.
• Die Golf van Tonkin resolusie (1964) het President Johnson wye militêre magte
  gegee wat het tot die uitbreiding van oorlogvoering in Viëtnam gelei het.
• Die VSA het Operasie Rollende Donderweer (Operation Rolling Thunder) van stapel
  gestuur om die Ho Chi Minh-roete te vernietig – misluk – het tot meer ondersteuning
  vir die Vietkong gelei
• Die Vietkong het die Tet-offensief van stapel gestuur (1968) – neem omtrent 80%
  van stede en dorpe oor
• Die Tet-offensief het publieke opinie teen die oorlog gedraai.
• Die Viëtkong was baie ervare nadat hulle bevryding teen koloniale heerskappy
  geveg het / die VSA het jong onervare dienspligtiges (opgeroepte soldate) gestuur,
  die Amerikaanse weermag was nie in guerrilla oorlogvoering opgelei nie.
• ‘Operation Ranch Hand’ – het chemiese middels gebruik om die woude (Agent
  Orange) en gewasse (Agent Blue) te verwoes.
• Die VSA het jong en onervare soldate na Viëtnam gestuur.
• Die hoogs doeltreffende gebruik van guerrillataktiek deur die Viëtkong
  het Amerikaanse strategieë frustreer.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/JUNIE 2024)                     GESKIEDENIS V1                                     17

•    Die VSA gebruik soek-en-vernietig-beleide (missies) – wat tot groot aantal
     burgerlike sterfgevalle lei
•    Die My Lai-slagting het die beeld van die VSA ŉ knou gegee.
•    Die media het druk op die Amerikaanse regering geplaas om van die oorlog te
     onttrek.
•    Studente en ontwapensbewegings het teen Amerikaanse betrokkenheid by die
     oorlog geprotesteer.
•    President Nixon se Vietnamisasie beleid / sluit WHAM (Winning the hearts and
     mind of the Vietnamese) in, was ŉ poging deur die VSA om Amerikaanse troepe
     te onttrek en was ŉ poging om sy beeld te red (‘save face’)
•    Die VSA onttrek alle troepe teen 1973 en Noord Viëtnam neem beheer van
     Saigon in 1975 oor.
•    Viëtnam was onder kommunistiese beheer verenig.
•    Enige ander relevante antwoord.

•   Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argumente met ŉ relevante slot saamvat.       [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

18                                   GESKIEDENIS V1                              (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

[Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is
deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik of hulle met die stelling saamstem of nie. Deur met die
stelling saam te stem, moet hulle verduidelik hoe Mabuto Sese Seko se politieke en
ekonomiese beleid daarin geslaag het om die Kongo tot ŉ welvarende land te ontwikkel
nadat hulle onafhanklikheid van België in die 1960’s verkry het. As die kandidate nie met
die stelling saamstem nie, moet hulle hul argument met relevante historiese bewyse
ondersteun.
HOOFASPEKTE

Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem deur aan te dui of hulle saamstem of nie
           met die stelling saamstem nie. Hulle moet ook ŉ uiteensetting gee van hoe
           hulle hul argument sal ondersteun.
UITBREIDING
Ekonomiese beleid
•   Koloniale erfenisse: (as agtergrond inligting)
    o Uitbuiting – Belgiese welvaart gebaseer op ontginning van katoen;
         rubberplantasies; en myne (koper, tin en diamant) deur koloniale
         maatskappye; Winste uit minerale (myne) gebaseer op uitbuiting van
         Kongolese werkers
     o By onafhanklikheid is Kongo as die welvarendste beskou, maar met die
         ekonomiese rykdom wat deur buitelandse eienaars besit word
•   Erf ŉ kapitalistiese ekonomie van België
•   Aanvanklik was die ekonomie in die hande van wit setlaars en buitelanders gelaat
•   Die land se ryk, natuurlike hulpbronne van koper, kobalt, diamante en ander
    materiale het buitelandse beleggings gelok
•   Nasionalisering: Mobutu het die land se kopermynbedryf genasionaliseer en winste
    uit die koperbedryf gebruik om sy 10-jaar industrialisasieplan te finansier
•   Genasionaliseerde maatskappye in buitelandse besit sonder vergoeding
•   Buitelandse maatskappye was onder beheer van sy familielede en bondgenote
    geplaas
•   Het Zaïrenasie ingestel. (vervang buitelanders met Zaïrese burgers)
•   Zaïrenasie lei tot korrupsie, diefstal en wanbestuur
•   Die ekonomie was gekenmerk deur nepotisme en elitisme (het ŉ groot gaping
    tussen die elite en gewone burgers/ryk en arm) geskep
•   Swak ekonomiese beleide het tot die agteruitgang van infrastruktuur soos paaie
    ens., gelei
•   Mobutu het ŉ kleptokrasie geskep waar ŉ groep aangestelde publieke amptenare
    hul posisies vir finansiële gewin misbruik het
•   Mobutu was gedwing om retrosessie (terugkeer van buitelandse eienaars) ingestel
•   Baie min buitelandse eienaars het teruggekeer
•   Die Kongo se ekonomie het ineengestort
•   Die Kongo het afhanklik geword van buitelandse hulp en beleggings bv., van die
    Wêreldbank

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/JUNIE 2024)                      GESKIEDENIS V1                                       19

 Politieke beleid
 • Koloniale nalatenskappe: (as agtergrond inligting)
    o Paternalisme – Kongolese is soos kinders behandel – met geen
        verantwoordelikheid met betrekking tot die administrasie of
        verteenwoordiging in die regering nie;
    o Politieke partye is verbied en met vinnige Belgiese onttrekking – as gevolg
        van die 1959 Leopoldville-opstande – is baie politieke partye
        (verteenwoordig verskillende streke en etnisiteit) gevorm; politieke partye
        het volgens streeks- en etniese groepering gevorm.
    o 120 politieke partye het aan die 1960 verkiesings deelgeneem; geen enkele
        politieke party het ŉ volstrekte meerderheid behaal nie – Patrice Lumumba se
        Movement National Congolese (MNC) het die meeste van die setels gewen
        omdat dit anders as ander streekpartye ŉ mate van landwye steun gehad het
    o Gebrek aan politieke eenheid
 • Kongo het op 30 Junie 1960 onafhanklik geword met Joseph Kasavubu as
   president en Patrice Lumumba as eerste minister. Joseph Kasavubu het
   verkies dat die Kongo ŉ federale staat moet wees terwyl Patrice Lumumba vir
   ŉ sterk gesentraliseerde nasionale regering was/Lumumba was ook in konflik
   met Moise Tshombe
 • Kongo het begin met baie politieke onstabiliteit – met Tshombe wat gefokus
   het op afskeiding van Katanga vir sy eie onafhanklikheid
 • Mobutu het 1965 mag by Kasavubu oorgeneem deur ŉ coup d'état
 • Hy het daarin geslaag om ŉ vorm van politieke stabiliteit (op ŉ vorm van
   outorisasie gebaseer) te bring
 • Mobutu het in 1967 daarin geslaag om die Katanga-rebellie te keer en sy land
   ŉ nuwe grondwet as ŉ eenpartystaat onder sy party, die Popular Movement for
   the Revolution (MPR) gegee
 • Die Kongo het binne die eerste vyf jaar na onafhanklikheid ŉ
   eenpartystaat geword, met alle opposisie wat onderdrukwas
 • Mobutu het ŉ persoonliheidskultus/ideologie ontwikkel (Mobutuisme)
 • Mobutuisme het Kongo ŉ outokratiese staat gemaak met Mobutu as die militêre
   diktator.
 • Mobutu was deur die VSA ondersteun omdat hy as ŉ anti-kommunistiese
   bondgenoot beskou was
 • Hy het ŉ sterk gesentraliseerde regering geskep en alle aanstellings,
   bevorderings en die toewysing van staatsinkomste beheer
 • Hy het ŉ beleid van Zaïrenasie, ŉ beleid wat vaardige/kundige buitelanders of
   diegene wat strategiese bestuursposisies beklee het met ongeskoolde plaaslike
   mense vervang – wat tot wanadministrasie en wanbestuur in politieke
   leierskaprolle gelei het.
 • Hy het nepotisme toegelaat (kleptokrasie)
 • Mobutu was lewenslange president tot en met sy dood in 2007
 • Enige ander relevante antwoord.

 •   Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argumente met ŉ relevante slot saamvat.         [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

20                                   GESKIEDENIS V1                              (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 6:     BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950’s TOT DIE
             1970’s – DIE SWARTMAGBEWEGING
[Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is
deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate die Swartmag-filosofie daarin geslaag het
om Afro-Amerikaners te organiseer om diskriminasie en segregasie in die VSA in die
1960’s uit te daag. Hulle moet hul argument met relevante historiese bewyse
ondersteun.
HOOF ASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet ŉ standpunt inneem deur aan te dui tot watter mate die
           Swartmag-filosofie daarin geslaag het om swart-Amerikaners te organiseer
           om diskriminasie en segregasie in die VSA in die 1960’s uit te daag. Hulle
           moet ook ŉ uiteensetting gee van hoe hulle hul argument sal ondersteun.
UITBREIDING
• Omstandighede in die VSA: (Agtergrond inligting)
   o Swart-Amerikaners is steeds ekonomies en polities onderdruk in die VSA as
        gevolg van diskriminerende (Jim Crow) wette
   o Gebrek aan ŉ gevoel van trots as gevolg van sosio-ekonomiese
       omstandighede (woon in ghetto’s en krotbuurte/swak behuising/onvoldoende
       fasiliteite)
   o Swart-Amerikaners het ongeduldig geraak met die stadige pas van
       verandering en die impak van die Burgerregtebeweging in die 1960’s
   o Swart-Amerikaners was aan polisiebrutaliteit onderwerp – het tot die groei van
       nasionalistiese gevoelens gelei
• Swartmag-filosofie wat vir selfgelding gepleit het; selfstandigheid; swart trots;
   beheer van politiek in hul eie gemeenskappe (voorgestaan deur Stokely
   Carmichael); swart-Amerikaners om hulself teen polisiebrutaliteit te beskerm;
   Swartes om vryheid van Blanke gesag te soek; bevordering van Afro-haarstyl en
   Afrika-klere en het die slagspreuk ‘Black is beautiful’ geskep (het daarin geslaag
   om minderwaardigheidskompleks uit te skakel)
• In 1966 stig Bobby Searle en Huey Newton die Black Panther Party (BPP) vir
   selfverdediging – teen polisiebrutaliteit (het daarin geslaag om swart Amerikaners
   aan te moedig om selfgeldend te wees)
• Die Tienpuntplan is aangeneem om sy sosiale, politieke en ekonomiese
   doelwitte vir die opheffing van die swart Amerikaanse gemeenskap te dek
• Die Black Panther Party het voedingskemas, kindersorg- en
   geletterdheidsprojekte in swart gemeenskappe bestuur – die voedingskemas het
   honger onder die jeug uitgeroei en leer in skole verbeter (armoede uitgeskakel)
• DieBPP-geletterdheidsprojekte het ongeletterdheid onder die swart
   Amerikaanse gemeenskappe uitgeroei
• Die BPP se kindersorgprojekte het na die mediese behoeftes van swart
   Amerikaners in swart gemeenskappe omgesien
• BPP-lede het die strate gepatrolleer om polisieaktiwiteite te monitor (polisieer
    die polisie) en hulself teen polisiebrutaliteit te verdedig
• Die BPP het geëis dat swart geskiedenis in swart skole onderrig moet word

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

(EC/JUNIE 2024)                      GESKIEDENIS V1                                      21

•    Malcolm X het gewapende selfverdediging teen wit onderdrukking bevorder
•    Hy het aangevoer/geredeneer dat bloedvergieting nodig is vir revolusie (swart
     nasionalisme) en hy het selfrespek en selfdissipline voorgestaan
•    Bevorder die konsep van ‘Black Pride’ (selfbeeld/selfrespek/selfhulp)
•    Moedig swart-Amerikaners aan om op enige moontlike manier teen wit
     Amerikaanse gesag op te staan in die strewe na vryheid, geregtigheid en
     gelykheid
•    Ondersteun die gebruik van geweld as ŉ manier van selfverdediging teen diegene
     wat swart Amerikaners aangeval het
•    Stokely Carmichael het geglo dat die nie-gewelddadige strategie misluk het as
     gevolg van geweld wat teen swart Amerikaners voortgeduur het
•    Bepleit/verkondig die uitsluiting van wit ‘liberale’ as ŉ filosofie vir swart-
     Amerikaners
•    Hy het die idee bevorder om die VSA in aparte swart en wit lande te verdeel
•    Hy was gekant teen die VSA se betrokkenheid by die Viëtnam-oorlog
•    Impak: die mees voor die handliggende vorme van rassediskriminasie was
     beëindig
•    Rassegeweld en spanning het afgeneem
•    Swart-Amerikaners is tot openbare ampte verkies
•    Behuising en fasiliteite van swart Amerikaners is verbeter
•    Swart geletterdheid en afhanklikheid van staatstoelaes was beperk
•    Regstellendeaksie-beleide vir federale indiensneming is ingestel
•    Enige ander relevante antwoord.

•   Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argumente met ŉ relevante slot saamvat.         [50]

                                                                         TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — History · Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — History · QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — History · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2023-afrikaans/4d89c999-c580-4ebe-ad32-ccdfbe675af1) — QP · 2023 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — Addendum · 2023 · Eng
- [History P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-afr/1406231f-0475-4c85-8862-7a120bee5f2e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
