# History Grade 12 P1 NSC November 2012 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2011-afr/e2949b55-f0a7-4c37-bb93-9a7db8b7958b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC November 2012 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2011-afr/e2949b55-f0a7-4c37-bb93-9a7db8b7958b)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V1

                                NOVEMBER 2011

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 'n addendum van 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             2                          DBE/November 2011
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae wat op die voorgeskrewe inhoud, soos
         in die riglyndokument vervat is, gebaseer is:

         VRAAG 1:      WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE KOUE OORLOG OP DIE
                       VORMING VAN DIE WÊRELD SOOS DIT IN DIE 1960's WAS?
                       •     USSR/VSA – Skep van belangesfere: Fokus op Kuba

         VRAAG 2:      HOE IS UHURU IN DIE 1960's EN 1970's IN AFRIKA
                       VERWERKLIK?
                       •     Gevallestudie: Tanzanië

         VRAAG 3:      WATTER VORME VAN BURGERLIKE PROTES HET VAN DIE
                       1960's TOT EN MET 1990 TE VOORSKYN GEKOM?
                       •   Fokus 1960's: Burgerregtebewegings in die VSA

         VRAAG 4:      WATTER VORME VAN BURGERLIKE PROTES HET VAN DIE
                       1960's TOT EN MET 1990 TE VOORSKYN GEKOM?
                       •   Fokus 1970's: Swartbewussynsbeweging in Suid-Afrika

2.       Elke vraag tel 75 punte, waarvan 45 punte vir die brongebaseerde vraag en
         30 punte vir die uitgebreideskryfwerk-vraag toegeken word.

3.       Kandidate moet enige TWEE vrae beantwoord.

4.       In die beantwoording van vrae behoort die kandidate hulle kennis,
         vaardighede en insig toe te pas.

5.       Die blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

6.       Vrae moet beantwoord word deur na die ADDENDUM te verwys.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                3                           DBE/November 2011
                                             NSS

VRAAG 1:         HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS BYGEDRA TOT KOUE
                 OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE USSR EN DIE VSA IN DIE
                 1960's?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D om die vrae wat volg te beantwoord.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1        Watter land was volgens die bron 'n bedreiging vir Kuba?     (1 x 1)        (1)

         1.1.2        Waarom het Khrushchev gekies om Kuba te help? Gee TWEE
                      redes.                                            (2 x 1)                   (2)

         1.1.3        Verduidelik die konsep Marxistiese-Leninisme in jou eie woorde.
                                                                                  (1 x 2)         (2)

         1.1.4        Lewer kommentaar op tot watter mate die inligting in die bron as
                      bevooroordeeld beskou kan word.                           (2 x 2)           (4)

         1.1.5        Hoe het Khrushchev die ontplooiing van missiele in Kuba
                      geregverdig?                                      (2 x 2)                   (4)

1.2      Bestudeer Bron 1B.

         1.2.1        Waarom, dink jy, het die VSA die Sowjetunie se aktwiteite in Kuba
                      noukeurig dopgehou?                                         (2 x 2)         (4)

         1.2.2        Verduidelik waarom dit nodig geword het dat Kennedy 'n
                      kwarantyn/verbod op Sowjet-missiele na Kuba plaas. (2 x 2)                  (4)

1.3      Raadpleeg Bron 1C.

         1.3.1        Watter boodskap wou die spotprenttekenaar oordra deur die
                      Amerikaanse leiers as rawe voor te stel?           (1 x 2)                  (2)

         1.3.2        Verduidelik of die spotprenttekenaar 'n akkurate weergawe van
                      gebeure, soos wat dit in Kuba plaasgevind het, gee.     (2 x 2)             (4)

1.4      Vergelyk Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe hierdie bronne verskil met
         betrekking tot die gebeure wat tot die Kubaanse Missielkrisis gelei het. (2 x 2)         (4)

1.5      Lees Bron 1D.

         1.5.1        Hoe het die Kubaanse Missielkrisis Khrushchev se aansien
                      geaffekteer?                                      (1 x 2)                   (2)

         1.5.2        Verduidelik of jy met Griffiths se beskrywing van Krushchev se
                      leierseienskappe saamstem.                               (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                4                          DBE/November 2011
                                             NSS

1.6      Gebruik AL die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van
         ongeveer AGT reёls (ongeveer 80 woorde) om die rol wat Kennedy in die
         Kubaanse Missielkrisis gespeel het, te verduidelik.                                     (8)

1.7      UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE
         bladsye lank te wees.)

         Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 1.7.1 OF VRAAG 1.7.2.

         1.7.1        Bespreek hoe die Kubaanse Missielkrisis bygedra het tot die Koue
                      Oorlog-spanning tussen die USSR en die VSA in die 1960's.                  (30)

                                             OF

         1.7.2        Khrushchev se staatkundige beleid het die uitbreek van 'n
                      kernoorlog voorkom.

                      Stem jy saam? Bespreek hierdie stelling krities deur AL die bronne
                      en jou eie kennis te gebruik.                                              (30)
                                                                                                 [75]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                5                         DBE/November 2011
                                             NSS

VRAAG 2:         HOE HET JULIUS NYERERE SE BELEID VAN UJAMAA TANZANIË
                 GEDURENDE DIE 1960's EN 1970's IN 'N SOSIALISTIESE STAAT
                 VERANDER?

Gebruik Bron 2A, 2B en 2C om die vrae wat volg te beantwoord.

2.1     Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Gebruik die bron en jou eie kennis om die volgende konsepte te
                      definieer:

                     (a) Afrika-sosialisme

                     (b) Nasionalisering                                         (2 x 2)       (4)

         2.1.2        Wat was Nyerere se visie vir Tanzanië?                    (1 x 1)        (1)

         2.1.3        Verduidelik waarom Nyerere dit nodig gevind het om 'n Kode vir
                      Leiers op te stel.                                      (2 x 2)          (4)

         2.1.4        Volgens Nyerere, verduidelik hoe Tanzanië by ujamaa sou gebaat
                      het.                                                    (2 x 2)          (4)

2.2      Bestudeer Bron 2B.

         2.2.1        Wat was die rede vir die sogenaamde 'nasionale ramp' in
                      Tanzanië, volgens Standpunt 1?                   (1 x 2)                 (2)

         2.2.2        Hoe, dink jy, sou gewone Tanzaniërs op die massaverskuiwing van
                      mense gereageer het? (Standpunt 1)                       (2 x 2)         (4)

         2.2.3        Gebruik Standpunt 2 en noem enige TWEE gevolge van Nyerere
                      se program van hervestiging van mense in nuwe dorpe
                      ('villagisation' programme').                       (2 x 1)              (2)

         2.2.4        Volgens Standpunt 2 het 'Nyerere se ujamaa-program dit afhanklik
                      van buitelandse aalmoese vir oorlewing gemaak'. Verduidelik, in
                      jou eie woorde, of hierdie stelling geldig is.           (2 x 2)         (4)

         2.2.5        Gebruik die inligting in Standpunt 1 en 2 en beskryf die
                      tekortkominge van hierdie standpunte vir 'n historikus wat die
                      ujaama-beleid bestudeer.                                (2 x 2)          (4)

2.3      Gebruik Bron 2C en verduidelik die doel van die plakkaat oor ujaama. (1 x 2)          (2)

2.4      Vergelyk Bron 2A en 2C. Verduidelik die bruikbaarheid van beide hierdie
         bronne vir 'n historikus wat die ujaama-beleid navors.          (3 x 2)               (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 6                            DBE/November 2011
                                              NSS

2.5      Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer
         AGT reёls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die uitwerking van ujamaa op
         Tanzaniërs verduidelik.                                                                   (8)

2.6      UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE
         bladsye lank te wees.)

         Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 2.6.1 OF VRAAG 2.6.2.

         2.6.1        Bespreek hoe Julius Nyerere se beleid van ujamaa Tanzanië
                      gedurende die 1960's en 1970's in 'n sosialistiese staat verander
                      het.                                                                         (30)

                                              OF

         2.6.2        Julius Nyerere het gesê: 'Ons het ons toegewy aan die bou van 'n
                      sosialistiese samelewing in Tanzanië.'

                      Evalueer hierdie stelling krities deur die inligting in AL die bronne
                      en jou eie kennis te gebruik.                                                (30)
                                                                                                   [75]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 7                           DBE/November 2011
                                              NSS

VRAAG 3:         WATTER ROL HET DIE BURGERREGTEBEWEGING IN DIE 1960's
                 GESPEEL IN DIE TOTSTANDBRINGING VAN VERANDERING IN DIE
                 VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)?

Gebruik Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die vrae wat volg te beantwoord.

3.1      Lees Bron 3A.

         3.1.1        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en definieer die
                      volgende konsepte:

                     (a) Burgerregte

                     (b) Segregasie                                                 (2 x 2)       (4)

         3.1.2        Verduidelik of die protesteerders se eise vir vryheid en gelykheid
                      geregverdig was.                                            (2 x 2)         (4)

         3.1.3        President Kennedy se voorstel aan die Kongres was soos volg:
                      'ras het geen plek in die Amerikaanse lewenswyse of wet nie'.
                      Hoe, dink jy, sou die volgende op sy voorstel gereageer het?

                     (a) Swart Amerikaners

                     (b) Die meerderheid wit Amerikaners in die Suide               (2 x 2)       (4)

         3.1.4        Verwys na King se stelling: 'Ons het nog 'n lang, lang pad om met
                      hierdie nasie te loop voordat ons die ideale van menswaardigheid
                      en broederskap bereik'. Wat sê dit jou van King se reaksie op die
                      moord van Medgar Evers?                                     (1 x 2)         (2)

3.2      Verwys na Bron 3B.

         3.2.1        Waarom, dink jy, is mense uit die Suide geteister en gedreig?
                                                                                   (1 x 2)        (2)

         3.2.2        Die opmars na die Lincoln-gedenkteken het uitgedraai om 'sowel 'n
                      protesoptog as 'n gemeenskaplike feesviering' te wees. Verduidelik
                      of jy met hierdie stelling saamstem.                       (2 x 2)          (4)

         3.2.3        Verduidelik waarom die optog na die Lincoln-gedenkteken
                      uitgebreide mediadekking gekry het.              (2 x 2)                    (4)

3.3      Gebruik Bron 3C en gee TWEE redes wat die protesteerders in die foto
         gemotiveer het om na die Lincoln-gedenkteken te marsjeer.     (2 x 1)                    (2)

3.4      Gebruik die bewyse uit Bron 3B en 3C asook jou eie kennis. Kies en
         verduidelik watter EEN van die twee bronne jy as die bruikbaarste beskou om
         te skryf oor die optog na die Lincoln-gedenkteken in 1963.            (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                8                          DBE/November 2011
                                             NSS

3.5      Bestudeer Bron 3D.

         3.5.1        Waarom, volgens hierdie bron, was Malcolm X krities teenoor die
                      VSA?                                                     (1 x 3)           (3)

         3.5.2        Hoe het die standpunte van Malcolm X oor die burgerregtestryd
                      van dié van Martin Luther King Jr. (Bron 3A) verskil?  (2 x 2)             (4)

3.6      Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer
         AGT rëels (ongeveer 80 woorde) om die betekenis van die opmars na die
         Lincoln-gedenkteken te verduidelik.                                                     (8)

3.7      UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE
         bladsye lank te wees.)

        Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 3.7.1 OF VRAAG 3.7.2.

         3.7.1        Bespreek die rol en invloed van die Burgerregtebeweging om
                      verandering in die VSA in die 1960's te bewerkstellig.                     (30)

                                             OF

         3.7.2        Martin Luther King Jr. het 'n betekenisvolle rol gespeel om 'n
                      regverdige en gelyke samelewing vir alle Amerikaners te vestig.

                      Stem jy saam met hierdie stelling? Bespreek deur die inligting uit
                      AL die bronne en jou eie kennis te gebruik.                                (30)
                                                                                                 [75]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  9                           DBE/November 2011
                                               NSS

VRAAG 4:         WATTER IMPAK HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN OP
                 SUID-AFRIKA IN DIE 1970's GEHAD?

Gebruik Bron 4A, 4B en 4C om die volgende vrae te beantwoord.

4.1      Verwys na Bron 4A.

         4.1.1        Volgens die inligting in die bron, op wie was die filosofie van Swart
                      Bewussyn gemik?                                                (1 x 1)           (1)

         4.1.2        Vergelyk die twee magte waarna in die bron verwys word.
                      Verduidelik watter EEN van hulle jy dink meer onderdrukkend was.
                                                                                 (2 x 2)               (4)

         4.1.3        Verduidelik of jy met Biko se filosofie van Swart Bewussyn
                      saamstem.                                            (2 x 2)                     (4)

         4.1.4        Hoe, dink jy, sou konserwatiewe wit Suid-Afrikaners op die filosofie
                      van Swart Bewussyn gereageer het?                            (1 x 2)             (2)

4.2      Lees Bron 4B.

         4.2.1        Volgens Gertrude Fester, watter TWEE              faktore     het     haar
                      gemotiveer om haarself na waarde te skat?                           (2 x 1)      (2)

         4.2.2        Verduidelik die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde.            (1 x 2)      (2)

         4.2.3        Waarom, dink jy, het Gertrude Fester die filosofie van Swart
                      Bewussyn ondersteun? Gee TWEE redes.                   (2 x 2)                   (4)

         4.2.4        Verduidelik tot watter mate jy met Gertrude Fester se siening van
                      Swart Bewussyn sou saamstem.                               (1 x 2)               (2)

4.3      Bestudeer Bron 4C.

         4.3.1        Waarom,   volgens   die   bron,    was    die                Zanempilo
                      Gemeenskapgesondheidsentrum so suksesvol?                       (1 x 2)          (2)

         4.3.2        Biko word beskou as die stigter van die Zanempilo
                      Gemeenskapgesondheidsentrum. Wat sê dit vir jou van Biko se
                      toegewydheid aan die gemeenskap van Zinyoka?         (1 x 2)                     (2)

         4.3.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      hoe die werk wat by die Zanempilo Gemeenskap-
                      gesondheidsentrum onderneem is, die filosofie van Swart
                      Bewussyn ondersteun.                                       (2 x 2)               (4)

         4.3.4        Verduidelik of jy hierdie bron as bruikbaar sou beskou vir 'n
                      historikus wat die programme van die Swartbewussynbeweging
                      navors.                                                (2 x 2)                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                10                          DBE/November 2011
                                             NSS

4.4      Vergelyk Bron 4A en 4C. Verduidelik hoe hierdie bronne mekaar ondersteun
         met betrekking tot Biko se filosofie van Swart Bewussyn.          (2 x 2)            (4)

4.5      Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer
         AGT rëels (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe die filosofie van Swart
         Bewussyn die lewens van swart Suid-Afrikaners beïnvloed het.                         (8)

4.6      UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE
         bladsye lank te wees.)

        Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 4.6.1 OF VRAAG 4.6.2.

         4.6.1        Bespreek die rol en impak van die Swartbewussynsbeweging in
                      Suid-Afrika gedurende die 1970's.                                       (30)

                                                     OF

         4.6.2        Swart Bewussyn het gedien om die gevoelens van
                      minderwaardigheid te vernietig en om swart trots en selfvertroue te
                      vestig.

                      Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en assesseer die
                      geldigheid van hierdie stelling.                                        (30)
                                                                                              [75]

                                                                               TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Nov 2012 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2012-addendum-eng/b653fb9d-c944-4ec9-8b28-70cd15a6ce8e) — History · Addendum · 2012 · Eng
- [GESKIED P1 QP AFR SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/geskied-p1-qp-afr-sep-2012/cda30303-ff83-479b-b90c-5f6fbf9d5125) — History · QP · 2012 · Afr
- [History P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-eng/ee3ae3b0-c354-45e6-b3c7-332627f487ef) — History · QP · 2020 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-eng/89668a5f-bd22-4e52-9e37-55411cf74229) — History · QP · 2014 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-afr/ea332f92-48ce-4d55-9cb0-0d24da82e036) — History · QP · 2014 · Afr
- [History P2 Nov 2012 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2012-memo-afr/57d227c3-6da3-41b0-b3c2-be9f492cb525) — History · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
