# History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-afr/ea332f92-48ce-4d55-9cb0-0d24da82e036
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-afr/ea332f92-48ce-4d55-9cb0-0d24da82e036)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               GRAAD 12

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                               GESKIEDENIS V1

                               NOVEMBER 2014

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              2                        DBE/November 2014
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:      DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                       OORLOG

         VRAAG 2:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

         VRAAG 3:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                       BURGERREGTEBEWEGING

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:      UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                       VIËTNAM

         VRAAG 5:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE                  GEVALLE-
                       STUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË

         VRAAG 6:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                       SWARTMAGBEWEGING

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1     Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2     Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.       In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en
         insig gebruik.

6.       Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

7.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 3                          DBE/November 2014
                                              NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:         HOE HET DIE BERLYNSE BLOKKADE TOT KOUE OORLOG-
                 SPANNING TUSSEN DIE WESTERSE MOONDHEDE EN DIE
                 SOWJETUNIE BYGEDRA?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1       Gebruik Bron 1A.

          1.1.1      Identifiseer die VIER lande wat Duitsland en Berlyn na die Tweede
                     Wêreldoorlog beset het.                                     (4 x 1)          (4)

          1.1.2      Verduidelik hoe die Sowjetunie op die ekonomiese beleid van die
                     Westerse moondhede in naoorlogse Duitsland gereageer het. (2 x 2)            (4)

          1.1.3      Wat verstaan jy onder die konsep Ystergordyn?                  (1 x 2)       (2)

          1.1.4      Waarom was die Westerse moondhede nie bereid om uit Wes-Berlyn
                     te onttrek nie?                                         (1 x 2)              (2)

1.2       Verwys na Bron 1B.

          1.2.1      Waarom, volgens die bron, het dit vir Brittanje en Amerika nodig
                     geword om ongeveer 400 000 vlugte na Wes-Berlyn te onderneem?
                                                                               (1 x 2)            (2)

          1.2.2      Beskryf die impak wat die Berlynse Blokkade op gewone Berlyners
                     gehad het.                                              (2 x 1)              (2)

          1.2.3      Lewer kommentaar oor waarom Wes-Berlyners nie die voedsel
                     aanvaar het wat deur Oos-Berlyn aan hulle beskikbaar gestel is nie.
                                                                                   (2 x 2)        (4)

1.3       Raadpleeg Bron 1C.

          1.3.1      Watter boodskap, dink jy, word deur hierdie foto oorgedra?     (1 x 2)       (2)

          1.3.2      Verduidelik, in die konteks van die gebeure wat in 1948 plaasgevind
                     het, waarom hierdie foto wyd deur die Westerse media (koerante)
                     gepubliseer is.                                              (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  4                          DBE/November 2014
                                               NSS

1.4       Bestudeer Bron 1D.

          1.4.1      Noem TWEE vorme van ondersteuning wat die Sowjetunie aan die
                     mense van Berlyn verskaf het.                         (2 x 1)                 (2)

          1.4.2      Verduidelik waarom 'n geskiedkundige die inligting in hierdie bron as
                     partydig kan beskou.                                           (2 x 2)        (4)

          1.4.3      Otto Grotewohl het die Berlynse Stadsadministrasie 'krimineel'
                     genoem. Gee 'n rede vir sy standpunt.                  (1 x 2)                (2)

          1.4.4      Otto Grotewohl het beweer dat die Westerse moondhede 'die
                     Duitsers teen die Sowjetunie opsweep'. Verduidelik of jy met sy
                     interpretasie van gebeure saamstem.                      (2 x 2)              (4)

1.5       Verwys na Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1D 'n ander
          perspektief gee as dié in Bron 1B met betrekking tot die hulp wat Berlyn in
          1948 ontvang het.                                                   (2 x 2)              (4)

1.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
          paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
          verduidelik hoe die Berlynse Blokkade tot Koue Oorlog-spanning tussen die
          Westerse moondhede en die Sowjetunie bygedra het.                                        (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  5                          DBE/November 2014
                                               NSS

VRAAG 2:         HOE HET DIE BUITELAND IN DIE EERSTE FASE VAN DIE
                 ANGOLESE BURGEROORLOG VANAF 1975 TOT 1976 INGEGRYP?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1       Lees Bron 2A.

          2.1.1      Verduidelik die volgende geskiedkundige konsepte in jou eie woorde:

                     (a)   Anti-koloniale oorlog                                     (1 x 2)       (2)
                     (b)   Burgeroorlog                                              (1 x 2)       (2)

          2.1.2      Wat, volgens Guimarᾶes, was die rede vir die 'wapenwedloop' tussen
                     1974 en 1975 in Angola?                                     (1 x 2)           (2)

          2.1.3      Noem die lande in die buiteland wat elk van die volgende Angolese
                     vryheidsbewegings gesteun het:

                     (a)   MPLA                                                      (1 x 1)       (1)
                     (b)   FNLA                                                      (1 x 1)       (1)
                     (c)   UNITA                                                     (1 x 1)       (1)

          2.1.4      Deur die bron en jou eie kennis te gebruik, verduidelik waarom die
                     VSA by die Angolese burgeroorlog betrokke geraak het.       (2 x 2)           (4)

2.2       Bestudeer Bron 2B.

          2.2.1      Watter rede het Henry Kissinger aangevoer om die VSA se
                     betrokkenheid by die Angolese burgeroorlog te regverdig? Verwys na
                     Raam 1 en 2 in die spotprent om jou antwoord te ondersteun. (1 x 2)           (2)

          2.2.2      Verduidelik hoe President Ford op Kissinger se voorstel gereageer
                     het deur die inligting in die spotprent te gebruik.        (1 x 2)            (2)

          2.2.3      Lewer kommentaar oor waarom jy die bewyse in die bron as
                     bruikbaar sou beskou wanneer jy navorsing oor die VSA se
                     betrokkenheid by die Angolese burgeroorlog doen.   (2 x 2)                    (4)

2.3       Raadpleeg Bron 2C.

          2.3.1      Gee VIER redes waarom Kuba in Angola ingegryp het.              (4 x 1)       (4)

          2.3.2      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die verhouding
                     tussen Kuba en die Sowjetunie in Angola te verduidelik.        (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  6                           DBE/November 2014
                                               NSS

2.4       Verwys na Bron 2D.

          2.4.1      Waarom, volgens Rhodes, was Suid-Afrika se betrokkenheid in
                     Angola 'n 'flater'?                                  (1 x 1)                  (1)

          2.4.2      Vorster het beweer dat 'ons nooit by die burgeroorlog as sodanig
                     betrokke was nie ...'. Verduidelik tot watter mate jy hierdie bewering
                     as geldig sal beskou.                                           (2 x 2)       (4)

          2.4.3      Hoe verdedig Vorster sy besluit om in 1976 Suid-Afrikaanse troepe na
                     Angola te stuur in die konteks van die Koue Oorlog in Afrika?
                     Ondersteun jou antwoord deur bewyse uit die bron te gebruik. (2 x 2)          (4)

2.5       Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C en 2D verskil met betrekking tot die
          betrokkenheid van beide Castro en Vorster in die Angolese burgeroorlog.
                                                                                (2 x 2)            (4)

2.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
          paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
          verduidelik hoe lande in die buiteland in die eerste fase van die Angolese
          burgeroorlog vanaf 1975 tot 1976 ingegryp het.                                           (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  7                           DBE/November 2014
                                               NSS

VRAAG 3:         WATTER ROL HET DIE REGERING VAN DIE VERENIGDE STATE IN
                 1957 IN DIE DESEGREGASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL, IN
                 LITTLE ROCK, ARKANSAS, GESPEEL?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1       Bestudeer Bron 3A.

          3.1.1      Beskryf die houding van wit Amerikaanse leerders teenoor Elizabeth
                     Eckford in die foto. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou
                     antwoord te ondersteun.                                       (2 x 2)         (4)

          3.1.2      Waarom, dink jy, het wit Amerikaanse leerders teen Elizabeth Eckford
                     se bywoning van Central High School geprotesteer?             (2 x 2)         (4)

          3.1.3      In 1997 het President Clinton opgemerk dat die beeld van Elizabeth
                     Eckford (soos getoon in Bron 3A) 'die gewete van ons nasie
                     aangeraak het'. Gebruik jou eie kennis om te verduidelik tot watter
                     mate jy met Clinton se bewering oor hierdie ikoniese/simboliese beeld
                     saamstem.                                                     (2 x 2)         (4)

3.2       Gebruik Bron 3B.

          3.2.1      Wat het Martin Luther King jr. (Telegram 1) gemotiveer om President
                     Eisenhower te versoek om ''n onomwonde standpunt' in Little Rock in
                     te neem?                                                     (1 x 2)          (2)

          3.2.2      Gee die DRIE redes wat Woodrow Mann (Telegram 2) geïdentifiseer
                     het vir die ingryping van die federale regering in Little Rock. (3 x 1)       (3)

          3.2.3      Waarom, dink jy, het President Eisenhower nie onmiddellik op die
                     krisis in Little Rock gereageer nie? Ondersteun jou antwoord met
                     TWEE redes.                                               (2 x 2)             (4)

3.3       Raadpleeg Bron 3C.

          3.3.1      Verduidelik hoe die gebeure in Little Rock, Arkansas, die fondament
                     van die Amerikaanse lewenswyse ondermyn het.                  (2 x 2)         (4)

          3.3.2      Definieer die geskiedkundige konsep menseregte in die konteks van
                     die krisis by Central High School, Little Rock.            (1 x 2)            (2)

          3.3.3      Noem DRIE 'gedragstandaarde' soos vervat in die Handves van die
                     Verenigde Nasies.                                        (3 x 1)              (3)

          3.3.4      Waarom het President Eisenhower geglo dat die situasie in Little
                     Rock, Arkansas, die VSA se 'aansien' en 'invloed' in die wêreld
                     bedreig?                                                 (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  8                          DBE/November 2014
                                               NSS

3.4       Verwys na Bron 3D.

          3.4.1      Watter VIER redes het die ouers van die Little Rock-Nege gegee vir
                     hul ondersteuning van die federale regering se ingryping by Central
                     High School?                                                (4 x 1)           (4)

          3.4.2      Verduidelik waarom 'n geskiedkundige die inligting in hierdie bron as
                     bruikbaar sal beskou wanneer navorsing gedoen word oor die rol wat
                     die federale regering gespeel het om te verseker dat die regte van
                     swart Amerikaners beskerm word.                                (2 x 2)        (4)

3.5       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis om 'n paragraaf
          van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) te skryf waarin jy die rol
          verduidelik wat die regering van die Verenigde State in 1957 in die
          desegregasie van Central High School in Little Rock, Arkansas, gespeel het.              (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            9                          DBE/November 2014
                                         NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
         VIËTNAM

Verduidelik tot watter mate die Verenigde State van Amerika gedurende die tydperk
1965 tot 1975 daarin geslaag het om die verspreiding van kommunisme in Viëtnam te
stuit.                                                                                   [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIES –
         DIE KONGO EN TANZANIË

Bespreek tot watter mate beide die Kongo en Tanzanië geslaag het in die daarstelling
van ekonomiese ontwikkeling en politieke stabiliteit nadat hulle onafhanklikheid van
koloniale bewind verkry het.                                                             [50]

VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWINGSPROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE
         1970s: SWARTMAGBEWEGING

Die Swartmagbeweging het ontstaan uit die ontnugtering van die burgerregtewerkers
in die suide en is aangevuur deur opstande deur ontevrede swart Amerikaners in die
noorde.

Is dit 'n geldige beoordeling van die opkoms van die Swartmagbeweging in die
Verenigde State van Amerika in die 1960's? Bespreek.                                     [50]

                                                                          TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-eng/89668a5f-bd22-4e52-9e37-55411cf74229) — History · QP · 2014 · Eng
- [HIST P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/3296a2b9-b5f3-4845-9366-f96f2839b363) — History · QP · 2014 · Afr
- [History P1 (SG) (English) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-sg-english-june-2014-qp/4cee2274-271e-4435-91c3-0840a3727422) — History · QP · 2014 · Eng
- [History P1 Feb-March 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2014-eng/496bdf16-b408-425c-be6e-3a997a135e8d) — History · QP · 2014 · Eng
- [History P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-eng/ee3ae3b0-c354-45e6-b3c7-332627f487ef) — History · QP · 2020 · Eng
- [HISTORY P1 JUNE 2014 GRADE 12 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-2014-grade-12-memo/f43de79f-37ce-47dc-bc4b-f253bac84b10) — History · Memo · 2014

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
