# History Grade 12 Paper 1 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2015-memo-afr/2dcc793e-94b0-4ac2-b09a-b873699c3e6e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2015-memo-afr/2dcc793e-94b0-4ac2-b09a-b873699c3e6e)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                  GESKIEDENIS V1

                                  NOVEMBER 2015

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 24 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                2                         DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

1.   BRONGEBASEERDE VRAE
1.1  Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
     ontwikkel:
KOGNITIEWE                                              GEWIGSTOEKENNING
                     HISTORIESE VAARDIGHEDE
  VLAKKE                                                     VAN VRAE

                     •   Onttrek inligting uit bronne
      VLAK 1         •   Selektering en organisasie van relevante                  30%
                         inligting uit bronne                                      (15)
                     •   Definieer historiese begrippe/terme
                     •   Interpretasie van bewyse uit bronne
      VLAK 2                                                                       40%
                     •   Verduidelik inligting verkry uit bronne
                                                                                   (20)
                     •   Analiseer bewyse uit bronne
                     •   Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
                     •   Skakel met bronne om bruikbaarheid,
                         betroubaarheid, eensydigheid en beperkings
      VLAK 3             vas te stel                                               30%
                     •   Vergelyk en kontrasteer interpretasies en                 (15)
                         perspektiewe in die bronne en kom tot
                         onafhanklike gevolgtrekkings

1.2     Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
      • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander
        geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
      • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
        vereistes van die vraag voldoen is.
      • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
        aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
        skrif aangedui.

1.3     Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
      • Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord
      • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en
        word twee punte elk toegeken ( ); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee
        punte toegeken word ()
      • Indien 'n vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui

         Paragraaf vraag

        Paragrawe behoort globaal (holisties) geasseer te word. Beide die inhoud en die
        struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
        toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ‘n antwoord op ‘n
        paragraafvraag geassesseer word:
      • Lees die paragraaf en plaas ‘n kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks waar die
        kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
      • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was
        om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                3                           DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

      • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die
        einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die
        holistiese rubric en gee ‘n kort kommentaar bv.
        ___________ . __________________________ . _________________________
        _________________ . ____________________________ . _________________
        √√√√
        Vlak 2
        Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf

      •   Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die
          regterkantse onderste kantlyn, bv. 32
                                              50

      •   Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek
          oorgedra word.

2.        OPSTELVRAE

2.1       Die opstelvrae vereis dat kandidate:
          • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
              stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
              bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
              'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
              beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
              gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.

2.2       Nasien van opstelvrae
          • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
             die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
          • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
             ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
          • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
             kry vir enige ander relevante antwoord.

2.3       Globale assessering van 'n opstel
          Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering
          vereis dat die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
          samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
          aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
          feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
          verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
          benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
          reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
          Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
          deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
          holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
          aangesien die klem op die volgende val:
          • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
          • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
               ondersteun
          • Die leerder se interpretasie van die vraag.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                   4                       DBE/November 2015
                                          NSS – Memorandum

2.4    Assesseringsprosedures van die opstel
       2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
       2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word vir
             'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
             nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
             gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n
             kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar
             5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.

       2.4.3     Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:

                 • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer

                   nie                                                       ^
                 • Verkeerde stelling                        _________________

                 • Irrelevante stelling             |
                                                    |
                                                    |

                 • Herhaling                        R

                 • Analise                          A√

                 • Interpretasie                    1√

2.5    Die matriks

       2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle

       By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
       voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
       aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
       inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.

      (a)         Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
                  die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
                  stel.
                                                           I       VLAK 4

      (b)         Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
                  aanbieding bepaal.

                                                                I      VLAK 4
                                                                A      VLAK 3

      (c)         Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
                                                            I
                                                            A
                                                                     VLAK 4
                                                                     VLAK 3      }26–27
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
     Geskiedenis/V1                                                      5                                                DBE/November 2015
                                                                  NSS – Memorandum

     NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50

                            VLAK 7              VLAK 6               VLAK 5              VLAK 4               VLAK 3               VLAK 2               VLAK 1*

AANBIEDING              Baie goed           Baie goed            Goed beplande en     Argument beplan     Toon soms bewys      Poging               Weinig of geen
                        beplande en         beplande en          gestruktureerde      en gestruktureer.   van 'n               aangewend om         poging om die
                        gestruktureerde     gestruktureerde      opstel.              Bewyse tot 'n       gestruktureerde en   antwoord te          opstel te
                        opstel. Goeie       opstel. 'n           Poog om 'n           sekere mate         beplande             struktureer.         struktureer nie.
                        sintese van         Relevante            duidelike argument   gebruik om          argument. Poog       Grootliks
                        inligting. Het 'n   argument is          te ontwikkel.        argument te         om 'n argument vol   beskrywend of
                        goed                gevolg. Bewyse       Gevolgtrekking       ondersteun.         te hou.              poog om argument
INHOUD                  gebalanseerde,      gebruik om die       gemaak uit           Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie   te ontwikkel. Geen
                        oorspronklike       argument te          bewyse om die        grond van bewyse.   duidelik             poging om 'n
                        argument            verdedig. Poog om    argument te                              ondersteun deur      gevolgtrekking te
                        ontwikkel met       'n onafhanklike      ondersteun.                              bewyse nie.          maak nie.
                        bewyse. Argument    gevolgtrekking uit
                        deurgaans           die bewyse te
                        volgehou en         maak om die
                        verdedig.           argument te
                        Onafhanklike        ondersteun.
                        gevolgtrekking
                        gemaak uit
                        bewyse om die
                        argument te
                        ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten
volle relevant tot         47–50                43–46
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie             43–46                40–42               38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud         38–39                36–37               34–35                30–33               28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of                                                       30–33                28–29               26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit                                                                      26–27               24–25                 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud                                                                                           20–23                 18–19                14–17
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                                 14–17                 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

     *     Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:

     •     Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
     •     Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
     •     Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer                      = 7–13

     Kopiereg voorbehou                                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             6                           DBE/November 2015
                                    NSS – Memorandum

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:         HOE HET OOS- EN WES-BERLYNERS IN 1961 OP DIE BOU VAN
                 DIE BERLYNSE MUUR GEREAGEER?

1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
      • 2,7 miljoen Oos-Duitsers vlug na Wes-Duitsland deur Wes-Berlyn          (1 x 2) (2)

1.1.2 [Verduideliking van 'n historiese begrip uit Bron 1A – V1]
      • 'n Politieke teorie/ideologie gebaseer op die geskrifte van Karl Marx wat 'n
         klaslose gemeenskap ten doel gestel het
      • Kommunisme kan verwys na 'n ekonomiese stelsel waar die staat alle grond,
         nywerheid, eiendom en rykdom van die nasie besit
      • Enige ander relevante antwoord                                    (enige 1 x 2) (2)

1.1.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V 2]
        • Oos-Duitsland was veronderstel om 'n rolmodel van kommunisme te wees
        • As die ideologie van kommunisme nie in Oos-Duitsland werk nie, dan sou dit in
             die praktyk as 'n mislukking gesien word
        • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2) (4)

1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
      • Die massa migrasie van meer as 300 000 mense uit die DDR (Oos-Duitsland)
      • Die verlies van hoogs ervare en gekwalifiseerde mense na Wes-Duitsland
      • Die Oos-Duitse ekonomie sou ineenstort indien die uittog van gekwalifiseerde
         en skaars personeel nie gekeer word nie                      (enige 2 x 1) (2)

1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
      • Kennedy het geïmpliseer dat as die muur nie gebou was nie daar 'n
           moontlikheid was dat oorlog sou uitbreek
      • Kennedy se stelling gee te kenne dat die VS gewillig was om die muur te
           verdra omdat dit die spanning in beide Berlyn en Duitsland verminder het
      • Enige ander relevante antwoord                                   (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             7                          DBE/November 2015
                                    NSS – Memorandum

1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
      • Positief
      • Kommervry / sorgeloos                                                  (2 x 1) (2)

1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
      • Die Oos-Duitsers was bewus daarvan dat indien hulle nie Oos-Berlyn dadelik
          verlaat nie, sou al die grense toegemaak wees en hulle sou onder
          kommunistiese regering vasgevang word
      • Oos-Duitsers moes onmiddellik vlug as hulle vryheid wou hê en nie onder
          kommunistiese regering wou wees nie
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 1 x 2) (2)

1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
      • Hulle spring oor die doringdraad/'heining'/'muur'
      • Hulle spring uit vensters van multiverdieping geboue wat geleë was op die
         grens van Wes-Berlyn
      • Hulle swem deur riviere en mere in die stad                        (3 x 1) (3)

1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
      • Fechter het in 'niemandsland', die area aan die oostelike kant van die muur
          geval
      • Wes-Berlynse soldate wou nie hulle lewens waag deur hom te probeer help nie
      • Die wagte aan beide kante was bekommerd daaroor om 'n 'skietoorlog' te begin
          ('n openlike geweeroorlog)
      • Die Oos-Duitse wagte is beveel om te 'skiet om dood te maak' en was dalk
          onseker wat om met 'n gewonde persoon te doen
      • Die Oos-Duitse soldate kon dalk vir Fechter gesien het as 'n verraaier en hom
          daarom nie gehelp het nie
      • Dit kon ly tot die uitbreek van nog 'n oorlog
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2) (4)

1.3
1.3.1 [Analise van inligting uit Bron 1C – V2]

       •   Vir Khrushchev het Oos-Berlyners geen reg op vryheid van beweging gehad
           sedert die muur gebou is nie
       •   Oos-Berlyners was teen hulle sin in Oos-Berlyn opgesluit soos geïllustreer deur
           die doringdraad
       •   Hulle reg op lewe is geskend soos getoon deur die dooie liggame op die
           Berlynse Muur
       •   Oos-Berlyn was soos ŉ konsentrasiekamp
       •   Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            8                          DBE/November 2015
                                   NSS – Memorandum

1.3.2 [Vasstelling van partydigheid in Bron 1C – V3]

       PARTYDIG omdat:
       • Dit deur 'n Amerikaanse spotprenttekenaar geteken is in die konteks van die
         Koue Oorlog, dit was dus moontlik dat dit 'n negatiewe prentjie van die
         kommunistiese regering in Oos-Berlyn sou skets
       • Khrushchev uitgebeeld word as 'n dikvellige en onsensitiewe leier en lyk of hy
         nie omgee oor die mense wat doodgaan terwyl hulle probeer vlug uit Oos-
         Berlyn nie
       • Die muur uitgebeeld word in 'n negatiewe lig; daar word nie verwys na Kennedy
         se insinuasie dat die muur spanning tussen die Ooste en die Weste verminder
         het en moontlik 'n oorlog voorkom het nie
       • Kommunisme getoon word as genadeloos/dikvellig
       • Die spotprent te kenne gee dat kommuniste nie omgee oor menseregte nie
       • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

1.4
1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
      • 'Weet die Weste nie wat om te doen nie'
      • 'Waar is die beskermingsmagte’
      • 'Verraai deur die Weste'
      • Protesoptogte ('n skare van 250 000 was teenwoordig)
      • Die burgermeester het met bitterheid gepraat
      • Betogings                                                        (enige 3 x 1) (3)

1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
      • Die mense wat in die Sowjetblok gebly het, is teen hulle sin opgesluit
      • Gewapende patrollies is beveel om te 'skiet om dood te maak' indien mense
          probeer vlug
      • Doringdraad en 'n muur is gebou om Oos-Berlyners te verhinder om te vlug
      • Die joernalis wou moontlik sy lesers skok en toon hoe sterk hy gekant was teen
          die Berlynse Muur
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 1 x 2) (2)

 1.5 [Vergelyking van bewyse en die vasstelling van verskille tussen Bron 1A en 1D –
      V3]
     • Bron 1D dui aan dat die Westerse moondhede nie hulle gebrek aan
        besorgdheid oor die oprigting van die Berlynse Muur kon wegsteek nie, terwyl
        Bron 1A noem dat die 'doringdraad grens' gedurende die nag van 12 tot 13
        Augustus 1961 opgerig is
     • In Bron 1D was Willy Brandt, die burgermeester van Wes-Berlyn, nie in staat
        om sy bitterheid oor die Weste se gebrek om te reageer op die oprigting van die
        Berlynse Muur, weg te steek nie, en het genoem dat 'Berlyn meer verwag as
        net woorde' terwyl President Kennedy in Bron 1A noem dat ''n muur baie beter
        is as 'n oorlog'
     • Bron 1D verwys na 13 Augustus 1961 as 'Swart Sondag' terwyl Bron 1A aandui
        dat die Muur in die nag van 12 tot 13 Augustus 1961 opgerig is
     • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              9                           DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

1.6    [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

       Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

       Die kandidaat moet verduidelik hoe BEIDE Oos- en Wes-Berlyners gereageer het
       op die oprigting van die Berlynse Muur wanneer die vraag beantwoord word.

       Oos-Berlyners se reaksies
       • Baie Oos-Berlyners het hulle lewe gewaag deur te probeer om na Wes-Berlyn
         te vlug (Bron 1B en 1C)
       • Hulle het probeer vlug deur oor mere te swem, oor doringdraad te spring en uit
         vensters uit te spring (Bron 1B)
       • Sommige Oos-Berlyners is dood terwyl hulle probeer vlug het uit Oos-Berlyn
         (Bron 1B en 1C)
       • Oos-Duitse polisie het gereeld Oos-Berlyners wat probeer vlug het, geskiet,
         gewond en doodgemaak (Bron 1B)
       • Oos-Duitsers het geweet dat hulle 'vinnig moes optree as hulle wou wegkom'
         (Bron 1B)
       • Sommige Oos-Berlyners was gelukkig om onder 'n Kommunistiese bewind te
         bly (eie kennis)
       • Enige ander relevante antwoord

       Wes-Berlyners se reaksie
       • Sommige Wes-Berlyners het net toegekyk en kon nie Oos-Berlyners help wat
         probeer het om oor die muur weg te kom nie, bv. Fechter (Bron 1B)
       • Sommige Wes-Berlyners het Oos-Berlyners gehelp om te vlug (eie kennis)
       • Wes-Berlyners was kwaad en het gevoel dat hulle verraai is deur die Weste
         wat nie opgetree het om die oprigting van die muur te voorkom nie (Bron 1D)
       • Wes-Berlyners het geprotesteer en betoog teen die bou van die muur (Bron 1D)
       • Enige ander relevante antwoord

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                 •   Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
 VLAK 1              min begrip oor hoe Oos- en Wes-Berlyners op die bou van            PUNTE
                     die Berlynse Muur in 1961 gereageer het.                            0–2
                 •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                 •   Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
 VLAK 2              met die onderwerp bv. toon begrip hoe Oos- en Wes-                 PUNTE
                     Berlyners op die bou van die Berlynse Muur in 1961                  3–5
                     gereageer het.
                 •   Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
                 •   Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
                     begrip oor hoe Oos- en Wes-Berlyners op die bou van die
 VLAK 3              Berlynse Muur in 1961 gereageer het.                               PUNTE
                 •   Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf        6–8
                     en toon begrip van onderwerp.
                                                                                                (8)
                                                                                               [50]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             10                          DBE/November 2015
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 2: WAAROM HET DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE TUSSEN 1987
         EN 1988 DIE FOKUSPUNT VAN DIE KOUE OORLOG IN ANGOLA
         GEWORD?

2.1
2.1.1      [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
           • Angola
           • Kuba                                                               (2 x 1) (2)

2.1.2       [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
           • Suid-Afrikaanse troepe het probeer om UNITA te help red
           • Om die Angolese opmars (FAPLA) na die Lombarivier te stop
                                                                     (enige 1 x 2) (2)

2.1.3      [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
           • 'Angolese soldate het hulle ingegrawe en halsstarrig (hardkoppig)
              weerstand gebied'
           • 'Suid-Afrikaanse lugmag het begin om lugbeheer te verloor'
           • 'Die prys (lewensverlies) was te hoog en daar is besluit om Cuito Cuanavale
              in Angolese besit te laat'                                 (enige 2 x 1) (2)

2.1.4      [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
           • Dit lei tot die onttrekking van SAW magte uit Angola
           • Dit het die militêre swakheid van die SAW getoon
           • Die impak van die Slag van Cuito Cuanavale het tot Namibië se
               onafhanklikheid gelei
           • Die Suid-Afrikaanse regering en die ANC het met 'n proses van
               samesprekings begin
           • Enige ander relevante antwoord                            (enige 2 x 2) (4)

2.1.5     [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
          • Om te begin met die ontwikkeling van die land se beskadigde ekonomie
          • Om die oorlog beskadigde infrastruktuur te herbou (herstel)
          • Om te verseker dat beter menseverhoudings (versoening) ontwikkel
                                                                        (enige 2 x 1) (2)

2.2
2.2.1     [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
           • Generaal Geldenhuys het genoem dat die SAW streng beperkte doelwitte
             gehad het
           • 'Dit was nie ons intensie (bedoeling) om 'n oorlog te begin wat dalk sou
             eindig in Luanda en vir ewig sou aangaan nie
           • 'Ons wou nie Angola ons Viëtnam maak nie'
           • 'Ons doelwit, nadat ons Angola binne gegaan het, … en dan weer weg te
             gaan'                                                        (enige 2 x 1) (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              11                           DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

2.2.2      [Analiseer bewyse in Bron 2B – V2]
           Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM of NIE SAAMSTEM NIE met
           die bewering en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun.

           STEM SAAM
           •   Geldenhuys het eintlik die Hoof van die Weermag verbied om Cuito
               Cuanavale te verower
           •   Die SAW se doelwit was om te voorkom dat FAPLA Mavinga en Jamba
               verower en nie Cuito Cuanavale nie
           •   Enige ander relevante antwoord
                                           OF
           STEM NIE SAAM NIE
           •   Die SAW sou nie tenks en die lugmag in die Slag van Cuito Cuanavale
               gebruik het as hulle nie gedink het dat dit vir hulle van strategiese belang
               was nie
           •   Die kommentaar kan beskou word as propaganda om die mislukking van
               die SAW in Cuito Cuanavale te regverdig
           •   Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2) (4)

2.2.3     [Vasstelling van die geldigheid van Bron 2B – V2]
          Kandidate moet kommentaar lewer op die GELDIGHEID van die bewering
          en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun.

          GELDIG
          •   Die Kubaanse en FAPLA magte het nie in hulle doel geslaag om Mavinga
              en Jamba te verower nie
          •   Kubane het onttrek uit Angola
          •   Dit het gelei tot vredesamesprekinge
          •   Enige ander relevante antwoord
                                          OF
          ONGELDIG
          •   FAPLA (ondersteun deur die Kommuniste) het die Angolese regering
              oorgeneem
          •   UNITA (ondersteun deur die SAW) het nie die Angolese regering
              oorgeneem nie
          •   SAW het uit die Slag van Cuito Cuanavale onttrek
          •   Dit kon 'n partydige bewering deur Generaal Geldenhuys wees vir
              propaganda doeleindes
          •   Enige ander relevante antwoord                         (enige 2 x 2) (4)

2.3
2.3.1      [Analise van bewyse uit Bron 2C – V2]
           TWEE (2) punte moet toegeken word vir die antwoord met betrekking tot
           wie die oorlog gewen het en TWEE (2) punte vir die motivering
           •     SAW
           •     Die verlies van soldate en militêre toerusting word as minimaal aangedui
                teenoor die verliese wat deur Kuba/FAPLA gely is. (Statistieke kan
                gebruik word om hulle antwoord te ondersteun, bv. 4785
                Kubaanse/FAPLA verliese teenoor 31 SAW verliese)
           •     Enige ander relevante antwoord                             (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              12                          DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

2.3.2      [Evaluering van die betroubaarheid van Bron 2C – V3]
           Kandidate moet aandui of die bron BETROUBAAR is of NIE
           BETROUBAAR NIE en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun.

           BETROUBAAR
           • Die statistieke is deur Geldenhuys, wie die hoof van die SAW was,
             aangebied
           • Dit toon die presiese statistieke van verliese gely deur beide partye
           • Dit gee die detail van die vegvliegtuig wat verloor is as gevolg van 'n
             ongeluk
           • Enige ander relevante antwoord
                                             OF
           NIE BETROUBAAR NIE
           • Die syfers vir UNITA is nie voorsien nie en daarom kan die werklike verliese
             van die SAW/UNITA nie vergelyk word met die verliese gely deur
             Kubaanse/FAPLA magte
           • Daar is geen aanduiding wie die syfers verskaf het nie
           • Die bron kan as partydig beskou word of kon as propaganda deur die SAW
             gebruik wees
           • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

2.4
2.4.1      [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
            • Kubaanse ingenieurs het landingstroke gebou
           • Kubaanse loodse het Sowjet oorlogvliegtuie gevlieg
           • Kubaanse 'voet' soldate het ook in die Slag van Cuito Cuanavale geveg
                                                                       (enige 2 x 1) (2)

2.4.2      [Interpretasie en analise van bewyse in Bron 2D – V2]
           Kandidate moet aandui tot watter mate die bewering GEREGVERDIG is en
           hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun.

           GEREGVERDIG tot 'n groot mate omdat:
           • SAW gebied beset het (Ruacana en Calueque installasies) wat opgeblaas
             en beskadig is deur oorlogsvliegtuie (Sowjet MIG-23s)
           • Water en kragvoorsiening na Ovamboland en SAW militêre basisse
             afgesny is
           • Elf Suid-Afrikaanse dienspligtiges dood is wat 'n groot verlies vir die SAW
             was
           • Die onttrekking van die SAW uit Angola hulle nederlaag aangedui het
           • Enige ander relevante antwoord

           GEREGVERDIG tot 'n mindere mate omdat:
           • Kubaanse magte uit Angola onttrek het
           • SAW steeds op die grens van Angola gebly het
           • SAW beweer het dat die oorname van Cuito Cuanavale nie hulle
             hoofdoelwit was nie
           • Enige ander relevante antwoord                       (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             13                          DBE/November 2015
                                    NSS – Memorandum

2.4.3      [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
            • Die uitbreiding van gewapende operasies in Suid-Afrika deur Umkhonto we
              Sizwe, die gewapende vleuel van die ANC
            • 'n Groeiende weerstand onder wit Suid-Afrikaanse dienspligtiges teen
              militêre diens
            • Die 11 jong Suid-Afrikaanse dienspligtiges wat gedood is       (2 x 1) (2)

2.5        [Vergelyking van bewyse en die vasstelling van verskille tussen Bron 2C en 2D
           – V3]
           • Volgens Bron 2C het die SAW minimale verliese gely en daarom die Slag
              van Cuito Cuanavale gewen terwyl Bron 2D noem dat die SAW magte groot
              verliese gely het, wat te kenne gee dat hulle die Slag van Cuito Cuanavale
              verloor het
            • Bron 2C toon die statistieke wat deur Generaal Geldenhuys voorgelê is en
              was 'n perspektief van 'n weermagoffisier van die apartheidsregering terwyl
              Bron 2D 'n perspektief was van Kasrils (NUK lid van die ANC) wat teen die
              Suid-Afrikaanse regering se betrokkenheid in Angola gekant was
            • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2) (4)

2.6        [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

           Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
           • Die Slag van Cuito Cuanavale is tussen pro-kommunistiese en pro-
             demokratiese magte geveg (Bron 2A, 2C en 2D)
           • Dit was 'n oorlog tussen FAPLA/Kubaanse magte wat kommunisme
             ondersteun het en SAW/UNITA magte wat demokrasie ondersteun het
             (Bron 2C)
           • Die uitkomste het tot samesprekinge (bv. in New York 1988) tussen die
             Verenigde State (bondgenoot van Suid-Afrika, UNITA) en die Sowjetunie
             (bondgenoot van FAPLA, ANC, SWAPO) gelei (Bron 2D)
           • SAW, Kuba en FAPLA het gevoel dat die oorlog beëindig moes word as
             gevolg van die menseverliese en militêre verliese (Bron 2A en 2C)
           • Dit was bes moontlik 'n laaste groot oorlog tussen buitelandse lande in
             Angola (eie kennis)
           • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                14                        DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                 • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen
  VLAK 1           of min begrip oor waarom die Slag van Cuito Cuanavale
                   tussen 1987 en 1988 die fokuspunt van die Koue Oorlog           PUNTE
                   in Angola geword het.                                            0–2
                 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                 • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
  VLAK 2           met die onderwerp bv. toon begrip waarom die Slag van
                   Cuito Cuanavale tussen 1987 en 1988 die fokuspunt van           PUNTE
                   die Koue Oorlog in Angola geword het.                            3–5
                 • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te
                   skryf.
                 • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
                   begrip oor waarom die Slag van Cuito Cuanavale tussen
  VLAK 3           1987 en 1988 die fokuspunt van die Koue Oorlog in               PUNTE
                   Angola geword het.                                               6–8
                 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
                   en toon begrip van onderwerp.
                                                                                          (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             15                         DBE/November 2015
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 3:         HOE HET KONSERWATIEWE WIT AMERIKANERS IN 1957 OP DIE
                 INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL IN LITTLE ROCK,
                 ARKANSAS, GEREAGEER?

3.1
3.1.1      [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
           • Minnijean Brown
           • Elizabeth Eckford
           • Ernest Green
           • Thelma Mothershed
           • Melba Patillo
           • Gloria Ray
           • Terrence Roberts
           • Jefferson Thomas
           • Carlotta Walls                                              (enige 2 x 1) (2)

3.1.2      [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
           • Daisy Bates was die President van die Arkansas NAACP
           • Daisy Bates was mede-uitgewer van die Arkansas State Press, wat 'n
              invloedryke Afro-Amerikaanse koerant was                    (2 x 1) (2)

3.1.3      [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
           (a)
           • Om vas te stel of hulle almal die krag en vasberadenheid gehad het om met
               konfrontasies te deel
           • Enige ander relevante antwoord                                  (1 x 2) (2)

           (b)
           • Om die studente voor te berei om geestelik en psigologies sterk genoeg te
               wees om vyandige situasies te hanteer
           • Enige ander relevante antwoord                                   (1 x 2) (2)

3.2
3.2.1      [Verduideliking van 'n historiese begrip uit Bron 3B – V1]
           • 'n Proses wat toegelaat het dat swart Amerikaanse studente dieselfde skool
             as wit Amerikaanse studente kon bywoon
           • Om swart Amerikaanse en wit Amerikaanse studente by Central High
             School bymekaar te bring
           • Om segregasie by Central High School te beëindig deur seker te maak dat
             swart Amerikaners die skool bywoon
           • Rasse vermenging van studente (swart Amerikaners en wit Amerikaners)
             by Central High School
           • Enige ander relevante antwoord                            (enige 1 x 2) (2)

3.2.2      [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
           • Faubus het negatief reageer
           • Faubus was teen/het nie integrasie ondersteun nie
           • Enige ander relevante antwoord                                    (1 x 2) (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              16                          DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

3.2.3      [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
           • Wydverspreide wanorde
           • Sou ly tot geweld                                                  (2 x 1) (2)

3.2.4      [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
            • Hy het die beslissing van die Federale Hof wat die grondwet van die land
               gehandhaaf het, verwerp
            • Konserwatiewe wit Amerikaners in Little Rock, Arkansas het teen integrasie
               van Central High School gestem en dit was vir Goewerneur Faubus 'n
               'demokratiese' en regverdige weerspieëling van hoe mense gevoel het
            • Hy wou nie verstaan dat die integrasie van die Little Rock Nege by Central
               High School 'n demokratiese proses behels het nie
            • Faubus het te kampe gehad met die probleem dat die implementering van
               demokrasie twyfelagtig was omdat plaaslike demokrasie vir hom meer
               belangrik was as federale demokrasie
            • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)
3.3
3.3.1      [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
            • Hy was te skaam om te erken dat wit Amerikaanse mans en vrouens so
              wreed kon wees                                               (1 x 2) (2)

3.3.2      [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
           • Die Nasionale Burgermag het die rampokkers wat die geweld veroorsaak
               het, ondersteun
           • Hulle het 'n bevel van die staat uitgevoer om te keer dat swart Amerikaners
               na Central High School kom
           • Hulle het 'n hofbevel teengestaan wat probeer het om segregasie te
               beëindig
           • Hulle het gesimpatiseer met die pro-segregasionistiese wit Amerikaanse
               gemeenskap
           • Hulle het segregasie ondersteun
           • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

3.3.3      [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
            Elizabeth Eckford het die volgende gedoen:
           • Wegbeweeg (na die bushalte toe)
           • Het met haar kop onderstebo gesit
           • Gehuil (trane wat oor haar wange gerol het)
           • Het met waardigheid en selfbeheersing gereageer               (enige 2 x 1) (2)

3.3.4      [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 3C – V3]
           Die bron is bruikbaar omdat:
           • Dit nuwe insig gee oor wat werklik op die eerste dag van integrasie by
             Central High School gebeur het
           • Dit die atmosfeer en die daaropvolgende geweld toe lig wat op die eerste
              dag van integrasie by Central High School plaasgevind het
          • Dr. Fine, was 'n voormalige onderwysredakteur/ verslaggewer by die
             geloofwaardige New York Times koerant gee eerste handse inligting
           • Daisy Bates die onderhoud met Dr Fine ingesluit het in haar boek: 'The
             Long Shadow of Little Rock'
           • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              17                          DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

3.4        [Vergelyking van bewyse in Bron 3A en 3C - V3]
           • Die NAACP het seker gemaak dat die Little Rock Nege (insluitend
              Elizabeth Eckford) geëvalueer word sodat hulle die nodige krag en
              vasberadenheid het om 'vyandige situasies' in die gesig te staar (Bron 3A)
              terwyl Bron 3C haar krag wys, Elizabeth Eckford het op 'n paar geleenthede
              probeer om deur die wagte wat haar gekeer het, te gaan, dit toon
              veerkragtigheid
           • Die Little Rock Nege (insluitend Elizabeth Eckford) het aan intensiewe
              beradingsessies deelgeneem wat hulle voorberei het op wat om te verwag
              sodra die klasse begin en hoe om op te tree teenoor 'vyandige situasies'
              (Bron 3A) en Bron 3C toon dat die vaardighede wat hulle geleer het,
              gebruik is toe sy haar waardigheid en selfbeheersing voor die spottende
              skare behou het
           • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

3.5
3.5.1      [Analise van bewyse in Bron 3D – V2]
           • Dit gee te kenne dat Broederskap (integrasie) by Central High School bereik
              is deur die gebruik van gewere/bajonette en intimidasie
           • 'n Siening van 'n pro-segregasie organisasie (die Capital Citizen Council)
              het genoem dat integrasie nie vrywillig was nie, maar dat dit 'n geforseerde
              proses was
           • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2) (4)

3.5.2      [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
            • Hulle teenkanting teen desegregasie/integrasie by Central High School toe
            • Om openlik 'n beroep te doen op plaaslike ondersteuning teen die integrasie
               by Central High School
            • Hulle afkeer in die ingryping deur die Nasionale/ Federale Burgermag
               (weermag) om die integrasie by Central High School te verseker, afkeur
           • Rasse vooroordel soos gereflekteer in Goewerneur Faubus se toespraak
           • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

3.6        [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

           Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

            •    Gereed om die integrasie by Central High School teen te staan (Bron 3A)
            •    Het geprotesteer teen geforseerde integrasie (Bron 3B)
            •    Hulle het teen integrasie gestem (Bron 3B en eie kennis)
            •    Goewerneur Faubus ('n konserwatiewe wit Amerikaner) het die Nasionale
                 Burgermag beveel om die Little Rock Nege (insluitend Elizabeth Eckford)
                 te keer om Central High School binne te gaan (Bron 3C)
            •    Die rampokkers het met swart Amerikaanse studente wat Central High
                 School wou binnegaan, gespot (Bron 3C)
            •    Het 'n pamflet wat teen die desegregasie van Central High School was,
                 ontwerp en versprei (Bron 3D)
            •    Konserwatiewe wit Amerikaners het swart Amerikaners fisies aaangerand/
                 aangeval (eie kennis)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
 Geskiedenis/V1                                 18                        DBE/November 2015
                                         NSS – Memorandum

               •    Die Moederbond van Central High School is gevorm en het petisies teen
                    integrasie geloods (eie kennis)
               •    Enige ander relevante antwoord (eie kennis)

 Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

           •       Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
                    min begrip oor hoe konserwatiewe wit Amerikaners op die            PUNTE
VLAK 1              integrasie van Central High School in 1957 gereageer het.           0–2
           •       Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
           •       Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met
                   die onderwerp bv. toon begrip oor hoe konserwatiewe wit             PUNTE
VLAK 2             Amerikaners op die integrasie van Central High School in             3–5
                   1957 gereageer het.
          •        Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
          •        Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
                   oor hoe konserwatiewe wit Amerikaners op die integrasie
VLAK 3             van Central High School in 1957 gereageer het.                      PUNTE
          •        Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en      6–8
                   toon begrip van onderwerp.
                                                                                             (8)
                                                                                            [50]

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            19                         DBE/November 2015
                                   NSS – Memorandum

AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 4:         UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                 VIËTNAM

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

Kandidate moet 'n gebalanseerde antwoord verskaf wat die militêre strategieë van
beide die VSA en die Viëtkong in Viëtnam tussen 1963 en 1973 krities bespreek.

SINOPSIS
Kandidate moet in staat wees om krities te bespreek waarom die VSA nie 'n klein nasie
van Viëtnamese boere gedurende die Viëtnamese oorlog tussen 1963 en 1973 kon
oorwin nie. Die taktieke en strategieë wat deur die VSA se weermag en die
Viëtminh/Viëtkong (Nasionale Vryheidsfront) gedurende die oorlog gebruik is, moet ook
toegelig word. 'n Analise van hoe die Viëtkong in staat was om die Amerikaanse weermag
te uitoorlê moet volledig uitgebrei word.

HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet die bewering krities bespreek en ŉ relevante argument
   ontwikkel.

UITBREIDING
Amerikaanse strategieë:
• Redes vir die VSA se ontplooiing van troepe in Viëtnam
• Villagisation / strategiese dorpie program (Hervestiging van mense in nuwe dorpe)
    (Die VSA en Suid-Viëtnamese regering het nuwe dorpies gestig en probeer om boere
    van die guerrillas te skei) was 'n mislukking
• Golf van Tonkin-resolusie (1964) het President Johnson wye militêre magte gegee
    wat 'n uitbreiding van oorlogstuig in Viëtnam tot gevolg gehad het
• Amerika se massalugbombardering 'Operasie Rolling Thunder' (konvensionele
    oorlogvoering)
• 'Operasie Ranch Hand' (het chemikalieë gebruik om woude (Agent Orange) en
   oeste/gewasse (Agent Blue) te vernietig
• VS het jong en onervare soldate na Viëtnam gestuur
• VS het soek- en vernietig sendings gebruik (My Lai bloedbad) om dorpe wat deur die
   Viëtkong ondersteun is te vernietig (dit het tot 'n groot dodetal onder burgers gelei)
• Die rol van die media, studente en ontwapeningsbewegings wat groot druk op die
   Amerikaanse regering geplaas het om uit Viëtnam te onttrek
• President Nixon se Viëtnamiseringsbeleid/insluitend WHAM (Winning the hearts and
   minds of the Vietnamese) was 'n poging deur die VSA om van die oorlog te onttrek en
   om hulle 'aansien te red'
• VSA onttrek alle troepe teen 1973 en Noord-Viëtnam neem beheer oor Saigon in 1975
• Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             20                          DBE/November 2015
                                    NSS – Memorandum

Viëtkong strategieë:
• Noord-Viëtnam het militêre ondersteuning verkry van die USSR en China so die
   Viëtminh en Viëtkong het toegang gehad tot sommige moderne wapens
• Guerrilla oorlogvoering is effektief gebruik deur die Viëtkong, ondersteun deur
   Viëtminh uit die noorde en het taktieke soos lokvalle, ondergrondse tonnels, tref-en-
   trap en sabotasie gebruik
• Tet offensief (1968) is deur Viëtminh en die Viëtkong teen stedelike sentrums en
   Amerikaanse basisse reg deur Viëtnam geloods
• Die plaaslike Viëtnamese bevolking het die Viëtkong ondersteun om hulle land te
   bevry
• Ho Chi Minh-roete is deur Viëtminh (noorde) gebruik om die Viëtkong in die suide te
   ondersteun
• Die Viëtkong het hulle ondersteuningsbasis vergroot vanweë die taktieke wat teen
   Amerikaanse soldate gebruik is
• Viëtnamese was verenig in die beskerming van hulle land
• Enige ander relevante antwoord

•   Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.
                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            21                         DBE/November 2015
                                   NSS – Memorandum

VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE
                 KONGO EN TANZANIË

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet die ooreenkomste en verskille evalueer tussen die leierskap van Mobutu
Sese Seko (Kongo) en Nyerere (Tanzanië) in die verandering van die ekonomiese en
politieke beleid van hulle onderskeie lande wanneer hulle hierdie vraag beantwoord. Hulle
moet relevante ekonomiese en politieke voorbeelde gee om hulle gedagterigting te
ondersteun.

HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
 • Inleiding: Kandidate moet hulle gedagterigting met betrekking tot die leierskap tussen
    Mobutu Sese Seko en Nyerere vasstel, en aandui hoe hulle dit gaan ondersteun.

UITBREIDING
Politieke Transformasie van die Kongo en Tanzanië
Ooreenkomste:
• Beide die Kongo en Tanzanië was onder Europese koloniale regering tot die vroeë
    1960's
• Nadat veelparty verkiesings met onafhanklikheid gehou is, het beide lande eenparty
    state geword binne die eerste vyf jaar na die verkryging van onafhanklikheid
• Beide lande het aangehou om verkiesings te hou
• Beide leiers het die belangrikheid van die Afrikanisasie van hulle politieke stelsels
    (hulle het demokrasie as 'on-Afrika' en 'n Westerse oplegging beskou) beklemtoon
• Die leiers van beide lande (Mobutu Sese Seko en Nyerere) het 'lewenslange
    president' tussen die 1960's en 1970's gebly
• In beide lande is opposisie leiers die stilswye opgelê, in die tronk gegooi en in
    sommige gevalle doodgemaak
• Beide Sese Seko en Nyerere het hulle nasies met trots opgebou en kragtig die trots
    om 'n Kongolees of Tanzaniër te wees, bevorder

Verskille:
• Mobutu Sese Seko het 'n Kleptokrasie gestig waar 'n groep aangestelde
   staatsamptenare hulle posisie vir finansiële gewin uitgebuit het, terwyl Nyerere die
   'Leierskapkode' in die Arusha Verklaring ingestel het en daarmee hoë vereistes van
   integriteit van staatsamptenare vereis het
• Mobutu Seso Seko was uitspattig en het duur klere geniet en het uitspattige paleise
   vir homself gebou terwyl Nyerere se leierskapstyl een van persoonlike integriteit en
   nederigheid was
• Mobutu Sese Seko het hom met die Weste vereenselwig terwyl Nyerere 'n beleid van
   onverbondenheid met óf kapitalistiese óf kommunistiese lande aangeneem het

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             22                          DBE/November 2015
                                    NSS – Memorandum

Ekonomiese Transformasie van die Kongo en Tanzanië
Ooreenkomste
• Beide lande het grootliks op landbou en minerale ontginning gesteun en nie een van
  die twee lande het 'n geloofwaardige krediet ontwikkelingsektor ontwikkel nie
• Nie een van die twee lande het 'n beduidende styging in die lewenstandaard van die
  meerderheid van sy mense getoon
• Beide lande het ekonomiese krisisse ondervind en moes daarom steun op buitelandse
  hulp/bystand

Verskille
• Mobutu Sese Seko het aanvanklik sy nywerheid genasionaliseer met sy beleid van
   'Zaïrenasie', maar toe dit misluk het, het hy 'n kapitalistiese model aangeneem;
   Nyerere het 'n Afrika sosialisme model (soos uiteengesit in die Arusha Verklaring)
   aangeneem wat tot die nasionalisering van besighede en grond gelei het
• Mobutu het hulp, belegging en finansiële steun van die Weste (veral die VSA en
   Frankryk) aanvaar; Nyerere was aanvanklik gekant teen die aanvaarding van
   buitelandse hulp (het dit gesien as neokolonialisme)
• Mobutu het 'n nuwe klas elite ondersteuners tot stand gebring; Nyerere het probeer
   om ontslae te raak van klasseverskille in Tanzanië
• Enige ander relevante antwoord

•   Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [History P1 Nov 2015 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2015-addendum-eng/9444b833-1069-4085-92ed-1cdc967f7f1d) — History · Addendum · 2015 · Eng
- [History P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2018-final-memo-afr/b599d539-b3a0-42aa-bdc9-b79f329dd8ce) — History · Memo · 2018 · Afr
- [History P1 Nov 2013 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2013-memo-afr/1045e9f1-5699-4ddd-a05c-c180693099bb) — History · Memo · 2013 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [History P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-eng/7d529eb9-2c0d-45a5-8a7a-c9e27cbc9665) — History · QP · 2015 · Eng
- [History P1 Feb March 2015 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-addendum-afr/b38e6a73-d07b-46ef-932e-ece3ff449af6) — History · Addendum · 2015 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
