# History Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2016-afr/62d51959-977c-47ed-9161-b96da681e3a8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2016-afr/62d51959-977c-47ed-9161-b96da681e3a8)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V1

                                NOVEMBER 2016

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                2                        DBE/November 2016
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
        voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

        AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

        VRAAG 1:        DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                        OORLOG

        VRAAG 2:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

        VRAAG 3:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                        BURGERREGTEBEWEGING

        AFDELING B: OPSTELVRAE

        VRAAG 4:        UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                        VIËTNAM

        VRAAG 5:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                        DIE KONGO EN TANZANIË

        VRAAG 6:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                        SWARTMAGBEWEGING

2.      AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
        benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
        word.

3.      AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.      Beantwoord DRIE vrae soos volg:

        4.1      Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
                 moet 'n opstelvraag wees.

        4.2      Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees.

5.      Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.      In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
        gebruik.

7.      Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                3                          DBE/November 2016
                                             NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:         WAAROM HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA NA 1945
                 FINANSIËLE HULP AAN EUROPESE LANDE VERLEEN?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Lees Bron 1A.

         1.1.1       Noem TWEE maniere waarop Wes-Europese lande deur die
                     Tweede Wêreldoorlog geraak is.                (2 x 1)                       (2)

         1.1.2       Verduidelik in jou eie woorde waarom George Marshall in die laat
                     1940's besluit het om die Europese Herstelprogram in werking
                     te stel.                                                 (2 x 2)            (4)

         1.1.3       Haal enige TWEE lande uit die bron aan wat Marshall-hulp
                     ontvang het.                                     (2 x 1)                    (2)

         1.1.4       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom die Marshall-plan na bewering 'n 'ekonomiese wonderwerk
                     in Wes-Europa teweeggebring' het.                          (2 x 2)          (4)

1.2      Raadpleeg Bron 1B.

         1.2.1       Waarom, volgens Varga, het die Verenigde State van Amerika die
                     Marshall-plan geïmplementeer?                           (1 x 2)             (2)

         1.2.2       Kies TWEE bewyse uit die bron wat aandui dat die Verenigde State
                     van Amerika die Marshall-plan gebruik het om 'n ekonomiese krisis
                     te voorkom.                                               (2 x 1)           (2)

         1.2.3       Definieer die term monopolie-kapitaal in jou eie woorde in die
                     konteks van die Marshall-plan.                          (1 x 2)             (2)

1.3      Raadpleeg Bron 1A en 1B. Verduidelik watter EEN van die bronne (1A of 1B)
         die bruikbaarste sou wees vir 'n historikus wat die implementering van die
         Marshall-plan bestudeer.                                            (2 x 2)             (4)

1.4      Verwys na Bron 1C.

         1.4.1       Watter boodskappe, dink jy, word in die spotprent oor Europa se
                     verhouding met die Verenigde State van Amerika gedurende die
                     Koue Oorlog oorgedra? Gebruik die visuele leidrade in die bron om
                     jou antwoord te ondersteun.                                 (2 x 2)         (4)

         1.4.2       Verduidelik waarom jy dink die gesig van die figuur in die spotprent
                     as 'n muntstuk uitgebeeld word.                              (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  4                            DBE/November 2016
                                               NSS

1.5      Bestudeer Bron 1B en 1C. Verduidelik op watter maniere die bewyse in
         hierdie bronne mekaar ondersteun oor hoe kommuniste die Marshall-plan
         beskou het.                                                   (2 x 2)                       (4)

1.6      Raadpleeg Bron 1D.

         1.6.1       Haal enige TWEE bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat
                     Wes-Europese lande ekonomiese sukses geniet het nadat hulle
                     hulp van die Marshall-plan ontvang het.               (2 x 1)                   (2)

         1.6.2       Watter kritiek, volgens die bron, is deur Marxisties-Leninistiese kritici
                     teenoor die skenkernasie (VSA) uitgespreek?                      (1 x 2)        (2)

         1.6.3       Gebruik die bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom die Amerikaanse ekonomie in die 1950's en vroeë 1960's
                     gefloreer het.                                          (2 x 2)                 (4)

1.7      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik waarom die Verenigde State van Amerika na 1945 finansiële hulp
         aan Europese lande verleen het.                                                             (8)
                                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 5                           DBE/November 2016
                                              NSS

VRAAG 2: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE
         VIR SUIDELIKE AFRIKA?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1       Haal enige TWEE moontlike redes uit die bron aan oor waarom die
                     Slag van Cuito Cuanavale die 'keerpunt van die oorlog' was. (2 x 1)          (2)

         2.1.2       Waarom, volgens Generaal Geldenhuys, het die Sowjet-alliansie die
                     Slag van Cuito Cuanavale verloor? Gee TWEE redes vir jou
                     antwoord.                                                 (2 x 1)            (2)

         2.1.3       Verduidelik die term propaganda in die konteks van die uitkoms van
                     die Slag van Cuito Cuanavale.                               (1 x 2)          (2)

         2.1.4       Lewer kommentaar op wat jy dink geïmpliseer word deur die stelling
                     dat die Suid-Afrikaners 'op die slagveld gewen het', maar 'die
                     deurslaggewende politieke slag verloor het'. Ondersteun jou
                     antwoord met relevante bewyse.                             (2 x 2)           (4)

2.2      Lees Bron 2B.

         2.2.1       Waarom, volgens die bron, het die Angolese regering Kuba versoek
                     om by Cuito Cuanavale betrokke te raak?                   (1 x 2)            (2)

         2.2.2       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                     tot watter mate jy saamstem met Castro se stelling: 'In Cuito
                     Cuanavale het die Suid-Afrikaanse weermag sy byt werklik verloor.'
                                                                                   (2 x 2)        (4)

         2.2.3       Lewer kommentaar op die rol wat die Verenigde State van Amerika
                     in die laat 1980's in Angola gespeel het.                (2 x 2)             (4)

         2.2.4       Verduidelik waarom Castro geglo het dat Kuba se betrokkenheid
                     by die Slag van Cuito Cuanavale die 'vooruitsigte vir (die) vrede ...'
                     'n 'hupstoot gegee het'.                                       (2 x 2)       (4)

2.3      Raadpleeg Bron 2C.

         2.3.1       Waarom, volgens Saunders, was al drie regerings bereid om die
                     Angola/Namibië-verdrag te onderteken?                   (1 x 2)              (2)

         2.3.2       Watter bewys in die bron gee te kenne dat die Verenigde State van
                     Amerika en die Sowjetunie saamgewerk het om die krisis in
                     suidelike Afrika op te los?                                (1 x 2)           (2)

         2.3.3       Verduidelik hoe Gorbachev se bewindsaanvaarding               in die
                     Sowjetunie die situasie in Angola beïnvloed het.               (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 6                            DBE/November 2016
                                              NSS

2.4      Bestudeer Bron 2D.

         2.4.1       Noem enige TWEE 'partye' (lande) wat die driesydige ooreenkoms
                     (New York-verdrag) op 22 Desember 1988 onderteken het.
                                                                              (2 x 1)              (2)

         2.4.2       Verduidelik tot watter mate 'n historikus wat die geskiedenis van
                     suidelike Afrika in die laat 1980's bestudeer, die inligting in hierdie
                     bron bruikbaar sal vind.                                        (2 x 2)       (4)

2.5      Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
         bewyse in Bron 2D ondersteun ten opsigte van die rol wat die Verenigde
         State van Amerika in die laat 1980's in die oplossing van die krisis in suidelike
         Afrika gespeel het.                                                       (2 x 2)         (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
         gevolge van die Slag van Cuito Cuanavale vir suidelike Afrika verduidelik.                (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 7                          DBE/November 2016
                                              NSS

VRAAG 3:         VOOR WATTER UITDAGINGS HET DIE LITTLE ROCK NEGE
                 GEDURENDE DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL IN
                 1957 TE STAAN GEKOM?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1       Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat
                     skoolamptenare aansoeke vir toelating tot Central High School
                     afgekeur het.                                           (2 x 1)              (2)

         3.1.2       Verduidelik die term integrasie in die konteks van die krisis wat in
                     1957 by Central High School plaasgevind het.                  (1 x 2)        (2)

         3.1.3       Lewer kommentaar op waarom jy dink slegs nege swart
                     Amerikaanse leerders toegelaat is om by Central High School skool
                     te gaan.                                                   (2 x 2)           (4)

         3.1.4       Waarom, volgens die bron, het Goewerneur Faubus besluit om die
                     (Arkansas) Nasionale Garde te ontplooi?                  (1 x 2)             (2)

3.2      Gebruik Bron 3B.

         3.2.1       Volgens die bewyse in die bron, wat het Elizabeth Eckford gesien
                     toe sy uit die bus geklim het?                            (1 x 1)            (1)

         3.2.2       Haal DRIE bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat Elizabeth
                     Eckford beledig is.                                       (3 x 1)            (3)

         3.2.3       Lewer kommentaar op waarom jy dink die Nasionale Garde geen
                     poging aangewend het om Elizabeth Eckford teen die beledigings by
                     te staan nie.                                              (2 x 2)           (4)

         3.2.4       Verduidelik die bruikbaarheid van die bewyse in hierdie bron vir 'n
                     historikus wat navorsing doen oor die keuses wat mense ten opsigte
                     van die integrasie by Central High School gemaak het.       (2 x 2)          (4)

3.3      Raadpleeg Bron 3C.

         3.3.1       Watter boodskappe dra die foto omtrent Elizabeth Eckford se eerste
                     dag by Central High School oor?                             (2 x 2)          (4)

         3.3.2       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en sê waarom,
                     dink jy, Grace Lorch besluit het om Elizabeth Eckford
                     by te staan.                                               (2 x 2)           (4)

3.4      Bestudeer Bron 3B en 3C. Lewer kommentaar op hoe die inligting in Bron 3B
         die inligting in Bron 3C ondersteun ten opsigte van die uitdagings wat die
         leerders by Central High School die hoof moes bied.                (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 8                          DBE/November 2016
                                              NSS

3.5      Lees Bron 3D.

         3.5.1       Waarvan, volgens die bron, het segregasioniste, verslaggewers en
                     Faubus vir Daisy Bates beskuldig?                         (2 x 1)            (2)

         3.5.2       Kies enige TWEE bewyse uit die bron wat te kenne gee dat
                     Elizabeth Eckford met Daisy Bates ontevrede was.   (2 x 1)                   (2)

         3.5.3       Verduidelik waarom jy dink dat die internasionale pers besluit het
                     om Elizabeth Eckford te prys en haar aanvallers te veroordeel.
                                                                                   (2 x 2)        (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik voor watter uitdagings die Little Rock Nege gedurende die
         integrasie van Central High School in 1957 te staan gekom het.                           (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             9                         DBE/November 2016
                                          NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae
nie.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:         UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                 VIËTNAM

Verduidelik tot watter mate die taktieke en die strategieë wat die Viëtkong teen die
Verenigde State van Amerika se weermag gebruik het, daarin geslaag het om die
verspreiding van kapitalisme in Viëtnam tussen 1965 en1975 te stuit.

Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun.                                  [50]

VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                 DIE KONGO EN TANZANIË

Mobutu Seso Seko en Julius Nyerere het beide goeie leierskapseienskappe getoon
nadat onafhanklikheid van koloniale regering in die 1960's verkry is.

Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die politieke en ekonomiese beleid
wat beide leiers vanaf die 1960's tot die 1970's in hulle onderskeie lande
geïmplementeer het.                                                                      [50]

VRAAG 6:         BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                 SWARTMAGBEWEGING

Die Swartmagbeweging was gemoeid met die bevordering van swart mag, die inskerp
van swart trots en die kweek van selfrespek onder swart Amerikaners in die 1960's.

Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse.         [50]

                                                                           TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hist P1 Qp Eng Jun2016](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-qp-eng-jun2016/5fb99958-5825-4cdd-b57e-5dbe452d63f2) — History · QP · 2016 · Eng
- [Hist P1 Adde Eng Jun2016](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-adde-eng-jun2016/f33abed9-3abf-4480-be70-88f3a0d2fcc2) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2016-eng/7ecc30b3-80b2-4d62-9b4f-c007ce026be2) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-eng/ee3ae3b0-c354-45e6-b3c7-332627f487ef) — History · QP · 2020 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-eng/89668a5f-bd22-4e52-9e37-55411cf74229) — History · QP · 2014 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-afr/ea332f92-48ce-4d55-9cb0-0d24da82e036) — History · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
