# History Grade 12 Paper 1 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2016-memo-afr/53d2846e-a944-481f-aa0a-73b3433cfd2e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2016-memo-afr/53d2846e-a944-481f-aa0a-73b3433cfd2e)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                  GESKIEDENIS V1

                                  NOVEMBER 2016

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  2                           DBE/November 2016
                                        NSS – Memorandum

1.      BRONGEBASEERDE VRAE
1.1     Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
        ontwikkel:

                                                                                    GEWIGS-
KOGNITIEWE
                                   HISTORIESE VAARDIGHEDE                         TOEKENNING
  VLAKKE
                                                                                   VAN VRAE
                     •   Onttrek inligting uit bronne
      VLAK 1         •   Selektering en organisasie van relevante inligting uit         30%
                         bronne                                                         (15)
                     •   Definieer historiese begrippe/terme
                     •   Interpretasie van bewyse uit bronne
      VLAK 2                                                                            40%
                     •   Verduidelik inligting verkry uit bronne
                                                                                        (20)
                     •   Analiseer bewyse uit bronne
                     •   Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
                     •   Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid,
      VLAK 3             eensydigheid en beperkings vas te stel                         30%
                     •   Vergelyk en kontrasteer interpretasies en                      (15)
                         perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike
                         gevolgtrekkings

1.2     Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
        • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
            ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
        • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
            vereistes van die vraag voldoen is.
        • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
            aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
            skrif aangedui.

1.3     Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
        • Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord
        • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
           en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
           twee punte toegeken word ()
        • Indien 'n vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui

        Paragraafvraag
        Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en die
        struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
        toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
        paragraafvraag geassesseer word:
        • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt () by elke punt binne-in die teks waar
            die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
        • Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om
            relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord, te evalueer.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               3                           DBE/November 2016
                                     NSS – Memorandum

       •   Maak regmerkies (), wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is,
           aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die
           holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv.
           ___________________________________________________________
           _______________________________________________
           
           Vlak 2

       •   Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
           Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
           onder in die regterkantse kantlyn, bv. 32
                                                  50
       •   Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
           antwoordeboek oorgedra word.

2.     OPSTELVRAE

2.1    Die opstelvrae vereis dat kandidate:
       • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
           stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
           bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
           'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
           beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
           gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.

2.2    Nasien van opstelvrae
       • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
          die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
       • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
          ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
       • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
          kry vir enige ander relevante antwoord.

2.3    Globale assessering van 'n opstel
       Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
       die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
       samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
       aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
       feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
       verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
       benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
       reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
       Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
       deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
       holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
       aangesien die klem op die volgende val:
       • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
       • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
            ondersteun
       • Die leerder se interpretasie van die vraag.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                    4                        DBE/November 2016
                                          NSS – Memorandum

2.4    Assesseringsprosedures van die opstel

       2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
       2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
             vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
             nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
             gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt
             in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
             sal daar dus 7 regmerkies wees.
       2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
             • Inleiding, hoofaspekte, slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie

                                                                       ^
                 • Verkeerde stelling                        _________________

                 • Irrelevante stelling            |
                                                   |
                                                   |

                 • Herhaling                 R

                 • Analise                         A√

                 • Interpretasie                   1√

2.5.   Die matriks

       2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle

       By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
       voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
       aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
       inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.

       (a)         Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
                   die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
                   stel.

                                                                I      VLAK 4

       (b)         Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van
                   die aanbieding bepaal.

                                                                I      VLAK 4
                                                                A      VLAK 3

       (c)         Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                                I
                                                                A
                                                                       VLAK 4
                                                                       VLAK 3      }26–27
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
     Geskiedenis/V1                                                       5                                                     DBE/November 2016
                                                                  NSS – Memorandum

     NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50

                            VLAK 7              VLAK 6               VLAK 5              VLAK 4               VLAK 3               VLAK 2               VLAK 1*
AANBIEDING              Baie goed           Baie goed            Goed beplande en     Argument beplan     Toon soms bewys      Poging               Weinig of geen
                        beplande en         beplande en          gestruktureerde      en gestruktureer.   van 'n               aangewend om         poging om die
                        gestruktureerde     gestruktureerde      opstel.              Bewyse tot 'n       gestruktureerde en   antwoord te          opstel te
                        opstel. Goeie       opstel. 'n           Poog om 'n           sekere mate         beplande             struktureer.         struktureer nie.
                        sintese van         Relevante            duidelike argument   gebruik om          argument. Poog       Grootliks
                        inligting. Het 'n   argument is          te ontwikkel.        argument te         om 'n argument vol   beskrywend of
                        goed                gevolg. Bewyse       Gevolgtrekking       ondersteun.         te hou.              poog om argument
INHOUD                  gebalanseerde,      gebruik om die       gemaak uit           Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie   te ontwikkel. Geen
                        oorspronklike       argument te          bewyse om die        grond van bewyse.   duidelik             poging om 'n
                        argument            verdedig. Poog om    argument te                              ondersteun deur      gevolgtrekking te
                        ontwikkel met       'n onafhanklike      ondersteun.                              bewyse nie.          maak nie.
                        bewyse. Argument    gevolgtrekking uit
                        deurgaans           die bewyse te
                        volgehou en         maak om die
                        verdedig.           argument te
                        Onafhanklike        ondersteun.
                        gevolgtrekking
                        gemaak uit
                        bewyse om die
                        argument te
                        ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten             47–50                43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie               43–46                40–42                38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud           38–39                36–37                34–35               30–33                28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige                                                      30–33               28–29                26–27
weglatings of
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit                                                                        26–27                24–25                20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend                                                                                              20–23                18–19                14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                                   14–17                 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

     *     Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:

     •     Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie =    0
     •     Antwoord sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te
           struktureer nie =                                                                                       1– 6
     •     Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer =                     7–13

     Kopiereg voorbehou                                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              6                           DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:         WAAROM HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA NA 1945
                 FINANSIËLE HULP AAN EUROPESE LANDE VERLEEN?

1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
      • Wes-Europa in puin gelê
      • Landerye verwoes
      • Infrastruktuur vernietig
      • Europa ontsettende nood gedompel                                (enige 2 x 1) (2)

1.1.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
      • Om Europese lande te help herstel nadat hulle deur die Tweede Wêreldoorlog
          platgeslaan is
      • Die program het finansiële hulp aan alle Europese lande verleen om hulle
          ekonomieë te verbeter
      • Die VSA het dit gebruik as 'n program om die verspreiding kommunisme na
          Europese lande te keer
      • Hulle het om humanitêre redes bystand verleen
      • Enige ander relevante antwoord                             (enige 2 x 2) (4)

1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
      • Groot Brittanje
      • Frankryk
      • Wes-Duitsland
      • Italië
      • Nederland
      • België                                                          (enige 2 x 1) (2)

1.1.4 [Analise van inligting uit Bron 1A – V2]
      • Wes-Europese industrieë produseer tweemaal soveel as in die jare voor die
         oorlog
      • Rekordvlakke van Europese handel met Amerika
      • Grootskaalse herbou van die infrastruktuur
      • Dit het gelei tot 'n vinnige ekonomiese herstel van Europese lande
      • Dit het ŉ kommunistiese oorname van Wes-Europa voorkom
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2) (4)

1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
      • Om die verwagte ekonomiese krisis in die VSA te versag
      • VSA het ŉ twintig persent afname in produksie verwag... wat tot werkloosheid
         sou lei
      • Dit sou bewys dat die veral voordelig sou wees vir monopolie kapitaal(1 x 2) (2)

1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
      • Amerika moes sy uitvoere verhoog
      • Amerika sou krediet aan Europese lande moes toestaan                   (2 x 1) (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             7                           DBE/November 2016
                                   NSS – Memorandum

1.2.3 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 1B – V1]
      • Amerika se strategie (om geld te gee/ goedere aan Wes-Europa te verkoop) om
         beheer te hê oor die ekonomieë van Wes-Europese lande (en om die
         verspreiding van kommunisme te voorkom)
      • 'n Ekonomiese sisteem wat deur 'n groep ryk mense/maatskappye/lande
         beheer word
      • 'n Ekonomiese sisteem wat deur voordeelgrense beheer word/ gebaseer is op
         privaat eienaarskap/ deur 'n vryemarksisteem gekarakteriseer word
      • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 1 x 2) (2)

1.3    [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 1A of 1B – V3]
       Kandidate moet aandui watter bron (1A of 1B) meer BRUIKBAAR is en hulle
       antwoord met relevante bewyse ondersteun.

       BRON 1A
       • Dit verskaf inligting oor die bedoeling van die Marshall-plan volgens George
         Marshall
       • Dit voorsien die Amerikaanse (Westerse) perspektief van die Marshall-plan
       • Dit toon die prestasies van die Marshall-plan
       • Dit toon die datum, bedrag en lande wat betrokke was in die Marshall-plan
       • Enige ander relevante antwoord

       BRON 1B
       • 'n Bron wat deur 'n akademikus, Scott D Parrish, van die Universiteit van Texas
         geskryf is
       • Dit analiseer Varga ('n Sowjet ekonoom) se siening van die Marshall-plan
       • Dit verskaf 'n Sowjet/kommunistiese perspektief van die Marshall-plan
       • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2) (4)

1.4
1.4.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
      • Europa (knielend) word getoon as onderdanig aan Amerikaanse mag/kapitaal
      • Dit toon 'n 'baas' as ŉ vet kapitalis (VSA) ‘kneg’ wat kniel (Europese lande)
          verhouding
      • Die Verenigde State van Amerika het finansiële hulp (Marshall-hulp) aan
          Europese lande verskaf
      • Die Sowjets sien die VSA as die een wat geld gebruik om sy doel te bereik –
          'dollar diplomasie/ imperialisme'
      • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

1.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
      • Amerika gebruik sy geld om Europese lande te domineer
      • Dit toon dat die VSA sy beleid van 'Dollar Imperialisme' in Europese lande
          toepas
      • Die VSA wou Europese lande beheer/ domineer
      • Die VSA word getoon as ongevoelig, onmenslik en gesigloos
      • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              8                            DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

1.5    [Vergelyking van inligting in Bron 1B en 1C – V3]
       • In Bron 1B gee Varga te kenne dat die hoofrede vir die Marshall-plan was om
          die VS ekonomie te bevoordeel; In Bron 1C word die VSA uitgebeeld asof hulle
          van geld gemaak is (het 'n gesig wat lyk soos 'n dollar-muntstuk)
       • In Bron 1B gee Varga te kenne dat die VS die Marshall-plan tot sy eie politieke
          voordeel gebruik het; In Bron 1C word Europese lande (diegene wat kniel)
          getoon wat onderdanig is aan die superioriteit van Amerika.
       • Beide (Bron 1B en 1C) gee te kenne dat die VSA se motief met die Marshall-
          plan was om ekonomiese en politieke mag oor Wes-Europese lande te verkry -
          'Dollar Imperialisme'
       • Beide (Bron 1B en 1C) toon die superieure status van die VSA
       • Enige ander relevante antwoord                                   (enige 2 x 2) (4)

1.6
1.6.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
      • Europese industriële produksie het met 35% bo die vooroorlogse vlakke gestyg
      • Europese landbouproduksie het met 10% bo die vooroorlogse vlakke gestyg
      • Wes-Europese nasies het ŉ tydperk van ekonomiese uitbreiding aangepak
                                                                      (enige 2 x 1) (2)

1.6.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
      • Die VSA ondervind groot handelsvoordele uit sy finansiële hulp aan Wes-
         Europese lande
      • Amerika gee finansiële hulp omdat hulle voordeel daaruit wou trek
      • Twee derdes van die invoere het van die VSA gekom
      • Meer werksgeleenthede vir VSA werkers
      • Hoër profyt vir Amerikaanse firmas
                                                                       (enige 1 x 2) (2)

1.6.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
      • Amerika het bestellings vir goedere en dienste uit Europa ontvang wat
          verhoogde produksie verseker het
      • Amerika se ekonomie het gefloreer omdat hulle nie grootskaalse werkloosheid
          ondervind het nie
      • Amerika ontvang betalings vir lenings wat aan Europese lande gegee is
      • Lande wat Marshall-hulp ontvang het, is verplig om VS goedere te koop
      • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                9                          DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

1.7    [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

       Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit.

       •   Om humanitêre redes in die konteks van die na-oorlogse krisis (Bron 1A)
       •   Om die verspreiding van kommunisme in Europa te voorkom (Bron 1A)
       •   Om die ekonomiese herstel van Europa na die Tweede Wêreldoorlog te
           bevorder (Bron 1A en1D)
       •   Om die verwagte na-oorlogse ekonomiese krisis in die VSA te versag (Bron 1B
           en 1D)
       •   Om die kapitalistiese ekonomiese stelsel/ monopolie kapitaal te bevoordeel
           (Bron 1B en 1D)
       •   Om politieke beheer oor Europa te verkry (Bron 1B en 1C)
       •   Om VS 'Dollar Diplomasie/ Imperialisme' te bevorder (Bron 1B en 1C)
       •   Om die bedreiging van werkloosheid in die VSA te verminder (Bron 1D)
       •   Om 'n invloedsfeer in Europa te vestig (eie kennis)
       •   Enige ander relevante antwoord

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                 • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
                   min begrip oor waarom die Verenigde State van Amerika na           PUNTE
  VLAK 1
                   1945 finansiële hulp aan Europese lande verleen het.                0–2
                 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                 • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met
                   die onderwerp, bv. toon begrip oor waarom die Verenigde
                                                                                      PUNTE
  VLAK 2           State van Amerika na 1945 finansiële hulp aan Europese
                                                                                       3–5
                   lande verleen het.
                 • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
                 • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
                   oor waarom die Verenigde State van Amerika na 1945
                                                                                      PUNTE
  VLAK 3           finansiële hulp aan Europese lande verleen het.
                                                                                       6–8
                 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
                   toon begrip van onderwerp.
                                                                                           (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             10                           DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 2: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE
         VIR SUIDELIKE AFRIKA?

2.1
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
      • Al die hoofdoelwitte van die oorlog is bereik
      • Suid-Afrika onttrek sy troepe
      • Angola het relatiewe vrede bereik
      • Namibië het onafhanklikheid verkry                               (enige 2 x 1) (2)

2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
      • Sowjets het nie daarin geslaag om Savimbi te verpletter nie
      • Sowjets het nie daarin geslaag om Savimbi se hoofsetel by Jamba te vernietig
         nie                                                             (2 x 1) (2)

2.1.3 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 2A – V1]
      • Die verspreiding van verkeerde inligting oor die uitkoms van die slag van Cuito
         Cuanavale om doelbewus mense se siening oor wie die oorlog gewen het te
         beïnvloed
      • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 1 x 2) (2)

2.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
      • Die militêre oorwinning deur die SAW by Cuito Cuanavale was oor die
          langtermyn minder belangrik as die daaropvolgende verskuiwing van die
          magsbalans
      • Alhoewel die SAW op oorwinning by Cuito Cuanavale aanspraak gemaak, het
          die apartheidstaat die 'oorlog' verloor, want Namibië het in 1990
          onafhanklikheid verkry
      • Dit het tot beëindiging van wit minderheidsregering in Suid-Afrika (1994) gelei
      • Suid-Afrika kon nie Angola gedwing het om kapitalisme te aanvaar nie
      • Enige ander relevante antwoord                                   (enige 2 x 2) (4)

2.2
2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
      • Die Angolese regering het Kuba die verantwoordelikheid aangesê om Cuito
         Cuanavale te verdedig
      • Om die Suid-Afrikaanse opmars na Cuito Cuanavale te keer
      • Om 'n hinderlaag vir die Suid-Afrikaners op hulle weg na Cuito Cuanavale te
         stel                                                       (enige 1 x 2) (2)

2.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
      Kandidate kan tot 'n groot mate saamstem
      • Die Suid-Afrikaanse weermag het groot verliese in die Slag van Cuito
          Cuanavale gely
      • Die Kubane het die Suid-Afrikaanse weermag verslaan en was die oorwinnaars
      • Die Suid-Afrikaanse weermag het oneffektief geword
      • Suid-Afrika onttrek uit Angola
      • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            11                             DBE/November 2016
                                   NSS – Memorandum

       Kandidate kan tot 'n mindere mate saamstem
       • Kuba kon nie die SAW en UNITA oorwin nie
       • SAW het minder ongevalle as Cuba gehad
       • SAW het beweer dat die oorname van Cuito Cuanavale nooit hulle doel was
          nie
       • SAW het Namibië as oorwinnaars ingeval
       • Enige ander relevante antwoord                            (enige 2 x 2) (4)

2.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
      • Die Verenigde State van Amerika het as bemiddelaars probeer optree
      • Die Verenigde State van Amerika het probeer om vrede na die streek te bring
      • Verenigde State van Amerika het opgetree as bemiddelaar/ onderhandelaar
          tussen Angola en Suid-Afrika
      • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

2.2.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
      • Die Kubane het die Suid-Afrikaners gekeer om verder in Angola op te mars
      • Die Kubaanse oorwinning oor SAW het Suid-Afrikaners meer gewillig gemaak
          om 'n ooreenkoms te bereik
      • Die Kubane het 'n politieke en ekonomiese 'rampspoed' voorkom
      • Na die Slag van Cuito Cuanavale het die magsbalans in Angola 'radikaal
          verander'
      • Namibië het onafhanklikheid verkry
      • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

2.3
2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
      • Die finale ooreenkoms het iets vir elke betrokke party ingehou          (1 x 2) (2)

2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
      • Die supermoondhede het 'n Gesamentlike Moniterings Kommissie tot stand
         gebring om toesig te hou oor die ooreenkoms                (1 x 2) (2)

2.3.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
      • Vanaf die mid-1980's was daar groter samewerking tussen die VSA en die
          USSR
      • Gorbachev (die Sowjetleier) het 'n nuwe denkwyse (perestroika en glasnost)
          uitgevoer wat samewerking met die VSA bevorder het
      • Die nuwe denkwyse in die USSR het die vrees vir 'n kommunistiese aanslag
          verminder
      • Die apartheidsregering was meer gewillig om uit Angola te onttrek
      • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

2.4
2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
      • Suid-Afrika
      • Angola
      • Kuba                                                             (enige 2 x 1) (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               12                             DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

2.4.2 [Verduideliking van die bruikbaarheid van bewyse in Bron 2D – V3]
      Kandidate moet aandui of die bron BRUIKBAAR TOT ŉ GROOT MATE IS of
      BRUIKBAAR TOT ŉ MINDERE MATE en hulle antwoord met relevante bewyse
      ondersteun.

       BRUIKBAAR TOT ŉ GROOT MATE
       • Dit voorsien die name en range van politieke leiers wat die New York
         Ooreenkoms onderteken het
       • Die foto illustreer dat die politieke situasie in suidelike Afrika van internasionale
         belang was
       • Die onafhanklikheid van Namibië is deur die Verenigde Volke Organisasie
         gefasiliteer
       • Dit toon watter organisasies uit die New York Ooreenkoms uitgesluit is, bv.
         SWAPO, die Namibiese vryheidsbeweging het geen rol gespeel nog het Jonas
         Savimbi of UNITA 'n rol gespeel nie
       • Dit gee historici 'n duidelike beeld van die formaliteite en protokol wat
         gepaardgegaan het met die ondertekening van die bilaterale en drieledige
         ooreenkomste (New York Ooreenkomste)
       • Dit toon dat Suidelike Afrika gesoek het na ŉ vreedsame resolusie in die konflik
       • Enige ander relevante antwoord

                                             OF

       BRUIKBAAR TOT ŉ MINDERE MATE
       • Dit verduidelik nie waarom sommige mense in die onderhandelings ingesluit is
         en ander uitgelaat is nie
       • Die bron is beperk tot een moment in die geskiedenis van suidelike Afrika (daar
         was baie ander gebeure en prosesse wat in die laat 1980's plaasgevind het)
       • Die foto verduidelik nie die proses hoe die leiers tot die besluit gekom het om
         die ooreenkoms te onderteken nie
       • Die foto gee geen details van die bepalings in die ooreenkomste en of dit
         onderhou is nie
       • Enige ander relevante antwoord                                     (enige 2 x 2) (4)

2.5    [Vergelyk inligting in Bron 2C en 2D – V3]
       • Bron 2C lig die rol toe wat die Verenigde State van Amerika gespeel het in die
          bemiddeling van die vredesooreenkoms; Bron 2D toon die bilaterale en
          drieledige ooreenkomste wat in die Verenigde State van Amerika onderteken is
          en die VS Staatsekretaris (George Shultz) wat by die tafel saam met Angola,
          Suid-Afrika en Kubaanse amptenare sit en teken (selfs al was VS gebied of
          troepe nie betrokke nie)
       • Bron 2C beweer dat beide Kuba en Suid-Afrika hulle troepe uit Angola moes
          onttrek na die Slag van Cuito Cuanavale; In Bron 2D word die Kubaanse en
          Suid-Afrikaanse amptenare getoon terwyl hulle die drieledige ooreenkoms
          onderteken
       • Bron 2C toon ŉ nuwe samewerking tussen die VSA en die USSR en in Bron 2D
          word die samewerking tussen die VSA en Kubaanse afgevaardigdes in die
          Verdrag gesien
       • Enige ander relevante antwoord                                     (2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               13                          DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

2.6    [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

       Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

       •   Die SAW het terugslae gely by Cuito Cuanavale wat getoon het dat hulle nie
           onoorwinlik was nie, hulle kon gekeer word (Bron 2B)
       •   Die apartheidsregering is tot kompromis en onderhandeling gedwing as gevolg
           van die Slag van Cuito Cuanavale (New York Ooreenkoms) (Bron 2A, 2B, 2C
           en 2D)
       •   Die oorwinning deur Kubaanse magte by Cuito Cuanavale het nuwe vertroue
           gegee aan vryheidsbewegings in suidelike Afrika (Bron 2A, 2B en 2D)
       •   Die magsbalans in suidelike Afrika het in die guns van vryheidsbewegings
           geswaai na die Slag van Cuito Cuanavale (Bron 2A, 2C en 2D)
       •   Die oorwinning oor die SAW by Cuito Cuanavale het die weg gebaan vir die
           onafhanklikheid van Namibië van Suid-Afrika (Bron 2A, 2B, 2C en 2D)
       •   Na die Slag van Cuito Cuanavale het die buitelandse troepe uit Angola onttrek,
           alhoewel die burgeroorlog aangehou het (Bron 2A, 2B en 2C)
       •   Na die Slag van Cuito Cuanavale was die apartheidsregering meer gewillig om
           politieke gevangenes vry te laat en met vryheidsbewegings te onderhandel (eie
           kennis)
       •   Enige ander relevante antwoord.

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                 •   Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
                     min begrip van wat die gevolge van die Slag van Cuito             PUNTE
  VLAK 1
                     Cuanavale op suidelike Afrika was.                                 0–2
                 •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                 •   Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
                     met die onderwerp, bv. toon begrip van wat die gevolge van        PUNTE
  VLAK 2
                     die Slag van Cuito Cuanavale op suidelike Afrika was.              3–5
                 •   Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
                 •   Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
                     van wat die gevolge van die Slag van Cuito Cuanavale op
                                                                                       PUNTE
  VLAK 3             suidelike Afrika was.
                                                                                        6–8
                 •   Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
                     en toon begrip van onderwerp.
                                                                                         (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             14                           DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET DIE LITTLE ROCK NEGE GEDURENDE
         DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL IN 1957 IN DIE
         GESIG GESTAAR?

3.1
3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
      • Skoolamptenare het slegs 17 swart Amerikaanse leerders uit 200 aansoekers
         gekies
      • Hulle grade was nie hoog genoeg nie
      • Amptenare het nie gedink dat hulle die druk sou kon hanteer van die feit dat
         hulle 'n klein minderheid was in 'n oorwegend wit skool...      (2 x 1) (2)

3.1.2 [Verduideliking van 'n historiese begrip uit Bron 3A – V1]
      • 'n Proses wat toegelaat het dat swart Amerikaanse studente dieselfde skool as
         wit Amerikaanse studente bywoon
      • Om swart Amerikaanse en wit Amerikaanse studente by Central High School
         byeen te bring
      • Rasse vermenging van studente (bv. swart Amerikaners en wit Amerikaners)
         byvoorbeeld by Central High School
      • Enige ander relevante antwoord                               (enige 1 x 2) (2)

3.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2
      • Hierdie studente het deur 'n streng keuringsproses gegaan voordat hulle
          aanvaar kon word by Central High School
      • Baie ander swart Amerikaanse studente wat geïdentifiseer was, het nie aan die
          keuringskriteria voldoen nie
      • Hulle is verstandelik en geestelik voorberei om die druk te kan hanteer
      • Daar was teenkanting teen integrasie by Central High School deur
          segregasioniste
      • Sommige swart Amerikaanse aansoekers het onttrek uit vrees vir hulle
          veiligheid/ op hulle eie
      • Enige ander relevante antwoord                                   (enige 2 x 2) (4)

3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
      • Om te keer dat swart Amerikaanse studente Central High School bywoon
      • Hy sê dat hy dit vir die beskerming van swart Amerikaanse studente gedoen
         het
      • Vir die kalmte van die stad
      • Lewens is bedreig (Swart Amerikaanse leerlinge)            (enige 1 x 2) (2)
3.2
3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
      • 'n See van kwaai gesigte                                         (1 x 1) (1)

3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
      • Spottende skare
      • ŉ Geskreeu
      • Knieë het gebewe
      • Kry 'n tou
      • Sleep haar oor hierdie boom
      • Kom ons sorg vir hierdie 'neger'                                       (3 x 1) (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            15                          DBE/November 2016
                                   NSS – Memorandum

3.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
      • Hulle was teen die integrasieproses wat by Central High School plaasgevind
          het
      • Hulle is deur Faubus beveel om nie swart Amerikaanse studente op hulle
          skoolkampus toe te laat nie
      • Hulle het die bende wit segregasioniste ten volle ondersteun
      • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

3.2.4 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 3B – V3]

       Die bewyse in die bron is bruikbaar omdat dit inligting verskaf oor:
       • Wat met Elizabeth Eckford op haar eerste dag by Central High School gebeur
          het
       • Oor die keuse wat deur Elizabeth Eckford gemaak is om Central High School
          by te woon
       • Oor die keuse wat deur Grace Lorch gemaak is om Elizabeth Eckford by te
          staan
       • Oor die keuse wat deur die skare gemaak is om Elizabeth Eckford te intimideer
          en te beledig
       • Oor die keuse wat deur die Nasionale Garde gemaak is om Elizabeth Eckford
          nie te verdedig nie
       • Enige ander relevante antwoord                                     (2 x 2) (4)

3.3
3.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
      • Nie alle wit Amerikaners was teen integrasie nie
      • Sommige wit Amerikaners het openlik hulle ondersteuning vir integrasie getoon
          bv. Grace Lorch
      • Elizabeth Eckford is gekeer om Central High School binne te gaan as gevolg
          van die teistering van segregasioniste
      • Integrasie van Central High School het intense media belangstelling gelok
      • Om die graad van rassisme in die Suidelike State aan die kaak te stel
      • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2) (4)

3.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
      • Grace Lorch was teen segregasie en het integrasie ondersteun
      • Grace Lorch was 'n lid van die NAACP
      • Grace Lorch was lankal betrokke by die Burgerregtebeweging
      • Grace Lorch het simpatie gehad / jammer gevoel teenoor Elizabeth Eckford
      • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

3.4    [Vergelyking van inligting in Bron 3B en 3C – V3]
       • Bron 3B staaf dat 'n spottende bende Elizabeth Eckford se toegang na Central
          High School geblokkeer het en Bron 3C toon 'n bende wat Elizabeth Eckford
          omring
       • Albei bronne (3B en 3C) toon dat Grace Lorch Elizabeth Eckford bygestaan het
       • Bron 3B beweer dat Grace Lorch haar arm om Elizabeth Eckford gesit het om
          haar te troos wat duidelik is in Bron 3C
       • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              16                           DBE/November 2016
                                     NSS – Memorandum

3.5
3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
      • Beskuldig haar daarvan dat sy Elizabeth Eckford opsetlik na die bende gestuur
         het
      • Om openbare simpatie te wen                                         (2 x 1) (2)

3.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
      • Nou het Elizabeth haar ook beskuldig
      • 'Waarom het jy my vergeet'
      • ‘Koue haat in haar oë’
      • 'Het die studente slegs gesien as voetsoldate in 'n saak'
      • 'Het hulle jammerlik onvoorbereid in hulle beproewing gelos'      (enige 2 x 1) (2)

3.5.3 [Analise van bewyse in Bron 3D – V2]
      • Elizabeth Eckford het nie inmekaar gestort/ gehuil voor haar teisteraars nie/sy
         is geprys vir haar bravade
      • Elizabeth Eckford het opgestaan vir dit wat sy geglo het reg was (integrasie
         moes by Central High School plaasvind)
      • Elizabeth Eckford se beeld in die wêreldpers het die VS Kongres gedwing om
         standpunt in te neem teen segregasioniste
      • Hulle het die aanvallers veroordeel oor hulle rassisme
      • Die skare is veroordeel omdat hulle Elizabeth Eckford geïntimideer/ geteister
         het
      • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2) (4)

3.6    [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

       Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

       •   Goewerneur Faubus het aan die Nasionale Garde gesê om te voorkom dat die
           Little Rock Nege Central High School binnegaan (Bron 3A)
       •   Segregasioniste wou die integrasie van Central High School keer (eie kennis)
       •   Die Little Rock Nege kon nie op die eerste dag skool toe gaan nie (Bron 3D)
       •   Elizabeth Eckford se pad is geblokkeer deur die bende van wit Amerikaanse
           segregasioniste (Bron 3B)
       •   Die Nasionale Garde het Elizabeth Eckford nie teen die bende beskerm nie
           (Bron 3B)
       •   Die bende het Elizabeth Eckford gedreig (Bron 3B)
       •   Institusionele rassisme soos 'n Apteekeienaar wat geweier het dat Grace Lorch
           sy telefoon gebruik om 'n huurmotor te bestel (eie kennis)
       •   'n Verlate wit Amerikaanse vrou (Grace Lorch) het Elizabeth Eckford teen die
           bende beskerm (Bron 3B en 3C)
       •   Die Little Rock Nege moes na Daisy Bates se huis toe gaan omdat die
           segregasioniste hulle nie wou toelaat om in Central High School in te gaan nie
           (Bron 3D)
       •   Die Little Rock Nege het baie skooldae verloor (Bron 3D)
       •   Politici het oor hulle lot gekibbel (Bron 3D)
       •   Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             17                        DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

             • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
               min begrip van die uitdagings wat die Little Rock Nege
                                                                                   PUNTE
  VLAK 1       gedurende die integrasie van Central High School in 1957 in
                                                                                    0–2
               die gesig gestaar het.
             • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
             • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met
               die onderwerp, bv. toon begrip van die uitdagings wat die
                                                                                   PUNTE
  VLAK 2       Little Rock Nege gedurende die integrasie van Central High
                                                                                    3–5
               School in 1957 in die gesig gestaar het.
             • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
             • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
               van die uitdagings wat die Little Rock Nege gedurende die
               integrasie van Central High School in 1957 in die gesig             PUNTE
  VLAK 3
               gestaar het.                                                         6–8
             • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
                toon begrip van onderwerp.
                                                                                     (8)
                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             18                           DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Daar word van kandidate verwag om te verduidelik tot watter mate die taktiek en
strategieë wat die Viëtkong gebruik het suksesvol was in die stuiting van kapitalisme
gedurende die oorlog in Viëtnam (1965 – 1975). 'n Skets van die taktieke en strategieë
wat deur die Viëtkong (Nasionale Vryheidsfront) geïmplementeer is, moet uitgelig word.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate kan verduidelik tot watter mate die taktieke en strategieë
    suksesvol was om die verspreiding van kapitalisme te stuit tussen 1965 en 1975 en
    aandui hoe hulle dit gaan ondersteun.
UITBREIDING
• Die Viëtkong het ŉ oorlog van nasionale bevryding/ onafhanklikheid/ stryd om
   soewereiniteit gevoer/ VSA was in Viëtnam om ideologiese redes (Domino teorie/
   stuiting van kapitalisme)
• Villagisation/ Strategiese Hamlet Program (waar die VSA en Suid-Viëtnam regering
   nuwe dorpies gestig het en probeer het om boere van die guerrillas te skei) was
   onsuksesvol
• Viëtnamese boere was self guerrillas(Vietkong) en was nie maklik identifiseerbaar
   deur VSA soldate nie
• Viëtkong het suksesvolle guerrilla taktiek gebruik (valdeure, ondergrondse tonnels,
   verassingsaanvalle, tref en trap ens)
• Viëtkong was hoogs ervare as gevolg van die bevrydingsoorloë teen koloniale
   regering/ die VSA het konskripsie vir jong onervare soldate ingestel, die VS weermag
   was nie opgelei in guerrilla taktiek nie
• Ho Chi Minh-roete het voorrade wat vanaf Noord-Viëtnam na Suid-Viëtnam geneem
   om die Viëtkong by te staan
• Die Viëtkong taktieke het geen sigbare teikens vir die aanval van Amerikaanse soldate
   getoon nie; Die VSA se lugbombardering ‘Operasie Rolling Thunder’ van 1965
   (konvensionele oorlogvoering) was onsuksesvol
• Die Viëtkong het die ondersteuning van die boere verkry deur vir hulle grond te belowe
   (meerderheid van Viëtnamese was boere)
• 'Operasie Ranch Hand' (die gebruik van chemikalieë om woude te vernietig (Agent
   Orange) en oeste/gewasse (Agent Blue) die effek van napalm op die Viëtnamese het
   hulle teen die VSA laat draai en die guerrillas te ondersteun
• Die TET-offensief (Januarie 1968) (Die VS het dorpe en stede beheer wat deur
   guerrillas in hinderlae gelê is) en media dekking in die VSA
• Die Vietkong het groot ondersteuning van die Viëtnamese bevolking gewen/ President
   Nixon se Viëtnamiseringsbeleid/insluitend WHAM (Winning the hearts and minds of
   the Vietnamese) was 'n poging deur die VSA om van die oorlog te onttrek en om hulle
   'aansien te red'
• Die Viëtnamiseringsbeleid het daartoe gelei dat die VSA alle troepe teen 1973 onttrek
   het en Noord-Viëtnam het beheer oor Saigon geneem in 1975
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             19                           DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
         DIE KONGO EN TANZANIË

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet beide, goeie en slegte leierseienskappe van Mobutu Sese Seko en
Julius Nyerere identifiseer. Dit kan die handhawing van die regsorde, eerlikheid, omsien
na die belange van alle burgers, bevordering van ekonomiese groei en politieke stabiliteit
insluit. Kandidate moet dan relevante bewyse verskaf om te toon of Mobutu en Nyerere
goeie of slegte leierseienskappe gehad het.

HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet die vraag krities bespreek en aandui of Mobutu en Nyerere
  goeie of slegte leierseienskappe gehad het.

UITBREIDING

Polities
• Die eienskappe van goeie leierskap behoort die volgende in te sluit: handhawing van
   die regsorde, om te sien na die belange van alle burgers van die land, hou van vrye en
   regverdige veelpartyverkiesings, beskerming van die burger- en menseregte van
   almal, bevordering van stabiliteit en nasionale samehorigheid
• Mobuto Sese Seko (Kongo) het aan bewind gekom deur ŉ staatsgreep en Nyerere
   (Tanzanië) was verkies
• Beide Mobutu Sese Seko en Nyerere het 'n eenpartystaat ingestel
• Hulle lande het ook nie vrye en regverdige veelpartyverkiesings gehou nie. Beide het
   geargumenteer dat hierdie regeringsvorm meer toepaslik was vir Afrika as wat 'n
   Westerse styl demokrasie was
• In beide lande is opposisiepartye die swye opgelê en daar was bewyse van
   inhegtenisname en menseregteskendings van dié wat teen die leierskap gepraat het
• Die tydperk na onafhanklikheid in die Kongo is gekenmerk deur geweld en politieke
   oproer; In Tanzanië was daar min konflik tydens onafhanklikheid en die land het
   polities stabiel gebly
• Die Kongo was etnies hoogs versplinter met leiers wat in kompetisie was met mekaar;
   Tanzanië was verenig as een land onder Nyerere se leierskap, hy het 'n nasionale
   identiteit aangemoedig en daar was min etniese konflik

Ekonomies
• Fokus op die respektiewe land se doelwit om te ontwikkel of die 'ekonomie' te
  diversifiseer; wetgewing moet in plek wees om ekonomiese groei te bevorder;
  werkverskaffing om alle burgers te bevoordeel; om met korrupsie om te gaan
• Mobutu se ekonomiese beleid is gekenmerk deur nepotisme en kleptokrasie wat gelei
  het tot die vorming van 'n ryk, magtige elite wat trou gesweer het aan Mobutu; Nyerere
  het 'n Leierskapskode ingestel om korrupsie te voorkom onder werknemers in die
  openbare sektor. Nyerere het die plig van Tanzaniërs om alle mense in die nasie te
  ontwikkel, beklemtoon

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             20                          DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

•   Gedurende Mobutu se bewind het hy kapitalisme bevorder en buitelandse belegging
    maar inflasiekoerse het 100% bereik en maatskaplike welsyn is besnoei; Nyerere
    bevorder Ujaama, Afrika Sosialisme en selfonderhouding, maar die ekonomie het in
    die laat 1970's ineengestort en Tanzanië is gedwing om IMF lenings te verkry en om
    strukturele aanpassingsprogramme te aanvaar/ beide lande het buitelandse hulp
    aanvaar
•   Enige ander relevante antwoord

•   Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             21                            DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES                VANAF     DIE   1950's   TOT    DIE    1970's:
         SWARTMAGBEWEGING

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet aandui of die Swartmagbeweging op die bevordering van die
swartmagfilosofie, inboeseming van rasse-trots en die ontwikkeling van selfrespek onder
swart Amerikaners gedurende die 1960's in die VSA gefokus het. Kandidate moet
relevante bewyse gebruik om hulle argument te ondersteun.

HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui of hulle saamstem dat die Swartmagbeweging
  betrokke was in die bevordering van swart mag, die inboeseming van swarttrots en die
  ontwikkeling van selfrespek onder swart Amerikaners. Kandidate moet 'n
  gedagterigting volg en aandui hoe hulle dit gaan ondersteun.

UITBREIDING
 • Redes vir die opkoms van die Swartmagbeweging: lewe in krotbuurte en slum-
    areas/swak behuising; fasiliteite met swak hulpbronne (skole, gesondheid, ens.);
    tekort aan werk en armoede; stadige pas van verandering/verlies aan geloof in die
    Burgerregtebeweging

Pogings om die Swartmagfilosofie te bevorder
• Die rol van Malcolm X: (was invloedryk deur: beoefening van swart skeiding/
  afsondering, baklei vir selfbeskikking en die voorstaan van selfrespek en selfdissipline)
• Die rol van Stokely Carmichael wat die beginsels van swart mag (om dinge op hulle
  eie te doen, om politiek in hulle gemeenskappe te beheer, trots te wees op hulle eie
  kultuur, om hulleself te verdedig teen rasse onderdrukking en manipulasie) beoefen
  het en in 1966 het hy die Swartmagslagspreuk, 'Black is beautiful' gewild gemaak
• Die rol van die Black Panther-party (vir selfverdediging) – het die swart mag-/
  swarttrotsfilosofie in werking gestel

 Pogings om rassetrots in te boesem:
 • Aanvaarding van Afrika-identiteit
 • Bevordering van die konsep van Afrika-identiteit deur slagspreuke soos: 'Black is
   beautiful', bevordering van Afrohaarstyl en Afrika-drag
 • Erkenning van Afrika-erfenis, musiek en literatuur
 • Die Tienpuntplan van die Black Panther-party (het sy maatskaplike, politieke en
   ekonomiese doelwitte gedek)

 Pogings om selfrespek te ontwikkel
 • Selfgelding (bv. rasse-opstande in Watts, Detroit en Newark)
 • Wou hê dat swart Amerikaners teen wit Amerikaanse owerhede opstaan in die
   strewe na vryheid, geregtigheid en gelykheid op welke manier ook al
 • Die Black Panther-party se Tienpuntplan
 • Gemeenskap ontwikkelingsprogramme (bv. gratis ontbyt ens.)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             22                           DBE/November 2016
                                   NSS – Memorandum

 •   Opvoedkundige programme (bv. die onderrig van Afrika geskiedenis)
 •   Enige ander relevante antwoord

 •   Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.                [50]

Indien kandidate nie saamstem nie met die siening nie moet hulle hulle argument
met relevante bewyse ondersteun

                                                                        TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2018-final-memo-afr/b599d539-b3a0-42aa-bdc9-b79f329dd8ce) — History · Memo · 2018 · Afr
- [History P1 Nov 2013 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2013-memo-afr/1045e9f1-5699-4ddd-a05c-c180693099bb) — History · Memo · 2013 · Afr
- [History P2 Nov 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-afr/809cfc97-bcdd-427e-b688-04a75940b593) — History · Addendum · 2016 · Afr
- [History P2 Nov 2016 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-eng/f3a2388d-32ff-4021-9e42-89049df3585a) — History · Addendum · 2016 · Eng
- [Hist P1 Qp Eng Jun2016](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-qp-eng-jun2016/5fb99958-5825-4cdd-b57e-5dbe452d63f2) — History · QP · 2016 · Eng
- [Hist P1 Adde Eng Jun2016](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-adde-eng-jun2016/f33abed9-3abf-4480-be70-88f3a0d2fcc2) — History · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
