# History Grade 12 P1 NSC November 2017 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2017-addendum-afr/f5bb25bb-eef1-44a3-86e0-e6e1ab34dc7c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC November 2017 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2017-addendum-afr/f5bb25bb-eef1-44a3-86e0-e6e1ab34dc7c)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                  GESKIEDENIS V1

                                  NOVEMBER 2017

                                     ADDENDUM

                       Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                2                                 DBE/November 2017
                                       NSS – Addendum

VRAAG 1:         HOE HET DIE ONTPLOOIING VAN SOWJETMISSIELE IN KUBA
                 KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE
                 VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE VERHOOG?

BRON 1A

Die bron hieronder skets Fidel Castro se onderhandelings met Nikita Khrushchev oor die
ontplooiing van missiele in Kuba.

Castro se Kuba was teen 1962 goed gevestig as 'n vyand van die Verenigde State.
Die Eisenhower-regering het twee jaar vantevore lede van die Mafia gehuur om Castro te
vermoor en het begin om anti-Castro Kubaanse uitgewekenes op te lei om hulle tuisland
binne te val. Die Kennedy-regering het die projek geërf wat tot die Bay of Pigs gelei het.
Na hierdie veragtelike [slegte] aangeleentheid het die Kennedy-regering 'n veldtog van
teistering en sabotasie [van Castro en sy ondersteuners] deur die Amerikaanse
Intelligensiediens ('CIA') finansieel ondersteun.

Castro, weereens nie onredelik nie, het hom tot die Sowjetunie gewend as Kuba se
beskermer. Hy het gehoop dat hy Amerikaanse aggressie deur 'n proklamasie of 'n
alliansie of konvensionele Sowjet militêre bystand kon afweer [ontmoedig]. Hy het nie
kernmissiele versoek nie en wou dit ook nie gehad het nie. Dit was Khrushchev se idee.
'Toe Castro en ek oor die probleem gepraat het,' het Khrushchev in sy memoires onthou,
'het ons geargumenteer en geargumenteer. Ons argument was baie driftig, maar
uiteindelik het Fidel met my saamgestem.'

Castro het teësinnig kernmissiele aanvaar, soos hy later gesê het: 'nie om ons eie
verdediging te verseker nie, maar veral om sosialisme op internasionale vlak te versterk'.
Hy het toe vir Khrushchev gevra om alles openbaar te maak wanneer hy die missiele
aflewer. 'Waarom dit in die geheim doen asof ons geen reg gehad het om dit te doen
nie?'

Die Sowjetunie het per slot van rekening volgens internasionale wetgewing alle reg gehad
om die missiele te stuur en Kuba het alle reg gehad om dit te ontvang. 'Ek het Nikita
gewaarsku dat geheimhouding die imperialiste sou bevoordeel.'

Gelukkig vir die imperialiste het Khrushchev nie Castro se raad gevolg nie. As hy dit
gedoen het, sou dit baie moeiliker gewees het om die missiele te verwyder. Khrushchev
se geheimhouding het Kennedy se planne bevorder.

                           [Uit Thirteen Days: A Memoir of the Cuban Missile Crisis deur RF Kennedy]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                      3                                   DBE/November 2017
                                             NSS – Addendum

BRON 1B

Hierdie lugfoto is op 14 Oktober 1962 deur Majoor Heyser uit 'n Amerikaanse U-2-
spioenasievliegtuig geneem. Die byskrifte op die foto hieronder is deur die Amerikaanse
intelligensiediens ('CIA') bygevoeg.

                  MISSIELLANSEERDER               KABEL

          MISSIELSKUILTENT
                                                      OPGESPOORDE VRAGVOERTUIE

                                                                           OKSIDEERTENK-SLEEPWAENS

  BRANDSTOFTENK-SLEEPWAENS

      [Uit http://cdn.history.com/sites/2/2015/07/hith-cuban-misile-crii.jpg. Toegang op 6 Maart 2017 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               4                                 DBE/November 2017
                                      NSS – Addendum

BRON 1C

Die bron hieronder is 'n geskrewe kopie van 'n televisie-toespraak wat President Kennedy
op 22 Oktober 1962 aan die Amerikaanse nasie gelewer het. Dit skets in breë trekke die
stappe wat Kennedy van plan was om teen die ontplooiing van Sowjetmissiele in Kuba te
doen.

Ter verdediging van ons eie veiligheid en dié van die hele Westelike Halfrond het ek
opdrag gegee dat die volgende inleidende stappe onmiddellik gedoen moet word:

Eerstens: Om hierdie offensiewe [aanvals-] versterking te stop, word streng kwarantyn
[blokkade] geplaas op alle offensiewe militêre toerusting wat na Kuba verskeep word.
Alle skepe van enige soort, wat na Kuba onderweg is, van watter nasie of hawe ook al,
sal teruggestuur word indien daar aanvalswapens in hulle vrag gevind word …

Tweedens: Ek het opdrag gegee dat Kuba en sy militêre versterking ononderbroke en
noulettend dopgehou moet word … Ek het opdrag gegee dat die Gewapende Magte
[Weermag] vir enige gebeurlikhede [moontlikhede] moet voorberei …

Derdens: Dit sal die beleid van hierdie nasie wees om enige kernmissiel wat vanaf Kuba
teen enige nasie in die Westelike Halfrond gelanseer word, as 'n aanval deur die
Sowjetunie op die Verenigde State te beskou, wat 'n volskaalse vergeldingsaanval op die
Sowjetunie sal vereis ...

Sesdens: … Ons resolusie sal aandring op die onmiddellike afbreek en onttrekking van
alle aanvalswapens in Kuba, onder toesig van waarnemers van die Verenigde Nasies,
voordat die kwarantyn opgehef kan word.

Sewende en laastens: Ek doen 'n beroep op Voorsitter Khrushchev om hierdie
ongeoorloofde [geheime], roekelose en uittartende bedreiging vir wêreldvrede te stop en
om die verhouding tussen ons twee nasies te stabiliseer. Ek doen 'n verdere beroep op
hom om afstand te doen van hierdie weg na wêreldoorheersing … en om hierdie wapens
uit Kuba te onttrek en hom daarvan te weerhou om iets te doen wat die huidige krisis sal
verdiep en dan aan 'n soeke na vreedsame en permanente oplossings deel te neem.

                          [Uit Thirteen Days: A Memoir of the Cuban Missile Crisis deur RF Kennedy]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               5                              DBE/November 2017
                                      NSS – Addendum

BRON 1D

Die bron hieronder is 'n gedeelte van 'n brief wat Nikita Khrushchev (Sowjetpresident) op
26 Oktober 1962 aan John F Kennedy (Amerikaanse President) gestuur het. Khrushchev
het beweer dat hy bereid was om missiele uit Kuba te onttrek op voorwaarde dat die
Verenigde State van Amerika die blokkade van Sowjetmissiele na Kuba sou stop.

… Julle is bekommerd omdat ons Kuba bystaan met wapens wat ontwerp is om hulle
verdedigingspotensiaal te versterk, want Kuba, maak nie saak watter wapens hulle gehad
het nie, kon nie met julle vergelyk word nie …

Ons voorneme was en is om Kuba te help, en niemand kan die menslikheid van ons
motiewe betwis wat daarop gemik is om Kuba in staat te stel om vreedsaam te leef en
volgens sy mense se wense te ontwikkel nie. Julle wil julle land van gevaar bevry en dit is
verstaanbaar.

Julle is bekommerd oor Kuba. Julle sê dat dit julle bekommer omdat dit 'n afstand van
negentig myl regoor die see vanaf die kus van die Verenigde State geleë is. Turkye lê
egter langs ons. Ons wagte loop op en af en hou mekaar dop. Glo julle dat julle die reg
het om veiligheid vir julle land en die verwydering van wapens wat julle as aanvallend
beskou, te eis, terwyl julle nie hierdie reg vir ons erken nie? Julle het vernietigende
vuurpylwapens, wat julle aanvallend noem, in Turkye reg langs ons geplaas …

Dit is waarom ek hierdie voorstel maak: Ons stem in om die wapens wat julle as
aanvalswapens beskou, uit Kuba te verwyder. Ons stem in om dit te doen en om hierdie
verbintenis in die Verenigde Nasies te verklaar … Die Verenigde State sal, op hulle beurt,
met inagneming van die angs en bekommernis van die Sowjetstaat, soortgelyke
[eenderse] wapens uit Turkye ontruim.

… die Sowjetregering lê plegtig 'n eed af om die integriteit van die grense en die
soewereiniteit van Turkye te respekteer, nie by hulle huishoudelike sake in te meng nie,
nie Turkye binne te val of om hulle grondgebied as 'n place d'armes [militêre basis] vir so
'n inval beskikbaar te stel nie, en ook om diegene wat daaraan dink om aggressie vanuit
Sowjetgrondgebied teen Turkye te rig, daarvan te weerhou …

                                            [Uit Chambers Book Of Great Speeches deur A Burnet]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               6                                 DBE/November 2017
                                      NSS – Addendum

VRAAG 2:         WAAROM  HET   KUBA IN   1975  BY                        DIE     ANGOLESE
                 BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

BRON 2A

Die bron hieronder beklemtoon hoe verskillende Angolese vryheidsbewegings deur
buitelandse magte bygestaan is na die mislukking van die Alvor Ooreenkoms.

… Die Portugese regering het met die Alvor Ooreenkoms in Januarie 1975 probeer om
Angola met onafhanklikheid by te staan. ... 'n koalisieregering deur leidende politieke
rolspelers het die verantwoordelikheid gekry om Angola vanaf 31 Januarie 1975 tot
onafhanklikheidswording op 11 November 1975 te regeer.

Beide die Alvor Ooreenkoms en die koalisieregering is sterk ondersteun, veral deur ander
Afrikastate deur die OAE (Organisasie vir Afrika-eenheid), maar sonder resultate.
Hewige gevegte het in Julie 1975 onder die drie voormalige vryheidsbewegings (MPLA,
FNLA en UNITA) uitgebreek, en die koalisieregering het ineengestort …

Soos die konflik toegeneem het, het elke beweging hom tot sy ou bondgenote tydens die
onafhanklikheidstryd gewend vir krygstuig en personeel. Buitelandse magte
het gedurende die oorgangsperiode toenemend by die situasie in Angola betrokke
geraak, en dit het vinnig uitgebrei tot 'n Oos-Wes-magstryd en 'n verlenging van die
Koue Oorlog …

Die vraag oor 'wie eerste was' is die onderwerp van baie debatvoering. Dit is duidelik dat
Kuba sedert die vroeë 1960's in Angola betrokke was deur hulle ondersteuning van die
Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA), en dat die Sowjetunie ook die
MPLA ondersteun het.
                                  [Uit Angola, Struggle for Peace and Reconstruction deur I Tvedten]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                7                               DBE/November 2017
                                       NSS – Addendum

BRON 2B

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n brief gedateer 26 Januarie 1975. Dit is deur die
leier van die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA), Agostinho Neto,
geskryf terwyl hy Dar es Salaam besoek het. Dit is aan die Kubaanse regering gestuur
om militêre bystand te vra.

Dar es Salaam, 26 Januarie 1975

Beste Kamerade

Gegewe die situasie van ons beweging en ons land op die grond, en met inagneming van
die uitslae van die ondersoekende reis van die amptelike Kubaanse afvaardiging, stuur
ons vir julle 'n lys van die dringende behoeftes van ons organisasie. Ons vertrou dat julle
dit onmiddellik sal oorweeg.

1.   Die stigting, organisering en instandhouding van 'n militêre skool vir kaders. Ons
     moet dringend 'n groep veiligheidspersoneel skep, en ons moet die lede van ons
     militêre personeel voorberei.

2.   Ons moet 'n skip huur om die oorlogsmateriaal wat ons in Dar es Salaam het, na
     Angola te vervoer. Die aflewering in Angola, as dit 'n Kubaanse skip sou wees, kan
     buite die territoriale waters plaasvind.

3.   Wapens en vervoermiddels

Ons doen ook 'n beroep op die Kommunisteparty van Kuba ('Communist Party of Cuba')
om hulle invloed by ander lande wat hulle vriende en bondgenote is, te gebruik, veral uit
die Sosialistiese kamp, sodat hulle bruikbare en tydige hulp aan ons beweging kan bied,
wat die enigste waarborg vir 'n demokratiese en progressiewe Angola in die toekoms is.

Kamerade, aanvaar ons rewolusionêre groete en dra die goeie wense van die MPLA-
vegters en van die nuwe Angola aan Premier Fidel Castro oor.

                         [Uit http://www.cnn.com/SPECIALS/cold.war/episodes/17/documents/angola/.
                                                              Toegang op 30 Oktober 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                    8                                  DBE/November 2017
                                           NSS – Addendum

BRON 2C

Hieronder is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat op 19 April 1976 in Havana deur die
Kubaanse Premier, Fidel Castro, gelewer is. Hy skets in breë trekke die redes vir Kuba se
bystand aan die MPLA.

Ons partyleiers het op 5 November 1975, op versoek van die MPLA, besluit om met groot
dringendheid 'n bataljon [afdeling] gewone troepe en anti-tenkwapens te stuur om die
Angolese patriotte te help om die inval van die Suid-Afrikaanse rassiste te weerstaan. Dit
was die eerste Kubaanse troep-eenheid wat na Angola gestuur is …

Slegs Kuba dra die verantwoordelikheid vir die neem van daardie besluit. Die USSR het
nog altyd die mense van die Portugese kolonies met hulle onafhanklikheidstryd gehelp,
basiese militêre toerusting aan die beleërde [omsingelde] Angola verskaf en met ons
saamgewerk toe imperialisme byna al ons lugroetes na Afrika afgesny het. Maar hulle het
nooit gevra dat een enkele Kubaan na daardie land gestuur moes word nie. Die USSR is
buitengewoon eerbiedig en versigtig in sy verhoudinge met Kuba. 'n Besluit van daardie
aard kon slegs deur ons eie party geneem word.

Ford en Kissinger lieg vir die mense van die Verenigde State en vir die wêreld se
openbare mening as hulle probeer om die verantwoordelikheid van Kuba se optrede in
solidariteit met Angola op die Sowjetunie te plaas.

                 [Uit Fidel Castro Speeches: Cuba's International Foreign Policy 1975–1980 deur F Castro]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            9                                DBE/November 2017
                                   NSS – Addendum

BRON 2D

Die Amerikaanse spotprent hieronder beeld die Sowjetunie en Kuba se betrokkenheid by
Angola na 1975 uit.

                 EEN SLEGTE WENDING NA DIE ANDER

                                    [Uit http://cartoonmuseum.eu/en/cartoons/ussr-cuba-angola/.
                                                          Toegang op 8 November 2016 verkry.]

      Leonid                        Fidel                                  ANGOLA
      Brezhnev,                     Castro,
      leier van die                 leier van
      Sowjetunie                    Kuba

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               10                                  DBE/November 2017
                                       NSS – Addendum

VRAAG 3: HOE HET DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE 1960's SWART
         AMERIKANERS GEMOBILISEER?

BRON 3A

Die uittreksel hieronder skets in breë trekke Stokely Carmichael se verduideliking oor die
filosofie van Swart Mag.

Die konsep van Swart Mag … is 'n beroep op swart mense in hierdie land om te verenig,
om hul erfenis te erken, om 'n sin vir gemeenskap te bou. Dit is 'n beroep op swart mense
om te begin om hul eie doelwitte te definieer, om hul eie organisasies te lei en om daardie
organisasies te ondersteun …

Swart Mag doen dus 'n beroep op swart mense om te konsolideer [verenig] sodat hulle uit
'n magsposisie kan onderhandel ... Die uiteindelike waardes en doelwitte is nie
oorheersing of uitbuiting van ander groepe nie, maar eerder om die totale mag van die
samelewing effektief te deel …

Een van die tragedies van die stryd teen rassisme is dat daar tot nou toe geen nasionale
organisasie is wat kan spreek tot die groeiende strydlustigheid van jong swart mense in
stedelike ghetto's en die Swartgordel-Suide (areas in die suide van Amerika wat
oorwegend deur swart Amerikaners bewoon is) nie. Daar was slegs 'n 'burgerregte'-
beweging wie se stemtoon by 'n gehoor van middelklas wit mense aangepas is. Dit het as
'n soort buffersone gedien tussen daardie gehoor en kwaai jong swart mense. Dit het
daarop aanspraak gemaak dat dit tot die behoeftes van 'n gemeenskap gespreek het,
maar dit het nie in die stemtoon van daardie gemeenskap gepraat nie. Geeneen van hulle
sogenaamde leiers kon in 'n oproerige gemeenskap ingaan en na geluister word nie.

'Integrasie' as 'n hedendaagse doelwit spreek tot die probleem van swartheid, nie net op
'n onrealistiese wyse nie, maar ook op 'n veragtelike [skandelike] wyse. Dit is gebaseer
op die algehele aanvaarding van die feit dat om 'n ordentlike huis of opvoeding te hê,
swart mense na 'n wit woonbuurt moet trek of hulle kinders na 'n wit skool moet stuur.
Dit versterk die gedagte onder beide swart en wit mense dat 'wit' outomaties
meerderwaardig is en dat 'swart' per definisie minderwaardig is. Om hierdie rede is
'integrasie' 'n skelmstreek [strategie] vir die behoud van wit oppergesag.

                            [Uit Black Power – The Politics of Liberation deur K Ture en CV Hamilton]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                    11                                 DBE/November 2017
                                            NSS – Addendum

BRON 3B

Hieronder is 'n uittreksel uit Malcolm X se toespraak 'The Ballot or the Bullet' [Die Stem of
die Koeël] wat hy op 12 April 1964 in Detroit gelewer het. Dit skets in breë trekke die
behoefte dat swart Amerikaners wapens moet opneem om vir hulle vryheid te veg.

… Ons is almal in dieselfde sakkie, in dieselfde bootjie. Ons gaan gebuk onder politieke
onderdrukking, ekonomiese uitbuiting en sosiale vernedering, alles van dieselfde vyand.

Die regering het ons gefaal; julle kan dit nie ontken nie. Enige tyd wat julle in die
twintigste eeu, 1964, leef en julle loop rond en sing 'We Shall Overcome' ['Ons sal
Oorwin'], het die regering ons gefaal. Dit is deels wat met julle verkeerd is, julle sing te
veel. Vandag is dit tyd om op te hou sing en te begin vuiste swaai [baklei]. Julle kan nie
vir vryheid sing nie, maar julle kan vir 'n bietjie vryheid vuiste swaai. Cassius Clay
[Muhammad Ali] kan sing, maar sing het hom nie gehelp om die swaargewigkampioen
van die wêreld te word nie; vuiste swaai het hom gehelp om die swaargewigkampioen te
word.

Hierdie regering het ons gefaal, die regering self het ons gefaal en die wit liberales wat
hulle as ons vriende voorgedoen het, het ons gefaal. En sodra ons sien dat al hierdie
bronne waarna ons ons gewend het, gefaal het, hou ons op om ons na hulle te wend en
wend ons ons na onsself. Ons het 'n selfhelpprogram nodig, 'n selfdoenfilosofie [denke],
'n doen-dit-nou-filosofie, 'n dit-is-reeds-te-laat-filosofie. Dit is wat ek en jy nodig het, en
die enigste manier om ons probleem op te los, is met 'n selfhelpprogram. Voordat ons
met 'n selfhelpprogram kan begin, moet ons 'n selfbeginfilosofie hê.

                     [Uit https://americaradioworks.publicradio.org. Toegang op 18 November 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                   12                               DBE/November 2017
                                           NSS – Addendum

BRON 3C

Die foto hieronder toon twee swart Amerikaanse vrouens wat kospakkies by die
Black Panther-party ontvang het.

                                                                                             Black
MENSE SE                                                                                     Panther-
GRATIS                                                                                       koerant
VOEDSEL-
PROGRAM

                    [Uit https://s-media-cache-ak0.pinimg.com/236x/17/d6/84/17d684cef
                 3691bcba2674fcb6dc68250.jpg. Toegang op 18 November 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                   13                                 DBE/November 2017
                                           NSS – Addendum

BRON 3D

Die bron hieronder verduidelik hoe die Amerikaanse federale agente probeer het om die
Black Panther-party te destabiliseer.

Met die aanval op die Black Panthers as vyande van die staat het federale agente
probeer om nie slegs die party as 'n organisasie te onderdruk [beperk] nie, maar die
politieke moontlikheid wat dit verteenwoordig het. Die Federale Speurdiens ('FBI') se
Teenintelligensieprogram (COINTELPRO) het probeer om die Black Panthers te
beswadder [slegmaak] en te 'verhinder dat [die Party en soortgelyke] Swart
Nasionalistiese groepe en leiers agting afdwing deur hulle te diskrediteer'.

FBI-direkteur, J Edgar Hoover, het keer op keer op verskillende maniere beklemtoon dat
'een van ons primêre doelwitte in teenintelligensie, wat die BPP (Black Panther-party)
betref, is om hierdie groep te isoleer van die gematigde swart en wit gemeenskap wat
hulle kan ondersteun'. Federale agente het probeer om 'partykonflik [verdeeldheid] te
skep' onder Partyleiers en tussen die Panthers en ander swart politieke organisasies.

FBI-agente het dokumente vervals en lokvinke [mense wat betaal is om onstabiliteit in die
Black Panther-party te skep] betaal om gewelddadige konflik onder Black Panther-leiers
asook tussen die Party en ander swart nasionalistiese organisasies te bevorder en het
hulself gelukgewens wanneer hierdie konflikte tot die dood van lede van die Panthers
gelei het. En COINTELPRO het probeer om die Party in onverdedigbare optrede
te lei, 'om opposisie teen die BPP by die meerderheid van die inwoners van die
ghetto-gebiede te skep'. Hulle het byvoorbeeld op die staat se betaallys plofstof aan
Black Panther-lede verskaf en gepoog om hulle aan te moedig om openbare geboue op
te blaas en hulle het boendoehowe bevorder deur Panther-lede aan te moedig om
verdagte informante te martel.

   [Uit http://inthesetimes.com/article/15949/how_the_fbi_conspired_to_destroy_the_black_panther_party.
                                                                   Toegang op 22 Februarie 2017 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               14                         DBE/November 2017
                                       NSS – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Burnet, A (ed.). 2013. Chambers Book of Great Speeches (Chambers Harrap)

Castro, F. 1981. Fidel Castro Speeches: Cuba's International Foreign Policy 1975–1980
(Pathfinder)

http://cartoonmuseum.eu/en/cartoons/ussr-cuba-angola/

http://cdn.history.com/sites/2/2015/07/hith-cuban-missile-crii.jpg

http://inthesetimes.com/article/15949/how_the_fbi_conspired_to_destroy_the_black_panther
party

http://www.cnn.com/SPECIALS/cold.war/episodes/17/documents/angola/

https://americaradioworks.publicradio.org

https://s-media-cache-ak0.pinimg.com/236x/17/d6/84/17d684cef3691bcba2674fcb6dc
68250.jpg]

Kennedy, RF. 1971. Thirteen Days – A Memoir of the Cuban Missile (WW Norton &
Company)

Ture, K en Hamilton, CV. 1967. Black Power – The Politics of Liberation (Vintage)

Tvedten, I. 1997. Angola. Struggle for Peace and Reconstruction (Westview Press)

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P1 Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-preparatory-2017-addendum/7da8bbb8-c55d-4436-ba09-b666876b6115) — History · Addendum · 2017
- [History P1 May June 2017 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-addendum-afr/df51a47c-26d5-42fd-8593-592de0e87a21) — History · Addendum · 2017 · Afr
- [History P1 Nov 2019 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2019-addendum-afr/391dd3f5-321e-4706-b9f0-e56fd90242a9) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [History P1 Nov 2015 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2015-addendum-eng/9444b833-1069-4085-92ed-1cdc967f7f1d) — History · Addendum · 2015 · Eng
- [History P1 Nov 2013 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2013-addendum-eng/b68028c3-37d0-4167-bb4a-a929d8e4297b) — History · Addendum · 2013 · Eng
- [History P1 Nov 2013 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2013-addendum-afr/12c2e83e-7ebc-437c-adcd-41d9c7ba2d80) — History · Addendum · 2013 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
