# History Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2017-afr/93a5d5b0-743e-41da-ad6e-f34c3fd0e158
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2017-afr/93a5d5b0-743e-41da-ad6e-f34c3fd0e158)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V1

                                NOVEMBER 2017

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             2                           DBE/November 2017
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
        voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

        AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

        VRAAG 1:      DIE KOUE OORLOG: INSLUITING              EN   WAAGMANSKAP:
                      DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS

        VRAAG 2:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

        VRAAG 3:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                      DIE SWARTMAGBEWEGING

        AFDELING B: OPSTELVRAE

        VRAAG 4:      GEVALLESTUDIE – CHINA

        VRAAG 5:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                      DIE KONGO EN TANZANIË

        VRAAG 6:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                      DIE BURGERREGTEBEWEGING

2.      AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig
        is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

3.      AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.      Beantwoord DRIE vrae soos volg:

        4.1      Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
                 moet 'n opstelvraag wees.

        4.2      Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.      Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.      In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
        toepas.

7.      Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 3                             DBE/November 2017
                                              NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:         HOE HET DIE ONTPLOOIING VAN SOWJETMISSIELE IN KUBA
                 KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE
                 VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE VERHOOG?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Gebruik Bron 1A.

         1.1.1       Haal TWEE maniere uit die bron aan wat die Amerikaanse regering
                     gebruik het om van Fidel Castro en sy ondersteuners ontslae te
                     raak.                                                   (2 x 1)                 (2)

         1.1.2       Waarom, volgens die inligting in die bron, het Castro bystand van
                     die Sowjetunie verlang?                                    (1 x 2)              (2)

         1.1.3       In die konteks van die Sowjetunie se bystand aan Kuba, verduidelik
                     wat Khrushchev met dié stelling: 'maar uiteindelik het Fidel met my
                     saamgestem' geïmpliseer het.                                  (2 x 2)           (4)

         1.1.4       Lewer kommentaar op waarom jy dink Castro vir Khrushchev gevra
                     het om 'alles openbaar te maak' ten opsigte van die aflewering van
                     missiele in Kuba.                                           (2 x 2)             (4)

1.2      Raadpleeg Bron 1B.

         1.2.1       Watter boodskappe dra die lugfoto oor? Gebruik die visuele leidrade
                     in die foto om jou antwoord te ondersteun.                   (2 x 2)            (4)

         1.2.2       Verduidelik tot watter mate 'n historikus die inligting in hierdie bron
                     bruikbaar sou vind in navorsing oor die ontplooiing van missiele
                     in Kuba.                                                        (2 x 2)         (4)

1.3      Lees Bron 1C.

         1.3.1       Volgens Kennedy, wie het hy verdedig nadat missielterreine in Kuba
                     ontdek is?                                                  (2 x 1)             (2)

         1.3.2       Verduidelik die konsep blokkade in die konteks van die ontplooiing
                     van missiele in Kuba.                                      (1 x 2)              (2)

         1.3.3       Noem enige TWEE stappe wat Kennedy beweer het hy sou doen na
                     die ontdekking van Sowjetmissiele in Kuba.      (2 x 1)                         (2)

         1.3.4       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                     kommentaar op waarom Kennedy besluit het om op 22 Oktober 1962
                     die Amerikaanse publiek toe te spreek.                  (2 x 2)                 (4)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                4                            DBE/November 2017
                                             NSS

1.4      Verwys na Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1B die inligting
         in Bron 1C ten opsigte van die ontplooiing van Sowjetmissiele in Kuba
         ondersteun.                                                          (2 x 2)             (4)

1.5      Raadpleeg Bron 1D.

         1.5.1       Wat, volgens die bron, was die Sowjetunie se bedoeling met sy hulp
                     aan Kuba?                                                  (2 x 1)           (2)

         1.5.2       Verduidelik waarom jy dink Khrushchev besluit het om missiele in
                     Kuba te ontplooi.                                       (2 x 2)              (4)

         1.5.3       Identifiseer enige TWEE beloftes in die bron wat die Sowjetregering
                     ten opsigte van Turkye gemaak het.                           (2 x 1)         (2)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe die ontplooiing van Sowjetmissiele in Kuba Koue Oorlog-
         spanning tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie
         verhoog het.                                                                             (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 5                            DBE/November 2017
                                              NSS

VRAAG 2:         WAAROM  HET   KUBA IN   1975  BY                     DIE     ANGOLESE
                 BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1       Verduidelik die konsep koalisieregering in die konteks van die
                     1975 Alvor Ooreenkoms.                                  (1 x 2)                (2)

         2.1.2       Watter bewyse in die bron dui daarop dat die Alvor Ooreenkoms
                     sterk ondersteuning vanaf ander Afrikalande gehad het?  (1 x 2)                (2)

         2.1.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom die Angolese Burgeroorlog ' 'n verlenging van die Koue
                     Oorlog' geword het.                                        (2 x 2)             (4)

2.2      Bestudeer Bron 2B.

         2.2.1       Wat, volgens Agostinho Neto, het die Popular Movement for the
                     Liberation of Angola (MPLA) gemotiveer om bystand van Kuba te
                     versoek?                                               (1 x 2)                 (2)

         2.2.2       Noem TWEE vorme van bystand wat die MPLA by die Kubaanse
                     regering versoek het.                              (2 x 1)                     (2)

         2.2.3       Volgens die inligting in die bron, watter tipe politieke ideologie het
                     Kuba na 1959 aangeneem?                                        (1 x 2)         (2)

         2.2.4       Lewer kommentaar op waarom jy die inligting in hierdie bron as
                     bruikbaar sou beskou wanneer Kuba se betrokkenheid by die
                     Angolese Burgeroorlog nagevors word.                    (2 x 2)                (4)

2.3      Lees Bron 2C.

         2.3.1       Haal TWEE items uit die bron aan wat Kuba op 5 November 1975
                     aan die MPLA gestuur het.                             (2 x 1)                  (2)

         2.3.2       Waarom, volgens Fidel Castro, het die MPLA Kuba se bystand
                     versoek?                                            (1 x 2)                    (2)

         2.3.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe
                     Castro sy verhouding met die Sowjetunie en die MPLA beskou het.
                                                                                    (2 x 2)         (4)

         2.3.4       Lewer kommentaar op waarom jy dink Castro 'n negatiewe opinie
                     van President Ford en Kissinger oor Kuba se rol in Angola gehad
                     het.                                                      (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             6                            DBE/November 2017
                                          NSS

2.4      Raadpleeg Bron 2D.

         2.4.1       Watter boodskappe dra die spotprent oor? Gebruik die visuele
                     leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.  (2 x 2)              (4)

         2.4.2       Lewer kommentaar op die betekenis van die hamer en sekel in
                     die bron.                                           (2 x 2)               (4)

2.5      Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C verskil van
         die bewyse in Bron 2D ten opsigte van die rol wat die Sowjetunie en Kuba in
         Angola gespeel het.                                                   (2 x 2)         (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik waarom Kuba in 1975 by die Angolese Burgeroorlog betrokke
         geraak het.                                                                           (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                7                            DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 3: HOE HET DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE 1960's SWART
         AMERIKANERS GEMOBILISEER?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1       Definieer die konsep Swart Mag in jou eie woorde.            (1 x 2)         (2)

         3.1.2       Waarom, volgens die bron, het Stokely Carmichael die ideologie van
                     Swart Mag bevorder?                                         (2 x 1)          (2)

         3.1.3       Gee TWEE bewyse in die bron wat aandui dat die
                     Swartmagbeweging krities oor die Burgerregtebeweging was. (2 x 1)            (2)

         3.1.4       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom die Swartmagbeweging in die 1960's die integrasie van die
                     Amerikaanse samelewing verwerp het.                        (2 x 2)           (4)

3.2      Bestudeer Bron 3B.

         3.2.1       Wat, volgens die inligting in die bron, was die DRIE uitdagings wat
                     swart Amerikaners in die gesig gestaar het?                  (3 x 1)         (3)

         3.2.2       Lewer kommentaar op waarom jy dink Malcolm X die regering van
                     die Verenigde State gekritiseer het.                   (2 x 2)               (4)

         3.2.3       Waarom, dink jy, is selfhelpprogramme in die 1960's onder swart
                     Amerikaners bevorder?                                    (2 x 2)             (4)

         3.2.4       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom 'n historikus hierdie bron bruikbaar sou vind wanneer die
                     Swartmagbeweging nagevors word.                            (2 x 2)           (4)

3.3      Raadpleeg Bron 3C.

         3.3.1       Watter boodskappe word in hierdie foto oorgedra? Gebruik die
                     visuele leidrade in die foto om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2)          (4)

         3.3.2       Lewer kommentaar op die rol wat jy dink die Black Panther-koerant
                     in die swart Amerikaanse gemeenskap gespeel het.           (2 x 2)           (4)

3.4      Verwys na Bron 3A en 3C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3A die inligting
         in Bron 3C ondersteun oor die invloed wat die Swartmagfilosofie op die swart
         Amerikaanse gemeenskappe gehad het.                                  (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                8                          DBE/November 2017
                                             NSS

3.5      Lees Bron 3D.

         3.5.1       Hoe, volgens die bron, het federale agente die Black Panther-party
                     onderdruk?                                                 (1 x 2)         (2)

         3.5.2       Lewer kommentaar op waarom dit vir die 'FBI' (Federale
                     Speurdiens) nodig was om die Black Panther-party van gematigde
                     swart en wit Amerikaanse gemeenskappe te isoleer.       (1 x 2)            (2)

         3.5.3       Identifiseer EEN metode wat die 'FBI' gebruik het om verdeeldheid
                     onder lede van die Black Panther-party te bewerkstellig.   (1 x 1)         (1)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe die Swartmagbeweging in die 1960's swart Amerikaners
         gemobiliseer het.                                                                      (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            9                          DBE/November 2017
                                         NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:         GEVALLESTUDIE – CHINA

Die implementering van Mao Zedong se beleidsrigtings, die Groot Sprong Vorentoe en
die Kulturele Rewolusie, was 'n klaaglike mislukking.

Stem jy met hierdie stelling saam? Gebruik relevante bewyse van 1958 tot 1969 om
jou argument te ondersteun.                                                              [50]

VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                 DIE KONGO EN TANZANIË

Bespreek krities hoe Mobutu Sese Seko (die Kongo) en Julius Nyerere (Tanzanië) na
die verkryging van onafhanklikheid in die 1960's ekonomiese, maatskaplike en
kulturele ontwikkelinge in hulle onderskeie lande bevorder het.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                            [50]

VRAAG 6:         BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                 DIE BURGERREGTEBEWEGING

Verduidelik tot watter mate die verskillende vorme van protes deur die burgerregte-
aktiviste suksesvol was om te verseker dat alle Amerikaners, ongeag ras, in die
Verenigde State van Amerika in die 1960's gelyk behandel is.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                            [50]

                                                                         TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [History P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-eng/ee3ae3b0-c354-45e6-b3c7-332627f487ef) — History · QP · 2020 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-eng/89668a5f-bd22-4e52-9e37-55411cf74229) — History · QP · 2014 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-afr/ea332f92-48ce-4d55-9cb0-0d24da82e036) — History · QP · 2014 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-preparatory-2017-addendum/7da8bbb8-c55d-4436-ba09-b666876b6115) — History · Addendum · 2017

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
