# History Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2017-memo-afr/77177ee9-06c1-4735-9bbb-87da3d96cc7a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2017-memo-afr/77177ee9-06c1-4735-9bbb-87da3d96cc7a)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                                   GESKIEDENIS V1

                                   NOVEMBER 2017

                                   NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  2                      DBE/November 2017
                                        NSS – Nasienriglyne

1.        BRONGEBASEERDE VRAE

1.1       Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
          ontwikkel:

KOGNITIEWE                                                            GEWIGSTOEKENNING
                               HISTORIESE VAARDIGHEDE
  VLAKKE                                                                  VAN VRAE
                     • Onttrek inligting uit bronne
                     • Selektering en organisasie van relevante                30%
      VLAK 1
                        inligting uit bronne                                   (15)
                     • Definieer historiese begrippe/terme
                     • Interpretasie van bewyse uit bronne
                                                                               40%
      VLAK 2         • Verduidelik inligting verkry uit bronne
                                                                               (20)
                     • Analiseer bewyse uit bronne
                     •   Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
                     •   Skakel met bronne om bruikbaarheid,
                         betroubaarheid, eensydigheid en
                                                                               30%
      VLAK 3             beperkings vas te stel
                                                                               (15)
                     •   Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
                         perspektiewe in die bronne en kom tot
                         onafhanklike gevolgtrekkings

1.2     Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
        • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
            ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
        • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
            vereistes van die vraag voldoen is.
        • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
            aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
            skrif aangedui.
        • Daar word van leerlinge verwag om ŉ standpunt in te neem in die
            beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien

1.3     Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
        • Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord
        • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
           en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
           twee punte toegeken word ()
        • Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerke () aangedui

        Paragraafvraag
        Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en die
        struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
        toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
        paragraafvraag geassesseer word:
        • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt () by elke punt binne-in die teks waar
            die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
        • Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om
            relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord, te evalueer.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               3                           DBE/November 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

       •   Maak regmerkies (), wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is,
           aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die
           holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv.
           ___________________________________________________________
           _______________________________________________
                                                                                   
                                                                                   Vlak 2
           Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.

       •   Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
           onder in die regterkantse kantlyn, bv. 32
                                                  50
       •   Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
           antwoordeboek oorgedra word.

2.     OPSTELVRAE

2.1    Die opstelvrae vereis dat kandidate:
       • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
           stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
           bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
           'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
           beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
           gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.

2.2    Nasien van opstelvrae
       • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word
          deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
       • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit
          wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
       • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
          kry vir enige ander relevante antwoord.

2.3    Globale assessering van 'n opstel
       Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
       die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
       samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
       aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
       feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
       verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
       benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
       reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
       Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
       deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
       holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
       aangesien die klem op die volgende val:
       • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
       • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
            ondersteun
       • Die leerder se interpretasie van die vraag.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                    4                       DBE/November 2017
                                          NSS – Nasienriglyne

2.4    Assesseringsprosedures van die opstel

       2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
       2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
             vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
             nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
             gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt
             in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
             sal daar dus 7 regmerkies wees.
       2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
             • Inleiding, hoofaspekte, slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie

                                                                      ^
                 • Verkeerde stelling                _________________

                 • Irrelevante stelling              |
                                                     |
                                                     |

                 • Herhaling                         R

                 • Analise                           A√

                 • Interpretasie                     1√

2.5.   Die matriks

       2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle

       By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
       voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
       aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
       inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.

       (a)         Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
                   die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
                   stel.

                                                                I    VLAK 4

       (b)         Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van
                   die aanbieding bepaal.

                                                                I    VLAK 4
                                                                A    VLAK 3

       (c)         Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                                I
                                                                A
                                                                      VLAK 4
                                                                      VLAK 3    }26–27
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
     Geskiedenis/V1                                                         5                                                    DBE/November 2017
                                                                    NSS – Nasienriglyne

     NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50

                             VLAK 7              VLAK 6               VLAK 5              VLAK 4               VLAK 3               VLAK 2               VLAK 1*
AANBIEDING               Baie goed           Baie goed            Goed beplande en     Argument beplan     Toon soms bewys      Poging               Weinig of geen
                         beplande en         beplande en          gestruktureerde      en gestruktureer.   van 'n               aangewend om         poging om die
                         gestruktureerde     gestruktureerde      opstel.              Bewyse tot 'n       gestruktureerde en   antwoord te          opstel te
                         opstel. Goeie       opstel. 'n           Poog om 'n           sekere mate         beplande             struktureer.         struktureer nie.
                         sintese van         Relevante            duidelike argument   gebruik om          argument. Poog       Grootliks
                         inligting. Het 'n   argument is          te ontwikkel.        argument te         om 'n argument vol   beskrywend of
                         goed                gevolg. Bewyse       Gevolgtrekking       ondersteun.         te hou.              poog om argument
INHOUD                   gebalanseerde,      gebruik om die       gemaak uit           Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie   te ontwikkel. Geen
                         oorspronklike       argument te          bewyse om die        grond van bewyse.   duidelik             poging om 'n
                         argument            verdedig. Poog om    argument te                              ondersteun deur      gevolgtrekking te
                         ontwikkel met       'n onafhanklike      ondersteun.                              bewyse nie.          maak nie.
                         bewyse. Argument    gevolgtrekking uit
                         deurgaans           die bewyse te
                         volgehou en         maak om die
                         verdedig.           argument te
                         Onafhanklike        ondersteun.
                         gevolgtrekking
                         gemaak uit
                         bewyse om die
                         argument te
                         ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten
volle relevante tot
argument wat gevolg
                            47–50               43–46
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie
relevante tot argument
                            43–46               40–42                38–39
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud
toereikend en
                            38–39               36–37                34–35               30–33                28–29
relevante.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of                                                        30–33               28–29                26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit
nie. Hou soms nie
                                                                                         26–27                24–25                20–23
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud                                                                                            20–23                18–19                14–17
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad
nie. Ontoereikend of
                                                                                                                                   14–17                 0–13
irrelevante inhoud.

     *     Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:

     •     Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie =     0
     •     Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer
           nie                                                                                                    = 1–6
     •     Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer                      = 7–13

     Kopiereg voorbehou                                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              6                           DBE/November 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:         HOE HET DIE ONTPLOOIING VAN SOWJETMISSIELE IN KUBA
                 KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE
                 VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE VERHOOG?

1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
      • Twee jaar gelede het die Eisenhower regering lede van die Mafia gehuur om
         Castro dood te maak in 'n sluipmoord
      • Die VSA het begin om anti-Castro Kubaanse uitgewekenes op te lei om Kuba/
         hulle tuisland in te val
      • Die Kennedy regering het die projek oorgeërf wat gely het tot die Bay of Pigs
      • Die Kennedy regering het 'n CIA kampanje (veldtog) van teistering en sabotasie
         geborg                                                         (enige 2 x 1) (2)

1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
      • As Kuba se beskermer (om Kuba te beskerm)
      • Om Amerikaanse aggressie af te weer/CIA kampanje (veldtog) van teistering
         en sabotasie                                            (enige 1 x 2) (2)

1.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
      • Castro was aanvanklik gekant teen Sowjet missiel-installering in Kuba
      • Khrushchev het Castro oortuig van waarom dit nodig was om missiele te
          ontplooi na Kuba
      • Castro het uiteindelik met Khrushchev saamgestem om missiele in Kuba te
          ontplooi
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2) (4)

1.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
      • Om die VSA/wêreld bewus te maak daarvan dat Kuba in 'n alliansie/verhouding
          was met die Sowjetunie
      • Om te toon dat Kuba nie langer kwesbaar sou wees vir 'n aanval deur die VSA
          nie
      • Om Kuba se soewereiniteit en onafhanklikheid te toon
      • Die Sowjetunie het onder die internasionale wet alle reg gehad om die missiele
          te stuur
      • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2) (4)

1.2
1.2.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]
      • Toon bewyse dat Sowjetmissiele na Kuba ontplooi is, bv. die missielskuiltent
      • Bewyse dat die missielterrein weggesteek / verskuil was (missielterrein is
          omring deur digte plantegroei
      • Die foto toon dat Kuba homself bewapen/militariseer om Amerikaanse
          aggressie teen te werk (missiellanseerder)
      • Die foto toon die ontplooiing van Sowjet militêre toerusting (oksideertenk-
          sleepwaens) na Kuba
      • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               7                            DBE/November 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

1.2.2 [Vasstelling van die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 1B – V3]
      Leerlinge MOET ŉ standpunt inneem oor die bruikbaarheid van die bron om
      punte te verdien

       Die bron is BRUIKBAAR tot 'n groot mate omdat:
       • Dit 'n oorspronklike bron is, 'n foto wat op 14 Oktober 1962 geneem is
       • Dit relevant is en dit die toerusting toon wat deur die Sowjetunie na Kuba
          ontplooi is
       • Die bron ooreenkom met baie ander bronne oor die ontplooiing van missiele na
          Kuba
       • Dit inligting verskaf oor die soort missiele wat deur die Sowjetunie geïnstalleer
          is
       • Dit die missielterrein toon wat 'n bedreiging geword het vir die veiligheid van die
          VSA
       • Enige ander relevante antwoord

       Die bron is BRUIKBAAR tot 'n mindere mate omdat:
       • Die CIA subjektief kon wees in die identifisering van wat hulle beskou het as 'n
          bedreiging soos getoon in die foto
       • Die foto dien as 'n propaganda werktuig vir die VSA
       • Die foto kon gemanipuleer gewees het
       • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2) (4)

1.3
1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
      • Die verdediging van die Verenigde State van Amerika (ons eie veiligheid)
      • Die verdediging van die hele Westerse hemisfeer                     (2 x 1) (2)

1.3.2 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 1C – V1]
      • 'n Streng kwarantyn is deur die VSA ingestel om alle offensiewe militêre
         toerusting wat na Kuba verskeep word, te verhoed/ Die VSA het probeer om die
         verskeping van missiele na Kuba te stop
      • Deur fisies die Sowjetskepe te keer wat missiele na Kuba vervoer
      • Enige ander relevante antwoord                                (enige 1 x 2) (2)

1.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
      • 'n Streng kwarantyn (blokkade) op alle offensiewe militêre toerusting word
          onderneem
      • Toenemende streng bewaking oor Kuba en sy militêre opbou te behou
      • Ek het die opdrag gegee dat die Gewapende magte ... vrag gevind word
      • Om enige kernmissiel wat vanaf Kuba teen enige nasie in die Westerse
          hemisfeer gelanseer word te beskou as 'n aanval deur die Sowjetunie op die
          Verenigde State
      • Afbreking en onttrekking van alle offensiewe wapens in Kuba
      • ŉ Beroep op Khrushchev om hierdie ongeoorloofde ... oplossings deel te neem
                                                                    (enige 2 x 1) (2)
1.3.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
      • Om Amerikaanse burgers in te lig oor die ontplooiing van Sowjetmissiele na
          Kuba
      • Om VS burgers te verseker dat Kennedy en sy administrasie in beheer was

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               8                           DBE/November 2017
                                     NSS – Nasienriglyne
       •   Om Amerikaanse burgers in te lig oor die stappe wat hy beplan het om teen die
           Sowjetunie te neem (indien leerlinge voorbeelde gebruik moet hulle gekrediteer
           word)
       •   Om die ondersteuning van die VS regering in sy ideologiese oorlog teen die
           Sowjetunie te verkry
       •   Om die Sowjetunie te dreig om hulle wapens uit Kuba te onttrek
       •   Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2) (4)

1.4   [Vergelyking van bewyse in Bron 1B en 1C –V3]
      • Bron 1B toon die ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba en in Bron 1C verwys
         Kennedy na die ontplooiing van missiele as 'n bedreiging vir die veiligheid van
         die VSA en die hele Westelike hemisfeer
      • Bron 1B toon die opbou van offensiewe militêre toerusting op die drumpel van
         die VSA (Kuba) en in Bron 1C reageer Kennedy deur 'n kwarantyn (blokkade)
         op offensiewe militêre toerusting na Kuba af te dwing
      • Die militêre toerusting in Bron 1B was binne die bereik van Amerikaanse stede
         en in Bron 1C het Kennedy gereageer deur die VS gewapende magte in te roep
         om gereed te wees vir enige gebeurlikheid
      • Beide bronne 1B en 1C toon dat die missiele versteek was/ in die geheim
         ontplooi is
      • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

1.5
1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
      • Om hulle (Kuba) se verdedigingspotensiaal te versterk
      • Om Kuba toe te laat om vreedsaam te lewe
      • Om te ontwikkel volgens sy mense se begeerte                            (2 x 1) (2)

1.5.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
      • Om die VSA uit te daag ooreenkomstig die VS missiele in Turkye/Italië
      • Om 'n afskrikmiddel te voorsien vir 'n potensiële VS aanval teen Kuba
      • Om sy (USSR) sterkte en mag aan die VSA en die res van die wêreld te toon
      • Om kommunisme in Kuba/Latyns Amerika te versprei/versterk
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2) (4)

1.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – L1]
      • Om die integriteit van die grense te respekteer
      • Om die soewereiniteit van Turkye te respekteer
      • Om nie in te meng in Turkye se huishoudelike sake nie
      • Om nie Turkye in te val nie
      • Om nie sy gebied beskikbaar te maak as 'n place d'armes (militêre basis) vir so
         'n inval nie
      • Om diegene wat daaraan dink om aggressie teen Turkye vanuit Sowjetgebied
         te loods, te weerhou                                         (enige 2 x 1) (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                9                           DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

1.6    [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

        Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

        •   Die Sowjetunie se betrokkenheid in Kuba (Bron 1A)
        •   Die VSA stig EXCOMM wat verskillende opsies bespreek met betrekking tot die
            ontplooiing van missiele na Kuba (eie kennis)
        •   Vergaderings is gehou tussen Kennedy en Gromyko (eie kennis)
        •   Die 14 Oktober 1962 foto's dui die installasie van Sowjetmissiel-terreine in
            Kuba aan (Bron 1B)
        •   Ontplooiing van missiele lei tot suspisie en bewaking deur die VSA (Bron 1B)
        •   Kennedy kondig 'n blokkade aan en verdere stappe wat geneem sal word teen
            die Sowjetunie (Bron 1C)
        •   Die VS gewapende magte was gereed vir enige gebeurlikheid (Bron 1C)
        •   Kennedy beskuldig die Sowjetunie daarvan dat hulle wêreldvrede bedreig
            (Bron 1C)
        •   Khrushchev het Kennedy geantwoord en die gevaar van die VS missiele wat in
            Turkye geplaas is, aangedui (Bron 1D)
        •   Beide Kennedy en Khrushchev het via briewe gekommunikeer (Bron 1D/eie
            kennis)
        •   Enige ander relevante antwoord

        Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                 •   Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
      VLAK 1         min begrip oor hoe die ontplooiing van Sowjetmissiele in          PUNTE
                     Kuba die Koue Oorlog-spanning tussen die Verenigde                 0–2
                     State van Amerika en die Sowjetunie verhoog het.
                 •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                 •   Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
      VLAK 2         met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die ontplooiing        PUNTE
                     van Sowjetmissiele in Kuba die Koue Oorlog-spanning                3–5
                     tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie
                     verhoog het.
                 •   Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
                 •   Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike
      VLAK 3         begrip oor hoe die ontplooiing van Sowjetmissiele in Kuba         PUNTE
                     die Koue Oorlog-spanning tussen die Verenigde State van            6–8
                     Amerika en die Sowjetunie verhoog het.
                 •   Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
                     en toon begrip van onderwerp.
                                                                                         (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            10                           DBE/November 2017
                                   NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2:         WAAROM  HET   KUBA IN   1975  BY                DIE    ANGOLESE
                 BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

2.1
2.1.1 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 2A – V1]
      • Leiers van nasionalistiese/ vryheidsbewegings in Angola wat saamwerk om 'n
         regering te vorm
      • Die Alvor Ooreenkoms lei tot magsdeling onder die leiers van die drie
         nasionalistiese bewegings (MPLA, UNITA en FNLA)/ toonaangewende politieke
         rolspelers totdat veelparty verkiesings in November 1975 gehou word
      • Enige ander relevante antwoord                                       (1 x 2) (2)

2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
      • Die Alvor Ooreenkoms is sterk onderskryf deur ander Afrika-lande deur middel
         van die OAE                                                      (1 x 2) (2)

2.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
      • Die MPLA, UNITA en die FNLA het die ondersteuning van die buiteland wat
          hulle stryd om onafhanklikheid ondersteun het, versoek
      • Angola was strategies belangrik en ryk aan minerale – beide kante in die Koue
          Oorlog wou Angola in hulle invloedsfeer hê
      • Die MPLA is ondersteun deur Kuba en die Sowjetunie (Kommunisme)
      • UNITA is ondersteun deur Suid-Afrika en die VSA (Kapitalisme)
      • Die burgeroorlog tussen die MPLA en UNITA het 'n ideologiese konflik tussen
          kapitalisme en kommunisme geword
      • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2) (4)

2.2
2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
      • Die gegewe situasie op grond van ons beweging en ons land
      • Die verkenningsreis van die amptelike Kubaanse afvaardiging (enige 1 x 2) (2)

2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
      • Om 'n militêre skool vir kaders op te rig
      • Om 'n maatskappy vir sekuriteitspersoneel te stig
      • 'n Skip om oorlogsmateriaal vanaf Dar es Salaam te vervoer
      • Wapens
      • Vervoermiddels                                                  (enige 2 x 1) (2)

2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
      • Kommunisme/Sosialisme                                                  (1 x 2) (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               11                            DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

2.2.4   [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 2B – V3]
        Die bron is BRUIKBAAR omdat:
        •   Dit eerstehandse inligting (brief) van die leier van die MPLA (Neto) aan Kuba
            (Castro)
        •   Die brief wat militêre bystand versoek het, is op 26 Januarie 1976 afgelewer
            minder as twee weke nadat die MPLA tot magsdeling ingestem het by Alvor
        •   Die inligting in die brief kom ooreen met ander bronne
        •   Die inligting is relevant tot die navorsing oor Kuba se betrokkenheid in die
            Angolese Burgeroorlog
        •   Die inligting gee meer insig oor die spesifieke versoeke deur Castro vir militêre
            bystand
        •   Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)
2.3
2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
      • 'n Bataljon gewone troepe
      • Anti-tenkwapens                                                           (2 x 1) (2)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
      • Om die Angolese patriotte te help om die Suid-Afrikaanse inval te stuit
                                                                               (1 x 2) (2)
2.3.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
      • Castro het geargumenteer dat Kuba alleen die verantwoordelikheid moes dra
          vir hulle betrokkenheid in Angola, hulle het nie bevele van die Sowjetunie
          gevolg nie
      • Castro het geargumenteer dat die Sowjetunie saam met die Kubane gewerk het
          om die MPLA in Angola te ondersteun
      • Castro beskou die verhouding tussen die Sowjetunie en Kuba rakende die
          MPLA as gebaseer op gelyke verhoudings wat 'buitengewoon respekvol' was
      • Alleenlik die Kubaanse Kommuniste Party kon die besluit neem om troepe te
          stuur om die MPLA in Angola te ondersteun
      • Castro het dieselfde ideologie (kommunisme) met die MPLA en die Sowjetunie
          gedeel
      • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)
2.3.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
      • Die VSA (Ford en Kissinger) het die leuen verkondig dat Kuba slegs in Angola
          betrokke geraak het op bevele van die Sowjetunie
      • Hulle wou nie aanvaar dat Kuba op sy eie opgetree het nie
      • Enige ander relevante antwoord                                     (2 x 2) (4)
2.4
2.4.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
      • Angola is beheer deur buitelandse magte; beide Kuba en die USSR word
          getoon asof hulle Angola 'opwen' asof hulle 'n horlosiespeelding is wat nie
          onafhanklik kan optree nie
      • Die spotprent gee te kenne dat Kuba Angola beheer, maar Kuba word beheer
          deur die USSR; Kuba is ook 'n opwen-speelding sonder die vermoë om
          onafhanklik op te tree

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             12                           DBE/November 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

       •   Die Sowjetunie versprei kommunisme deur Kuba na Angola (die sleutel wat die
           USSR gebruik om Kuba 'op te wen' word uitgebeeld as 'n hamer en sekel, 'n
           simbool van kommunisme)
       •   Die Sowjetunie het meer mag as Kuba en Angola (aangedui deur die relatiewe
           grootte van die figure wat in die spotprent getoon word)
       •   Enige ander relevante antwoord                            (enige 2 x 2) (4)

2.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
      • Die hamer en sekel is die simbool van kommunisme
      • Die hamer en sekel is die simbool van werkers en boere
      • Die USSR was verantwoordelik vir die verspreiding van die kommunistiese
          ideologie na Kuba en indirek na Angola
      • Enige ander relevante antwoord                           (enige 2 x 2) (4)

2.5    [Vergelyking van bewyse in Bron 2C en 2D – V3]
       • Bron 2C is ŉ kommunistiese siening van Castro se bystand aan die MPLA in
          Angola terwyl Bron 2B ŉ Amerikaanse siening was van die Sowjetunie se
          betrokkenheid in Kuba en Angola
       • In Bron 2C het Castro beweer dat Kuba se betrokkenheid in Angola alleenlik
          hulle besluit was; terwyl in Bron 2D gee die spotprenttekenaar te kenne dat
          Kuba onder Sowjetbeheer optree
       • In Bron 2C beweer Castro dat die Sowjetunie direk ondersteuning na Angola
          gestuur het; terwyl in Bron 2D die spotprenttekenaar te kenne gee dat die
          USSR Kuba gebruik as 'n tussenganger ('n 'middelman') eerder as om direk
          ondersteuning te stuur
       • In Bron 2C sê Castro dat die USSR 'buitengewoon respekvol' is in sy
          verhouding met Kuba terwyl in Bron 2D die spotprenttekenaar die indruk gee
          dat Kubaanse onafhanklikheid of sieninge nie in ag geneem is nie, hulle is 'n
          'marionet' of 'n 'speelding' van die USSR se kommunistiese ideologie
       • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               13                           DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

2.6     [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

        Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

        •   Suid-Afrika het Angola ingeval so Kuba het die MPLA verdedig (Bron 2A en
            2C)
        •   Die burgeroorlog in Angola het uitgedraai as 'n Koue Oorlog-stryd en Kuba het
            hom verbind om die MPLA te verdedig teen 'n aanval deur die Weste (Bron 2A)
        •   Neto (MPLA) het Kuba vir spesifieke bystand gevra, bv. militêre skool, ŉ skip
            om oorlogsmateriaal te vervoer, wapens (Bron 2B en 2C)
        •   Neto (MPLA) het hom in die 1970's verbind tot die stigting van 'n onafhanklike,
            demokratiese en kommunistiese Angola, Kuba het hierdie ideologie gedeel
            (Bron 2B)
        •   Kuba het hom verbind om Angola in hulle onafhanklikheidstryd van
            kolonialisme te ondersteun (Bron 2C)
        •   Die VSA beweer dat Kuba in Angola betrokke was as gevolg van die USSR
            (Bron 2C en 2D)
        •   Kuba was onder die beheer van die Sowjet kommunistiese ideologie (Bron 2D)
        •   Kuba het hom verbind om teen imperiale magte te veg (eie kennis)
        •   Kuba en Angola het historiese bande gehad as gevolg van slawerny (eie
            kennis)
        •   Enige ander relevante antwoord

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                 •   Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
      VLAK 1         min begrip oor waarom Kuba betrokke geraak het in die             PUNTE
                     Angolese burgeroorlog in 1975.                                     0–2
                 •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                 •   Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
      VLAK 2         met die onderwerp, bv. toon begrip oor waarom Kuba                PUNTE
                     betrokke geraak het in die Angolese burgeroorlog in 1975.          3–5
                 •   Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
                 •   Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
      VLAK 3         begrip oor hoe waarom Kuba betrokke geraak het in die             PUNTE
                     Angolese burgeroorlog in 1975.                                     6–8
                 •   Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
                     en toon begrip van onderwerp.
                                                                                          (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            14                          DBE/November 2017
                                   NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: HOE HET DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE 1960's SWART
         AMERIKANERS GEMOBILISEER?

3.1
3.1.1 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 3A – V1]
      • 'n Idee wat wou hê dat swart Amerikaners moes saamwerk en 'n
         gemeenskapsprogram stig om sosio-ekonomiese toestande te verbeter
      • 'n Filosofie wat in die 1960's in die VSA uit die Burgerregtebeweging gegroei
         het wat swarttrots bevorder het
      • 'n Filosofie wat maatskaplike gelykheid bevorder het deur die stigting van
         politieke en kulturele inrigtings onder swart Amerikaners
      • 'n Uitroep aan alle swart Amerikaners om hulle kultuur, identiteit,
         selfstandigheid en selfverdediging te bevorder
      • Enige ander relevante antwoord                                (enige 1 x 2) (2)

3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
      • Om 'n beroep te doen op swart Amerikaners in hierdie land om te verenig
      • Om uit ŉ magsposisie te onderhandel
      • Om die totale mag van die samelewing te deel
      • Om swart Amerikaanse erfenis te erken
      • Om 'n sin vir gemeenskap te bou
      • Vir swart Amerikaners om hulle eie doelwitte te definieer
      • Vir swart Amerikaners om hulle eie organisasies te lei en daardie organisasies
         te ondersteun                                                (enige 2 x 1) (2)

3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
      • Daar was geen nasionale organisasie wat kon spreek tot die groeiende
         militantheid van jong swart mense nie
      • Die Burgerregtebeweging se stemtoon is aangepas tot die middelklas wittes
      • Dit het gedien as 'n soort buffersone tussen die gehoor en kwaai, jong swart
         Amerikaners
      • Hulle het beweer dat hulle ten behoewe van die gemeenskap praat, maar dit
         het nie in die stemtoon van die gemeenskap gepraat nie
      • Geen van daardie sogenaamde leiers kon in 'n opstandige gemeenskap ingaan
         en na geluister word nie                                   (enige 2 x 1) (2)

3.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2]
      • Integrasie was 'n teken van verandering wat deur die VS Federale regering
          aangebied is
      • Integrasie sou veral tot voordeel van swart gematigdes wat in die minderheid
          was, wees
      • Daar is van swart Amerikaners verwag om by 'n wit Amerikaanse leefstyl aan te
          pas/ te assimileer
      • Volgens die swartmagfilosofie is swart Amerikaners nie as gelykes met wit
          Amerikaners beskou nie
      • Wit Amerikaners was steeds in 'n superieure posisie/ swart mense is beskou as
          minderwaardig
      • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             15                           DBE/November 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

3.2
3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
      • Politieke onderdrukking
      • Ekonomiese uitbuiting
      • Sosiale vernedering                                                     (3 x 1) (3)

3.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
      • Die VS regering het demokrasie aan die hele wêreld verkondig, maar het nie
          daarin geslaag om dit in sy eie land toe te pas nie (Swart Amerikaners het
          steeds struikelblokke ervaar in onderwys, registrasie om te stem,
          werkreservering)
      • Die Federale regering het nie daarin geslaag om die grondwet van die VSA af
          te dwing nie (bv. stemreg, swak lewensomstandighede, maatskaplike
          ongelykheid)
      • Swart Amerikaners se regte is nie in geregshowe beskerm nie
      • Swart Amerikaners is nog steeds polisiebrutaliteit ondervind
      • Diskriminasie (maatskaplik, ekonomies en polities) teenoor swart Amerikaners
          is steeds kragtig toegepas in die meeste Amerikaanse state (bv.
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2) (4)

3.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
      • Die Swartmagfilosofie het verwag dat swart Amerikaners moes begin om dinge
          op hul eie te begin doen
      • Om swart Amerikaners te wys wat hulle kan bereik as hulle verenig was
      • Hulle het swart Amerikaners gehelp om nie op gematigde wittes vir hulp staat te
          maak nie
      • Hulle het swart Amerikaners gehelp om die beginsel van selfstandigheid te
          aanvaar
      • Hulle het swart Amerikaners gehelp om eenheid en trots ondermekaar te
          bevorder
      • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2) (4)

3.2.4 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 3B – V3]
      Die bron is BRUIKBAAR omdat:
      • Dit eerstehandse inligting (toespraak) deur Malcolm X, leier van die
         Swartmagbeweging verskaf
      • Dit lig toe hoe swart Amerikaners gemobiliseer is om vir hulself te veg
      • Die toespraak is in 1964 gelewer toe die Swartmagbeweging aan die groei was
      • Die inligting in die toespraak kom ooreen met ander bronne
      • Dit gee insig in die filosofie van die Swartmagbeweging
      • Dit lig die uitdagings toe wat swart Amerikaners in die gesig moes staar
      • Enige ander relevante antwoord                                   (enige 2 x 2) (4)

3.3
3.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
      • Dit toon die sukses van die Black Panther-party se Gemeenskapsprogramme
          (bv. swart Amerikaanse vroue wat gratis kospakkies ontvang)
      • Dit toon die filosofie van selfstandigheid wat deur die Black Panther-party
          voorgestaan is
      • Dit toon swart Amerikaners wat saamwerk om hulle onderskeie gemeenskappe
          op te hef
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              16                          DBE/November 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

        •   Dit toon dat die Black Panther-party sy eie koerant gehad het om swart
            Amerikaners bewus te maak
        •   Enige ander relevante antwoord                           (enige 2 x 2) (4)

3.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
      • Die koerant het die Swartmagfilosofie versprei
      • Dit het helderheid aan swart Amerikaners verskaf oor hulle regte
      • Dit het meer toegang tot inligting vir arm swart Amerikaanse families verskaf
      • Dit verskaf inligting oor aktiwiteite/ programme van die Black Panther-party en
          die Swartmagbeweging oor die algemeen
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2) (4)

3.4     [Vergelyking van bewyse in Bron 3A en 3C - V3]
         • In Bron 3A doen Stokely Carmichael 'n beroep op swart Amerikaners om 'n sin
            van gemeenskap op te bou en in Bron 3C swart Amerikaanse vrouens gesien
            word wat voordeel trek uit gemeenskapsprogramme
         • Bron 3A staaf dat swart Amerikaners hulle eie organisasies moet lei en Bron 3C
            toon een van die programme van die Black Panther-party, ŉ swart aangevoerde
            gemeenskapsorganisasie
         • Beide Bron 3A en 3B bevorder die doelwitte en idees van Swartmag
         • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

3.5
3.5.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
        • Onderdruk die politieke moontlikheid wat die Black Panther-party
           verteenwoordig het
        • Verkleineer die Black Panther-party
        • Federale agente het probeer om partykonflik te skep
        • Val die Black Panther-party aan as vyande van die staat
        • FBI bevorder gewelddadige konflik tussen die Black Panther- leiers
        • Voorkom swart nasionalistiese groepe en leiers om eerbiedwaardigheid te
           verkry deur hulle te diskrediteer                            (enige 1 x 2) (2)

3.5.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3D – V2]
      • Wou die invloed van die Black Panther-party verminder
      • Wou die Black Panther-party verhoed om ondersteuning te kry van gematigde
          swart en wit Amerikaners
      • Wou die verspreiding van die Black Panther-party se revolusionêre idees
          verminder
      • Enige ander relevante antwoord                             (enige 1 x 2) (2)

3.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
      • Vervalste dokumente
      • Betaal lokvinke
      • Het hulle van plofstof voorsien
      • Moedig lede aan om openbare geboue op te blaas
      • Bevorder boendoehowe
      • Moedig Panther-lede aan om verdagte informante te martel         (enige 1 x 1) (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              17                           DBE/November 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

3.6   [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

      Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
       • Die Swartmagbeweging doen 'n beroep op swart Amerikaners om te verenig
         (Bron 3A)
       • Die Swartmagbeweging het swart Amerikaners geïnspireer om nie teen
         gediskrimineer te word nie (Bron 3A)
       • Die Swartmagbeweging beïnvloed swart Amerikaners om hulle erfenis te erken,
         om hulle eie doelwitte te stel en om eie organisasies te lei (Bron 3A)
       • Leiers van die Swartmagbeweging het die tekortkominge van die
         Burgerregtebeweging aan die kaak gestel wat gelei het daartoe dat jong swart
         Amerikaners by die Black Panther-party aangesluit het (Bron 3A)
       • Die Swartmagbeweging het swart Amerikaners aangemoedig om teen politieke
         onderdrukking, ekonomiese uitbuiting en sosiale vernedering op te staan (Bron
         3B)
       • Die Swartmagbeweging het swart Amerikaners aangemoedig om militant te
         wees (Bron 3B)
       • Die Swartmagbeweging moedig swart Amerikaners aan om hulle eie gevegte te
         veg (eie kennis)
       • Die Black Panther-party stig verskillende programme om swart Amerikaanse
         gemeenskappe op te hef (Bron 3C)
       • Die Black Panther-party publiseer gemeenskap gebaseerde koerante om swart
         Amerikaanse gemeenskappe op hoogte te hou van hulle regte of sake wat hulle
         affekteer (Bron 3C)
       • Black Panther-leiers het hulle lede gewaarsku oor die moontlike infiltrasie van
         die FBI (Bron 3D)
       • Die Black Panther-party stig regskantore en verskaf regsadvies aan swart
         Amerikaners (eie kennis)
       • Die Black Panthers het die polisie gemonitor om te verseker dat hulle nie hulle
         mag misbruik nie (eie kennis)
       • Enige ander relevante antwoord

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
              • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
  VLAK 1          min begrip oor hoe die Swartmagbeweging swart                       PUNTE
                  Amerikaners in die 1960's gemobiliseer het.                          0–2
              • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
              • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
  VLAK 2          met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die                      PUNTE
                  Swartmagbeweging swart Amerikaners in die 1960's                     3–5
                  gemobiliseer het.
              • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
              • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
  VLAK 3          begrip oor hoe die Swartmagbeweging swart Amerikaners               PUNTE
                  in die 1960's gemobiliseer het.                                      6–8
              • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
                  en toon begrip van onderwerp.
                                                                                        (8)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             18                           DBE/November 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 4:         GEVALLESTUDIE – CHINA

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede]

SINOPSIS

Daar word van kandidate verwag om te verduidelik of Mao Zedong se beleide van die
Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Revolusie 'n klaaglike mislukking was al dan nie.
Hulle kan verwys na Mao Zedong se beleid tussen 1958 en 1969.

HOOFASPEKTE

Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem met die stelling
  nie. Hulle moet uitlig of Mao Zedong se beleide van die Groot Sprong Vorentoe en
  Kulturele Revolusie 'n klaaglike mislukking was al dan nie en aandui hoe hulle hul
  argument gaan ondersteun.

UITBREIDING

Indien kandidate saamstem met die stelling kan hulle die volgende punte in hulle
antwoord insluit:

•   Mao se opkoms, die eerste vyfjaarplan en honderd blomme veldtog (agtergrond)
•   Mao se beleide het die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Revolusie ingesluit in
    'n poging om kommunisme te verskans

Die Groot Sprong Vorentoe:
• Mao Zedong se Tweede Vyfjaarplan wat in 1958 begin het
• Dit het ten doel gehad om China te industrialiseer om kapitalistiese lande verby te
   steek; landbouproduksie te verbeter om gelyk te wees met Westerse lande
• Beëindig privatisering
• Plattelandse koöperasies is geamalgameer in 'mense kommunes' (kollektivisering)
• Gewelddadige amalgamasie van boere in 'mense kommunes'
• Gebruik propaganda om produksie te bevorder

Hoe die Chinese reageer het op die Groot Sprong Vorentoe:
• Swak beplanning; swak ondersteuning aan kleinboere; korrupte plaaslike amptenare;
  hoë belasting op plaasprodukte; agterplaas industrieë wat minderwaardige goedere
  produseer; industrieë stort ineen
• Om China te industrialiseer het afgehang van kleinboere eerder as masjinerie
• Dit het kleinboere aangemoedig om agterplaas industrieë op te rig (industrialisering op
  die platteland)
• Dit het hongersnood tot gevolg gehad wat gelei het tot die sterftes van miljoene mense
• Die ekonomie het ineengestort
• Die Groot Sprong Vorentoe, ook na verwys as die 'Drie Bitter Jare'/ ‘Groot Sprong
  Agteruit’, het binne 3 jaar misluk
• Mao Zedong is gedwing om weer terug te keer na 'n mate van kapitalisme
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                19                             DBE/November 2017
                                       NSS – Nasienriglyne
•   Dit het tot gevolg gehad dat die Groot Sprong Vorentoe klaaglik misluk het

•   Mao het uiteindelik erken dat foute begaan is en het bedank as President van China,
    maar het sy pos behou as voorsitter van die Chinese Kommuniste Party
•   In 1962 het hy die verantwoordelikheid van die ekonomie aan President Liu Shaoqi en
    CKP generaal sekretaris Deng Xiaoping oorhandig en uit die politiek getree

Die Kulturele Revolusie:
• Die intensies van China se Kommuniste party (praktiese beleide om die ekonomie
   te verbeter; outoritêre regeringsvorm; kleinboere sonder grond te bemagtig;
   grondhervormingsprosesse; nasionalisering van swaar nywerhede)
• Klaslose gemeenskap (fokus daarop om omstandighede te verbeter van kleinboere
   en werkers; het alle Chinese opgelei om saam te werk vir 'n beter China)
• Hy het die Kulturele Revolusie in 1966 geloods om sy mag wat hy verloor het as
   gevolg van die Groot Sprong Vorentoe te herstel
• Hy het die Rooi Wagte (Red Guards) ingestel wat: die idees bestudeer en versprei
   het in die Klein Rooi Boekie; kleinboere opgevoed het in die beginsels van
   Kommunisme; lees en skryf geleer het; suiwering (opponente van Kommunisme &
   gematigdes is geëlimineer (uitgewis) en miljoene opponente van Kommunisme is
   doodgemaak) ingestel het; teenkommuniste kuns en boeke vernietig het
• Die rol van die Rooi Wagte (Veldtog om die 'Vier Oues' (Four Olds) aan te val:
   verandering van ou idees, tradisionele kultuur, gebruike en gewoontes)
• Reuse betogings is in die Tiananmen Square Beijing, gehou en oral is plakkate en
   prente van Mao opgesit
• Die Klein Rooi Boekie (Little Red Book) (het Mao se filosofieë oor Kommunisme
   bevat; daar is van alle burgers verwag om die beginsels van Kommunisme te
   memoriseer; 'n Bron van Kommunistiese propaganda in China)
• Eliminasie (Uitwissing) van amptenare: Deng Xiaoping en Liu Shaoqi is uit die
   regering verwyder; het ontslae geraak van professionele (ingenieurs, wetenskaplikes,
   onderwysers ens.)
• Sluiting van skole, kolleges en universiteite (omdat hulle krities, liberaal en elitisties is)
• Nywerhede het swaargekry en produksie het teen 1968 opgehou
• Enige ander relevante antwoord

•   Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.

Indien kandidate aandui dat hulle nie saamstem nie, moet hulle hul argument met
relevante historiese bewyse ondersteun.                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            20                          DBE/November 2017
                                   NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE AFRIKA:        VERGELYKENDE       GEVALLESTUDIE           –
                 DIE KONGO EN TANZANIË
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet in hierdie opstel toon hoe beide Mobutu Sese Seko in die Kongo en
Julius Nyerere in Tanzanië ekonomiese, maatskaplike en kulturele ontwikkeling bevorder
het nadat hulle lande onafhanklikheid verkry het van koloniale regering. Kandidate moet
hul antwoord ondersteun met verwysing na ekonomiese, maatskaplike en kulturele beleid.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet hierdie vraag in konteks plaas deur te noem dat die
   ekonomieë van die Kongo en Tanzanië onderontwikkeld was ten tye van
   onafhanklikheidswording. Daarby gevoeg het kolonialisme Afrika-kultuur en
   maatskaplike strukture ondermyn en devalueer. Leiers van die Kongo en Tanzanië
   het albei na dekolonisasie ekonomiese, maatskaplike en kulturele ontwikkeling in
   hulle lande bevorder.
UITBREIDING
EKONOMIES
• Die Kongo en Tanzanië het enkel-produkte van hulle onderskeie koloniseerder
  oorgeërf; Die Kongo het 'n kapitalistiese ekonomiese stelsel aanvaar; terwyl Tanzanië
  'n sosialistiese ekonomiese model aanvaar het. Beide het gesukkel om hulle
  ekonomieë te ontwikkel
• Met onafhanklikheidswording het die Kongo en Tanzanië 'n tekort gehad aan 'n
  lewendige vervaardigingsnywerheid
• Die Kongo het daarna gestreef om die ekonomie te industrialiseer en 'n
  vervaardigingsbasis (grootliks gefaal) te ontwikkel; terwyl Tanzanië sy landboubasis
  uitgebou het, villagisation beleid en Ujamaa (het opposisie van onafhanklike Afrika-
  boere in die gesig gestaar)
• Die Kongo het van die vroeë 1960's swaar gesteun op buitelandse hulp en
  kundigheid; terwyl Tanzanië gepoog het om selfonderhoudend te wees en neo-
  kolonialisme verwerp het
• Beide lande het afhanklik gebly van die uitvoer van landbouprodukte en minerale
• Mobutu en Nyerere het die grond en nywerhede genasionaliseer om rykdom eweredig
  te versprei
• Nog die Kongo nog Tanzanië het oliereserwes gehad en daarom het albei
  ekonomiese krisisse beleef toe die oliepryse in die 1970's gestyg het
• Beide Mobutu (1970s) en Nyerere (1980s) het besluit om sektore van die ekonomie te
  privatiseer as gevolg van 'n ekonomiese krisis
• Beide lande het lenings van die buiteland en buitelandse organisasies aanvaar; vanaf
  die 1960's het die Kongo finansiële hulp van die kapitalistiese Weste aanvaar; terwyl
  Tanzanië vanaf die 1980's gedwing was om Wêreldbank-lenings te aanvaar en
  onderwerp was aan strukturele ontwikkelingsbeleid
• Die Kongo se ekonomie is gekarakteriseer deur elitisme en nepotisme; terwyl
  Tanzanië korrupsie van regeringsamptenare verminder het deur 'n 'Leierskap-kode'
• Die ekonomie van die Kongo het reuse verskille in rykdom tussen ryk en arm
  geproduseer; terwyl Tanzanië gepoog het om ekonomiese ongelykheid te verminder
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [History P1 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-memo-eng/662ba1e6-fb78-4312-a0cd-1e0d4024f033) — History · Memo · 2017 · Eng
- [History P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2017-memo-eng/85076440-4ade-42cf-9119-7e4e53348597) — History · Memo · 2017 · Eng
- [History P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2018-final-memo-afr/b599d539-b3a0-42aa-bdc9-b79f329dd8ce) — History · Memo · 2018 · Afr
- [History P1 Nov 2013 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2013-memo-afr/1045e9f1-5699-4ddd-a05c-c180693099bb) — History · Memo · 2013 · Afr
- [History P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
