# History Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2018-afr/d21674e3-fc28-4266-b2cf-7d676f17b661
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2018-afr/d21674e3-fc28-4266-b2cf-7d676f17b661)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                               GESKIEDENIS V1

                               NOVEMBER 2018

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             2                           DBE/November 2018
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
        voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

        AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

        VRAAG 1:      DIE KOUE OORLOG: INSLUITING              EN   WAAGMANSKAP:
                      DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS

        VRAAG 2:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

        VRAAG 3:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                      DIE SWARTMAGBEWEGING

        AFDELING B: OPSTELVRAE

        VRAAG 4:      GEVALLESTUDIE – CHINA

        VRAAG 5:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                      DIE KONGO EN TANZANIË

        VRAAG 6:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
                      BURGERREGTEBEWEGING

2.      AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig
        is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

3.      AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.      Beantwoord DRIE vrae soos volg:

        4.1      Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
                 moet 'n opstelvraag wees.

        4.2      Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.      Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.      In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
        toepas.

7.      Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                3                          DBE/November 2018
                                             NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:         HOE HET DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE STATE VAN
                 AMERIKA IN 1962 OP DIE ONTPLOOIING VAN MISSIELE NA KUBA
                 GEREAGEER?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Gebruik Bron 1A.

         1.1.1        Wat het daartoe aanleiding gegee dat President Kennedy ExComm
                      vir 'n krisisvergadering byeengeroep het?               (1 x 1)            (1)

         1.1.2        Definieer die konsep kwarantyn in die konteks van die Kubaanse
                      Missielkrisis.                                           (1 x 2)           (2)

         1.1.3        Lewer kommentaar op wat jy dink Dean Rusk met die stelling, 'Ons
                      was van aangesig tot aangesig en ek dink die ander ou het net sy
                      oë geknip', in die konteks van die ontplooiing van Sowjetmissiele
                      na Kuba geïmpliseer het.                                  (2 x 2)          (4)

         1.1.4        Identifiseer die TWEE eise in die bron wat Khrushchev aan die
                      Amerikaanse regering gestel het.                       (2 x 1)             (2)

         1.1.5        Wie, volgens die bron, het vir die verwydering van Amerikaanse
                      missiele uit Turkye onderhandel?                        (2 x 1)            (2)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1        Watter voorstelle het Khrushchev gemaak om die Kubaanse
                      Missielkrisis op te los?                          (2 x 1)                  (2)

         1.2.2        Noem enige TWEE versekerings in die bron wat die Sowjetunie
                      met betrekking tot die soewereiniteit van Turkye gegee het. (2 x 1)        (2)

         1.2.3        Verduidelik waarom Khrushchev bereid was om 'n besluit oor Kuba
                      'binne die raamwerk van die Veiligheidsraad' te ondersteun. (2 x 2)        (4)

1.3   Verwys na Bron 1C.

         1.3.1       Lewer kommentaar op waarom jy dink hierdie foto geneem is.
                     Gebruik die bewyse in die bron om jou antwoord te ondersteun.
                                                                               (2 x 2)           (4)

         1.3.2       Verduidelik waarom jy die inligting in hierdie bron as bruikbaar sou
                     beskou wanneer die Kubaanse Missielkrisis nagevors word. (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 4                            DBE/November 2018
                                              NSS

1.4      Raadpleeg Bron 1D.

         1.4.1        Haal DRIE gevolgtrekkings aan waartoe die Amerikaanse regering
                      gekom het met betrekking tot inligting wat in die lugfoto's verskaf is.
                                                                                      (3 x 1)       (3)

         1.4.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die Amerikaners die Internasionale Komitee van die
                      Rooikruis beskou het as 'n geskikte agent vir die inspeksie van
                      'vragskepe wat na Kuba onderweg is'.                       (2 x 2)            (4)

         1.4.3        Lewer kommentaar op waarom jy dink die Amerikaanse regering
                      die onttrekking van Sowjetmissiele uit Kuba wou monitor. (2 x 2)              (4)

1.5      Verwys na Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1C die inligting
         in Bron 1D met betrekking tot die onttrekking van Sowjetmissiele uit Kuba
         ondersteun.                                                         (2 x 2)                (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe die Sowjetunie en die Verenigde State van Amerika in 1962
         op die ontplooiing van missiele na Kuba gereageer het.                                     (8)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 5                          DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 2: WATTER ROL HET BUITELANDSE MOONDHEDE IN DIE SLAG VAN
         CUITO CUANAVALE GESPEEL?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Identifiseer die TWEE lande in die bron wat vir Suid-Afrika se
                      ingryping in Angola geblameer is.                       (2 x 1)             (2)

         2.1.2        Lewer kommentaar op waarom jy dink Vorster Suid-Afrika se
                      betrokkenheid in Angola verdedig het.              (2 x 2)                  (4)

         2.1.3        Wat, volgens die bron, was Suid-Afrika se 'hoofredes' vir ingryping
                      in Angola?                                                   (2 x 1)        (2)

         2.1.4        Noem die TWEE Afrika-leiers in die bron wat Suid-Afrika se
                      ondersteuning van die FNLA en UNITA verwelkom het.  (2 x 1)                 (2)

         2.1.5        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom Suid-Afrika:

                      (a)   Nie die MPLA ondersteun het nie                        (1 x 2)        (2)

                      (b)   UNITA ondersteun het                                   (1 x 2)        (2)

2.2      Bestudeer Bron 2B.

         2.2.1        Identifiseer die TWEE brigades in die bron wat 'n grootskaalse
                      aanval op UNITA begin het.                              (2 x 1)             (2)

         2.2.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom jy dink die Slag van Cuito Cuanavale as die 'grootste slag
                      nog in Afrika suid van die Sahara' beskou word.            (2 x 2)          (4)

         2.2.3        Haal TWEE redes uit die bron aan wat tot die SAW se ontrekking
                      uit Cuito Cuanavale aanleiding gegee het.               (2 x 1)             (2)

         2.2.4        Waarom het die leiers van Angola dit nodig gevind om die oorlog
                      te beëindig?                                             (1 x 2)            (2)

2.3      Raadpleeg Bron 2C.

         2.3.1        Verduidelik die boodskap wat in hierdie foto oorgedra word. (1 x 2)         (2)

         2.3.2        Lewer kommentaar daarop of 'n historikus, wat die uitkoms van die
                      Slag van Cuito Cuanavale navors, die bron bruikbaar sal vind.
                                                                                  (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 6                           DBE/November 2018
                                              NSS

2.4      Lees Bron 2D.

         2.4.1        Noem die TWEE organisasies/bewegings in die bron wat voorkom
                      het dat die SAW Cuito Cuanavale verower.               (2 x 1)               (2)

         2.4.2        Definieer die konsep kommunisme in jou eie woorde in die konteks
                      van die Slag van Cuito Cuanavale.                         (1 x 2)            (2)

         2.4.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik wat
                      jy dink Nelson Mandela met die stelling, 'Cuito Cuanavale was 'n
                      oorwinning vir die hele Afrika!', geïmpliseer het.            (2 x 2)        (4)

2.5      Vergelyk Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2C verskil van
         die inligting in Bron 2D oor die uitkoms van die Slag van Cuito Cuanavale.
                                                                                (2 x 2)            (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die rol
         wat buitelandse moondhede in die Slag van Cuito Cuanavale gespeel het,
         verduidelik.                                                                              (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                7                           DBE/November 2018
                                             NSS

VRAAG 3:         WATTER INVLOED HET DIE SWARTMAGFILOSOFIE IN DIE 1960's
                 EN 1970's OP SWART AMERIKANERS GEHAD?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Lees Bron 3A.

         3.1.1        Watter invloed, volgens die bron, het televisie           op    swart
                      Amerikaners gehad?                                             (1 x 2)      (2)

         3.1.2        Definieer die konsep Swart Mag in jou eie woorde.              (1 x 2)      (2)

         3.1.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom jy dink Pearl Marsh se pa teen haar natuurlike haarstyl
                      gekant was.                                                (2 x 2)          (4)

         3.1.4        Lewer kommentaar op wat jy dink met die stelling, 'Ek is 'n
                      Afrikaan', in die konteks van die Swartmagfilosofie in die VSA
                      geïmpliseer is.                                          (2 x 2)            (4)

3.2      Verwys na Bron 3B.

         3.2.1       Watter soort skool, volgens die bron, het Angela Davis in New York
                     City bygewoon?                                              (1 x 1)          (1)

         3.2.2       Noem enige DRIE organisasies/partye in die bron waaraan Angela
                     Davis in die 1960's behoort het.                        (3 x 1)              (3)

         3.2.3       Verduidelik hoe jy dink die volgende Angela Davis beskou het:

                     (a)    Die Swartmag-aktiviste                                   (1 x 2)      (2)

                     (b)    Die Amerikaanse regering                                 (1 x 2)      (2)

         3.2.4       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom Angela Davis van die ontsnappingspoging uit die Marin
                     County-hof verdink is.                                     (1 x 2)           (2)

3.3      Raadpleeg Bron 3C.

         3.3.1       Haal enige TWEE redes uit die bron aan wat daarop dui dat Angela
                     Davis deur die FBI gesoek is.                             (2 x 1)            (2)

         3.3.2       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                     boodskappe wat die FBI oor Angela Davis wou oordra.           (2 x 2)        (4)

3.4      Bestudeer Bron 3B en 3C. Met betrekking tot Angela Davis, verduidelik hoe
         die inligting in Bron 3B van die bewyse in Bron 3C verskil.       (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 8                          DBE/November 2018
                                              NSS

3.5      Gebruik Bron 3D.

         3.5.1        Waarom, volgens Hoover,         het   die   FBI   meer    'ondersoek-
                      verantwoordelikhede' gehad?                                    (1 x 1)        (1)

         3.5.2        Gee DRIE redes in die bron wat te kenne gee dat die Black
                      Panther-party 'die grootste bedreiging vir die interne veiligheid van
                      die land' (VSA) verteenwoordig.                               (3 x 1)         (3)

         3.5.3        Verduidelik die beeld wat Hoover oor die leiers van die Black
                      Panther-party probeer oordra het.                      (1 x 2)                (2)

         3.5.4        Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die
                      bron vir 'n historikus wat oor die Black Panther-party navorsing
                      doen.                                                    (2 x 2)              (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
         invloed wat die Swartmagfilosofie in die 1960's en 1970's op swart
         Amerikaners gehad het, verduidelik.                                                        (8)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                          9                            DBE/November 2018
                                       NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:         GEVALLESTUDIE – CHINA

Verduidelik tot watter mate Mao Zedong se beleidsrigtings, die Groot Sprong Vorentoe
en die Kulturele Rewolusie, tussen 1957 en 1969 in die transformasie van
Kommunistiese China suksesvol was.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                              [50]

VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE AFRIKA:        VERGELYKENDE         GEVALLESTUDIE        –
                 DIE KONGO EN TANZANIË

Bespreek krities hoe Mobutu Sese Seko (die Kongo) en Julius Nyerere (Tanzanië) die
ekonomiese en politieke uitdagings waarvoor hulle onderskeie lande na die verkryging
van onafhanklikheid in die 1960's te staan gekom het, aangepak het.                        [50]

VRAAG 6:         BURGERLIKE PROTES VANAF           DIE   1950's    TOT   DIE   1970's:
                 DIE BURGERREGTEBEWEGING

Die Optog na Washington (Lincoln-monument) op 28 Augustus 1963 was in die 1960's
die invloedrykste (effektiefste) vorm van verset teen diskriminasie in die Verenigde
State van Amerika.

Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse.           [50]

                                                                          TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2018-final-memo-afr/b599d539-b3a0-42aa-bdc9-b79f329dd8ce) — History · Memo · 2018 · Afr
- [History P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEP2018 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sep2018-english/47dd3041-ad8c-49c9-92a3-636ad391ba9f) — History · QP · 2018 · Eng
- [History P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-eng/ee3ae3b0-c354-45e6-b3c7-332627f487ef) — History · QP · 2020 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-eng/89668a5f-bd22-4e52-9e37-55411cf74229) — History · QP · 2014 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-afr/ea332f92-48ce-4d55-9cb0-0d24da82e036) — History · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
