# History Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2018-final-memo-afr/b599d539-b3a0-42aa-bdc9-b79f329dd8ce
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2018-final-memo-afr/b599d539-b3a0-42aa-bdc9-b79f329dd8ce)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                                   GESKIEDENIS V1

                                   NOVEMBER 2018

                                   NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 24 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 2                          DBE/November 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

1.     BRONGEBASEERDE VRAE
1.1   Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
      ontwikkel:
Kognitiewe                                                       Gewigstoekenning
                           Historiese vaardighede
  Vlakke                                                             van vrae
            • Onttrek inligting uit bronne
            • Selektering en organisasie van relevante inligting       30%
VLAK 1
                uit bronne                                             (15)
            • Definieer historiese begrippe/terme
            • Interpretasie van bewyse uit bronne
                                                                       40%
VLAK 2      • Verduidelik inligting verkry uit bronne
                                                                       (20)
            • Analiseer bewyse uit bronne
                 •   Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
                 •   Skakel     met    bronne     om     bruikbaarheid,
                     betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas
                                                                                30%
VLAK 3               te stel
                                                                                (15)
                 •   Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
                     perspektiewe in die bronne en kom tot
                     onafhanklike gevolgtrekkings

1.2    Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
       • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
           ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
       • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
           vereistes van die vraag voldoen is.
       • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
           aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
           skrif aangedui.
       • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
           kry vir enige ander relevante antwoord.
       • Daar word van leerlinge verwag om 'n standpunt in te neem in die
           beantwoording van 'tot watter mate' vrae om enige punte te verdien
1.3    Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
       • Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.
       • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
          en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
          twee punte toegeken word ().
       • Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui.
       Paragraafvraag
       Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en
       die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
       toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
       paragraafvraag geassesseer word:
       • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar
           die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
       • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat
           was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               3                           DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

       •  Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan
          die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die
          holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv.
       ___________ . __________________________ . _________________________
       _____________________________________________ . _________________
                                                                          √√√√ Vlak 2
       Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
       • Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op
          die kantlyn regs onder, bv. 32
                                       50
       • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
          antwoordeboek oorgedra word.

2.     OPSTELVRAE

2.1    Die opstelvrae vereis dat kandidate:
       • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
           stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
           bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
           'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
           beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
           gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.

2.2    Nasien van opstelvrae
       • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
          die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
       • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
          ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.

2.3    Globale assessering van 'n opstel
       Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
       die onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte
       afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n
       oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n
       argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs
       inhoud (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie
       benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer
       sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien
       van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders
       as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
       ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende
       val:
       • Die leerder se interpretasie van die vraag
       • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoudseleksie)
       • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en 'n
            onafhanklike argument)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                    4                       DBE/November 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

2.4    Assesseringsprosedures van die opstel

       2.4.1     Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.

       2.4.2     Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
                 vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die
                 nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument
                 ondersteun (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) en 'n
                 relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die
                 nasienriglyne)
                 Bv. In 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.

       2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van 'n opstel.

                 P   Punt: Die kandidaat lei die opstel in met 'n argument/'n duidelike
                     hoofpunt.
                     Elke paragraaf moet 'n punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in
                     die inleiding gemaak is, ondersteun.
                 E   Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
                     waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met
                     die vraag wat gevra is.
                 E   Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te
                     selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde
                     moet gegee word om argument vol te hou.
                 L   Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in
                     die opstel onderhou word en samehangend geskryf is.

       2.4.3     Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van 'n opstel:

                 • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie

                                                     ^
                 • Verkeerde stelling                _________________

                 • Irrelevante stelling              |
                                                     |
                                                     |

                 • Herhaling                         R

                 • Analise                           A√

                 • Interpretasie                     1√

                 •   Argument                        LOA

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 5                         DBE/November 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

2.5.   Die matriks

       2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle

       By die nasien van opstelle moet die kriteria gebruik word wat in die matriks verskaf
       word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
       aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
       inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke.

       (a)       Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
                 die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
                 stel.
                                                          I      VLAK 4

       (b)       Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
                 aanbieding bepaal.

                                                             I     VLAK 4
                                                             A     VLAK 3

       (c)       Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                             I
                                                             A
                                                                    VLAK 4
                                                                    VLAK 3        }26–27

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
     Geskiedenis/V1                                                         6                                                    DBE/November 2018
                                                                    NSS – Nasienriglyne

     NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50

                             VLAK 7              VLAK 6               VLAK 5              VLAK 4               VLAK 3               VLAK 2               VLAK 1*
AANBIEDING               Baie goed           Baie goed            Goed beplande en     Argument beplan     Toon soms bewys      Poging               Weinig of geen
                         beplande en         beplande en          gestruktureerde      en gestruktureer.   van 'n               aangewend om         poging om die
                         gestruktureerde     gestruktureerde      opstel.              Bewyse tot 'n       gestruktureerde en   antwoord te          opstel te
                         opstel. Goeie       opstel. 'n           Poog om 'n           sekere mate         beplande             struktureer.         struktureer nie.
                         sintese van         Relevante            duidelike argument   gebruik om          argument. Poog       Grootliks
                         inligting. Het 'n   argument is          te ontwikkel.        argument te         om 'n argument vol   beskrywend of
                         goed                gevolg. Bewyse       Gevolgtrekking       ondersteun.         te hou.              poog om argument
INHOUD                   gebalanseerde,      gebruik om die       gemaak uit           Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie   te ontwikkel. Geen
                         oorspronklike       argument te          bewyse om die        grond van bewyse.   duidelik             poging om 'n
                         argument            verdedig. Poog om    argument te                              ondersteun deur      gevolgtrekking te
                         ontwikkel met       'n onafhanklike      ondersteun.                              bewyse nie.          maak nie.
                         bewyse. Argument    gevolgtrekking uit
                         deurgaans           die bewyse te
                         volgehou en         maak om die
                         verdedig.           argument te
                         Onafhanklike        ondersteun.
                         gevolgtrekking
                         gemaak uit
                         bewyse om die
                         argument te
                         ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten
volle relevante tot         47–50                43–46
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie              43–46                40–42               38–39
relevante tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud          38–39                36–37               34–35                30–33               28–29
toereikend en
relevante.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of                                                        30–33                28–29               26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit                                                                       26–27               24–25                 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud                                                                                            20–23                 18–19                14–17
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                                  14–17                 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

     *Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
        •     Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud/geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
        •     Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel
              te struktureer nie                                                                                 = 1–6
        •     Vraag nie op gepaste wyse beantwoord nie en vaag; klein poging om die opstel te struktureer        = 7–13

     Kopiereg voorbehou                                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              7                            DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:         HOE HET DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE STATE VAN
                 AMERIKA IN 1962 OP DIE ONTPLOOIING VAN MISSIELE NA KUBA
                 GEREAGEER?

1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
      • 'Om van die bedreiging van missiele in Kuba werk te maak'               (1 x 1) (1)

1.1.2 [Definisie van 'n historiese konsep in Bron 1A – V1]
      • Amerika het 'n blokkade afgedwing om te verhoed dat Sowjetskepe vol missiele
         Kuba invaar
      • Enige ander relevante antwoord                              (enige 1 x 2) (2)

1.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
      • Amerika en die Sowjetunie was van aangesig tot aangesig (Waagmanskap)
          en was gereed vir 'n direkte konfrontasie met mekaar, maar die Sowjetunie het
          teruggetrek
      • 'n Konfrontasie (Waagmanskap) waar Amerikaanse skepe Sowjetskepe
          verhinder het om Kuba in te gaan maar die Sowjetunie het sy skepe die opdrag
          gegee om terug te keer na die Sowjetunie
      • Enige ander relevante antwoord                                   enige 2 x 2) (4)

1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
      • 'ŉ Waarborg deur Amerika dat Kuba nie ingeval sou word nie'
      • 'Die verwydering van Turkse missiele'                                  (2 x 1 ) (2)
1.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]

       •   Robert Kennedy – VSA (Prokureur-generaal)
       •   Anatoly Dobrynin – Sowjetunie (Sowjet-ambassadeur)                   (2 x 1) (2)

1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
      • 'Ons is bereid om die missiele ... uit Kuba te verwyder'
      • 'Ons is bereid om hierdie waarborg aan die Verenigde Nasies te gee'
      • ‘Amerika ... soortgelyke missiele uit Turkye sal verwyder’    (enige 2 x 1) (2)

1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
      • 'Dat die onskendbaarheid (veiligheid) van Turkye se grense'
      • 'En die soewereiniteit [van Turkye] gerespekteer sal word'
      • 'Daar nie met hulle binnelandse sake ingemeng sal word nie'
      • 'Dat Turkye nie ingeval sal word nie'
      • 'Dat ons gebied nie as 'n vastrapplek vir so 'n inval beskikbaar gestel sal word
         nie’                                                            (enige 2 x 1) (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               8                            DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

1.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]
      Khrushchev:
      • Het gevoel dat die Veiligheidsraad ŉ universeel gerespekteerde en neutrale
          liggaam was
      • Het gevoel dat die hele wêreld bekommerd was oor die moontlikheid van 'n
          kernoorlog
      • Moes 'n spoedige oplossing vind met betrekking tot die krisis in Kuba
      • Het gevoel dat die hele wêreld van hom en Kennedy verwag om die
          missielkrisis vreedsaam op te los
      • Moes saam met Kennedy werk om 'n kernoorlog af te weer deur vreedsame
          metodes te gebruik
      • Beide die VSA en die Sowjetunie was permanente lede van die Veiligheidsraad
      • Enige ander relevante antwoord                                   (enige 2 x 2) (4)

1.3
1.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
      • Om te bevestig dat kernmissiele gedemonteer is en uit Kuba vervoer is
      • Om te toon hoe die missiele uit Kuba op 'n Sowjet-vragskip verskeep sou word
      • Om die Sowjetunie se verbintenis tot die verwydering van kernmissiele uit Kuba
          te bevestig
      • Om te wys dat die VSA die verwydering van kernwapens in Kuba gemonitor het
      • Om te bewys dat die missielkrisis tot ŉ einde gekom het
      • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

1.3.2 [Vasstelling van die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 1C – V3]
       Die bron is BRUIKBAAR omdat:
       • Dit 'n oorspronklike bron is – visuele bewyse (foto) wat die bewyse van die
          vervoer van gedemonteerde missiele na ŉ Sowjet vragskip toon
       • Dit is in November 1962 geneem, die tyd toe die werklike onttrekking van
          Sowjetmissiele uit Kuba plaasgevind het
       • Dit toon Sowjetmissiele wat op 'n skip gelaai word wat onderweg is na die
          Sowjetunie
       • Die bron kom ooreen met ander bronne oor die verwydering van missiele uit
          Kuba na die Sowjetunie
       • Dit gee inligting oor waarvandaan die missiele verskeep word (Port of Mariel)
          en die datum waarop dit plaasgevind het
       • Dit bewys dat die VSA die verwydering van missiele in Kuba gemonitor het
       • Enige ander relevante antwoord                                   (enige 2 x 2) (4)

1.4
1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
      • 'Die Sowjet-missielbasisse in Kuba gedemonteer word'
      • 'Missiele en toerusting wat daarmee verband hou in kratte verpak word'
      • 'Die vaste installasies op hierdie terreine vernietig word'         (3 x 1) (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              9                           DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

1.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
      • Die Rooikruis het nie voorkeur gegee aan die regering van enige land nie
           (hulle was neutraal)
      • Die Rooikruis is ŉ internasionale humanitêre instelling en help mense wat
           geaffekteer word deur konflik en oorlog
      • Die Rooikruis was nie polities betrokke in die Koue Oorlog nie
      • Die Rooikruis het lede oor die hele wêreld uit alle lande gehad
      • Die Rooikruis het nie 'n weermag gehad nie en is nie as 'n bedreiging deur
           enige land beskou nie/ ŉ vredesagent
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2) (4)

1.4.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
      • Die VSA het nie die Sowjetunie vertrou met betrekking tot die verwydering van
          alle missiele uit Kuba nie
      • Om te verseker dat die Sowjetmissiele uit Kuba verwyder word sodat dit nie 'n
          bedreiging vir die VSA se veiligheid inhou nie
      • Die VSA wou die oppergesag handhaaf in hierdie krisis/ magstryd met die
          Sowjetunie
      • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

1.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 1C en 1D – V3]

     Kandidate kan hul antwoorde begin met die frase ‘Beide bronne ...’
      • Bron 1C is 'n lugfoto wat die onttrekking/ verwydering van missiele uit Kuba
          aandui en Bron 1D verwys na missiele wat gedemonteer word en na die hawe
          vervoer word
      • Bron 1C toon 'n Sowjet-vragskip wat wag om gelaai te word met
          Sowjetmissiele vanaf Kuba en Bron 1D bevestig die demontering van Sowjet-
          missielbasisse in Kuba
      • Bron 1C toon Sowjet betrokkenheid (Sowjettrokke en vragskip) in die
          onttrekking van missiele uit Kuba en Bron 1D dui aan dat die Amerikaanse die
          demontering van missielterreine in Kuba noukeurig sou dophou
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             10                            DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

1.6    [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

       Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

       •   Kennedy het die ontplooiing van missiele in Kuba as ŉ ontmiddellike bedreiging
           vir die VSA beskou (Bron 1A)
       •   Sowjet Unie het die ontplooiing van missiele in Kuba as ŉ verdedigings optrede
           beskou (eie kennis)
       •   Kennedy het ExComm, wat verskeie opsies oor die Sowjetmissiele in Kuba
           bespreek het, in die lewe geroep (Bron 1A)
       •   Kennedy het 'n blokkade aangekondig wat gelei het tot die onttrekking van
           Sowjetskepe wat op pad was na Kuba (Bron 1A en eie kennis)
       •   Verbod op alle kerntoetse deur die Amerikaanse en die Sowjetunie (Bron 1B)
       •   Korrespondensie tussen Kennedy en Khrushchev toon samewerking tussen
           die twee leiers om 'n kernoorlog te voorkom (Bron 1A, 1B en 1D)
       •   Onttrekking van Sowjetmissiele uit Kuba – Russiese beeld is geknou (Bron 1C
           en 1D)
       •   Toesig deur die Rooikruis om by te staan met die verwydering van missiele uit
           Kuba is deur beide die Amerikaanse en die Sowjetunie verwelkom (Bron 1D)
       •   Die Amerikaanse het lugbewaking gebruik om die onttrekking van missiele uit
           Kuba te monitor en te verifieer (Bron 1C en 1D)
       •   Totstandkoming van die 'blitslyn' tussen Kennedy en Khrushchev (eie kennis)
       •   Enige ander relevante antwoord

 Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
              • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
                 min begrip oor hoe die Sowjetunie en die Verenigde State
                                                                                      PUNTE
  VLAK 1         van Amerika gereageer het op die ontplooiing van
                                                                                       0–2
                 missiele na Kuba in 1962.
              • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
              • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
                 met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die Sowjetunie
                                                                                      PUNTE
  VLAK 2         en die Verenigde State van Amerika gereageer het
                                                                                       3–5
                 op die ontplooiing van missiele in Kuba in 1962.
              • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
              • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
                  oor hoe die Sowjetunie en die Verenigde State van Amerika
                  gereageer het op die ontplooiing van missiele in Kuba in            PUNTE
  VLAK 3
                  1962.                                                                6–8
              • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
                  toon begrip van onderwerp.
                                                                                               (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            11                       DBE/November 2018
                                   NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: WATTER ROL HET BUITELANDSE MOONDHEDE IN DIE SLAG VAN
         CUITO CUANAVALE GESPEEL?

2.1
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
      • 'Rusland'
      • 'Kuba'                                                            (2 x 1) (2)

2.1.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
      Vorster wou:
      • Om waterbronne/damme te beskerm
      • Om die MPLA te verhoed om Angola te regeer
      • Om Angola te verdedig teen Russiese en Kubaanse invloed
      • Om UNITA in sy stryd teen die MPLA ondersteun
      • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2) (4)

2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
      • 'Die begeerte om te voorkom dat ŉ MPLA-regering beheer oorvat’
      • 'Om die verspreiding van kommunisme te voorkom’                   (2 x 1) (2)

2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
      • Kenneth Kaunda (President van Zambië)'
      • Mobutu Sese Seko President van Zaïre'                             (2 x 1) (2)

2.1.5 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
      (a)
      • Die MPLA ondersteun kommunisme
      • Die MPLA het noue verhoudings met Rusland en Kuba gehad
      • Die MPLA het bevrydingsorganisasies ondersteun (SWAPO/ANC)
      • Enige ander relevante antwoord                            (enige 1 x 2) (2)
      (b)
      • UNITA het kapitalisme ondersteun
      • UNITA het teen die kommunistiese MPLA geveg
      • UNITA het teen Russiese en Kubaanse magte in Angola geveg
      • Enige ander relevante antwoord                            (enige 1 x 2) (2)

2.2
2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
      • 'Angolese'
      • 'Kubaanse'                                                       (2 x 1) (2)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              12                             DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

2.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
        • Dit was die eerste oorlog in suidelike Afrika wat baie lande uit die buiteland
           ingesluit het
        • Die aantal troepe wat Kuba na Angola gestuur het (50 000) en die toerusting
           toon dat dit 'n groot oorlog/slag was
        • Dit was die eerste oorlog in suidelike Afrika waar moderne militêre toerusting
           gebruik is
        • Die lugmag is ook deur beide Suid-Afrika en Kuba gedurende die oorlog
           gebruik
        • Daar was ŉ groot aantal ongevalle gedurende die oorlog/ lewensverlies
        • Die miete dat die Suid-Afrikaanse lugmag onoorwonne is was bloot gelê
        • Dit het aanleiding gegee tot die onafhanklikheid van Namibië
        • Dit het ŉ invloed op die heersende politieke bestel in Suid-Afrika gehad
        • Enige ander relevante antwoord                                    (enige 2 x 2) (4)

2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
      • 'Dit die lewens van ongeveer 300 wit soldate’
      • ‘ 'n Groot aantal swart soldate'
      • ‘Geen oorwinning in sig was nie’
      • ‘Om met die oorlog voort te gaan, tot al groter verliese sou lei’
      • ‘Enorme koste...meer as R1 miljoen per dag’
      • ‘Toenemende militarisering van Suid-Afrika, teenkanting ontlok’
                                                                          (enige 2 x 1) (2)

2.2.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
      • Angola het gesmag na vrede
      • Hulle wou hê dat ekonomiese, politieke en maatskaplike rekonstruksie van die
          land sou plaasvind
      • Angolese sou 'n regering van hul keuse hê
      • Buitelandse inmenging in Angola se interne sake sou tot 'n einde kom
      • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 1 x 2) (2)

2.3
2.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
      • Die boodskap is dat Suid-Afrika die Slag van Cuito Cuanavale gewen het
      • Soldate wat terugkeer van die oorlog in Angola word as 'WENNERS'
          verwelkom
      • Dit toon Suid-Afrika se militêre voertuie wat uit Angola onttrek en Namibië
          binnegaan
      • Enige ander relevante antwoord                                    (enige 1 x 2) (2)

2.3.2 [Vasstelling van die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 2C – V3]
      Kandidate MOET ŉ standpunt inneem en sê BRUIKBAAR of NIE BRUIKBAAR
      NIE en dit ondersteun

       BRUIKBAAR:
       • Die foto toon Suid-Afrikaanse troepe wat tuiskom as 'WENNERS'
       • Dit is geneem teen die einde van die Slag van Cuito Cuanavale
       • Dit gee 'n Suid-Afrikaanse regeringsperspektief oor die uitkoms van die oorlog
       • Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              13                           DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

       NIE BRUIKBAAR NIE:
       • Dit gee 'n eensydige perspektief/siening
       • Dit gee slegs die Suid-Afrikaanse siening van die oorlog in Angola en is daarom
          eensydig
       • Dit brei nie daarop uit hoe die SAW 'WENNERS' was nie
       • Dit kon as propaganda gebruik word om die SAW as 'WENNERS' te toon
       • Die foto kon opgemaak gewees het (gemanipuleer om te toon dat die SAW die
          Slag van Cuito Cuanavale gewen het)
       • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

2.4
2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
      • 'SWAPO'
      • 'ANC'                                                                   (2 x 1) (2)

2.4.2 [Definisie van 'n historiese konsep in Bron 2D – L1]
      • ŉ Politieke teorie/ideologie gebaseer op die geskrifte van Karl Marx wat beoog
          het om ŉ klaslose samelewing te skep/stig
      • Kommunisme kan na verwys word as ŉ ekonomiese stelsel waarin die staat
         die grond, industrieë, eiendom en rykdom van die bevolking beheer/besit
      • Dit is 'n ideologie wat deur die MPLA aangeneem is
      • Die MPLA wou 'n klaslose stelsel hê
      • Enige ander relevante antwoord                                        (1 x 2) (2)

2.4.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
      • Dit het getoon dat die leiers van Afrika-lande die vermoë gehad het om op te
          staan teen buitelandse oorheersing
      • Oorwinning by die Slag van Cuito Cuanavale het gedien as 'n versnelling van
          die onafhanklikheid van Namibië (1990) en Suid-Afrika (1994)
      • Dit het die mite van die onoorwinlikheid van die Suid-Afrikaanse weermag in
          suidelike Afrika vernietig en het getoon dat Afrika die vermoë gehad het om op
          sy eie te staan
      • Dit het die onafhanklikheid van Angola onder leiding van die MPLA bevorder
      • Dit het die pogings van Suid-Afrika en VSA regerings gestop om ŉ pro
          kapitalistiese regering te stig/Apartheidstaat in Angola
      • Enige ander relevante antwoord                                    (enige 2 x 2) (4)

2.5    [Vergelyking van bewyse in Bron 2C en 2D – V3]
       • Bron 2C toon dat Suid-Afrika die Slag van Cuito Cuanavale gewen het terwyl
          Bron 2D beweer dat Suid-Afrika die oorlog verloor het
       • Bron 2C toon Suid-Afrika se militêre voertuie wat Namibië ingaan nadat hulle
          van Angola onttrek het terwyl Bron 2D noem dat Suid-Afrika sy nederlaag as 'n
          taktiese uitvaart (onttrekking) beskou het
       • Bron 2C toon 'n banier wat Suid-Afrika se militêre magte as 'WENNERS'
          verwelkom terwyl Nelson Mandela in Bron 2D aangehaal word waar hy sê dat
          die Slag van Cuito Cuanavale 'n verpletterende nederlaag was van die
          rassistiese Suid-Afrikaanse weermag
       • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               14                            DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

2.6      [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

         Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

         •   Suid-Afrika het betrokke geraak in Angola as gevolg van Kubaanse en
             Russiese inmenging (Bron 2A)
         •   Kuba en Rusland het betrokke geraak om die MPLA te ondersteun terwyl Suid-
             Afrika UNITA ondersteun het (eie kennis)
         •   Suid-Afrika het betrokke geraak om Kuba en die MPLA te verhoed om die
             Ruacana en Calueque damme te beset/verower (Bron 2A)
         •   Angolese en Kubaanse brigades het 'n massiewe aanval op UNITA geloods,
             Suid-Afrika het inderhaas UNITA ondersteun (Bron 2B)
         •   Die VSA het UNITA ondersteun deur militêre hulp te verskaf om die
             onafhanklikheid van Angola te verdedig (Bron 2D)
         •   Die Kubane het bygedra tot die nederlaag van die Suid-Afrikaanse weermag by
             die Slag van Cuito Cuanavale (Bron 2D)
         •   Nelson Mandela toon die belangrikheid van Kuba se deelname in die Slag van
             Cuito Cuanavale ( Bron 2D)
         •   Enige ander relevante antwoord

        Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
               • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
                  min begrip van die rol wat buitelandse moondhede in die               PUNTE
      VLAK 1
                  Slag van Cuito Cuanavale gespeel het.                                  0–2
               • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
               • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
                  met die onderwerp, bv. toon begrip van die rol wat
                                                                                        PUNTE
      VLAK 2      buitelandse moondhede in die Slag van Cuito Cuanavale
                                                                                         3– 5
                  gespeel het.
               • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
               • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
                  van die rol wat buitelandse moondhede in die
                  Slag van Cuito Cuanavale gespeel het.                                 PUNTE
      VLAK 3
               • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en         6–8
                  toon begrip van onderwerp.
                                                                                          (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              15                             DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3:         WATTER INVLOED HET DIE SWARTMAGFILOSOFIE IN DIE 1960's
                 EN 1970's OP SWART AMERIKANERS GEHAD?

3.1
3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
      • 'Het die belangrikheid van 'n verpersoonlikte beeld van swart militarisme
         verhoog'
      • ‘Sy denke deur hierdie medium gevorm is’
      • ‘Pearl Marsh ... nie meer haar hare reguit te maak’           (1 x 2) (2)

3.1.2 [Definisie van 'n historiese konsep in Bron 3A – V1]
      • Filosofie om swart trots, selfvertoue/selfstandigheid onder swart Amerikaners in
         die VSA in te skerp
      • Ideologie vir swart Amerikaners om wit oorheersing te verwerp en swart
         identiteit, onafhanklikheid, eenheid en sukses te bevorder
      • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 1 x 2) (2)

3.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2]
      • Hy is opgeneem in die norme en waardes soos deur wit Amerikaners
          aangeneem is
      • Hy het homself nie as 'n Afrikaan geïdentifiseer nie
      • Marsh se pa het kroes hare geassosieer met 'Afrikaan' wat hy as negatief
          beskou het
      • Marsh se pa was waarskynlik bekommerd/ gevrees oor sy dogter wat polities
          radikaal geword het – om 'n Afro te dra was 'n politieke stelling
      • Mense uit Marsh se pa se generasie het hare wat reguit gemaak is, gesien as
          'n teken van 'ordentlikheid' en 'vordering'
      • Enige ander relevante antwoord                                      (enige 2 x 2) (4)

3.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2]
      • Om te toon dat jy trots is om 'n Afrikaan te wees/ Black is Beautiful
      • Om jou erfenis, geskiedenis en bydrae tot die wêreld te beklemtoon
      • Om wit norme/waardes te verwerp en jou krag, eenheid en vermoë te
          demonstreer
      • Enige ander relevante antwoord                                   (enige 2 x 2) (4)

3.2
3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
      • 'Linkse'                                                                  (1 x 1) (1)

3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
      • 'Burgerregtebeweging'
      • ‘Student Nonviolent Coordinating Committee (SNCC)’
      • 'Black Panther-party'
      • 'Amerikaanse Kommunisteparty'                                       (enige 3 x 1) (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              16                            DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

3.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
      (a) Die Swartmag-aktiviste beskou Angela Davis as:
       • 'n Heldin/rolmodel/leier
       • ŉ Inspirasie vir swart Amerikaners omdat sy 'n aktivis, akademikus, geleerde en
          feminis was
       • ŉ Aktivis wat vir gelyke regte en waardigheid opgestaan
       • 'n Swart Amerikaner wat trots en selfbewus was
       • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 1 x 2) (2)

       (b) Die Amerikaanse regering beskou Angela Davis as:
       • 'n Bedreiging/ vyand vir die VSA regering
       • Iemand wat 'n negatiewe invloed op swart Amerikaners het
       • 'n Krimineel (Sy was op die FBI se mees gesoekte lys)
       • Gevaarlik omdat sy aan die Amerikaanse Kommunisteparty behoort het
       • Enige ander relevante antwoord                            (enige 1 x 2) (2)

3.2.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
      • Daar is ontdek dat die gewere wat in die ontsnapping gebruik is in Angela Davis
          se naam geregistreer is
      • Sy het 'n veldtog gelei vir die vrylating van die 'Soledad Broers'
      • Sy was 'n uitgesproke kritikus teen die Amerikaanse regering
      • Enige ander relevante antwoord                                     (enige 1 x 2) (2)

3.3
3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
      • 'Vlug tussen state'
      • 'Moord'
      • 'Ontvoering’                                                       (enige 2 x 1) (2)

3.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
      • Om 'n negatiewe beeld van Angela Davis oor te dra
      • Angela Davis kon haar dalk vermom het/skuilnaam ‘Tamu’ om arrestasie te
          vermy
      • Om te beklemtoon dat sy 'n gevaarlike Swartmag-aktivis was
      • Om seker te maak dat sy geïdentifiseer kan word/nie vlug nie
      • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

3.4    [Vergelyking van bewyse in Bron 3B en3C - V3]
       • Bron 3B gee 'n positiewe indruk van Angela Davis (aktivis,
          onderwyser/akademikus, geleerde) terwyl Bron 3C Angela Davis as 'n krimineel
          uitbeeld (word gesoek vir moord en ontvoering)
       • Bron 3B toon dat Angela Davis 'n politieke aktivis was (lid van die Black
          Panther-party en Amerikaanse Kommuniste Party) terwyl Bron 3C haar as 'n
          voortvlugtige van geregtigheid uitbeeld
       • Uit Bron 3C kan ons aflei dat Angela Davis nie gewelddadig was nie (lid van
          SNCC) terwyl sy in Bron 3B voorgestel word as gewelddadig (gesoek vir moord
          en ontvoering)
       • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               17                             DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

3.5
3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
      • 'Die toenemende aktiwiteit van swart ekstremistegroepe wat tot geweld geneig
          is'                                                              (1 x 1) (1)

3.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
      • 'Geskool volgens die Marxisties-Leninistiese ideologie
      • ‘Die leringe van die Chinese Kommunistiese leier, Mao ZeDong'
      • 'Het lede verskeie aanvalle op polisieamptenare gedoen'
      • 'Openbare eiendom vernietig'
      • 'Was by gewelddadige konfrontasies met die polisie regoor die land betrokke'
      • Verkondig die gospel van haat en geweld ......
         (enige 3 x 1) (3)

3.5.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3D – V1]
      Hoover het probeer om die leiers van die Black Panther-party uit te beeld as:
      • Misdadigers
      • Nie die wet onderhou nie
      • Geweld/ haat aan te hits
      • Radikaal en daag die staat uit
      • Beskadiging van openbare fasiliteite (onderwys)
      • Enige ander relevante antwoord                                   (enige 1 x 2) (2)

3.5.4 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 3D – V3]

       Die bron is BRUIKBAAR omdat:
       • Dit 'n uittreksel is uit 'n stelling wat eerstehandse inligting gee
       • Dit ŉ kontemporêre koerant verslag is (16 Julie 1969)
       • Die stelling gemaak is deur die FBI Direkteur, Edgar Hoover
       • Dit insig gee waarom die FBI lede van die Black Panther-party (BPP) vervolg
          het
       • Dit werp lig op hoe die Black Panther Party gewerk het en hoe hulle beskou is
       • Enige ander relevante antwoord                                      (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              18                           DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

3.6    [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
      Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:

       •   Televisiedekking van Swartmag-leiers het gedien as bewusmaking van
           militantheid onder swart Amerikaners (Bron 3A)
       •   Die voorkoms van die leiers van die Swartmagbeweging het swart Amerikaners
           geïnspireer om trots te wees op hulle natuurlike hare en om selfversekerd te
           wees en nie meer hulle hare reguit te maak nie (Bron 3A en 3C)
       •   Die oproep om die Soledad Brothers te bevry het beklemtoon dat 'swartes
           dinge op hulle eie doen' (Bron 3B)
       •   Die Swartmagfilosofie het die Afro as 'n simbool van swart trots bevorder
           (Bron 3C)
       •   Die Swartmagfilosofie het die idee van 'Black is Beautiful' bevorder (Bron 3A
           en 3C)
       •    Die Swartmagfilosofie het lede van die Black Panther-party beïnvloed om ver
            te reis om die Swartmagfilosofie te versprei (Bron 3D)
       •   Die Black Panther-party het Gemeenskapsgebaseerde programme begin om
           swart Amerikaanse gemeenskappe op te hef uit armoede (eie kennis)
       •   Enige ander relevante antwoord

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
              • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
                 min begrip van die invloed wat die Swartmagfilosofie in die          PUNTE
  VLAK 1
                 1960's en 1970's op swart Amerikaners gehad het.                      0–2
              • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
              • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
                 met die onderwerp, bv. toon begrip van die invloed wat die
                                                                                      PUNTE
  VLAK 2         Swartmagfilosofie in die 1960's en 1970's op swart
                                                                                       3–5
                 Amerikaners gehad het.
              • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
              • Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike
                 begrip van die invloed wat die Swartmagfilosofie in die
                                                                                      PUNTE
  VLAK 3         1960's en 1970's op swart Amerikaners gehad het.
                                                                                       6–8
              • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
                 toon begrip van onderwerp.
                                                                                        (8)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            19                           DBE/November 2018
                                   NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate Mao Zedong se beleidsrigtings, die Groot
Sprong Vorentoe en die Kulturele Rewolusie suksesvol was in die transformasie van
Kommunistiese China tussen 1957 en 1969.

HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet noem tot watter mate Mao se beleidsrigtings (die Groot
  Sprong Vorentoe en die Kulturele Rewolusie) suksesvol was in die transformasie van
  Kommunistiese China tussen 1957 en 1969. Kandidate moet aandui hoe hulle, hulle
  argument gaan ondersteun.

UITBREIDING
• Die intensies van China se Kommuniste party (praktiese beleide om die ekonomie
   te verbeter; outoritêre regeringsvorm; kleinboere sonder grond te bemagtig;
   grondhervormingsprosesse; nasionalisering van swaar nywerhede)
• Klaslose gemeenskap (fokus daarop om omstandighede te verbeter van kleinboere
   en werkers; het alle Chinese opgelei om saam te werk vir 'n beter China)
• Eerste Vyfjaarplan/Honderd blomme veldtog (agtergrond inligting)

Die Groot Sprong Vorentoe (het meer op ekonomiese transformasie gefokus)
• Mao Zedong se Tweede Vyfjaarplan wat begin het in 1958
• Industrialisasie
    Beoog om China te industrialiseer om kapitalistiese lande te wen
    Om privatisering te beëindig
    Het gelei tot die instelling van agterplaas industrieë
    Afhanklik van ongeskoolde menslike hulpbronne (kleinboere)
• Landbou
    Om landbouproduksie te verhoog sodat dit gelykstaande is aan die produksie van
      die Weste
    Plattelandse koöperasies is geamalgameer in 'mense kommunes' (kollektivisering)
    Gewelddadige amalgamasie van boere in 'mense kommunes'
    Swak beplanning en lewering/ swak boerdery metodes
    Hoë belasting op plaasprodukte
• Gebruik propaganda om produksie te bevorder
• China se ekonomie het geleidelik verval in 'n staat van bankrotskap
• Mislukking binne drie jaar 'Drie Bitter Jare' – ly tot hongersnood
• Mao het uiteindelik erken dat foute begaan is en het bedank as President van China,
   maar het sy pos behou as voorsitter van die Chinese Kommuniste Party
• In 1962 het hy die verantwoordelikheid van die ekonomie aan President Liu Shaoqi en
   CKP generaal sekretaris Deng Xiaoping oorhandig en uit die politiek getree
• Li Shaoqi en Deng Xiaoping keer weer terug na 'n mate van kapitalisme
• Dit het aangedui dat die Groot Sprong Vorentoe klaaglik misluk het
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               20                             DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

Die Kulturele Rewolusie (fokus op politieke transformasie):
• Mao Zedong het die Kulturele Revolusie in 1966 geloods om sy mag wat hy verloor
   het as gevolg van die Groot Sprong Vorentoe te herstel
• Hy het die Rooi Wagte (Red Guards) ingestel wat: die idees bestudeer en versprei
   het in die Klein Rooi Boekie; kleinboere opgevoed het in die beginsels van
   Kommunisme; lees en skryf geleer het; suiwering (opponente van Kommunisme &
   gematigdes is geëlimineer (uitgewis) en miljoene opponente van Kommunisme is
   doodgemaak) ingestel het; teenkommuniste kuns en boeke vernietig het
• Die rol van die Rooi Wagte (Veldtog om die 'Vier Oues' (Four Olds) aan te val:
   verandering van ou idees, tradisionele kultuur, gebruike en gewoontes)
• Reuse betogings is in die Tiananmen Square Beijing, gehou en oral is plakkate en
   prente van Mao opgesit
• Die Klein Rooi Boekie (Little Red Book) (het Mao se filosofieë oor Kommunisme
   bevat; daar is van alle burgers verwag om die beginsels van Kommunisme te
   memoriseer; 'n Bron van Kommunistiese propaganda in China)
• Eliminasie (Uitwissing) van amptenare: Deng Xiaoping en Liu Shaoqi is uit die
   regering verwyder; het ontslae geraak van professionele (ingenieurs, wetenskaplikes,
   onderwysers ens.)
• Sluiting van skole, kolleges & universiteite (omdat hulle krities, liberaal & elitisties is)
• Nywerhede het swaargekry en produksie het teen 1968 opgehou
• Negatiewe impak op die ontwikkeling van China
• Enige ander relevante antwoord

•   Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             21                           DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5:             ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                     DIE KONGO EN TANZANIË

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet krities bespreek hoe Mobutu Sese Seko (die Kongo) en Julius Nyerere
(Tanzanië) die ekonomiese en politieke uitdagings waarmee hulle onderskeie lande na
die verkryging van onafhanklikheid in die 1960's gekonfronteer is, aangepak het.

HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:

Inleiding: Kandidate moet die vraag kontekstualiseer deur te verwys na die ekonomiese
en politieke staat van die Kongo en Tanzanië teen onafhanklikheidswording. Hulle moet 'n
argument inslaan en dit ondersteun deur te toon hoe beide lande hulle ekonomiese en
politieke beleid ontwikkel het na onafhanklikheidswording.

UITBREIDING
Krediet moet ook gegee word aan kandidate wat hulle opstel vergelykend
struktureer

Elemente van ekonomiese 'ontwikkeling'
Die Kongo:
• Het swaar gesteun op landbou en minerale ontginning (enkelprodukekonomie) en sy
   invloed op die ekonomie
• Kapitalistiese ekonomie
• Zaïrenasie (vervang buitelanders met plaaslike Zaïrese) misluk as gevolg van
   (onervarenheid/ korrupsie/wanbestuur/nalatigheid)
• Ekonomie word gekenmerk deur nepotisme en elitisme (groot gaping ontwikkel tussen
   ryk en arm)
• Afname in die stand van die infrastruktuur
• Aansoek om terugwerking (omkeer van Zaïrenasie)
• Afhanklik van buitelandse hulp en belegging
• Enige ander relevante antwoord

Tanzanië:
• Het swaar gesteun op landbou en minerale ontginning (enkel-produk ekonomie) en
   het 'n geloofwaardige vervaardigingsektor ontwikkel
• Afrika sosialistiese ekonomie
• Arusha Verklaring (afskaffing van uitbuiting/verkleining in die inkomste-gaping tussen
   die armes en die rykes/eienaarskap van die land se hulpbronne)
• Program van hervestiging van mense na nuwe dorpe (kollektiewe dorpe)
   (Villagisation) het dienslewering verbeter/het 'n stabiele gemeenskap ontwikkel wat vry
   was van ekonomiese ongelykhede). Boere het egter geweier om hulle voorvaders se
   grond te verlaat/landbouproduksie het geval
• Meeste genasionaliseerde maatskappye het bankrot gespeel
• Uitvoere het afgeneem
• Tanzanië was weereens afhanklik van buitelandse hulp/lenings
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             22                         DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

Elemente van politieke 'stabiliteit'
Die Kongo:
• Verkryging van onafhanklikheid deur demokratiese verkiesings (Kongo (1960):
   J Kasavubu word President en P Lumumba word die Eerste Minister
• Nadat veelparty verkiesings met onafhanklikheid gehou is, het die Kongo 'n
   eenpartystaat geword binne die eerste vyf jaar na die verkryging van onafhanklikheid
• Mobutu Sese Seko het 'lewenslange president' geword tot met sy dood in 2007
• Mobutu Sese Seko het 'n kleptokrasie gestig waar 'n groep aangestelde
   staatsamptenare hulle posisie vir finansiële gewin uitgebuit het
• Het Afrika waardes teruggebring
• Sterk gesentraliseerde regering
• Politieke stabiliteit (alhoewel gebaseer op outoritêre gesag)
• Enige ander relevante antwoord

Tanzanië:
• Verkryging van onafhanklikheid deur demokratiese verkiesings (Tanzanië 1961: J
   Nyerere (Eerste Minister) – het die grondwet gewysig om President te word (1962)
• Gladde oorgang (vreedsame verandering / rasse harmonie/ verbondenheid aan die
   bevordering van menslike gelykheid en waardigheid)
• Nadat veelparty-verkiesings gehou is, het Tanzanië 'n eenparty-staat geword
• Nyerere bly 'lewenslange president' tussen die 1960's en 1970's
• Nyerere het die 'Leierskap-kode' in die Arusha Verklaring ingestel en daarmee hoë
   vereistes van integriteit aan staatsamptenare gestel
• Afrika Sosialisme/ Ujamaa was geskik vir die inwoners
• Stigting van die Verenigde Republiek van Tanzanië (1964)
• Gesentraliseerde en eenheidstaat
• Enige ander relevante antwoord

•   Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [History P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2018-memo-afr/5f49a842-d534-4c6d-909b-8e741a958622) — History · Memo · 2018 · Afr
- [History P1 Nov 2013 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2013-memo-afr/1045e9f1-5699-4ddd-a05c-c180693099bb) — History · Memo · 2013 · Afr
- [History P2 Nov 2018 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-addendum-afr/fa6444a8-b449-46d6-992a-b81bfd0a7ad3) — History · Addendum · 2018 · Afr
- [History P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEP2018 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sep2018-english/47dd3041-ad8c-49c9-92a3-636ad391ba9f) — History · QP · 2018 · Eng
- [History P1 Gr12 Addendum June 2018 English Flat](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-addendum-june-2018-english-flat/4c5dfc40-194e-46ad-8243-339e8e3277ff) — History · Addendum · 2018 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
