# History Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2019-afr/d6537be2-8ff9-4efa-8b05-d65c4b31eaeb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2019-afr/d6537be2-8ff9-4efa-8b05-d65c4b31eaeb)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V1

                                NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                2                        DBE/November 2019
                                             NSS

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
        voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

        AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

        VRAAG 1:        DIE KOUE OORLOG: INSLUITING EN WAAGMANSKAP: DIE
                        KUBAANSE MISSIELKRISIS

        VRAAG 2:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

        VRAAG 3:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
                        SWARTMAGBEWEGING

        AFDELING B: OPSTELVRAE

        VRAAG 4:        GEVALLESTUDIE – CHINA

        VRAAG 5:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                        DIE KONGO EN TANZANIË

        VRAAG 6:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
                        BURGERREGTEBEWEGING

 2.     AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
        benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
        word.

 3.     AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

 4.     Beantwoord DRIE vrae soos volg:

        4.1      Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
                 moet 'n opstelvraag wees.

        4.2      Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees.

 5.     Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

 6.     In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
        gebruik.

 7.     Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

 8.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

 9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 3                           DBE/November 2019
                                              NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1: HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960's
         OP DIE ONTPLOOIING VAN SOWJET-MISSIELE NA KUBA
         GEREAGEER?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Bestudeer Bron 1A.

         1.1.1        Definieer die konsep demokrasie in jou eie woorde.              (1 x 2)     (2)

         1.1.2        Hoe, volgens die bron, is die volgende leiers na die mislukte inval
                      by die Bay of Pigs beskou:

                      (a)    Kennedy                                                  (1 x 1)     (1)

                      (b)    Castro                                                   (1 x 1)     (1)

         1.1.3        Verduidelik waarom President        Khrushchev    besluit     het om
                      kernwapens na Kuba te ontplooi.                                 (2 x 2)     (4)

1.2      Gebruik Bron 1B.

         1.2.1        Waarom, volgens die bron, het Richard Heyser 'n vlug met 'n
                      U-2-vliegtuig oor Kuba onderneem?                    (1 x 2)                (2)

         1.2.2        Lewer kommentaar oor die advies wat ExComm-lede aan
                      President Kennedy gegee het met betrekking tot die ontplooiing
                      van Sowjetmissiele na Kuba.                            (2 x 2)              (4)

         1.2.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom President Kennedy besluit het om die Amerikaanse
                      publiek toe te spreek.                                     (2 x 2)          (4)

         1.2.4        Maak 'n lys van die DRIE stappe in die                      bron wat
                      President Kennedy op die Sowjetunie wou afdwing.               (3 x 1)      (3)

1.3      Verwys na Bron 1C.

         1.3.1        Verduidelik waarom die redakteur van die Daily Sketch besluit het
                      om hierdie artikel op die voorblad van die koerant te publiseer.
                                                                                   (2 x 2)        (4)

         1.3.2        Lewer kommentaar op wat jy dink die woorde 'Ultimatum aan
                      Khrushchev "Verskuif daardie missiele" ' in die konteks van die
                      krisis in Kuba oordra.                                   (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 4                           DBE/November 2019
                                              NSS

1.4      Vergelyk Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse
         in Bron 1C ondersteun met betrekking tot President Kennedy se standpunt
         oor die ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba.                       (2 x 2)            (4)

1.5      Raadpleeg Bron 1D.

         1.5.1        Waarom, volgens die bron, het President Khrushchev na Turkye
                      verwys?                                               (1 x 2)               (2)

         1.5.2        Noem die TWEE voorstelle in die bron wat Khrushchev met
                      betrekking tot die verwydering van missiele gemaak het. (2 x 1)             (2)

         1.5.3        Noem die vredesorganisasie in die bron wat deur Khrushchev
                      voorgestel is om oor die verwydering van missiele uit Turkye en
                      Kuba toesig te hou.                                      (1 x 1)            (1)

         1.5.4        Verduidelik die tekortkominge van hierdie bron vir 'n historikus wat
                      die Kubaanse Missielkrisis bestudeer.                         (2 x 2)       (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe die Verenigde State van Amerika in die 1960's op die
         ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba gereageer het.                                    (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  5                            DBE/November 2019
                                               NSS

VRAAG 2:             WAAROM HET BUITELANDSE MOONDHEDE TUSSEN 1974 EN
                     1976 BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE
                     GERAAK?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Bestudeer Bron 2A.

         2.1.1        Noem die TWEE Angolese vryheidsbewegings in die bron wat
                      deur die CIA befonds is.                           (2 x 1)                    (2)

         2.1.2        Waarom, volgens die bron, het Amerika se perspektief van die
                      Angolese konflik verander?                            (1 x 2)                 (2)

         2.1.3        Lewer kommentaar op wat jy dink Kissinger geïmpliseer het met
                      die stelling: 'Ek gee nie oor die olie om nie, maar ek gee om vir
                      Afrika, veral as die Sowjets hulle ideologie versprei en ons niks
                      daaraan doen nie'.                                         (2 x 2)            (4)

2.2      Gebruik Bron 2B.

         2.2.1        Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent met betrekking tot
                      die VSA se betrokkenheid in die Angolese Burgeroorlog oorgedra
                      word. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te
                      ondersteun.                                               (2 x 2)             (4)

         2.2.2        Lewer kommentaar op die woorde, 'AS JY VAN VIËTNAM GEHOU
                      HET, SAL JY VAN HIERDIE EEN HOU!' in die konteks van
                      Angola.                                             (2 x 2)                   (4)

2.3      Verwys na Bron 2A en 2B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2A die
         bewyse in Bron 2B ondersteun met betrekking tot die VSA se betrokkenheid
         by die Angolese Burgeroorlog.                                     (2 x 2)                  (4)

2.4      Lees Bron 2C.

         2.4.1        Waarom, volgens Rhodes, is Suid-Afrika se betrokkenheid in
                      Angola as 'n 'flater' deur sommige waarnemers beskou? (1 x 2)                 (2)

         2.4.2        Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat Eerste Minister Vorster
                      aangespoor het om in Angola in te meng.               (2 x 1)                 (2)

         2.4.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op waarom Vorster nie van die kommuniste gehou
                      het nie.                                              (2 x 2)                 (4)

         2.4.4        Verduidelik tot watter mate jy die inligting in die bron as betroubaar
                      sou beskou wanneer die redes vir Suid-Afrika se betrokkenheid in
                      Angola nagevors word.                                           (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                6                          DBE/November 2019
                                             NSS

2.5   Raadpleeg Bron 2D.

         2.5.1        Noem enige TWEE rolle, volgens die bron, wat Kuba gespeel het
                      in die bystand van 'n groot aantal Afrikalande gedurende hulle
                      stryd om onafhanklikheid.                              (2 x 1)              (2)

         2.5.2        Definieer die konsep kolonialisme in jou eie woorde.         (1 x 2)        (2)

         2.5.3        Waarom, volgens die bron, het Kuba besluit om sy 'militêre
                      eenheid' na Angola te stuur?                      (1 x 2)                   (2)

         2.5.4        Verduidelik waarom jy dink Castro nie wou hê dat Angola 'in die
                      hande van die Suid-Afrikaanse rassiste' moes val nie.  (2 x 2)              (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik waarom buitelandse moondhede tussen 1974 en 1976 by die
         Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het.                                               (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                7                           DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 3:             WATTER ROL HET FRED HAMPTON IN DIE 1960's IN DIE
                     MOBILISERING VAN SWART AMERIKANERS IN DIE VERENIGDE
                     STATE VAN AMERIKA GESPEEL?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Lees Bron 3A.

         3.1.1        Haal TWEE leierskapseienskappe van Fred Hampton uit die bron
                      aan.                                                  (2 x 1)              (2)

         3.1.2        Waarom, volgens die bron, het Hampton 'n jeuggroep binne die
                      NAACP georganiseer?                                   (1 x 2)              (2)

         3.1.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom Fred Hampton 'n 'skuif weg van kapitalisme na sosialisme
                      bevorder het'.                                             (2 x 2)         (4)

         3.1.4        Definieer die konsep Swart Mag in jou eie woorde.           (1 x 2)        (2)

3.2      Verwys na Bron 3B.

         3.2.1        Wat, volgens Hampton, was die 'basiese dinge' vir 'n suksesvolle
                      rewolusie?                                               (2 x 1)           (2)

         3.2.2        Verduidelik waarom jy dink Hampton 'n oproep tot rewolusie in die
                      VSA beklemtoon het.                                       (2 x 2)          (4)

         3.2.3        Hoe, volgens die bron, wou Hampton die ekonomiese sisteem van
                      kapitalisme teenstaan?                                  (2 x 1)            (2)

         3.2.4        Lewer kommentaar oor waarom jy die inligting in die bron as
                      bruikbaar sou beskou in die bestudering van die impak wat Fred
                      Hampton op die burgers van die Verenigde State van Amerika
                      gehad het.                                              (2 x 2)            (4)

3.3      Raadpleeg Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A en 3B
         mekaar ondersteun met betrekking tot die rol wat Fred Hampton in die
         mobilisering van swart Amerikaners gespeel het.                   (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                8                            DBE/November 2019
                                             NSS

3.4      Bestudeer Bron 3C.

         3.4.1        Waarom, volgens die bron, het Fred Hampton die aandag van die
                      FBI en die Chicago-polisie getrek?                     (1 x 2)               (2)

         3.4.2        Verduidelik waarom jy dink die Chicago-polisie besluit het om Fred
                      Hampton tereg te stel.                                      (2 x 2)          (4)

         3.4.3        Hoe, volgens die bron, is Fred Hampton doodgemaak?             (2 x 1)       (2)

3.5      Gebruik Bron 3D.

         3.5.1        Lewer kommentaar oor         waarom    jy   dink   hierdie   plakkaat
                      geproduseer is.                                                (2 x 2)       (4)

         3.5.2        Verduidelik die boodskappe wat in die plakkaat oorgedra word.
                                                                                (2 x 2)            (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die rol
         wat Fred Hampton in die mobilisering van swart Amerikaners in die 1960's in
         die Verenigde State van Amerika gespeel het, verduidelik.                                 (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             9                          DBE/November 2019
                                          NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:         GEVALLESTUDIE – CHINA

Mao Zedong se beleid van die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Rewolusie het
tussen 1957 en 1969 die Volksrepubliek van China van 'n landboustaat na 'n moderne
nywerheidstaat verander.

Bespreek hierdie stelling krities. Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun.                                                                               [50]

VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                 DIE KONGO EN TANZANIË

Die leiers van die Kongo (Mobutu Sese Seko) en Tanzanië (Julius Nyerere) het albei
verskillende politieke en ekonomiese beleid geïmplementeer na die verkryging van
onafhanklikheid van koloniale regering.

Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou argument met relevante bewyse.          [50]

VRAAG 6:         BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                 DIE BURGERREGTEBEWEGING

Verduidelik tot watter mate die verskillende vorme van protes deur die Burgerregte-
beweging in die 1960's 'n betekenisvolle rol in die beëindiging van diskriminasie teen
swart Amerikaners gespeel het.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                             [50]

                                                                            TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Nov 2019 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2019-addendum-afr/391dd3f5-321e-4706-b9f0-e56fd90242a9) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2) — History · QP · 2019 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept-2019-english/f1c8a44b-2e00-4fd5-9561-e7cf83b1389c) — History · QP · 2019 · Eng
- [History P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-eng/ee3ae3b0-c354-45e6-b3c7-332627f487ef) — History · QP · 2020 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-eng/89668a5f-bd22-4e52-9e37-55411cf74229) — History · QP · 2014 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-afr/ea332f92-48ce-4d55-9cb0-0d24da82e036) — History · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
