# History Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-afr/2e459e8c-5586-433c-8d16-e74ca6697846
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-afr/2e459e8c-5586-433c-8d16-e74ca6697846)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             SENIOR SERTIFIKAAT/
                        NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                     HIST.1

                                GESKIEDENIS V1

                                NOVEMBER 2020

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

                     MIDDAGSESSIE

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                2                        DBE/November 2020
                                           SS/NSS

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
        voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

        AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

        VRAAG 1:        DIE KOUE OORLOG: INSLUITING EN WAAGMANSKAP: DIE
                        KUBAANSE MISSIELKRISIS

        VRAAG 2:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

        VRAAG 3:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
                        SWARTMAGBEWEGING

        AFDELING B: OPSTELVRAE

        VRAAG 4:        GEVALLESTUDIE – CHINA

        VRAAG 5:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                        DIE KONGO EN TANZANIË

        VRAAG 6:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
                        BURGERREGTEBEWEGING

 2.     AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
        benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
        word.

 3.     AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

 4.     Beantwoord DRIE vrae soos volg:

        4.1      Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
                 moet 'n opstelvraag wees.

        4.2      Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees.

 5.     Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee.

 6.     In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
        gebruik.

 7.     Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

 8.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

 9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 3                           DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1: HOE HET DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE STATE VAN
         AMERIKA IN DIE 1960's TOT KOUE OORLOG-SPANNING IN KUBA
         BYGEDRA?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Gebruik Bron 1A.

         1.1.1        Waarom, volgens die bron, het Castro 'n noue verhouding met
                      Khrushchev gehad?                                     (1 x 2)               (2)

         1.1.2        Definieer die konsep kommunisme in jou eie woorde.            (1 x 2)       (2)

         1.1.3        Verduidelik wat geïmpliseer word met die stelling, 'Khrushchev en
                      die Sowjette kon nie vir 'n bondgenoot teen die Verenigde State
                      van Amerika (VSA), wat beter geleë was, gevra het nie', in die
                      konteks van die Kubaanse Missielkrisis.                    (2 x 2)          (4)

         1.1.4        Wat, volgens die bron, was die uitkoms van die geveg by die Bay
                      of Pigs vir die volgende lande:

                      (a)   Die VSA                                                 (1 x 1)       (1)

                      (b)   Kuba                                                    (1 x 1)       (1)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1        Watter hulpbronne, volgens die bron, het Khrushchev aan Kuba
                      verskaf?                                               (2 x 1)              (2)

         1.2.2        Verduidelik waarom Khrushchev verklaar het dat 'die wapens en
                      militêre toerusting wat na Kuba gestuur is, is uitsluitlik vir
                      verdedigingsdoeleindes ontwerp'.                       (1 x 2)              (2)

         1.2.3        Lewer kommentaar op wat Khrushchev geïmpliseer het met die
                      stelling, 'Dreigemente en afpersing is 'n integrale deel van die
                      imperialistiese state' in die konteks van die Koue Oorlog in Kuba.
                                                                                    (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  4                          DBE/November 2020
                                             SS/NSS

1.3      Bestudeer Bron 1C.

         1.3.1        Waarom, volgens die bron, was Kennedy bekommerd oor die
                      Sowjetunie se teenwoordigheid in Kuba?           (1 x 2)                     (2)

         1.3.2        Verduidelik wat jy dink Kennedy aangespoor het om die
                      Amerikaanse publiek oor die ontplooiing van Sowjet militêre
                      toerusting na Kuba in te lig.                      (2 x 2)                   (4)

         1.3.3        Haal VIER uitdagings uit die bron aan wat kommunisme vir die
                      wêreld ingehou het.                                  (4 x 1)                 (4)

         1.3.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                      beperkings van hierdie bron vir 'n historikus wat die Kubaanse
                      Missielkrisis navors.                                         (2 x 2)        (4)

1.4      Raadpleeg Bron 1D.

         1.4.1        Verduidelik waarom jy dink hierdie artikel op die voorblad van
                      The Arizona Republic verskyn het.                        (1 x 2)             (2)

         1.4.2        Lewer kommentaar op die koeranthoofopskrif, 'AMERIKA
                      BLOKKEER KUBA, SÊ VIR RUSS OM "OP TE HOU" ' in die
                      konteks van die Kubaanse Missielkrisis.        (2 x 2)                       (4)

1.5      Verwys na Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die
         bewyse in Bron 1D met betrekking tot Kennedy se reaksie op die ontplooiing
         van Sowjetmissiele na Kuba ondersteun.                             (2 x 2)                (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe die Sowjetunie en die Verenigde State van Amerika in die
         1960's tot Koue Oorlog-spanning in Kuba bygedra het.                                      (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 5                           DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 2:         WATTER IMPAK HET DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE OP
                 SUID-AFRIKA EN KUBA GEHAD?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Lees Bron 2A.

         2.1.1        Waarom het die SAW in 1987 'n groot aanval in suid-oostelike
                      Angola geloods, volgens die bron?                    (2 x 1)                (2)

         2.1.2        Identifiseer TWEE militêre magte in die bron wat 'in die rigting van
                      die Namibiese grens beweeg en Suid-Afrika se terugtoglyn
                      (aftoglyn) afgesny' het.                                      (2 x 1)       (2)

         2.1.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op waarom die SAW se lugvleuel nie die Kubaanse
                      lugmag kon verslaan nie.                              (2 x 2)               (4)

2.2      Bestudeer Bron 2B.

         2.2.1        Noem DRIE redes in die bron wat Suid-Afrika aangespoor het om
                      Cuito Cuanavale te verlaat.                            (3 x 1)              (3)

         2.2.2        Wie, volgens die bron, was gedurende die Slag van Cuito
                      Cuanavale die leier van Suid-Afrika?             (1 x 1)                    (1)

         2.2.3        Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat die President
                      van Suid-Afrika en sy adviseurs 'n wapenstilstand aanvaar het.
                                                                                 (2 x 1)          (2)

         2.2.4        Verduidelik wat jy dink deur die stelling 'Crocker se lang stryd was
                      verby, sy doel om vir 'n streeksvredesooreenkoms te onderhandel,
                      is uiteindelik verwesenlik' in die konteks van die Slag van Cuito
                      Cuanavale geïmpliseer word.                                   (2 x 2)       (4)

2.3      Raadpleeg Bron 2C.

         2.3.1        Watter TWEE kwessies, volgens die bron, is ten nouste verbind
                      met die vrede en veiligheid van die suid-westelike streek van
                      Afrika?                                                (2 x 1)              (2)

         2.3.2        Definieer die konsep onafhanklikheid in die konteks van Angola.
                                                                                  (1 x 2)         (2)

         2.3.3        Verduidelik wat Oliva geïmpliseer het met die stelling, 'die
                      Kubaanse militêre afvaardiging, ... hulle internasionale missie
                      suksesvol uitgevoer het'.                                (2 x 2)            (4)

         2.3.4        Lewer kommentaar op die rol wat die Verenigde Volkeorganisasie
                      gedurende die vredesonderhandelings in Angola gespeel het.
                                                                               (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                6                         DBE/November 2020
                                           SS/NSS

2.4      Gebruik Bron 2D.

         2.4.1        Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word.   (2 x 2)       (4)

         2.4.2        Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
                      historikus wat die uitkoms van die Slag van Cuito Cuanavale
                      navors.                                               (2 x 2)             (4)

2.5      Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
         bewyse in Bron 2D met betrekking tot Kuba se rol in die Angolese
         Burgeroorlog ondersteun.                                        (2 x 2)                (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
         impak wat die Slag van Cuito Cuanavale op Suid-Afrika gehad het,
         verduidelik.                                                                           (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                7                         DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 3:         WATTER PROGRAMME HET DIE BLACK PANTHER-PARTY IN DIE
                 1960's IN  DIE  VERENIGDE   STATE   VAN   AMERIKA
                 GEÏMPLEMENTEER?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Lees Bron 3A.

         3.1.1        Noem DRIE gemeenskapsprogramme in die bron wat die Black
                      Panther-party vir swart Amerikaners gereël het.   (3 x 1)                 (3)

         3.1.2        Wat, volgens die bron, was die TWEE strategieë wat die Black
                      Panther-party gebruik het om behoeftige swart Amerikaners te
                      help?                                                 (2 x 1)             (2)

         3.1.3        Verduidelik wat die Black Panther-party geïmpliseer het met ' 'n
                      hervormingsprogram word deur die huidige uitbuitstelsel
                      saamgestel as 'n versoeningsoffer om die mense 'n rat voor die oë
                      te draai en om hulle stil te hou …'.                      (2 x 2)         (4)

         3.1.4        Lewer kommentaar op die impak wat die Gratis Ontbytprogram op
                      swart Amerikaanse kinders gehad het.                   (2 x 2)            (4)

3.2      Raadpleeg Bron 3B.

         3.2.1        Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word.   (2 x 2)       (4)

         3.2.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n historikus
                      wat die programme van die Black Panther-party bestudeer. (2 x 2)          (4)

3.3      Bestudeer Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A die bewyse
         in Bron 3B met betrekking tot die programme van die Black Panther-party
         ondersteun.                                                            (2 x 2)         (4)

3.4      Verwys na Bron 3C.

         3.4.1        Wat, volgens Ericka Huggins, moet die stad Oakland doen om die
                      lewens van swart Amerikaners op te hef?                 (3 x 1)           (3)

         3.4.2        Verduidelik wat Ericka Huggins geïmpliseer het toe sy gesê het
                      Oakland Community School 'bedien kinders wat as "opvoedkundig
                      minderbevoorreg", "ekonomies verwaarloos" en "onopvoedbaar"
                      bestempel word'.                                        (2 x 2)           (4)

         3.4.3        Waarom, volgens die bron, is die Inter-communal Youth Institute
                      gestig?                                               (1 x 2)             (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                8                          DBE/November 2020
                                           SS/NSS

3.5      Gebruik Bron 3D.

         3.5.1        Noem TWEE maniere in die bron waarop die FBI-agente die
                      programme van die Black Panther-party vernietig het. (2 x 1)              (2)

         3.5.2        Definieer die konsep swart nasionalisme in jou eie woorde. (1 x 2)        (2)

         3.5.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die Black Panther-party se Skoolontbytprogram in 1975
                      toegelaat is om op 'n permanente basis bedryf te word.     (2 x 2)        (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
         programme verduidelik wat die Black Panther-party in die 1960's in die
         Verenigde State van Amerika geïmplementeer het.                                        (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             9                         DBE/November 2020
                                        SS/NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:         GEVALLESTUDIE – CHINA

Voorsitter Mao Zedong het die Derde Vyfjaarplan (Kulturele Revolusie) ingestel om die
uitdagings wat gewone Chinese gedurende die implementering van die Tweede
Vyfjaarplan (Groot Sprong Vorentoe) ondervind het, aan te pak.

Stem jy met hierdie stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun.                                                                              [50]

VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                 DIE KONGO EN TANZANIË

Bespreek krities die maatskaplike en ekonomiese beleide wat Mobutu Sese Seko (die
Kongo) en Julius Nyerere (Tanzanië) in hulle onderskeie lande geïmplementeer het na
die verkryging van onafhanklikheid in die 1960's.                                        [50]

VRAAG 6:         BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                 DIE BURGERREGTEBEWEGING

Verduidelik tot watter mate die verskillende vorme van protes deur die
Burgerregtebeweging in die 1960's tot die verbetering van die lewens van gewone
swart Amerikaners in die Verenigde State van Amerika gelei het.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                            [50]

                                                                           TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-eng/ee3ae3b0-c354-45e6-b3c7-332627f487ef) — History · QP · 2020 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2020 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2020-sesotho/47f0302e-0c89-4c6c-8c7d-bd87ae8dd529) — History · QP · 2020 · Sesotho
- [History P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-eng/89668a5f-bd22-4e52-9e37-55411cf74229) — History · QP · 2014 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-afr/ea332f92-48ce-4d55-9cb0-0d24da82e036) — History · QP · 2014 · Afr
- [History P2 Nov 2020 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-addendum-afr/134b494d-b154-4096-829d-f653e284a31e) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [History P2 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-memo-afr/e09773f8-40ed-4035-95b4-97ea4e82c442) — History · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
