# History Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2021-afr/d6673c31-19b7-46a7-b5fe-42d240aa254c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2021-afr/d6673c31-19b7-46a7-b5fe-42d240aa254c)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                 GESKIEDENIS V1

                                 NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                2                        DBE/November 2021
                                             NSS

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
        voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

        AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

        VRAAG 1:        DIE KOUE OORLOG: DIE OORSAKE VAN DIE KOUE OORLOG

        VRAAG 2:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

        VRAAG 3:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                        DIE AMERIKAANSE BURGERREGTEBEWEGING

        AFDELING B: OPSTELVRAE

        VRAAG 4:        DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE
                        – VIËTNAM

        VRAAG 5:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

        VRAAG 6:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                        DIE SWARTMAGBEWEGING

 2.     AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
        benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
        word.

 3.     AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

 4.     Beantwoord DRIE vrae soos volg:

        4.1      Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
                 moet 'n opstelvraag wees.

        4.2      Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees.

 5.     Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

 6.     In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
        gebruik.

 7.     Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

 8.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

 9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  3                            DBE/November 2021
                                               NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
AFDELING. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1: HOE HET DIE MARSHALL-PLAN VANAF 1947 KOUE OORLOG-
         SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)
         EN DIE SOWJETUNIE (USSR) VERDIEP?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Bestudeer Bron 1A.

         1.1.1        Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui dat na-oorlogse
                      Europa in 'n haglike toestand was.                   (2 x 1)                  (2)

         1.1.2        Verduidelik waarom Amerika die enigste wêreldmag was wat nie
                      struktureel deur die Tweede Wêreldoorlog geaffekteer is nie.
                                                                                  (1 x 2)           (2)

         1.1.3        Definieer die term satellietstate in jou eie woorde.           (1 x 2)        (2)

         1.1.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die Sowjetunie en sy satellietstate geweier het aan die
                      Marshall-plan deel te neem.                                (2 x 2)            (4)

1.2      Gebruik Bron 1B.

         1.2.1        Noem VIER aspekte in die bron waarop die Marshall-plan ingestel
                      was om te help met die herlewing van normale ekonomiese
                      toestande in die wêreld.                                 (4 x 1)              (4)

         1.2.2        Verduidelik hoe die Marshall-plan beoog het om die verspreiding
                      van kommunisme in Wes-Europa te voorkom.                (1 x 2)               (2)

         1.2.3        Noem TWEE voorwaardes, soos in die bron voorgestel, wat
                      nagekom moes word om Europese herstel te bereik. (2 x 1)                      (2)

         1.2.4        Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron wanneer
                      die bedoeling van die Marshall-plan nagevors word.      (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                4                           DBE/November 2021
                                             NSS

1.3      Raadpleeg Bron 1C.

         1.3.1        Noem die TWEE regerings in die bron wat op 2 Julie 1947 vir
                      Molotov in Parys ontmoet het.                       (2 x 1)                (2)

         1.3.2        Waarom, volgens die bron, was Molotov daarteen gekant dat
                      Duitsland ekonomiese bystand deur die Marshall-plan ontvang?
                                                                               (2 x 1)           (2)

         1.3.3        Verduidelik die konsep ekonomiese imperialisme in die konteks
                      van die Koue Oorlog                                    (1 x 2)             (2)

         1.3.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die Sowjetunie die Oos-Europese bondgenote gedwing
                      het om die Marshall-plan te verwerp.                       (2 x 2)         (4)

1.4      Bestudeer Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B verskil van
         die bewyse in Bron 1C met betrekking tot die bystand wat die Amerikaanse
         regering aan Europa verleen het.                                      (2 x 2)           (4)

1.5      Verwys na Bron 1D.

         1.5.1        Verduidelik die boodskappe wat in die bron oorgedra word met
                      betrekking tot die implementering van die Marshall-plan vanaf
                      1947.                                                  (2 x 2)             (4)

         1.5.2        Lewer kommentaar op die belangrikheid van die woord 'EUROPA'
                      in die konteks van die implementering van die Marshall-plan.
                                                                                   (1 x 2)       (2)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe die Marshall-plan vanaf 1947 Koue Oorlog-spanning tussen die VSA en
         die USSR verdiep het.                                                                   (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                5                          DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 2:             WAAROM HET BUITELANDSE MAGTE TUSSEN 1974 EN 1976 BY
                     DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Bestudeer Bron 2A.

         2.1.1        Watter insident, volgens die bron, het tot die proses van
                      dekolonisasie in Portugal gelei?                    (1 x 1)                  (1)

         2.1.2        Definieer die konsep dekolonisasie in jou eie woorde.         (1 x 2)        (2)

         2.1.3        Noem die DRIE bevrydingsbewegings in die bron wat die Alvor
                      Ooreenkoms in 1975 onderteken het.                   (3 x 1)                 (3)

         2.1.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      wat tot ineenstorting van die Alvor Ooreenkoms in 1975 gelei het.
                                                                                 (2 x 2)           (4)

2.2      Gebruik Bron 2B.

         2.2.1        Noem die TWEE lande in die bron wat besluit het om die MPLA-
                      regering te verdedig.                                  (2 x 1)               (2)

         2.2.2        Verduidelik die begrip domino-effek in die konteks van die Koue
                      Oorlog in Angola.                                         (1 x 2)            (2)

         2.2.3        Haal bewyse uit die bron aan wat voorstel dat die Sowjetunie
                      gepoog het om 'n militêre basis in Angola te vestig. (1 x 2)                 (2)

         2.2.4        In die konteks van die Koue Oorlog, wat word met die woorde
                      'Amerikaanse amptenare (het) geweet dat die Angolese
                      Burgeroorlog as 'n ware bedreiging vir hul belange dwarsoor Afrika
                      gedien het', geïmpliseer?                                 (2 x 2)            (4)

2.3      Lees Bron 2C.

         2.3.1        Waarom, volgens die bron, was die vraag dat Suid-Afrika tot 'n
                      ooreenkoms met die MPLA sou kom, buite die kwessie?    (1 x 2)               (2)

         2.3.2        Noem TWEE Suid-Afrikaanse staatsagentskappe waarna in die
                      bron verwys word, wat in 1975 met beide die FNLA en UNITA in
                      Angola en Europa ontmoet het.                         (2 x 1)                (2)

         2.3.3        Lewer kommentaar op die betekenis van die stelling, ' 'n Angola
                      onder hulle (FNLA en UNITA) beheer deel sou vorm van 'n anti-
                      kommunistiese blok in suidelike Afrika'.                 (1 x 2)             (2)

         2.3.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom Suid-Afrika beperkte militêre hulp en finansiering aan
                      beide die FNLA en UNITA verleen het.                       (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                6                         DBE/November 2021
                                             NSS

2.4      Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe hierdie bronne eenders is met
         betrekking tot die betrokkenheid van die VSA en Suid-Afrika by die Angolese
         Burgeroorlog tussen 1974 en 1976.                                    (2 x 2)           (4)

2.5      Raadpleeg Bron 2D.

         2.5.1        Watter boodskappe word in hierdie plakkaat oorgedra met
                      betrekking tot die betrokkenheid van die VSA en Suid-Afrika by die
                      Angolese Burgeroorlog tussen 1974 en 1976?                 (2 x 2)        (4)

         2.5.2        Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir 'n geskiedkundige
                      wat die Angolese Burgeroorlog tussen 1974 en 1976 navors.
                                                                                 (2 x 2)        (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         waarom buitelandse magte tussen 1974 en 1976 by die Angolese
         Burgeroorlog betrokke geraak het.                                                      (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 7                           DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 3:             HOE HET VERSKILLENDE VORME VAN SITSTAKINGS
                     GEDURENDE DIE 1960's TOT DESEGREGASIE VAN OPENBARE
                     GERIEWE IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)
                     BYGEDRA?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Bestudeer Bron 3A.

         3.1.1        Haal die nie-gewelddadige protesaksie uit die bron aan waarby die
                      vier kollegestudente van Noord-Carolina betrokke was.     (1 x 1)            (1)

         3.1.2        Definieer die term boikot in jou eie woorde.                   (1 x 2)       (2)

         3.1.3        Verduidelik wat met die stelling, 'Meer as 'n duisend jong mense
                      was teen die einde van die week by die sitstaking betrokke', in die
                      konteks van die beëindiging van segregasie in die VSA geïmpliseer
                      word.                                                       (2 x 2)          (4)

3.2      Raadpleeg Bron 3B.

         3.2.1        Wie, volgens die bron, was die leier van die Tougaloo Nege?
                                                                                 (1 x 1)           (1)

         3.2.2        In die konteks van segregasie in die VSA, lewer kommentaar op
                      wat met die woorde, 'Daar is 'n Kleurling-biblioteek in Millstraat',
                      oorgedra word.                                              (2 x 2)          (4)

         3.2.3        Hoe, volgens die bron, het die volgende op die verhoor van die
                      Tougaloo Nege by die hof gereageer?

                      (a)   Wit mense                                                (1 x 1)       (1)

                      (b)   Swart mense                                              (1 x 1)       (1)

         3.2.4        Verduidelik waarom hierdie bron betroubaar is vir 'n
                      geskiedkundige wat die nie-gewelddadige aksie deur swart
                      Amerikaners om geriewe in Amerika gedurende die 1960's te
                      integreer, navors.                                (2 x 2)                    (4)

3.3      Bestudeer Bron 3C.

         3.3.1        Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word oor die
                      swem-staking ('swim-in') wat op 7 Augustus 1962 in Raleigh,
                      Noord-Carolina plaasgevind het.                          (2 x 2)             (4)

         3.3.2        In die konteks van integrasie, watter gevolgtrekking kan uit die foto
                      gemaak word rakende die twee aparte groepe buite die swembad?
                                                                                    (1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                8                           DBE/November 2021
                                             NSS

3.4      Gebruik Bron 3D.

         3.4.1        Haal DRIE bewyse uit die bron aan wat voorstel dat die
                      Burgerregtebeweging se nie-gewelddadige strategie om geriewe in
                      die Suide te desegregeer, 'n sukses was.                 (3 x 1)           (3)

         3.4.2        Verduidelik die term     integrasie   in   die   konteks   van die
                      Burgerregtebeweging.                                         (1 x 2)       (2)

         3.4.3        Maak 'n lys van VIER geriewe in die bron wat volgens 'n versoek
                      deur President Kennedy vir alle Amerikaners oopgestel moes
                      word.                                                    (4 x 1)           (4)

         3.4.4        Noem die wetgewing in die bron wat in 1964 rassesegregasie in
                      openbare geriewe en indiensneming verban het.         (1 x 1)              (1)

         3.4.5        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom McCain op 1 Februarie 1960 gevoel het dat om op 'n stoel
                      te sit:

                      (a)   Die 'mees bevrydende gevoel' ooit was                  (1 x 2)       (2)

                      (b)   Die 'mees suiwerende gevoel' ooit was                  (1 x 2)       (2)

3.5      Vergelyk Bron 3A en 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A die bewyse
         in Bron 3D ondersteun rakende die nie-gewelddadige protes om gedurende
         die 1960's geriewe in die Verenigde State van Amerika te
         desegregeer.                                                          (2 x 2)           (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik hoe
         die verskillende vorme van sitstakings in die 1960's tot die desegregasie van
         openbare geriewe in die Verenigde State van Amerika bygedra het.                        (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             9                          DBE/November 2021
                                          NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie
AFDELING NIE.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:         DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                 VIËTNAM

Die taktieke en strategieë wat die Verenigde State van Amerika tussen 1963 en 1975
gedurende die oorlog in Viëtnam teen die Viëtkong gebruik het, was 'n klaaglike
mislukking.

Stem jy met die stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun.                                                                               [50]

VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

Die Kongo se onafhanklikwording van België in Junie 1960 het verwagtinge vir 'n nuwe
en beter lewe vir alle Kongolese geskep.

Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die politieke, ekonomiese,
maatskaplike en kulturele beleide wat Mobutu Sese Seko vanaf die 1960's tot 1970's in
die Kongo geïmplementeer het.                                                             [50]

VRAAG 6:         BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
                 SWARTMAGBEWEGING

Verduidelik tot watter mate die Swartmagfilosofie swart Amerikaners bemagtig
(geïnspireer) het om gedurende die 1960's selfversekerd te wees en dinge vir hulleself
te doen (selfstandig te wees).

Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun.                                   [50]

                                                                            TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2021-english/622702f7-c33f-4046-ba6c-1effad7e7f25) — History · QP · 2021 · Eng
- [History P1 QP June 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-qp-june-2020-english/129f645d-3d44-4eee-9e79-4cf08acc19dc) — History · QP · 2021 · Eng
- [Gr12 History P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-eng/ee3ae3b0-c354-45e6-b3c7-332627f487ef) — History · QP · 2020 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-eng/89668a5f-bd22-4e52-9e37-55411cf74229) — History · QP · 2014 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
