# History Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2023-afr/3cb379b1-eaf2-4565-909c-c36130d5f797
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2023-afr/3cb379b1-eaf2-4565-909c-c36130d5f797)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V1

                                NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              2                         DBE/November 2023
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:     DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                      OORLOG

         VRAAG 2:     ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

         VRAAG 3:     BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                      DIE AMERIKAANSE BURGERREGTEBEWEGING

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:     DIE  UITBREIDING    VAN           DIE     KOUE       OORLOG:
                      GEVALLESTUDIE – VIËTNAM

         VRAAG 5:     ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

         VRAAG 6:     BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                      DIE SWARTMAGBEWEGING

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1     Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2     Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.       Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               3                           DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1: HOE HET BERLYN IN 1948 'N FOKUSPUNT VAN KOUE OORLOG-
         SPANNING TUSSEN DIE SOWJETUNIE (USSR) EN DIE VERENIGDE
         STATE VAN AMERIKA (VSA) GEWORD?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1       Identifiseer in die bron DRIE lande wat die Europese
                     Advieskommissie ('European Advisory Commission') gevorm het.
                                                                            (3 x 1)             (3)

         1.1.2       Waarom, volgens die bron, is daar in Februarie 1945 by Jalta
                     besluit om ook 'n sone vir Frankryk in Duitsland te skep? (1 x 1)          (1)

         1.1.3       Verduidelik waarom jy dink die besettingslande moes seker maak
                     'dat die Duitsers nie in staat sou wees om weer 'n militêre mag op
                     te bou nie'.                                                 (1 x 2)       (2)

         1.1.4       Lewer kommentaar op die implikasies daarvan om die stad Berlyn
                     in die Sowjet-sone te hê, in die konteks van Koue Oorlog-spanning
                     in 1948 tussen die USSR en die VSA.                        (2 x 2)         (4)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1       Definieer die term blokkade in jou eie woorde.               (1 x 2)       (2)

         1.2.2       Verduidelik waarom jy dink die VSA die Berlynse Blokkade as 'n
                     'duidelike oortreding van bestaande ooreenkomste oor die
                     administrasie van Berlyn' beskou het.                  (2 x 2)             (4)

         1.2.3       Haal DRIE redes uit die bron aan waarom die VSA vasberade was
                     om as 'n mag in Berlyn aan te bly.                      (3 x 1)            (3)

         1.2.4       Noem EEN spesifieke verpligting, volgens die bron, waarop die
                     VSA aangedring het met betrekking tot die fisiese welstand van die
                     bevolking van sy sektor in Berlyn.                         (1 x 1)         (1)

         1.2.5       Lewer kommentaar op waarom die VSA klem gelê het op sy
                     bereidwilligheid om enige meningsverskille met die USSR deur
                     onderhandelinge te skik.                  .           (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                4                           DBE/November 2023
                                             NSS

1.3      Gebruik Bron 1C.

         1.3.1       Gee TWEE redes, volgens die bron, waarom die Sowjetunie die
                     bekendstelling van 'n spesiale geldeenheid wat slegs in die
                     westelike deel van Berlyn gebruik sou word, teengestaan het.
                                                                                (2 x 1)          (2)

         1.3.2       Verduidelik die konsep monetêre hervorming in die konteks van die
                     Berlyn-sones in 1948.                                      (1 x 2)          (2)

         1.3.3       Waarom, volgens die bron, het die Sowjet-bevelvoerders, geglo dat
                     die gevaar van die ontwrigting van ekonomiese aktiwiteite van die
                     Sowjet-sone en Berlyn, nie uitgeskakel was nie?            (1 x 2)          (2)

         1.3.4       Lewer kommentaar op die beperkings van hierdie bron vir 'n
                     geskiedkundige wat navorsing oor die verdeling van Berlyn doen.
                                                                                (2 x 2)          (4)

1.4      Raadpleeg Bron 1B en 1C. Lewer kommentaar op hoe Bron 1B van Bron 1C
         verskil met betrekking tot redes wat die VSA en USSR aangevoer het om in
         1948 as besettingsmagte in Berlyn aan te bly.                     (2 x 2)               (4)

1.5      Raadpleeg Bron 1D.

         1.5.1       Verduidelik die simboliese voorstelling van die drie leiers wat langs
                     mekaar sit in die konteks van die Koue Oorlog.                (1 x 2)       (2)

         1.5.2       Waarom wou Rusland (Stalin) finale seggenskap oor die
                     administrasie van Berlyn gehad het?            (1 x 2)                      (2)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe Berlyn in 1948 'n fokuspunt van Koue Oorlog-spanning tussen die
         Sowjetunie (USSR) en die Verenigde State van Amerika (VSA) geword het.                  (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                5                           DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 2: WATTER FAKTORE HET TOT DIE BETROKKENHEID VAN DIE DRIE
         NASIONALISTIESE BEWEGINGS (MPLA, FNLA EN UNITA) BY DIE
         ANGOLESE BURGEROORLOG IN 1975 GELEI?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Gebruik Bron 2A.

         2.1.1       Definieer die term rewolusie in jou eie woorde.                (1 x 2)       (2)

         2.1.2       Identifiseer in die bron die DRIE nasionalistiese bewegings wat
                     die beheer van Angola na onafhanklikheid betwis het.     (3 x 1)             (3)

         2.1.3       Noem TWEE kommunistiese lande in die bron waarmee Neto noue
                     bande gevorm het.                                    (2 x 1)                 (2)

         2.1.4       Wat dui die teregstelling van Nito Alves se volgelinge aan oor Neto
                     se leierskap?                                                (1 x 2)         (2)

2.2      Lees Bron 2B.

         2.2.1       Waarom, dink jy, is hierdie foto in Desember 1975 geneem? (2 x 2)            (4)

         2.2.2       Lewer kommentaar op die implikasie van die titel van die foto,
                     'Angola se Wreedaardige Geskiedenis, en die Rol van die MPLA
                     daarin' ('Angola's Brutal History and the MPLA's Role in it'). (1 x 2)       (2)

2.3      Gebruik Bron 2C.

         2.3.1       Waarom, volgens die bron, het die oorgang vanaf Portugese
                     bewind in Angola in 'n ramp verander?              (1 x 2)                   (2)

         2.3.2       Verduidelik die term burgeroorlog in die konteks van die magstryd
                     oor Angola.                                                (1 x 2)           (2)

         2.3.3       Lewer kommentaar op die betekenis van die stelling: 'Albei was
                     egter vasberade, vir redes van hulle eie prestige (aansien) ...', in
                     die konteks van hulle betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog.
                                                                                (2 x 2)           (4)

         2.3.4       Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n geskiedkundige
                     wat die Angolese Burgeroorlog bestudeer.                      (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              6                          DBE/November 2023
                                           NSS

2.4      Bestudeer Bron 2D.

         2.4.1       Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die MPLA tot
                     nasionalisme en sosialisme geneig was.                (1 x 2)             (2)

         2.4.2       Verduidelik wat jy dink met die volgende in die konteks van die
                     Angolese Burgeroorlog geïmpliseer word: 'Konflik was op etniese
                     gronde gebaseer'.                                        (1 x 2)          (2)

         2.4.3       Waarom, volgens die bron, het die Amerikaanse Intelligensiediens
                     (CIA) die FNLA ondersteun?                                (1 x 1)         (1)

         2.4.4       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                     kommentaar op waarom jy dink Suid-Afrika besluit het om UNITA
                     te ondersteun.                                          (2 x 2)           (4)

         2.4.5       Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat die
                     MPLA nie die lewens van die Angolese mense verbeter het nie.
                                                                              (2 x 1)          (2)

2.5      Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2C die
         inligting in Bron 2D ondersteun met betrekking tot die benadering wat deur die
         drie nasionalistiese bewegings gevolg is.                              (2 x 2)        (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik die
         faktore wat tot die betrokkenheid van die drie nasionalistiese bewegings
         (MPLA, FNLA en UNITA) by die Angolese Burgeroorlog in 1975 gelei het.                 (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                7                           DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET DIE BURGERREGTEBETOGERS, WAT
         IN DIE 1960's AAN DIE VRYHEIDSRITTE IN DIE VERENIGDE STATE
         VAN AMERIKA (VSA) DEELGENEEM HET, TEËGEKOM?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1       Hoe, volgens die bron, het die Vryheidsryers beplan om
                     rassediskriminasie in 1961 in die VSA uit te daag? (1 x 2)                   (2)

         3.1.2       Definieer die term grondwet in jou eie woorde.                 (1 x 2)       (2)

         3.1.3       Lewer kommentaar op wat bedoel word met die stelling: 'Hulle het
                     ook geweet dat hulle beseer of selfs doodgemaak kon word as
                     hulle sou probeer om daardie reg [om saam te reis] uit te oefen'.
                                                                                  (1 x 2)         (2)

         3.1.4       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom President John F Kennedy dadelik opgetree het om die
                     VSA te desegregeer.                                        (2 x 2)           (4)

3.2      Gebruik Bron 3B.

         3.2.1       Verduidelik waarom jy dink hierdie koerantberig voorbladnuus
                     gehaal het.                                            (1 x 2)               (2)

         3.2.2       Waarom, dink jy, was die titel van hierdie berig: 'Onmenslik!'?
                                                                                    (2 x 2)       (4)

         3.2.3       Lewer kommentaar op waarom die vlamme en rook vanuit die bus
                     'Die Vlamme van Haat!' genoem is.                    (1 x 2)                 (2)

3.3      Lees Bron 3C.

          3.3.1      Wat, volgens die bron, het Zwerg en sy kollegas gemotiveer om by
                     die Vryheidsritte betrokke te raak?                        (1 x 1)           (1)

          3.3.2      Gee TWEE opsies, wat deur Zwerg genoem is, wat aktiviste sou
                     neem indien hulle tronk toe sou gaan omdat hulle aan die
                     Vryheidsritte deelgeneem het.                         (2 x 1)                (2)

          3.3.3      Waarom sou 'n geskiedkundige hierdie bron as betroubaar beskou
                     wanneer die 1961 Vryheidsritte in die VSA nagevors word? (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                8                           DBE/November 2023
                                             NSS

3.4      Bestudeer Bron 3D.

         3.4.1       Gee DRIE redes in die bron waarom die betogers ná die
                     busontploffing hospitaal toe geneem is.        (3 x 1)                       (3)

         3.4.2       Lewer kommentaar op wat met Goewerneur Patterson se stelling
                     met betrekking tot die Vryheidsryers geïmpliseer word: 'Enige
                     betogers in hierdie staat sal geen polisiebeskerming kry nie'.
                                                                                    (2 x 2)       (4)

         3.4.3       Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die hospitaal nie die
                     beseerde Vryheidsryers behandel of aanvaar het nie.       (2 x 1)            (2)

         3.4.4       Verduidelik die term segregasionis in die konteks van die staat van
                     Alabama.                                                     (1 x 2)         (2)

         3.4.5       Gee TWEE bewyse uit die bron wat aandui dat Goewerneur
                     Patterson 'n 'militante segregasionis' was.     (2 x 1)                      (2)

3.5       Raadpleeg Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C
          ondersteun word deur die inligting in Bron 3D met betrekking tot die
          behandeling van die Vryheidsryers.                            (2 x 2)                   (4)

3.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
          paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik die
          uitdagings wat die burgerregtebetogers, wat in die 1960's aan die
          vryheidsritte in die VSA deelgeneem het, teëgekom het.                                  (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            9                         DBE/November 2023
                                         NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
NIE.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees

VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
         VIËTNAM

Die taktieke wat Viëtkong gedurende die oorlog in Vietnam tussen 1963 en 1975
gebruik het, was suksesvol om die strategieë van die VSA ondoeltreffend te maak.

Bespreek hierdie stelling krities en gebruik relevante geskiedkundige bewyse om jou
argument te ondersteun.                                                                 [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

Mobutu Sese Seko se politieke, ekonomiese en kulturele beleide het die
Kongo na onafhanklikheid in die 1960's positief verander.

Stem jy met die stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun.                                                                             [50]

VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
         SWARTMAGBEWEGING

Verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging afhanklik was van gewelddadige,
radikale en militante strategieë om diskriminasie in die VSA te beëindig.

Gebruik relevante geskiedkundige bewyse om jou argument te ondersteun.                  [50]

                                                                         TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-eng/ee3ae3b0-c354-45e6-b3c7-332627f487ef) — History · QP · 2020 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-eng/89668a5f-bd22-4e52-9e37-55411cf74229) — History · QP · 2014 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-afr/ea332f92-48ce-4d55-9cb0-0d24da82e036) — History · QP · 2014 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — History · Addendum · 2023 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — History · Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
