# History Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-afr/182fac3d-7dfc-4392-ba64-938fc26aa7aa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-afr/182fac3d-7dfc-4392-ba64-938fc26aa7aa)

## About this document

History · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V1

                                NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V1                             2                          DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:     DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                      OORLOG

         VRAAG 2:     ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

         VRAAG 3:     BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                      DIE AMERIKAANSE BURGERREGTEBEWEGING

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:     DIE  UITBREIDING    VAN           DIE     KOUE       OORLOG:
                      GEVALLESTUDIE – VIËTNAM

         VRAAG 5:     ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

         VRAAG 6:     BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                      DIE SWARTMAGBEWEGING

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1     Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2     Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.       Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V1                               3                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

VRAAG 1: HOE IS DIE LEWENS VAN BERLYNERS IN 1961 DEUR DIE
         OPRIGTING VAN DIE BERLYNSE MUUR GEAFFEKTEER?                       Nov

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1       Wanneer, volgens die bron, het die oprigting van die Berlynse Muur
                     begin?                                                      (1 x 1)        (1)

         1.1.2       Gee EEN rede in die bron waarom die Duitse Demokratiese
                     Republiek (DDR) die Berlynse Muur opgerig het.  (1 x 1)                    (1)

         1.1.3       Definieer die konsep kommunisme in jou eie woorde.           (1 x 2)       (2)

         1.1.4       Verduidelik waarom jy dink die oorloop (vlug) van mense na die
                     Weste in 1961 uiteindelik die volgende skade berokken het:

                     (a) 'die geloofwaardigheid van die DDR'                      (1 x 2)       (2)

                     (b) 'die arbeidsmag van die DDR'                             (1 x 2)       (2)

         1.1.5       Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui dat 'die Weste van
                     Berlyn binne een dag heeltemal van die Ooste afgesluit is'. (2 x 1)        (2)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1       Identifiseer DRIE insidente in die bron waarvan Hans Peters om
                     2.20 vm. (13 Augustus 1961) getuie was, terwyl hy grensdiens in
                     die Franse Sektor van Wes-Berlyn verrig het.             (3 x 1)           (3)

         1.2.2       Lewer kommentaar op die implikasie van die woorde: 'Alle ritte na
                     Berlyn is verby', in die konteks van wat op 13 Augustus 1961
                     gebeur het.                                              (2 x 2)           (4)

         1.2.3       Verduidelik waarom 'n historikus hierdie bron as betroubaar sou
                     beskou wanneer 'n beskrywing van wat die oggend van
                     13 Augustus 1961 gebeur het, nagevors word.              (2 x 2)           (4)

1.3      Bestudeer Bron 1A en Bron 1B. Verduidelik hoe inligting in Bron 1A die
         bewyse in Bron 1B ondersteun rakende gebeure wat op 13 Augustus 1961 in
         Berlyn plaasgevind het.                                          (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V1                               4                                DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

1.4      Gebruik Bron 1C.

         1.4.1       Waarom, volgens die bron, was Noffke die aand voor die oprigting
                     van die Berlynse Muur in Wes-Berlyn?                    (1 x 2)                 (2)

         1.4.2       Verduidelik die    konsep    kapitalistiese   in   die    konteks van
                     Wes-Berlyn.                                                     (1 x 2)         (2)

         1.4.3       Watter gevolgtrekkings kan gemaak word oor die feit dat Noffke en
                     'n groep bereid was om 'n tonnel van 200 jaart te grawe om hulle
                     families na die Weste te smokkel?                         (2 x 2)               (4)

         1.4.4       Hoe, volgens die bron, was die Oos-Duitse (Stasi) geheime polisie
                     in staat om met die volgende af te reken nadat die tonnelgrawers
                     hulle werk afgehandel het:

                     (a)   Noffke                                                      (1 x 1)       (1)

                     (b)   Noffke se kollegas                                          (1 x 1)       (1)

                     (c)   Noffke se vrou                                              (1 x 1)       (1)

1.5      Raadpleeg Bron 1D.

         1.5.1       Verduidelik of jy die woorde: 'Die manne is besig om al hoe meer
                     senuagtig ("jumpy") te raak soos wat die Berlynse Krisis verdiep,
                     Kameraad …', as 'n geskikte onderskrif vir die spotprent sou
                     beskou.                                                    (1 x 2)              (2)

         1.5.2       Lewer kommentaar op die implikasie van die boodskap op
                     die naambord in die Westerse Sektor: '… OORLOPERS
                     WELKOM'.                                         (1 x 2)                        (2)

         1.5.3       Tot watter gevolgtrekking kan jy kom oor die lyftaal van die twee
                     generaals op die voorgrond, in die konteks van oorlopery wat besig
                     was om plaas te vind?                                      (1 x 2)              (2)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe die lewens van Berlyners in 1961 deur die oprigting van die Berlynse
         Muur geaffekteer is.                                                                        (8)
                                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V1                                5                             DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

VRAAG 2:         HOE HET DIE NEDERLAAG VAN DIE SUID-AFRIKAANSE
                 WEERMAG (SAW) BY DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE
                 IN ANGOLA IN DIE LAAT 1980's TOT VREEDSAME
                 ONDERHANDELINGE IN SUIDELIKE AFRIKA GELEI?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Lees Bron 2A.

         2.1.1       Maak 'n lys van VIER militêre magte in die bron wat by die finale
                     konfrontasie by die Slag van Cuito Cuanavale betrokke was.
                                                                               (4 x 1)             (4)

         2.1.2       Definieer die term soewereiniteit in jou eie woorde.          (1 x 2)         (2)

         2.1.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     die belangrikheid van Angola se lugoormag gedurende die Slag
                     van Cuito Cuanavale.                                       (1 x 2)            (2)

         2.1.4       Lewer kommentaar op die implikasie van die stelling: 'dit in
                     suidelike Afrika belangrik (was) dat wit Suid-Afrikaners deur
                     koeëls doodgemaak kon word wat deur swart Afrikane en swart
                     Kubane afgevuur is', in die konteks van die Angolese oorlog.
                                                                                (1 x 2)            (2)

         2.1.5       Verduidelik die beperkings van die bron vir 'n historikus wat die
                     uitkoms van die Slag van Cuito Cuanavale navors.          (2 x 2)             (4)

2.2       Bestudeer Bron 2B.

          2.2.1      Gee TWEE redes in die bron waarom die Amerikaanse regering
                     'n geheime plan in Angola geïmplementeer het.       (2 x 1)                   (2)

          2.2.2      Verduidelik waarom Amerika Mobutu en Suid-Afrika gebruik het
                     om gedurende die Slag van Cuito Cuanavale in te gryp. (1 x 2)                 (2)

          2.2.3      Lewer kommentaar op waarom Castro geglo het: 'Daar het geen
                     moontlikheid van 'n suksesvolle uitkoms in Angola bestaan
                     sonder die politieke en logistieke ondersteuning van die
                     Sowjetunie … nie.'                                   (1 x 2)                  (2)

          2.2.4      Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat daarop dui waarom
                     Suid-Afrika 'om die onderhandelingstafel (moes) sit'. (2 x 1)                 (2)

2.3       Gebruik Bron 2C.

         2.3.1       Verduidelik waarom jy dink hierdie foto geneem is.            (1 x 2)         (2)

         2.3.2       Wat, dink jy, was die belangrikheid van die teenwoordigheid van
                     die Verenigde Nasies se Sekretaris-generaal gedurende die
                     ondertekening van die Driesydige Verdrag?                (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V1                               6                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

2.4      Verwys na Bron 2A en 2C. Lewer kommentaar op hoe die inligting in
         Bron 2A die bewyse in Bron 2C ondersteun met betrekking tot die
         ondertekening van die Driesydige Verdrag.                 (2 x 2)                      (4)

2.5      Raadpleeg Bron 2D.

         2.5.1       Identifiseer, in die bron, enige TWEE magte/partye wat gedurende
                     die Angolese Burgeroorlog 'n gekombineerde aanval op die
                     Angolese (MPLA) uitgevoer het.                            (2 x 1)          (2)

         2.5.2       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                     kommentaar op die implikasie van Mandela se stelling: '… julle
                     magte by die Slag van Cuito Cuanavale was waarlik van groot
                     historiese belang.'                                    (2 x 2)             (4)

         2.5.3       Hoe, volgens die bron, het die volgende gereageer toe Mandela
                     hulle vir hulp genader het om wapens op te neem?

                     (a)   Westerse regerings                                   (1 x 1)         (1)

                     (b)   Kuba                                                 (1 x 1)         (1)

         2.5.4       Verduidelik die term internasionalisme in die konteks van Kuba se
                     buitelandse beleid.                                        (1 x 2)         (2)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te
         verduidelik hoe die nederlaag van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) by
         die Slag van Cuito Cuanavale in Angola in die laat 1980's tot vreedsame
         onderhandelinge in suidelike Afrika gelei het.                                         (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V1                                7                            DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

VRAAG 3:         WAAROM   HET   BURGERREGTE-OPTOGGANGERS      IN DIE
                 VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) DIE OPMARS NA
                 WASHINGTON OP 28 AUGUSTUS 1963 GEORGANISEER?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1       Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat organiseerders
                     die Opmars na Washington as meer as net 'n betoging beskou het.
                                                                              (1 x 1)             (1)

         3.1.2       Noem enige TWEE maniere in die bron waarop die organiseerders
                     wou hê die Opmars 'n gedissiplineerde en doelgerigte betoging
                     moes wees.                                             (2 x 1)               (2)

         3.1.3       Na wie, dink jy, word as 'bose mense vasbeslote … om hierdie
                     Opmars swart te smeer en om die saak van gelykheid in onguns te
                     bring (twyfel daaroor te laat ontstaan) deur doelbewuste pogings',
                     verwys met betrekking tot die voorbereidings vir die Opmars na
                     Washington in 1963?                                        (1 x 2)           (2)

         3.1.4       Lewer kommentaar op die implikasie van die stelling: 'Ons versoek
                     almal wat … aanwesig is om die saak (Opmars na Washington) bo
                     alles te stel.'                                            (2 x 2)           (4)

3.2      Gebruik Bron 3B.

         3.2.1       Definieer die term burgerregte in jou eie woorde.              (1 x 2)       (2)

         3.2.2       Wat, volgens die bron, het die burgerregte-optoggangers geëis toe
                     hulle by die Lincoln Memorial saamgekom het?              (1 x 2)            (2)

         3.2.3       Verduidelik die belangrikheid van die teenwoordigheid van baie
                     leiers op verskillende gebiede wat die geleentheid gekry het om die
                     optoggangers toe te spreek.                                  (2 x 2)         (4)

         3.2.4       Lewer kommentaar op waarom die 'Ek Het 'n Droom'-toespraak as
                     histories betekenisvol beskou kan word.                (2 x 2)               (4)

3.3      Lees Bron 3C.

          3.3.1      Noem enige TWEE eise in die bron wat deur die optoggangers
                     gestel is wat op 28 Augustus 1963 aan die Opmars na Washington
                     deelgeneem het.                                        (2 x 1)               (2)

          3.3.2      Waarom, dink jy, het die fotograaf besluit om hierdie foto te neem?
                                                                                    (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Geskiedenis/V1                              8                          DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

3.4      Verwys na Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse
         in Bron 3C ondersteun met betrekking tot die aktiwiteite op die dag van die
         Opmars na Washington op 28 Augustus 1963.                              (2 x 2)        (4)

3.5      Bestudeer Bron 3D.

         3.5.1       Gee TWEE redes in die bron wat daarop dui dat President
                     Kennedy die Opmars na Washington ondersteun het. (2 x 1)                  (2)

         3.5.2       Volgens die bron, gee TWEE redes waarom die President geglo
                     het dat die organiseerders van die Opmars die waardering van die
                     VSA se regering verdien het.                             (2 x 1)          (2)

         3.5.3       Verduidelik die term diskriminasie in die konteks van die
                     Burgerregtebeweging in die VSA.                     (1 x 2)               (2)

         3.5.4       Haal enige wet/programme uit die bron aan wat deur die Kongres
                     verorden (aangeneem) moes word om diskriminasie in
                     indiensneming te elimineer.                             (1 x 1)           (1)

         3.5.5       Lewer kommentaar op waarom 'n historikus hierdie bron bruikbaar
                     sou vind wanneer die reaksie van die VSA-regering op die Opmars
                     na Washington bestudeer word.                             (2 x 2)         (4)

3.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
          'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
          waarom burgerregte-optoggangers in die VSA die Opmars na Washington op
          28 Augustus 1963 georganiseer het.                                                   (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Geskiedenis/V1                             9                          DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
NIE.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
         VIËTNAM

Verduidelik tot watter mate die tegnologiese superioriteit van die Amerikaanse
weermag nie kon help om 'n klein weermag van Viëtkong-guerrillas in die Viëtnamese
Oorlog tussen 1962 en 1973 te verslaan nie.

Ondersteun jou antwoord met relevante historiese bewyse.                                  [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

Mobutu Sese Seko se politieke, ekonomiese, maatskaplike en kulturele beleide, wat hy
na onafhanklikheidswording in die 1960's in die Kongo ingestel het, was anti-koloniaal
van aard.

Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante historiese
bewyse.                                                                                   [50]

VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
         SWARTMAGBEWEGING

Die Swartmagbeweging het in die 1960's 'n militante benadering aangeneem om
diskriminasie teen swart Amerikaners in die VSA uit te daag.

Bespreek hierdie stelling krities in die konteks van die Swartmagfilosofie.
Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun.                        [50]

                                                                            TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — History · Addendum · 2024 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept-2022-english/7d70aa79-8b7f-4051-9c8d-9f24785f3b0d) — History · QP · 2022 · Eng
- [Gr12 History P1 (English) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-english-sep-2022-question-paper/b9febe6f-40ad-443e-83f9-8103293719b2) — History · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — Addendum · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
