# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-qp-gr11-nov-2024-afr-d-watermark/80e4101f-56a5-4975-b043-70c0d70f5fea
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-qp-gr11-nov-2024-afr-d-watermark/80e4101f-56a5-4975-b043-70c0d70f5fea)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                           SENIORSERTIFIKAAT

                                 GRAAD 11

                            NOVEMBER 2024

                            GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                *IHISTA1*

               Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van
                                      14 bladsye.

                        Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                  GESKIEDENIS V1                       (EC/NOVEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die
     voorgeskrewe inhoudsraam in die KABV–dokument.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:         KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

     VRAAG 2:         KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

     VRAAG 3:         IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:         KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

     VRAAG 5:         KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

     VRAAG 6:         IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
     word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1 Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
         moet ŉ opstelvraag wees.

     4.2 Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag wees.

5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
     gebruik.

7.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van bronne as antwoorde.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2024)                    GESKIEDENIS V1                                            3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:        WAT WAS DIE IMPAK VAN LENIN SE NUWE EKONOMIESE BELEID
                OP DIE RUSSIESE EKONOMIE?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1    Verwys na Bron 1A.

       1.1.1    Definieer die konsep Nuwe Ekonomiese Beleid in jou eie woorde.
                                                                             (1 x 2)           (2)

       1.1.2    Lys uit die bron, TWEE redes vir die bekendstelling van die Nuwe
                Ekonomiese Beleid.                                              (2 x 1)        (2)

       1.1.3    Wat, volgens die bron, was die DRIE hoofveranderinge van die NEB
                wat die ekonomie gehelp het om te verbeter?                   (3 x 1)          (3)

       1.1.4    Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom jy dink die
                kleinboere die NEB met graagte verwelkom het.                   (2 x 2)        (4)

       1.1.5    Lewer kommentaar op die stelling: ‘die NEB verteenwoordig ŉ tydelike
                terugtrekking van Rusland se vorige beleid van uiterste sentralisasie en
                doktrinêre sosialisme’.                                           (1 x 2)      (2)

1.2    Verwys na Bron 1B.

       1.2.1    Definieer die term rekwisisie in die konteks van die Russiese
                ekonomie.                                                           (1 x 2)    (2)

       1.2.2    Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word deur die stelling: “om
                asemhaling te bied vir die Russiese volk en ŉ ekonomie op die rand
                van ineenstorting na sewe jaar van oorlog.”                     (1 x 2)        (2)

       1.2.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die impak van die
                NEB in Rusland te verduidelik.                                    (2 x 2)      (4)

       1.2.4    Haal uit die bron aan, die TWEE ryk klasse wat as gevolg van die NEB
                na vore gekom het.                                              (2 x 1)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                    GESKIEDENIS V1                           (EC/NOVEMBER 2024)

1.3   Verwys na Bron 1C.

      1.3.1    In watter jaar, volgens die bron, was graanproduksie die hoogste?
                                                                              (1 x 1)         (1)

      1.3.2    Haal uit die bron aan die jaar waarin steenkoolproduksie op sy
               laagste in Rusland was.                                        (1 x 1)         (1)

      1.3.3    Watter boodskappe word in die bron oor die NEB oorgedra?          (2 x 2)      (4)

      1.3.4    Lewer kommentaar oor die beperkings van die bron aan ŉ historikus
               wat die impak van die NEB in Rusland van 1921 tot 1928 navors.
                                                                           (1 x 2)            (2)

1.4   Verwys na Bron 1D.

      1.4.1    Haal bewyse uit die bron aan wat bewys dat die NEB ŉ positiewe
               impak op die Russiese ekonomie gehad het.                    (1 x 1)           (1)

      1.4.2    Wat, volgens die bron, was die oorspronklike plan van die NEB?
                                                                             (1 x 2)          (2)

      1.4.3    Gebruik die inligting uit die bron en jou eie kennis en verduidelik die
               gevare van kapitalisme waarna Lenin verwys het.                   (2 x 2)      (4)

      1.4.4    Lewe kommentaar op wat geïmpliseer is deur die stelling: “hulle sal
               winste uit jou druk ...”                                       (2 x 2)         (4)

1.5   Vergelyk Bron 1B en Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
      bewyse in Bron 1C met betrekking tot die impak van die Nuwe Ekonomiese
      Beleid in Rusland ondersteun.                                      (1 x 2)              (2)

1.6   Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die impak
      van Lenin se Nuwe Ekonomiese Beleid op die Russiese ekonomie verduidelik.              (6)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2024)                    GESKIEDENIS V1                                            5

VRAAG 2:        HOE HET ROOSEVELT SE NUWE BEDELING GEREAGEER OP DIE
                EKONOMIESE UITDAGINGS WAT DEUR DIE GROOT DEPRESSIE
                IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA GESKEP IS VANAF DIE
                1930’s TOT DIE 1940’s?

2.1    Verwys na Bron 2A.

       2.1.1    Waarom, volgens die bron, is die Nuwe Bedeling in die 1930’s in
                Amerika gestig?                                                 (1 x 2)        (2)

       2.1.2    Definieer die konsep laissez faire in die konteks van die VSA se
                ekonomie.                                                        (1 x 2)       (2)

       2.1.3    Noem DRIE agentskappe wat die Verenigde State van Amerika
                gebruik het om die ekonomie te verbeter.                  (3 x 1)              (3)

       2.1.4    Gebruik die bron en jou eie kennis, en verduidelik hoe die Nuwe
                Bedeling die VS ekonomie sal verbeter.                          (2 x 2)        (4)

2.2    Verwys na Bron 2B.

       2.2.1    Hoe, volgens die bron, het die volgende agentskappe onderskeidelik
                gehelp om die toestand in Amerika te verbeter?

                (a)   PWA
                (b)   FERA                                                          (2 x 1)    (2)

       2.2.2    Wat, volgens die bron, was die ander agentskappe wat in die
                Verenigde State van Amerika gebruik is om lyding in die ekonomie te
                verlig?                                                        (3 x 1)         (3)

       2.2.3    Definieer die konsep vergoeding in jou eie woorde.                  (1 x 2)    (2)

       2.2.4    Lewer kommentaar oor hoe president Roosevelt probeer het om die
                houding van die Amerikaners tydens die Groot Depressiejare te
                verander.                                                (2 x 2)               (4)

2.3    Raadpleeg Bron 2C.

       2.3.1    Wat, volgens die bron, was die belangrike prestasies van die Nuwe
                Bedeling?                                                      (2 x 1)         (2)

       2.3.2    Wat word geïmpliseer deur die stelling: ‘depressies sou nie vanself
                verdwyn nie?’                                                    (2 x 2)       (4)

       2.3.3    Hoekom dink jy het die VS-ekonomie wel ŉ hupstoot van die Nuwe
                Bedeling gekry?                                              (2 x 2)           (4)

       2.3.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die
                Nuwe Bedeling Amerikaanse mense tydens die Groot Depressie
                gehelp het.                                                         (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                    GESKIEDENIS V1                          (EC/NOVEMBER 2024)

2.4   Verwys na Bron 2D.

      2.4.1    Verduidelik die boodskappe wat in die foto uitgebeeld word.      (2 x 2)     (4)

      2.4.2    Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus wat die
               sukses van die Nuwe Bedeling in die verbetering van die VS-ekonomie
               ondersoek.                                                       (1 x 2)     (2)

      2.4.3    Vergelyk Bron 2B en Bron 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron
               2B die bewyse in Bron 2D met betrekking tot die suksesse van die
               Nuwe Bedeling in die Verenigde State van Amerika weerspreek.
                                                                              (1 x 2)       (2)

2.5   Gebruik die inligting uit relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
      van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe
      Roosevelt se Nuwe Bedeling gereageer het op die ekonomiese uitdagings wat
      deur die Groot Depressie in die VSA in die 1930’s tot die 1940’s geskep is.          (6)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2024)                    GESKIEDENIS V1                                              7

VRAAG 3:        WAT WAS DIE IMPAK VAN PSEUDO-WETENSKAPLIKE
                RASSETEORIEË OOR NAZI RASSEBELEID IN DIE 1930’s EN
                1940’s?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1    Verwys na Bron 3A.

       3.1.1    Definieer die begrip Ariës in die konteks van Duitsland.             (1 x 2)     (2)

       3.1.2    Haal DRIE groepe mense uit die bron aan wat deur die Nazi-
                rassebeleid geteiken is.                                             (3 x 1)     (3)

       3.1.3    Hoe, volgens die bron, sou Duitsland diegene wat geteiken sou word,
                verifieer?                                                   (1 x 2)             (2)

       3.1.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom
                Duitsers so bekommerd oor die nie-Ariëse kwessie was.              (2 x 2) (4)

       3.1.5    Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word deur die stelling: “om die
                geskiktheid van potensiële gades vir lede van die SS te bepaal”.
                                                                                 (2 x 2)         (4)

3.2    Oorweeg Bron 3B.

       3.2.1    Definieer die term diktatorskap in jou eie woorde.                    (1 x 2)    (2)

       3.2.2    Hoe, volgens die bron, het die Nazi’s die langdurige droom van die
                eugenetici vervul?                                              (1 x 2)          (2)

       3.2.3    Haal uit die bron die wetgewing aan wat sterilisasie en ander
                segregasie-praktyke in Duitsland in die 1930’s toegelaat het.         (1 x 2)    (2)

       3.2.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe
                die Nazi’s mense se regte met betrekking tot die sterilisasieproses
                misbruik het.                                                     (2 x 2)        (4)

3.3    Verwys na Bron 3C.

       3.3.1    Haal uit die bron die letterlike betekenis van ‘eutanasie’ aan.       (1 x 1)    (1)

       3.3.2    Wat, volgens die bron, was die doelwitte van die eutanasieprogram in
                Nazi-Duitsland?                                                 (2 x 1)          (2)

       3.3.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                hoekom eutanasie nie ŉ “goeie dood” in Nazi-Duitsland was nie.
                                                                                      (2 x 2)    (4)

       3.3.4    Verduidelik waarom die gesondheidsowerhede die ouers van kinders
                met gestremdhede aangemoedig het om hul jong kinders in een van ŉ
                aantal spesiaal aangewese pediatriese klinieke op te neem.  (1 x 2)              (2)

       3.3.5    Hoekom dink jy het die Nazi’s nie die werklike doel van die privaat-
                klinieke aan die ouers van die kinders wat opgeneem is, bekend
                gemaak nie?                                                      (1 x 2)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                    GESKIEDENIS V1                         (EC/NOVEMBER 2024)

3.4   Oorweeg Bron 3D.

      3.4.1    Hoekom, volgens die bron en jou eie kennis, is Helene vermoor?
                                                                            (2 x 2)        (4)

      3.4.2    Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron aan ŉ historikus wat
               die impak van pseudo-wetenskaplike rassisme in Duitsland navors.
                                                                               (1 x 2)     (2)

      3.4.3    Vergelyk Bron 3C en Bron 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C
               die bewyse in Bron 3D met betrekking tot die eutanasieprogram in
               Duitsland ondersteun.                                           (1 x 2)     (2)

3.5   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die impak
      van pseudo-wetenskaplike rasseteorieë op Nazi-rassebeleide in die 1930’s en
      1940’s verduidelik.                                                                 (6)
                                                                                         [50]

                                                             TOTAAL AFDELING A:           100

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2024)                   GESKIEDENIS V1                                          9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:      KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940: GEVALLESTUDIE –
              STALIN SE VYFJAARPLANNE

Joseph Stalin het die ekonomie van die Sowjetunie teen die einde van 1939 deur ŉ
reeks vyfjaarplanne verbeter.

Stem jy saam met hierdie stelling? Gebruik relevante historiese bewyse om jou
argument te ondersteun.                                                                     [50]

VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

Bespreek krities die sosiale en ekonomiese impak van die Groot Depressie en hoe
die Verenigde State van Amerika daarop gereageer het.

Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun.                          [50]

VRAAG 6:      IDEES VAN RAS IN DIE 19de EN 20ste EEUE: GEVALLESTUDIE –
              HITLER EN DIE JODE

In watter mate het die Nazi-Duitsland die rasse-idees en eugenetika gebruik om die
regte van alle ‘nie-Ariërs en ongewenstes’ in Nazi-Duitsland van 1933 tot 1945 te teiken
en te skend?

Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun.                          [50]

                                                               TOTAAL AFDELING B:            50
                                                                   GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6cb39e74-871f-48a8-83aa-8ed2daee8cf7) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2017-afrikaans/f3d35bf3-a8e8-409a-8377-2e8e92e682ad) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — History · Memo · 2025 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/bc77cb2c-5c79-4e87-9a6b-08ed867d35f9) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/556b3e5c-28af-4a2b-bab1-588c18c87032) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov-2022-afrikaans/f993acba-4e18-43d3-be44-054e0b37af1b) — History · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 ADDENDUM GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-gr11-nov2022-afrikaans/30b1426a-6a42-4d8b-8b07-8539250dd975) — Addendum · 2022 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-nov2020-eng-d/bf38f54a-e8c5-4b5d-8895-3c7701b66b7f) — Addendum · 2020 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
