# History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-qp-gr12-june-2024-afrikaans/5286b4ee-4991-4d4f-8ffc-eb91e86603c6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-qp-gr12-june-2024-afrikaans/5286b4ee-4991-4d4f-8ffc-eb91e86603c6)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIORSERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                                JUNIE 2024

                          GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 14 bladsye.

                         Hosted by https://www.ecexams.co.za

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V1                               (EC/JUNIE 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
     voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:        DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                     OORLOG

     VRAAG 2:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

     VRAAG 3:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s:
                     DIE BURGERREGTEBEWEGING

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:        UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                     VIËTNAM

     VRAAG 5:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: UITDAGINGS WAT KONGO NA
                     ONAFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET

     VRAAG 6:        BURGERLIKE SAMELEWING PROTES VANAF DIE 1950’s TOT
                     DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
     benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
     word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1 Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
         moet ŉ opstelvraag wees.

     4.2 Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag wees.

5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.   In die beantwoording van die vrae, moet jy jou kennis, vaardighede en insig
     toepas.

7.   Jy sal benadeel word deur bloot die bronne as antwoorde te herskryf.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                           GESKIEDENIS V1                                          3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae, in hierdie afdeling
nie. Die bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:          HOE HET DIE IMPLEMENTERING VAN DIE MARSHALL-PLAN DIE
                  EKONOMIESE EN POLITIEKE ONSTABILITEIT IN EUROPA IN DIE
                  1940’s AANGESPREEK?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1     Verwys na Bron 1A.

        1.1.1      Noem die vastelande genoem in die bron waar groot gedeeltes in die
                   Tweede Wêreldoorlog vernietig is.                          (3 x 1)            (3)

        1.1.2      Wat, volgens die bron, was die impak van die oorlog op Europese
                   handel?                                                      (2 x 1)          (2)

        1.1.3      Watter land was deur die meeste Europese lande na die Tweede
                   Wêreldoorlog geld geskuld?                                 (1 x 1)            (1)

        1.1.4      Haal redes uit die bron aan waarom verwoeste lande goud of
                   Amerikaanse dollars benodig het.                                  (2 x 1)     (2)

        1.1.5      Hoekom dink jy het baie lande na die oorlog van die mark onttrek?
                                                                                  (1 x 2)        (2)

1.2     Bestudeer Bron 1B.

        1.2.1      Waarom, volgens die bron, was Europese herstel belangrik?         (1 x 2)     (2)

        1.2.2      Definieer die term totalitêre state in jou eie woorde.            (1 x 2)     (2)

        1.2.3      Wat is die implikasie van die stelling: “Die volgende paar jaar kan
                   bepaal of die vrye lande van Europa hul erfenis van vryheid sal kan
                   bewaar”, rakende die Marshall-plan?                               (1 x 2)     (2)

        1.2.4      Verduidelik waarom Truman geglo het dat as Europa nie herstel nie,
                   daar geen vrede en stabiliteit in die wêreld sou wees nie.  (2 x 2)           (4)

        1.2.5      Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus wat
                   navorsing oor die Marshall-plan doen.                            (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GESKIEDENIS V1                              (EC/JUNIE 2024)

1.3     Raadpleeg Bron 1C.

        1.3.1   Definieer die term Marshall-plan in die konteks van die Koue
                Oorlog-kompetisie in Europa.                                 (1 x 2)      (2)

        1.3.2   Hoe, volgens die bron, het die Marshall-plan die Europese lande
                gehelp?                                                     (1 x 2)       (2)

        1.3.3   Hoekom, volgens die bron en jou eie kennis, was die voormalige
                vyande van die VSA in die Marshall-plan ingesluit?        (2 x 2)         (4)

1.4     Lees Bron 1D.

        1.4.1   Watter boodskap word in die bron oorgedra?                   (1 x 2)      (2)

        1.4.2   Lewer kommentaar oor die betekenis van die wit duiwe in die
                prentjie.                                                  (1 x 2)        (2)

        1.4.3   Hoekom dink jy is die boomstam met die Amerikaanse vlag bedek?
                                                                         (1 x 2)          (2)

1.5     Vergelyk Bron 1C en Bron 1D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1D die
        inligting in Bron 1C aangaande die Marshall-plan ondersteun.      (2 x 2)         (4)

1.6     Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
        verduidelik hoe die implementering van die Marshall-plan die ekonomiese en
        politieke onstabiliteit in Europa in die 1940’s aangespreek het.                 (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                          GESKIEDENIS V1                                         5

VRAAG 2:          WAAROM HET DIE BUITELANDSE MAGTE IN 1975 BY DIE
                  ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

2.1      Bestudeer Bron 2A.

         2.1.1     Definieer die term anti-koloniaal in jou eie woorde.             (1 x 2)    (2)

         2.1.2     Noem die Angolese bevrydingsbewegings wat in die bron genoem
                   word.                                                      (3 x 1)          (3)

         2.1.3     Wat, volgens die bron, was die rede vir die konflik tussen die Angolese
                   bevrydingsbewegings?                                             (1 x 1)    (1)

         2.1.4     Hoekom, volgens die bron en jou eie kennis, het die CIA die FNLA
                   ondersteun?                                                   (2 x 2)       (4)

2.2      Lees Bron 2B.

         2.2.1     Noem die TWEE lande in die bron wat deur die VSA aangehits is om
                   Angola aan te val.                                          (2 x 1)         (2)

         2.2.2     Definieer die term ‘inval’ in die konteks van die Angolese
                   Burgeroorlog.                                                    (1 x 2)    (2)

         2.2.3     Lewer kommentaar oor hoekom die VSA die ander lande aangehits het
                   om Angola aan te val.                                     (1 x 2)           (2)

         2.2.4     Hoekom, volgens die bron en jou eie kennis, het Kuba by die Angolese
                   burgeroorlog betrokke geraak?                                 (2 x 2)       (4)

2.3      Raadpleeg Bron 2C.

         2.3.1     Hoekom dink jy was hierdie foto gepubliseer?                     (2 x 2)    (4)

         2.3.2     Watter gevolgtrekking kan uit die goeie bui van die Angolese in
                   die foto gemaak word?                                           (1 x 2)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V1                              (EC/JUNIE 2024)

2.4    Verwys na Bron 2D.

       2.4.1   Wie, volgens die bron, was te blameer vir Suid-Afrika se
               betrokkenheid in Angola?                                      (2 x 1)       (2)

       2.4.2   Watter bewyse in die bron dui daarop dat Suid-Afrika se
               betrokkenheid in Angola was nie as gevolg van die betrokkenheid
               van Kubane en Russe daar nie.                              (1 x 2)          (2)

       2.4.3   Verduidelik waarom Suid-Afrika ŉ MPLA-regering as vyandig
               beskou het.                                               (1 x 2)           (2)

       2.4.4   Watter TWEE lande in die bron het Suid-Afrika se ondersteuning
               van FNLA en UNITA verwelkom?                               (2 x 1)          (2)

       2.4.5   Verduidelik die beperkings van hierdie bron aan ŉ historikus wat die
               betrokkenheid van buitelandse moondhede in die Angolese
               Burgeroorlog navors.                                          (2 x 2)       (4)

2.5    Verwys na Bron 2B en Bron 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die
       bewyse in Bron 2C aangaande die Angolese Burgeroorlog ondersteun.
                                                                            (2 x 2)        (4)

2.6    Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
       ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) wat verduidelik
       hoekom die vreemde moondhede in 1975 by die Angolese Burgeroorlog
       betrokke geraak het.                                                                (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                          GESKIEDENIS V1                                         7

VRAAG 3:          HOE HET DIE BURGERREGTEBEWEGING STEMREGTE VIR
                  SWARTES IN DIE VSA IN DIE 1960’s BEREIK?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.

3.1 Verwys na Bron 3A.

      3.1.1       Definieer die term burgerregte in jou eie woorde.                 (1 x 2)    (2)

      3.1.2       Noem die burgerregte-organisasies wat die swart kiesers aangemoedig
                  het om te registreer.                                         (2 x 1)        (2)

      3.1.3       Haal TWEE redes uit die bron aan wat daartoe gelei het dat slegs 2% van
                  kwalifiserende swart kiesers geregistreer het om in Alabama te stem.
                                                                                    (2 x 1)    (2)

      3.1.4       Hoekom dink jy was dit belangrik om soveel as moontlik swartes te laat
                  registreer om te stem?                                        (1 x 2)        (2)

3.2 Gebruik Bron 3B.

      3.2.1       Hoekom, volgens die bron, het die 16 jongmense in die Diep Suide die
                  skool en hul werk verlaat?                                     (2 x 1)       (2)

      3.2.2       Verduidelik hoekom swartmense in die Diep Suide so baie motivering
                  nodig gehad het om te registreer om te stem.                  (2 x 2)        (4)

      3.2.3       Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die kiesersregistrasieveldtog
                  ŉ sukses was.                                                     (2 x 1) (2)

3.3 Raadpleeg Bron 3C.

      3.3.1       Watter boodskappe word in die bron oorgedra?                      (2 x 2)    (4)

      3.3.2       Lewer kommentaar oor hoekom die troepe gereageer het soos hulle op
                  die optoggangers gereageer het.                              (1 x 2)         (2)

      3.3.3       Verduidelik hoe betroubaar hierdie bron vir ŉ historikus sou wees wat
                  die stryd van die Burgerregtebeweging in die VSA navors.          (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    GESKIEDENIS V1                             (EC/JUNIE 2024)

3.4    Lees Bron 3D.

       3.4.1    Wie, volgens die bron, was die leiers van die optog op Bloedige
                Sondag (“Bloody Sunday”)?                                     (2 x 1)      (2)

       3.4.2    Wat dink jy was die impak van die televisiegeweld van Bloedige
                Sondag (“Bloody Sunday”) op die Burgerregtebeweging?         (2 x 2)       (4)

       3.4.3    Watter rol, volgens die bron is deur Rosa Parks in die
                Burgerregtebeweging gespeel?                                   (1 x 2)     (2)

       3.4.4    Lewer kommentaar op die stelling: ‘Die optog was ŉ keerpunt in die
                beweging’.                                                   (2 x 2)       (4)

3.5    Vergelyk Bron 3C en Bron 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die
       inligting in Bron 3D rakende die Burgerregtebeweging ondersteun.   (2 x 2)          (4)

3.6    Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
       hoe die Burgerregtebeweging in die 1960’s stemreg vir Swartes in die VSA
       behaal het.                                                                         (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                     GESKIEDENIS V1                                         9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae
nie.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:          UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                  VIËTNAM

Al die militêre mag van die Verenigde State van Amerika kon nie ŉ klein nasie van
Viëtnamese kleinboere verslaan nie.

Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die strategieë van beide die VSA
en die Viëtkong tussen 1963–1973.                                                       [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

Mobuto Sese Seko se politieke en ekonomiese beleid het daarin geslaag om die
Kongo tot ŉ welvarende land te ontwikkel, nadat hy in die 1960’s onafhanklikheid van
België verkry het.

Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument deur relevante historiese
bewyse te gebruik.                                                                      [50]

VRAAG 6:          BURGERLIKE VERSET VAN DIE 1950’S TOT DIE 1970’s: DIE
                  SWARTMAGBEWEGING

Verduidelik tot watter mate die Swartmag-filosofie daarin slaag om Swart Amerikaners
te organiseer om diskriminasie en segregasie in die Verenigde State van Amerika in
die 1960’s uit te daag.

Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun.                                 [50]

                                                                          TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — History · Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — History · Addendum · 2024 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — Memo · 2023 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — Addendum · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
