# History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-qp-gr12-sept2024-afrikaans/15599225-233c-47b4-88a0-b8404b4664a7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-qp-gr12-sept2024-afrikaans/15599225-233c-47b4-88a0-b8404b4664a7)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIORSERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2024

                           GESKIEDENIS V1

PUNTE:     150

TYD:       3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 14 bladsye.

                        Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V1                       (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
     voorgeskrewe inhoudsopgawe in die KABV-dokument gebaseer is.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:        DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                     OORLOG

     VRAAG 2:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE ‒ ANGOLA

     VRAAG 3:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
                     BURGERREGTEBEWEGING

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:        UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                     VIËTNAM

     VRAAG 5:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: UITDAGINGS WAT KONGO NA
                     ONAFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET

     VRAAG 6:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
                     SWARTMAGBEWEGING

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
     word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1    Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
            moet ŉ opstelvraag wees.

     4.2    Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag wees.

5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
     toepas.

7.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  GESKIEDENIS V1                                          3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:       HOE HET DIE BERLYNSE MUUR DIE KOUE OORLOG-SPANNING
               TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJET-
               UNIE VERSTERK?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1    Verwys na Bron 1A.

       1.1.1    Identifiseer uit die bron, TWEE eise wat Khrushchev aan die Verenigde
                State en sy bondgenote gestel het.                            (2 x 1)        (2)

       1.1.2    Hoe, volgens die bron, het Eisenhower op Sowjet-eise gereageer?
                                                                             (1 x 2)         (2)

       1.1.3    Wat word geïmpliseer deur ‘na-oorlogse ooreenkomste oor die
                besetting en bestuur van Duitsland en Wes-Berlyn’?          (1 x 2)          (2)

       1.1.4    Waarom, volgens die bron en jou eie kennis, was die VSA en
                Brittanje teen ŉ vrye Berlyn met geen gewaarborgde toegang tot
                die Weste nie?                                                 (1 x 2)       (2)

       1.1.5    Verduidelik waarom die kruising van vlugtelinge van Oos-Berlyn na Wes-
                Berlyn ŉ ramp vir die Ooste sou beteken as dit sonder toesig gelaat was.
                                                                                 (1 x 2)     (2)

1.2    Bestudeer Bron 1B.

       1.2.1    Wie, volgens die bron, het die doringdraadheining bestel wat Oos- en
                Wes-Berlyn verdeel?                                           (1 x 1)        (1)

       1.2.2    Definieer die term Koue Oorlog in jou eie woorde.                (1 x 2)     (2)

       1.2.3    Wat, volgens die bron, sou die belangrikheid van die Berlynse Muur
                wees?                                                        (3 x 1)         (3)

       1.2.4    Noem die TWEE lande wat ŉ stryd/dooiepunt gehad het kort nadat die
                muur gebou is.                                             (2 x 1)           (2)

       1.2.5    Waarom dink jy het die stryd/dooiepunt tot die mees spanningsvolle
                oomblikke van die Koue Oorlog in Europa gelei?              (1 x 2)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 GESKIEDENIS V1                      (EC/SEPTEMBER 2024)

1.3 Raadpleeg Bron 1C.

     1.3.1   Waarom, volgens die bron, was daar ŉ voorstel vir die viermag-
             samesprekings onder die militêre bevelvoerders in Berlyn? (1 x 2)      (2)

     1.3.2   Lewer kommentaar op die stelling: ‘die Sowjetunie het bedekte
             (vermomde) dreigemente gemaak’ om “nie ŉ passiewe waarnemer te
             bly nie”.                                               (1 x 2)        (2)

     1.3.3   Definieer die term viermagsamesprekings in die konteks van die
             Berlynse krisis.                                        (1 x 2)        (2)

     1.3.4   Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van hierdie bron vir ŉ
             historikus wat die Berlynse krisis navors.             (2 x 2)         (4)

1.4 Lees Bron 1D.

     1.4.1   Verduidelik waarom Oos-Berlyners bereid was om te sterf deur die
             Berlynse Muur na Wes-Berlyn te probeer oorsteek.          (2 x 2)      (4)

     1.4.2   Lewer kommentaar oor die houding van die Wes-Berlynse polisie
             teenoor die tiener.                                   (2 x 2)          (4)

1.5 Vergelyk Bron 1B en Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
    bewyse in Bron 1C met betrekking tot die Berlynse Muur ondersteun. (2 x 2)      (4)

1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
    paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
    hoe die Berlynse Muur die Koue Oorlog-spanning tussen die Verenigde State
    van Amerika (VSA) en die Sowjetunie (USSR) versterk het.                        (8)
                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   GESKIEDENIS V1                                          5

VRAAG 2:       WATTER IMPAK HET DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE OP
               SUIDER-AFRIKA GEHAD?

2.1    Bestudeer Bron 2A.

       2.1.1    Watter TWEE Angolese groepe, volgens die bron, het teen mekaar by
                Cuito Cuanavale gestoei?                                   (2 x 1)            (2)

       2.1.2    Haal die rede uit die bron aan wat tot die begin van die Slag van Cuito
                Cuanavale gelei het.                                            (1 x 2)       (2)

       2.1.3    Waarom, volgens die bron, het die SAW Jonas Savimbi se UNITA
                tydens hierdie oorlog ondersteun?                      (2 x 1)                (2)

       2.1.4    Lewer kommentaar op die stelling: ‘die gevegslyne is volgens
                ideologiese oortuigings getrek.’                      (1 x 2)                 (2)

2.2    Lees Bron 2B.

       2.2.1    Wat, volgens die bron, het tot Suid-Afrika se besluit om Cuito Cuanavale
                te verlaat gelei?                                                 (2 x 1)     (2)

       2.2.2    Definieer die term onderhandelinge in jou eie woorde.             (1 x 2)     (2)

       2.2.3    Lewer kommentaar oor hoekom Suid-Afrika huiwerig was om die
                onafhanklikheid van Namibië, in ruil vir Kuba se onttrekking uit Angola
                te beding.                                                       (2 x 2)      (4)

       2.2.4    Verduidelik die betekenis van die betrokkenheid van die Verenigde
                Nasies Organisasie by die ondertekening van die verdrae.   (1 x 2)            (2)

2.3    Raadpleeg Bron 2C.

       2.3.1    Wat, volgens die bron, was die aansporing vir Kuba in die Slag van Cuito
                Cuanavale?                                                        (1 x 2)     (2)

       2.3.2    Haal uit die bron die Departement van Militêre Veterane se belofte aan,
                met betrekking tot die slagoffers by Cuito Cuanavale.            (1 x 2)      (2)

       2.3.3    Lewer kommentaar op wat Nelson Mandela geïmpliseer het deur die
                stelling: “die Kubaanse mense hou ŉ spesiale plek in die harte van die
                mense van Afrika”.                                              (2 x 2)       (4)

       2.3.4    Definieer die term bevryding in die konteks van die posisie van Namibië
                na die slag van Cuito Cuanavale.                                 (1 x 2)      (2)

       2.3.5    Verduidelik die beperkinge van hierdie bron aan ŉ historikus wat die
                impak van die Slag van Cuito Cuanavale navors.                (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V1                         (EC/SEPTEMBER 2024)

2.4   Verwys na Bron 2D.

      2.4.1    Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word.       (1 x 2)     (2)

      2.4.2    Lewer kommentaar oor die belangrikheid van die rol wat Kuba in die
               Slag van Cuito Cuanavale vir Suider-Afrika gespeel het.    (2 x 2)          (4)

2.5   Verwys na Bron 2D en Bron 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
      bewyse in Bron 2D met betrekking tot die resultate van die Slag van Cuito
      Cuanavale ondersteun.                                               (2 x 2)          (4)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
      watter impak die Slag van Cuito Cuanavale op Suider-Afrika gehad het.               (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   GESKIEDENIS V1                                         7

VRAAG 3:       HOE HET DIE OPTOG OP WASHINGTON TOT DIE EINDE VAN
               DISKRIMINASIE EN SEGREGASIE IN AMERIKA IN DIE 1960’s
               BYGEDRA?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.

3.1    Verwys na Bron 3A.

       3.1.1    Noem DRIE toestande in Amerika wat tot die Optog op Washington gelei
                het.                                                         (3 x 1)         (3)

       3.1.2    Noem DRIE burgerregte-organisasies wat ŉ veldtog vir die Optog op
                Washington beywer het.                                     (3 x 1)           (3)

       3.1.3    Definieer die term burgerregte in die konteks van Amerika.       (1 x 2)     (2)

       3.1.4    Lewer kommentaar op wat King geïmpliseer het met die stelling: “Laat
                die swart arbeidende massas praat.”                          (2 x 2)         (4)

3.2    Bestudeer Bron 3B.

       3.2.1    Wat, volgens die bron, was die doel van die Optog op Washington?
                                                                              (2 x 1)        (2)

       3.2.2    Definieer die term diskriminasie in jou eie woorde.              (1 x 2)     (2)

       3.2.3    Wat word deur King se historiese, ‘I have a dream (Ek het ŉ droom)-
                toespraak’ geïmpliseer?                                      (1 x 2)         (2)

       3.2.4    Lewer kommentaar oor die belangrikheid van die Lincoln-gedenkteken
                in die stryd van die swart Amerikaners.                     (1 x 2)          (2)

3.3    Lees Bron 3C.

       3.3.1    Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die Optog op Washington
                met die aanneming van die Burgerregtewet van 1964 gehelp het.
                                                                             (1 x 2)         (2)

       3.3.2    Wat, volgens die bron, was die vraag wat Amerika sedert 1955 of selfs
                1954 gehad het?                                               (1 x 2)        (2)

       3.3.3    Verduidelik hoe Martin Luther King se toespraak hierdie vraag
                beantwoord het.                                        (1 x 2)               (2)

       3.3.4    Verduidelik die hooggeregshofbeslissing in die Brown vs. Board (of
                Education)-saak in 1954.                                   (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  GESKIEDENIS V1                        (EC/SEPTEMBER 2024)

3.4 Verwys na Bron 3D.

     3.4.1   Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word.       (2 x 2)     (4)

     3.4.2   Lewer kommentaar oor die betroubaarheid van hierdie bron aan ŉ
             historikus wat die Optog op Washington navors.           (2 x 2)            (4)

3.5 Verwys na Bron 3B en Bron 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die
    bewyse in Bron 3D met betrekking tot die Optog op Washington ondersteun.
                                                                            (2 x 2)      (4)

3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ŉ
    paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
    hoe die Optog op Washington tot die einde van diskriminasie en segregasie in
    Amerika in die 1960’s bygedra het.                                                  (8)
                                                                                       [50]

                                                           TOTAAL AFDELING A:           100

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                GESKIEDENIS V1                                        9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:      UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE ‒
              VIËTNAM

Verduidelik tot watter mate die Verenigde State van Amerika suksesvol was om die
verspreiding van kommunisme in Viëtnam in die tydperk 1965 tot 1975 te bekamp.        [50]

VRAAG 5:      ONAFHANKLIKE AFRIKA – UITDAGINGS WAT KONGO NA
              ONAFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET

Politieke en ekonomiese beleide wat deur Mobuto Sese Seko in die nuut onafhanklike
Kongo ingestel is, het groei en voorspoed gebring.

Bespreek die bogenoemde stelling krities. Gebruik historiese bewyse om jou
argument te ondersteun.                                                               [50]

VRAAG 6:      BURGERLIKE SAMELEWINGSPROTES VAN DIE 1950’s TOT DIE
              1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING

Die Swartmagbeweging het in die 1960’s daarin geslaag om swart trots,
selfstandigheid en die verdediging van die Afro-Amerikaner se regte te vestig.

Stem jy saam? Gebruik relevante bewyse en voorbeelde om jou argument te
ondersteun.                                                                           [50]

                                                          TOTAAL AFDELING B:           50
                                                              GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — History · Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — Memo · 2023 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — Addendum · 2023 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — Addendum · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
