# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-sept-2025-afr-vr-watermark/7701e395-7458-4881-9503-b60026354dae
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-sept-2025-afr-vr-watermark/7701e395-7458-4881-9503-b60026354dae)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2025

                       GESKIEDENIS V1

PUNTE: 150

TYD:      3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye
                       en ŉ addendum van 14 bladsye.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                  GESKIEDENIS V1                     (EC/SEPTEMBER 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1:       DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                     OORLOG

      VRAAG 2:       ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

      VRAAG 3:       BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
                     BURGERREGTEBEWEGING

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4:       UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                     VIËTNAM

      VRAAG 5:       ONAFHANKLIKE AFRIKA: UITDAGINGS WAT KONGO NA
                     ONAFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET

      VRAAG 6:       BURGERLIKE SAMELEWINGPROTES VANAF DIE 1950’s TOT
                     DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING

2.    AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
      benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
      word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.    Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1    Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste
             EEN moet ŉ opstelvraag wees.

      4.2    Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag
             wees.

5.    Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.    In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
      toepas.

7.    Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2025)                    GESKIEDENIS V1                                          3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie
afdeling nie. Die bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord is
in die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:        HOE HET DIE GROEIENDE INVLOEDSFERE IN EUROPA TOT
                SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA
                (VSA) EN DIE SOWJETUNIE (USSR) BYGEDRA?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1    Verwys na Bron 1A.

       1.1.1    Hoe, volgens die bron, het die groot Europese moondhede hulle ná
                die oorlog bevind?                                          (2 x 1)           (2)

       1.1.2    Waarom, volgens die bron, is die Verenigde State na die oorlog
                steeds as die wêreld se voorste militêre mag beskou?          (2 x 1)         (2)

       1.1.3    Definieer die historiese konsep ‘imperialistiese uitbreiding’ in die
                konteks van die rol wat die Verenigde State in Europa na die oorlog
                gespeel het.                                                       (1 x 2)    (2)

       1.1.4    Hoekom dink jy het die Verenigde State, Stalin daarvan beskuldig dat
                hy die Jalta-ooreenkoms oor die reg van selfbeskikking oortree het?
                                                                              (1 x 2)         (2)

       1.1.5    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe
                die verdeling van Europa in twee blokke, die hart (kern) van die stryd
                tussen die Supermoondhede geword het.                             (2 x 2)     (4)

1.2    Bestudeer Bron 1B.

       1.2.1    Gee TWEE redes uit die bron wat daarop dui dat die Sowjetunie
                kommunisme in Oos-Europa versprei het.                      (2 x 1)           (2)

       1.2.2    Volgens die bron, waar het Churchill geglo dat die Ystergordyn
                neergedaal het?                                                (2 x 1)        (2)

       1.2.3    Lewer kommentaar oor hoekom Churchill en Truman albei geglo het
                dat kommunisme ŉ bedreiging vir vrede en stabiliteit in die na-
                oorlogse wêreld inhou?                                          (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                    GESKIEDENIS V1                       (EC/SEPTEMBER 2025)

1.3   Lees Bron 1C.

      1.3.1    Hoe, volgens die bron, het Stalin Churchill beskryf?            (1 x 2)    (2)

      1.3.2    Haal bewyse uit die bron aan wat bewys dat Stalin vir ŉ moontlike
               militêre konfrontasie met die Weste voorberei het.            (1 x 2)      (2)

      1.3.3    Definieer die konsep ‘Ystergordyn’ in jou eie woorde.           (1 x 2)    (2)

      1.3.4    Verduidelik hoekom so baie Sowjette vir na-oorlogse samewerking
               met die Weste gekies het?                                   (1 x 2)        (2)

      1.3.5    Lewer kommentaar oor hoekom dit Stalin baie maande geneem het
               om sy mense te oortuig van die waargenome gevaar uit die Weste en
               om ŉ ware “Ystergordyn” om sy ryk te bou.                  (1 x 2)         (2)

      1.3.6    Verduidelik die bruikbaarheid van hier die bron vir geskiedkundiges
               wat navorsing doen oor hoe Churchill se toespraak tot groeiende
               spanning in Europa bygedra het.                                 (2 x 2)    (4)

1.4   Raadpleeg Bron 1D.

      1.4.1    Watter boodskappe dra die spotprenttekenaar aangaande die Sowjet
               uitbreiding in Oos-Europa oor?                             (2 x 2)         (4)

      1.4.2    Verduidelik in jou eie woorde hoekom Stalin oor soveel lande in
               Oos-Europa beheer wou hê?                                      (1 x 2)     (2)

1.5   Vergelyk Bron 1B en Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
      inligting in Bron 1C met betrekking tot die toenemende vyandigheid tussen
      die VSA en USSR ondersteun.                                           (2 x 2)       (4)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik hoe
      die groeiende invloedsfere in Europa tot die Koue Oorlog-spanning tussen
      die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie bygedra het.                      (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2025)                   GESKIEDENIS V1                                          5

VRAAG 2:        WAT WAS DIE REDES VIR DIE BETROKKENHEID VAN SUID-AFRIKA
                IN DIE ANGOLESE BURGEROORLOG?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1     Lees Bron 2A.

        2.1.1    Definieer die konsep ‘burgeroorlog’ in jou eie woorde.               (1 x 2) (2)

        2.1.2    Wanneer, volgens die bron, het ŉ burgeroorlog in Angola uitgebreek?
                                                                                  (1 x 1) (1)

        2.1.3    Haal bewyse uit die bron aan wat bewys dat die MPLA ŉ sosialistiese
                 party was.                                                       (2 x 1) (2)

        2.1.4    Lewer kommentaar op die stelling: “In Junie 1975 het die interne konflik
                 ŉ kritieke vlak ten gunste van die MPLA bereik.”                  (1 x 2) (2)

        2.1.5    Hoekom dink jy het die Suid-Afrikaanse Regering ingestem om geheime
                 militêre steun aan UNITA en die FNLA te gee?                   (2 x 2) (4)

2.2     Raadpleeg Bron 2B.

        2.2.1    Waarom, volgens die bron, was Angola, so belangrik vir Suid-Afrika in
                 die 1960’s en die vroeë 1970’s?                                  (2 x 1) (2)

        2.2.2    Waarom, volgens die bron, is baie van die samewerking tussen Portugal
                 en Suid-Afrika in die geheim gevoer?                           (3 x 1) (3)

        2.2.3    Noem TWEE redes uit die bron, waarom die Suid-Afrikaanse Regering
                 die vooruitsig van ŉ vyandige regering in Luanda gevrees het sodra die
                 land onafhanklik geword het.                                     (2 x 1) (2)

        2.2.4    Verduidelik waarom die Verenigde State die MPLA as ŉ marionetparty
                 van die Sowjetunie beskou het.                                (1 x 2) (2)

        2.2.5    Verduidelik die konsep ‘ekspansionisme’ in die konteks van die
                 Sowjetunie se betrokkenheid in Angola.                               (1 x 2) (2)

2.3     Lees Bron 2C.

        2.3.1    Wat, volgens die bron, het Vorster geglo sou gebeur het as
                 Suid-Afrika nie by Angola betrokke geraak het nie?                    (2 x 1) (2)

        2.3.2    Hoekom dink jy het die MPLA nie die teenwoordigheid van die Russe en
                 die Kubane bekend gemaak (onthul) nie?                         (1 x 2) (2)

        2.3.3    Lewer kommentaar op: “Suid-Afrika het wel die vrye wêreld ŉ diens in
                 Afrika gelewer deur dit baie duidelik na vore te laat kom.”      (1 x 2) (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                   GESKIEDENIS V1                        (EC/SEPTEMBER 2025)

       2.3.4   Verduidelik die beperkings van hierdie bron vir geskiedkundiges wat
               die betrokkenheid van Suid-Afrika by die Angolese Burgeroorlog
               navors.                                                       (2 x 2)      (4)

2.4    Raadpleeg Bron 2D.

       2.4.1   Watter boodskap dra die foto aangaande die aanvanklike
               betrokkenheid van Suid-Afrika tydens die Angolese Burgeroorlog
               oor?                                                        (2 x 2)        (4)

       2.4.2   Hoekom dink jy sal die Suid-Afrikaanse Regering nie wil hê dat ŉ foto
               soos hierdie in 1975 gepubliseer word nie?                    (1 x 2)      (2)

2.5    Vergelyk Bron 2B en Bron 2C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2B die
       inligting in Bron 2C met betrekking tot Suid-Afrika se teenkanting teen ŉ
       MPLA-beheerde regering in Angola.                                       (2 x 2)    (4)

2.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
       redes vir die betrokkenheid van Suid-Afrika by die Angolese Burgeroorlog
       verduidelik.                                                                       (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2025)                    GESKIEDENIS V1                                          7

VRAAG 3:        WATTER UITDAGINGS HET DIE BURGERREGTE-AKTIVISTE IN DIE
                GESIG GESTAAR IN HUL POGINGS OM BIRMINGHAM TE
                DESEGREGREER?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1     Lees Bron 3A.

        3.1.1    Watter twee groepe, volgens die bron, het aan die Birmingham-veldtog
                 deelgeneem?                                                   (2 x 1)          (2)

        3.1.2    Noem VIER vorme van geweldlose stakings wat gebruik is toe die
                 veldtog van stapel gestuur is.                               (4 x 1)           (4)

        3.1.3    Definieer die term “segregasie” in die konteks van die Verenigde State
                 van Amerika.                                                     (1 x 2)       (2)

        3.1.4    Hoekom, dink jy, het die stadsregering ŉ staatshofbevel (beslissing) teen
                 die betogings verkry?                                             (1 x 2) (2)

3.2     Verwys na Bron 3B.

        3.2.1    Volgens die bron, wat het Martin Luther King geglo word vereis in ŉ
                 geweldlose veldtog?                                              (4 x 1)       (4)

        3.2.2    Definieer die konsep ‘rassevooroordeel’ in jou eie woorde.          (1 x 2)    (2)

        3.2.3    Hoekom, dink jy, het Martin Luther King gevoel dat die regstelsel in
                 Birmingham onregverdig was?                                      (1 x 2)       (2)

        3.2.4    Lewer kommentaar op wat Martin Luther King bedoel het met die
                 stelling: ‘Ons weet deur pynlike ervaring dat vryheid nooit vrywillig deur
                 die onderdrukker gegee word nie.’                                   (1 x 2)    (2)

        3.2.5    Lewer kommentaar oor die betroubaarheid van die bron aan ŉ
                 geskiedkundige wat die rol van Martin Luther King in die Birmingham-
                 veldtog navors.                                                 (2 x 2)        (4)

3.3     Raadpleeg Bron 3C.

        3.3.1    Watter boodskap word in die foto oor desegregasie in Birmingham
                 uitgebeeld?                                                   (1 x 2)          (2)

        3.3.2    Verduidelik hoe foto’s soos hierdie die Burgerregte-veldtog sou
                 bevoordeel?                                                     (1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                    GESKIEDENIS V1                       (EC/SEPTEMBER 2025)

 3.4    Bestudeer Bron 3D.

        3.4.1   Wie, volgens die bron, was ‘kwaad’ vir die betogers?         (2 x 1)    (2)

        3.4.2   Hoekom, dink jy, het die studente die protes as ŉ oorwinning
                beskou?                                               (1 x 2)           (2)

        3.4.3   Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die reaksie
                van die Birmingham Owerhede as ŉ oormatige gebruik van geweld
                teen die betogers beskou kan word?                           (2 x 2)    (4)

        3.4.4   Verduidelik waarom die spreker ‘die mense vermaan (aangeraai)
                het om geweldloos’ oor die publieke adresstelsel te wees. (1 x 2)       (2)

 3.5    Vergelyk Bron 3C en Bron 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C
        ondersteun word deur die inligting in Bron 3D met betrekking tot die reaksie
        van die owerhede op die betogers in Birmingham.                      (2 x 2)    (4)

 3.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
        verduidelik watter uitdagings die burgerregte-aktiviste in die gesig gestaar
        het in hul pogings om Birmingham te desegregeer.                                (8)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2025)                 GESKIEDENIS V1                                       9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie
afdeling nie.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
         VIËTNAM

“Alhoewel die Viëtkong deur die Verenigde State van Amerika in vuurkrag oortref is,
was hulle slimmer en het meer gehad om voor te veg in Viëtnam.”

Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou antwoord deur relevante historiese
bewyse te gebruik?                                                                    [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

Tot watter mate was die politieke en ekonomiese beleide, wat deur Mobuto Sese
Seko ingestel is, verantwoordelik daarvoor om die Kongo in ŉ eenpartystaat te
omskep.

Gebruik relevante historiese bewyse om jou antwoord te ondersteun.                    [50]

VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWINGPROTES VAN DIE 1950’s TOT DIE
         1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING

Die Swartmagbeweging het ŉ verskuiwing van geweldlose protes na ŉ meer
militante benadering in die stryd vir Afro-Amerikaanse vegte gemerk.

Bespreek kritiese hoe effektief hierdie benadering was om verandering in die
Verenigde State gedurende die 1960’s en die 1970’s teweeg te bring.

Gebruik relevante historiese bewyse om jou antwoord te ondersteun.                    [50]

                                                                         TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c) — History · Memo · 2021 · Afr
- [HIST P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/3296a2b9-b5f3-4845-9366-f96f2839b363) — History · QP · 2014 · Afr
- [GESKIED P1 QP AFR SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/geskied-p1-qp-afr-sep-2012/cda30303-ff83-479b-b90c-5f6fbf9d5125) — History · QP · 2012 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
