# History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2014 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2014 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr11-nov2014-afr/7c19e9c9-9dfc-4b49-8188-d8034ee243a4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr11-nov2014-afr/7c19e9c9-9dfc-4b49-8188-d8034ee243a4)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2014. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE
     SENIOR SERTIFIKAAT

             GRAAD 11

        NOVEMBER 2014

        GESKIEDENIS V2
          ADDENDUM

             *IHISTA2*

  Hierdie addendum bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                            (NOVEMBER 2014)

 VRAAG 1:      NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – SWART NASIONALISME

 SLEUTELVRAAG: WATTER INVLOED HET DIE ANC-JEUGLIGA OP SWART
               NASIONALISME GEHAD?

 BRON 1A

 Don Tloome, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, verduidelik hoe
 die ANC vanaf ŉ gematigde tot ŉ meer militante organisasie verander het.

 “Ek het uitgevind, kort nadat ek by die ANC aangesluit het, dat dit ŉ organisasie
 van onderwysers, intellektuele, geestelikes was – al die elite van die Swart
 samestelling. Jong mense was nie juis geïnteresseer in die ANC nie. Hulle het
 gevoel dat dit ŉ organisasie van ouer mense was. As gevolg hiervan het die
 ANC nooit progressief geraak nie totdat die jong mense daarby aangesluit het:
 die Thambo’s, Mandela’s en so aan. Hulle was lede van die ANC-jeugliga. Dit
 was toe hierdie jong manne by die ANC aansluit dat daar ŉ verandering in die
 ideologieë van die ANC gekom het, omdat hulle in die verlede geglo het aan
 demonstrasies, rekonsiliasie met die heersende magte wat daar was, en so aan.
 Hulle was nie veel geïnteresseerd in aksie teen die regering nie.”

                                        [Geneem uit: Making History deur R. Deftereos et al]

 BRON 1B

 Yengwa, ŉ lid van die ANC-jeugliga verduidelik waarom hy ten gunste van Swart
 Nasionalisme was.

 Dit was nie ŉ anti-blanke ding nie. Ons het meer en meer bewus geword dat ons
 stryd nie teen blankes is nie – ons stryd is teen apartheid. Natuurlik, en oor die
 algemeen was ons hele uitgangspunt, Swart Nasionalisme. Dit was ŉ
 verenigende mag wat gestrewe het na die omverwerping van onderdrukking.
 Soos ons ons eie filosofie van Swart nasionalisme ontwikkel het, het ons ontdek
 dat ons gesamentlike doelwitte gehad het – dit het nie saak gemaak of jy wit of
 swart was nie. Met ander woorde ons het ontwikkel na anti-rassisme.

                                       [Geneem uit: Making History deur R. Deftereos et al]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                           3

 BRON 1C

 Hierdie foto wys hoe Swartes hulle teen apartheid in treine verset het. Dit het in
 1952 in die Drum, Johannesburg verskyn.

                                                 [Geneem uit: Top Class deur P. Ellis et al]

 BRON 1D

 Hierdie bron handel oor Albert Luthuli se siening oor die belangrikheid van die
 Vryheidshandves.

 “Die Kongres van die Mense het verreikende gevolge gehad. Niks in die
 geskiedenis van Suid-Afrika het so ŉ soveel belangstelling ontlok soos dit nie.
 Selfs afgeleë plattelandse gebiede was bewus van wat aan die gebeur was. Die
 lawaaierige teenkanting vanaf die blanke pers het die Kongres en die
 Vryheidshandves meer effektief geadverteer as wat ons eie pogings dit sou kon
 doen.”
                                         [Geneem uit: New Generations deur F. Frank et al]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                (NOVEMBER 2014)

 VRAAG 2:      NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE

 SLEUTELVRAAG: HOE HET DIE VERDELING VAN PALESTINA SPANNING
               IN DIE MIDDE-OOSTE VERSKERP?

 BRON 2A

 Hierdie bron bestaan uit ŉ geskrewe en visuele bron, wat handel oor gebeure wat
 aanleiding het tot die verdeling van Palestina gegee.

 GESKREWE BRON:           Die bron beskryf hoe Brittanje gedwing was om haar
                          mandaatskap oor Palestina op te gee.

 Na die Balfour-verklaring waarvolgens Brittanje die Sioniste ŉ Joodse staat in
 Palestina belowe het, het die Sioniste hul pogings versnel om ŉ Joodse staat te
 stig, deur immigrante na Palestina te smokkel. Ekstremistiese Sionistiese groepe,
 soos die Irgun en die Lehi het terreurtaktieke gebruik om Brittanje te dwing om
 haar mandaatskap prys te gee. Hulle het Britse militêre basisse, polisiekantore,
 treinspore en brûe aangeval. Die mees gewaagste aanval was toe ŉ Irgun
 kommando die King David Hotel, die Britse militêre hoofkwartier in Jerusalem
 opgeblaas het. Soos geweld toegeneem het in Palestina, het die Britse regering
 besluit om die kwessie van Palestina aan die nuut gestigte Verenigde Nasies
 (VN), te oorhandig. Dit het voorgestel dat Palestina in twee aparte state verdeel
 moes word – ŉ Arabiese en ŉ Joodse staat. Die Sioniste het die plan aanvaar,
 maar die Arabiere het dit verwerp. Dit het gelei tot die stigting van die staat Israel.

                                        [Geneem uit: In Search of History deur J. Bottaro et al]

 VISUELE BRON:        Die spotprent toon die Arabiere se reaksie op die stigting van
                      die staat Israel.

                                   [Geneem uit: www.science.co.it/arab - israeli - conflict/carto]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                                5

 BRON 2B

 Hierdie bron verduidelik waarom die Arabiese-Liga die verdelingsplan verwerp
 het.

 “Hulle het volgehou by hulle posisie dat Palestina ŉ integrale deel van die
 Arabiese wêreld was en van die begin af was die inheemse bevolking teen die
 stigting van ŉ Joodse nasionale tuiste in hul land gekant. Hulle het ook daarop
 aangedring dat die Verenigde Nasies, ŉ liggaam, geskep en beheer deur die
 Verenigde State en Europa, nie die reg gehad het om enige gedeelte van hul land
 aan die Sioniste te oorhandig nie. Hulle het daarop aangedring dat die “Westerse
 wêreld hul gewete gesalf het vir die wandade van die oorlog en hul eie
 skuldgevoel aan die Jode betaal het met iemand anders se land.”

                       [Geneem uit: A History of the Israeli – Palestinian conflict deur M. Tessier]

 BRON 2C

 Hierdie bron bestaan uit twee standpunte wat handel oor die Eerste-Israeli Oorlog
 van 1948.

 STANDPUNT 1: ŉ Israeli siening oor die Eerste Arabiese-Israeli Oorlog.

 In 1947 het die Arabiese nasionaliste ŉ radikale verandering in hul doelwitte
 aangekondig. In plaas daarvan om die uitbreiding van die Joodse nedersettings te
 stuit, het die Palestyne en ander Arabiere ŉ verenigde poging geloods om Joodse
 gebiede te verower en sodoende hul teenwoordigheid in die land uit te wis.
 Vandaar die wyd verspreide aanvaarding van die feit dat “daar is geen keuse nie”,
 dit het ons net een moontlikheid toegelaat “veg om te wen.”

                                          [Geneem uit: Via Afrika History deur J. Manenzhe et al]

 STANDPUNT 2: ŉ Arabiese standpunt oor die Eerste Arabiese-Israeli Oorlog.

 Brittanje is direk verantwoordelik vir die nederlaag van die Palestynse mense in
 1948. Die VN resolusie was totaal onregverdig. Die Joodse magte was beter
 bewapen en opgelei as die Arabiere. Wat met Palestina in die oorlog gebeur het
 was ŉ beplande en sistematiese ‘etniese uitwissing’ van ŉ volk. Ons roep dit An-
 Nakba wat katastrofe beteken. Ongeveer vyf-en tagtig persent (85%) van die
 Palestyne wat binne sogenaamde Israeli grense gebly het, is uitgedryf, en bly nou
 as vlugtelinge in naburige lande. Meer as vyf honderd (500) dorpe was geheel en
 al verwoes, sodat daar niks oor was vir Palestyne om na terug te keer nie. Daar
 was vele massamoorde, soos die een in die dorp van Deir Yassin, toe ŉ Joodse
 eenheid 100 mense vermoor en gemartel het en die res van die inwoners
 uitgedryf het.

                                         [Geneem uit: The Middle East since 1945 deur S. Ross]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                             (NOVEMBER 2014)

 VRAAG 3:      APARTHEID SUID-AFRIKA – 1940’s TOT 1960’s

 SLEUTELVRAAG: HOE WAS APARTHEID IN SUID-AFRIKA
               GEÏMPLEMENTEER?

 BRON 3A

 Hierdie bron bestaan uit ŉ geskrewe en visuele bron wat handel oor die Bantoe
 Onderwyswet en die gevolge daarvan.

 GESKREWE BRON:           Dit is ŉ uittreksel vanuit ŉ toespraak wat deur H.F.
                          Verwoerd is oor Bantoe onderwys in die parlement in
                          1953, gedurende die debat oor die Bantoe Onderwyswet
                          gelewer.

 “Onderwys moet mense oplei en opvoed in ooreenstemming met hul geleenthede
 in die lewe, volgens die samelewing waarin hulle leef … onderwys moet sy wortels
 geheel en al in die Naturelle gebiede, asook in die Naturelle omgewing en in die
 Naturelle gemeenskap het. Die Naturelle moet gelei word om sy eie gemeenskap
 in alle aspekte te dien. Wat is die doel om die Naturelle wiskunde te leer, wanneer
 hy dit nie in die praktyk kan toepas nie … Daar is geen plek vir ŉ Naturelle kind
 behalwe vir sekere vorme van arbeid.”
                                                   [Geneem uit: Top Class deur P. Ellis.et al]

 VISUELE BRON:        Die tabel wys hoeveel geld (in rande) die regering gespandeer
                      het op onderwys vir elke kind volgens hul rasse-klassifikasie in
                      Suid-Afrika

                                            [Geneem uit: The Right to Learn deur P. Christie]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                            7

 BRON 3B

 Hierdie foto verwys na een van die kleinlike apartheidswette wat afgedwing was
 op swart mense. Die versorger kon nie op die bank langs die kind sit nie, omdat
 dit ”Slegs Blankes” gemerk was.

                                     [Geneem uit: In Search of History,deur J.Bottaro.et al]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                           (NOVEMBER 2014)

 BRON 3C

 Die volgende storie handel oor hoe rasse-klassifikasie die lewe van ŉ jong meisie,
 Sandra Laing geaffekteer het en was in die Sunday Times in 2000 gepubliseer.

 “… In 1966, toe ek 10 jaar oud was, het die polisie my vanaf die skool weg kom
 neem … Mnr. van Tonder, die hoof, het gesê dat ek nie blank was nie, en nie kan
 bly nie … In 1976 toe daar onluste teen apartheid en die onderwysstelsel was, het
 ek 21 geword en gedink dinge sou verander. Ek het aansoek om ŉ identiteits-
 dokument gedoen, maar dit het ses jaar geneem voordat ek my identiteits-
 dokument as Kleurling ontvang het. Tot op daardie tyd kon ek nie bewys wie ek
 was nie, kon nie werk vind nie, ŉ rekening open of doen wat ŉ persoon
 veronderstel was om te doen nie. Deur die jare het ek verlang na my familie, net
 om van hulle te hoor. Ek het vele briewe geskryf, maar dit het onbeantwoord
 gebly … niemand in die familie het gepoog om met my kontak te maak nie.”

 “… Apartheid was beëindig, en ek sal daarvan hou om Mnr. Mandela ŉ handdruk
 te gee daarvoor, maar dit is te laat vir my.”

      Sandra Laing in 1968, twee jaar nadat sy uit die skool geskors was.

                                               [Geneem uit: Top Class deur P.Ellis, et al]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                      9

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse was uit die volgende geneem:

 Bottaro, J. et al. 2012. In Search of History (Oxford University Press)

 Christie, P. 1991. The Right to Learn (Sached)

 Deftereos, R. et al. 2006. Making History (Heinemann)

 Ellis, P. et al. 2012. Top Class (Shuter & Shooter)

 Frank, F. et al. 2012. New Generations (New Generations Publication)

 Manenzhe, J et al. 2012. Via Afrika History (Via Afrika Publishers)

 Tessier, M. 1994. A History of the Israeli-Palestine conflict (Indiana Press)

 Ross, R. 2004. The Middle East since 1945 (Contemporary Books)

 www.science.co.it/arab-israeli-conflict/carto.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR11 QP NOV2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-nov2014-afr/37b484ae-94dd-42c6-b067-5d4b3ecbba0b) — History · QP · 2014 · Afr
- [HIST P1 GR11 QP NOV2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr11-qp-nov2014-eng/b1cec643-6cdf-4481-a0f8-22e963748ca0) — History · QP · 2014 · Eng
- [HISTORY P2 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov2022-afrikaans/43fc33cf-1230-4b19-b533-ba8a29c8e3a5) — History · QP · 2022 · Afr
- [HISTORY P2 QP GR11 NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov2022-english/57ba5876-1769-4a91-8f8a-b6d3eae25aad) — History · QP · 2022 · Eng
- [HISTORY P2 GR11 QP NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-nov2020-afr-d/1a8d02c5-9e92-434a-b3b6-c4789ba614a8) — History · QP · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 QP GR11 NOV 2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov-2019-afr-d/bad6dd30-4701-441d-9e22-2f0480fb83aa) — History · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
