# History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr11-nov2015-afr/88af58f5-ed84-4a6f-bffc-7b3547b7e221
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr11-nov2015-afr/88af58f5-ed84-4a6f-bffc-7b3547b7e221)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

        NASIONALE
    SENIOR SERTIFIKAAT

             GRAAD 11

       NOVEMBER 2015

       GESKIEDENIS V2
         ADDENDUM

               *IHISTA2*

   Hierdie addendum bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                            (EC/NOVEMBER 2015)

 VRAAG 1:      HOE HET SWART NASIONALISME, SWART SUID-AFRIKANERS
               AANGEMOEDIG OM ONDERDRUKKING TE VERSET?

 BRON 1A

 Hierdie is ŉ uittreksel uit die Swart koerant, “The African Liberator” wat die idees
 van swart nasionalisme verduidelik.

 Die “The African Liberator” leer swartes om hulself te bevry van die gebondenheid
 aan armoede, bevooroordeeldheid en onregverdigheid. Dit leer hulle om
 selfversorgend te wees en om hulself te help in nie net een essensiële aspek nie
 maar in alles wat bydra tot gelukkigheid en welvaart. Daar is geen vooruitgang vir
 Swartes wat Europeërs na-aap en ons vertel dat hulle die beste binne hul ras
 verteenwoordig nie … Slaaf-mentalitiet hou nog steeds ons mense in boeie en
 hulle glo vas dat hulle slegs kan bestaan as gevolg van die goeie genade van hul
 “Meesters”. Hulle moet eers die goedkeuring van Europeërs kry voordat hulle iets
 noemenswaardig kan doen andersins het hulle geen vertroue in hul werk,
 gedagtegang en idees nie.

                                              [Geneem uit: Making History deur R Deftereos et al]

 BRON 1B

 ŉ Zoeloe-prokureur genaamd Pixley ka Izaka Seme het die SANNC gestig. Hy
 het ŉ konferensie georganiseer en geadresseer op 8 Januarie 1912, die dag toe
 die SANNC gestig was. By die vergadering het hy verklaar:

 Hoofmanne van koninklike bloed en here van ons ras … ons het ontdek dat
 Swartes, in die land van hul geboorte, soos houtkappers en waterdraers
 gehanteer word. Die blankes van hierdie land het wat hulle noem, die Unie van
 Suid-Afrika gevorm − ŉ Unie waar ons geen stem het in die formulering van wette
 nie en waar ons geen deelname in die administrasie het nie. Ons het julle na
 hierdie konferensie ontbied sodat ons gesamentlik planne en maniere kan
 formuleer om ons unie te vorm met die doel om nasionale eenheid te ontwikkel en
 om ons regte en voorregte te beskerm.

                                                       [Geneem uit: Spot On deur B Cloete et al]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)           GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                                   3

 BRON 1C
 Die is ŉ uittreksel vanuit die beleidsverklaring wat op die ANC se jaarlikse
 konferensie van 17 Desember 1949 aangeneem was.

 Die fundamentele beginsels van die Program van Aksie van die ANC is
 geïnspireer deur die begeerte om nasionale vryheid te verkry. Met nasionale
 vryheid bedoel ons vryheid van blanke oorheersing en die verkryging van politieke
 onafhanklikheid. Dit impliseer die verwerping van die konsep van segregasie,
 apartheid, voogdyskap of blanke leierskap wat almal in een of ander manier
 gemotiveer was deur die idee van blanke oorheersing of die oorheersing van
 blankes oor swartes. Soos alle ander mense maak swartmense aanspraak op die
 reg tot selfbeskikking … Om hierdie doelwitte te verwesenlik word die volgende
 Program van Aksie voorgestel …

  Die afskaffing van alle differensiële politieke instellings, die boikot van wat ons
   aanvaar … om die volgende metodes te gebruik: onmiddellike en aktiewe
   boikot, staking, burgerlike ongehoorsaamheid, nie-samewerking en enige
   ander metodes wat die vervulling en die verwesenliking van ons aspirasies kan
   teweegbring.
                          [Geneem uit: Internetbron: anc.org.za. Toegang op 8 Oktober 2014 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                            (EC/NOVEMBER 2015)

 Bron 1D

 Hierdie plakkaat is gepubliseer deur die ANC, wat alle anti-apartheids-
 organisasies uitnooi om deel te neem aan ŉ nasionale dag van protes op 26 Junie
 1950, na die moord op 18 protesteerders gedurende die 1 Mei staking.

                       NASIONALE DAG VAN
                            VERSET
                        MAANDAG, 26 JUNIE, 1950
                               Begin die voluit stryd vir Vryheid
                                   ____________
                  Dr. J.S. Moroko, President-generaal van die
                  African National Congress, ondersteun deur
                 Leiers van die Suid-Afrikaanse Indiërkongres
                en African People’s Organisasie, doen ŉ beroep
    op alle Suid-Afrikaners om NIE WERK TOE TE GAAN OP HIERDIE DAG.

     VERWYDER DIE ONDERDRUKKING VAN KOMMUNISME EN DIE
        GROEPSGEBIEDE WETTE WAT ONS LAND IN ‘N POLISIESTAAT SAL
        VERANDER.
     MOENIE TOELAAT DAT DIE MALAN-REGERING SE
        ONDERDRUKKENDE FASISTIESE MAATREËLS ONS LEWENS
        BEHEER
     VEG VIR VRYHEID – PASWETTE EN POLISIE-KLOPJAGTE MOET
        GAAN! GROND, STEMREG EN MENSWAARDIGE LONE VIR ALMAL

                       Dis beter om alles in die stryd te werp
                       vir VRYHEID as om as ŉ slaaf te leef.

                      Afrikane, Kleurlinge, Indiërs en Europese
                      Demokrate – VRYHEID NIE KNEGSKAP!

                                          [Geneem uit: In Search of History deur J Bottaro et al]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)          GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                               5

 VRAAG 2:       HOE HET DIE SESDAAGSE OORLOG VAN 1967 TOT SPANNING
                IN DIE MIDDE-OOSTE BYGEDRA?

 BRON 2A

 Hierdie uittreksel fokus op die oorsake van die Sesdaagse Oorlog.

 Israel se inval van die Sinai-gebied in 1956 was die tweede groot konflik tussen
 die Arabiere en die Israeliete. Die derde konflik het plaasgevind in 1967 en het as
 die Sesdaagse Oorlog bekend gestaan. Soos in 1956 het die inisiatief weereens
 gekom vanaf Israel, want soos in 1956 het Israel gevrees dat hulle die voordeel
 sal verloor indien hulle nie eerste aanval nie. Die gebeure gedurende die vroeë
 maande van 1967 het daarop aangedui dat die Arabiese state vir ŉ groot aanval
 voorberei het. Siriese magte het hul bombardement van Israelse nedersettings in
 die Golan-hoogtes verskerp. Nasser het sy troepe na die Sinai-grens verskuif en
 die Verenigde Nasies gevra om hul vredesmagte uit beide die Sinai-gebied asook
 die Gaza-strook te verwyder. Soos in 1956, was die Israeliese skeepvaart in die
 Golf van Aqaba versper.

 Israel se reaksie, soos georganiseerd deur sy nuwe minister van verdediging,
 Moshe Dayan, was ŉ reeks blits-aanvalle op al sy vyande. Arabiese vliegvelde
 was verwoes. Israeli magte het terselfdertyd teenoor Egipte, Jordanie en Sirië
 opgemars. Die Egiptenare was reg oor die Sinai-woestyn verdryf tot teenaan die
 oosbank van die Suez-kanaal. Jordanië het die wesbank van die Jordaanrivier
 verloor.   Sirië was uit die Golan-hoogte verdryf.         Verpletterd deur die
 oorweldigende oormag van die Israeli magte, het al drie lande tot ŉ
 wapenstilstand binne ses dae vanaf die oorspronklike Israeliese aanval ingestem.

                                 [Geneem uit: People and Events in the Modern World deur N Tate]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                          (EC/NOVEMBER 2015)

 BRON 2B

 Hierdie kaart dui aan die groot Arabiese gebiede wat deur Israel gedurende die
 1967 oorlog verower was.

                                     [Geneem uit: In Search of History deur J Bottaro et al]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                                 7

 BRON 2C

 Hierdie bron dui die ongevalle syfers van die Arabiese state in vergelyking met
 dié van Israel tydens die 1967 oorlog aan.

 ISRAELIESE                  Egiptiese         Jordaanse            Siriese          TOTAAL
                              Front              Front               Front
 Gedood                        275                299                 115               689
 Gewond                        800               1 457                306              2 563

 ARABIERE
 (beraming)
 Gedood                        10 000              1 000             2 500            13 500
 Gewond                        20 000              2 000             5 000            27 000
                       [Geneem uit: Questions of evidence: The Twenty Century World deur P Mantin]

 BRON 2D

 Hierdie uittreksel handel oor die Israeliese en Palestynse reaksie op die 1967
 oorlog.

 Na die stigting van die Palestynse Bevrydingsorganisasie en onder die leierskap
 van Yasser Arafat, het Palestynse guerrillas/kommando’s/terroriste groepe ŉ
 reeks georganiseerde en toenemende gewelddadige aanvalle op Israel en
 Israeliese teikens regoor die wêreld geloods. Israel het op verskillende maniere
 gereageer, ondermeer hulle eie kommando strooptogte, sluipmoorde op PBO
 leiers en operasies wêreldwyd en somtyds volskaalse binnevalle van naburige
 lande soos Libanon wat aan die PBO hulp en skuiling verleen het.

                       [Geneem uit: http:/www.historyguy.com/Israeli – Palestinian battles.htm]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                           (EC/NOVEMBER 2015)

 VRAAG 3:      HOE HET DIE NASIONALE PARTY SY IDEOLOGIE VAN
               APARTHEID IN SUID-AFRIKA GEÏMPLEMENTEER?

 BRON 3A

 Hierdie uittreksel handel oor ŉ definisie van apartheid, soos uit ŉ ‘Suid Afrikaanse
 Geskiedenis onderwys’ webblad aangepas.

 Volgens die Afrikaanse vertaling, beteken apartheid ‘afsonderlik.’ Die term word
 gebruik om die wetlike rassistiese beleid van die Nasionale Party (NP) tussen
 1948 en (amptelik) 1994 te beskryf. Sy oorsprong kan gevind word in Suid-Afrika
 se vroeë beleid van segregasie. Apartheid het verder as segregasie gegaan deur
 rasse-klassifikasie, verhoudings en skeiding formeel te reguleer. Dit het swartes
 beskou as agterlik en onbeskaafd, en wat apart gehou moes word vanaf wit-
 mense. Die enigste verhouding wat swartmense toegelaat was om met wit-
 mense te hê, was dié waar hulle witmense bedien het. Swartmense was teen
 gediskrimineer in byna elke aspek van die lewe.           Rassistiese wette het
 voorgeskryf waar en hoe hulle kon lewe, reis, werk, skool bywoon, trou en
 sosialiseer.

                                 [Geneem uit: Internetbron: http://www.sahistoryonline.org.za]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)          GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                               9

 BRON 3B

 Hierdie bron bestaan uit ŉ geskrewe en ŉ visuele bron en handel oor die
 implementering van die Groepsgebiedewet in Sophiatown.

 GESKREWE BRON:          Hierdie bron verduidelik die verskillende standpunte
                         oor lewe in Sophiatown.

 Die nie-rassige woonbuurt van Sophiatown was gestroop en vervang met Triomf;
 oorwinning van apartheid. Maar die herinneringe het nooit gesterf nie, en baie
 mense noem die plek nog steeds by sy ou naam.

 Harry Danes (ŉ wit inwoner) 54, het in Hursthill, ŉ naburige woongebied, gewoon.
 Hy het die ontruiming dopgehou en kommentaar gelewer: “Ons het onrus en die
 afbrand van huise gesien, die weermag en polisie moes gereeld die area afbaken
 en hierdie kêrels ŉ les leer.”

 Die herinnering van swart inwoners is verskillend. Hulle onthou duidelik hoe hulle
 “met ‘wapens gedwing was om in die trokke te klim en na Meadowlands verskuif
 was. Hulle onthou ook dat ons gelukkige mense was – “Dit was veilig en lekker in
 Sophiatown.” Hul huise was platgeskraap. Marion Kahn verklaar: “Een vraag
 spook nog steeds by my: Waarom het die regering dit gedoen? Dit was die mees
 hartverskeurende ondervinding gewees.”

                                  [Geneem uit: Sunday Independent, 9 June 1996, Johannesburg]

 VISUELE BRON:         Wys die gedwonge verskuiwing van mense uit
                       Sophiatown

                                                       [Geneem uit Top Class deur P Ellis et al]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                          (EC/NOVEMBER 2015)

BRON 3C

Hierdie uittreksel fokus op sommige van die redes vir die implementering van die
tuisland-beleid.

Die kernpunt van die kwessie was die politieke regte van swartes en die vraag
van demokrasie. Die wit regering wou die wêreld oortuig dat Suid-Afrika ŉ
demokrasie was, waarin almal stemreg gehad het. Hulle het verduidelik dat
swartes die reg sou hê om vir hul eie politieke leiers in hul tuislande te kon stem,
maar sou geen politieke regte in Suid-Afrika hê nie.

Deur swartes in tien verskillende kulturele, politieke en etniese groepe te verdeel,
kon die nasionalistiese regering beweer dat daar geen swart meerderheid in Suid
-Afrika woonagtig was nie.        Deur die etniese identiteite van swartes te
beklemtoon, het die regering gehoop om onmin onder hulle te saai en sodoende
die groei van ŉ verenigde Swart nasionalisme te verhoed wat ŉ bedreiging vir die
apartheid − staat kon wees.

Die tuislande was veronderstel om polities en ekonomies onafhanklik te word. In
werklikheid, was hulle nooit …
                                             [Geneem uit: New Generations deur F Frank et al]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)          GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          11

 BRON 3D

 Hierdie kaart dui die situasie van die tuislande aan en ook die aanbevelings van
 die Tomlinson-kommissie aan.

                                                  [Geneem uit: Spot On deur B Cloete et al]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                    (EC/NOVEMBER 2015)

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse was geneem uit die volgende:

 Bottaro, J. et al. 2012. In Search of History (Oxford University Press)

 Cloete, B. et al. 2012 Spot On (Heinemann)

 Deftereos, R. et al. 2006. Making History (Heinemann publishers)

 Ellis, P. 2012. Top Class (Shuter & Shoorter)

 Frank. F. 2012. New Generations (New Generations Publishers)

 http://www.historyguy.cm/israeli − palestinian battle.htm

 Internetbron: anc.org.za. Toegang op 8 Oktober 2014 verkry.

 Internetbron: http.//www.sahistoryonline.org.za

 Mantin, P. 2012. Questions of evidence: The Twenty Century World

 Sunday Independent newspaper

 Tate, N. 2012. People and Events in the Modern World (Maskew Miller
 Longman)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [HISTORY P2 ADD GR11 NOV2015 (Engl)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr11-nov2015-engl/4982631c-1825-4f64-913e-9a1e4b586231) — History · QP · 2015
- [HISTORY P2 GR11 NOV2015 QP(Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-nov2015-qp-afr/bf504299-6247-446c-b23e-185f34a62eaf) — History · QP · 2015 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 NOV MEMO (Engl)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-nov-memo-engl/1b00aef2-f465-4295-aa38-200c167a233a) — History · Memo · 2015
- [Gr11 hist P1 N15 ADD Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n15-add-afr/3fdd8c3f-b78d-4796-99a3-d6c8f91da556) — History · QP · 2015 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP AFR NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-afr-nov2015/ec077d89-3ebd-4801-8a30-839db747d602) — History · QP · 2015 · Afr
- [HISTORY P2 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov2022-afrikaans/43fc33cf-1230-4b19-b533-ba8a29c8e3a5) — History · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
