# History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr11-nov2018-afr-d/76ddba52-9fd1-426c-bd8b-9f2b36124d12
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr11-nov2018-afr-d/76ddba52-9fd1-426c-bd8b-9f2b36124d12)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

        NASIONALE
    SENIOR SERTIFIKAAT

               GRAAD 11

       NOVEMBER 2018

       GESKIEDENIS V2
         ADDENDUM

              *IHISTA4*

    Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                            (EC/NOVEMBER 2018)

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 VRAAG 1:      HOE WAS AFRIKANER-NASIONALISME IN SUID-AFRIKA GEVESTIG
               TUSSEN 1910 EN 1948?

 BRON 1A

 Hierdie bron verduidelik die Afrikaners se besorgdheid ten opsigte van hul taal.

 Ná 1910 het baie Afrikaanssprekende mense na stedelike sentrums getrek. Daar het hulle
 al hoe meer Engels gepraat en meer geangliseerd geword. Dit het ŉ vrees laat onstaan
 dat die Afrikaanse taal tot niet sou gaan.

 Die leiers van die Afrikaanssprekende gemeenskap was bevrees dat hierdie vinnige en
 wydverspreide verstedeliking Anglisisme van die hele Afrikaanssprekende wit bevolking
 sou meebring. Individue het saamgestaan om vrywillige verenigings in Transvaal, Vrystaat
 en Kaap te vorm ter beywering van die amptelike erkenning van Afrikaans.

 Toegewyde leiers van hierdie taalbeweging was meestal gevind onder die jonger
 generasie Nederlandse Gereformeerde geestelikes, joernaliste en studente. Hierdie taal-
 entoesiaste het probeer om hul huistaal te behou, maar selfs meer, hulle was desperaat
 bekommerd oor die oorlewing van Afrikanerdom.

                      [Vanuit The rise of Afrikanerdom: Power, Apartheid and the Afrikaner Civil Religion]

 BRON 1B

 Hierdie bron verduidelik hoe die Afrikaners druk op die Nasionale Party toegepas het om
 ŉ beleid vir die oplossing van rasseverhoudinge in Suid-Afrika te formaliseer.

 Afrikaners was baie bekommerd oor die toestand van rasseverhoudinge. Byna almal het
 geglo dat die staat meer moes doen om wit oppergesag en die suiwerheid van die wit ras
 te handhaaf. Hulle het verskil oor hoe dit gedoen moes word. Boere en sakemanne wou
 onbelemmerde toegang tot Swart-arbeid hê, gekombineer met streng staatsbeheer oor
 die toekenning en dissipline daarvan. Afrikanerwerkers wou daarenteen groter
 beskerming teen Swart-kompetisie hê – ŉ houding wat geharmoniseer is met die idees
 van intellektuele wat ŉ bloudruk vir ŉ volledige ekonomiese en politieke segregasie wou
 ontwikkel.
                                         [Vanuit Making History Grade 11 deur R. Deftereos et al bl. 228]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          3

 BRON 1C

 Hierdie bron beskryf die nuwe ekonomiese magte onder die Afrikaners in 1939.

 Hierdie groep het erken dat in die era van finansieringskapitalisme en in ŉ land soos Suid-
 Afrika, waar die ekonomiese lewe so oorheers word deur ŉ paar finansiële toelaes, die
 ontwikkeling van die onafhanklike klein en medium ondernemings onderhewig was aan
 ernstige beperkings. Dus, het die enigste manier tot werklike ekonomiese mag en ŉ
 aandeel in die super-winste van die monopolie, gelê in die koördinering van die beperkte
 hulpbronne van die Afrikaner-kapitalistieseklas as ŉ geheel. So ŉ koördinasie van
 ekonomiese hulpbronne is deur die Reddingsdaadbond in ŉ kritieke stadium in die
 historiese ontwikkeling van Afrikaner-kapitalisme verskaf. Onvermydelik, die graad van
 ekonomiese sentralisering wat betrokke was by hierdie beleid het gelei tot die
 konsentrasie van die ekonomiese mag in baie min hande. Die verwerfing van ekonomiese
 hulpbronne het geweldige mag aan die klein minderheid gegee wat effektief in beheer van
 hierdie hulpbronne was.

 Die verspreiding van die chauvinistiese (nougesinde) propaganda van Afrikaner-
 nasionalisme sou na verwagting ŉ toenemende aantal Afrikaners aanlok om hul spaar- en
 surpluskapitaal met Afrikaanse finansiële instellings te belê, om polisse by Afrikaanse
 versekeringsmaatskappye uit te neem, om hul huise deur Afrikaanse bouvereniging te
 bou en om hul inkopies by Afrikaanse winkels te doen.

                                   [Vanuit: www.sahistory online.co.za. Toegang op 05 April verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                       (EC/NOVEMBER 2018)

 BRON 1D

 Hierdie foto wys die stigterslede van die Broederbond.

                            [Vanuit Viva History deur C Dugmore, EA Horner, S Maggs en R McLeod]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          5

 VRAAG 2:       HOE HET DIE SESDAAGSE OORLOG VAN 1967 TOT DIE SPANNING
                IN DIE MIDDE-OOSTE BYGEDRA?

 BRON 2A

 Hierdie bron fokus op die oorsake van die oorlog tussen Israel en sy buurstate.

 Die Verenigde Nasies was nie in staat om die vrede vir ŉ lang tydperk te handhaaf nie. Elf
 jaar na die Suez-oorlog het ŉ ander oorlog uitgebreek. Israel het voortgegaan met die
 opbou van sy gewapende magte deur die aankoop van voorraad vanaf Brittanje, Frankryk,
 die VSA en Wes-Duitsland. Die Arabiese state was deur die USSR voorsien.

 Ten spyte van die teenwoordigheid van die Verenigde Nasies het grensskermutselings
 voortgegaan tussen die Israeli’s en die Palestynse guerrilla groepe. Groepe soos Fatah
 en die Palestynse Bevrydingsorganisasie was ŉ voortdurende probleem vir die Israeliese
 veiligheidsmagte en diegene wat in nedersettings naby die grense gewoon het.

 Teen 1967 het Nasser gevoel dat die Arabiese magte sterk genoeg was om Israel te
 verslaan. In Mei het Nasser die VN-magte beveel om uit Egipte te onttrek en hy het die
 Golf van Aqaba na Israel gesluit en die hawe van Eilat geblokkeer. Daar was ook troepe
 sametrekking naby Israel se grense met Libanon, Sirië en Jordanië (wie se magte
 aangevul is deur Irakse, Saoedi-Arabiese en Algerynse troepe).

                                          [Vanuit The Arab-Israeli Conflict deur T Rea and J Wright]

 BRON 2B

 Hierdie uittreksel fokus op die oorsake van die Sesdaagse Oorlog van 1967 in die
 Midde-Ooste.

 Israel se inval in die Sinai in 1956 was die tweede groot konflik tussen die Arabiere en
 Israeli’s. Die derde het in 1967 plaasgevind en staan as die Sesdaagse Oorlog bekend.
 Soos in 1956 het die inisiatief weereens vanaf Israel gekom, maar soos in 1956 het Israel
 weereens gevrees dat indien hulle nie eerste sou aanval nie, hulle die voordeel sou
 verloor. Gebeurtenisse gedurende die vroeë maande van 1967 het daarop gedui dat die
 Arabiese state gereed gemaak het vir ŉ groot aanval. Siriese magte het hul bombardering
 van Israeliese nedersettings op die Golan-Hoogtes verhoog. Nasser het troepe na die
 grens van Sinai opgeskuif en gevra dat die VN sy vredesmagte vanaf beide die Sinai en
 die Gazastrook verwyder. Soos in 1956, was die Israeliese skeepsvervoer in die Golf van
 Aqaba belemmer.

 Israel se reaksie, georganiseer deur sy nuwe minister van verdediging, Moshe Dayan,
 was ŉ reeks blitsaanvalle op al sy vyande. Arabiese vliegvelde is vernietig. Israelse magte
 het gelyktydig opgemars teen Egipte, Jordanië en Sirië. Die Egiptenare was reguit oor die
 Sinai-woestyn tot by die oostelike oewer van die Suez-kanaal verdryf. Jordanië het die
 westelike oewer van die Jordaanrivier verloor. Sirië was uit die Golan-Hoogtes verdryf.
 Verstrooi deur die oorweldigende meerderwaardigheid van die Israeliese magte, het al
 drie lande ingestem op ’n skietstaking binne ses dae na die oorspronklike Israeliese
 aanval.
                                              [Uit: N Tate, People and Events in the Modern World]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                          (EC/NOVEMBER 2018)

 BRON 2C

 Hierdie bron beeld Egiptiese gevangenes en Israeliese soldate in die Sinai uit tydens die
 Sesdaagse Oorlog in Junie 1967.

                                    [Vanuit Fondation Gilles CARON/Gamma-Rapho via Getty Images]

 BRON 2D

 Die is ŉ uittreksel vanuit Resolusie 242 van die Veiligheidsraad van die Verenigde
 Nasies, op 22 November 1967.

 Na aanleiding van die Sesdaagse oorlog van Junie ’67, was die situasie van die Midde-
 Ooste bespreek deur die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies, wat die saak
 na die Veiligheidsraad verwys het. Na ŉ lang bespreking was ŉ finale konsep vir ŉ
 resolusie van die Veiligheidsraad deur die Britse ambassadeur Lord Caradon, op 22
 November 1967 aangebied. Dit was op dieselfde dag aanvaar.

 Resolusie 242 vestig drie beginsels oor die territoriale aspek van die vredesproses:

 1)    Israel kan die gebiede beset en administreer wat dit gedurende die Sesdaagse
       Oorlog beset het totdat die Arabiere vrede maak
 2)    Wanneer vredesooreenkomste bereik word, moet hulle ‘veilige en erkende grense’
       uitbeeld waaraan Israel sou onttrek
 3)    Die grense kan verskil van die wapenstilstand-grense van 1949.
 4)    Daarbenewens het dit ŉ beroep op Israel gedoen om te kyk na ŉ regverdige
       oplossing van die ‘vlugtelingprobleem’.

            [Vanuit: http://www.sixdaywar.org/comtent/242drafters.asp. Toegang op 5 April 2018 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                             7

 VRAAG 3:       HOE HET DIE BANTOE-ONDERWYSWET VAN 1953 DIE LEWENS VAN
                SWART STUDENTE IN SUID-AFRIKA IN DIE 1950’s VERANDER?

 BRON 3A

 Hierdie bron handel oor die geboorte van ‘Bantoe-onderwys’ deur die Nasionale Party
 regering.

 Hendrik Verwoerd, die nuut aangestelde Minister van Naturellesake, het die volgende
 stappe geneem ...

 Die eerste stap van sy Bantoe-onderwyswet was om die beheer van Swart-onderwys
 vanaf die provinsies te verwyder na sy eie department. Dan, deur die vermindering van
 staatshulp aan die sendingskole, het hy die meeste van hulle in die staatsisteem gedwing.

 Sy departement het ook verantwoordelikheid aanvaar vir die indiensneming en opleiding
 van Swart-onderwysers. Verwoerd het gesê: ‘Die Bantoe-onderwyser bedien die Bantoe-
 gemeenskap en sy salaris moet dienooreenkomstig vasgestel word.’ Dus het ŉ Swart
 onderwyser in 1953 net meer as 2 pond per week verdien wat verhoog is na 7 pond na
 13 jaar. Die gevolg was ŉ dramatiese daling in die aantal leerling-onderwysers.

 Verwoerd het verduidelik dat Swartes deur verskillende standaarde gemeet moes word:
 ‘Die skool het hy gesê,’ moet die Bantoe toerus om te voldoen aan die eise wat die
 ekonomiese lewe aan hom sou oplê’.

                              [Vanuit Illustrated History of South Africa, Readers Digest, derde uitgawe]

 BRON 3B

 Die onderstaande uittreksel deur R. Mulholland Suid-Afrika 1948-1994, is aangepas en
 handel oor die waarde van die werk wat deur sendingskole gedoen was.

 Geen beleid van vrye en verpligte onderwys vir alle kinders het voor apartheid in Suid-
 Afrika bestaan nie. Dit het beteken dat die werk van die sendingskole selfs meer
 belangriker was en hulle het baie goeie gegradueerdes (insluitend Nelson Mandela en
 Oliver Tambo) geproduseer. Hierdie skole het gereeld hul eie onderwysers opgelei en is
 nie deur die regering gereguleer (beheer) nie. Hulle het liberale waardes geleer
 (gelykheid, demokrasie, regverdigheid) en alle lesse was in Engels.

 Die vraag na plekke by hierdie skole het die getal beskikbare plekke oorskry. In 1953 het
 Verwoerd, die Minister van Onderwys, die Wet op Bantoe-onderwys ingestel. Kragtens
 hierdie Wet moes alle kinders in hul ‘huistaal’ tot die agtste jaar van die skool geleer word.
 Swart kinders het ŉ ander leerplan ontvang as dit wat in wit skole geleer was, en alle
 skole, insluitend sendingskole, moes deur die regering voortgesit word.

                                          [Vanuit R. Mulholland, South Africa, 1948–1994, 1997, bl. 67]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                          (EC/NOVEMBER 2018)

 BRON 3C

 Hierdie Wet op die Uitbreiding van Universiteite van 1959 het dit ŉ kriminele oortreding
 gemaak vir nie-blanke studente om by ŉ universiteit wat op daardie stadium ‘oop’ was,
 sonder skriftelike toestemming van die Minister in Interne Sake te registreer..

 Dit het ook “voorsiening gemaak vir die vestiging van ŉ reeks nuwe etnies-gebaseerde
 instellings vir Swartes, tesame met aparte universiteite vir Kleurlinge en Indiërs”
 (Christopher 1994:152) "Die Afrikaans-medium universiteite – Potchefstroom, Pretoria,
 Oranje-Vrystaat en (nadat Afrikaans ŉ gevestigde taal geword het) Stellenbosch – het
 vanaf hul grondslag toegang tot blankes, beperk. Van die Engels-medium universiteite
 was Rhodes heeltemal wit en Fort Hare was in die praktyk nie-blanke, die oorblywende
 drie, alhoewel dit meer oop was, was glad nie veelrassig nie. Natal het nie-blankes
 toegelaat, maar het sy klasse volgens rasse gesegregeer. Kaapstad en Witwatersrand
 het studente toegelaat tot kursusse sonder inagneming van ras, maar het ŉ streng
 kleurskeidslyn in sosiale en sportgebeurtenisse gehandhaaf”. Nuwe universiteite is in
 Bellville in die Wes-Kaap vir Kleurlinge, Ngoye in Zoeloeland vir Zoeloes, Durban in Natal
 vir Indiërs, Turfloop in Transvaal vir die Sotho-Tswana-bevolking, terwyl Fort Hare
 (voorheen Lovedale Mission College) beperk vir Xhosas was.

                [Vanuit nelson mandela.org/O’Malley/index.php/site/q/. Toegang op 05 April 2018 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          9

 BRON 3D

 Hierdie bron toon hoe ongelyke onderwys by laerskole toegepas was op ŉ vroeë
 ouderdom vanaf laer primêre tot hoërskole.

   [Vanuit https://hubpages.com/education/The-Miseducation-of-Africans-savage-Inequalities-in-Four-Part-
                                                            Harmony. Toegang op 05 April 2018 verkry]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                   (EC/NOVEMBER 2018)

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

 Baard and Schreiner, My Spirit is Not Banned, Part 2

 https://en.org/Suez_Crisis

 http://sahistory.org.za

 Grundlingh A., Book 4: Industrialisation, Rural Change and Nationalism commissioned
 by The Department of Education

 Deftereos R, et al, Making History Grade 11

 Mantin. P, Questions of evidence: The Twenty Century World

 Mcmahon. P, Learning series

 Meredith, M, The State of Africa – A History of fifty years of independence

 Phillips, I, South Africa

 Sauvain Philip, The Modern World 1914–1918

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-nov2018-eng-d/f441b477-a3c4-4d44-95e4-483da1702dd6) — History · QP · 2018 · Eng
- [HISTORY P2 GR11 QP NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-nov2018-afr-d/c21b410e-3dc2-4183-baf6-7516743a732a) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/778cdf0b-5646-4949-aaad-8a3458592e12) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 QP NOV2018 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-nov2018-english/483e1bc0-928b-48b9-a3df-3b62fa1306fe) — History · QP · 2018 · Eng
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2018 Af D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2018-af-d/870d16ad-1220-4c75-9824-853788e5010f) — History · QP · 2018
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6cb39e74-871f-48a8-83aa-8ed2daee8cf7) — History · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
