# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr12-sept2014-afr/eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr12-sept2014-afr/eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

        NASIONALE
    SENIOR SERTIFIKAAT

            GRAAD 12

      SEPTEMBER 2014

       GESKIEDENIS V2
         ADDENDUM

                *HISTA4*

   Hierdie addendum bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                               (SEPTEMBER 2014)

AFDELING A: BRONGEBASEERDE-VRAE

VRAAG 1:      WATTER ROL HET STEVE BIKO IN SUID-AFRIKA SE
              BEVRYDINGSTRYD GEDURENDE DIE 1970’s GESPEEL?

BRON 1A

Hierdie uittreksel fokus op die groei van filosofie van die SwartBewussynsbeweging
(SB).

Die bejaardes het byna van die dapper leiers vergeet wie in die gevangenis was of
na die buiteland verban was. Die jonger geslag het nog nooit van hierdie leiers te
hore gekom nie – of hulle ooit gesien nie. Die Swartbewussynsbeweging het die
politieke leemte gevul wat in Suid-Afrika gelaat is toe die regering alle vorme van
teenkanting teen apartheid onderdruk het, deur die ANC en die PAK in die 1960’s
te verban. Vanaf 1972, met die totstandkoming van die Swartmense se Konvensie
BPC, het die organisasie moeite gedoen om weg te beweeg vanaf hul noue
studente basis. Swartmense – werkers, studente, onderwysers en die werkloses –
het almal in die saal vergader om na die stemme van die Swart-
Bewussynsbeweging te luister. By hierdie vergadering, gereël deur die BPC, was
Biko en ander SB-sprekers met liedere en ŉ gejuig verwelkom. ŉ Wonderlike
gevoel van trotsheid het die saal op hierdie dag gevul. Die stryd het weer begin.
Tussen die toesprake het die gebou gedreun met applous en ŉ geskree van
“Amandla … Amandla …” Biko was die laaste spreker. Hy het sy toespraak
afgerond met die volgende woorde: “Ons word onderdruk, nie as individue nie, nie
as Zoeloes, Xhosas, Vendas of Indiërs nie. Ons word onderdruk omdat ons swart
is. Ons moet onsself verenig en reageer as ŉ sterk mag.”

                                       [Uit: They Fought For Freedom: Steve Biko deur L. Price]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                            3

 BRON 1B

 Hierdie bron beskryf Biko se poging om swart Suid-Afrikaners op te hef.

 Die Swartbewussynsbeweging het gepoog om werkers te mobiliseer. Die Suid-
 Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) en die Swart Ouerskomitee is gevorm
 om die boodskap by skole te versprei. Swart gemeenskapsprogramme, self-help
 programme was in landelike gebiede gestig om ŉ verbintenis te kry van
 “solidariteit (eenheid) in aksie” tussen die stedelike intellektueles en die armes in
 die landelike gebiede. Soos dr. Mamphela Ramphele dit in haar outobiografie
 beskryf hoe sy, Biko en ander kamerade klinieke in landelike gebiede opgerig het
 wat tuisnywerhede en gemeenskapsgesondheid sou bevorder. In 1975 het hy ŉ
 leidende rol gespeel in die stigting van die Zimele Trust en die Ginsberg
 Opvoedkundige Trust. Zimele beteken, “staan op jou eie.” Kerk en oorsese
 organisasies wat teen apartheid in Suid-Afrika gekant was, het hierdie trusts
 befonds.

 Tydens die 1970’s het die Swartbewussynsbeweging ŉ toename in meer politieke
 aktiwiteite beleef. Dit het beteken dat menige mense in hegtenis geneem was
 deur die regering. Menige van hierdie mense was moeders en vaders met
 families.    Die Zimele Trust het na hierdie families omgesien terwyl die
 broodwinners in die gevangenis was. Die Ginsberg Trust het finansiële hulp aan
 swaart studente gebied. In 1975 was Biko onder menige jong swart aktiviste wat
 in aanhouding was. Na sy vrylating is meer beperkinge op hom geplaas en hy
 was     verbied     om    enigsins   betrokke   te  wees     by    die   Swart
 gemeenskapsprogramme. In 1977 is Biko deur die sekuriteitspolisie vermoor.

                                                       [Uit: Africa Since 1990 deur Y N Seleti]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                           (SEPTEMBER 2014)

 BRON 1C

 Hierdie bron bestaan uit ŉ geskrewe en visuele bron. Dit bring hulde aan Biko vir
 sy bydra tot die bevryding van Suid-Afrika.

 GESKREWE BRON: MANDELA SE HULDEBLYK AAN BIKO.

 Lewend, was hy die vonk wat ŉ veldbrand regoor Suid-Afrika laat opvlam het. Sy
 boodskap aan die jeug en studente was eenvoudig en duidelik: “Swart is Mooi:
 Wees trots op jou swartheid” en met hierdie het hy die jeug aangemoedig om die
 gevoel van minderwaardigheid te verwerp waarin hulle gebore is as gevolg van
 meer as drie eeue van blanke oorheersing. Laat geld jouself en wees self-
 onderhoudend. Ons weet vandag dat wanneer, in die lewe van ŉ nasie, die tyd
 aangebreek het vir ŉ idee, niks, nie eens moord hierdie idee kan doodmaak nie.
 Hy was gefokus op hoe om ons mense tot aksie te kry en hoe ons vryheid kan
 verwerf. Of sy dood veroorsaak was deur ŉ ongelukkige hou of nie, hulle moes
 hom doodmaak om die lewe van apartheid te verleng. Die idee van ŉ band
 tussen die ANC en die Swartbewussynbeweging was ondenkbaar vir die
 apartheidsregering. As ŉ dapper leier het Biko gehelp om ŉ demokratiese Suid-
 Afrika te vorm.

                                                     [Uit: Biko: A Biography deur X. Mangcu]

 VISUELE BRON:        Die volgende plakkaat was geskep as ŉ huldeblyk aan Biko
                      na sy dood in 1977.

                                                          [Uit: Steve Biko: deur M. Westcott]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                               5

 VRAAG 2:          TOT WATTER MATE WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGS-
                   KOMMISSIE SUKSESVOL OM MET SUID-AFRIKA SE
                   VERDEELDE VERLEDE TE DEEL?

 BRON 2A

 Hierdie uittreksel verduidelik die redes vir die ontstaan van die WVK.

 Na hul oorwinning in die 1994-verkiesing, het die ANC ŉ reusetaak gehad om ŉ
 ware nie-rassige demokratiese Suid-Afrika te bou, sonder om die verlede te
 vergeet. Soos Mandela dit beskryf het, was daar niks so boos soos apartheid wat
 wêreldwyd veroordeel was nie; en daarom was dit noodsaaklik om ŉ manier te kry
 om die oortreders van die apartheidstelsel te vergewe sonder om die misdade wat
 teen menslikheid gepleeg was te vergeet. Die ANC se oplossing om te “vergewe
 sonder om te vergeet” het gelei tot die ontstaan van die Waarheids-en-
 Versoeningskommissie (WVK) in 1996.

 Die doelwitte van die WVK was om sover moontlik ŉ geheelbeeld van die
 oorsake, aard en omvang van grootskaalse menseregteskending te kry. Dit moes
 ook die kwessie van amnestie fasiliteer aan persone wie die volle waarheid onthul
 het van die misdade wat hulle gepleeg het. Die WVK was ook die taak opgelê om
 die noodlot van slagoffers bekend te maak en om hul menslike en burgerlike
 menswees te herstel, deur aan hulle die geleentheid te bied om hul stories te
 vertel, reparasie-maatreëls aan te beveel en kompensasie (vergoeding) te
 voorsien. Die WVK moes ook aanbevelings maak oor hoe om ŉ politieke kultuur
 in Suid-Afrika te skep wat respek van menseregte aan alle burgers waarborg.

                                       [Uit: South Africa’s Transition to Democracy deur S. Shaw]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                    (SEPTEMBER 2014)

 BRON 2B

 Die volgende bron bestaan uit twee uittreksels wat fokus op die verskillende
 standpunte en gevoelens rakende die kwessie van amnestie.

 STANDPUNT 1: Hierdie bron handel oor Phillip (ŉ oortreder), wat getuienis
              gelewer het en amnestie ontvang het.

 Phillip (ŉ agent van apartheid) het vir amnestie aansoek gedoen nadat hy ŉ bom
 ontplof het wat talle mense se dood veroorsaak het. By sy amnestie-verhoor, was
 die families van die slagoffers die geleentheid gebied om te sê hoe die
 bomontploffings hul lewens geaffekteer het. Phillip het hierna sy weergawe van
 die bomontploffings gegee. In reaksie op sy onthulling, het sy familie aangevoer
 dat hulle skaam voel oor wat hy gedoen het, en daartoe gelei het dat sy vrou hom
 geskei het. Phillip het om verskoning gevra vir sy aksies, en dit was deur die
 slagoffers se families aanvaar. Hy het amnestie gekry. Die families van die
 slagoffers het vergoeding vanaf die regering vir die verlies van hul geliefdes
 gekry.

                                                             [Uit :Overcoming Apartheid deur J.L. Gibson]

 STANDPUNT 2: Hierdie uittreksel handel oor slagoffers wat gekant was
              teen amnestie.

 Dit is waar dat daar slagoffers was wat die idee van rekonsiliasie en amnestie
 verwerp het, en op strafbare geregtigheid aangedring het en dat oortreders vir hul
 apartheidsera-misdade gestraf moes word. Onder sulkes was die Mxenges, die
 Seremanes en sommige van die vroue van die Khulumani-groep. Sommige het
 hul houding geregverdig deur aan te dring dat hulle dit nie in hulself kon vind om
 te rekonsilieer met diegene wat nie die volle detail van hul misdade wou onthul
 nie, diegene wat geweier het om hul getuienis te gee en diegene wat geen
 jammerte getoon het nie. Sommige het aangevoer dat hulle nie gerekonsilieer
 kon word met oortreders van menseregte wat voor die WVK verskyn het, omdat
 hul getuienis oorlaai was met leuens, ontkenning en vaagheid.

             [Uit: After the TRC: Reflections on Truth and Reconciliation in South Africa deur D. Ntsebeza]

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)           GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          7

 BRON 2C

 Hierdie spotprent fokus op P.W. Botha se onwilligheid om voor die WVK te
 verskyn in 1996.

                                                   [Uit: The Madiba Years deur J. Shapiro]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                     (SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 3:      WATTER IMPAK HET GLOBALISASIE OP AFRIKA NA 1989
               GEHAD?

 BRON 3A

 Hierdie bron bestaan uit ŉ geskrewe en ŉ visuele bron. Dit handel oor die
 oorsake en gevolge van globalisasie.

 GESKREWE BRON:          Hierdie uittreksel beskryf die groei van internasionale
                         korporasies in die laat twintigste eeu.

 ŉ Belangrike oorsaak van globalisasie is die groei van groot maatskappye op
 soek na ekonomieë van skaal. Dit is wanneer ŉ maatskappy goedere goedkoper
 produseer deur in grootmaat te produseer (massa-produksie). Ekonomieë van
 skaal beteken dat groter maatspappye meer winsgewend as kleiner maatskappye
 kan wees. Hierdie maatskappye is so groot dat hulle nie net in een land geleë is
 nie. In die 1960’s was hierdie korporasies verantwoordelik vir omtrent 17% van
 die wêreldhandel. Maar onlangs het hierdie syfer vinnig toegeneem. Ongeveer
 200 transnasionale korporasies beheer nou 32% van wêreldhandel.

                                                            [Uit: Global Concerns deur H. Collins]

 VISUELE BRON:        Hierdie plakaat op verwys na die mag wat multi-nasionale
                      korporasies in Amerika gehad en ook die wêreld. Die sterre
                      op die Amerikaanse vlag is nou vervang met logo’s van die
                      multi-nasionale maatskappye.

                           [Uit: In Search of History deur J. Bottaro et al, Adbuster Media Foundation]

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                                9

BRON 3B

Hierdie uittreksel verduidelik hoe die VSA die enigste supermoondheid in die
nuwe globale wêreldorde geword het. Dit het daartoe gelei dat Derdewêreldlande
gedwing was om kapitalisme aan te neem.

Alhoewel die einde van die Koue Oorlog beteken het dat Afrika vry van die druk
en eise van ŉ bipolêre wêreld was, was die vermoë van die nuwe state om hul
ekonomieë te ontwikkel geaffekteer deur die onttrekking van Sowjet-hulp. Die
onttrekking van die Sowjetunie en die ineenstorting van kommunisme het die
nuwe wêreldorde ingelei, met die VSA as die enigste supermoondheid en
kapitalisme as die enigste suksesvolle model vir die ontwikkeling van
Derdewêreldlande.

Die druk en eise vir ontwikkeling op die Afrika-kontinent het Afrika-leiers
genoodsaak om ontwikkelings na die Weste te keer vir die ontwikkelingshulp. Die
Weste het die geleentheid aangegryp om hulp te koppel aan eise vir politieke
hervorming.

                                                 [Uit: In Search of History deur J. Bottaro et al]

BRON 3C

Hierdie uittreksel verduidelik die invloed en mag wat multi-nasionale organisasies
op die wêreld het.

Alle state vind dit moeilik om ŉ organisasie te beheer wat vele takke het; buite hul
grense geleë is en wat nie aan hul wette onderhewig is nie. As die multi-
nasionaal ŉ belangrike belegger en werkgewer is, bestaan die moontlikheid dat
hy sy werksaamhede sal onttrek en na ŉ ander land verskuif; wat ŉ bron van
kommer vir enige regering is. Dis om hierdie rede dat sommige regerings die
belasting op multi-nasionale se winste sal verlaag en arbeidswette verslap sodat
dit makliker vir die multi-nasionale sal wees om hul werksmag te beheer. ŉ Ander
manier om die situasie te interpreteer is om die Westerse regerings en die
multinasionale as bondgenote te sien, wat dieselfde doelwit in die
globalisasieprojek nastreef.

Ten spyte van hul veronderstelde gebrek aan nasionaliteit is die meeste multi-
nasionale se hoofkwartiere geleë in die magtige ekonomiese lande (veral die
VSA, Duitsland en Japan). Nog ŉ beweerde gevolg van globalisasie is dat state
beheer oor die toekoms van hul eie state verloor. Kapitaal, goedere, dienste en
tegnologie vloei nou onbeheerd en in groot hoeveelhede oor grense, en verskuif
na verskillende dele van die wêreld. Dit verminder ŉ staat se beheer oor
ekonomiese aktiwiteite binne sy grense en stel hom nie in staat om die waarde sy
geldeenheid te bepaal nie.

                                            [Uit: Globalisation: Ethical Debates deur N. Harris]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                           (SEPTEMBER 2014)

BRON 3D

Hierdie spotprent verwys na die BRICS-beraad wat in 2012 in New Delhi gehou
was en na Suid-Afrika verwys as ŉ “BRIQUETTE” (baksteentjie).

                                            [Uit: Sunday Times 1 April 2012 deur Zapiro]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                   11

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Bottaro, J. et al, 2013. In Search of History (Oxford University Press)

Collins, H. 2003. Global Concerns (Londen)

Gibson, J.L. 2004. Overcoming Apartheid (Russell Sage Foundation)

Harris, N. 2007. Globalisation: Ethical Debates (Wayland Publishers)

Mangcu, X. 2012. Biko: A Biography (Tafelberg)

Ntsebeza, D. 2000. After the TRC: Reflections on Truth and Reconciliation in
South Africa (David Philip Publishers)

Price, L. 1992. They fought for freedom: Steve Biko (Maskew Miller and
Longman)

Seleti, Y.N. 2004. Africa since 1990 (New Africa Education)

Shapiro, J. 1996. The Madiba Years (Cape Town)

Shaw, S. 2001. South Africa’s Transition to Democracy: An African Success
Story (Design Press)

Westcott, M. 1996. Steve Biko (Sached Books)

Zapiro, Sunday Times, 1 April 2012

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [HIST P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/3296a2b9-b5f3-4845-9366-f96f2839b363) — History · QP · 2014 · Afr
- [History P2 (HG) (English) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-hg-english-june-2014-qp/50718c3c-2599-4d0c-91fe-dbc300d11e58) — History · QP · 2014 · Eng
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng
- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng
- [HIST P2 S12 QP Eng(Add)](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-s12-qp-eng-add/10436d74-809f-4784-abf1-aa645bca6c60) — History · QP · 2012 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
