# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-adden-gr12-sept2021-afr-d/ced27108-35ec-4efd-af48-18386a26a390
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-adden-gr12-sept2021-afr-d/ced27108-35ec-4efd-af48-18386a26a390)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021. Addendum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE
     SENIOR SERTIFIKAAT

          GRAAD 12

     SEPTEMBER 2021

      GESKIEDENIS V2
        ADDENDUM

    Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 1:       WAT WAS DIE UITDAGINGS WAT DIE SUID-AFRIKAANSE REGERING
               GEDURENDE DIE 1980’s IN DIE GESIG GESTAAR HET?

BRON 1A

Die bron hieronder verduidelik waarom daar toenemende (stygende) weerstand teen
apartheid in die 1980’s was.

Na die Soweto-opstande van 1976, het die Suid-Afrikaanse regering, wat gelei was deur
P.W. Botha, veranderinge ingestel wat hulle beweer het hervormings (verbeteringe) was,
wat die ‘Totale Strategie’ genoem was. Botha het ook die sterkte van ŉ verenigde swart
weerstand besef. Die Nasionale Party (NP) regering het aanvanklik die ‘verdeel om te
regeer’-benadering gebruik deur die bevolking in etniese groepe (bv. Xhosa, Zoeloe,
ens.) te verdeel en deur elke groep verskillend te behandel. Die verdeling egter, was
besig om te misluk en die weerstand teen apartheid het meer en meer verenig geword.
Die regering het daarom probeer om nuwe maniere te vind om die bevolking te verdeel.
Sy strategie was om ŉ klein groep swartmense, wat hulle versigtig uitgekies het en
waarvan hulle die getalle beheer het, in die middelklas toe te laat. Die gedagte was dat,
deur ŉ ryker swart middelklas te skep, wat apartheid en die regering sou ondersteun,
want hulle het nou nodig gehad om apartheid te behou om hulle bevoorregte (hoë)
posisies te behou, sou swart weerstand minder word. In 1982 het P.W. Botha se regering
die Stedelike Bantoe-Owerhede Wet deurgevoer, wat ŉ poging was om meer swart mag
aan plaaslike munisipale amptenare (raadslede) in die swart woongebiede (lokasies) te
gee.

Die regering het ook probeer om die gaping tussen Kleurling, Indiër en Afrikaaners
(swartmense) meer te definieer. Dit was gedoen deur die nuwe grondwet wat die NP in
1983 bekendgestel het. Die grondwet het ŉ nuwe parlementêre stelsel geskep, genoem
die Driekamer-parlement. Botha se regering het voorgestel dat politieke mag in Suid-
Afrika gedeel moes word onder die Wittes, Kleurlinge en Indiërs, met aparte kamers in
die parlement wat vir elke rassegroep vasgestel was. Die nuwe grondwet wat in werking
getree het in 1984, bestaande uit ŉ eenhonderd agt-en-sewentig (178) lid (slegs wit)
Volksraad, ŉ vyf-en-tagtig (85) lid (Kleurlinge) Huis van Verteenwoordigers en ŉ vyf-en-
veertig (45) lid (Indiër) Huis van Afgevaardigdes. Voorsittend oor die drie huise was die
staatspresident. Die NP het ook ander vorme van hervorming ten opsigte van apartheid
ingestel. Spesifieke apartheidswette was verslap of verwyder, soos die Wet op Aparte
Geriewe en sommige van hulle (die wette) aangaande die instromingsbeheer van
swartmense na stede in Suid-Afrika en werkreservering (om werk vir iemand uit te hou)
vir wittes.
          [Uit www.sahistory.org.za>article>apartheid-era-1980’s. Toegang op 12 Februarie 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)         GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                        3

BRON 1B

Hierdie spotprent hieronder toon die skepping van die Driekamer-parlement deur die
nuwe grondwet van 1983.

                                  [Uit sahistory.org.za. Toegang op 12 Februarie 2021 verkry.]

                                                         Driekamer-Parlement
                                                         Nuwe 3-kamer
   Grondwetlike planne                                   parlementêre woning
                                                         Heunis en Botha
                                                         Argitekte

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2021)

BRON 1C

Die bron hieronder beskryf die reaksie van die United Democratic Front (UDF) teen die
hervormings wat deur die apartheidsregering in die 1980’s ingestel was.

Een van die redes waarom die 1980’s so gewelddadig geword het en Suid-Afrika
beweeg het na verandering was omdat die opposisie (teenstand) teen apartheid verenig
geraak het. Daar was massa-aksie vanaf die mense, en alhoewel hulle almal deel was
van verskillende gemeenskappe, het hulle saam gewerk vir dieselfde doel. ŉ Baie
belangrike organisasie gedurende die 1980’s was die United Democratic Front (UDF).
Dit was gestig in reaksie tot ŉ oproep van dr. Allan Boesak by ŉ vergadering van die
Transvaal Anti-Suid-Afrikaanse Indiese Raadskongres. Hy het voorgestel dat alle
opposisie teen die 1983-grondwet verenig moes wees, of soos hy dit gestel het: “die
politiek van weiering het ŉ verenigde front nodig”.

Die UDF was nasionaal geloods (stigting) by ŉ vergadering in Mitchell’s Plain op
20 Augustus 1983. Dit het bestaan uit honderde vroue, studente, kerke, vakbonde,
kulturele, sport en ander groepe. By die stigting het dr. Allan Boesak in sy toespraak
verklaar, “Ons wil ons regte hê, ons wil dit hier hê en ons wil dit nou hê.” In die periode
vanaf 1983 tot 1989 het die UDF homself gevestig as een van die mees prominentste
(belangrikste) politieke bewegings in Suid-Afrika met meer as 600 geaffilieerde
organisasies. Hulle het op ŉ slagspreuk en ŉ kenteken (wapen) besluit, ‘UDF Verenig,
Apartheid Verdeel.’ Die UDF was baie suksesvol in hul aanvanklike veldtog, ‘Moenie
Stem’ veldtog vir die Driekamer-parlement, en kiesers se opkoms by die verkiesing was
baie laag. In Januarie 1984 het dit die ‘Miljoen Handtekeninge Veldtog’ teen apartheid
geloods (ingestel). Na sy stigting, het die UDF verklaar dat dit ŉ ware demokrasie wil
instel waar alle Suid-Afrikaners kon deelneem en ŉ enkele, nie-rassige, onverdeelde
Suid-Afrika wil skep.

      [Uit www.globalsecurity.org>world>war>south-africa5.htm. Toegang op 12 Februarie 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                         5

BRON 1D

Hierdie bron verduidelik die huurboikotte wat die burgerlike samelewing in 1986 in die
swart woongebied (lokasie) Mamelodi begin het.

Bewyse dat politieke bewustheid in die swart woongebiede (lokasies) meer aanvallend
(agressief) geword het, het begin verskyn gedurende 1986 toe die huurboikot na 54 swart
woongebiede landwyd versprei het. Dit het omtrent 300 000 huishoudings betrek en het
die staat (regering) omtrent R40 miljoen per maand gekos. Die huurboikotte was in
reaksie teen beide ekonomiese en politieke griewe (ongelukkighede). Ekonomiese griewe
het die vlak en kwaliteit van stedelike bestaan (oorlewing) ingesluit: dalende werklike lone
soos inflasie die koste van basiese voedsel en vervoer met 20% verhoog het,
oorbevolking met ŉ nasionale gemiddeld van 12 mense per huishouding, massiewe
behuisingstekorte, stygende huur en diensgeld (soms met 100%) en groeiende
werkloosheid.

Politieke griewe (ongelukkigheid) was verbind met die staat se mislukking om swart
mense in die algemeen politieke regte te gee en die aanhoudende onvoldoende en
onwettigheid van die swart plaaslike munisipale owerhede in die besonder. Daarom het
inwoners regeringsgeboue aangeval en afgebrand en het gepoog om alle elemente van
die apartheids-administrasie te vernietig. Verskeie aanvalle was op die huise van swart
polisiemanne en raadslede gemaak.

ŉ Augustus 1986 UDF-inligtingspamflet het uitgewys dat huur nie betaal was nie omdat
‘mense dit eenvoudig nie kon bekostig nie. Die huurboikot is … deel van ŉ poging om
apartheid onwerkbaar te maak’. Die huurboikot verswak die strukture van die regering en
demonstreer dat daar nie belasting betaal kon word sonder verteenwoordiging nie.
Anders as verbruikersboikotte, wat gemik was om druk op die staat uit te oefen deur
middel van die middelklas wit kommersiële belange, het huurboikotte die staat direk
uitgedaag. President Botha het veiligheidswetgewing geaktiveer om hierdie krisisse aan
te spreek. In middel 1985 het hy die eerste in ŉ reeks noodtoestande opgelê in verskeie
dele van Suid-Afrika waar daar onrus was.
        [Uit https://markswilling.co.za/wp-content/uploads/2015/10/ UNITED- DEMOCRATIC-FRONT-AND-
                                             TOWNSHIP-REVOLT.pdf. Toegang 12 Februarie 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                      (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 2:      HET   DIE    AMNESTIE-PROSES VAN   DIE WAARHEIDS-EN-
              VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) AFSLUITING AAN DIE FAMILIE
              VAN DR. NEIL AGGETT GEGEE?

BRON 2A

Die onderstaande bron verduidelik die rol van dr. Neil Aggett in die arbeidsbeweging
gespeel het en die omstandighede wat tot sy dood gelei het.

Neil Aggett was die eerste blanke Suid-Afrikaner wat in aanhouding gesterf het. Aggett is
in Kenia gebore waarna sy ouers in 1964 na Suid-Afrika verhuis het. Aggett het homself
as ŉ mediese dokter gekwalifiseer. Sy vakleerlingskap by die Mthatha Algemene
hospitaal en Tembisa, wat in arm ‘swart areas’ geleë was, het tot sy maatskaplike
bewustheid bygedra. Hy het uiterste armoede en siektes onder die swart werkers in die
oorbevolkte, swak toegeruste hospitale aanskou. Dit het gelei tot sy betrokkenheid in
vakbonde waar hy bekendheid verwerf het vir sy rol wat hy gespeel het om die lot van
werkers in die African Food and Canning Werkersunie te beveg.

As gevolg van sy betrokkenheid in die arbeidsbeweging was Aggett in hegtenis geneem
onder die Terrorisme Wet. Hy was na die John Vorster-plein geneem waar hy telkemale
ondervra, geslaan en gemartel was deur offisiere van die Spesiale Taakmag wat hom as
ŉ kommunis beskou het. Op 5 Februarie 1982 het hy homself met ŉ serp gehang. Aggett
het die 51ste persoon geword wat in polisie-aanhouding gesterf het. Omtrent 15 000 het
sy begrafnis bygewoon en sy dood het wydverspreide onrus en stakings veroorsaak.

          [Uit www.news24.com>news24>southafrica>news>explained-who-was-neil-aggett-and-why-he-
                                importantimportant-20200122. Toegang op 4 Februarie 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                             7

BRON 2B

Hierdie foto toon ŉ ondersteuner wat rou oor die dood van Neil Aggett wat op 13
Februarie 1982 plaasgevind het.

  [Uit https:www.dailymaverick.co.za/article/2021-02-04-remembering-neil-aggett-the-modest-idealist-who-
                                     died-for-his-beliefs-39- years-ago. Toegang op 12 Julie 2021 verkry.]

                                        Ons rou
                                        Neil Aggett
                                        Ware patriot

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                            (EC/SEPTEMBER 2021)

BRON 2C

Die onderstaande bron fokus op die heropening van die doodsondersoek na die
omstandighede wat tot die moord op Neil Aggett gelei het.

Byna vier dekades later kan die heropening van die ondersoek na die dood in aanhouding
van Neil Aggett uiteindelik antwoorde en waarheid oplewer.

ŉ Geregtelike doodsondersoek het die apartheidspolisie, amptenare van die veiligheidstak,
van ongeregtigheid gevrywaar. Hulle noem Aggett se dood ŉ selfmoord. Sy vriende en
familie het dit nog nooit geglo nie. Familie, vriende en ŉ span ondersteuners, insluitend
advokate vir menseregte, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sedert 2003
uitgedaag om die saak van Aggett en die van ander aktiviste te laat herondersoek.

Polisiemanne van die Veiligheidstak, luitenant Steven Whitehead en majoor Arthur
Conwright, wie geïdentifiseer was as die hoofmartelaars van Aggett, is dood. Die
voormalige polisiebeampte van die sekuriteitstak, Nick Deetlefs, wat onder die ondervraers
was wat daarvan beskuldig word dat hy politieke aktiviste gemartel het, het sy getuienis
afgehandel tydens die heropenbare geregtelike doodsondersoek oor die dood van die anti-
apartheidsaktivis dr. Neil Aggett. Hy het erken dat hy gelieg het in die vorige Aggett-
geregtelike doodsondersoek, wat insluit dat hy sy bewering dat Aggett gesê het dat hy nie
meer wil lewe nie, verberg het. Deetlefs het die sekuriteitstak daarvan beskuldig dat hy
hom opdrag gegee het om te lieg oor hul bedrywighede, en bygevoeg dat hy besluit het
dat hy die waarheid sou vertel na regsadvies …

‘Daar is niemand wat my nou intimideer (dreig) of vir my sê wat ek moet sê nie. My
regsverteenwoordigers het my vertel en my gewaarsku dat ek die waarheid moet vertel.’
Deetlefs het aanvanklik aan die hof gesê marteling van politieke aangehoudenes was
roetine op die berugte 10de verdieping van die John Vorster plein-polisiestasie, maar het
gesê dat hy nie weet wie verantwoordelik was vir die marteling nie, nadat hy gevra is om
die sekuriteitsbeamptes te noem wat gevangenes aangerand het.

Die gesinsverteenwoordiger van Aggett het aangedui dat hulle van voornemens is om
Deetlefs strafregtelik te vervolg, omdat hulle hom daarvan beskuldig het dat hy die
marteling en moord op Aggett toegesmeer het.

           [Uit https://www.iol.co.za/news/politics/neil-aggett-inquest-blow-to-deetlefs-credibility-43044277.
                                                                      Toegang op 24 Februarie 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                           9

BRON 2D

Die volgende uittreksel beskryf ŉ onderhoud deur die voormalige kommissaris van die
WVK, Yasmin Sooka, wat gehou is met Jill Burger, Neil Aggett se suster, in die
hooggeregshof in Johannesburg op 20 Januarie 2020. Dit was tydens die tweede
geregtelike doodsondersoek oor hoe sy dood hul gesin geraak het.

Baie veiligheidspolisie, waaronder Cronwright en Whitehead, het nie om amnestie by die
WVK aansoek gedoen nie. Daarom is daar ŉ volgehoue poging deur aktiviste, die gesin en
die Neil Aggett-ondersteuningsgroep om die post-apartheidstaat te beywer om die
martelaars van Aggett te vervolg. Die voormalige kommissaris van die WVK, Yasmin
Sooka, sê die opening van die geregtelike doodsondersoek was ŉ belangrike oomblik vir
Aggett se familie en baie ander gesinne om te leer wat werklik gebeur het met diegene wat
wreed gemartel is deur die veiligheidspolisie. Sooka het gesê dat die familie vasbeslote is
om die kern van wat gebeur het te bereik, maar dat baie voormalige
apartheidspolisiebeamptes – waarvan sommige in bevelstrukture was – het hergroepeer
“om te voorkom dat enige inligting na vore kom oor dinge wat hulle impliseer”.

Jill Burger het aan die hof gesê die gesin het altyd geglo dat Neil nie selfmoord gepleeg
het nie, ondanks ŉ uitspraak van 1982 wat die polisie van enige oortreding gevrywaar het.
“Hy sou nooit selfmoord gepleeg het nie. Hy was ŉ sterk man. Ek glo dat die
polisiebeamptes óf sy dood voorgedoen het, óf hy selfmoord gepleeg het as gevolg van
die wrede behandeling wat hy ontvang het. Hulle het hom doodgemaak.” Alhoewel Aggett
se sosialistiese opvattings tot botsings met sy minder polities bewuste pa gelei het, het
Burger gesê haar pa was ontsteld oor die dood van sy jongste seun. “My pa kon nie ophou
huil nie. Hy was ŉ gebroke man,” het sy aan die hof gesê. Sy het gesê dat haar pa se
sterwende wens was dat die moordenaars van sy seun tot verantwoording gehou word. Sy
het bygevoeg dat sommige van haar oorlede pa se konserwatiewe vriende onder die
indruk was dat Neil ‘gekry het wat hy verdien’. My pa het nooit weer met daardie mense
gepraat nie.”

‘Ek word steeds hartseer en tranerig omdat hy so ŉ nuttige lewe gelei het. Hy het soveel
meer gehad om by te dra en ons het almal uit gemis.’ Sy het verder gesê: ‘My wens is dat
hy in vrede is en dat my ma en pa in vrede is. My arme liefdevolle ma, ek is bly sy het nie
geleef om die dinge te hoor wat uit die geregtelike doodsondersoek kom nie.’

    [Uit https:www.dailymaverick.co.za/article/2021-02-04-remembering-neil-aggett-the-modest-idealist-who-
                                   died-for-his-beliefs-39-years-ago. Toegang op 4 Februarie 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                       (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 3:       WATTER IMPAK HET DIE GLOBALE COVID-19 PANDEMIE OP SUID-
               AFRIKA GEHAD?

BRON 3A

Hierdie bron verduidelik die oorsprong van die Covid-19-pandemie en die voorgenome
impak daarvan op Suid-Afrika.

COVID-19 is die eerste keer in die Hubei-provinsie, Wuhan-stad, China, in die laaste
deel van 2019 geïdentifiseer. Kort daarna het hierdie siekte verwoesting (chaos) begin
veroorsaak en die verwoestende (skadelike) effek van die pandemie het die
Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) genoodsaak om dit as ŉ wêreldwye pandemie te
verklaar. In Suid-Afrika is die eerste bevestigde geval van COVID-19 op 5 Maart 2020
aangeteken. Die vrees vir die voorspelde tempo waarmee die pandemie mense sou
besmet, het die Suid-Afrikaanse regering gemotiveer om hierdie pandemie tot ŉ
nasionale ramp te t.o.v. die Rampbestuurswet verklaar. Die nasionale toestand van
rampe wat op 15 Maart 2020 deur die president van Suid-Afrika Cyril Ramaphosa
verklaar is, het aanvanklik gedeeltelike reisverbod, reisadvies, ontmoediging van gebruik
van openbare vervoer, die sluiting van skole en die verbod op byeenkomste van meer as
100 mense bevat. Op 23 Maart 2020 het president Ramaphosa ŉ nasionale inperking
ingestel wat 21 dae sou duur van 26 Maart 2020 tot 16 April 2020. Die inperking het
beteken dat skole en alle hoëronderwysinstellings organisasies onder andere onmiddellik
sou sluit. Op 9 April 2020 het die president van Suid-Afrika aangekondig dat die sluiting
met nog 14 dae verleng sal word. Met die nasionale inperking sou dit beteken dat die
akademiese kalender vir die jaar 2020 beïnvloed sou word. Om die omvang van
akademiese ontwrigtings te verminder, het verskeie leerder-instellings gereageer deur
van die kursusse na hul aanlynplatforms te skuif. Vir basiese onderwys het sommige nie-
regeringsorganisasies leermateriaal beskikbaar gestel.

                                     [Uit https://www.mdpi.com. Toegang op 13 Julie 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          11

BRON 3B

Die onderstaande bron beskryf die sosiale impak wat die COVID-19-pandemie op Suid-
Afrika gehad het.

COVID-19 het sy potensiële verwoestende impak oral getoon, maar dit ŉ besondere rede
vir kommer in Suid-Afrika is. Terwyl publieke gesondheidstrategieë soos sosiale
afstandhouding, dra van maskers en gereelde handewas aangemoedig word, is sulke
strategieë (maatreëls) voorregte wat baie nie kan bekostig in die oorbevolkte, informele
nedersettings wat 13% van alle huishoudings is, waar baie nie toegang tot lopende water
het nie. Die gesondheidstelsel in hoë inkomste-lande word onder druk geplaas, maar in
Suid-Afrika maak die meeste mense staat op die publieke gesondheidstelsels wat
ondervoorsien is en sukkel om aan die eise van die pandemie te voldoen. Terwyl die
virus nie diskrimineer op die basis van ras, geslag of grenslyne nie, is dit waarskynlik dat
dit die armes en diegene wat lei aan onderliggende siektestoestande, gaan affekteer.

President Cyril Ramaphosa het verklaar dat ‘dringende en drastiese’ maatreëls nodig
was om die verspreiding van die virus te keer. ŉ Noodtoestand was afgekondig deur die
President op 15 Maart 2020 en daarby was sekere regte en vryhede binne Suid-Afrika
beperk. Teen die tyd van die aankondigings het Suid-Afrika die hoogste aantal gevalle in
Afrika gehad. Die beperkings wat ingestel was, was die mees strengste in Afrika, omdat
Suid-Afrika toe die enigste land op die Afrika kontinent was wat van al sy burgers vereis
het om tuis te bly.

Die maatreëls aangekondig op 15 Maart en 26 Maart het die mees omvattende
beperkings op die vryheid van beweging en vergadering van alle Suid-Afrikaners na
apartheid, verteenwoordig. ŉ Versuim om hierdie regulasies te eerbiedig mag die gevolg
van ŉ boete of arrestasie vir ses maande of meer hê. Die verlaat van ŉ huis is slegs
toegelaat om belangrike benodigdhede te koop, mediese aandag te soek, mediese
produkte te gaan koop, maatskaplike toelaes te kollekteer of om ŉ begrafnis by te woon
met nie meer as 50 mense nie.

    [Uit https:/www.sanews.gov.za/south-africa/sa-shares-coronavirus-experiences-bricks. Toegang op 25
                                                                                 Januarie 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                           (EC/SEPTEMBER 2021)

BRON 3C

Die onderstaande bron beskryf die ekonomiese gevolge wat die COVID-19-pandemie op
Suid-Afrika gehad het.

Die ekonomies mees benadeelde sektore is tekstiel, opvoedkundige dienste, spyseniering
en verblyf (toerisme ingesluit), drank, tabak, glasprodukte en skoene. Vanaf middernag, op
26 Maart 2020, mag slegs noodsaaklike goedere verkoop word. Dit sluit alle voedsel- en
dierlike voedselprodukte en higiëneprodukte, mediese en hospitaalbenodighede,
brandstof, steenkool, gas en basiese goedere in, insluitend lugtyd en elektrisiteit. Die
verkoop van alkohol en sigarette was verbode. Pryskontrole op sekere goedere is ook
ingestel, insluitend toiletpapier, ontsmettingsmiddel vir hande en sommige
voedselprodukte. Versuim om dit na te kom, kan ŉ boete of gevangenisstraf van tot ses
maande tot gevolg hê.

Die ekonomie is erg getref, aangesien die meeste sektore ŉ afname in hul produktiwiteit
ondervind, weens die inperking. Werkers is ontslaan en werkloosheid het toegeneem. Die
bruto binnelandse produk (BBP) het gedaal van 5,1 en tot 7,9 persent in 2020. Gegewe
die afname in huishoudelike inkomste sal daar ŉ afname in huishoudelike verbruik wees,
wat die afname in produksie verder sal stimuleer. Hierdie verminderde huishoudelike
inkomste sal ook lei tot verhoogde armoede, veral onder die wat reeds kwesbaar is
(hulpeloos).

         [Uit https://reliefweb.int>reportand covid-19-south-afri-so ca … Toegang op 07 Julie 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)          GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          13

BRON 3D

Hierdie spotprent beeld die derde Covid-golf uit wat Suid-Afrika raak en die behoefte om
Suid-Afrikaners te beskerm.

                            [Uit Mining Cartoons MiningWiikly.com. Toegang op 8 Julie 2021verkry.]

               Derde Covid-vlaag
                                                                Steeds ons beste
                                                                beskerming

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                  (EC/SEPTEMBER 2021)

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

https:www.dailymaverick.co.za/article/2021-02-04-remembering-neil-aggett-the-modest-
idealist-who-died-for-his-beliefs-39- years-ago

http://indianexpress.com/aricle/explained/coronavirus-india/lockdown-migrant-workers-
mass-exodus-6348834/

https://sabctrc.saha.org.za/reports/volume3/chapter6/subsection24.htm

https:/www.sanews.gov.za/south-africa/sa-shares-coronavirus-experiences-bricks

https://thewire.in/world/bricks-and-covid-rising-powers-in-a-time-of-pandemic

Mining Cartoons MiningWiikly.com …

sahistory.org.za

Times Live 7/2/2021

www.globalsecurity.org>world>war>south-africa5.htm

www.news24.com>news24>southafrica>news>explained-who-was-neil-aggett-and-
why-he-was-important-20200122

www.sahistory.org.za>article>apartheid-era-1980’s

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT2021 XHOSA D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept2021-xhosa-d/4bbeb586-4f86-452f-89fb-d02e54f4905d) — History · Addendum · 2021
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT2021 XHOSA ENG D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept2021-xhosa-eng-d/cefc0a5a-5d17-4d03-8a93-a5a577816361) — History · Addendum · 2021 · Eng
- [History P2 May June 2021 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2021-addendum-afr/cde0c40d-d0cb-41ca-8f8c-286dbd12cd25) — History · Addendum · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2021 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-addendum-eng/becc8caa-ed93-4752-8c5e-f4099e0322d1) — History · Addendum · 2021 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2023 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2023-sesotho/478b2586-d05f-4248-a960-3b5c744dc151) — History · Addendum · 2023 · Sesotho
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2022-english/e5d10556-c154-433f-8fd2-98646e28994c) — History · Addendum · 2022 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
