# History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Addendum

> Grade 11 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-gr11-nov2022-afrikaans/30b1426a-6a42-4d8b-8b07-8539250dd975
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-gr11-nov2022-afrikaans/30b1426a-6a42-4d8b-8b07-8539250dd975)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P2 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov2022-afrikaans/43fc33cf-1230-4b19-b533-ba8a29c8e3a5) — QP · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE
     SENIOR SERTIFIKAAT

           GRAAD 11

       NOVEMBER 2022

       GESKIEDENIS V2
         ADDENDUM

    Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                         (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 1: HOE HET DIE ANC-JEUGLIGA (ANCJL) DIE OPKOMS VAN SWART
         NASIONALISME IN DIE 1940’s BEÏNVLOED?

BRON 1A

Die bron hieronder verduidelik die redes vir die stigting van die ANCJL.

Die generasie wat die ANC-jeugliga (Walter Sisulu, Oliver Tambo, Nelson Mandela,
William Nkomo, Mxolisi Majombozi, Anton Lembede, Congress Mbatha) gestig het, het
‘VRYHEID IN ONS LEEFTYD’ in 1944 verklaar. Die ANC se idee om die ANCJL te vorm
het vroeg in 1940 begin, as gevolg van die jongmense se ongeduld met die manier
waarop die ANC en die hele Nasionale Vryheidsbeweging gereageer het op apartheid
se onderdrukking. Jongmense het toe gesê dat hulle moeg is vir vreedsame (nie-
gewelddadige) weerstand en stryd vir bevryding, wat die onderdrukker en die koloniale
meesters erken en gerespekteer het.

Mxolisi Majombozi het met die idee vorendag gekom om die ANC meer radikaal (om
baie erg te verander) te maak, deur die stigting van die ANC-jeugliga, wat nuwe energie
en ŉ veggees aan die Nasionale Vryheidsbeweging sou gee. In 1942, het die ANC
Konferensie die groeiende militantheid (veglustigheid) onder die jeug opgelet en tot die
slotsom gekom dat die Kongres jeugliga gevorm moes word om jongmense te
mobiliseer onder die vaandel van die ANC.

Op September 10, 1944, was die ANC-Jeugliga amptelik geloods (bekendgestel) as ŉ
organisasie in die Bantoe Sosiale Sentrum, Johannesburg en het Anton Lembede as die
eerste president gekies. Die ANC-jeugliga was nou in staat om uiteindelik die ANC te
beïnvloed om ŉ meer radikale en konfronterende politieke program aan te neem wat die
ANC fundamenteel (basies) verander het in ŉ massa mobiliseringsbeweging en veg
teen rassesegregasie (rasseskeiding) en ekonomiese onderhorigheid (verdrukking).

    [Uit http://www.ngopulse.org/resources/anc-youth-league-message-centenary-african-national-congress.
                                                                      Toegang op 27 April 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                             3

BRON 1B

Die bron hieronder beskryf die ANCJL (ANC-jeugliga) se manifeste (oortuigings).

‘Die uur van die jeug het aangebreek!’ So het ŉ strooibiljet (bladjie wat op straat versprei
word) verklaar (aangekondig), uitgereik deur die Provinsiale Uitvoerende Komitee van die
nuutgestigte ANC-jeugliga, wat die organisasie se eerste konferensie (vergadering)
geadverteer het wat in September 1944 sou gehou word.

In die 1930’s het die ANC, onder die leierskap van Xuma, herleef, maar sy metodes het
versigtig en respekvol teenoor die wit elite (hoë mense) gebly. Elke voorneme van die
ANC het begin met verklarings soos, ‘Ons bid dat die Minister … Ons vra nederig …’
Vererg oor die pasifisme (nie-gewelddadigheid), het hierdie groep jong intellektuele
geïrriteerd begin word en geëis dat daar beweeg moet word na ŉ meer militante styl van
politiek. Jordan Ngubane tesame met Lembede en Mda het die Liga se Manifesto
opgestel, alhoewel daar gesê was dat Lembede se idees die dokument gedomineer
(oorheers) het. Anton Lembede was ook beskryf as die “hoof argitek van SA se eerste
volwaardige ideologie van Afrika nasionalisme”. Lembede het ook geglo dat Afrika ŉ
swartman se land is en dat Afrikaners een is.

Die dokument het aangetoon dat die stigting van die jeugliga gebaseer was op kritiek
teen die ANC wat beskou was as elitisties (vir vername mense) en ‘nie ŉ effektiewe
georganiseerde blok’, ontbrekend aan ŉ ‘opbouende program om die afskaffing van alle
onderdrukkende wetgewing’ af te dwing. Die Jeugliga het ten doel gehad om met ŉ
nasionale karakter wat gewortel was in Afrika nasionalisme en Afrika selfbeskikking aan
die ANC vorendag te kom.

  [Uit http://nhmsa.co.za/news/the-hour-of-youth-has-struck-anton-lembede-and-the-formation-of-the-anc-.
                                                        youth-league/. Toegang verkry op 27 April 2021.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                            (EC/NOVEMBER 2022)

BRON 1C

Hierdie bron beskryf hoe swart Suid-Afrikaanse werkers beïnvloed was deur die idees
van Afrika (Swart) Nasionalisme wat gelei het tot die Mynwerkerstaking op
12 Augustus 1946 aan die Witwatersrand.

Op Sondag, 4 Augustus 1946, het meer as ŉ duisend afgevaardigdes byeengekom by ŉ
opelug-konferensie wat gehou was in die Newtown-markplein: geen saal waar Afrikane
vergaderings kon hou was groot genoeg om almal wat teenwoordig was te
akkommodeer nie. By hierdie vergadering was ŉ besluit geneem om op ŉ algemene
staking te gaan, ŉ minimum loon van 10 sjielings (een Rand) te eis, beter toestande in
die werk en teenstand teen die aaklige toestande in die mynkampongs (behuising vir
swart mynwerkers). Voor die besluit aangeneem was, het spreker na spreker die verhoog
bestyg en onmiddellike aksie geëis. Een werker het gesê: “As ek dink aan hoe ons ons
huise in die reserwes moes verlaat, ons kinders naak en honger, het ons niks meer te sê
nie”. Elke man moet instem om op 12 Augustus te staak. Dit is beter om te sterf as om
met leë hande terug te gaan. Die president, J.B. Marks het gewaarsku dat die regime (wit
regering) sou probeer om die staking met brutale krag te onderdruk. Maar die
vergadering was in ŉ militante gemoed. ŉ Ou myner het uitgeroep: “Ons by die myne is
alreeds dooie mans.”

Die hulpbronne van die rassistiese staat (regering) was gebruik om ŉ staking te
onderdruk, 9 dood, 1 248 mynwerkers gewond en die regering het die staking as ŉ
mislukking beskou. Nietemin, die grondigste (grootste) gevolg van die staking, sou wees
die impak wat dit gehad het op die politieke denke binne die vryheidsbeweging, byna
onmiddellik het dit verskuif van ŉ beleid van toegewings na meer dinamiese en militante
vorme van protes. Die dapper myners van 1946 het geboorte gegee aan die ANC-
jeugliga se Program van Aksie, aangeneem in 1949 en voorlopers van die
Vryheidstakers van 1 Mei 1950.

          [Uit sahistory.org.za/article/1946-african-mineworkers-strike. Toegang op 27 April 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)          GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                            5

BRON 1D

Hierdie foto toon die mynwerkerstaking in 1946 aan die Witwatersrand.

                                            [Uit saha.org.za Toegang op 27 April 2021 verkry.]

STEMREG VIR ALMAL            GELYKE LONE VIR ALMAL

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                         (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 2:       HOE HET DIE SESDAAGSE OORLOG VAN 1967 TOT DIE KONFLIK IN
               DIE MIDDE-OOSTE BYGEDRA?

BRON 2A

Hierdie bron hieronder verduidelik die redes vir die uitbreek van die Sesdaagse Oorlog
op 5 Junie 1967.

ŉ Reeks grensgeskille was die grootste vonk vir die Sesdaagse Oorlog. Teen die middel
van die 1960’s het die Siries-gesteunde Palestynse guerrilla-aanvalle oor die Israeliese
grens begin voer en weerwraak aanvalle van die Israeliese weermag uitgelok. In
April 1967 het die skermutselings (konflikte) vererger nadat Israel en Sirië in ŉ woeste
(gewelddadige) lug- en artillerie (wapen) geveg betrokke was waarin ses Siriese
vegvliegtuie vernietig is. In die nasleep van die luggeveg in April het die Sowjetunie
Egipte van inligting voorsien dat Israel troepe na die noordelike grense van Sirië beweeg
ter voorbereiding van ŉ volskaalse inval. Die inligting was onakkuraat, maar dit het
nietemin die Egiptiese president, Gamal Abdel Nasser, tot aksie gebring. In ŉ bewys van
steun vir sy Siriese bondgenote het hy die Egiptiese magte beveel om na die Sinai-
skiereiland te vorder, waar hulle ŉ vredesmag van die Verenigde Nasies verdryf het wat
die grens met Israel al langer as ŉ dekade bewaak het.

Op 22 Mei het Nasser Israeliese skeepvaart vanaf die Straat van Tiran verbied. ŉ Week
later het hy ŉ verdedigingsverdrag met koning Hussein van Jordanië gesluit.
Terselfdertyd het bloedige dreigemente van die Arabiese radiostasies en op die bladsye
van die Israeliese koerante verskyn. Slegs 22 jaar na die einde van die Holocaust was dit
nie verbasend dat die Arabiese propaganda tuis geslaan het nie. ŉ Doembelaaide
(somber) bui het die land oorweldig. Mense het duistere grappe gemaak: “Kom ons
vergader na die oorlog. Waar? In ŉ telefoonhokkie.”

                [Geneem uit https://link.springer.com> hoofstuk. Toegang op 30 September 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)          GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                           7

BRON 2B

Hierdie uittreksel hieronder beskryf hoe die gebeure van 5 Junie 1967 in die Midde-Ooste
ontvou het.

Vroeg in Junie 1967 het Israeliese leiers gestem om die Arabiese militêre opbou teen te
staan. Die oorlog het op 5 Junie 1967 begin, toe die lugmag van Israel ŉ verwoestende
reeks aanvalle op Egiptiese lugvelde geloods het wat die meeste van Egipte se vliegtuie
op die grond vernietig het. Tegnies was Israel die aggressor, aangesien Israel die eerste
skote afgevuur het. Die Israeliese oorlogsplan was afhanklik van ŉ verrassingsaanval,
genaamd Operasie Fokus. Aan die einde van die dag op 5 Junie, het Israeliese vlieëniers
volle beheer van die lug oor die Midde-Ooste verkry.

Die oorlog was rampspoedig vir Egipte en vir die Arabiere. Op 6 en 7 Junie het die
Israeliete vinnig die hele Sinai oorgeneem soos in 1956. Op 7 Junie het Jordanië die ou
stad Jerusalem en die Wesoewer verloor, en op 9 Junie het Sirië die Golanhoogtes
verloor. Die gevegte is op 10 Junie geëindig en in ŉ oorwinning vir Israel.

Anders as die Egiptenare en die ander Arabiese leërs, het die Israeliete hul huiswerk
gedoen. Hulle het deur die jare honderde verkennings (ondersoek) missies gevlieg om ŉ
akkurate beeld van die lugbasis in Egipte, Jordanië en Sirië op te stel. Vlieëniers het ŉ
teikenboek gehad met die besonderhede oor hul uitleg en verdediging.

                                                  [Uit Konflik in die Midde-Ooste deur dr. J. King.]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                          (EC/NOVEMBER 2022)

BRON 2C

Die bron hieronder verduidelik die gevolge van die Sesdaagse Oorlog van 1967.

Op 10 Junie 1967 het ŉ wapenstilstand van die Verenigde Nasies in werking getree en
die Sesdaagse oorlog het skielik tot ŉ einde gekom. Daar is later geraam dat ongeveer
20 000 Arabiere en 800 Israeli’s dood is in net ŉ 132 uur geveg. Die leiers van die
Arabiese state was geskok gelaat oor die erns van hul nederlaag. Egiptiese President
Nasser het selfs in skande bedank, net om onmiddellik weer in die amp terug te keer
nadat Egiptiese burgers hul steun met massiewe straatdemonstrasies getoon het.

In Israel was die nasionale stemming jubelend (juigend). Oorwinning in die oorlog het tot
ŉ oplewing van nasionale trots in Israel gelei, wat in grootte verdriedubbel het, maar dit
het ook die vlamme van die Arabies-Israelitiese konflik aangeblaas. Arabiese leiers, wat
steeds gewond is deur hul nederlaag in die Sesdaagse Oorlog, het in Augustus 1967 in
Khartoem, Soedan vergader en ŉ resolusie onderteken wat met Israel “geen vrede, geen
erkenning en geen onderhandeling” belowe het. Gelei deur Egipte en Sirië het die
Arabiese state later ŉ vierde groot konflik met Israel tydens die Yom Kippur-oorlog in
1973 geloods.

     [Uit https; // www.history.com/topics/middle-east/six-day-war Toegang op 30 September 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)         GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                         9

BRON 2D

Hierdie spotprent beeld uit wat tydens die Sesdaagse Oorlog van 1967 tussen Israel en
die Arabiese state gebeur het.

                              [Geneem uit Getty Images. Toegang op 30 September 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                       (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 3:       WATTER ROL HET SUID-AFRIKAANSE VROUE GESPEEL OM
               APARTHEID IN DIE 1950’s TEEN TE STAAN?

BRON 3A

Hierdie bron verduidelik die invloed wat apartheid gehad het op die lewens van Suid-
Afrikaners, wat in 1948 deur die Nasionale Party geïmplementeer is.

Apartheid was ŉ onderdrukkende vernietigende stelsel wat baie lewens beïnvloed het,
nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in baie nabygeleë provinsies en lande. Hierdie
invloed het gebeur omdat apartheid moreel verkeerd was. Dit het baie mans, vroue en
kinders gedwing om slawe in hul eie land te wees. Hierdie mense kon nie hul eie lewe
leef nie. Hulle was gedwing om die wette van die witmense te gehoorsaam wat baie
swartmense vreesbevange (bang) gemaak het en duisende doodgemaak het.

Selfs daardie swartmense wat onder apartheid geleef het, het geleef in toestande wat
meer aaklig was as enigiets wat enige een kon voorstel. Hulle was geforseer in oorvol
stede waar besoedeling en armoede die dood van vele veroorsaak het. Bestem om te
werk vir lone wat nouliks een mens aan die lewe kon hou, wat nog te sê ŉ hele familie,
en was geen geleentheid gegee word om hulself te verbeter deur ‘n ordentlike opvoeding
nie.

Hierdie verskriklike toestande het uiteindelik gelei tot ŉ stryd van weerstand (verset) teen
die stelsel deur baie mense in Suid-Afrika. Verbasend was hierdie weerstand grootliks
beïnvloed en ondersteun (gehelp) deur ŉ groot groep vrouevegters. Selfs meer
verbasend is die feit dat hierdie groep vroue nie slegs uit swart vroue bestaan het nie,
maar ook uit wit vroue. Tog, selfs al het hierdie wit en swart vroue geveg teen dieselfde
stelsel, het hulle verset teen apartheid op vele maniere verskil.

                                             [Uit Woman’s Resistance to Apartheid deur M. Laber.]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                             11

BRON 3B

Die bron hieronder verduidelik hoe Suid-Afrikaanse vroue apartheid teengestaan het.

Swart vroue se lewens in Suid-Afrika was ŉ konstante (aanhoudende) stryd, tog het
hulle dit reggekry om te oorleef en ook, terselfdertyd, subtiele (slim) maniere gevind om
weerstand te bied teen ŉ stelsel wat hulle so intens (baie) gehaat het. Die
alombekende metode gebruik deur baie swart vroue, was bierbrouery. Die vroue wat
bier verbrou het was ŉ baie slim groep individue (mense) in ŉ klas van hul eie. Dit was
teen die wet vir Afrikane (swartmense) om bier te verbrou of selfs te drink. Tog het
hierdie vroue dit steeds in hul huise verbrou en dan, deur baie ingewikkelde (slim)
metodes, sou hulle dit in hul agterplase begrawe sodat die polisie dit nie kon vind nie.
Die polisie het aangehou om genadeloos te stroop (af te neem) en te vernietig. Daar
was Saterdae- en Sondae-oggende dat die strate letterlik met bier gevloei het.

Een organisasie wat die wit vroue in hul weerstand teen apartheid gehelp het, was
Black Sash. Dit was gestig in 1956 onder die presidentskap van Sheena Duncan en gou
het dit ŉ ledetal van 10 000 lede gehad. Dit het die nag begin toe duisende wit vroue
met swart serpe om hul skouers gedrapeer ŉ optog gehou het om te protesteer teen die
skending van individue se regte deur die regerende Nasionale Party. Black Sash het
grootliks geveg teen die hervestiging van swartmense. Die groep het baie
‘advieskantore’ geopen om mense te help met ŉ verskeidenheid take, soos die soek van
paspoorte, uitgekyk vir huise en om hulle te leer hoe om te lees. Die regering het nie
hierdie groepe verban nie.

                     [Uit https://fisherpub.sjfc.edu/ur/vol2/iss1/7 Toegang op 09 November 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                         (EC/NOVEMBER 2022)

BRON 3C

Hierdie bron fokus op die redes vir die optog wat op 9 Augustus 1956 na die Uniegebou
in Pretoria plaasgevind het.

Die Afskaffing van Passe en Koördinering van die Dokumente Wet was in 1952
uitgevaardig. Hierdie wet het die klomp dokumente vervang, wat mans geforseer was
om op hulle te dra vir identifikasie, met net een enkele dokument. Dit was ook gemeld
(gesê) dat daar ook van Afrikane-vroue in die toekoms vereis sal word om hierdie
enkele dokument of pasboek op hulle te dra. Hierdie wet het wydverspreide woede en
protes onder swart vroue veroorsaak. In die 1950’s, was die anti-pas proteste nie
geïnisieer (begin) deur die tradisionele manlike leiers nie, maar deur duisende Afrikaan
vroue, deur baie wat nog nooit voorheen in politieke proteste of demonstrasies betrokke
was nie. Hulle het so sterk teen die wet geprotesteer omdat hulle geweet het dat as
hulle geforseer sou word om hierdie passe te dra, daar ŉ styging in die gewenste effek
van die invloeibeheerstelsel sal wees en dit moeiliker maak vir hulle om stedelike
residensie (reg om te woon) te verkry. Hulle het ook geveg omdat hulle geweet het dat
die wet verdere vernietiging van familielewe sou beteken, dat kinders sonder sorg
gelaat sou word en ander van hul babas weggeskeur sou word omdat hulle nie ŉ pas
kon wys nie.

Die ANC se Vroueliga en die Federasie van Suid-Afrikaanse Vroue het hoofsaaklik
hierdie veldtogte georganiseer. Die eerste nasionale protes het op 27 Oktober 1955
plaasgevind. Vir hierdie protes het 2 000 vroue van alle rasse ŉ optog na die Uniegebou
in Pretoria gehou.

Op 9 Augustus 1956 het 20 000 vroue uit alle dele van Suid-Afrika aan ŉ tweede optog
na die Uniegebou deelgeneem. Toe Lilian Ngoyi geklop het, het ŉ stem agter die toe
deur aan haar gesê dat ŉ brief aan haar gestuur was wat haar sou verhoed het om na
die Eerste Minister se kantoor te gaan. Ngoyi het geantwoord: “Die vroue van Afrika is
buite. Hulle het hierdie plek gebou. Hul mans het vir dit gesterf.” Hulle het hul petisies
neergesit en teruggekeer na die protesteerders en in stilte gewag. Uiteindelik het Ngoyi
gesê: “Strijdom is te veel van ŉ lafaard om ons te woord te staan.” Hulle het die
demonstrasie afgesluit deur vryheidsliedere te sing en hul slagspreuk uit te roep “nou
het jy die vroue aangeraak! Jy het ŉ rots geslaan, jy sal vermorsel word!” en in stilte
weggeloop, maar met ŉ sin van morele oorwinning.

      [Uit www.iol.co.za>news>politics>how-lilianngoyi-cha..Aug 9,2017 Toegang op 09 November 2020
                                                                                           verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          13

BRON 3D

Hierdie foto toon sommige van die eise van die vroue wat teenwoordig was by die optog
van 9 Augustus 1956.

[Uit http://www.ijr.org.za/home/wp-content/uploads/2019/10/pass-laws.pdf. Toegang op 9 November 2020
                                                                                             verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                    (EC/NOVEMBER 2022)

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is geneem uit:

Getty Images

http://nhmsa.co.za/news/the-hour-of-youth-has-struck-anton-lembede-and-the-formation-of-the-
anc-youth-league/

http://www.ijr.org.za/home/wp-content/uploads/2019/10/pass-laws.pdf

http://www.ngopulse.org/resources/anc-youth-league-message-centenary-african-
national- congress

https://fisherpub.sjfc.edu/ur/vol2/iss1/7

https://link.springer.com > chapter

https;//www.history.com/topics/middle-east/six-day-war

King, Dr J. Conflict in the Middle East, 1993, Wayland Publishers Ltd

Laber, M. 1999, Women’s Resistance to Apartheid, Fisher Digital Publications

saha.org.za

sahistory.org.za/article/1946-african-mineworkers-strike

www.iol.co.za>news>politics>how-lilianngoyi-cha..Aug 9,2017_

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov-2022-afrikaans/f993acba-4e18-43d3-be44-054e0b37af1b) — History · Memo · 2022 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-memo-nov2020-afrikaans/7166c7ae-c7cb-421a-97fb-3590b05e422d) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/778cdf0b-5646-4949-aaad-8a3458592e12) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 NOV2016 MEMO Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-nov2016-memo-afrikaans/1ed4ca55-3418-4e43-9d20-dfb5ed369bbc) — History · Memo · 2016 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP NOV2016 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-nov2016-afrikaans/03d5f0a3-32e6-4766-8db9-152f983ec11b) — History · QP · 2016 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 ADDEN NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-adden-nov2018-afrikaans/fac8a9c0-5784-4961-9990-8f4abac03612) — History · Addendum · 2018 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P1 only](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p1-only/555be0f1-39a3-47b5-8fec-f622076c09d3) — QP · 2025
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
