# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-sept-2018-afr-d/4ea535b4-c96c-4ec7-a5da-5d053b0e1398
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-sept-2018-afr-d/4ea535b4-c96c-4ec7-a5da-5d053b0e1398)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Addendum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE
     SENIOR SERTIFIKAAT

              GRAAD 12

        SEPTEMBER 2018

        GESKIEDENIS V2
          ADDENDUM

                 *HISTA4*

    Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 1:        HOE HET STEPHEN BANTU BIKO EN SY SWARTBEWUSSYNFILOSOFIE
                 SWART STUDENTE IN DIE 1970'S BEÏNVLOED?

 BRON 1A

    Hierdie bron verduidelik Biko se invloed op Suid-Afrika tussen die 1960’s en 1970’s.

 Stephen (Steve) Bantu Biko was ŉ gewilde stem van Swart bevryding in Suid-Afrika
 tussen die middel-1960’s en sy dood in polisie-aanhouding in 1977. Dit was die tydperk
 waarin beide die ANC en die PAC amptelik verban was en die stemlose Swart bevolking
 (veral die jeug) baie ontvanklik was vir die vooruitsig van ŉ nuwe organisasie wat hul
 griewe teen die apartheidstaat kon dra. Biko en sy eweknieë het gereageer op
 ontwikkelings wat in die hoë fase van apartheid ontstaan het toe die Nasionale Party,
 wat vir bykans twee dekades aan bewind was, besig was om die land te herstruktureer
 om aan sy beleid van afsonderlike ontwikkeling te voldoen. Die NP het kleinskaalse
 integrasie en nabyheid wat tussen Wit-, Swart-, Kleurling- en Indiërs bestaan het
 verbreek deur nuwe woongebiede, nuwe parallelle instellings soos skole, universiteite
 en administratiewe liggame te skep.

 Afgesien van die Swartbewussynbeweging (SBB), word hy ook gekrediteer vir die
 bekendstelling van die Suid-Afrikaanse Studente Organisasie (SASO), wat as ŉ Swart
 alternatief vir die liberale Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse Studente (NUSAS) geskep
 is. Dit is nodig om alle onsekerheid oor hierdie skuif te verstaan, aangesien Biko dikwels
 verkeerd as ‘anti-wit’ beskou was. Hierdie kategorisering is demonstreerbaar onwaar,
 aangesien Biko geen probleem gehad het met witmense per se nie – sy teiken was altyd,
 uiteindelik wit oppergesag en die apartheidsregering. Biko word die beste onthou vir sy
 bemagtiging van swart stemme, die installering van ŉ gevoel van swart trots en die
 voortsetting van die bevrydingstryd en die verkryging van paraatheid (gereed kry vir
 aksie) onder die jeugbeweging.

           [Vanuit: www.sahistory.org.za/people/stephen-bantu-biko. Toegang op 7 Januarie 2018 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                              3

 BRON 1B

 Hierdie uittreksel beskryf Vusi Pikoli se eerste ontmoeting met Steve Biko in 1973.

 In 1973, was ek deel van die SCB (Studente Christelike Beweging) by die skool. Ons het
 ŉ uitnodiging vir ŉ leierskapkursus gehad wat deur Steve Biko en die Swart-
 bewussynsbeweging (BCM) in Port Elizabeth bestuur was. So ons het gegaan. Ons was
 Vrydag deur ŉ kombi by ons skool opgetel – ek dink dit was ŉ langnaweek – die plek
 was Waverly Hills genoem, ŉ plaasgebied tussen Port Elizabeth en Uitenhage. Dus waar
 ek Steve Biko vir die eerste keer ontmoet het.

 Hy het lesings aangebied, maar in die middel daarvan het die spesiale taakmag (NP-
 regering se spesiale veiligheidspolisie) gekom. Hulle het die plek geblokkeer en hulle het
 dit begin deursoek. Toe was Steve Biko weggeneem. Barney Pityana was weggeneem,
 maar ons het gebly. Die ander ouens het met die lesings voortgegaan.

 Op die Maandag toe ons terug skool toe gegaan het was die spesiale taakmag daar om
 ons almal wat die lesings bygewoon het, op te tel. Ons was nou ondervra. Wat was dit
 wat daar was? Ek kan jou vertel, die ouens by Waverly het bo ons verstand gepraat; ons
 het niks verstaan wat hulle ons vertel het nie. Maar ons het geweet dat ons notas geneem
 het, dit weggesteek het, en hulle het ons vertel dat ons versigtig moes wees.

 Selfs by ons eie skool, was ons skoolhoof eintlik gedemoveer (laer posisie gegee). Dit is
 hoe ek betrokke geraak het by die Swartbewussynsbeweging en politiek. Nou het hulle
 begin om vir ons take te gee, soos om met ander studente te praat. Ek het begin praat
 met Vusi (die ander Vusi) en my vriende. Ek het begin verduidelik oor die SBB. Ek was
 toe meer Swartbewussynbeweging georiënteerd. Maar ek dink die ding wat alles vlam
 laat vat het, was die ’76 opstand.

                        [Vanuit My Second Initiation: The Memoirs of Vusi Pikoli deur Pikoli and Wiener]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                       (EC/SEPTEMBER 2018)

 BRON 1C

    Hierdie bron beskryf die redes vir die studente van Soweto se optog in Junie 1976.

 Op die oggend van Woensdag 16 Junie 1976, het twintig duisend Soweto skoolkinders
 ŉ optog gehou in protes teen ŉ bevel (beslissing) van die Suid-Afrikaanse regering se
 Departement van Bantoe-Onderwys dat Afrikaans as een van die onderrigtaal in
 sekondêre skole gebruik moes word.

 Leerders het van alle dele van Soweto op hierdie beplande optog byeengekom teen die
 gebruik van Afrikaans as ŉ medium van instruksie in Swart skole.

 Dit is nie heeltemal duidelik wat gebeur het met die aanvanklik vreedsame optog of wat
 die geweld ontketen het wat ten minste 176 lewens in minder as ŉ week sou eis nie.
 Koerantfoto’s en verskeie ooggetuie-berigte dui daarop dat die marsjerende studente
 goeie humeur, vol moed en opgewonde was. Sommige het plakkate met slagspreuke
 soos, ‘Weg met Afrikaans!’, ‘Ons is nie Boere nie!’, ‘Viva Azania!’ en ‘As ons Afrikaans
 moet doen, dan moet Vorster Zoeloe doen!’ gedra.

                                    [Vanuit Soweto – Black Revolt White Reaction deur Kane-Berman]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)         GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          5

 BRON 1D

 Hierdie foto beeld studente uit wat ŉ optog begin na die Orlando-stadion in
 Soweto op 16 Junie 1976.

                           [Deur Noordhoekvillage.com. Toegang op 7 Januarie 2018 verkry.]

 AFRIKAANS MOET AFGESKAF WORD

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 2:      HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE
               SLUIPMOORD VAN CHRIS HANI HANTEER?

 BRON 2A

 Die onderstaande uittreksel fokus op redes waarom die sluipmoordenaars Janusz
 Walus en Clive Derby-Lewis amnestie deur die Waarheids-en Versoeningskommissie
 geweier was.

 Woensdag, 7 April 1999

 Die Amnestiekomitee van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) het
 amnestie geweier vir Janusz Walus en Clive Derby-Lewis, die sluipmoordenaars van
 Chris Hani, leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP). Walus, ŉ Poolse
 immigrant, het op 10 April 1993 Hani in die oprit van sy huis in Dawn Park, Boksburg,
 geskiet en vermoor. Hy het ŉ geweer gebruik wat deur Derby-Lewis verskaf was.

 Die Komitee het bevind dat beide aansoekers versuim het om ŉ volledige
 openbaarmaking en politieke motivering te gee ten opsigte van enige relevante en
 wesenlike kwessies soos uiteengesit in die Wet op die Bevordering van Nasionale
 Eenheid en Versoening, nr. 34 van 1995. Die komitee het besluit: ‘Dit is algemeen
 duidelik dat die aansoekers nie op hul uitdruklike gesag of bevele van die Konserwatiewe
 Party (KP) opgetree het soos wat hulle voorgee vir die moord op mnr. Hani nie. Die KP
 het nog nooit ŉ beleid van geweld of moord op politieke teenstanders aangeneem of
 gepropageer nie.’

 Tans dien hulle albei lewenslange vonnisse vir die moord. Onlangs het Janusz Walus
 aansoek gedoen vir parool by die Gevangenisdienste. Sy aansoek is egter geweier. Daar
 was talle optogte en protes teen sy aansoek.

     [Vanuit www.sahistory.org.za/dated-event/trc-refuses-amnesty-hanis-killers. Toegang op 7 Januarie
                                                                                               verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                              7

 BRON 2B

 Hierdie bron is ŉ uittreksel van Clice Derby-Lewis se amnestie-aansoek verhoor.

 BIZOS:                  Voordat jy besluit het om jouself skuldig te maak aan moord, het jy
                         na jou leier gegaan en spesifiek gesê, leier wat is ons party se
                         beleid ten opsigte van die doodmaak van mense, of skade aan
                         eiendom of die gebruik van geweld?

 DERBY-LEWIS:            Mnr. Voorsitter, ek het voorheen getuig dat ek alreeds die morele
                         grondslag van die doodmaak in die voortdurende stryd teen die
                         Antichris bespreek het en ek het getuig van wat my leier gesê het.

 BIZOS:                  Het Dr. Hartzenberg jou persoonlik vertel dat die KP-beleid verander
                         het vanaf nie-gewelddadig tot gewelddadig? Ja of nee?

 DERBY-LEWIS:            Mnr. Voorsitter. Dr. Hartzenberg se verklaring is op die rekords van
                         hierdie hof, van hierdie komitee.

 BIZOS:                  Beantwoord asseblief die vraag.

 DERBY-LEWIS:            Hy het my, nie persoonlik gesê nie, weereens.

 BIZOS:                  Het enige ander partyleier van die Konserwatiewe Party jou
                         persoonlik vertel dat daar ŉ verandering in die beleid van die KP
                         was vanaf nie-gewelddadig tot gewelddadig?

 DERBY-LEWIS:            Nee mnr. Voorsitter.

 BIZOS:                  Dankie.

 DERBY-LEWIS:            Wat ek probeer sê mnr. Voorsitter is dat terwyl die amptelike beleid
                         van die KP teen geweld gekant was ... Sal ons dat dit die
                         interpretasie, die persepsie was dat die KP reeds by geweld
                         betrokke was met die mobiliseringsplanne en die verklaring deur dr.
                         Treurnicht.

 BIZOS:                  Maar dr. Hartzenburg sê presies die teenoorgestelde, dat geweld
                         buite die KP was. Het hy die waarheid vertel of nie?

 DERBY-LEWIS:            Hy het die waarheid vertel, en ek het dit reeds gesê.

 BIZOS:                  Sê jy dat daar ŉ nie-amptelike beleid van die KP was. Wat was die
                         nie-amptelike beleid van die KP in verhouding tot geweld? Dit moet
                         geweld wees.

 DERBY-LEWIS:            Mnr. Voorsitter ek het nie gesê dat daar ŉ nie-amptelike beleid in
                         die KP was nie. Ek het gesê dit was buite, dit was groter as die KP.

                      [Vanuit http://www.doj.gov.za/trc/amntrans/index.htm. Toegang op 7 Januarie verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2018)

 BRON 2C

 Die volgende uittreksel beskryf die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) se
 bevindings ten opsigte van die moord op Chris Hani.

 Min sake veroorsaak soveel emosie soos die sluipmoord op Chris Hani. Dit is nou
 20 jaar sedert skokgolwe (skielike beweging) van woede en hartseer wat die land
 geskud het, namate beelde van sy bloedige lyk op sy oprit oor die hele wêreld
 versprei is. Dit was ŉ belangrike gebeurtenis wat die loop van die geskiedenis kon
 verander het. Tans maak een van die moordenaars, Clive Derby-Lewis, ŉ hernieude
 poging tot begenadiging (genade), deur hierdie keer Hani se weduwee, Limpho, te
 ontmoet om verskoning aan te bied. Maar, alhoewel Derby-Lewis die galg ontvlug
 het toe sy vonnis verander was na lewenslange tronkstraf, is dit ŉ baie stadige
 doodsvonnis. Hy sal nooit vergewe word vir die vergieting van die bloed van Chris
 Hani nie.

 Deur hul eie erkenning het Janusz Walus en Clive Derby-Lewis Chris Hani se
 sluipmoord beplan om wittes tot rebellie aan te dryf (opposisie teen gesag) en om
 die verhoudings wat tydens die multi-party politieke onderhandelings in die 1990s
 gebou is, te destabiliseer.

 Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) het hul plan soos volg opgesom:
 ‘Hulle doel was om ŉ situasie te skep waarin die radikales wat Hani ondersteun het,
 wydverspreide chaos en wanorde in die nasleep van sy dood sou veroorsaak. Omdat
 die NP (Nasionale Party) nie in staat sou wees om doeltreffende beheer te neem
 nie, sou die situasie regsgesinde leiers verenig. Hulle sou dan met sekuriteitsmagte
 kon kombineer en deur in te tree’ ŉ teenrewolusie ontketen en die regering van die
 land oorneem.

                        [Vanuit https://www.dailymaverick.co.za. Toegang op 7 Januarie verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)        GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                      9

 BRON 2D

 Die foto hieronder toon SAKP-ondersteuners met plakkate tydens ŉ optog in Pretoria
 se sentrale sakegebied in 2017 ter ondersteuning van die Minister van Justisie,
 Michael Masutha, se besluit om die parool wat aan Chris Hani se moordenaar,
 Janusz Walus toegestaan was, te appelleer.

                                         [Vanuit Eyewitness News (EWN) November 2017]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 3:      WAT WAS DIE GEVOLGE VAN GLOBALISASIE OP SUID-AFRIKA?

 BRON 3A

 Hierdie bron verduidelik waarom die ANC hul ekonomiese beleid na GEAR (Groei,
 Werkverskaffing en Herverdeling) na 1996 verander het.

 GEAR was ŉ onverbloemde vryemarkprogram ... ŉ kombinasie van ontspanne
 wisselkoerse, privatisering, fiskale dissipline en samewerking met die private sektor om
 uitvoergedrewe groei te produseer ...

 GEAR het dus die voltooiing van die ANC se verstommende ideologiese ommeswaai
 bevestig ... Dit het ook groot spanning in die alliansie veroorsaak, met COSATU en die
 SAKP se gevoel dat hul sosialistiese besorgdhede heeltemal op sy gesit was. Wat sout
 in die wonde gevryf het, was dat hulle gevoel het dat die beleidsverandering sonder
 konsultasie op hulle opgelê was.

 Die ANC het GEAR selfs sonder ŉ debat in sy Nasionale Uitvoerende Komitee
 aangebied. Sommige ontevrede alliansielede het die politieke organisasie daarvan
 beskuldig dat hulle die rewolusie verraai het.

                                          [Vanuit In Search of History Grade 12 by J.Bottaro et al]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                             11

 BRON 3B

 Die onderstaande bron fokus op die strategiese denke om die mynboubedryf van Suid-
 Afrika wêreldwyd te versterk.

 Die Minister van Handel en Nywerheid, Alec Erwin, het Suid-Afrika se nywerhede
 aangemoedig om ‘wakker te skrik en dink’ aangesien hulle toenemend gekonfronteer
 gaan word met ŉ minder beskermde ekonomie nader aan die handel en onrus van die
 wêreldmarkte. Hy het daarop gewys dat, ongeag of Suid-Afrika die wêreld se grootste
 goud- of platinumprodusent is, ŉ gebrek aan strategiese denke die mynboubedryf sy
 leiersposisie sal laat verloor.

 Alhoewel die mynbousektor se persentasie bydra tot Suid-Afrika se binnelandse bruto
 produk verminder het, is die bedryf ŉ belangrike uitvoerder, en verdere veredeling en
 waarde-toevoegingsprosesse binne die bedryf is besig om uit te brei.

 Alle mynmaatskappye is in wese prysnemers in ŉ globale mark; en daardie volgehoue
 lae pryse, soos dié van goud, kan slegs op die lang termyn ŉ afname in die besigheid tot
 gevolg hê. ŉ Oorkoepelende ophoping van bykans 30 000 ton goud in wêreldbanke is ŉ
 probleem vir die goudbedryf, en hoewel die vraag die nuwe mynproduksie oorskry, hou
 die verkope van bankaandele die prys laag. Die groei in platinum-groep metale,
 steenkool, ystererts en sink dryf egter die Suid-Afrikaanse mynbou aansienlik aan.

 Ander faktore wat ŉ helpende hand aan die bedryf verskaf, is ŉ Afrika-mark wat oop
 gemaak word en verwagtinge is dat die vasteland se skuif na toenemende vrye
 marktoestande sal voortduur.

 Plaaslike mynmaatskappye spog reeds met sukses in lande soos Zambië, Ghana,
 Tanzanië en Mali, onder andere.

 ‘Die mark vir Suid-Afrikaanse mynbou is regtig internasionaal en ons beweeg oral waar
 minerale ontgin word.’

  [Vanuit www.miningweekly.com/.../the-globalisation-of-south-africas-mining-industry-2001. Toegang op 7
                                                                                         Januarie verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 BRON 3C

 Hierdie spotprent toon die gevolge van globalisering op die ontwikkelde en
 ontwikkelende nasies.

     [Vanuit http://www.toonpool.com/cartoons/Globalisation_30593#img9. Toegang op 7 Januarie verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                                13

 BRON 3D

 Hierdie bron verduidelik die gevolge van globalisering op Suid-Afrika tydens en na die
 apartheidsera.

 Dit is onmoontlik om die handel afsonderlik van industrialisasie en omgekeer te
 bespreek. Deur industrialisering word handel, plaaslik sowel as internasionaal, moontlik
 gemaak. Die apartheidsbeleide wat ingestel was om die land se bedrywe voor sy
 onafhanklikheid te bestuur, het gelei tot internasionale sanksies en ander
 proteksionistiese beleide wat Suid-Afrika se vervaardigingsegment negatief beïnvloed
 het. Die nywerheidsfirmas was afgesonder van die globale ekonomie wat die
 vervaardigers van die land se ekonomie gedwing het om uitsluitlik vir die land se
 huishoudelike mark te produseer. Hierdie beleide het ook die klein en medium
 ondernemings ontmoedig om te begin of om te floreer en het nie belê in die ontwikkeling
 van menslike kapitaal nie. ŉ Mengelmoes van hoë invoertariewe, internasionale
 sanksies en die gebrek aan aansporings vir produksieverbetering het tot ŉ
 onmededingende nywerheidsomgewing gelei. Uiteindelik was die eindresultaat ŉ
 onproduktiewe vervaardigingsektor wat bevlek was deur verouderde tegnologie en
 prosesse.

 Met met die herintegrasie van Suid-Afrika in die wêreldekonomie gedurende die vroeë
 1990’s, het die liberaliseringsbeleid egter die land in staat gestel om baie van die
 uitdagings wat dit voorheen in die gesig gestaar het, te oorkom. Industrialisasie het
 sedertdien versnel en volgens Green het Suid-Afrika ŉ jaarlikse gemiddelde van 6,7%
 in vervaardigde uitvoere tussen 1990 en 2005 beleef, ŉ toename van 3,8% van die
 vorige 20 jaar. Globalisering het die vervaardigers toegang tot ŉ wyer markbasis regoor
 die wêreld gegee en het ook verbruikers toegang tot ŉ verskeidenheid goedere en
 dienste gegee.

  [Vanuit giantscholar.com/how-globalization-has-affected-South-Africa. Toegang op 7 Januarie verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                  (EC/SEPTEMBER 2018)

 ERKENNINGS

 Berman-Kane, Soweto – Black Revolt White Reaction. (Ravan Press 1981)

 Eyewitness News (EWN) November 2017

 Giantscholar.com/how-globalization-has-affected-south-africa/noordhoekvillage.com.

 Pikoli. V and Wiener.M, My Second Initiation: The Memoirs of Vusi Pikoli. (Google
 Books 2013.)

 https://www.dailymaverick.co.za/.../2013-04-10-the-blood-of-chris-hani-and-the-eter

 http://www.doj.gov.za/trc/amntrans/index.htm.

 http://www.toonpool.com/cartoons/Globalisation_30593#img9

 www.sahistory.org.za/dated-event/trc-refuses-amnesty-hanis-killers

 www.sahistory.org.za/people/stephen-bantu-biko

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [HISTORY P2 ADDENDUM SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-sept-2018-eng-d/812c8729-7ad5-4b83-a4e4-b51692a55c08) — History · Addendum · 2018 · Eng
- [HISTORY P2 ADDENDUM SEPT 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-sept-2018-english/4bdc06e1-2d0c-4870-ae86-fda2090131f4) — History · Addendum · 2018 · Eng
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 Addendum Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-addendum-preparatory-2018-question-paper/7d3ebf3d-fe24-4127-a6be-851505c1e893) — History · Addendum · 2018
- [History P2 Nov 2018 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-addendum-afr/fa6444a8-b449-46d6-992a-b81bfd0a7ad3) — History · Addendum · 2018 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2023 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2023-sesotho/478b2586-d05f-4248-a960-3b5c744dc151) — History · Addendum · 2023 · Sesotho

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
